07.05.2015 Views

11 Tjaart Petrus vdWalt.pdf

11 Tjaart Petrus vdWalt.pdf

11 Tjaart Petrus vdWalt.pdf

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Genealogiese gegewens

f3 VAN DER WALT, Tjaart(d) Petrus: *Cradock Distr. Brakrivier 3 /Steynsburg Distr. KP 3.7.1838 4 ; ≈Cradock

23.9.1838 5 ; †Boshof Distr., Biesiesfontein 234 19.8.1915 6 .

x Plek 11.2.1858 7 : COETZEE, Hester Lasya Johanna Susanna: *Albert Distr. 17.10.1842 8 ; ≈Colesberg

26.12.1842; †Bethulie Distr. Valsfontein 2.10.1872 9 . Dogter van Hendrik Bernardus COETZEE en Hester

Lasya Johanna Susanna VENTER.

xx Bethulie GKSA 19.5.1873 10 : VENTER, Aletta Sophia: *Bloemfontein 31.7.1857 11 ; ≈Bloemfontein NGK

30.8.1857 12 ; †Boshof Distr. Biesiesfontein 234 13.2.1914 13 . Dogter van Jacobus Johannes VENTER en Anna

Catharina Jansen VAN VUUREN.

Jeug

Tjaart is as tweede seun na sy oupa, Tjaart Petrus Venter, vernoem. Daar is niks oor sy kinderjare bekend

nie. Na sy doop te Cradock in 1838 loop ons hom eers weer raak in die dokumentasie oor sy eerste huwelik

met Hester 14 Coetzee in 1858.

Woonplekke

Dit is nie bekend waar Tjaart hom in die Kaapkolonie bevind het nie, veral na sy huwelik. Die moontlikheid is

nie uitgesluit dat hy aanvanklik op dieselfde plaas Grootvallei gewoon het as sy ouers nie.

Dit is nie duidelik wanneer Tjaart hom in die Vrystaat vestig nie. Sy tweede kind is op Burgersdorp gedoop in

1864, terwyl daar reeds vanaf 1863 ‘n gemeente te Bethulie was. Dit wil dus voorkom asof hy teen 1865

hom permanent in die Vrystaat gevestig het.

Toe Tjaart en Hester in 1865 lidmate van die GK Bethulie word, word aangedui dat hulle op Diepfontein 130

woon. Tjaart se ouers het blykbaar teen daardie tyd reeds op Diepfontein in die Bethulie Distrik gewoon en

sy pa koop ‘n gedeelte van die plaas in 1866 15 . Hulle het moontlik ook op Valschfontein 147 in die Distrik

Bethulie gewoon, waar Hester oorlede is in 1872. Tjaart se pa het sedert 1866 ‘n gedeelte van die plaas

besit.

Kaart ???: Benaderde ligging van Ventersvlei No. 35,

Distrik Bloemfontein

Uit die gesin se vertrek na die

die GK Reddersburg in 1874

word afgelei dat hulle hul c.

1873/74 te Ventersvlei gevestig

het. Daarna trek hulle na

Zijbrand c. 1882/1883. Dit kom

voor asof hulle op verskillende

dele van Zijbrand gewoon het.

Hulle was op Zijbrand-Wes c.

1900. In ‘n stadium word hulle

ook aangedui as vanaf

Wolvendrift – ‘n buurplaas. In

1911 het hulle nog op

Damplaats, bestaande uit

gedeeltes van Zijbrand en

Wolvendrift, gewoon. Daarna

vertrek hulle na Biesiesfontein

waar hulle teen Lettie se dood

in 1914 woon. Daar is Tjaart

ook in 1915 oorlede.

© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Tjaart Petrus van der Walt (f3)

Eerste konsep

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!