17.01.2020 Views

1 van 2020 (Omsendbrief)

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

TEL : (014) 592 0528 16 Januarie 2020

FAKS : (014) 592 8014

www.laerskoolrustenburg.co.za

OB 1/2020

Geagte Ouers

INHOUD VAN HIERDIE BRIEF:

Program van die week (Bylaag 1)

Algemene sake (Bylaag 2)

Waarde vir die week (Bylaag 3)

Gedagte vir die week (Bylaag 4)

Assessering (Bylaag 5)

Algemene Advertensies

1. PROGRAM VIR DIE WEEK:

DATUM DAG VAN DIE AKADEMIESE AKTIWITEITE:

WEEK DAG (Gr 4-7)

17 Jan Vrydag Dag 2 Interhuis 08:00

20 Jan Maandag Dag 3 Gr 1 Ouerinligtingsaand in die saal

17:00-19:00

21 Jan Dinsdag Dag 4 Gr R Ouerinligtingsaand in die saal

17:00-19:00

22 Jan Woensdag Dag 5 Gr 2 Ouerinligtingsaand in die saal

17:00-19:00

23 Jan Donderdag Dag 6 Gr 3 Ouerinligtingsaand in die saal

17:00-19:00

Atletiek Tuisbyeenkoms: Burgersdorp en Rtb Noord om

13:00

24 Jan Vrydag Dag 1 Landsdiens: Vuurpylkamp

Netbal Raloka Naweek (0. 10 - 0. 13 A en B)

27 Jan Maandag Dag 2 Oueraand Gr 4 17:00 – 19:00 Eers in die saal

BAIE WELKOM GR R – GR 1 EN NUWE LEERDERS


BYLAAG 2

ALGEMENE SAKE:

Landsdiens:

Larries was in die bevoorregte posisie om tydens die Desember vakansie 6 van ons

leerlinge na die Nasionalekamp, en 2 leerlinge na die Interprovinsialekamp te stuur.

Die Nasionalekamp was by Sediba Kwele en die Interprovinsialekamp was by

Warthog Inn. Die leerlinge het dit baie geniet. Hulle was op die onderskeie kampe

bederf met uitstappies, onder andere na Sun City. Hulle het deelgeneem aan

groepsaktiwiteite asook die hindernisbaan.

Hoewel welkome reen geval het was swem en roei in die dam die hoogtepunt. Daar

is ook lekker gesing en baie wonderlike vriendskappe is gesmee met maats reg oor

die land. Dit was voorwaar 'n wonderlike belewenis.

Skaak:

Dankie aan al die leerders wat tydens die vakansie aan die SAJCC deelgeneem het.

Julle hou Larries se naam hoog! Ons herinner u aan die prysuitdeling op

18 Januarie 2020, te Laerskool Olienpark. Hou asb die whatsapp groep dop vir die

jaarlikse inligtingsbrief.

Larries verwelkom:

Die volgende personeel word hartlik verwelkom in die Larrie-familie.

Onderwyspersoneel:

Mev. Hesta du Plessis (Gr 4)

Mej. Sunel le Roux (Gr 2)

Studente:

Mej. Yolandi Jacobs

Mnr. Keanu Verwey

Mnr. Rassie Erasmus

Admin:

Mev. Mariska Botha

Larries sê totsiens aan Mej. Sulette Geldenhuys (Gr 2)

Mev. Heiki Ras is in haar plek.

Met innige meegevoel:

Ons harte gaan uit na die Trentelman – gesin met die afsterwe van Marco

Trentelman (Gr 3) se pappa. Sterkte aan die gesin en familie..


Maak so die lewe vir u kind makliker...

MB drag op MB – dae

Merk asb u kind se klere en skryfbehoeftes

Vul asb bl. 33 in u kind se dagboek/mamma boekie in

‘n Betrokke leerder geniet skool sommer baie meer. Moedig u kind aan om

deel te neem.

Laai asb. u kind betyds af vir skool. ‘n Rustige leerder konsentreer beter. Die

skool begin stiptelik 07:15

Vergewis uself van u kind se vordering. Gaan gerus deur sy/haar tas en

kontroleer sommer ook die skryfbehoeftes.

Indien u kind namens u moet geld inbetaal, skryf dit asb. neer op bl. 123

in die dagboek/mamma boekie. Dit is die beste kontrole vir u en vir die

juffrou/meneer.

Daaglikse lees (minstens 20 min) is ononderhandelbaar. Sien die Geen

Huiswerkbeleid op bl. 56 in u kind se dagboek. Leerders kan boeke

uitneem in die Inligtingsentrum.

Hou u kind se suikervlakke optimaal sodat hy/sy goed kan konsentreer. ‘n

Behoorlike ontbyt en kospakkie hou kinders gesond.

BYLAAG 3

WAARDE VAN DIE WEEK:


Hoof se boodskap:


BYLAAG 4

Ps 51:12 Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my

standvastig

Loop op die water

Loop, op die water sal ek loop

Saam met U, die storms kan maar kom

Ek sal aanhou loop

Op die water sal ek loop

As iemand roep uit die donker van die diepste see

“Kom klim nou uit, kom klim nou uit

Ek sal jou vang my kind, gee net die eerste tree

Jy kan my vertrou jy kan my vertrou”

Ek voel hoe ek bewe, ek twyfel Here

Maar U sal my red, ek weet U sal my red

Loop, op die water sal ek loop

Saam met U, die storms kan maar kom

Ek sal aanhou loop, as die winde om my waai

Sal ek nie bang wees nie

U arms hou my vas, ek sal aanhou loop

Op die water sal ek loop

“Vat my hand my kind hou net jou oë op my

Jy sal nie sink, jy sal nie sink

Veilig deur die storms sal ek jou lei

Jy is nooit alleen, nooit alleen”

Ek voel hoe ek bewe, ek twyfel Here

maar U sal my red, ek weet U sal my red

Waar my geloof te min raak, sal ek roep, U sal hoor

En waar die golwe te hoog raak

Sal ek weet, U loop voor

Loop, op die water sal ek loop…..

Larriegroete

Musieklirieke deur Juanita du Plessis

J. F. JANSEN VAN VUUREN

HOOF


Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!