02.02.2019 Views

KAMP IS LEKKER Februarie 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

gery nie. Gepraat van Dakar, in die SxS klas het polaris se Factory Team ‘n tweede, derde en vierde plek

behaal in die sieldodende Dakar wedren.

Die werksesel, Polaris se Ranger, is die kanniedood hulp vir enige plaasboer, wilbewaarder, jagter en nog

ander buitelewe-werk. Die Ranger se enjingroote begin van 500cc en gaan op na 1000cc. Jy kan

verskillinde modelle aanskaf na gelang van toepassing, daar is self’s ‘n diesel weergawe!

Die Ranger se bak agter kan tip, sodat jy voer – of ander - kan aanry en maklik tilt by die aflaaiplek.

Wanneer dit by die sit-sit kom gaan dit oor wat jy daarmee wil doen wat jou keuse gaan beïnvloed.

Die Polaris General is n kruis tussen die RZR en die Ranger. Die

ongelooflike 1000cc enjin – nie turbo aangedrewe – is in die

General. So ook die gemaklike ryposisie en kajuit baie soortgelyk

aan die RZR alhoewel die General se sitplekke effens hoër

gemonteer is vir maklike in-en-uit wanneer jy die sit-sit gebruik om

te werk. Die Ranger het ‘n baie meer regop ryposisie en is beslis

nie so gemaklik as die ander twee nie.

‘n Ander voordeel van die General is sy deure wat groter is as die

van die RZR met die Ranger wat nie met deure uitkom nie. Die

beskerming wat dit bied teen takke en klippe en gemak in draaie

en ongelyke vrotpad help baie.

Daar is genoeg pakplek binne in die kajuit met n paneelkissie en middelkonsole wat diep en beskerm is

met ‘n deksel. Daar is ook ‘n usb prop om alle sooste elektroniese katoeters te laai.

Soos die Ranger het die General ook die laaibak wat kan tip. Dit maak in my opinie van die General die

ideale sit-sit.

Moenie vergeet van al die opgraderings wat op die General gepas kan word nie. Van groter wiele en

oorverdowend-waterdigte klank asook elektronies verstelbare suspensie. Dit stop nie daar nie want Polaris

het aan als gedink, windskerms van verskillende grootes, volgrote deure, ligte, dakrak, verdrote

stampraam voor en agter en natuurlik als in verskillende kleure.

Ons moet ook nie vergeet dat die General ‘n almintige

2500kg kan sleep en 960kg in die laaibak kan dra.

Die automatiese ratkas het opsies wat elektronies verstel

kan word van tweewiel aandrywing tot vierwiel aandrywing.

Die viewiel aandrywing is ongelooflik en maak die sit-sit

onregverdig maklik veral oor klip-vrotpad. Natuurlik help die

EPS (Electronic Steering System) om als maklik

hanteerbaar te maak.

Die stuurwiel verstel op en af maar die feit dat die klokke vas is aan die stuurwiel se meganisme help dat

jy van enige posisie duidelik alles op die klok kan sien. Natuurlik is die klok digitaal en kan jy met die druk

van ‘n knoppie van die een na die ander lesing spring.

Al die polaris modelle kan bestel word in ‘n 4 sitplek weergawe ook. Die langer wielbasis het sy nadele

maar beslis ook n voordeel in dat jy twee extra passasiers kan karwy.

Ek het heelwat al 4x4 gery, nog meer

motorfiets maar het nog nooit ‘n rit so

gemaklik gevind as die Polaris General nie.

Die sit-sit is eenvoudig net glad soos seep,

hy eet die vrotpad op. Die gemaklike

ryposisie, vrag en gladde automatiese aandrywing maak dat enige nuweling dadelik kan inklim en ry! Die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!