02.02.2019 Views

KAMP IS LEKKER Februarie 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die loeries en Grootvoete

sal luister, selfs die

bosbokkies en paddatjies.

Ek sal my verloor in die

oomblik, my sintuie vrye

teuels gee en myself

oorgee aan my plek in die

wêreld.

Ek tel my klere op waar dit

oor ‘n gestorwe tak hang,

skud dit uit vir insekte wat

mog blyplek soek. Trek

aan. Ek noem ‘n ongebore

boom na my naam, en ek

stap saggies terug na die

tweespoorpad. Ek wil nie

huistoe nie, ek wil die bos

my huis maak. Ek wil

vanaand kamp sonder ‘n

tent. Ek wil die sterre my

reisgenote maak, die

gesuis van die wind my

toehoorder. Ek wil takke

hoor kraak, blare hoor

dartel na benede en

paddas hoor sing. My

eensaamheid begrawe in

die skeur van ‘n

boekenhout. My sorge

verdink in die bruin water

wat in sku-poele tussen

boomreuse staan.

Ek moet gaan. Met swaar

voete en hart stap ek op die

glibberige tweespoor. Ek

stop en kyk en soek en

neem fotos. Ek voel om te

huppel soos Daleen se

Nina. Ek probeer en geniet

dit, kamera om die nek en

kersfeeslyf ten spyt. Ek

groet die bos, en maak ‘n

belofte. “Ek sal terugkom,

ek sal deel wees en ek sal

glo. In myself, in ons en

ons geheel.

©JeeGel

2019

Jaco

Bo + Middel: Stamswamme groei

weliger onder die lig en die vloer

ruik anders as in die koelte.

Onder: Die koningin van die woud.

Voetnota: Dis geleë in die

omgewing van Rheenendal op

die Bibby’s Hoek pad.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!