12.02.2020 Views

5 van 2020 (Omsendbrief)

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

OB 5/2020

INHOUD VAN HIERDIE BRIEF:

Program van die week

Algemene sake

Waarde vir die week

Gedagte vir die week

Assessering word voortaan onder Bronne op D6 gelaai en is nie in Larrie Lyster ingesluit nie

Algemene Advertensies

13 Februarie 2020

PROGRAM VIR DIE WEEK:

DAG VAN DIE

WEEK

Vrydag

Saterdag

DATUM

14 Februarie

Valentynsdag!

15 Februarie

AKADEMIESE AKTIWITEITE:

DAG (Gr 4-7)

Dag 1 Gehoortoetse Gr 1

Landsdiens Bundukamp

Atletiek Sub-Distrik te L/s Proteapark (Vir atlete

wat op 4 Feb gekwalifiseer het)

Maandag 17 Februarie Dag 2 Gehoortoetse Gr 2

Landsdiens: Dagprojek

Dinsdag 18 Februarie Dag 3 Gehoortoetse Gr 2

Woensdag 19 Februarie Dag 4 Swem: Interskole byeenkoms Lebone

Donderdag 20 Februarie Dag 5 Gehoortoetse Gr 3

Valentynsloop

Vrydag 21 Februarie Dag 6 Gehoortoetse Gr 3

Atletiek Rustenburg 08:00 Distrik Region H/s Brits

LARRIE JOLYT

Saterdag 22 Februarie Rugby en Netbal: Rooihuiskraal (Tuis)

Maandag 24 Februarie Dag 1 Landsdiensdagprojek


ALGEMENE SAKE:

INTERNASIONALE HARDOP-LEES-DAG:

AFSPRAKE MET ONDERWYSERS NA SKOOL:

Ouers wat afsprake geboek het met onderwysers direk na skool, moet asseblief toegang

verkry deur die portaal. GEEN TOEGANG VIA ROBINSONLAAN NIE.

GEHOORTOETSE:

Gr 1, 2 en 3 leerders se ouers word herinner aan die skeurstrokies om toestemming te verleen

om u kind se gehoor te laat toets. Kostes is R75 kontant of per Karri App.


Kansa Relay 2020:

Die Larries-span en hul geliefdes het ons so trots gemaak! Wat 'n voorreg om hul omgee

harte en deursettingsvermoë te beleef. Ons almal het gestap vir iemand wat geraak is deur

Kanker. Met 'n hart vol emosies het ons saam die 12 ure deurnag voltooi #trotseLarrie

#omgeeLarries

WAARDE VAN DIE WEEK:

Omgee

Ons help wanneer iemand anders swaarkry.

Omgee sonder aksie is nutteloos, gee dit vrylik waar ookal jy gaan.


GEDAGTE VIR DIE WEEK

Verkeerslig

Julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra. Matteus 6:8

Partykeer bid en bid en bid jy vir iets, maar dit voel asof God nie eers luister na jou gebed nie.

Dit voel dalk vir jou asof Hy sy gesig wegdraai en anderkant toe kyk. Of dalk voel dit vir jou

of jy en jou behoeftes nie belangrik genoeg vir Hom is nie.

God antwoord al ons gebede. Al dink ons nie altyd so nie. Ons moet net fyn luister. Ons

Hemelse Vader se antwoorde is soos ‘n verkeerslig. Groen. Oranje. Rooi.

Soms sê Hy: “Ja, my kind. Ek gee vir jou dit waarvoor jy vra. “Dan is dit soos ‘n groen

verkeerslig wat sê: Ry maar, alles is veilig. Ander kere sê Hy: Wag-wag-wag net so bietjie.

Ek sal later jou gebed antwoord. Die tyd is nog nie reg nie. Ek wil hê jy moet geduldig wees.

“Dan is die Here se antwoord soos die oranje lig wat sê: Stadig nou. Wees geduldig – al

trippel jy van ongeduld rond.

Máár soms sê die Here: “Nee, Ek kan nie hierdie ding vir jou gee nie. Dit sal nie goed wees

vir jou nie.” En dis sy finale antwoord. Dis soos ‘n rooi lig wat sê: Stop. Ai! Dis moeilik om

daardie “Nee!” te hoor.

Liewe Hemelse Vader, dankie dat U die heel beste vir my weet. Ek sukkel om aan te hou bid

wanneer U nie vir my gee wat ek vra nie. Help my om U altyd te vertrou – al sê U nee.

Amen

Larriegroete

J. F. JANSEN VAN VUUREN

HOOF


Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!