05.03.2020 Views

8 van 2020 (Omsendbrief)

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

GEEN HUISWERK BELEID

Na aanleiding van ons skrywe op sosiale media waarin ons uiteensit wat na skoolure van die

kinders verwag word tov lees, voorbereiding vir toetse, assessering, asook die kommentaar

daarop, wil ons graag die volgende uitlig:

Laerskool Rustenburg het huiswerk afgeskaf as gevolg van die volgende redes:

Leerders kan nie bedags sewe ure konsentreer en dan weer in die middae oorlaai word

met formele huiswerk nie. Ons veg ook hiermee vir meer kwaliteit gesinstyd-vandaar

die saam lees as gesin.

Kinders kry nie meer tyd om te speel nie. Dit is onbillik om na ‘n dag van intense

konsentrasie by die skool, tuis te kom en nog tyd aan huiswerk te moet afstaan.

Huiswerk veroorsaak ouer/kind konflik en tydens klastyd gaan waardevolle lestyd

verlore agv konfrontasie tussen kind en onderwyser oor huiswerk wat nie gedoen is

nie. Alle kinders se huiswerkomstandighede verskil.

Ongelukkig kan geen skoling plaasvind sonder een of ander mate van toetsing en formele

assessering nie. Daarvoor moet leerders ongelukkig tuis voorberei. Onderwysers lê die

lesinhoud vas in die klas, maar u as ouer se rol is om seker te maak die kind kan dit weergee

tydens ‘n toets/eksamen.

Huiswerk impliseer nie dat ‘n leerder gaan slaag nie. Net so getuig ‘n gebrek aan huiswerk nie

dat ‘n leerder gaan druip nie. Oormatige steun op huiswerk skep soms die indruk by kinders

dat hulle nie in die klas hoef op te let nie. Wanneer kinders besef dat hulle geen huiswerk

gaan hê as hulle in die klas werk, begin hulle goeie gewoontes aanleer.

Sodra die waarde van bogenoemde posvat sal leerders besef dit is ‘n voorreg om in die

middae meer tyd vir lees en voorbereiding te kan hê. Ander skole se huiswerk bestaan uit baie

skryfwerk en take, en dan moet die leerders nog voorberei vir formele assessering ook.

Hulpverleningsprogramme is wel daargestel om leerders wat stadig werk in klasse die

geleentheid te gee om op te vang na skool. Hier speel u as ouer ‘n besondere rol. U moet u

kind motiveer en toerus om pligsgetrou die program te volg wat aan u gekommunikeer is deur

die vakonderwyser.

Lees en leer gaan hand aan hand. ‘n Kind wat met begrip lees sal makliker leer, daarom

versoek ons dat u kind wel smiddae ook lees. Kinders kan ook saans die kinderbybel lees as

deel van hul daaglikse leesopdrag.

Van die skool se kant af onderneem ons om toetse/toesprake/voorbereiding vir take so te

koordineer dat dit die minimum las op u as ouer sal plaas. Vaslegging van die dag se lesse is

egter aan te beveel, maar nie verpligtend nie. Dit moet plaasvind om te verseker dat leerders

begrip toon. Versuim om huiswerk te doen is as oortreding van ons gedragskode

verwyder. Kinders word nie gekonfronteer met die vraag: Is jou huiswerk gedoen

nie?

Ekonomiese onderrig is aan die orde van die dag. Dat ons hierdie GEEN HUISWERK BELEID

volg het niks met ‘n advertensiefoefie te doen nie. Ons uitnemendheid onderskei ons.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!