02.02.2019 Views

KAMP IS LEKKER Februarie 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

en oopbek en wag vir jou bydrae tot die instandhouding van

die pad (en sommige se beursies). Ek moet sê, die toestand van

die pad is goed, en verkeer vloei maklik. Dis net asof ‘n mens

so bietjie hakkel met die verkeer as jy by Carolina se afdraai

kom. Padbeplanners was nie op hulle heel wysste toe hulle daar

gebou het nie, maar dit daar gelaat. Ons kom ongeskonde daar

deur, hoewel ons vir ‘n voortvarende taxi en ‘n passasiersoplaaiende-trok

moes swenk.

Ek sak al dieper in die passasiersitplek, en is sommer lus om

my plakkielose voete op die paneelbord van die motor te sit.

Musiek uit die 70’s, 80’s en 90’s speel saggies in die

agtergrond. Ons kou aan Woolworths hoender, frikkadelle,

vetkoekies, mini burgers en sagte jellielekkers.

Net voor ons by Waterval Boven kom, swenk ons weg

noordoos. Naamborde nooi on suit om Nelspruit van ‘n ander

hoek af te betree, maar ons hou koers. Ek gaan vinnig op

Google en soek slaapplek vir die nag. Uit die argiewe van

onthou delf ek die naam van ‘n Tentkamp op die Sabierivier

op en vra aanlyn of daar ‘n beskikbare plek is. Die antwoord

kom spoedig en positief, en ons weet ten minste waar ons

vanaand gaan slaap. Intussen geniet ons die berge en die

natuurskoon. Ons wiele rol verby teeplantasies,

boomplantasies en af en toe ‘n lap aangeplante weiding. So dan

en wan skuur ons verby ‘n padstal waar oranje lemoensakkies

gestrop in rye hang, en avokados en neute in rye voor die sink

kontrepsie staangemaak is. My mond water vir sitrus en ryp

avokado en my ore verlang na die klank van okkerneutdoppe

wat kraak. Hier sal ek kan bly en rustig wees. Het altyd gesê

dat sou ek ooit ‘n beroep kry na hierdie deel van die land, sal

ek eers trek en dan bid en hoor of ek moes gaan.

Ons sluit aan by die pad tussen Nelspruit (Mbombela) en

Sabie, net daar waar die Mac Mac valle oor die afgrond stort,

en ons swenk links. Die hoë reguit stamme van duisende

bloekoms wil-wil mens intimideer, maar ons besluit op die

ingewing van die oomblik om te oortree. Ons sien ‘n

afdraaipaadjie met ‘n bordjie wat wys “Geen Ingang”, maar

ons ignoreer dit en vaar ‘n ent in die woud in. Ons stop, verken

die wêreld en klim uit. Die geur van bloekomolie maak

sommer die sinusholtes so met die uitklimslag skoon. Ek rek

en strek en voel waaghalsig omdat ek, ontrou aan my sin vir

respek vir padtekens, was. Ons pak die padkos, wat gereduseer

is tot peuselkos, uit op die enjinkap van die motor en ons eet,

neem fotos en luister na die stemme van die bos. Ons voel ‘n

behoefte om naturisties te wees, en ontbloot onsself aan die

magdom van bome. Net die plakkies aan ons voete bly. Die

Moeder roep weer, na bykans twee liter water, en ons laat los

sommer teen iemand se toekomstige A4 papier.

Ons draai om en oor die volgende knop lê die juweel van Sabie

in laatmiddaglig onder ons. Ons ry stadig, beskou bosse en

bosse frangipani en bougoainvillea wat baldadig in pienk en

pers en selfs wit oor heinings hang. Ons lees elke padaanwyser

deeglik tot ons die bekende naam: Sabie Riverside Tented

Camp raaklees. Ons draai en ry nog stadiger oor die Sabierivier

en bereik ons bestemming. Die wag is bly om ons te sien, en

drafstap voor ons uit om ons semi-permanente tent vir ons aan

te wys. Ons sien een met ‘n beter ligging, en ‘n en-suite

badkamer, en vra na prys en beskikbaarheid. Hy het nogals ‘n

naam in hout aangebring teen die kant van die tent. So pak ons

af en begin ons goedjies indra in Tent Jaco. (Sekere goed in die

lewe is net bedoel om te wees).

Dis net ons en nog ‘n ouer toeriste paartjie in ‘n tweemantent

wat oorslaap vanaand. En toe die son haar kop laat sak agter

die berge met hulle trosse plantasies, en die paddas begin

kwaak in die systroom van die Sabierivier hier voor ons, toe

skink ons ‘n whisky en steek die vuurtjie brand. Salig is nie

beskrywend genoeg vir my ervaring nie. Ek hoor ‘n ritsluiter

van die tweemantent, wat toerits en ek hoor motordeure klap.

Ek loer om die hoek en sien hulle eet uit vanaand iewers by ‘n

restaurant in die dorp. Toe hulle agterligte om die verste hoek

verdwyn, staan ek op en raak van al my klere ontslae. Soos ‘n

olimpiese duiker diep ek in die koel, effe te koue, water van

die swembad en kom op om my asem terug te kry. Ons dryf in

die water en laat toe dat die Moeder en haar elemente al die

stres en moeg en sweet van ons kaal lywe afspoel. Ons gaan sit

by die vuur en laat toe dat die behaaglikheid van haar hitte, die

hoendervel op ons lywe wegkrimp. Na ons tweede dop, het ‘n

nagreier iewers in die riete gekrys, en die krieke het hulle

aangesluit by die paddakoor. In die verte lui ‘n koshuisklok en

die geraas van voertuie word stiller soos die horlosie se wysers

aanstap.

Ons bure keer terug, en ons glip ongesiens in ons tenthuis in.

Ons maak waterbottels vol water, sit dit in die

vrieskompartement van die yskassie in die hoek. Ek gaan staan

weer onder die warm stort, en ruik hoe die chloor teen my lyf

afspoel. En toe gaan slaap ons, met tentflappe wat netjies

opgerol is, en die maan wat skewebek deur die boomtakke vir

ons loer.

En dit was aand en dit was môre, die tweede dag.

©JeeGel

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!