Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
SENWES VILLAGE

Skenkings verbly mense- en dierehart

Gedurende die afgelope paar

maande het heelwat welsynsorganisasies weer

by die From Greens 2 Dreams-veldtog baat gevind.

Welsynsorganisasies wat ook hulp wil ontvang, word

aangemoedig om hulle behoeftes op Senwes se

webtuiste te registreer. Daar word gereeld passings

tussen ‘n organisasie se behoefte en ‘n verskaffer se

produkte gesoek om sodoende vennote aan boord

te bring. Senwes Village se From Greens to Dreamsfonds

het sedert Augustus

2012 sowat R130 000 se

donasies gemaak. S

Drie verskillende versorgingsinstansies op Parys het

elk R20 000 van die From Greens 2 Dreams-fonds

ontvang. Die oorhandiging het op 30 Januarie by

Senwes Village: Parys plaasgevind. Op die foto, agter

van links na regs is: Elbé Ferreira (Najaarsrus Tuiste),

Louise Coetzee (AMOT Bejaardesorg), Estelle Marais

(Vrystaat Versorging in Aksie), Margitte Benade

(Vrystaat Versorging in Aksie) en Johan Greyling

(Bestuurder: Senwes Village, Parys). Voor van links is:

Alet Botha (AMOT Bejaardesorg) en Japie Fransman

(Bestuurder: Openbare Betrekkinge, Senwes).

Maart 2013 • www.senwes.co.za >

The Pet Action Group in Bloemfontein het 2 tonhondekos

ontvang, wat deur Supreme Pet geskenk

is. Merial het ook Frontline dip ter waarde van

R5 000 aan die groep geskenk. Op die foto

van links is: Gerhard Odendaal (Bestuurder:

Senwes Village, Bloemfontein), Judy van Zyl

(Pet Action Group), Martie Victor (Supreme Pet)

en Lammie Lammerding (Merial).

Macsteel en Cape Gate het elk R6 500 se kruideniersware

aan Huis Andalusia op Jan Kempdorp geskenk.

Die From Greens 2 Dreams-fonds het ook R12 000

aan hulle geskenk. Op die foto van links is: Abrie Koen

(Bestuurder: Senwes Village Grocer, Jan Kempdorp),

Japie Fransman (Senwes), Stephnie Viljoen

(Bestuurder: Huis Andalusia) en

Sarie Snyman (Komiteelid: Inwoners).

SENWES SE MENSE •••

Village spog met nuwe aanstellings

• Carel Malherbe is onlangs as Bloemfontein

Village se nuwe Bemarker: Heelwerktuie

aangestel.

• Werner Erasmus het deel van Lichtenburg

Village se span as Bemarker: Heelwerktuie

geword.

• Bernard Muller is as Tegniese Bestuurder: Kunsmisbemarking

by Odendaalsrus Village aangestel.

• Annelize Boonzaaier is as Produkbestuurder

by Senwes Hoofkantoor aangestel.

• Bennie Nel is Lichtenburg Village se nuwe

Werkswinkelbestuurder.

29