07.05.2015 Views

11 Tjaart Petrus vdWalt.pdf

11 Tjaart Petrus vdWalt.pdf

11 Tjaart Petrus vdWalt.pdf

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Tjaart Petrus van der Walt ( g9)

(1886 – 1945)

Oriëntasie

Petrus 123 van der Walt is gebore in 1886 en oorlede in

1945 toe hy byna 60 jaar oud was. Hy was ’n boer. Hy

trou in jaar met sy niggie Anna 124 van der Walt. Sy is

gebore op Kraalfontein in die Bethulie Distrik in 1887

en gedoop te Bethulie op 26 Februarie 1888. Die

doopgetuies was Nicolaas Abraham Coetzee en

Johanna Maria Elizabeth van der Walt. Sy was ’n niggie

van Petrus en die suster van Nicolaas wat getroud was

met Petrus se suster Aletta Sophia (g6). Petrus en Anna

het een seun en twee dogters gehad.

Petrus was 13 jaar oud toe die Anglo-Boere-Oorlog uitgebreek het. Hy is op 2 Mei 1901 saam met sy pa 125

gevange geneem deur die Engelse en was weggevoer as krygsgevangene 126 . Die rekords dui nie aan

waarheen hy weggevoer is nie, maar inagnemende wat met die res van die gesin gebeur het, is dit moontlik

dat hy ook na Bermuda was. Wat van Anna?

Petrus en Aletta teken in 1927 ‘n Testament te Klippan 127 in die Boshof Distrik. Hulle verkry op 14.8.1926

Klippan 138 en Erfdeel 1420 128 . Op 15 Junie 1927 verkry hulle Welgeleë wat ‘n gedeelte van Klippan 138

was 129 . Toe Petrus in 1945 sterf woon hulle te Klippan en besit hy ‘n gedeelte van Klippan 138 (192 morge)

en ‘n gedeelte van Middeldeel 1421 (192 morge).

Petrus sterf in 1945 in die ouderdom van amper 60 jaar. Na Petrus se dood word die grond verkoop vir

£1254.8.6 en die los goedere vir £279.12.0. Hy het twee verbande by die Landbank en Kantoor vir

Staatsvoorskotte gehad. Nadat die verbande afgelos is en al die skuld en boedeluitgawes betaal is, het daar

£1575.18.0 oorgebly vir verdeling.

Anna sterf te Villiers in 1954 in die ouderdom van 66 jaar.

Genealogiese gegewens

g9 VAN DER WALT, Tjaart Petrus: *Boshof Dist., Zijbrand 7.9.1886 130 ; ≈Petrusburg GKSA 131 Datum; †Boshof

28.8.1945 132 . Moeder Aletta Sophia Venter

x Boshof 133 Datum: VAN DER WALT, Anna Sophia: *Plek c. 1888 134 ; ≈GKSA 26.2.1888 135 ; †Villiers

10.5.1954 136 . Dogter van Johannes Petrus van der Walt en Martha Johanna van der Walt.

Petrus

• ≈ Datum te Petrusburg

• Huweliksregister Boshof voor 1908 vir troudatum

• Konsentrasiekampregister Bloemfontein – Tjaart in kamp?

Anna

• Konsentrasiekampregister Bethulie, Springfontein en Bloemfontein – Anna in kamp?

• Hoe kom Anna op Villiers te lande?

Plase Boshof:

• Klippan 138 en Welgelee Klippan 138 opgespoor op Madmappers2825 DC. Welgelee nog nie gekry

nie. Daar is ‘n Welgelegen 1097 en ‘n 468 op Madmappers 2825 DD – kyk eiendomsreg op AKT.

• Erfdeel 1420 Soek weer. Middeldeel 1421 Opgespoor op Madmappers 2825 DC

© A. M. Martin, J. J. Martin en R. J. du Preez Tjaart Petrus van der Walt (f3)

Eerste konsep

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!