02.02.2019 Views

KAMP IS LEKKER Februarie 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

BALIE’S GAT

Onmiddellik word daar gestap na die swemgat naby die kamp.

Hier kan jy sit onder die waterval vir 'n heerlike massering.

S

o 2.5 uur vanaf Kaapstad

kondig die padpredikant

aan dat Baliesgat voorlê en

dat ons nou op die Piet

Esterhuizen pad is! Die avontuur

begin! Verby die eerste

haarnaalddraai begroet die vallei

jou en die pad kronkel berg af tot

onder in die vallei. Ry maar lekker

stadig, dit is nie nodig vir 'n 4x4

nie, maar 'n hoë grondvry motor is

noodsaaklik! Party plekke is die

pad hoog uitgebou teen die

afdraende. Dit moes 'n

ongelooflike taak gewees het, om

sewe winters met pik en graaf

hierdie pad vir 'n ossewa te bou.

Die pad is vir die eerste keer in

1945 gebruik, eers daarna is dit

verbreed en is vir die eerste keer

vir die publiek in 1951 oopgestel.

Daar was 'n brand in 2017, maar

die veld is vinnig besig om mooi

te herstel! Die Leeurivier loop en

mens kan die groot swemgat

vanaf die pad sien!

“Lekker soos in

heerlik, soos

mens sal sê:

“Van sy ma af”!

Daar word laer getrek, al die tente

word opgeslaan onder heerlike

koeltebome, op 'n groen grastapyt.

Teen die wand en beskerming van

die Boesmanklip word die

kombuis ingerig.

Al die sorge is nou weggewas!

Omdat hier nie selfoonontvangs

en elektrisiteit is nie, kan jy al jou

probleme by die huis los en ten

volle ontspan!

As Marius en Yvonne Bothma, se

mobiele winkel opdaag met ys,

hout, droë vrugte, tuisgemaakte

konfyt en heuning, kan jy ook jou

bestelling plaas vir môre se

roosterkoek! Lekker soos in

heerlik, soos mens sal sê: “Van sy

ma af”! Ons bestel ook

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!