06.03.2015 Views

06 Hercules des Prez.pdf - familiestories.co.za

06 Hercules des Prez.pdf - familiestories.co.za

06 Hercules des Prez.pdf - familiestories.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

70

Na Jacquemine se dood was daar ‘n voorval met haar dogter Elisabeth wat in die dokumente aangeteken is. Die

storie word hier vertel omdat dit, saam met baie ander dinge, iets weergee van die ongenaakbare tyd waarin

hulle geleef het. In die diagram hieronder word die verband tussen die betrokkenes uiteengesit.

Hercules des Prez en Cecilia d'Athis

Elisabeth getroud met

Pieter Jansz van

Marseveen

Jacquemine getroud

met Abraham Vivier

Elisabeth Vivier het, terwyl sy by die Therons

gewoon het en ongetroud was, ‘n baba verwag.

Toe sy in kraam was het Jacques Theron haar

gevra wie die pa is. Sy het toe vertel dat haar

niggie Cecilia van Marseveen se man, Charl Prieur

du Plessis, haar verlei het toe sy sestien jaar oud

was en haar met “... biddende en vleijende

woorde ...” omgepraat het.

Cecilia van

Marseveen getroud

met Charl Prieur du

Plessis

Elisabeth Vivier

(In sorg van die

Therons)

Twee jaar daarna, toe Cecilia van Marseveen in

kraam was, het Elisabeth Vivier na die kelder

gegaan om wyn te tap toe Du Plessis haar gevolg

het en weer met haar omgang gehad het. 196 Die

gevolg is in die Doopregister van Drakenstein

(Paarl) aangeteken op 31 Januarie 1717:

In hooftrekke: Elisabeth, die dogter van Elisabeth Vivier en Charl du Plessis, wat ‘n getroude man is, en uit

hoofde daarvan ‘n kind van hoerery en owerspel.

Die gevolgtrekking waartoe Karel Schoeman oor die geval raak is: ”Mens kry in hierdie geval nie die indruk van

besondere ontsteltenis, skok of skandaal nie, en Elisabeth Vivier is ses maande later getroud met ‘n medevlugteling,

wat binne ‘n halfjaar gesterf het, waarna sy nog twee keer in die huwelik sou tree.” 197

© R. J. du Preez Hercules des Prez (a)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!