02.02.2019 Views

KAMP IS LEKKER Februarie 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Met die kinders se byvoeging het die tente al groter

geraak, maar hoe groter die tent hoe meer die kopseer

rondom inpak en menigmaal was daar maar so bietjie

krapperigheid. Vroulief hou van kamp maar sy is nie so

handig as dit kom met die opslaan van die tent nie.

Bakkie inpak raak ‘n groot probleem, maar wat is ‘n

kampman dan nou ook sonder al sy kamp ligte en sy

“gadgets” (ons noem dit KATOETERTJIES – Red)?

Intussen kry ons beste vriende (op daardie stadium

kamp ons toe nou al 15 jaar saam – met tente) vir hulle

‘n boswa en het baie planne vir ons om dieselfde te

doen. Na vele oorwegings word ons oorreed om iets

soortgelyks aan te skaf, die mees basiese boswa wat

ons sak pas. In Marét se oë was dit net ‘n “Venter”

waentjie (eintlik ‘n Challenger Bundu Basher) met ‘n

groot tent wat oopmaak.

Die besef dat ons iets anders sal moet koop raak al

groter. Die aankoop is toe ons eie bed op wiele maar

dit het die eenvoud waarvan ons hou, en ja, Marét gee

weer die staan in ‘n wa prys om “in te kruip” maar die

idee om op die grond en nie in die lug te slaap nie…

fantasties! Ons het natuurlik nog ‘n spesiale plekkie vir

al ons tent toerusting want soos ‘n man nie van sy vrou

sommer ontslae raak nie, raak jy nie van hierdie tipe

goed ontslae nie.Met kamp kom ons dus al ‘n ver pad in

ons kort huwelik, en dis hierdie ervaringe wat ons wil

deel… Skotvry groete vir nou!!!

Maar toe begin die moeilikheid. Nou wil ons net elke

naweek weggaan, dink toere uit en wil net kuier! Met

die baie gekampery besluit ons om die kamp ding ‘n

naam te gee en ons ervaringe per Facebook te deel met

ander, en dis waar Skotvry sy ontstaan het. Met die

boswa slaap die grootmense in die lug en die kinders

op die grond, wat weer gekom het met sy eie kopsere,

want Marét is bang Martin val die kinders dood daar

van bo af, Met ‘n lekker kamp vuurtjie wil Olof mos

ook saamslaap. Marét probeer so min moontlik spasie

inneem en druk haar neus teen die tent aan die

anderkant sodat daar tog net genoeg spasie is. En

Martin sê, “Ek het nog nooit van ‘n bed afgeval, hoekom

sal ek nou!” Die boswa sorg tog vir groot

gesinsvreugdes en menige kampe en toere.

Intussen raak ons ook ouer en die kinders wil nie meer

of kan nie meer altyd saam kamp nie. Die boswa slaan

ook nie so maklik op met net 2 mense nie, want iemand

moet alewig op iets klim.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!