02.02.2019 Views

KAMP IS LEKKER Februarie 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Jy kan op twee maniere daar kom vanuit die

Kaap: via Touwsrivier of via Ceres. Met die

gaan het ek die Touwsrivierpad gery. Nadat

jy van die N1 afgedraai het, is dit `n billike

grondpad wat jou Gatsrivier-toe vat. Nie so

alombekende pad nie, maar mooi en baie

lekker om te ry. Jy ry op die N1 tot net na

Touwsrivier en draai dan af op die

Pienaarskloof-pad. Op hierdie pad hou jy

links waar die bord sê Pienaarspoort.

15.6km hiervandaan is daar weer `n links by

die T-aansluiting en

3.8km verder is die

bord wat Gatsrivier toe

wys. Hier is dit `n

regsdraai. Teen die tyd

weet jy dat jy in die

Karoo is, want die

plaas is net 14km verder en die mooi skreeu

dit reeds uit in jou ore.

Met die terugkom, het ek besluit om die

Ceres-pad te ry – net om te sien hoe dit

verskil. Ek is eerlik as ek sê ek verkies die

Touwsrivier roete. Dis mooier (tot by die N1).

Vanaf die Kaap ry jy na Ceres, waar jy op

die Calvinia/Sutherland pad bly. Dis die R46

wat later die R355 word. Jy ry dan deur die

Karoopoort waarna jy op die R356 afdraai

na Sutherland. Na 7km draai jy regs op die

Patatrivier/Matjiesfontein- pad, en na so

36km draai jy links na Gatsrivier. Die plaas

is 27km hiervandaan, en jy sal oppad

daarheen verby Bakensrivier ry.

Gatsrivier is egte Ceres-Karoo, met ooptes

en stiltes – en sterre – net wat die binneste

wou hê. Die lug is totaal onbesoedel, en die

sterreprag in die aand wag om gepluk te

word. Jy moet egter nie – soos ek – geflous

word deur die naam “Gatsrivier” nie, want

die die kampgeriewe is eintlik langs die

Ongeluksrivier geleë. Hier was ek gelukkig

om nog `n bietjie water te kon kry in die

afloop na `n goeie reënbui die vorige week.

Die kampplekke is ver uit mekaar en jy weet

nie van jou bure nie. Dis

asof jy alleen die hele plek

vir jouself het. Jy kamp

onder Karee en en

Doringbome, wat heerlike

skaduwee gee. Die

ablusiegeriewe is luuks.

Warmwater, en spoeltoilette – net soos

mamma daarvan hou…

Moenie selfoonopvangs verwag nie, want

daar is nie! Iets wat my aangenaam verras

het, was die selfhelpkroeg. Dit werk op jou

eerlikheid, en jy vat wat jy wil, soveel as wat

jy wil, en los jou geldjie in die blik (en dís iets

wat jy nie meer elke dag sien nie). Dit was

bloot net omdat dit so lekker was om weer te

sien, `n plesier om heelwat meer in die

blikkie te los as wat ek moes, en ek glo

almal wil dit so doen. By die lapa is daar ook

`n klein plaspoelletjie – net so vir die ergste

hitte. Dis nie regtig `n swembad nie, maar

dis genoeg om die dag se ergste hitte te

laaf.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!