06.03.2015 Views

06 Hercules des Prez.pdf - familiestories.co.za

06 Hercules des Prez.pdf - familiestories.co.za

06 Hercules des Prez.pdf - familiestories.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

59

Hercules het aan die Stellenbosch en later die Drakenstein gemeentes behoort. Hy was een van die eerste

diakens van Drakenstein en het tot 1715 gedien. In 1716 het hy die houtwerk vir die nuwe pastorie in

Drakenstein gedoen. Toe die nuwe kerkgebou vir Drakenstein opgerig is, was hy een van diegene wat 'n klip

ingemessel het op 6 September 1718. In Desember 1716 het die kerkraad van Drakenstein besluit dat Hercules

hom van die nagmaal moet onthou weens sy gedrag te Stellenbosch – wat dit was is nie bekend nie. Vanweë

die kwaaivriendskap tussen Hercules en Jean le Roux is hulle deur die kerkraad van Drakenstein op 29

Februarie 1717 onder tug geplaas. 108

Hercules is op 18 Desember 1700 deur W A van

der Stel aangestel as 'n Heemraad van

Stellenbosch en op 19 Desember 1705 as 'n

Heemraad van Drakenstein (Paarl) 110 . Hy was ook

in 1700 'n korporaal van die berede soldate, in

1702 'n luitenant en op 12 September 1705 is hy

aangestel as kaptein van die Burgerwag van

Drakenstein 111 .

Hercules du Preez het aktief deelgeneem aan die

verset teen W A van der Stel. Hy het ook dikwels

aan huis van Adam Tas gekom 112 . Toe Van der Stel

begin optree teen die verset, is Hercules ook 'n

teiken. Van der Stel skryf aan die Landdros van

Stellenbosch dat hy Jan en Claas Elbertsz, Jacobus

van Brakel en Hercules du Preez gevange moet

neem, want hulle is die mense (soos dit vertaal is)

“... who appear to us to be the most malevolent

and dangerous instruments ...” 113

Hercules vlug en ontkom aanvanklik arres, maar

hy en Jacobus van Brakel word later gearresteer

en na die Kasteel in Kaapstad gebring. Die besluit

oor hulle (soos vertaal) lees soos volg: “... who

with seven other mutineers, because of their

persisitent refusal to appear, and their drafting,

writing and signing of libels, and defamatory

letters, full of treason and insult, falsely forged

against the authorities here, had on the 9 th August

1706, been condemned by the Court of Justice to

be banished for five years to Mauritius. They were

at once sent on board the frigate ‘Ter Aa’” 114 . Die

Ter Aa was ‘n onseewaardige fregat wat in die

hawe was en hulle sou daar aangehou word totdat

'n geleentheid na Mauritius sig voordoen. Terwyl

hulle aangehou is, is W A van der Stel ontslaan en

is hulle vrygestel.

Die verset teen W A van der Stel

W A van der Stel word Goewerneur in 1699. Die plaas

Vergelegen word aan hom toegeken en hy vergroot dit.

Daar boer hy met groot sukses.

Ander amptenare van die VOC word ook toegelaat om te

boer. Die afsetgebied vir die vryburgers se produkte

word bedreig. Die wyn- en vleispag word aan gunstelinge

van Van der Stel toegeken.

Van die Vryburgers is baie ontevrede oor die toestand.

Hulle tree op, veral onder leiding van Henning Huising en

Adam Tas. 'n Klagskrif word na die Here XVII in

Nederland gestuur. Dit is onderteken deur 63 vryburgers

wat 31 Hugenote insluit.

Van der Stel stuur ook 'n getuigskrif wat hom ondersteun

na Nederland met 240 handtekeninge, waarvan 'n aantal

bevraagteken kan word.

Van der Stel begin optree teen die ontevredenes wat hy

as muiters beskou. Adam Tas word gevang en vier van

die leidende persone word na Nederland gestuur. Ander

word in die ‘donker gat’ van die Kasteel aangehou.

Ander word verban en aangehou om weggestuur te

word.

In 'n brief van 30 Oktober 1706 word Van der Stel

ontslaan en moet hy terugkeer na Nederland. Die

gevangenes word vrygestel. 109

Daar is ook 'n aantal ander insidente waarby Hercules betrokke was, wat aangeteken is en wat moontlik iets

van hom vertel. Slegs enkele insidente word genoem:

o Vroeg in 1699 het Jacques de Savoye (ook 'n Hugenoot), Hercules hof toe geneem omdat Hercules nie

die drif op sy plaas in stand gehou het nie. Hercules het in die daaropvolgende maande vir De Savoye

ses keer voor die hof gehad oor wat as onbenullighede beskryf word. 115 Daar was ook hoftwiste met

Daniel Hugo.

o Die Landdros doen verslag aan Goewerneur W A van der Stel in 1706 dat Hercules aan huis van

Abraham de Villiers was toe die Sekunde, Elsevier, ter sprake gekom het en dat Hercules vir Elsevier

toe 'n “... donnerse yzercramer ...” (ystersmous) genoem het 116 . By 'n ander geleentheid het hy

Jacques de Savoye “... een oude bedrieger ...” genoem 117 .

© R. J. du Preez Hercules des Prez (a)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!