11 Tjaart Petrus vdWalt.pdf
11 Tjaart Petrus vdWalt.pdf
11 Tjaart Petrus vdWalt.pdf
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Toe daar vendusie gehou is om Tjaart se bates, na sy sterfte, op te veil, het hy 242 skape, 39 beeste, 4

perde, ‘n kapkar, ‘n trolliewa, tussen 70 en 80 sakke graan, boerderygereedskap en meubels gehad. Daar

kon nie ‘n billike bod vir Aangekocht en Biesiesfontein gevind word nie. Op ‘n tweede vendusie in 1916 is

die twee plase verkoop. Sy seuns Jacobus Johannes en Hendrik Bernardus koop Aangekocht vir £800.

Biessiesvlei word verkoop aan Johannes Adolph Janse van Rensburg vir £2383.

Alhoewel dit tans voorkom asof Hertzogville die naaste dorp aan Biesiesfontein is, is die dorp eers teen die

einde van 1915 en na Tjaart se dood, geproklameer. Boshof was hul hoofdorp omdat hul kerk daar was.

Teen sy sterfte het Tjaart ook erf 277 met geboue in Boshof besit.

Kerk

Daar word in meer besonderhede verhaal oor die Doppers en die stigting van die Gereformeerde Kerke in

Hoofstuk 14. Op kerklike gebied het Tjaart hom vereenselwig met die Doppers.

Tjaart word op 25.1.1860, net na die stigting van die kerk op 21 Januarie te Roosterhoek, lidmaat van die GK

Burgersdorp. Op 18.11.1865 word Tjaart en Hester lidmate van die GK Bethulie 23 .

In 1874 vertrek Tjaart vanaf die GK Bethulie na die GK Reddersburg wat ook Bloemfontein en omstreke

insluit. Hulle verlaat die GK Reddersburg en sluit op 13 Oktober 1877 aan by die SD-Venterkerk 24 te

Bethulie, wat hom “afgesonder” het van die GK kerkverband. Hy bly lidmaat van die kerk tot Desember

1888 toe hy aansluit by die GK te Boshof 25 . Oor die SD-Venterkerk is daar ook agtergrond verskaf in

Hoofstuk 14.

Die “afsondering” van die SD-Venterkerk, waarby Tjaart hom voeg, was ongetwyfeld ‘n konserwatiewe

beweging. Sy familieverband het egter moontlik ‘n groot rol gespeel. Ds. S D Venter was die broer van Koos

Venter (Hoofstuk 14) wat die onbetwisde leier van die Doppers in die OVS was en ook ‘n politieke

swaargewig in sy tyd. Tjaart was Koos Venter se skoonseun. Tjaart se ouers sluit ook by die SD-Venterkerk

aan.

Hierdie aansluiting by die SD-Venterkerk verklaar ook waarom hulle kinders tussen 1878 en 1883 in Bethulie

gedoop is, terwyl die gesin heel moontlik te Ventersvlei en Zijbrand gewoon het. Hul kinders wat gebore is

in 1886 en daarna word meesal in die GK Boshof 26 gedoop.

Die Anglo-Boereoorlog

Tjaart verklaar in ‘n eis om skadevergoeding vir verliese tydens die

Anglo-Boereoorlog dat hy ‘n burger van die Vrystaat was, maar nie

op kommando gegaan het nie omdat hy te oud was (hy was 61 jaar

oud toe die oorlog uitgebreek het). Hy het die eed van neutraliteit

afgelê te Abrahamskraal in Maart 1900. Nadat hy die eed afgelê het,

het die Boere van tyd tot tyd na sy plaas gekom en kos en koffie

gevra, wat hy vir hulle gegee het. Hy het twee seuns, waarvan een

op kommando was 28 . Sy broer was op kommando, maar is op sy

plaas gevang en na Bermuda gestuur. Hy het twee skoonseuns op

kommando gehad wat nou en dan by hom aangekom het.

Brokkie oor die

konsentrasiekampe

Daar is 299 Van der Walts in die

konsentrasiekampe dood, waarvan

113 mans was en 153 vroue. Daar

was 54 babas onder een jaar; 144

kinders onder 16 jaar.; 74

volwassenes; en 14 bejaardes. Die

meeste van hierdie sterftes kom

voor in die konsentrasiekampe by

Bloemfontein (56) en Bethulie

Hy het op sy plaas (Zijbrand-Wes) gebly tot 2 Mei 1901 toe hy

weggeneem is deur ‘n Engelse Offisier, ene Malcolm. Hy weet nie

hoekom hy weggeneem is nie. Hy is aangehou in die (48). 27

konsentrasiekamp te Bloemfontein vir ‘n maand en is toe as ‘n krygsgevangene na Bermuda gestuur.

Hy dui aan dat hy 900 skape, 60 perde, 48 beeste, 13 bale wol, graan, ‘n bokwa, ‘n kapkar, plaasgereedskap

en meubels verloor het. Hy meld dat sy plaas, Sybrand-Wes, 4200 morg groot is. Toe hulle na die oorlog

teruggekeer het, het hulle net een koei en een perd gehad.

© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Tjaart Petrus van der Walt (f3)

Eerste konsep