02.02.2019 Views

KAMP IS LEKKER Februarie 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Powered by TCPDF (www.tcpdf.org)

INHOUD

FEBRUARIE 2019

Voorbladfoto:

Die BorderX Boswa maak sy buiging.

`n Kampvuur onder `n Kameeldoring en `n

sterrehemel in Namibië…

DANKIE

AAN AL ONS LESERS & INTEKENAARS!

Ons aanlyn tydskrif KAMPis LEKKER

groei merkwaardig! Neem asseblief

vrymoedigheid om dit te deel met elkeen wat

wil saam Lees, saam Praat & saam Kamp,

want hier word stories gebou !

LekkeRLeeS

`n NUWE BOSWA MAAK SY MERK

DIE LAEVELD ROEP

ONS RY SKOTVRY

KampKIEKIES : KLEINMOND is GROOT

KNYSNA SE BOS

HOE RY DIE BOERE SIT-SIT SO

BALIESGAT

ADVERTEER

tydskrif@lekkerkampplekke.co.za

L

EES SAAM

P

RAAT SAAM

K

AMP SAAM

“Anywhere is Awesome”

Woorde & Foto’s: Werner Pretorius

wwww.

So Bietjie Agtergrond Ons droom

Soos met meeste goeie stories, het ons verhaal begin

met ‘n tragedie, of so het ons gedink...

Kom ons begin by die begin. Ons is ‘n avontuurlustige gesin

van vier gedurig op soek na ‘n nuwe 4x4 tipe avontuur ver

weg van die dolle gejaag van die stadslewe. Ek en my vrou

Desna is albei ingenieurs, ons is 14 jaar getroud en geseënd

met twee jong lewenslustige seuns.

Maar kom ons fokus nou eers op die tragedie: So middel

2017, na jare se vreugdevolle toere met ons 4x4 karavaan

deur Suidelike-Afrika, het ons onsself bevind in ‘n dilemma

in die noordelike deel van Namibië oppad terug van Epupa

valle. Soos almal wat al in daardie deel van die wêreld was

sal weet, Namibië se kurwende paaie kan baie

onvergeefbaar wees vir ‘n mens se voertuig (en karavaan!).

Teen ongeveer 80km/h op die einste grondpad, moes ek

kort-kort rem aanslaan om veilig deur ‘n drif te probeer ry.

Soos die noodlot dit wou hè, het ‘n ander voertuig van voor

stof opgegooi, en ek het nooit die volgende drif gesien nie.

Nie te min, is ons voertuig en karavaan deur die drif teen

seker 60km/h. Dit was nogal ‘n opwindende affêre vir die

kinders, wat net wou hê Pa moet dit weer doen, want dit is

mos lekker! Gou het ek en my vrou besef dat lekker nie

gelykstaande is aan wat noodwending ‘goed’ is vir ons

karavaan nie... Sonder om in te veel besonderhede in te

aan nie, het die karavaan vêr tweede gekom en so het ons

storie met daardie karavaan einde se kant begin staan.

Voor ons die storie van BorderX kan vertel, moet ons nog

‘n paar jaar terug spring. Ons het begin met tent kamp,

soos enige jong getroude paartjie met ‘n voorliefde vir die

buitelewe. In 2012 het ons opgegradeer na ‘n

tweedehandse 4x4 karavaan. Soos dit ons twee ingenieurs

beaam het ons al met ons eerste kamp met die karavaan

die vraag gevra oor ‘n glasie wyn:

Wat wou ONS hê?

“Hoe sal ons dit beter kan doen?”

Luuksheid in die bos hê, soos regte stadsjapies.

Geen noodgedwonge stort na die opslaan (en

afslaan) moet nodig wees nie, met ander woorde

ons is lui, hoe vinniger en makliker hoe beter!

‘n Liggie of twee is nodig, al hou ons van boskamp.

Ek wil seker maak daar is nie ‘n gogga in my sous

nie.

Genoeg spasie. Die gestoei van twee seuns in een

bed werk nie, en nou dat hul ouer word verkies

hulle ook hul eie bed.

Genoeg ‘slim’ spasie. Ons wou darem genoeg

spasie hê om te verklee, sonder om beurte te maak

om buite te staan op ‘n koue winters aand in die

woestyn. Spasie help veral ook as daar ‘n paar

leeus buite jou karavaan ‘n kuier sessie het.

Nie te warm nie te koud. Insolasie is vir ons

belangrik. Met dié dat daar nie altyd die gerief van

‘n kragpunt naby is vir lug versorging nie.

En wat van wilde diere buite die deur? ‘n Badkamer

in ‘n bereikbare afstand moes daar ook ‘n oplossing

voor wees.

En as jy so deur Afrika toer, wat se spaarwiele kry

voorkeur – jou voertuig of sleep-ding?

‘n Nuwe begin

En daar sit ons nou, sonder ‘n ‘kamp-ding’. Wat nou? Ons

het dadelik begin kyk wat die mark aanbied. En daar was

regtig baie goeie opsies op die mark! Ongelukkig net niks

wat aan al ons avontuurlustige vereistes sou voldoen nie.

So begin die storie van BorderX.

Na ‘n klomp bottels wyn (moet asseblief nie vir die ouers sê

nie, maar ‘n klein plasie-vol se wyn) het ons idees op papier

begin vorm aanneem en kort voor lank gevorder tot ‘n selfgeboude

3D hout skaal-model. En teen einde 2017 het ons

geweet wat ons wil hê.

Na baie ure se harde werk, meestal na werk en oor naweke,

het ons drome ‘n vorm van realiteit begin aanneem. Soos

met alle projekte was daar ‘n eind datum: ‘n familie kamp

by Buffelspoort Augustus 2018. So het ons met ‘n karavaan

gaan kamp, sonder ‘n afdak. Kom ons wees eerlik, die toertoer

kamp manier waarvan ons hou, slaan ons gelukkig min

dié ding op.

Was dit nie ‘n interessante kamp nie! Ons het mense gehad

wat ons oorval het om die karavaan te sien, tot mense wat

verby geloop het met opmerkings soos “mense wat te veel

geld het om ‘n wa te kan invoer”.

So het daar iets in ons harte begin gloei – miskien is dit tyd

vir ‘n nuwe begin... Waar ‘n rokie is, kan ‘n vlammetjie tog

ontstaan!

BorderX - Die naam

So hoekom die naam BorderX? Want dié familie wil geen

grense ken nie! Ons lang termyn visie is om Afrika plat te

ry, en as ons klaar is – hoekom daar stop?

Vlekvrye staal onderstel.

Loop op selfde spoor as sleep voertuig.

Bande word aangepas by sleep voertuig met twee

spaar wiele.

Onafhanklike dubbel-as, om sleep stabiliteit te

verbeter.

Bakwerk gebou met goeie insolasie.

Groot luukse buitelewe kombuis.

360° afdak met opsionele kante.

200l bruikbare water spasie.

‘n Dubbel bed, met 2 vol grootte enkel beddens.

Binne en buite voorsien genoeg 12/240V

kragpunte as ook LED beligting.

Baie slim stoor spasie binne en buite.

Toegerus met son krag stelsel.

‘n Klein maar meerdoelige stort/wasbak en portapotty

area.

Daar is plek vir opsionele lugversorging.

So wel ‘n opsionele fietsrak wat nie die stabiliteit

van die karavaan beïnvloed nie.

Onlangse avonture

Oor die laaste paar maande was ons gelukkig om op ‘n paar

kampe te gaan - wel nie ons normale vorm van wegbreek

waar ons bos op avontuur gaan in middel van nêrens nie,

maar tussen mense waar ons ‘n opinie op BorderX kon kry.

Dit is ook waar navrae na BorderX begin groei het.

Mees onlangs was ons vir ‘n eerste keer na die Dinokeng

Resort toe. Salig onbekend met die area, skaars 70km weg

van Centurion waar ons bly... Wat ‘n juweel! Lekker kamp

met baie wild en goed om te doen in die area.

Om net twee van die lekkerste ontdekkings uit te sonder

met ons Dinokeng kamp:

Arlinton Brewery & Cider – hier is die plek om te

gaan in die middag, as ‘n mens nodig het om die

son te ontwyk in die middel van die dag met ‘n

lekker koue plaaslike gebroude bier.

Hoe pas BorderX in by Ons Droom

Soos BorderX realiteit begin word het, was daar geen

grense vir ons. Ons het ‘als’ wat ons wou hê in BorderX se

ontwerp ingewerk. Die luuksheid, slim spasie en vele meer.

Die spesifikasies waarmee ons BorderX karavaan spog sluit

in:

En terwyl jy die bier geniet, kan jy gerus hul kos ook

‘n kans gee, want dit is uit die boonste rakke.

Mystic Monkeys – die plek het ons harte so

aangeraak en ons geïnspireer om ‘n webblad

resensie te skryf op BorderX se Facebook bladsy,

iets wat ons nie normaalweg sal doen nie.

Ons was so aangenaam verras hoe goed die diere

en die grond versorg was. Iets wat ‘n mens nie sien

met sulke groot gronde nie.

Tydens die wegbreek was ons ook wel geseënd met

ongelooflike goeie reën, en winde wat ‘n mens langs die

kus verwag. Gelukkig het ons karavaan se afdak dit

gemaklik oorleef, anders as van ons mede-kampers se

dakke. Dit het hand-aan-hand geloop met die swaar reën

wat Warmbad ondervind het. Ons het natuurlik op “Kampis-lekker”

gesien hoe die dinge daar vinnig skeef geloop het

in Warmbad.

Die weer het nie juis verbeter nie en op die 30 Desember

het ons besluit om eerder veilig te speel, die afdak af te

slaan vir die nag (want dit is so maklik en vinnig om te

doen), en binne gekuier vir die res van die aand.

Nie te min, die volgende oggend het dit gelyk soos ‘n

studente woonstel – bordspeeltjies, ‘n wyn bottel,

koeldrank blikkies en sjokolade papiertjies die wêreld vol.

‘n Aand wat ‘n gesin nie maklik sal vergeet nie!

Terug by die kamp na ‘n heerlike dag by Mystic Monkeys,

vind ons uit die krag is al heeldag af. ‘n Tipiese kamp

probleem: iemand het ‘n tent pen deur ‘n krag draad

gekap. Gelukkig vir ons, is BorderX toegerus met ‘n son krag

stelsel en die probleem het geen effek op ons gehad.

Inteendeel ons kon ons mede-kampers help met ‘n bietjie

koel spasie in ons yskas.

Praat van baie reën, daar was ‘n groot plas water in die pad

reg voor ons karavaan. Dit het ons hope plesier verskaf om

al die kinders deur die modderplas te sien ry. Een kind het

nog ewe afgehak en vir my vrou gesê: “Moet nie worry nie

tannie, my fiets is waterproof!”

Oppad huistoe moes ek natuurlik vir my vrou en kinders

wys my voertuig en sleep-ding is ook “waterproof”.

Die toekoms

Ons is baie opgewonde om mee te deel dat ons ‘n groot 5

week lange RND toer beplan oor April/Mei wat ons die

geleentheid sal gee om die finale skaaf werk aan BorderX

se ontwerp te doen. Wat geniet die familie die meeste: toer

natuurlik! Soos party mense sal sê: “Julle hou van gat

skuur”.

Hoogte punte van ons beplande rit oor sovat 7000km sluit

in Kgalagadi, Sossusvlei, Swakopmund, Etosha, Caprivistrip,

Victoria Waterval, Botswana soutpanne en Kubu

eiland in.

Mense sal ons toer kan volg op BorderX se Facebook

webblad waar ons beplan om met volgers ons hoogte en

laagte punte te deel. So, as jy hou van die buitelewe, om

meer van Afrika te leer, of net hoe om kinders op so ‘n lang

toer te vermaak/besig te hou, volg gerus ons Facebook

webblad.

Ons droom is dat ander families avonture met ‘n BorderX

van hul eie sal kan ervaar. Alhoewel ons baie navrae kry

op die stadium vir BorderX, verwag ons om eers die eerste

offisiële model middel 2019 aan die mark beskikbaar te stel

(sowel as spesifikasies en prys). Die model sal beskikbaar

wees in ‘n 3/4/5 slaper.

Ons motto:

With BorderX

Anywhere is Awesome!

Powered by TCPDF (www.tcpdf.org)

Knysna

se

Bos

…en ek voel oorweldig deur die oomblik, die skoonheid,

die voorreg…

Woorde en Foto’s: JACO GELDENHUYS

Bo: As jy fyn kyk, begin kleure

vir jou sin maak uit die oorvloed

groen.

Volgende bladsy: Flora is ryk in

die bos. Kleur is volop – net

waar jy kyk. Teksture is daar

meer as wat jou brein kan

inneem…

D

ie bos was

rustig en

tevrede. ‘n

Tevredenheid

wat net ‘n bui

reën kan bring. Salige,

deurdringende reën wat

alles kom vernuwe. Haar

geure was in volblom, haar

aarde was nat en poelerig.

Fyn reëndruppels het

skitterend in blertsies son

op die groen loof van

varings, bome en ander

plante gedy. ‘n

Skoenlapper se

verbyfladder het my

aandag getrek, my oë het

haar gevolg tot waar sy

statig op die kleinste van

klein wit blommetjies gaan

land het. Haar vlerke het sy

stadig gewaai, asof in ‘n

welkomsgroet, terwyl sy

drink van die nektar van die

woud.

Ons volg ‘n

tweespoorpaadjie diep in

die hart van die woud, ek

voel ingesluk. My sintuie

werk oortyd, ek probeer om

alles waar te neem, in te

neem en in te drink, maar

die oorvloed oorweldig my.

Ek stop kort-kort en

beskou, neem ‘n foto of

twee en verwonder.

Ek onthou Daleen. Haar

boom en oorskot nie ver

van waar ek loop nie. Glo

800 jaar oud en 40 meter

hoog. Haar inskripsie vertel

van haar liefde vir die plek

en die inspirasie wat sy

kom kry het. Ek staan stil

en eer haar, beny haar. Ek

onthou haar Grootvoete. Ek

verbeel my ek hoor hulle.

Dis net my verbeelding. Ek

hoor ander geluide, baie

geluide.

Paddatjies wat wil paar,

insekte wat mekaar

rondjaag, ‘n tinker wat

skaam agter digte loof roep

en waarsku.

Dan hoor ek die koningin

van die woud roep. Eers

effens hees asof hulle vir

mekaar fluister, omtrent 20

meter bokant my.

Ek herken hulle vorm, hulle

kuiwe is prominent. Ek kyk

teen die lig in, en soek

naarstigtelik na ‘n foto,

maar hulle wil loeries wees

nie modelle nie. Hulle wei

aan geelhoutvruggies, laat

val elke nou en dan een op

die sagte bosvloer. Heel

moontlik voedsel vir ‘n

bokkie of ‘n eekhoring of

dalk ‘n ander voeltjie, later.

Elke nou en dan skarlaken

een se vlerkpunte teen die

helder son, en ek voel

oorweldig deur die oomblik,

die skoonheid, die voorreg.

Iewers anders roep nog 'n

knysna loerie hard en

metaalagtig. Dis tyd om die

nag nader te roep, sy

gebied af te baken.

Dan hoor ek die koningin

van die woud roep…

Ons draai af in ‘n klein

dwarspaadjie, stop by ‘n

gevalle geelhout. Ek skat

sy ouderdom, maar

vermoed ek is verkeerd.

Jong tienerbome beur ten

hemele om sy plek te vat in

die sondeel van die bos.

Varings lyk helderder

groen, stamswamme groei

weliger onder die lig en die

vloer ruik anders as in die

koelte. Ek hang my kamera

aan ‘n wegstaantak. Trek al

my klere uit – ja ek is ‘n

naturis. Ek bly in die

skadukant van die gevalle

boom en voel hoe die bos

my verwelkom met ‘n sagte

misreën. My vel word klam

en die lig om my sag. Dit

word heilige grond. Ons eet

vars perskes uit die Koovallei,

tuisgebakte

hoenderpastei en

Hertzoggies met baie

appelkooskonfyt. Ons kou

saggies, praat niks.

Ek word deel van die

geheel, die bos, die

univers. Ek verwonder my

dat ek soms eensaam en

alleen voel, ek is dan deel

van ‘n groter geheel? Ek

betreur my eensaamdae en

my vergeetagtigheid oor

wie ek is en waar ek inpas.

Skadus van hoë bome

omvou my, die koel bries

hardloop hoendervel oor

my lyf. Muskiete kondig

hulle intensies aan en ‘n

bontpootjie beur tussen my

beenhare deur. Ons praat

min. Beleef. Eet, luister en

fluister af en toe.

Ek sien ‘n strykorkes in die

oopte (met of sonder klere)

en hoor Bach, Mozart en

Tchaikovsky. Ek wonder of

ons mensgemaakte klank

sal afbreek doen aan die

klanke van die natuur.

Besluit dan dit sal nie, ons

is almal deel van die groter

geheel.

“Ek sal terugkom, ek sal deel wees en ek sal glo. In myself,

in ons en ons geheel…”

Die loeries en Grootvoete

sal luister, selfs die

bosbokkies en paddatjies.

Ek sal my verloor in die

oomblik, my sintuie vrye

teuels gee en myself

oorgee aan my plek in die

wêreld.

Ek tel my klere op waar dit

oor ‘n gestorwe tak hang,

skud dit uit vir insekte wat

mog blyplek soek. Trek

aan. Ek noem ‘n ongebore

boom na my naam, en ek

stap saggies terug na die

tweespoorpad. Ek wil nie

huistoe nie, ek wil die bos

my huis maak. Ek wil

vanaand kamp sonder ‘n

tent. Ek wil die sterre my

reisgenote maak, die

gesuis van die wind my

toehoorder. Ek wil takke

hoor kraak, blare hoor

dartel na benede en

paddas hoor sing. My

eensaamheid begrawe in

die skeur van ‘n

boekenhout. My sorge

verdink in die bruin water

wat in sku-poele tussen

boomreuse staan.

Ek moet gaan. Met swaar

voete en hart stap ek op die

glibberige tweespoor. Ek

stop en kyk en soek en

neem fotos. Ek voel om te

huppel soos Daleen se

Nina. Ek probeer en geniet

dit, kamera om die nek en

kersfeeslyf ten spyt. Ek

groet die bos, en maak ‘n

belofte. “Ek sal terugkom,

ek sal deel wees en ek sal

glo. In myself, in ons en

ons geheel.

©JeeGel

2019

Jaco

Bo + Middel: Stamswamme groei

weliger onder die lig en die vloer

ruik anders as in die koelte.

Onder: Die koningin van die woud.

Voetnota: Dis geleë in die

omgewing van Rheenendal op

die Bibby’s Hoek pad.

K a mp

soos ‘n

duke

Duisende gesinne oor die land sit en beplan alklaar weer hoe hulle 2019 Paastyd,

familietyd en rustyd gaan spandeer!

Nou-ja, ongeag in watter kategorie jy val, sal die Duke wynreeks steeds uitstekende geselskap bied. Dis vernoem na die eerste

Duke van Wellington en dié produkreeks van ses verskillende kultivars is die vlagskip van Wellington Wines. Hierdie keur

wynreeks, elk met sy eie nommeraanduiding, vertel ook unieke stories oor die dorp, die kelder en die wyn.

Wellington Wines fokus veral op Pinotage en Chenin Blanc. Dit word ook weerspieël in die talle toekennings wat die kelder

daarvoor ontvang het en dit is dus sinvol dat Duke No1 Pinotage en Duke No 2 Chenin Blanc is. Vir meer besonderhede besoek

gerus ons webwerf by www.wellingtonwines.com.

Arthur Wellesley (1769 - 1852) was die eerste Duke van Wellington en het sy roem verwerf deur Napoleon te verslaan. Die einste

Napoleon het, ironies genoeg, self erken: “Met oorwinnings word wyn verdien; in nederlaag is dit noodsaaklik.” ‘n Glasie wyn is nooit

net wyn of ‘n drankie nie - elke bottel wat oopgemaak word,is die begin van ‘n storie, ‘n meesleurende kampstorie wat selfs in jou

eie agterplaas, om jou eie kampvuur, of tydens ‘n Conqueror-wegbreeknaweer dadelike status kry.

# CampLi keADuke

Skotvry - Toe tot Nou!

“Kamp is nie kamp as jy nie kan

inkruip in ‘n tent nie”.

Regs: “Oupa en Ouma sit op die stoep…”

Die boswa het uiteindelik deel geraak van

die familie…

Onder: `n 2-man Tentjie op Honeymoon –

1995

Heel Onder:

Tente raak groter met “extentions”, want

ons raak meer…

W

aar kom die Skotvry vandaan

en hoe begin ‘n mens nou met

jou kamp storie…seker maar

by die begin!

In menige termes is ons nog

jong getroudes. Al voor ons

troue word daar besluit om ‘n 2-man tentjie te koop en

dit dan deel te maak van ons wittebrood ervaring.

Nodeloos om te sệ daar het die kamp gogga nou vir ons

begin byt teen die see by Tsitsikamma, met net die

tentjie, ‘n “cooler box” en sulke 2 klein kamp stoeltjies.

Woorde & Foto’s : Martin en Marét Scott

Met die pers tentjie het ons ‘n hele paar kampe saam

met vriende meegemaak, selfs die kinders se speeltent

gewees op ‘n tyd, maar so 2 jaar na die troue besluit die

familie dat dit tyd is om almal saam Wildtuin toe te

toer. Ons kyk mekaar diep in die oë (Dis toe nog net

ons 2) en besef ons sal moet opgradeer. Net daar

besluit ons om ‘n tent wat wind en weer bestand is aan

te koop. Martin se woorde was altyd “Kamp is nie

kamp as jy nie kan inkruip in ‘n tent nie”. Dit kom

seker van sy Voortrekker dae af. Die nuwe tent was

maar ingewikkeld om aanmekaar te sit maar hy het tog

sy doel al “in kruipende” gedien! Ons het hom nog

steeds! Hierdie siening het egter vining verander toe

die siele meer raak in die huis en ons moes aanpas by

die omstandighede. Sedertdien het ons tente van alle

geure en kleure gehad, klein tot groot, met “awnings”

en sonder “awnings”, selfs ‘n enkelkajuit bakkie met ‘n

matras was in die geledere.

Met die kinders se byvoeging het die tente al groter

geraak, maar hoe groter die tent hoe meer die kopseer

rondom inpak en menigmaal was daar maar so bietjie

krapperigheid. Vroulief hou van kamp maar sy is nie so

handig as dit kom met die opslaan van die tent nie.

Bakkie inpak raak ‘n groot probleem, maar wat is ‘n

kampman dan nou ook sonder al sy kamp ligte en sy

“gadgets” (ons noem dit KATOETERTJIES – Red)?

Intussen kry ons beste vriende (op daardie stadium

kamp ons toe nou al 15 jaar saam – met tente) vir hulle

‘n boswa en het baie planne vir ons om dieselfde te

doen. Na vele oorwegings word ons oorreed om iets

soortgelyks aan te skaf, die mees basiese boswa wat

ons sak pas. In Marét se oë was dit net ‘n “Venter”

waentjie (eintlik ‘n Challenger Bundu Basher) met ‘n

groot tent wat oopmaak.

Die besef dat ons iets anders sal moet koop raak al

groter. Die aankoop is toe ons eie bed op wiele maar

dit het die eenvoud waarvan ons hou, en ja, Marét gee

weer die staan in ‘n wa prys om “in te kruip” maar die

idee om op die grond en nie in die lug te slaap nie…

fantasties! Ons het natuurlik nog ‘n spesiale plekkie vir

al ons tent toerusting want soos ‘n man nie van sy vrou

sommer ontslae raak nie, raak jy nie van hierdie tipe

goed ontslae nie.Met kamp kom ons dus al ‘n ver pad in

ons kort huwelik, en dis hierdie ervaringe wat ons wil

deel… Skotvry groete vir nou!!!

Maar toe begin die moeilikheid. Nou wil ons net elke

naweek weggaan, dink toere uit en wil net kuier! Met

die baie gekampery besluit ons om die kamp ding ‘n

naam te gee en ons ervaringe per Facebook te deel met

ander, en dis waar Skotvry sy ontstaan het. Met die

boswa slaap die grootmense in die lug en die kinders

op die grond, wat weer gekom het met sy eie kopsere,

want Marét is bang Martin val die kinders dood daar

van bo af, Met ‘n lekker kamp vuurtjie wil Olof mos

ook saamslaap. Marét probeer so min moontlik spasie

inneem en druk haar neus teen die tent aan die

anderkant sodat daar tog net genoeg spasie is. En

Martin sê, “Ek het nog nooit van ‘n bed afgeval, hoekom

sal ek nou!” Die boswa sorg tog vir groot

gesinsvreugdes en menige kampe en toere.

Intussen raak ons ook ouer en die kinders wil nie meer

of kan nie meer altyd saam kamp nie. Die boswa slaan

ook nie so maklik op met net 2 mense nie, want iemand

moet alewig op iets klim.

Koop die 2019/2020

CAMP&CARAVAN boek

en WEN die

Om in te skryf gebruik die

Lekker Kampplekke QR

KLEINMOND

is

GROOT

Kleinmond is `n geliefde en populêre

kusdropie van die Overstrand. Kampeerders en

piekniekgangers besoek oor naweke graag díe

plekkie langs die see om `n vinnige wegbreek te

maak uit die stadsgewoel.

Pierre het op `n ander manier met sy kamera gaan loer watter

ander mooi hou díe gewilde plekkie nog in - anders as net `n

lang en oop strand, en lekker restaurantjies en kuierplekke…

WOORDE & FOTO’S: PIERRE LABUSCHAGNE

Die houtbruggie oor die lagune reg agter

Kleinmond se hoofstrand is n bekende

landmerk daar. Mens sal ook gereeld `n

visserman hier sien staan op die bruggie

wat wag “vir daai grote”!

ealisties

abstrak

JOU KAMERA

SE

sluiterspoed

BEPAAL DIE

EFFEK OP DIE

FOTO…

Moenie bang wees om te eksperimenteer nie!

Bo: Naby die mond van die Palmietrivier begroet hierdie

panorama jou!

Onder: Die stroom versnel soos dit by die see kom, en

soms maak die verskillende kleure in die sand

interessante patrone en vorms. Afhangende van die gety,

kan seewater ook terugstoot in die lagune in…

Palmietrivier

Die stoot

op in `n strandmeer wat

uitloop in die see.

Hierdie gedeelte van Kleinmond is minder bekend, aangesien die meerderheid van

mense eerder hou by die hoofstrand, maar is ewe mooi om te besoek. Vistas soos

hierdie begroet jou as jy die wêreld bietjie beter gaan verken aan die mons van die

Palmiet.

ROTSPOELE

EN -FORMASIES

GAAN JOU

ANDERS NA DIE

SEE LAAT KYK

AS NET `N

STRAND

Bo: Talle rots- en getypoele

besaai die kus, en die

verskillende tye van die dag

het `n kaleidoskoop van kleure

tot gevolg!

Links: Branders slaan teen die

rotse vas met `n dreun en die

soutsproei slaan vas in jou

gesig! Dis see…

Onder: As die son gaan lê

agter die berge, los dit eers `n

goue kleur wat die seewater

soos vloeibare goud laat lyk…

BERGHANGE IN

DIE AGTERGROND

HOU `N WAKENDE

OGIE OOR

BRANDERS WAT

TURKOOIS TEEN

DIE ROTSE

SLAAN.

Powered by TCPDF (www.tcpdf.org)

Gatsrivier

in

die

Ceres-Karoo

‘As

Woorde & Foto’s: PIERRE LABUSCHAGNE

ek dink aan stiltes en ooptes, kom daar

twee plekke in my gedagtes op:

Namibië en Karoo… en Karoo was díe keer

die naaste!’

Soms kry mens die onverklaarbare begeerte

van hier diep binne-af vir stiltes… En ooptes.

Karoo-stiltes en –ooptes! En dis al wat díe

begeerte versadig: Kamp in die Karoo (of in

Namibë).

Alle soektogte in Google vat my na

Gatsrivier. Ek ken nie die plek nie, en ek

weet nie waar dit is nie. Google Earth wys

my waar dit is, en ek weet dis waarnatoe ek

moet gaan. Ek stuur `n briefie met epos om

te bespreek, en ek kry sommer spoedig `n

vriendelike bevestiging en aanduidings.

Perfek! Alles gereël en vasgemaak… Dis tyd

vir pak en ry!

Bo: Gatsrivier se Ceres-Karoo.

Regs: Mooi lê nie net in die vertes en

ooptes nie. Soms net hier reg langs jou kyk

jy vas daarteen.

Volgende Bladsy:

`n Klipmuur uit vroeër tye… Nou net `n

herinnering aan harde, toegewyde handearbeid

wat dit moes bou!

Jy kan op twee maniere daar kom vanuit die

Kaap: via Touwsrivier of via Ceres. Met die

gaan het ek die Touwsrivierpad gery. Nadat

jy van die N1 afgedraai het, is dit `n billike

grondpad wat jou Gatsrivier-toe vat. Nie so

alombekende pad nie, maar mooi en baie

lekker om te ry. Jy ry op die N1 tot net na

Touwsrivier en draai dan af op die

Pienaarskloof-pad. Op hierdie pad hou jy

links waar die bord sê Pienaarspoort.

15.6km hiervandaan is daar weer `n links by

die T-aansluiting en

3.8km verder is die

bord wat Gatsrivier toe

wys. Hier is dit `n

regsdraai. Teen die tyd

weet jy dat jy in die

Karoo is, want die

plaas is net 14km verder en die mooi skreeu

dit reeds uit in jou ore.

Met die terugkom, het ek besluit om die

Ceres-pad te ry – net om te sien hoe dit

verskil. Ek is eerlik as ek sê ek verkies die

Touwsrivier roete. Dis mooier (tot by die N1).

Vanaf die Kaap ry jy na Ceres, waar jy op

die Calvinia/Sutherland pad bly. Dis die R46

wat later die R355 word. Jy ry dan deur die

Karoopoort waarna jy op die R356 afdraai

na Sutherland. Na 7km draai jy regs op die

Patatrivier/Matjiesfontein- pad, en na so

36km draai jy links na Gatsrivier. Die plaas

is 27km hiervandaan, en jy sal oppad

daarheen verby Bakensrivier ry.

Gatsrivier is egte Ceres-Karoo, met ooptes

en stiltes – en sterre – net wat die binneste

wou hê. Die lug is totaal onbesoedel, en die

sterreprag in die aand wag om gepluk te

word. Jy moet egter nie – soos ek – geflous

word deur die naam “Gatsrivier” nie, want

die die kampgeriewe is eintlik langs die

Ongeluksrivier geleë. Hier was ek gelukkig

om nog `n bietjie water te kon kry in die

afloop na `n goeie reënbui die vorige week.

Die kampplekke is ver uit mekaar en jy weet

nie van jou bure nie. Dis

asof jy alleen die hele plek

vir jouself het. Jy kamp

onder Karee en en

Doringbome, wat heerlike

skaduwee gee. Die

ablusiegeriewe is luuks.

Warmwater, en spoeltoilette – net soos

mamma daarvan hou…

Moenie selfoonopvangs verwag nie, want

daar is nie! Iets wat my aangenaam verras

het, was die selfhelpkroeg. Dit werk op jou

eerlikheid, en jy vat wat jy wil, soveel as wat

jy wil, en los jou geldjie in die blik (en dís iets

wat jy nie meer elke dag sien nie). Dit was

bloot net omdat dit so lekker was om weer te

sien, `n plesier om heelwat meer in die

blikkie te los as wat ek moes, en ek glo

almal wil dit so doen. By die lapa is daar ook

`n klein plaspoelletjie – net so vir die ergste

hitte. Dis nie regtig `n swembad nie, maar

dis genoeg om die dag se ergste hitte te

laaf.

koms, en dit ontvang jou met oop,

vriendelike Karoo warmte. Bespreek jý ook

sommer vandag nog jou besoek daar, want

Gatsrivier sien mý beslis weer!

Stappplek en ryplek is daar genoeg! Daar is

behoorlike 4x4-roetes en staproetes, so as

jy aktief wil bly, vat die pad en gaan verken!

Jy sal nie spyt wees nie! As jy wild wil sien,

ry `n draai Bakensrivier se kant toe – net

buite die hek. Hier is die Zebra’s en

Swartwildebeeste mak gemoeg om lekker

foto’s te kan neem.

Gatsrivier is die antwoord vir jou as jy stiltes

en ooptes soek. Dit wag geduldig op jou.

Bo: Klipformasies in die

Ongeluksrivier.

Middel: Asemrowende vista’s op

`n 4x4 roete. Die ooptes van die

Ceres Karoo wat jou uitnooi met

vriendelike warmte.

Goed vir die binneste!

Onder: Die waterval wat jy met

jou 4x4 kan besoek.

Links:

Zebra’s wat mak naderstaan as

jy geduldig genoeg is.

Kontakbesonderhede:

Selfoon: +27 87 802 8440

WhatsApp 1: +27 83 444 5839

WhatsApp 2: +27 82 886 2386

E-pos: info@gatsrivier.co.za

*Whatsapp & E-pos word twee maal per dag

gelees.

GPS-Koördinate:

S32°53’26.8” | E20°16’56.7”

Tariewe:

R120 per staanplek per nag

R55 per persoon per nag

Maks 6 persone, 1 voertuig

Kinders: Onder twee gratis /

Onder 12, R30 per nag

Neem kennis:

Spoeltoilette en gas geysers

Elke staanplek het `n eie kraan

Tstaanplekke is uit mekaar en baie

privaat

Bring asseblief eie swartsakke saam

Afkoel plaspoel

Geen troeteldiere

Foto’s: Gatsrivier Webtuiste

Wees voorbereid

Kamp is Lekker

Gaan orals

RSI SMARTKITCHEN ROOF MOUNTED TABLE RSI SMARTRACK

011 974 0370 SALES @ SMARTCANOPY.CO.ZA

BALIE’S GAT

Onmiddellik word daar gestap na die swemgat naby die kamp.

Hier kan jy sit onder die waterval vir 'n heerlike massering.

S

o 2.5 uur vanaf Kaapstad

kondig die padpredikant

aan dat Baliesgat voorlê en

dat ons nou op die Piet

Esterhuizen pad is! Die avontuur

begin! Verby die eerste

haarnaalddraai begroet die vallei

jou en die pad kronkel berg af tot

onder in die vallei. Ry maar lekker

stadig, dit is nie nodig vir 'n 4x4

nie, maar 'n hoë grondvry motor is

noodsaaklik! Party plekke is die

pad hoog uitgebou teen die

afdraende. Dit moes 'n

ongelooflike taak gewees het, om

sewe winters met pik en graaf

hierdie pad vir 'n ossewa te bou.

Die pad is vir die eerste keer in

1945 gebruik, eers daarna is dit

verbreed en is vir die eerste keer

vir die publiek in 1951 oopgestel.

Daar was 'n brand in 2017, maar

die veld is vinnig besig om mooi

te herstel! Die Leeurivier loop en

mens kan die groot swemgat

vanaf die pad sien!

“Lekker soos in

heerlik, soos

mens sal sê:

“Van sy ma af”!

Daar word laer getrek, al die tente

word opgeslaan onder heerlike

koeltebome, op 'n groen grastapyt.

Teen die wand en beskerming van

die Boesmanklip word die

kombuis ingerig.

Al die sorge is nou weggewas!

Omdat hier nie selfoonontvangs

en elektrisiteit is nie, kan jy al jou

probleme by die huis los en ten

volle ontspan!

As Marius en Yvonne Bothma, se

mobiele winkel opdaag met ys,

hout, droë vrugte, tuisgemaakte

konfyt en heuning, kan jy ook jou

bestelling plaas vir môre se

roosterkoek! Lekker soos in

heerlik, soos mens sal sê: “Van sy

ma af”! Ons bestel ook

geelperskes, vars gepluk, wat ons

kan saamneem huis toe.

Die groot swemgat moet ook

uitgetoets word. Terugstap al met

die toegangspad en oor die

laagwaterbruggie, word daar in

die rivier baljaar. Party lê soos

dassies in die son en bak! Oh la la,

het jy jou faktor 40 sonbrandroom

aangesmeer?

Die son sak agter die berge en ek

glo hier sal dit lekker donker

word. Presies wat mens nodig het

om die sterreprag te bewonder!

Na 'n vol dag moet die swart potte

prut en die braaivleisvuur moet

brand! Kampstories en

lawwigheid gaan mos hand aan

hand! Ons lig 'n glasie, en klink op

die lewe! ...dit is hoe dit gelewe

moet word! Vreedsaam en

ongekompliseerd!

Na 'n heerlike warm stort, val jou

oë toe en jy droom van die

paradys, dit is mos waar jy nou is!

Laaste ronde vir daardie swart

koffiekan! Kan tyd so vinnig

verby vlieg?

Daar is baie stappaadjies en die

volgende dag durf ons die kloof

aan met die privaat waterpoele.

Sorgvry dobber jy rond as die tyd

stilstaan! Jy besef die Bloukop

Koggelmander kan jou dophou,

maar wat maak dit saak? Jy geniet

die kwaak van die paddas en die

verskillende Naaldekokers wat

van plant tot plant vlieg.

Ons gaan kyk ook na die twee

pragtige selfsorg hout huisies.

Heerlik privaat! Hier word geen

honde toegelaat nie! Honde met 'n

rustige geaardheid word wel in die

kamp toegelaat met vooraf

reëling.

As jy 'n natuurliefhebber is, is

hierdie die plek vir jou! Baliesgat

se kamp is nou vyf jaar oud en hul

beplan uitbreidings aan stap/draf,

bergfiets en 4x4 roetes, maar hul

verseker dat die rustigheid behoue

sal bly!

Waarvoor wag jy?

Regs van bo na onder: So kamp

mens mos by Balie’s Gat teen

Boesmansklip: Rotspoele, `n

vuurtjie, `n wyntjie… Koelte en

rustigheid: Dis mos LekkeR Kamp!

Vreedsaam en

ongekompliseerd!

HOE RY DIE BOERE

SIT-SIT-SO

“Wanneer jy jou 4x4 koop, n

goeie een, het jy reeds

heelwat uitgehaal om in die

spogwa uit te hang, maar

dit is wanneer jy begin

opgradeer dat jou beursie

knak.”

Woorde & Foto’s: THEUNIS NEL

N

ie net knak soos ‘n

takkie nie maar knak

sonder die n. Hoeveel

manne en vroue sien jy

deesdae op die pad met al wat n

opgradering is, op hul 4x4. Enige

iets van ‘n kappie, nuwe wiele en

bande tot duur ingevoerde

suspensie. Al die, om ‘n beter en

gemakliker avontuur aan te pak.

Is daar nie ‘n goedkoper en

makliker manier om die vrotpad

aan te pak nie? Nou praat ek net

vrotpad want jou 4x4 kan wel

gebruik word om kinders by die

skool op en af te laai en om werk toe terug te ry. As dit jou ding is om met al die opgraderings in die stad

rond te ry sodat almal kan sien jy is Camelman of vrou, is die volgende opsie dalk nie vir jou nie.

“Hier is ‘n oplossing, ‘n veeldoel voertuig wat beslis

‘n tweede kyk werd is.”

Dit is geen geheim dat Polaris die mark regeer wanneer dit kom by Side-by-sides (SxS) of soos ons goed

gedink het – ‘n sit-sit. Met hul nuwe General wat sedert 2016 in die mark kompeteer, het hul nou die leemte

tussen resiesperd en werk esel gevul.

Die Resiesperd is Polaris se RZR, wat gemik is op die mark wat Dakar slaafs volg en graag baie vinnig

sonder te veel talent, die sand en vrotpad aandurf. Dit is hul super vinnige 1000cc turbo aangedrewe twee

silinder monster. As jy gedink het jy kan nie 140 km/h op ‘n vrotpad vlieg nie dan het jy nog nie die RZR

gery nie. Gepraat van Dakar, in die SxS klas het polaris se Factory Team ‘n tweede, derde en vierde plek

behaal in die sieldodende Dakar wedren.

Die werksesel, Polaris se Ranger, is die kanniedood hulp vir enige plaasboer, wilbewaarder, jagter en nog

ander buitelewe-werk. Die Ranger se enjingroote begin van 500cc en gaan op na 1000cc. Jy kan

verskillinde modelle aanskaf na gelang van toepassing, daar is self’s ‘n diesel weergawe!

Die Ranger se bak agter kan tip, sodat jy voer – of ander - kan aanry en maklik tilt by die aflaaiplek.

Wanneer dit by die sit-sit kom gaan dit oor wat jy daarmee wil doen wat jou keuse gaan beïnvloed.

Die Polaris General is n kruis tussen die RZR en die Ranger. Die

ongelooflike 1000cc enjin – nie turbo aangedrewe – is in die

General. So ook die gemaklike ryposisie en kajuit baie soortgelyk

aan die RZR alhoewel die General se sitplekke effens hoër

gemonteer is vir maklike in-en-uit wanneer jy die sit-sit gebruik om

te werk. Die Ranger het ‘n baie meer regop ryposisie en is beslis

nie so gemaklik as die ander twee nie.

‘n Ander voordeel van die General is sy deure wat groter is as die

van die RZR met die Ranger wat nie met deure uitkom nie. Die

beskerming wat dit bied teen takke en klippe en gemak in draaie

en ongelyke vrotpad help baie.

Daar is genoeg pakplek binne in die kajuit met n paneelkissie en middelkonsole wat diep en beskerm is

met ‘n deksel. Daar is ook ‘n usb prop om alle sooste elektroniese katoeters te laai.

Soos die Ranger het die General ook die laaibak wat kan tip. Dit maak in my opinie van die General die

ideale sit-sit.

Moenie vergeet van al die opgraderings wat op die General gepas kan word nie. Van groter wiele en

oorverdowend-waterdigte klank asook elektronies verstelbare suspensie. Dit stop nie daar nie want Polaris

het aan als gedink, windskerms van verskillende grootes, volgrote deure, ligte, dakrak, verdrote

stampraam voor en agter en natuurlik als in verskillende kleure.

Ons moet ook nie vergeet dat die General ‘n almintige

2500kg kan sleep en 960kg in die laaibak kan dra.

Die automatiese ratkas het opsies wat elektronies verstel

kan word van tweewiel aandrywing tot vierwiel aandrywing.

Die viewiel aandrywing is ongelooflik en maak die sit-sit

onregverdig maklik veral oor klip-vrotpad. Natuurlik help die

EPS (Electronic Steering System) om als maklik

hanteerbaar te maak.

Die stuurwiel verstel op en af maar die feit dat die klokke vas is aan die stuurwiel se meganisme help dat

jy van enige posisie duidelik alles op die klok kan sien. Natuurlik is die klok digitaal en kan jy met die druk

van ‘n knoppie van die een na die ander lesing spring.

Al die polaris modelle kan bestel word in ‘n 4 sitplek weergawe ook. Die langer wielbasis het sy nadele

maar beslis ook n voordeel in dat jy twee extra passasiers kan karwy.

Ek het heelwat al 4x4 gery, nog meer

motorfiets maar het nog nooit ‘n rit so

gemaklik gevind as die Polaris General nie.

Die sit-sit is eenvoudig net glad soos seep,

hy eet die vrotpad op. Die gemaklike

ryposisie, vrag en gladde automatiese aandrywing maak dat enige nuweling dadelik kan inklim en ry! Die

Polaris sit-sit maak dit baie maklik vir mamma om ook saam op jul vierwiel avontuur te kan gaan, die gevoel

van sekuriteit wat die voertuig jou gee, sal haar gou die prinses van vrotpad maak.

Die pryse tussen die verskeie modelle verskil en jou handelaar sal vir jou ‘n paket kan uitwerk wat jou sak

sal pas

As jy nog meer genot uit jou volgende avontuur wil put is die sit-sit dalk jou antwoord.

vra: “Maar kan hy koffie maak?”

Nee, dis sommer `n tong-in-die-kies-ek-trek-jou-been-vraag!

Ons sal nogal wat wou gee om ons hande op só sit-sit te kry vir `n LekkerKamptoetsrit…

083 7764629

volstruise en enkele ander diere wat vreet en suip en in die son

bak.

LAEVELD

“En dit was aand en dit was môre,

die tweede dag…”

Die Sondagoggend is besig om mooi ryp te word onder die

vroeë son se strale. Ek staan traag op uit die bed, maar die

gedagte aan ‘n wegbreek ver van selfone en ander media

produkte, maak dat ek die stort binnestorm en langer onder

die stomende warm water staan as wat nodig is.

Die kontrolelysie op die eetkamer tafel word sorgvuldig en

stelselmatig afgetik, en die motor word gepak met presisie.

Gemaklike klere en die nodige padkos en daar trek ons. Ons

vind vinnig die snelweg en kronkel

en woel tussen Sondagverkeer deur,

en dan druk ons die motor se neus

al met die N4 langs. Verby Witbank

(Emahlahleni) en Middelburg mik

ons verder voort, Laeveld toe. Ons

stop by Azu en rek bene, verkyk ons

aan die mense en geniet die uitsig

van die manstoilette. ‘n Groot

glasvenster is reg bo die urinebakke

aangebring, en elke man kan na

buite kyk terwyl hy die Moeder

haar sin gee. Maar dis nie sommer net vir kyk nie. Reg voor

jou is daar ‘n kamp vol Kaapse buffels en witrenosters, emoes,

“Ons dryf in die water en laat toe

dat die Moeder en haar elemente al

die stres en moeg en sweet van ons

kaal lywe afspoel. Ons gaan sit by

die vuur en laat toe dat die

behaaglikheid van haar hitte, die

hoendervel op ons lywe wegkrimp.”

‘n Volstruiswyfie tree ook nader met haar kroos van sewe, wat

wankelrig om haar voete skarrel. Pa met sy swart veredos hou

die agterhoede. Daar is ‘n jong wyfie wat dit nader waag aan

die volstruisgesinnetjie, en die moeder vererg vir haar en met

waaiende vlerke sit sy die stukke in agter die vlugtende

jongeling. Kroos is blykbaar aangesê om nie te roer nie, en

hulle lê asof gevries met nekkies laag op die grond. Ek verkyk

my aan die interaksie en die gestoei om sosiale status onder die

buffels. Sommige van hulle het swaar lywe en swaar horings,

en domineer selfs die renosterkalfie wat te na aan die kosbak

kom. Sy ma hou haar oog nie van die norse buffels af nie, en

snork so af en toe. Toe onthou ek ek staan nog half ontbloot

voor die porseleinbak.

Ons gaan maak ‘n draai by die lewensgrootte bronsstandbeeld

van die witrenoster wie se horing al skitterblink deur hande

gevat is. ‘n Paar toeriste hang halflyf

oor die beeld om selfies of kamerafotos

te neem. Wegneemete plekke is

ingeryg langs mekaar, en die geur van

gebraaide kos hang swaar in die lug.

Ons klim met die trappe af, en gaan kyk

na die opgestopte olifant wat staan

gemaak is naby die diere se weikamp.

Weer moet ons koes om uit een of ander

Europese fotoalbum uit te bly.

Ons koop water in bottles (Still) en

druk aan. Die Hoëveld is nog nie vol in

die gras nie, maar energietorings en steenkoolaanlegte staan

soos industriële seeroë in hierdie wonderlike deel van ons land.

Die pad maak sy gewone kronkels en tolhekke staan bakhand

en oopbek en wag vir jou bydrae tot die instandhouding van

die pad (en sommige se beursies). Ek moet sê, die toestand van

die pad is goed, en verkeer vloei maklik. Dis net asof ‘n mens

so bietjie hakkel met die verkeer as jy by Carolina se afdraai

kom. Padbeplanners was nie op hulle heel wysste toe hulle daar

gebou het nie, maar dit daar gelaat. Ons kom ongeskonde daar

deur, hoewel ons vir ‘n voortvarende taxi en ‘n passasiersoplaaiende-trok

moes swenk.

Ek sak al dieper in die passasiersitplek, en is sommer lus om

my plakkielose voete op die paneelbord van die motor te sit.

Musiek uit die 70’s, 80’s en 90’s speel saggies in die

agtergrond. Ons kou aan Woolworths hoender, frikkadelle,

vetkoekies, mini burgers en sagte jellielekkers.

Net voor ons by Waterval Boven kom, swenk ons weg

noordoos. Naamborde nooi on suit om Nelspruit van ‘n ander

hoek af te betree, maar ons hou koers. Ek gaan vinnig op

Google en soek slaapplek vir die nag. Uit die argiewe van

onthou delf ek die naam van ‘n Tentkamp op die Sabierivier

op en vra aanlyn of daar ‘n beskikbare plek is. Die antwoord

kom spoedig en positief, en ons weet ten minste waar ons

vanaand gaan slaap. Intussen geniet ons die berge en die

natuurskoon. Ons wiele rol verby teeplantasies,

boomplantasies en af en toe ‘n lap aangeplante weiding. So dan

en wan skuur ons verby ‘n padstal waar oranje lemoensakkies

gestrop in rye hang, en avokados en neute in rye voor die sink

kontrepsie staangemaak is. My mond water vir sitrus en ryp

avokado en my ore verlang na die klank van okkerneutdoppe

wat kraak. Hier sal ek kan bly en rustig wees. Het altyd gesê

dat sou ek ooit ‘n beroep kry na hierdie deel van die land, sal

ek eers trek en dan bid en hoor of ek moes gaan.

Ons sluit aan by die pad tussen Nelspruit (Mbombela) en

Sabie, net daar waar die Mac Mac valle oor die afgrond stort,

en ons swenk links. Die hoë reguit stamme van duisende

bloekoms wil-wil mens intimideer, maar ons besluit op die

ingewing van die oomblik om te oortree. Ons sien ‘n

afdraaipaadjie met ‘n bordjie wat wys “Geen Ingang”, maar

ons ignoreer dit en vaar ‘n ent in die woud in. Ons stop, verken

die wêreld en klim uit. Die geur van bloekomolie maak

sommer die sinusholtes so met die uitklimslag skoon. Ek rek

en strek en voel waaghalsig omdat ek, ontrou aan my sin vir

respek vir padtekens, was. Ons pak die padkos, wat gereduseer

is tot peuselkos, uit op die enjinkap van die motor en ons eet,

neem fotos en luister na die stemme van die bos. Ons voel ‘n

behoefte om naturisties te wees, en ontbloot onsself aan die

magdom van bome. Net die plakkies aan ons voete bly. Die

Moeder roep weer, na bykans twee liter water, en ons laat los

sommer teen iemand se toekomstige A4 papier.

Ons draai om en oor die volgende knop lê die juweel van Sabie

in laatmiddaglig onder ons. Ons ry stadig, beskou bosse en

bosse frangipani en bougoainvillea wat baldadig in pienk en

pers en selfs wit oor heinings hang. Ons lees elke padaanwyser

deeglik tot ons die bekende naam: Sabie Riverside Tented

Camp raaklees. Ons draai en ry nog stadiger oor die Sabierivier

en bereik ons bestemming. Die wag is bly om ons te sien, en

drafstap voor ons uit om ons semi-permanente tent vir ons aan

te wys. Ons sien een met ‘n beter ligging, en ‘n en-suite

badkamer, en vra na prys en beskikbaarheid. Hy het nogals ‘n

naam in hout aangebring teen die kant van die tent. So pak ons

af en begin ons goedjies indra in Tent Jaco. (Sekere goed in die

lewe is net bedoel om te wees).

Dis net ons en nog ‘n ouer toeriste paartjie in ‘n tweemantent

wat oorslaap vanaand. En toe die son haar kop laat sak agter

die berge met hulle trosse plantasies, en die paddas begin

kwaak in die systroom van die Sabierivier hier voor ons, toe

skink ons ‘n whisky en steek die vuurtjie brand. Salig is nie

beskrywend genoeg vir my ervaring nie. Ek hoor ‘n ritsluiter

van die tweemantent, wat toerits en ek hoor motordeure klap.

Ek loer om die hoek en sien hulle eet uit vanaand iewers by ‘n

restaurant in die dorp. Toe hulle agterligte om die verste hoek

verdwyn, staan ek op en raak van al my klere ontslae. Soos ‘n

olimpiese duiker diep ek in die koel, effe te koue, water van

die swembad en kom op om my asem terug te kry. Ons dryf in

die water en laat toe dat die Moeder en haar elemente al die

stres en moeg en sweet van ons kaal lywe afspoel. Ons gaan sit

by die vuur en laat toe dat die behaaglikheid van haar hitte, die

hoendervel op ons lywe wegkrimp. Na ons tweede dop, het ‘n

nagreier iewers in die riete gekrys, en die krieke het hulle

aangesluit by die paddakoor. In die verte lui ‘n koshuisklok en

die geraas van voertuie word stiller soos die horlosie se wysers

aanstap.

Ons bure keer terug, en ons glip ongesiens in ons tenthuis in.

Ons maak waterbottels vol water, sit dit in die

vrieskompartement van die yskassie in die hoek. Ek gaan staan

weer onder die warm stort, en ruik hoe die chloor teen my lyf

afspoel. En toe gaan slaap ons, met tentflappe wat netjies

opgerol is, en die maan wat skewebek deur die boomtakke vir

ons loer.

En dit was aand en dit was môre, die tweede dag.

©JeeGel

Gauteng

Jannie Engelbrecht

0836316995

jannie@kubu4x4.co.za

Wes-Kaap

Anton Venter

0823314128

antonkubu4x4@gmail.com

Ten volle Verseker

Volledig Toegerus

Reg vir Oorgrens toere

www.kubu4x4.co.za

CONQUEROR

Northgate

Gaan waar jy wil..

Jou opsies is nou onbeperk

Conqueror Northgate is Sa se #1 Conqueror handelaar vir die

laaste 3 jaar. Ons dienste sluit in verkope van nuwe en

gebruikte Conqueror produkte. Verhuring van Conqueror

Karavane en Boswaens, dienste en herstel werk, sowel as

was en skoonmaak van Karavane en Boswaens.

Ons het self ons eie tentwerk fabriek by die winkel sodat ons

kan omsien na al ons kliënte se behoeftes.

Tel: 011-026 6350 / 011-025 8298

Epos: sales1@conqueror-jhb.co.za

SA Karavaan & Boswa

van die jaar 2017 & 2018

Kampplek beskikbaar, veskaf deur: www.you2camp.com

Kontak: loret@lekkerkampplekke.co.za

MOLENRIVIERPLAAS

N A A S T E D O R P :

G r o o t b r a k r i v i e r S T R E E K : S u i d - K a a p

M

olenrivierplaas is in n groen

kloof langs n plaasdam op 'n

werkende plaas. Die woudbedekte

kloof onderhou n verskeidenheid

voelsoorte en verseker n natuurlike

rustigheid. Net 9 grasbedekte

staanplekke onder halfskadu vir n

baie rustige kampervaring.

Elke staanplek het krag en n draagbare

braai. n Besonderse ablusie wat booor

die dam gebou is sal nie teleurstel

nie. n Gasgeiser verskaf deurentyd

warm water. Kom ervaar stilte en

rustigheid in n baie veilige omgewing. .

Aanwysings

Ry met die teerpad uit Grootbrakrivier na die dorpie Friemersheim. 10km buite

Grootbrak is ons afdraai na regs by ons naambord: Molenrivier. volg die

grondpad/2 spoor betonpad vir 400 meter tot in die kampplek.

Kamp Staanplekke 9

Persone Per Staanplek 6

Grondbedekking Gras

Toeganklikheid Grondpad

Troeteldiervriendelik

Swemplek Dam

Kontak persoon

Marius Myburgh

Kontak nommer

083 216 0018

LIKBEKER KOFFIE

kom uit die hartjie van Montagu, wat met

'n innoverende lug-rooster metode en top

gehalte Arabica bone ‘n suiwer geurige

Bkoffie produseer met ‘n heerlike aroma.

KOOP

Adverteer.

jou besigheid hier.

Stuur n epos aan: rikus@lekkerkampplekke.co.za

Rikus Truter

Kamp Paklys

C u s t o m e r s

P a g e V i e w s

5 5 9 2 4 V i e w s

2 0 4 3 0 0

1 7 , 2 0 0

3 , 1 8 4 , 3 8 5 o o r

f o l l o w e r s

L i k e s

( 6 3 1 3 6 )

1 2 m d e t y d p e r k

a a n l y n

D o w n l o a d s

W e b b l a d

t y d s k r i f

g e b r u i k e r s

J A n 2 0 1 9

5 1 2 , 6 5 3

9 1 % v a n o n s g e b r u i k e r s e n L e d e w o o n i n S u i d - A f r k a

Gegrond op statistiek en databasis van 300 000 plus lede

Jy is welkom om met ons kontak te maak om jou

kampverwante besigheid te adverteer.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!