05.03.2020 Views

8 van 2020 (Omsendbrief)

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

INHOUD VAN HIERDIE BRIEF:

OB 8/2020

Program van die week

Algemene sake

Waarde vir die week

Gedagte vir die week

Assessering word voortaan onder Bronne op D6 gelaai en is nie in Larrie Lyster ingesluit nie

Algemene Advertensies

Geen Huiswerk beleid

PROGRAM VIR DIE WEEK: 5 Maart 2020

DAG VAN DIE DATUM AKADEMIESE AKTIWITEITE:

WEEK

DAG (Gr 4-7)

Vrydag 6 Maart Dag 4 Super 12 Redenaars

Atletiek: Noordwes-kampioenskappe te

Potchefstroom

Noordwes swem

Saterdag 7 Maart Super 12 Redenaars

Rugby en Netbal: Van Riebeeckpark (weg)

Noordwes swem

Boogskiet Buffelspoort

Maandag 9 Maart Dag 5

Dinsdag 10 Maart Dag 6

Woensdag 11 Maart Dag 1

Donderdag 12 Maart Dag 2 Rugby en Netbal: Wonderboom (weg)

Vrydag 13 Maart Dag 3

Saterdag 14 Maart Landsdiens Fun Run

Rugby en Netbal: La Hoff (tuis)

Boogskiet RHS

Voedingspraatjie deur Madalein Helm om 14:00

in die ouditorium

Maandag 16 Maart Dag 4


ALGEMENE SAKE:

NETBAL - GARSFONTEIN:

Larries se netbalspanne skop die seisoen af op ’n hoë noot

Larries se netbaldogters het die seisoen afgeskop met vriendskaplike wedstryde teen

Laerskool Garsfontein en Laerskool Orion. Die reën het ons op Saterdag 29 Februarie genoop

om ons wedstryde na die aksiebane te verskuif. Die dogters het op beide dae pragtige netbal

gespeel en die volgende uitslae behaal:

Ouderdom o.10 o.11 o.12 o.13

A B C A B C A B C A B C

Garsfontein

14- 12- 15- 14-

14-6 8-2 6-11 9-6 13-8 6-6

11-3

14-2

12 10

10 17

Orion

11- 17-

12- 11- 19- 28-

6-19

19-7

17

17

16 30

18 17

Die o. 9-spanne het ook hulle eerste wedstryde van die seisoen gespeel teen Orion. Ons hou

nie telling by mini-netbal nie, maar die dogters het uitstekend netbal gespeel.

Baie dankie aan elke afrigter, beampte, ouer en speler.

Ons sien uit na die res van die seisoen.

RUGBY - GARSFONTEIN

Hier volg die rugbyspanne se uitslae:

1ste 7 - 14

2de 7 - 12

3de 36 - 0

4de 12 - 12

o. 9A 14 - 5

o. 9B 12 - 7

o. 10A 0 - 12

o. 10B 5 - 22

o. 11A 12 - 5

o. 11B 12 - 26


TENNIS:

Twee Larries het die afgelope naweek aan Tennis Suid-Afrika se toernooi in Mpumalanga

deelgeneem.

o. 12 Nianè Pretorius 7de Platinum afdeling

o. 12 Doneli Steynberg 2de Goue afdeling

Hulle het ook aan die dubbels deelgeneem en eindig 3de.

Hierdie twee meisies het in bitter koue weer tennis gespeel. Niané het onder andere teen die

meisie gespeel wat agtste in SA is. Dit was Doneli se eerste TSA toernooi.

Larries is baie trots op julle!

SKAAK:

Die skaakleerders het pragtig presteer in hul onderskeie afdelings die afgelope naweek by

Laerskool Protea Park.

Armand Beyneveld

Miquele Jonas

Derrick Loek Prinsloo

Douglas Morkel

Shanel Baker

2de plek

3de plek

7de plek

9de plek

11de plek

Baie geluk aan elkeen.


IDIOOMDAG:

Op Vrydag 28 Februarie het Larries ‘n besondere idioomdag aangebied. Leerders moes met

hul kleredrag ‘n idioom uitbeeld. Wat ‘n heerlike ervaring. Die leerders het sommer ‘n hele

klompie idiome bygeleer, en almal kon lekker lag oor die uiters oorspronklike en kreatiewe

wyses waarop dit uitgebeeld is.

Sommige leerders het dit reggekry om meer as een idioom uit te beeld. Daar was leerders

wat voor en agter ook verskillende idiome uitgebeeld het. Die fondsinsameling was ‘n sukses.

Die genotvolle wyse waarop idiome aangeleer is was uiters oorspronklik. Baie dankie aan elke

ouer en leerder vir hul mooi bydraes.


LEERDERRAAD UITREIK:

Sondag, 1 Maart, het Larries se Raakvatter-leiers ‘n uitreik gehad na Buffelspoort waar hulle

deel was van ‘n program om Rustenburg se senior burgers te bederf. Wat ‘n besonderse

ervaring! Dit het vir beide jongmens en gryse wyses soveel beteken. Die Raakvatter-leiers

het Noot vir Noot gespeel saam met die senior burgers. Dit het so jolig geraak dat almal later

op hul voete was!

Larries het ons senior burgers laat beweeg, en uitbundig saam met hulle gedans, of dit met ‘n

loopraam was of met ondersteuning. Ons Larrie-leiers het hulle bederf met eetgoed, beskuit

en geskenkies. Baie dankie aan elke ouer wat hul kind daar besorg het, ‘n bydrae gelewer het

en ‘n besondere opregte dankie aan elke Raakvatter wat omgee leef.


ADD/ADHD Konsentrasie:

14de Maart 2020 om 13h30 vir 14h00

deur Madaleine Helm

Voedingskundige Adviseur

Sukkel jou kind met konsentrasie? Daar is heelwat wat gedoen kan word om jou kind se

konsentrasie te help verbeter. Kom luister na die rol van die 2de brein, die Vagus senuwee en

hoe om die Melien-skede te help verdik.

Datum : Saterdag, 14de Maart 2020

13h30 vir 14h00

Plek : Laerskool Rustenburg, Fatima Bhayat straat 170

Ingang : Gratis! Notas beskikbaar.

Besprekings : Sonae Martin

082 602 8546

sonae.rustenburg@braingainworld.com

Alle bespreking moet teen Vrydag die 13de Maart gemaak

wees.


LEERDERRAADOPLEIDING:

Vrydag middag het Larries se leerderraad ‘n mini-simposium bygewoon. Larries het Laerskool

Goudkop van Klerksdorp se leerderraad genooi en saam het die twee skole sommer baie van

hulself geleer. Elke leerderraadslid het voor die leieropleiding ‘n taak gehad om die Neethling

Breinprofiel-vrae te beantwoord. Die fasiliteerder, mev. Alna van der Walt het elkeen se

profiel geanaliseer en hul verslae op skrif deurgegee. Haar praatjie oor verskillende

persoonlikheidsprofiele het die leiers se ore gepunt gehad. Hulle het ‘n hele nuwe wêreld

ontdek waarin hulle voortaan meer begrip sal toon vir mekaar se uniekheid.

Die tweede helfte van die middag is afgestaan aan ‘n motiveringspreker, Taye Perry (28) se

verhaal van deursettingsvermoë en toewyding. Taye het die Dakar op ‘n motorfiets gedoen,

en ten spyte van ‘n groot terugslag tydens die wedren, het sy uiteindelik 4de geeïndig. Sy het

haar toekomsvisie met leiers gedeel en was ‘n inspirasie en voorbeeld van iemand wat uit die

boks dink.





GEEN HUISWERK BELEID

Na aanleiding van ons skrywe op sosiale media waarin ons uiteensit wat na skoolure van die

kinders verwag word tov lees, voorbereiding vir toetse, assessering, asook die kommentaar

daarop, wil ons graag die volgende uitlig:

Laerskool Rustenburg het huiswerk afgeskaf as gevolg van die volgende redes:

Leerders kan nie bedags sewe ure konsentreer en dan weer in die middae oorlaai word

met formele huiswerk nie. Ons veg ook hiermee vir meer kwaliteit gesinstyd-vandaar

die saam lees as gesin.

Kinders kry nie meer tyd om te speel nie. Dit is onbillik om na ‘n dag van intense

konsentrasie by die skool, tuis te kom en nog tyd aan huiswerk te moet afstaan.

Huiswerk veroorsaak ouer/kind konflik en tydens klastyd gaan waardevolle lestyd

verlore agv konfrontasie tussen kind en onderwyser oor huiswerk wat nie gedoen is

nie. Alle kinders se huiswerkomstandighede verskil.

Ongelukkig kan geen skoling plaasvind sonder een of ander mate van toetsing en formele

assessering nie. Daarvoor moet leerders ongelukkig tuis voorberei. Onderwysers lê die

lesinhoud vas in die klas, maar u as ouer se rol is om seker te maak die kind kan dit weergee

tydens ‘n toets/eksamen.

Huiswerk impliseer nie dat ‘n leerder gaan slaag nie. Net so getuig ‘n gebrek aan huiswerk nie

dat ‘n leerder gaan druip nie. Oormatige steun op huiswerk skep soms die indruk by kinders

dat hulle nie in die klas hoef op te let nie. Wanneer kinders besef dat hulle geen huiswerk

gaan hê as hulle in die klas werk, begin hulle goeie gewoontes aanleer.

Sodra die waarde van bogenoemde posvat sal leerders besef dit is ‘n voorreg om in die

middae meer tyd vir lees en voorbereiding te kan hê. Ander skole se huiswerk bestaan uit baie

skryfwerk en take, en dan moet die leerders nog voorberei vir formele assessering ook.

Hulpverleningsprogramme is wel daargestel om leerders wat stadig werk in klasse die

geleentheid te gee om op te vang na skool. Hier speel u as ouer ‘n besondere rol. U moet u

kind motiveer en toerus om pligsgetrou die program te volg wat aan u gekommunikeer is deur

die vakonderwyser.

Lees en leer gaan hand aan hand. ‘n Kind wat met begrip lees sal makliker leer, daarom

versoek ons dat u kind wel smiddae ook lees. Kinders kan ook saans die kinderbybel lees as

deel van hul daaglikse leesopdrag.

Van die skool se kant af onderneem ons om toetse/toesprake/voorbereiding vir take so te

koordineer dat dit die minimum las op u as ouer sal plaas. Vaslegging van die dag se lesse is

egter aan te beveel, maar nie verpligtend nie. Dit moet plaasvind om te verseker dat leerders

begrip toon. Versuim om huiswerk te doen is as oortreding van ons gedragskode

verwyder. Kinders word nie gekonfronteer met die vraag: Is jou huiswerk gedoen

nie?

Ekonomiese onderrig is aan die orde van die dag. Dat ons hierdie GEEN HUISWERK BELEID

volg het niks met ‘n advertensiefoefie te doen nie. Ons uitnemendheid onderskei ons.


WAARDE VAN DIE WEEK:

Het jy geweet?

Die drie potte met plante in die waardetuin simboliseer die verhouding en vennootskap tussen

ouers, kind en onderwyser.

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Vestig ‘n ewige toekoms

Here, ek bid dat (naam van kind) ‘n oorvloedige lewe sal hê en toenemend meer kennis oor U

sal bekom. Mag hy/sy altyd U wil ken, geestelike begrip hê en so lewe dat dit vir U

aanneemlik sal wees. U het in u Woord gesê dat U u Gees op my kinders sal uitgiet. (Jes

44:3).

Ek bid dat U u Gees vandag op (naam van kind) sal uitgiet. Help hom/haar om te begryp hoe

volkome u vergifnis is sodat hy/sy nie met ‘n gevoel van skuld en veroordeling sal worstel nie.

Dankie, Here, dat U self nog meer omgee vir sy/haar ewige toekoms as ek en dat dit in U

gevestig is.

Ek vra in Jesus se Naam dat hy/sy nooit sal twyfel of sal afwyk van die pad wat U vir

hom/haar bepaal het nie.

Amen

Die uwe

________________________

J. F. JANSEN VAN VUUREN

HOOF

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!