12.11.2019 Views

39 van 2019 (Omsendbrief)

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

TEL : (014) 592 0528 14 November 2019

FAKS : (014) 592 8014

www.laerskoolrustenburg.co.za

OB 39/2019

Geagte Ouers

INHOUD VAN HIERDIE BRIEF:

Program van die week (Bylaag 1)

Algemene sake (Bylaag 2)

Waarde vir die week (Bylaag 3)

Gedagte vir die week (Bylaag 4)

Assessering (Bylaag 5)

Algemene Advertensies

BYLAAG 1

1. PROGRAM VIR DIE WEEK:

DAG VAN DIE WEEK DATUM DAG AKTIWITEITE:

2019

Vrydag 15 Nov Eksamen

Gr 4-7 SW: Aardrykskunde

Saterdag 16 Nov -

Maandag 18 Nov EKSAMEN

Gr 4 -7 English Paper 2 Language and Comprehension

Dinsdag 19 Nov EKSAMEN

Gr 6 Afrikaans: Vraestel 3 Kreatiewe skryf

Gr 4 en 5 - Geen vraestel

Gr 7 Skeppende kuns

Woensdag 20 Nov EKSAMEN

Gr 4 – 6 Wiskunde

Gr 7 Wiskunde vraestel 1 (Algebra)

Donderdag 21 Nov EKSAMEN

Gr 4 – 7 SW Geskiedenis

Gr R Gradeplegtigheid

Masels inenting

Vrydag 22 Nov EKSAMEN

Gr 4 - 7 Afrikaanse vraestel 2 Taal en Begripstoets

Gr 1 Opedag

Saterdag 23 Nov -

Maandag 25 Nov EKSAMEN

Gr 4 en 5 Geen

Gr 6 Engelse vraestel 3 (Creative writing)

Gr 7 Tegnologie

Merietetoekenningsaand Gr 1-3

BYLAAG 2

ALGEMENE SAKE:

NOORDWES TENNISPROEWE:

O. 12 en O. 14 proewe:

10 seuns en dogters het aan hierdie proewe in Klerksdorp deelgeneem, op

18 en 19 Oktober. Die deelnemers se uitslae is soos volg:

2020 – 0. 12 2020 – 0. 14

Caitlin de Beer - 26ste Ceila van Niekerk - 4de

Kgolagano Kgatshe - 3de Juandré Verwey - 10de

Juan Bouwer - 7de Fano Theron - 12de

Ruandré Booysen - 10de JP van Niekerk - 15de

Julian Booysen

Danté Dietrichsen

- 20ste

- 26ste

Juandré Verwey, Ruandre en Julian Booysen kon nie op Saterdag 19 Oktober speel

nie a.g.v. ander verpligtinge en is dus die laagste posisie in hul uitspeelgroepe van

10 spelers elk toegeken.

Baie geluk aan al die spelers!

O. 12 SEUNS TENNISSPAN DEUR NA LANDSFINAAL!

BNP PARIBAS BANK

Ons O. 12 seuns het op 9 en 10 November 2019, aan die tweede ronde van die BNP

Paribas TSA (Tennis SA) toernooi deelgeneem en uitstekend gevaar.

In ronde een het ongeveer 112 skole deelgeneem in 14 sentra (rofweg drie

provinsies). Hierdie span het eerste gekom in die NW streek en saam met 31 ander

seunsspanne deurgedring na die tweede ronde van die afgelope naweek. Hierdie

2de ronde het in vier sentra regoor die land plaasgevind.

Noordkaap, OVS en Gauteng-Noord het deelgeneem en ons spelers het tweede

gekom uit die 8 spanne wat in Klerksdorp gespeel het.

Hulle dring deur na die derde en finale ronde wat op 7 Februarie 2020, in

Johannesburg plaasvind. Hierdie finale ronde gaan tussen die agt top O. 12

seunsspanne in die land afgehandel word. Ons sien uit daarna om jul progressie te

volg in hierdie kompetisie in Johannesburg.

Vlnr: Julian Booysen, Juandré Verwey, Kgolagano Kgatshe en Fano Theron.

ATKV TEMAS VIR REDENAARS 2020:

GRAAD 1 – 3 (2-4min) GRAAD 4 – 5 (3-5min) GRAAD 6 – 7 (4-6min)

Kaalvoet Letters Toekoms

Wonder Voetspore Liefhê

Fees Voel Afronding

Die Interne Redenaars sal gedurende die week van 10 – 14 Februarie 2020

plaasvind. Maak asseblief seker dat u kind goed voorberei is aangesien dit die

enigste geleentheid is om te kwalifiseer om aan die ATKV, Super 12, of Prestige

Redenaars deel te neem.

Ons sien saam met u uit na ‘n opwindende en suksesvolle 2020!

FOTO BESTELLINGS:

Geskenksakkies te koop!

Daar sal weer geskenksakkies beskikbaar wees, by Mev. West in k46 tot en met die

vakansie.

Moenie die winskopie misloop nie. Slegs R50 vir ʼn pak van 20 verskillende grootte

sakkies.

MASELS INENTING:

Op Donderdag 21 November gaan alle leerders wie se ouers toestemming teken, ‘n

inenting teen masels gratis van die Departement van Gesondheid ontvang.

Alle toestemmingsvorms moet die 20ste November die klasvoogde bereik.

NASKOOL:

Neem asseblief kennis dat die nuwe inskrywingsvorms reeds uitgedeel is vir 2020 by

die skool.

Stuur voltooide inskrywings so spoedig moontlik na mev Heleen West, k46 of

na mev. Magda Buys by die finansiële kantoor.

Voltooi die vorms duidelik en volledig en heg nodige dokumentasie soos

benodig aan.

Naskool tye tydens die Seniors se eksamen bly onveranderd.

Naskool sluit op Dinsdag 3 Desember om 17:15

Afsluiting naskoolsentrum:

Ons beplan om ‘n lekker afsluiting te hou by die swembad vanaf 14:00-15:00 op

3 Desember. Kinders kan ‘n mandjie pak en lekker swem daardie dag. Ons sal dan

weer terug beweeg na die naskoolsentrum 15:15 totdat die naskool sluit om 17:15.

Hoop om almal daar te sien!

GRAAD 1 ONTVANGSDAG:

Ons verwelkom ons nuwe graad een maats op 22 November 2019.

Moenie hierdie wonderlike geleentheid misloop nie!

BYLAAG 3

WAARDE VAN DIE WEEK:

BYLAAG 4

‘n Kragtige aanraking

Jesus het hom jammer gekry, Sy hand uitgesteek en hom aangeraak. Hy

sê toe vir hom: “Ek wil. Word gesond!”

Markus 1:41

Jesus se aanraking is kragtig.

Sy aanraking beteken dat Hy jou nie uitsluit van sy genade, barmhartigheid en

goedheid nie.

Sy aanraking spreek van empatie wat sy liefde vir jou net meer maak.

Sy aanraking spreek van heling wat herstel bring.

Sy aanraking spreek van aanvaarding wat jou in sy gesin bring en jou heilig en

geliefd maak.

Sy aanraking maak jou vry van al die skuldgevoel en veroorderling van die verlede.

Sy aanraking verjaag jou vrese.

Sy aanraking versterk jou sodat jy die moed het om Hom met jou hele hart te volg.

Larriegroete

J. F. JANSEN VAN VUUREN

HOOF

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!