30.01.2020 Views

3 van 2020 (Omsendbrief)

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

OB 3/2020

INHOUD VAN HIERDIE BRIEF:

Program van die week

Algemene sake

Waarde vir die week

Gedagte vir die week

Assessering

Algemene Advertensies

Geagte Ouers

PROGRAM VIR DIE WEEK:

DAG VAN DIE DATUM AKADEMIESE

WEEK

DAG (Gr 4-7)

Vrydag 31 Januarie Dag 5

AKTIWITEITE:

Saterdag

1 Februarie

Maandag 3 Februarie Dag 6 Oueraand: Gr 5. Almal kom in die saal bymekaar

om 17:30

Junior Redenaars 17:00

Landsdiens: Dagprojek

Dinsdag 4 Februarie Geen

akademie

Atletiek: Bokamoso sirkelbyeenkoms tuis

Gr 4 – 7 mag tuisbly. Indien ouers hul kinders

gaan skool toe stuur, sal hulle die atletiek

ondersteun. SENIOR REDENAARS 17:00

Woensdag 5 Februarie Dag 1 Atletiek: Aflosbyeenkoms aangebied deur L/S

Dawid Brink

Wêreld Hardopleesdag

Donderdag 6 Februarie Dag 2

Vrydag 7 Februarie Dag 3

Saterdag 8 Februarie Boogskiet NASP EK/NG 3D Leg 1

Maandag 10 Februarie Dag 4 GSF: Assesseringsweek begin. Geen afwesighede

asb!


ALGEMENE SAKE:

SWEM:

Ons swemmers is weer hard aan die oefen.

Baie welkom aan al ons nuwe swemmers en ook aan al die ou swemmers.

Enige kind wat reeds waterveilig is en wil deelneem aan die swemgalas of sommer net saam

wil oefen is welkom om Maandae tot Donderdae tussen 14:00 en 15:00 by die swembad aan

te meld.

Ons is besig om voor te berei vir die Interskole gala wat op 19 Februarie gaan plaasvind en

ook die Noordwes skolekampioenskappe wat op 6 en 7 Maart gaan plaasvind.

TENNIS:

LANDSFINAAL - O-13 SEUNS BNP PARIBAS TENNISTOERNOOI

Juandré Verwey, Fano Theron, Julian Booysen en Kgolagano Kgatshe gaan Larries hierdie

komende naweek, 31 Januarie tot 2 Februarie, verteenwoordig by hierdie tennistoernooi.

Hulle het hul plekke verseker deur twee rondes van strawwe wedstryde te oorleef. Die eerste

ronde het hul algeheel gewen en in die tweede ronde, tweede gekom. Hulle kwalifiseer vir die

landsfinaal wat hierdie naweek in Soweto plaasvind, by die Arthur Ashe Tennissentrum.

Hierdie Larries-seunspan is een van 11 spanne oor die land wat gaan deelneem en in die Gold

Reef City Theme Park Hotel tuisgaan gedurende die toernooi.

Die kersie op die koek is die vertoonwedstryd tussen SA se eie Kevin Anderson en Lloyd

Harris, wat Sondag plaasvind. Kevin Anderson is ook die beskermheer van hierdie

toernooi. Sterkte seuns. Larries is supertrots op julle!


TOEGANG OP SKOOLTERREIN:

GEEN Ouer/s of volwassenes sal op die terrein toegelaat word voor of na die skool uitkom of

uitgekom het nie, TENSY per afspraak. Indien u ‘n afspraak met ‘n personeellid het, word

toegang verkry deur die voorportaal. Personeel is op terreindiens om leerders te help.

Moet asseblief nie ongeskik wees met personeel nie. Hierdie reeling is ter wille van

ordelikheid en veiligheid. Dankie vir u samewerking in die verband.

PARKERING:

Soos ons ooreengekom het in ons vennootskap volg ons by Larries ‘n oopdeurbeleid en

sorteer ongemaklikhede persoonlik uit. Dit het tot ons aandag gekom dat dit in die sosiale

media gegons het oor ouers wat ongelukkig was, of is, oor parkering en diefstalle by die

skool. U weet wat ons skoolbeleid hiervan sê. Ek antwoord u graag. Laerskool Rustenburg is

in die bevoorregte posisie om ‘n parkeerarea te kan hê. Wat nie by ander skole die geval is

nie! Vele kere is na oplossings gesoek. Bane is afgebaken, strukture is daar gestel vir die

leerders se veiligheid. Skolierpatrollies is operasioneel en volwasse toesig is aktueel. Geen

van bogenoemde was tot dusver suksesvol nie. Een gemeenskaplike faktor is sekere

ongeduldige ouers wat net sy of haar eie saak dien. (Gelukkig is hier geduldige ouers

wat saamwerk! Dankie vir julle!)

Solank ons ouers nie geduld en verdraagsaamheid openbaar nie, sal daar altyd probleme

wees, ongeag watter reëling getref word.

Dit is onbillik van ouers in motors wat verwag dat ‘n paar klein Laerskool kinders en ‘n

onderwyser /toesighouer die saak sal regruk. Die skool tref reëlings en ouers hou

eenvoudig nie by die reëls nie. Hier wil ek noem: ouers wat kinders aan die oorkant van

die skool op en aflaai, wat nie die aflaaizone reël respekteer nie, en mekaar nie ‘n plek gun

nie.

Die parkeerareas oorkant die skool is vir die leerders ‘n risiko aangesien onverskillige

motoriste ons leerders gaan beseer. Weereens laat sekere ouers die sisteem misluk. Solank

as wat selfsug in die middae en oggend teenwoordig is, sal hier nooit ‘n vloei van verkeer

wees nie.

Skooltye is reeds so gereël dat verskillende grade verskillende tye uitkom. Baie van die

ouers het leerders in elke graad en sal noodgedwonge moet wag.

Gr R 13:00

Gr 1-3 13:15

Gr 4-7 13:30


SKOOLDRAG EN HARE:

Ouers moet asseblief kennis neem dat die MB-drag slegs gedra word op die dae wat die

voogklas MB het. Skooldrag bly verpligtend vir al die ander dae.

SKOOLDRAG SEUNS SOMER:

Grys broek en hemp met skoolkouse en skoene (bruin).

Groen skooltrui en/of sweetpakbaadjie. Geen sweetpakke. Skoene is nie verpligtend nie.

SKOOLDRAG DOGTERS SOMER:

Skoolrokkie, groen onderklere, groen kort sokkies, bruin skoene, skooltrui en/of

sweetpakbaadjie.

HARE:

Geen leerder mag sy/haar hare kleur nie.

SEUNS HARE:

Geen sonstrepe.

Kort en netjies. Geen “steps”. Geen “gel. Geen uitheemse haarstyle.

Ander kulture: Geen “dreadlocks” vir seuns.

MEISIES HARE:

Kort en netjies vasgemaak.

Geen uitheemse haarstyle of lang bos “Bob” nie.

Geen “gel” of kleursel nie.

Slegs haarknippies of versierings wat by skooldrag pas. (Wit, skoolgroen of oranje).

Indien dogters verlengstukke invleg moet die krale wit, groen of oranje wees.

Lang verlengings moet vasgemaak word.

Geen leerder mag haar/sy hare kleur nie. Indien wel, moet die leerder tuis bly totdat hare

terug gekleur is.

Skoolreënbaadjie “Drimac” (opsioneel).

Slegs 1 seëlring en/of 1 paar oorringe word toegelaat. Geen ander juwele of bandjies nie.

Slegs ‘n horlosie.

Seuns geen juwele, dra slegs ‘n horlosie.


KOPLUISE:

Ons vra u as ouer se samewerking in die verband. Gaan u kind se kop deeglik deur en indien

daar kopluise is kan u die volgende resep gebruik (onthou dit is weer kopluis seisoen):

1 Eetlepel Spiritus

1 Eetlepel Olyfolie of Klapperolie

½ Liter warm water

1. Skud saam tot goed gemeng.

2. Smeer in hare in en laat droog word in die son.

3. Was deeglik met gewone sjampoe uit.

Behandel asseblief ook u beddegoed.

Let asseblief daarop dat indien die besmetting vererger of te lank aanhou, ons u mag versoek

om u kind tuis te hou.

Baie dankie vir die gesamentlike poging.

ALGEMENE REËLS:

Graad 1 klasse is oop voor skool. Leerders pak uit en sit rustig en wag vir

die onderwyseres. Geen ouers asseblief.

Ouers van Graad 1 – 3 leerders mag nie in die middae by klasse vir

leerders wag nie.

Groet die personeel en maats. (Ook as ons mekaar op ‘n ander plek

raakloop).

Voor skool in die oggend, plaas leerders hul tas by die klas waar hulle

aantree vir die eerste periode.

Niemand mag op die stoepe rondstaan nie.

SKENKING VAN BRILRAME:

Larries het hande gevat met die Lions Club in Rustenburg. Hulle was verantwoordelik vir ‘n

oogskandering vir ons Gr. R-3 leerders. Dit het reeds verlede week plaasgevind. Ouers sal op

hoogte gebring word indien daar ‘n aanbeveling is dat u kind vir verdere oogtoetse moet

gaan.

Ons versoek vriendelik dat u asseblief alle ou brilrame by die huis bymekaar sal maak en

skooltoe stuur na klaskamer 16, die Kenwensentrum van mev. Sonette Swart. Die rame word

reggemaak en met nuwe lense vervang. Larries en die “Lions Club” waardeer die skenking.


SKRYFBEHOEFTES:

Leerders wat skryfbehoeftes benodig kan dit voor eerste pouse aankoop in die

Kenwensentrum (K16).

Skryfbehoeftes

1. Wit-en-groen skryfbordjies

2. Blou balpunt penne

3. Goldfaber 2H potlode

4. Sagte uitveërs

5. Metaal Faber Castell

Skerpmakers

6. Deans Shatterproof liniale

7. Penflex Witbord Merkers

8. Potloodgrepe

Prys

R30

R5

R10

R8

R8

R5

R10

R10

BELEID VIR TOEDIENING VAN MEDIKASIE

‘THE CHILDREN'S ACT 38 OF 2005’

Bogenoemde Wet word onderskryf in die Grondwet. Dit bevestig dat die kind se beste belang

in elke aangeleentheid in ag geneem moet word. Verder bepaal die wet dat die versorger

(met inbegrip van 'n versorger wat andersins geen ouerlike regte en verantwoordelikhede ten

opsigte van die kind het nie) die kind se gesondheid, welsyn en ontwikkeling moet beskerm

terwyl die kind in daardie persoon se sorg is. Derhalwe kan die versorger ouerlike regte en

verantwoordelikhede wat redelikerwys nodig is uitoefen, met inbegrip van die reg om toe te

stem tot enige mediese ondersoek of behandeling van die kind, indien sodanige toestemming

nie redelikerwys verkry kon word van die ouer of voog van die kind nie. Artikel 129 bepaal wie

toestemming mag verleen tot mediese behandeling en chirurgiese operasies van ‘n kind.

REGULASIES VIR VEILIGHEIDSMAATREËLS BY OPENBARE SKOLE

1. Indien ‘n leerder medisyne gebruik en dit in die loop van ‘n skoolaktiwiteit gaan benodig,

moet die ouer toesien dat die leerder genoeg van die medisyne vir die volle duur van die

skoolaktiwiteite het.

2. Indien ‘n leerder ‘n doktersvoorskrif vir medisyne moet hê, moet die

ouer, die leerder sowel as die toesighoudende opvoeder, van gewaarmerkte afskrifte van

sodanige voorskrif voorsien.


3. ‘n Ouer word versoek om die skool, skriftelik, van ‘n leeder se mediese toestand in

kennis te stel.

4. ‘n Ouer moet van enige reise na of deur ‘n hoë-risikosiekte-gebied in die loop van die

skoolaktiwiteit in kennis gestel word.

5. Indien ‘n leerder in die loop van ‘n skoolaktiwiteit beseer of siek word en mediese

behandeling vereis, moet die toesighoudende opvoeder met die ouer van die betrokke

leerder skakel ten einde toestemming vir sodanige mediese behandeling te bekom.

6. Die toesighoudende opvoeder moet bepaal of hy of sy sodanige mediese behandeling moet

toelaat indien hy of sy nie die ouer van die leerder kon opspoor nie. Daar kan derhalwe

is

ingestem word tot mediese behandeling namens die ouer, indien redelike stappe geneem

en die ouer nie opgespoor kon word nie. Dit beteken egter nie dat die opvoeder self moet

diagnoseer en behandel nie.

7. Daar moet derhalwe eers redelike stappe geneem word om die ouer of voog se

toestemming te bekom. Indien dit nie moontlik is nie, kan die opvoeder dan hierdie rol

vertolk. Let verder daarop dat die wet voorsiening maak dat die versorger (opvoeder)

mag toestem tot versorging namens die ouer en nie dat die versorger self moet

diagnoseer en medisyne toedien nie.

NOODGEVALLE

Indien leerders beseer word, moet hulle onmiddellik mediese aandag ontvang, ongeag wie

aanspreeklik is vir die koste verbonde. Versuim aan die kant van 'n opvoeder om onmiddellik

te reageer indien 'n leerder mediese hulp nodig het, kan daartoe lei dat die opvoeder

aanspreeklik gehou word indien die skade vererger as 'n gevolg van die vertraging.

In die geval van 'n minderjarige (leerder onder die ouderdom van 18 jaar), is toestemming

van sy of haar ouer of voog nodig vir mediese behandeling. Laerskool Rustenburg het

voorsiening gemaak op die skooltoelatingsvorm vir ouers met die naam en telefoonnommer

van hulle huisdokter, sowel as hulle mediesefonds nommer. Die ouers se toestemming vir

mediese noodbehandeling word op dieselfde vorm gegee.


In die geval van finansieel behoeftige ouers, moet die leerder geneem word na die naaste

Provinsiale hospitaal se ongevalle-afdeling of distriksgeneesheer. Die Wet maak nie

voorsiening vir skole om outomaties te betaal vir die mediese kostes van leerders nie.

TOEDIENING VAN ‘OOR DIE TOONBANK MEDIKASIE’

1. ‘ n Ouer moet die onderwyser/es voorsien van die medikasie met duidelike geskrewe

instuksies oor hoe laat en hoeveel medikasie toegdien moet word. Dit moet in ‘n

gemerkte houer voorsien word saam met ‘n medisynemaat vir vloeibare pynstillers,

hoesgoed ens.

2. Skryf asseblief u naam en kontakgegewens neer en teken daarby.

3. Die onderwyser/es moet die datum en tyd van toediening van medikasie in die

Byderhandboek aanteken.

TOEDIENING VAN HOË SKEDULE VOORGESKREWE MEDIKASIE

Neem kennis: Geen voorgeskrewe medikasie sal toegedien word sonder ‘n geldige

doktersvoorskrif nie.

1. Geskeduleerde en chroniese medikasie moet per hand afgegee word aan die

onderwyser/es.

2. ‘n Gewaarmerkte afskrif van die doktersvoorskrif moet deur die ouer voorsien word.

Die Hoof kan die afskrif waarmerk mits die afskrif en die oorspronklike voorskrif

voorsien word. Die oorspronklike voorskrif sal aan die ouer terug besorg word.

3. Die instruksies vir toediening moet duidelik op skrif deurgegee word. Ouers se

kontakgegewens moet agter op die gewaarmerkte afskrif verskyn. Teken asseblief daarby.

4. Voorsien asseblief die medikasie en gewaarmerkte afskrif in ‘n gemerkte houer.

5. Die onderwyser/es sal die medikasie veilig bêre. Toediening van medikasie sal

aangeteken word in die Byderhandboek.



WAARDE VAN DIE WEEK:

Volharding

Ons is vasberade, geduldig, werk hard, en hou aan om te doen wat reg is.

Soms moet jy 'n oomblik stilstaan en onthou wat die rede is waarom jy in die eerste plek met

iets begin het.

.

GEDAGTE VIR DIE WEEK:

Larriegroete

J. F. JANSEN VAN VUUREN

HOOF

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!