24.05.2021 Views

REISIGER WINTER 2021

• No tags were found...

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

eisiger

R65

WINTER 2021

GAAN WILD!

10 Lekker resepte

vir die jagseisoen

5

MANIERE

WAAROP

SA BRANDSTOFPRYS

KAN VERLAAG

O%

ALKOHOL

OP DIE PAD

wat behels dit?

RYTEGNIEKE

VIR DIE WINTER

Só neem jy foto’s op

SUTHERLAND

Beleef die

ánder Namibië

na die reën

MAAK ’N DRAAI IN

■ Golden Gate ■ Die Kruger ■ Bermanzi ■ Kaapsehoop

WINTER 2021

R65

wat behels dit?

reisiger

GAAN WILD!

10 Lekker resepte

vir die jagseisoen

MANIERE WAAROP

5 SA BRANDSTOFPRYS

KAN VERLAAG

RYTEGNIEKE

VIR DIE WINTER

Só neem jy foto’s op

SUTHERLAND

Beleef die

ánder Namibië

na die reën

MAAK ’N DRAAI IN

■ Golden Gate ■ Die Kruger ■ Bermanzi ■ Kaapsehoop

O%

ALKOHOL

OP DIE PAD

Gerda op berg

Titlis in Switserland

(uiteraard

vóór Covid-19 ons

vlerke geknip het)

Van die redakteur

REDAKTEUR

Gerda Engelbrecht

gerda.engelbrecht@media24.com

KUNSHOOF

Sally Cronjé

ASSISTENTREDAKTEUR

Petro-Anne Vlok

REPRODUKSIE

Dewald Spies

PRODUKSIE

Kerry Nash

Kurt Ohlson

UITVOERENDE HOOF: MEDIA24

Ishmet Davidson

UITVOERENDE HOOF: DRUKMEDIA

Minette Ferreira

HOOFBESTUURDER: LEEFSTYL

Nerisa Coetzee

ONTWIKKELINGS-

BESTUURDER

Lise Coetsee

FINANSIËLE HOOF

Jameelah Conway

SIRKULASIEBESTUURDER

Armand Kasselman

ADVERTENSIES

Danie Nell

danie.nell@media24.com

ALGEMENE NAVRAE

Amina Essop

amina.essop@media24.com

VOORBLADFOTO

JAY CABOZ

GEDRUK DEUR

CTP PRINTERS

VERSPREI DEUR

ON THE DOT

Gepubliseer deur Media24,

'n afdeling van NASPERS.

40 Heerengraght,

Kaapstad 8001

ALLE REGTE VOORBEHOU

Die lenteuitgawe

van

AA Reisiger

word in die

eerste week

van September

versprei.

Die betowering van

wintervakansies

Dis een van my gunsteling-jeugherinneringe en ’n storie wat my ma tot vandag toe

graag vertel.

Ek is die jongste van vier kinders en my ouers was dol oor toer. Junie-skoolvakansies

is by uitstek die tyd wat Kapenaars Kruger toe kom. Daardie tyd was die geld knap (met

vier kinders op skool!), maar met my pa se aftrede het hy ’n tweedehandse VW-Camper

gekoop en het hy en my ma die land plat getoer. Later het hy die Camper ingeruil op ’n

traandruppel-woonwa wat hy met sy Toyota-Tazz gesleep het. My pa (nou al diep in die

tagtig) sal steeds met verlange in sy oë sê dat sy volgende ryding ’n afleweringsvoertuig

gaan wees wat hy as ’n ryhuis wil inrig. “Jy kort net ’n matras en ’n yskassie!” Maar daardie

tyd het ons al ses in ’n kombi gaan toer met een sware tent tussen ons.

In een van ons kombi-vakansies as kind, ek was net-net in die skool, slaap ons die

nag oor op Britstown in die Karoo. Dis diep in die winter en daar lê ’n dik, wit laag ys oor

die bleek gras van die woonwapark. My ouers slaap in die tent, wat ons in die donker

opgeslaan het, en ons vier kinders slaap in die kombi. Een moet op die dwarsbank lê en

drie van ons slaap in die bagasieruim wat jy skep wanneer die agterste bank platgeslaan

word. My middelste broer het vroeër die dag die dwarsbank vir homself opgeëis. “Drie

mense kan nie daar agter inpas nie,” het hy ferm verklaar. Diep in die nag word ons egter

wakker. Dis my broer wat klappertand. “Kom klim hier in by ons,” nooi my suster hom,

wat hy toe met graagte doen.

Die volgende oggend verklaar hy met sy hande om ’n blikbeker stomende koffie:

“Daar kán drie mense daar agter inpas. Eintlik, as dit moet, kan daar vier mense ook

daar agter inpas...” Vir die res van die vakansie het ons geen probleme met slaapplek

gehad nie.

Ek hoop julle skep lekker herinneringe hierdie winter.

Gerda

Gerda_travel

Hoe voel jy oor die regering se nuwe regulasies rakende

alkoholvlakke op die pad? AA Reisiger aanvaar graag

lesersbriewe, artikelbydraes en enige terugvoer.

Skryf aan ons by aa@media24.com of stuur direk aan

Gerda by gerda.engelbrecht@media24.com

3

WINTER 2021 | AA Reisiger

12

40

Inhoud

70

4

3

Die lekker van wintervakansies

Gerda onthou een koue

aand in Britstown

6

Die AA tot jou diens

Leer speel-speel beter bestuur

7

Die AA praat namens jou

Willem vertel waarmee

die AA hulle die afgelope

maande besig gehou het

8

Luister, liewe lede

Layton herinner jou aan die

AA se podsendings

24

Kaapsehoop

Mia kuier in die Nagkantoor

30

Die Goue Poorte

Evan ontdek daar is baie te

doen in Golden Gate

36

Skep asem by Bermanzi

Hier is ’n lieflike staproete en

verblyf in Mpumalanga

40

Neem die sterre af op Sutherland

Gerda kry een nag om die nuwe

Canon EOS Ra te toets

RYGOED

64

Skaal af

Oorweeg alternatiewe modelle

as Covid-19 aan jou sak vat

69

Eerste indrukke

Ons toetsbestuur die Kia Picanto

X-Line; die tweeling: Toyota

Urban Cruiser en Suzuki Vitara

Brezza; die Ford Figo Freestyle

en die AudiQ3 Sportback

74

Winter-rytegnieke

Sneeu, modder en reën – bestuur

só om ongelukke te voorkom

10

Só kan SA die petrolprys

verlaag

Die AA het 5 wenke gegee

in sy voorlegging aan die

parlementêre komitee

REIS

12

Van die Kaap tot by Epupa

Jay Caboz was verstom oor hoe

Namibië lyk ná ’n goeie reënseisoen

LEEFSTYL

46

Neem puik landskapfoto’s

Sam Reinders het 10 wenke om

jou fotografie te verbeter

52

Winkel toe

Eet fynproewerskos in die

veld en koop iets vir Pa

56

Wild en wakker

Hier is 8 resepte vir die jagseisoen

78

Agter die stuur met 0% alkohol

Die AA sê hoekom hy

sy bedenkinge het

80

Speel saam

’n Blokraai en ’n vasvra

vir ’n kaggelaand

82

Ek wou nog sê

Die Kadette wat kon

sluk en sluk en sluk

20

Kruger toe – op die luilekker

manier

Dit ís moontlik om sonder

’n gesukkel te kamp

62 Boeke

Kies jou volgende reis en laat

ouma Gatewood jou inspireer

AA Reisiger | WINTER 2021

Die AA tot jou diens

GEAKKREDITEERDE

AGENTE

BLY

OP DATUM

Om jou AA-lidmaatskapbesonderhede

by te

werk, bel 0861 000 234,

stuur e-pos na

aasa@aasa.co.za of

besoek aa.co.za

OOS-KAAP

Travel Experience Port Elizabeth,

041-368-6452

Harvey World Travel Oos-Londen,

043-726-0601

VRYSTAAT

Travel Experience Bloemfontein,

051-444-0571

6

DIE AA IS 24/7 BESKIKBAAR

BY 0861 000 234

SLUIT AAN BY DIE WÊRELD SE EERSTE

SLIMBESTUUR-UITDAGING

Is jy gereed om deel te neem aan die wêreld se eerste kompetisie wat slim, veilige

en omgewingsvriendelike bestuur beloon? Maak dit pret om by te dra tot ’n veiliger

en skoner wêreld deur deel te neem aan dié uitdaging.

Die FIA ​Smart Driving Challenge is ’n

wêreldwye kompetisie wat slim, veilige

en omgewingsvriendelike bestuur

beloon. Danksy ’n slimfoon-app wat

aan ’n digitale platform gekoppel is,

kan motoriste meeding om die slimste

bestuurder ter wêreld te word. Dít alles

in hul eie motor.

Deelnemers sluit by hul registrasie

aan by spanne wat deur renjaers gelei

word. Hierdie spanleiers sal wenke en

raad met hulle deel om hul vaardighede

agter die stuur te help verbeter.

Uiteindelik sal die beste jaers mekaar in

’n eindronde die stryd aansê.

HOE NEEM JY DEEL?

1. Skryf in vir die FIA SDC-seisoen.

2. Laai die FIA ​SDC-app op jou slimfoon

af en verbind dit met Bluetooth aan jou

voertuig. (As jou motor nie Bluetooth

het nie, is daar ’n inpropstelsel

beskikbaar.)

3. Kies jou span.

4. Neem deel elke keer wanneer jy jou

voertuig gebruik.

Bly op hoogte van die jongste bedryfsnuus deur die AA te volg by

Facebook: AASouthAfrica Twitter: AASouthAfrica of by www.aa.co.za

GAUTENG

Travel Experience Menlyn,

012-348-2522

Travel Experience Benmore,

011-884-4104

Travel Experience Park Meadows,

011-615-7946

AA Cresta,

011-478-5312

Travel Experience Boksburg,

074-175-2709

Travel Experience Centurion,

012-653-5513

Voetspore 4×4 Megaworld,

012-940-8999

AA Foreign Travel Kyalami,

011-799-1042

KWAZULU-NATAL

Travel Experience Musgrave,

031-201-5244

Travel Experience La Lucia,

031-572-7852

Harvey World Travel Shelly Beach,

039-315-6330

MPUMALANGA

Dana Travel Agency Nelspruit,

013-753-3571

WES-KAAP

Club Travel Tygervallei,

021-914-2265

Constantiaberg Travel,

021-715-2850

Travel Experience Cavendish

Square, 021-683-1410

Harvey World Travel George,

044-874-6930

AA Reisiger | WINTER 2021

Ter wille van jou

veiligheid

Van die uitvoerende hoof

Die AA het onlangs ’n buitelug-geleentheid

in Muldersdrift vir fietsryers en drawwers

aangebied. Ons doel was om die publiek te

ontmoet. Dit is iets wat ek graag so gereeld

as moontlik wil doen. Om op die pad te wees

en mense te ontmoet, dink ek, is ’n kerndeel

van wie ons is. Terwyl ons daar was, het ons

met mense gesels oor die nuwe digitale

AA en ons nuwe losstaande Rem-i Amicapaniekknoppie.

Dit was ’n ongelooflike dag met sang en

dans by ons twee stalletjies – ek het selfs

’n paar passies uitgevoer daar langs die

pad – en ons het ongelooflike mense leer

ken. Die fietsry- en drafgemeenskap is baie

verwelkomend en ons het ’n wonderlike dag

saam met hulle gehad.

Die Rem-i Amica-paniekknoppie is ’n

klein toestel (dit pas in die palm van jou

hand) waarmee gebruikers op ’n knoppie

kan druk om veiligheids- of mediese

dienste by enige van die 180 gekoppelde

BEHALWE DAT ONS PUIK VOORDELE AAN

ONS LEDE BIED, BEYWER ONS ONS OOK VIR

DIE REGTE VAN PADGEBRUIKERS

veiligheidsdiensverskaffers te ontbied. Dit

is ’n fantastiese toestel wat volgens ons

noodsaaklike veiligheid bied aan diegene wat

op pad is en hul gunstelingaktiwiteite geniet.

Ek noem dit omdat dit deel is van ’n nuwe

digitale rigting wat die AA inslaan om te

verseker dat jy te alle tye veilig is. Ons lewer

steeds die voertuigdienste langs die pad en

mediese hulp wat jy ken en vertrou – en ons

sal nooit ophou om dit te doen nie – maar

ons voeg kort-kort nog produkte by wat deur

tegnologie aangedryf word om jou lewe

makliker te maak. En veiliger.

Terwyl ons oor veiligheid praat: Dit het my

opgeval dat te veel van my mede-fietsryers en

hardlopers steeds in gevaar is as hulle op die

pad is. Padveiligheid is ’n groot probleem in

ons land, maar ons kan dit net effektief aanpak

as ons almal 'n rol speel. Dit beteken dat

ons as hardlopers en fietsryers bewus moet

wees van ander padgebruikers (natuurlik ook

voetgangers), en ons moet onsself te alle tye

sigbaar maak. Terselfdertyd moet motoriste

die feit respekteer dat fietsryers en drawwers

die pad met hulle deel en net soveel reg het

om daar te wees as enigiemand anders. Dit is

belangrike kwessies en ek doen ’n beroep op

almal om hul deel te doen.

Behalwe dat ons puik voordele en

dienste aan ons lede bied, was ons ook

die afgelope maande besig om ons vir die

regte van padgebruikers in die parlement

te beywer. In Maart het ons voorleggings

aan die parlementêre portefeuljekomitee

oor vervoer gelewer rakende die voorstelle

om die bloedalkoholvlakke vir motoriste tot

nul te verlaag, en vroeg in April het ons die

parlementêre portefeuljekomitee oor minerale

bronne en energie toegespreek oor ons

voorstelle oor hoe om die brandstofpryse in

die land beter te bestuur.

Daar is artikels in hierdie uitgawe (op bl. 10

en 78) waarin jy meer oor hierdie voorstelle

kan lees. Ek wil egter noem dat albei hierdie

sake – en nog talle ander – kwessies is

waaroor ons glo ons namens die publiek

moet standpunt inneem omdat dit in die

openbare belang is. Ons vertrekpunt is altyd

hoe verbruikers geraak sal word en ons bied

oplossings wat volgens ons in die beste

belang van die verbruiker is. Dat ons genooi

is om op hierdie belangrike vergaderings

voorleggings te maak is ’n getuigskrif van die

waarde van die AA en die waardering wat

mense vir ons opinies het.

Ek wil laastens, soos gewoonlik, jou weer

aanmoedig om die AA se app op jou foon af

te laai. Dis beskikbaar in al die app-winkels.

Dit sal jou in staat stel om jou inligting maklik

by te werk en jou op die hoogte hou van

verwikkelinge. Dit help ook dat ons jou in die

hande kan kry wanneer jy in nood verkeer.

Soos ek in my vorige brief genoem het, die

AA beweeg vorentoe en ons neem jou saam

met ons. Dit gaan ’n opwindende reis wees –

een wat ek weet jou lewe beter sal maak.

Tot volgende keer

Willem

WILLEM GROENEWALD IS DIE

UITVOERENDE HOOF VAN DIE

AA SUID-AFRIKA

7

WINTER 2021 | AA Reisiger

Layton se rubriek

Om ons boodskap

uit te kry tot jou voordeel

DEUR LAYTON BEARD, BESTUURDER: OPENBARE BETREKKINGE, AA SUID-AFRIKA

8

Die AA bied ’n verskeidenheid dienste en

voordele aan sy lede om hul voertuie

op die pad te hou en om na hulle om

te sien wanneer hulle ’n voertuig- of

persoonlike veiligheidsprobleem het.

Die Outomobiel Assosiasie doen baie om te verseker

dat dit alles vlot verloop, en daar word baie tyd en

moeite bestee om te verseker dat ons produkte en

dienste aan die behoeftes van al ons lede sowel as

nie-lede voldoen.

Maar dit is nie al wat die AA doen nie. Soos ek in

my vorige rubriek genoem het, is die kritieke deel

van ons werk om veiligheid op ons land se paaie te

bevorder en te pleit vir die regte van die verbruiker.

Die AA neem byvoorbeeld standpunt in oor kwessies

soos brandstofprysstygings en -dalings (lees die

artikel op bl. 10), want dit het ’n direkte invloed op

verbruikers se lewens. ’n Ander kwessie is veiligheid.

Hoe veilig is ons land se paaie; word daar genoeg

gedoen om ongelukke en sterftes te voorkom; is die

maatreëls wat getref word, die beste (volgens ons) en

is konsepwetgewing toepaslik?

Ons neem standpunt in oor hierdie kwessies via

verskillende kanale en ek is seker baie van julle het al

die AA se sienings oor ’n verskeidenheid onderwerpe

gelees en gehoor. Maar ons weet dat ons boodskap

oor verkeersveiligheid en die bevordering van die

regte van verbruikers nie altyd die nuus gaan haal

nie, veral nie as daar ander groot gebeure in Suid-

Afrika of die wêreld plaasvind nie.

Dit is vir ons belangrik om jou boodskap so

doeltreffend moontlik uit te dra, en ons glo dit is

belangrik vir die Suid-Afrikaanse publiek. Dit is

een van die redes waarom ons podsendings begin

vervaardig het. Ons wil hiermee sleutelkwessies

bevorder. ’n Podsending is ’n klankopname wat

op verskillende platforms beskikbaar gestel word

en bestaan meestal uit ’n reeks aflewerings.

Die wonderlike ding is dat dit ook op slimfone

beskikbaar is, sodat jy nie ’n rekenaar nodig het om

daarna te luister nie.

Ons podsendings word AA Connect genoem en

is ook beskikbaar as ’n video-lêer op ons YouTubekanaal.

Jy sal dit vind by https://www.youtube.

com/c/aasouthafrica/featured.

Ons het sedert Desember 2020 ’n paar van

hierdie podsendings beskikbaar gestel en sal in die

komende maande nog baie meer vervaardig. Jy sal

dit kry op al die gewilde webwerwe vir podsendings,

soos Spotify, Google Podcasts, Player.fm, Apple

Podcasts en Deezer, en jy kan dit gratis aflaai

en daarna luister (jy moet uiteraard vir jou data

betaal). Jy kan ook die podsendings op jou foon

aflaai en daarna in jou motor luister.

Baie motorklubs wêreldwyd het soortgelyke

podsendings en hulle is almal relatief nuut. Tot

dusver het ons podsendings gemaak oor die

behoefte aan kinderbeveiliging in voertuie, oor

kwessies rakende versekering, persoonlike veiligheid

en e-tol. Ons het pas twee nuwe podsendings

voltooi: een wat handel oor veiligheid en sekuriteit

vir drawwers en fietsryers, en ’n ander wat handel

oor veiligheid en sekuriteit vir ouer volwassenes. Die

inligting is bedoel om in te lig en op te voed, en ek

vra jou om tog daarna te luister.

Die AA bestaan ​al langer as 90 jaar en ons gee

steeds duisende mense elke dag gemoedsrus. Maar

die AA sien uit na die volgende 90 jaar en ontwikkel

daarom nuwe produkte en dienste uit tegnologie

om die lewens van sy lede te verbeter en om hulle

beter toegerus te maak om enige noodgevalle te

hanteer. Sluit by ons aan by AA Connect en ons sal

jou wys hoe om dit te doen.

Tot volgende keer.

Layton

Volg Layton op

Twitter @LaytonBeard

Hooffoto: Getty Imges/Gallo Images

AA Reisiger | WINTER 2021

Vyf dinge wat die

regering moet doen

om die brandstofprys

vas te vat

DIT SAL NIE MAKLIK WEES NIE, MAAR DIE AA GLO DAT AS DIE

REGERING SY HUIDIGE PRYSMODEL HERSIEN EN MET DIE PRIVAAT

SEKTOR SAAMWERK, SAL ONS MINDER VIR BRANDSTOF KAN BETAAL

10

sal nie sommer net ’n knoppie

kan druk om brandstof in

Suid-Afrika goedkoper te maak

nie. ’n Veelfasettige benadering is

’NMens

nodig, verskil lende staatsdepartemente

moet saamwerk en die privaat sektor moet

ook kan help.

Dís die mening van die Automobiel Assosiasie

(AA).

Die AA het in April – te midde van rekordhoë

pryse vir brandstof in Suid-Afrika – voorleggings

aan die parlementêre portefeuljekomitee oor

minerale bronne en energie gedoen oor hoe om

stygende brandstofkoste in toom te hou.

“Ons meen dat ’n omvattende langtermynontleding

van die komponente van die brandstofprys

dringend nodig is. Alle brandstofprysberekeninge

moet geoudit word om te bepaal of

dit nog ’n doel dien en of dit by Suid-Afrikaanse

toestande pas,” sê Willem Groenewald, uitvoerende

hoof van die AA.

Daar moet op die brandstofprys self gefokus

word, maar omvattende navorsing is ook nodig

na elke enkele element van die brandstofwaardeketting

wat die prys beïnvloed, sê hy.

As dit blyk dat enige element te duur is, moet ’n

alternatief gevind word. Elke sent wat gevra word,

moet geregverdig kan word.

Sleutel-aanbevelings

Die AA het die volgende aanbevelings aan die

portefeuljekomitee gemaak om stygende brandstofpryse

te temper:

1. Ondersoek die huidige prysmodel.

AA Reisiger | WINTER 2021

Spesiale verslag

EKSTRA BRONNE: RTMC.CO.ZA; AA.CO.ZA

"Geld vir die

algemene

brandstofheffing

en Padongelukkefonds

word ingesamel,

maar daar is

min bewys van

goeie beheer oor

die toewysing

en gebruik

daarvan."

“Al die komponente van die

brandstof-prys moet ontleed

word. Alle berekeninge

moet geoudit word om te

bepaal of dit nog ’n doel

dien en of dit by Suid-

Afrikaanse toestande pas.”

2. Herbereken en oudit die

bestaande elemente van die

prysmodel.

3. Verlaag die koste van die Padongelukkefonds

(POF). Dit kan gedoen word

deur beter bestuur en oorsigbeheer van die fonds;

verbeterde padveiligheid om die vraag daarna te

verminder; veiliger polisiëring en veiliger paaie,

bestuurders en motors; beter ingryping ná botsings;

beter opvoeding oor voetgangerveiligheid;

en die privatisering van die fonds – of minstens

dan die semi-privatisering van eisebestuur.

4. Verbeter die toewysing en gebruik van geld uit

die algemene brandstofheffing (ABH). Probleme

met oorsigbestuur wat ’n invloed het op die

ekonomie en die rand/dollar-wisselkoers, moet

ook bekyk word.

Gaan na

aa.co.za

of

aasa.mobi

vir nog

inligting.

5. Belê in alternatiewe sodat die land minder

afhanklik van brandstof is. ’n Beter Transnet sal

sorg dat daar minder op padvervoer staatgemaak

hoef te word. Veilige, betroubare en bekostigbare

openbare vervoer is nodig, asook paaie wat veilig

is vir nie-gemotoriseerde vervoer.

Ons het verandering nodig

As die huidige prysmodel hersien moet word, dan

moet dit, sê die AA.

Groenewald verduidelik: “Ons doelwit is om vir

die regte van verbruikers te baklei. As dit beteken

ons moet weer ’n slag kyk na hoe ons dinge doen,

dan moet ons. Dit maak nie sin om ’n prysmodel

te behou net omdat dit die een is wat ons altyd

gebruik het nie. Ons moet vra of daar ’n beter een

is en indien wel, moet ons dit oorweeg om ons

bestaande model te vervang.”

Die algemene brandstof- en POF-heffings moet

byvoorbeeld hersien word. Dié heffings dra by

tot elke liter brandstof wat verkoop word, maar

Suid-Afrikaners voel nie die voordele daarvan nie.

“Altesaam R6,11 van elke liter brandstof word

tans belas, maar daar hang heelparty vrae oor

die toewysing en gebruik van dié geld. Ons hou

byvoorbeeld aan om die POF so te befonds, maar

die POF word swak bestuur en put ons land se

bronne uit. Ook: Het ons alternatiewe maniere vir

die vergoeding van botsing-slagoffers volledig ondersoek

en – baie belangrik – is die privaat sektor

se insette gevra?” vra Groenewald.

Nog ’n belangrike kwessie is padveiligheid

en die koste daarvan. In 2015 het die

regering geraam dat botsings die ekonomie

sowat R150 miljard per jaar kos.

Maar die fokus op eisebestuur moet

groter wees, en op maniere om in die

eerste plek die behoefte aan vergoeding

te voorkom, sê Groenewald.

“Ons word belas om die slagoffers van

botsings te kan betaal, maar niks word gedoen om

botsings te keer nie. Dieselfde geld die ABH: Geld

word ingesamel, maar daar is min bewys van goeie

beheer oor die toewysing en gebruik daarvan.

Suid-Afrikaners vra met reg hoekom hulle so baie

moet betaal terwyl ons geen resultate sien van

waarvoor ons betaal nie. Dis onregverdig,” sê hy.

Die AA sê betrokkenheid van die privaat

sektor by die vasvat van stygende brandstofpryse

het nou onvermydelik geword, en hulle sal aanhou

om in die belang van verbruikers met die regering

saam te werk.

11

WINTER 2021 | AA Reisiger

Kremetartbome

by Epupa

12

Ná

Die fotojoernalis Jay Caboz het verskroeide plantegroei en woestyne verwag op sy Namibiese besoek,

AA Reisiger | WINTER 2021

Namibië

13

die reën

maar was verras om te sien hoe die reën ons buurland in 'n paradys verander.

WINTER 2021 | AA Reisiger

Namibië

Die Kunene,

die bron van die

Epupa-waterval

14

Namibië is snikheet in die

somer. Dit klink dalk na

die mees voor die hand

liggende stelling in die

geskiedenis, maar as jy nog

nie Namibië in die somer beleef het nie,

sal jy dit eenvoudig nie verstaan nie. Dit

betrap jou heeltemal onkant. Dis die

soort hitte wat die energie uit jou

suig en jou na die lugverkoeling

in jou motor laat hardloop. As die

termometer 44°C bereik, voel jy

die strome sweet by jou rug afloop

die oomblik as jy uit jou ryding

klim.

Maar Namibië is ook ontsettend

mooi. Daarom verdra jy die

uitmergelende hitte – of probeer

jy daarvan vergeet. Soos wanneer

jy op die rand van die Epupawaterval

staan en die goue lug

oor die kremetartbome spoel. Jy

is sprakeloos, want jy het ook nog nooit

so iets beleef nie. Ek moes 5 200 km

hiervoor ry – vanaf my huis in Kaapstad

tot by die noordelikste dele van Namibië.

Die ure in die motor, die hitte, die

sweet – dit was alles die moeite werd om

die natuurlike skoonheid van hierdie

natuurwonder te beleef.

Namibië moet op die emmerskoplys

van elke landskapfotograaf wees. Hierdie

strakke, droë land met sy skouspelagtige

skoonheid en verlate gebiede behoort

op die emmerskoplys van elke landskapfotograaf

te wees. Ek het ’n droë,

woestyn agtige land verwag, maar ’n

groen paradys gevind.

Enkele weke voor ons besoek het

Shadowfax, die

Toyota Fortuner

Namibië reën gekry – en baie daarvan.

Ná jare van droogte, het die ruimteorganisasie

Nasa berig dat Namibië se

reënval in Januarie twee tot drie keer

die norm was vir die noordoostelike,

sentrale en suidelike dele van Namibië.

In sommige dele was die reënval so

kwaai, inwoners beweer dit is die meeste

reën wat hulle in twintig jaar gesien

het. Damme was tot oorlopens toe vol en

die locals het op opblaasmatrasse op die

soutpanne gedryf.

Niks kan jou voorberei op jou eerste

besoek aan die noorde van hierdie

land nie. Ek dink meer Suid-Afrikaners

moet hierheen kom. Hier is unieke

bakens, soos die Epupa-waterval met

sy kremetartbome. Dis juis

om hierdie rede dat ons vier

landskapfotograwe saam in

Shadowfax (ons geliefde Toyota

Fortuner wat na die perd in Lord

of the Rings genoem is) ingebondel

het en die lang reis naNoord-

Namibië onderneem het.

Val in die pad

Die eerste been van ons reis was

die sowat 1 700 km wat ons vanaf

Kaapstad na die Spitzkoppetentkamp-en-kampterrein

afgelê

het. Langs die pad is ons verby die

spookdorp Kolmanskop en die bekende

Sossusvlei met sy monsteragtige duine.

Die kampterrein is net buite die

Spitzkoppe-bewaringsgebied, en ’n besoek

aan die gebied is absoluut die moeite

werd. Nadat ons die bewaringstarief

betaal het (R80 per persoon plus R80

vir die voertuig), het ons na die reuse- >

AA Reisiger | WINTER 2021

Die goue lig van

Spitzkoppe

Covid-19 en die grenspos

’n Covid-19 (SARS-CoV-2) PCR-toets

word by alle grensposte in en uit Suid-

Afrika vereis. Dit was egter nie ’n slegte

of moeilike proses nie.

Ons het kort voor ons vertrek uit Suid-

Afrika ’n toets by Ampath laat doen. (Die

toets moet minder as 72 uur voor jou

reis oor die grens gedoen word.) Dit kos

R850. Ons het ’n deurrytoetssentrum

gebruik en ons uitslae die volgende dag

gekry. Onthou om dit uit te druk, want

jy moet dit aan die Suid-Afrikaanse en

Namibiese kant toon.

Jy gaan ’n nuwe toets nodig hê

wanneer jy na Suid-Afrika terugkeer.

Jy kan in Windhoek stilhou en

die PCR-toets laat doen, of jy kan

met jou aankoms by die grens die

teenliggaamtoets van die Suid-

Afrikaanse Departement van

Gesondheid laat doen (dit kos R300).

Ons het laasgenoemde gekies. Dit is

onmoontlik om te voorspel hoe lank die

ry gaan wees, maar ons het die proses

soomloos en pynloos ervaar. Die uitslae

van die teenliggaamtoets was binne

40 minute beskikbaar en ons kon ons reis

voortsit.

Onthou dat Covid-19-regulasies

voortdurend aangepas word. Dit is jou

eie verantwoordelikheid om voor jou reis

seker te maak dat jy aan al die regulasies

voldoen – Red

15

WINTER 2021 | AA Reisiger

Namibië

granietkoppe van die berg gery. Hierdie

is bekend as die “Matterhorn van

Namibië” en die pienk graniet strek

1 728 m bo seevlak uit en troon dramaties

oor die landskap.

Weggesteek onder die skadu van

die reuse-pieke, kom ons op die mees

onwaarskynlike vonds af – ’n rotspoel

vol waterskilpaaie. Dit is die perfekte

plek om te skuil van die hitte van die

dag en te wag vir die middag wanneer

die lig van die sakkende son die pieke

bloedrooi verkleur. Ons is op pad na

die Spitzkoppe-boog om die laaste

oorblywende lig vas te vang.

Die gebied huisves ook antieke Sanrotskuns

en is as ’n bestemming gebruik

om tonele vir die 1968-fliek 2001: A Space

Odyssey te skiet.

Kremetartbome,

Epupa-waterval

Epupa

16

'n Groen oase

Die volgende deel van ons reis neem

ons 450 km noord na die beroemde

Etosha- Nasionale Park. Etosha is

bekend vir sy droë grasvelde en kry

gemiddeld ongeveer 350 mm reënval

per jaar. Groepe leeus, gemsbokke,

sebras, springbokke en olifante kom

dikwels water drink by een van die

(mensgemaakte) watergate.

Maar met ons aankoms is Etosha

toegegooi onder ’n digte kombers groen

gras. Hoewel die gras lieflik is, bemoeilik

dit wildfotografie en ons het gehoop ons

kry daardie ikoniese foto van die leeu by

’n watergat. Die wild is ook nou versprei

tussen die talle beskikbare watergate, wat

dit feitlik onmoontlik maak om hulle op

te spoor.

Ons was ook baie teleurgesteld om

te sien die parkhek maak eers met

sonsopkoms oop. Talle Suid-Afrikaanse

nasionale parke open gewoonlik hul

hekke 'n uur voor dagbreek, wat jou die

geleentheid bied om wild te sien wanneer

hulle aktief is.

Ons het ons teleurstelling afgeskryf

as goeie ervaring, agteroor gesit en die

natuurlewe geniet wat ons wel in die

hande kon kry. Terug in die kamp het

’n koue Tafel Larger ons gehelp om die

frustrasies te sluk. Wat ook gehelp het

om ons aansienlik beter te laat voel, was

ons tuisbasis – die Okaukuejo-kamp.

Dit is die oudste toeristekamp in Etosha

en het ’n verligte watergat waar gaste

snags die diere kan dophou. Okaukuejo

laat jou voel jy slaap diep in die bosveld,

maar met die weelde van elektrisiteit,

’n braai-area, ’n gedeelde kombuis

en, belangriker, warm storte. Dit is ’n

wonderlike plek om skemerkelkies te

drink. Hou jou oë oop vir rooijakkalse

wat jou boerewors in ’n onbewaakte

oomblik sal steel.

Ná twee nagte se gestoei met die

muskiete (ons het Peaceful Sleep soos

deodorant gebruik), moes ons vertrek.

Tuin van Eden

Epupa, ’n skouspelagtige groep watervalle

wat oor 1,5 km strek, was ’n verdere

600 km weg. Moenie jou laat afskrik deur

verouderde webwerwe en stories oor

slegte paaie nie. Die grondpaaie, selfs in

Die rotsboog by

Spitzkoppe.

die afgeleë noordelike dele van Namibië,

is breed en word so goed onderhou dat

’n sedan met gemak daarop kan ry. En

hierdie bestemming is die moeite werd

om voor te ry!

Ry langs die D3700 of die C43 om daar

te kom. Koop voorrade in Opuwo en

maak jou petroltenk vol. Dit is 179 km van

Epupa af, en hoewel daar dorpies nader

aan die waterval is, is dit die laaste groot

dorp, en daar is geen winkels of vulstasies

in die omgewing rondom die watervalle

nie. Jy sien Himba-modderhutdorpies en

droë rivierlope langs die pad,maar as jy

die kremetarte begin sien, sal jy weet jy

is naby.

Ons het vyfuur die middag in 39°C by

die Omarunga Camp Lodge aangekom.

Gelukkig kon ons tent opslaan onder

die makalani-palmbome. Die kamp is

AA Reisiger | WINTER 2021

Die gebied huisves ook antieke San-rotskuns en is as 'n

bestemming gebruik vir die skiet van 'n 1968-ruimtefliek.

Etosha

’n hanetree van die watervalle. Ons was

verbaas om te hoor hierdie streek het,

in teenstelling met die res van Namibië,

buitengewoon min reën gekry – net sowat

10 mm die afgelope paar maande.

Die watervalle word geskep deur

die Kunenerivier, wat die grens tussen

Namibië en Angola vorm. Epupa is die

Herero-woord vir “skuim” en beskryf

die skuim wat deur die waterval geskep

word. Langs die oewers is majestueuse

kremetarte met dik geknoopte wortels

wat aan die waterval se rante vasklou. Tyd

kry hier ’n ander betekenis. Jy kan ure

lank hier sit en kyk hoe die liters en liters

water oor die boomwortels spoel.

Ek het nog nooit iets soos die Epupawaterval

beleef nie – dis eerlikwaar soos

die Tuin van Eden en die moeite werd

om soontoe te reis.

17

WINTER 2021 | AA Reisiger

Maanlandskap,

Swakopmund

Vlieg hoog in

Swakopmund

18

Ons het op die ingewing

van die oomblik by die

kusdorp Swakopmund

langs gery.

Ten spyte van die

bewolkte weer, het

ons op ’n helikopterrit

gegaan saam met

Bateleur Helicopters.

Ons het oor een van die

oudste landskappe ter

wêreld, bekend as die

Maanlandskap, gevlieg,

en massiewe goue

sandduine en ’n soutmyn

met flaminke vanuit die

lug gesien. Die ander

perspektief op hierdie

ongewone landskap was

fantasties. Ek beveel

dit ten sterkste aan om

“hoog” in Swakopmund

te word.

AA Reisiger | WINTER 2021

Namibië

Die tentkamp

by Spitzkoppe

en die Etosha-

Nasionale Park

Die gras staan hoog in Etosha

ná die goeie reën

GOED

OM TE

WEET

BESTE TYD OM TE GAAN

Jy kan heeljaar die noorde van

Namibië besoek, maar Mei tot

Oktober (die droë wintermaande)

is die beste tyd om wild te kyk.

November tot Mei is die reënseisoen.

HET EK 'N 4X4 NODIG?

Nee. Hoewel 'n 4x4 baie gerieflik is in

Namibië, kan jy op die meeste plekke

in Namibië kom in 'n gewone sedan.

Die hoofroetes uit Windhoek is geteer,

en die ander roetes is op grondpaaie

wat goed in stand gehou word.

NODIGE DOKUMENTE

Buiten jou Covid-19-uitslag (lees

bl. 15) het jy ook 'n paspoort nodig

(geldig vir minstens 6 maande ná

jou Namibiese besoek). Kinders

onder 18 moet hul volledige

geboortesertifikate toon. Jy het

ekstra dokumente nodig as jy

die grens in 'n motor oorsteek.

Besoek aa.co.za/namibiacross-border

vir die lys.

VERBLYF

Die Spitzkoppe-tentkamp en

kampterrein is 2 km vanaf die

Spitzkoppe-bergreservaat. Die kamp

het 'n kroeg, swembad en eetplek. 'n

Bostent vir twee kos R440 per nag.

+264 81 805 3178, enquiries@

spitzkoppemountaincamp.com,

spitzkoppemountaincamp.com

Okaukuejo-kamp in Etosha het 'n

swembad, vulstasie, winkeltjie,

restaurant, kroeg en watergat

waar jy kan diere kyk. 'n Staanplek

vir vier mense is R400 per nag.

Bespreek op die webwerf van

die Etosha- Nasionale Park:

etoshanationalpark.org.

Of kontak hulle per e-pos:

enquiry@etoshanationalpark.org.

As jy Epupa besoek, bly by die

Omarunga Lodge en kampterrein.

Ons het R403 per nag (R101 per

persoon) betaal. Dit is deel van

die Gondwana Collection en het 'n

restaurant, swembad en kroeg.

+264 61 427 200, bookings@

gondwana-collection.com

VLIEG IN 'N HELI IN SWAKOPMUND

'n Kwartier lange helikopterrit by

Bateleur Helicopters kos R2910 p.p.

(dit raak goedkoper as meer mense

vlieg). +264 81 150 3234, bookings@

bateleurhelicopters.com of

facebook.com/bateleurheli

19

WINTER 2021 | AA Reisiger

Gaan car checks kamp

20

credits here

AA Reisiger traveller | | WINTER 2021 2020

car checks

KRUGER TOE...

op die ingewing

Toe spesiale aanbiedings vir vliegkaartjies Skukuza toe geadverteer word,

kon Gerda Engelbrecht nie die ver soeking weerstaan nie.

Die Engelbrechts het vir ’n naweek gaan kamp.

21

credits here

K

an ek iets van my hart af kry? Ek het ’n liefde-haatverhouding

met kamp. Daar is niks lekkerders as om op

’n Saterdagoggend douvoordag wakker te word in ’n tent

nie! Dit klink mos asof die voël hier in jou ore sing. Dis die

liefde-deel. Maar daar is vir my ook niks slegters as om

op Vrydaglaatmiddag teen sterk skemer op ’n plek aan

te kom en te sukkel om ’n tent staan te maak nie. My een

jeugherinnering is waar ons gesin in die einste Krugerwildtuin

kampeer. My pa het ’n sware seiltent gekoop wat by die VWkombi

pas. As die tent opgeslaan is, trek jy die kombi onder

die een flap in en rits die seilwand af. Dit is asof die tent ’n

verlenging van die kombi is. Dit klink wonderlik.

WINTER 2020 | AA reisiger

In werklikheid was daai tent yslik en het

dit feitlik die hele bagasieruim in beslag

geneem – ’n probleem as ’n gesin van 6

moes Noorde toe ry. Dit het boonop al 6

van ons gekos om dit opgeslaan te kry.

Vir ’n goeie halfuur moes jy iewers aan ’n

paal vasklou terwyl iemand penne met ’n

tienpondhamer inslaan. Dit tent het ook

nét gestaan, dan was my ma skielik vas

oortuig dat sy ingang in die verkeerde

rigting wys en ons moes ons alles afslaan

en weer van voor af begin. Dis die haatdeel.

Tentvakansies in ’n japtrap

Daar is egter deesdae ’n oplossing vir

mense wat lus het vir die kamp-ervaring,

maar nie die toerusting wil koop, wil

saamry, en self wil op- en afslaan nie.

Tented Adventures in Pretoriuskop in

die Kruger-wildtuin doen al die moeite

vir jou, sodat jy net die lekker deel van

kamp het. Toe ons dus sien dat SA Airlink

afslagvliegkaartjies vanuit die Kaap

na Skukuza-lughawe aanbied, het ons

onsself ’n groot luukse gegun: Ons het vir

ons ’n naweek in die Wildtuin bespreek.

Dis Stephan wat ons die Vrydagmiddag

in gietende reën by die tentdorp in

Pretoriuskop inwag. Dit is laat somer,

en die Krugerwildtuin het die afgelope

paar dae reën gekry en die grondpaaie

is gesluit. Dit lyk ook nie asof die reën

sommer gou gaan oorwaai nie.

Ek het op die skroefvliegtuig nog my

bedenkinge gehad oor ons besluit om

te kamp, maar Stephen besweer ons

vrese. Ons tent is groot genoeg dat ons

gemaklik daarin kan regop staan en loop,

het ’n snoesige bed en ’n dik kleurryke

mat in. En alles is kurkdroog.

Melktert in die blikbeker

Terwyl ons nog ’n laaste wildrit neem, kry

Stephen die aandete gereed: biefstuk,

slaai en mielie op die kole gebraai. Met ’n

vetkoekie met shakalaka as voorgereg, en

melktert in ’n blikbeker as nagereg.

Ons slaap die nag salig en droog, maar

sien kort ná sonop hoe die bure in die

woonwapark slote om hul tweemantent

grawe. Dit is ’n gesin met twee jong

kinders. Hulle lyk taamlik bedremmeld.

Tented Adventures kan vir jou ’n

safaririt bespreek maar dié naweek

sien niemand kans vir die rit in die oop

voertuig nie. Die reën val neer asof

iemand besig is om ’n ark te bou.

As Kapenaars kom ons minstens

een keer per jaar in die Wildtuin, maar

GOED

OM TE

WEET

22 VERBLYF

Ons het ons tentverblyf

deur Travelcheck

bespreek. Besoek www.

travelcheck.co.za en klik

op “experiences”. Die

tentverblyf kos sowat R1000

per persoon per nag, wat

’n ruim ontbyt en aandete

insluit. Die verpligte

Sanparke-bewaringstarief

is uitgesluit, en word met jou

aankoms by Pretoriuskop se

ontvangs betaal. Safariritte

is ekstra. Die verblyf by

Onder-Sabie word by

sanparke (www.sanparks.

org) bespreek en was sowat

R2400 vir die selfsorghuis

met die rivieruitsig.

AA Reisiger | WINTER 2021

Gaan kamp

telkens in die herfs of winter. Hierdie is

so ver ek kan onthou, my eerste besoek

in die somer. Ek kan amper nie glo dit

is dieselfde park nie. En hoewel baie

mense ons gewaarsku het dat jy minder

diere in die geil plantegroei sal sien, het

ons binne twee dae vier van die Groot

Vyf gesien (almal behalwe die luiperd)

en tientalle voëlspesies. Ons het ook by

nege verskillende geleenthede hiënas

gesien. Dit help dalk dat die park dié tyd

van die jaar beslis stiller is.

Op pad Onder-Sabie toe die volgende

dag begin die weer effens opklaar. Ons

het een ekstra nag in dié kamp bespreek

omdat ons gewoonlik die beste wild in

die Kruger op die H10 in die rigting van

die Tshokwane-piekniekplek sien. En

dis weer so! Ons het skaars afgedraai

op die pad of ons sien twee motors met

lang lense in die gras langs die pad

korrel. Leeus! En teen die tyd dat ons

roosterkoek by Tshokwane bestel (hulle

het nou ’n plan gemaak met die apiegrypdiewe)

het ons ’n pragtige vertoning

van nekstampery tussen kampeelperde,

olifante, buffels en koedoes gesien.

En tientalle lammetjies van feitlik elke

boksoort.

Op pad terug op die Onder-Sabie-pad

vanaf Skukuza sien ons hoe ’n trop jong

mannetjies hul vangs verskeur. Wanneer

die sowat twintig motors wat saamdrom

en om kykkans meeding egter meer

aggressief word as die leeumannetjies,

besluit ons om liewer aan te stoot terug

kamp toe.

Ons sit die aand om die vuurtjie by ons

rivieruitsighuis in Onder-Sabie en mymer

oor watse uitstekende plan dit was. Ons

sal beslis weer ’n kans aangryp om vir

die naweek Kruger toe te vlieg.

23

WINTER 2021 | AA Reisiger

Mis en misterie

ARTIKEL & FOTO'S DEUR MIA LOUW

OP DIE BERG

24

In die 1880’s was daar

’n stormloop na die

Drakensbergse platorand

wat bo die De Kaap-vallei

uittroon, vol hoop om

goud in die omgewing te

vind. Dit het tot die dorpie

Kaapsehoop gelei. Vandag

is dit die wilde perde,

buitelug-avonture en die

kleurryke kuierplekke wat

besoekers hierheen lok.

Ek volg die Kaapschehoop-pad

uit Mbombela en mik suidwes

na die dorpie op die berg.

Agter in my bakkie lê ’n ekstra

baadjie, ’n wollerige serp en

waterdigte stapskoene – jy weet nooit

hoe draai die weer daarbo nie. Oor die

volgende 30 km klim ek 900 meter hoër

bo seevlak. Die son skyn nog onder in

die Laeveld, maar Kaapsehoop lê saggies

toegevou onder ’n miskombers.

Die plek was aanvanklik bekend as

Duiwelskantoor. Die storie loop dat die

sandsteenrotsformasies en -doolhowe

soos vreemde wesens tussen die mis

kop uitgesteek het. Die naam was

eintlik ’n verdraaiing van die Engelse

“Devil’s Contour”, wat verwys het na die

steil kontoere waarteen reisigers moes

uitsukkel tot bo by die plato, skryf Gerrit

Haarhoff in Forgotten Tracks and Trails of

the Escarpment and the Lowveld.

Op die plato sien ’n mens nie net

vreemde klippe nie, binne en rondom

Kaapsehoop wei daar sowat 200 wilde

perde, skrams meer as die aantal mense

op die dorp. Die mooie perde is glo

afstammelinge van die boerperde wat

tydens die Anglo-Boereoorlog vanaf

1880 tot 1881 hier in diens was.

As jy versigtig is vir die perde (en jy

moet wees, hulle ís wild), kyk uit vir een

van die talle vriendelike honde wat op

die dorp ronddrentel. Hier woon onder

andere Ripley, Basil, Tjoppies, Potlood,

Luna en die onlangse toevoeging –

Ticky. Ticky is ’n optelhond wat vol

bosluise (“ticks”) was toe Ramona

Marais hom langs die pad in Mbombela

gewaar het.

AA Reisiger | WINTER 2021

Naweekwegbreek

MISTIG EN (SOMS) RUSTIG

Kaapsehoop is tjoepstil in die week,

maar draai hier in op ’n Sondag oor

middagete en daar staan talle motors

en bromponies by die eerste gebou aan

jou linkerkant, Bohemian Groove Café.

Die naam pas die restaurant soos ’n

of pasta. Die atmosfeer is rustig –

daar is selfs ’n bordjie teen die muur

wat jou waarsku hierdie is nie ’n

kitskosrestaurant nie. Sit terug en teug

aan jou bier terwyl jy vir jou burger wag.

Die tuin is gewild onder viervoetige

besoekers.

handskoen. Op die meeste Sondae van

12:00 tot 15:00 verskaf ’n rockgroep hier

vermaak terwyl jy in die tuin aan Charl

Fourie se gerookte eisbein of ribbetjies

weglê.

Die kunstenaars Charl en Andrea

Fourie het die restaurant in 2011 op die

dorp oopgemaak. Die Fouries het kuns

by die Pretoria Technikon gestudeer

tydens die Voëlvry-beweging en daarna

het hulle in die Laeveld kom nesskop

met ’n restaurant op Sabie en metaalmeubelwinkel

in Hazyview.

Aangesien Charl ’n ystersmid is, word

Bohemian Groove met sy handgemaakte

meubels en ligte versier, en kunswerke

bedek byna elke stukkie muur en

sinkoppervlak, met ’n industriële

steampunk gevoel binne die maroen

gebou. Bestel gerus die Breakfast Bowl

vir ontbyt - die “bowl” lyk meer na ’n

“platter” met eier, gebraaide halloumikaas,

eiervrug, sampioene, tamatie,

rokketblare, basiliepesto en bone.

As jy smag na lekker pub grub, loop

sowat 100 m hoër in die straatop en

maak ’n draai by Salvador Main Street

Bistro vir hulle peri-peri-hoenderlewers,

LOER IN BY DIE NAGKANTOOR

Loop verder aan met Krugerstraat

en draai regs in Kantoor, op pad

na Kommissarisplein waar die ou

mynkommissaris se kliphuis nog staan

– dit dateer uit 1884. In Kantoorstraat is

die Nagkantoor-kuierkroeg, die jongste

kuierplek op die dorp. Dit word beskryf

as ’n “koerantpub” en “media-museum”,

waar besoekers ’n blik op gesoute

joernaliste se wêreld kan kry.

Die man agter Nagkantoor, De Wet

Potgieter, het ’n kleurvolle loopbaan

van 40 jaar in die joernalistiek agter

die blad. Hy was ’n hofverslaggewer,

ondersoekende joernalis en die

redakteur van ’n streekskoerrant. Hy

is tans besig met sy sesde boek, met

die vorige vyf wat titels soos Apartheid's

Dirty Tricks Exposed en South Africa and

the International Trade in Ivory and Rhino

Horn gehad het.

Teen die mure hang daar koerantvoorblaaie,

nuusfoto’s en aandenkings

wat De Wet oor die dekades heen

bymekaar gemaak het. ’n Tamaai foto

van die sanger, digter en koerantman

pizza, pannekoek, gebakte aartappel Koos du Plessis hou wag by die kroeg >

Ramona (ook bekend as “The Pottery

Chick”) is amptelik Ticky se eienaar,

maar hy word ook as die hele dorp

se brak gesien. Ramona en haar man

sukkel om die karnallie in te perk. Al

bou hulle die mure hoe hoog, ontsnap

hy gereeld om die wêreld te verken.

Hy volg soms voetslaners na die uitkykpunt

op die eskarprand, en ander kere

kry jy hom binne Bohemain Groove

Café, waar hy na rock-musiek luister

saam met die locals wat ’n ogie oor hom

hou. Soms lê hy saam met sy mense buite

op die gras by Salvador Main Street

Bistro en hou hy die perde dop wat in

die hoofstofstraat verbydrentel.

As my siel eendag my lyf verlaat en ek

kan terugkom aarde toe vir ’n tweede

kans, kies ek om ’n hond op Kaapsehoop

te wees!

25

WINTER 2021 | AA Reisiger

terwyl ek die “Paardenpis Lager” proe.

Paardenpis is ’n “pale ale” wat met

Kaapsehoop se heerlike fonteinwater

gebrou word, spesiaal vir Nagkantoor.

“In Koos Doep se vroeër jare het hy

ook sy eie bier gebrou, wat ook Perdepis

genoem word,” verduidelik De Wet.

Voordat Nagkantoor in Augustus 2020

geopen is, het De Wet in Februarie

’n Facebook-blad met dieselfde naam

begin. Daar is tans 8400 lede op die

blad – ’n aanlyn kuierplek vir almal wat

belangstel in die gedrukte media en die

stories wat daarin verskyn.

As jy “lus is vir lekkerlees-stories

en om lekker in Kaapsehoop te kom

kuier”, gaan jy beslis vashaak by die

Nagkantoor. “Toemaar, dit is afdraand

terug Mbombela toe,” hoor ek vir ’n

tweede keer in die kroeg. “Pas net op

vir die perde,” voeg iemand by. Ja-nee

kyk, hier kan jy vashaak. Bespreek maar

liefs vir jou ’n kamer by die Silver Mist

Country Inn oorkant die pad.

Battery Creekwaterval

26

DIS HOE ONS ROL

By Kaapsehoop Scootours, tussen

Bohemian Groove en Salvador, wag

Alita Steenkamp vir die volgende

groep wat bergaf wil rits op hulle 10

veldfietse (“off-road scooters”). Alita is

ook ’n joernalis en De Wet se vrou. Hy

en Baasagent Pencil Potlood Potgieter,

Nagkantoor se hondegelukbringer, is

aan diens by die kuierkroeg.

Daar is vyf Scootours in Suid-Afrika

en daar gaan binnekort nog twee

bekend gestel word, maar Kaapsehoop

se roete is die langste in die land – 6 km

afdraand, meestal op eenspoorpaaie wat

spesiaal deur die Berlin-plantasie uitgelê

is. “Jy moet jou knieë effens buig as jy

op die fiets staan,” sê Rudi du Plessis,

mede-eienaar en een van die toerleiers.

Met Rudi se staanposisie kan jy

makliker jou draai tussen die bome kry,

en al kan jy soos ’n spoedvark bergaf

storm, vertel Rudi graag hoe hulle al

besoekers van ses jaar oud tot 79 jaar

hier af begelei het. “Dit is ’n heerlike

aktiwiteit vir die hele gesin, want almal

kan so vinnig of stadig rol soos dit hulle

pas,” verduidelik Rudi.

By die eindpunt van die toer staan

daar koue Oros op ’n piekniekbankie

langs die rivier, en die kinders speel op

AA Reisiger | WINTER 2021

Naweekwegbreek

Die dorp

van Miz Gooz Berry om ’n spesiale

piekniekmandjie of -rugsak te bestel.

Berry toor al 24 jaar lank in haar

kombuis met soetgoed soos koek,

koekies, kolwyntjies en “old English

toffee”, maar sy maak ook hemelse

southapppies en kos. ’n Piekniekmandjie

kos om en by R220 per kop en dit bevat

’n groot verskeidenheid eetgoed.

“Elke mandjie is anders en ek pluk

blomme uit my tuin om dit te versier,”

verduidelik Berry. Dit kom met ’n

kombers, tafeldoek, lapservette en ’n

bruinpapiersak vir die vuil eetgerei.

Daar is patee en ’n smeer – guacamole

met pikantrissies en kaas en ’n biltongpatee.

Ek bak my eie saadbrood met

dikmelk en daar is groentehappies

(crudités), bokmelkkaas, olywe,

die swaai wat oor die water gespan is.

“As jy ’n groep van so agt is, kan jy die

laaste rit van die dag bespreek. Dan

steek ons ’n vuur hier aan. Daar is geen

ekstra koste nie – jy bring jou eie vleis en

drinkgoed,” nooi Alita.

Daar is vier toere per dag wat sowat 90

minute duur. Dit kos R400 per persoon

en R200 per ekstra passasier. Daar is

nóg ’n opwindende toer net buite die

dorp, by Kaapsehoop Horse Trails. Teen

R350 per persoon kan jy vir ’n uur lank

die omgewing te perd verken. Hier is

ook kampplek en selfsorgverblyf in die

Berlin-bosbou plantasie.

Die eienaar van Kaapsehoop Horse

Trails, Christo Germishuys, is ’n voorstander

van natuurlike ruiterkuns. “Dis

’n sagter, sielkundige benadering eerder

as ’n fisieke een. Jy werk met ’n perd se

kop. Hoekom sê mense ’n perd moet

‘ingebreek’ word? Waarom wil jy iets in

die dier se wese breek?” vra hy.

Christo sê “wilde perde” is die

romantiese naam vir die diere, maar die

Engelse beskrywing feral horses is meer in

die kol. “Hoewel die perde al baie jare

hier ronddwaal, is hulle nie wilde diere

in die ware sin van die woord nie.”

Christo reken ’n perd is die mooiste

dier, maar vir hom lê hul skoonheid

dieper. “Die gesegde lui ’n hond is die

mens se beste vriend. En dis waar, jy sal

nooit ’n perd kry wat so getrou is soos ’n

hond nie. Maar perde het al soveel vir

die mensdom beteken; Hulle het ons na

die uithoeke van die aarde gedra.”

Miz Gooz Berry

PIEKNIEK OP DIE ESKARPRAND

Terug op die dorp sien ek voetslaners

na die eskarprand mik, deur die

sandsteendoolhowe en kransaalwyne

deur wat aan die klippe klou, verby

wilde perde en tot by die uitkykpunt.

Hier kyk jy af op die De Kaapvallei,

en regs in die verte hou die

Makhonjwaberge wag om Barberton.

Die roete begin by die oop plein in

die dorp, ’n klipgooi regs van Gold

Dust Trading. Jy kan wegspring by

die wit aanwysingsbord met die titel

“Kaapschehoop Nature Trail”, en die

sirkelroete duur sowat ’n uur. Of jy kan

by die Kaapsehoop-staphut begin. Die

sinkhuis lê noordoos van die dorp en

die roete duur twee uur.

Bel vroegtydig vir Berry Legg

Piekniek op die

eskarprand

gebraaide aspersies, gemarineerde

artisjokke, songedroogde tamaties,

heuning en hoenderrepies, souttert en

vrugteslaai in die mandjie. Vir nagereg

kry jy old English toffee of fudge.”

Berry maak voorsiening vir spesiale

dieetbehoeftes, soos vegetaries, banting,

en kos vir diabete. Sy verkoop ook klere,

piekniek mandjies met antieke koppies,

borde en eetgerei in haar winkel.

As jy nie alleen wil wandel met jou

peuselhappies nie, kontak vir JC Maritz

op 063 199 3129. JC is ’n toerleier vir

Kaapsehoop Scootours, maar hy het

onlangs met begeleide staptoere al langs

die platorand begin.

Bring ’n naweek op die berg deur en

die kans is goed jy loop vir JC in die

stofstrate raak. Sy getroue klein brak,

Ripley, is altyd aan sy sy. ’n Mens sien

die twee gereeld saam terugstap van die

uitkykpunt af, of voor The Little Shop

langs Salvador, of op pad huis toe ná ’n

bier by die kroeg.

’n Hondelewe op Kaapsehoop is alles

behalwe ellendig.

27

WINTER 2021 | AA Reisiger

Naweekwegbreek

GOED

OM TE

WEET

HOE KOM JY DAAR?

Die dorp lê 30 km suidwes van Mbombela (via die

Hermansburg en Kaapschehoop-pad) en 284 km oos

van Pretoria via die N4. By Ngodwana draai jy af en ry

14 km op die Kaapschehoop-pad tot by die dorp.

Stap na die eskarprand

Kaapsehoop Horse Trails

WAAR OM TE BLY

Hier is ’n magdom gastehuise en selfsorgverblyf

beskikbaar. Loer op Kaapsehoop Accommodation

(kaapsehoopaccommodation.co.za) of koop ’n

Kaapsehoop Map & Info-brosjure by Bohemian Groove

vir R10. Die kaart en inligting in die pamflet is deeglik

uiteengesit, met kontakbesonderhede vir winkels,

restaurante, kunstenaars, verblyf, toere en aktiwiteite.

As jy werklik wil wegbreek van alles en almal, bly

oor by Kaapsehoop Adventures 8 km suidwes van

die dorp. Dié plek is “off the grid” en word bestuur

deur Pierre van Zyl en Sharon Grimaldi. Dit was

aanvanklik Coetzeestroom, ’n staphut wat deel was

van Komatiland Ekotoerisme se vierdag-staproete.

Hier is drie kamers met vuurmaakplekke (twee tot

drie mense per kamer), drie teepee-tente en almal

gebruik gemeenskaplike badkamers en kookgeriewe.

Die kombuis, lapa en braaiplekke het ’n verruklike

uitsig oor die Laeveld-bosveldsavanne en vallei.

Kontak: kaapsehoopadventures.co.za, 082 452 9928

The Little Shop

Kaapsehoop Scootours

28

Salvador

Bohemian Groove

Kaapsehoop Adventures

LOOP EN KOOP

Daar is handvol winkels op die dorp waar jy

fraai geskenke kan kry. By Gold Dust Tradingpantjieswinkel

is daar antieke klere, meubels, plate

en tweedehandse boeke. Die eienaardigste ding wat

Ingrid Murphy nog verkoop het, was ’n narkostuum en

’n “mankini” - daai goudgeel baaikostuum wat in die

Borat-fliek verskyn.

Plat Anna is ’n klein maar kleurvolle geskenkwinkel

langs Salavador waar jy klere, dekor, juwele, konfyt,

speelgoed en kosmetiese middels soos room en seep

kan koop. Links van Plat Anna is The Little Shop,

die enigste inkopiewinkel op die dorp. Hier kry jy die

basiese kruideniersware soos melk, brood, koeldrank,

blikkieskos en hout.

By Deliteful Glass Worx verkoop Merle ter Bruggenloodglasprodukte

soos lampskerms, vensters,

windklokkies en juwele. Jy moet bietjie verder van

Krugerstraat af drentel om die The Pottery Chick op

te spoor. Ramona Marais se studio en winkel is aan

die einde van Watkins-straat. Ramona beskryf haar

keramiekkuns as “Mediterreens en aards”, met baie

blou en groen op haar bekers, bakke en kuns.

Gold Dust Trading

VIR MEER INLIGTING EN BESPREKINGS:

Kaapsehoop Scootours: scootours.co.za, 083 5766 541

Kaapsehoop Horse Trails: horsebacktrails.co.za,

076 108 0081

Miz Gooz Berry: mizgoozberry.co.za, 082 883 6192

Nagkantoor

AA Reisiger | HERFS 2021

Natural Beeswax Products (Pty)Ltd

Simply Bee-velsorgprodukte is spesiaal

ontwerp om jou vel te genees, versorg en

herstel.

Alie Simply Bee-produkte word liefdevol

met die hand gemaak en bevat net die

beste 100% fynbosbyewas,

Weskus-fynbosheuning, propolis en plaaslik

vervaardigde essensiele olies.

Simply Bee-produkte is

omgewingsvriendelik,

word nie op

diere getoets

nie en bevat

geen palmolie,

skadelike

chemikaliee,

parabene

of sintetiese

kleurmiddels nie.

Simply Bee ® Natural Beeswax Products (Pty) Ltd I Kerkstraat 31A, Hopefield, 7355, Weskus

Tel: 022-723-0569 I Epos: info@simplybee.co.za

www.simplybee.co.za

Parke

DIE PLEK WAAR

Dinosourisfossiele, lammergeiers, epiese landskappe en sprokiesmooi

staptogte – die Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park is dalk kleiner as die

ander Sanparke, maar het baie te bied. Jy sal weer en weer wil terugkeer,

sê Evan Naudé. >

30

Die uitsig vanaf

die Brandwagrots

is veral mooi

teen dagbreek

AA Reisiger | WINTER 2021

Parke

Golden Gate kry

sy naam van

die imposante

sandsteenkranse

in die gebied

31

WINTER 2021 | AA Reisiger

Parke

Die vars oggendlug voor

sonsopkoms byt my nek

en ek trek my mus laer. My

asemteue is kort en vinnig

en my kuite brand terwyl ek

na die bopunt klim van Brandwagrots,

’n indrukwekkende sandsteenformasie

in die Oos-Vrystaat. Die horison word al

sigbaar en pienk en oranje bane verkleur

die lug. Die son sal binnekort op wees en

die landskap verlig. Ek hoop om dit vanaf

die spits te kan beleef en versnel my pas.

Dit is asof ek en die son in ’n wedloop is

om te sien wie eerste die Maluti-berge

kan oorwin.

Ek wen net-net, enkele minute voor

die son op is, en skink ’n beker stomende

koffie uit my fles. Ek kry my asem terug,

my spiere ontspan en die stilte daal om

my neer. Vir ’n oomblik is die wêreld

stil en wag eerbiedig vir die son om sy

verskyning te maak. Dan bars die son

oor die horison en gooi sy warm strale

oor die wêreld. Die sandsteenkoppies

rondom my het skielik hul kenmerkende

goue skynsel. As die voëls begin keel

skoonmaak, begin jy voertuie op die

paaie doer onder jou sien en mense

begin soos miere uit geboue wriemel. ’n

Nuwe dag het aangebreek in die Golden

Gate- Nasionale park.

'n Ryk geskiedenis

Lank voordat enige mens sy voet in die

omgewing gesit het, het dinosourusse

hulle oë opgeslaan na die pragtige

sandsteenformasies. Gefosilleerde

dinosourusbene en voetspore is hier

in Golden Gate gekry, en in 1973 is

dinosouruseiers wat dateer uit die

Triasiese tydperk (meer as 200 miljoen

jaar gelede) hier gevind.

Die vroegste tekens (in die vorm van

klipwerktuie en rotskuns) dat mense hier

gewoon het, is dié van die Khoikhoi. Van

die rotskuns kan steeds hier in die park

gesien word, hoewel ander voorbeelde

van rotskuns elders in die Vrystaat en die

uKhuhlamba-Drakensberge in KwaZulu-

Natal dalk meer indrukwekkend is.

Die plaas wat later die nasionale park

Ry 'n draai op

die Oribi- en

Blesbok-sirkelroetes

en kyk uit

vir wildlewe, die

Langtoondam

en 'n aas voëlrestaurant.

sou word, is in 1878 deur Jan van Reenen

gekoop, wat die naam vanaf Vuurland

na Golden Gate verander het omdat

die gloeiende rotsteenformasies in die

namiddaglig sy asem weggeslaan het.

In 1962 het die regering die grond by

hom gekoop en dit tot ’n nasionale park

verklaar.

Sedertdien is heelwat grond rondom

die plaas by die reservaat gevoeg. In

2007 het Golden Gate se oppervlak

tot 340 km² aangegroei toe dit met die

QwaQwa- Nasionale Park saamgesmelt

het, en tans is daar sprake dat ’n verdere

18 000 hektaar bygevoeg kan word as

dit ook die nabygeleë Sterk fonteindamnatuurreservaat

insluit om ’n groter Maluti-Drakensbergoorgrenspark

te vorm.

32

AA Traveller | WINTER 2021

Die Echo

Valley-staproete

lei

jou tot binne

'n reuserotsskeur.

Dit gaan wild

'n Britse jagter en avonturier sir William

Cornwallis Harris het in 1836 in sy

veldnotas aangeteken dat hier duisende

swartwildebeeste, sebras en blesbokke

rondloop, maar die daaropvolgende

generasies het die dierebevolking

aansienlik uitgedun. Tans word daadwerklike

pogings aangewend om wild

in die gebied te hervestig en kan jy

tien bokspesies hier sien. Dit sluit in

eland, swartwildebees, rooihartebees

en die skugter oorbietjie. Besoekers

met wakker oë sal ook die rooijakkals,

rooikatte en bontmuishond hier opmerk.

Voëlkykers sal ’n besoek geniet.

Met meer as 200 spesies is Golden

Gate die waarskynlik die beste

voëlkykbestemming in die Vrystaat,

en dit sluit skaars spesies in soos die

lammergeier ("bearded vulture") en die

wildekalkoen ("bald ibis").

Daar loop ’n openbare pad deur

Golden Gate, die R712. Jy kan dus dalk al

’n bietjie diere vanaf die hoofweg sien.

Om egter die meeste van jou besoek te

maak, moet jy die moeite doen om een

van die twee sirkelpaaie te ry.

Die Oribi-sirkelroete is 4,2 km lank

en neem jou weg van die hoofpad

na die noordwestelike hoek van die

park. Hier het jy ’n mooi uitsig oor die

Rooiberge. Omtrent halfpad op die roete

is daar ’n groot skuiling vir voëlkykers,

waar ’n voedingskema karkasse uitsit

vir die aasvoëls in die park. Hierdie

“aasvoëlrestaurant" is dalk jou beste

geleentheid om die lammergeier te sien

of af te neem. Jy is nie altyd so gelukkig

om hierdie voëlspesies te sien nie, so vra

die park se kantoor wanneer hulle die

volgende karkas gaan uitsit.

Omtrent 1 km oos van die park se

kantore is nog ’n wildkyk-sirkelroete –

die 6,7 km lange Blesbokroete. Hierdie

roete swenk vroeg weg van die hoofpad

en loop verby die Langtoondam. Daarna

neem dit jou suidwaarts oor groot

grasvlaktes waar jy groot troppe sebras,

hartebeeste en swartwildebeeste

behoort te sien.

Die gebied loop deur mooi sandsteenformasies.

Beplan dus jou rit vir vroegoggend

of laatmiddag, wanneer jy die

kenmerkende goue gloed sal kan sien.

Pak ’n piekniekmandjie en hou stil by

die Zoeloehoek- of Generaalskopuitkykpunte.

Jy sal vinnig hier van die res

van die wêreld vergeet.

Bring jou stewels en stapstok

Golden Gate se grootste trekpleister

is ongetwyfeld sy verskeidenheid

staproetes. Daar is iets vir almal, vanaf

ernstige bergklimmers tot iemand

wat net ’n bietjie wil drentel. Danksy

die ongelooflike topografie is jy ’n

skouspelagtige uitsig gewaarborg,

ondanks in watter rigting jy wil stap. >

33

WINTER 2021 | AA Reisiger

Die R712 is 'n prentjiemooi

openbare pad wat

deur Golden Gate loop

Jy kan dalk al 'n bietjie diere

vanaf die hoofpad, die R712, sien

34

Ses roetes van verskillende lengtes

begin by die Glen Reenen-ruskamp.

My oggendstappie na die spits van die

120 m hoë Brandwagrots het minder as

'n uur geduur. Op pad ondertoe het ek

die Boskloof-roete bygelas, ’n heen-enterug-voetpad

wat jou deur ’n welige

vallei neem.

Daarna het ek die nabygeleë Echokloofroete

gedoen, wat my deur pragtige

sandsteenklowe geneem het.

Ek was verstom oor die loodregte

klipmure aan weerskante van my, wat jou

uiteindelik na ’n groot grotsaal neem.

Hier het ek verskeie briefies en kerse

gesien, en besef dat hierdie ’n heilige

plek is wat deur mense vir aanbidding

gebruik word.

Op pad terug het ek die ompad geloop

na Mushroom Rock, nog ’n prominente

koppie wat sigbaar is vanaf die hoofpad.

Jy kan eers sy grootte waardeer

as jy direk onderkant dit staan. Dis

ongetwyfeld die grootste sampioen wat

ek nog gesien het!

Deur die Brandwag-, Boskloof-, Echoen

Mushroom Rock-roetes aan mekaar te

las, het ek omtrent drie uur lank gestap.

(Afsonderlik behoort dit jou omtrent ’n

Dieper in die

park ontdek

jy pragtige

uitsigte oor die

Drakensberge en

heelwat sebras.

uur per roete te neem.) Al die stappaaie is

gesinsvriendelik. Nog ’n uur lange roete,

Holkrans, begin by die hotel se chalets.

Die Katedraalgrotroete is ’n maklike

vier uur lange begeleide staproete na dié

sandsteengrot wat dikwels ’n waterval

het wat in ’n natuurlike rotspoel eindig.

Dis hier waar die seldsame wildekalkoene

kom broei. Daarom is die roete gesluit in

November. Omdat die staptog begeleid

is, is bespreking verpligtend. Minimum

van vyf mense is nodig.

As jy lus het vir ’n groter uitdaging, kies

die vier uur lange Wodehouse-roete.

Dit begin en eindig by die Glen Reenenkamp.

Die roete neem jou verby die

Brandwagrots en na die top van die berg,

waarna jy verby Mushroom Rock stap en

weer terug kamp toe.

Die laaste roete, die twee dag lange

Ribbok-roete, neem stappers op ’n tog

van 28 km deur van die mees afgeleë

dele van die park. Jy moet matig fiks

wees vir hierdie een. Jy moet jou eie

kookgereedskap en slaapsak dra. Die

oornaghut het slegs matrasse.

AA Reisiger | WINTER 2021

Parke

GOED

OM TE

WEET

TOEGANG Daar loop 'n hoofpad

deur die park wat gratis is,

maar jy moet die daaglikse

bewaringstarief betaal (R59

per volwassene, R29 per kind,

gratis as jy 'n Wildcard het)

om toegang te kry tot die paaie

met wild, staproetes en ander

aktiwiteite in die park.

HOE KOM JY DAAR? Golden

Gate is omtrent drie en 'n

halfuur suid van Johannesburg.

Ry op die N3 na Harrismith om

die park vanaf die oostekant

in te gaan (op die R712). Of ry

via Bethlehem en Clarens vir

toegang vanaf die weste.

BESTE TYD OM TE GAAN

Golden Gate kry somerreënval

by die emmers vol. Van

November tot April kom

donder storms algemeen hier

voor. Beplan jou besoek vir laat

somer of herfs wanneer die

ergste reën verby is, maar die

landskap groen is. In die winter

daal die temperatuur hier tot in

die minusse.

KOS EN BRANDSTOF Die

Glen Reenen-ruskamp het

'n vulstasie, winkeltjie en

restaurant. Clarens is net 22 km

van die park af as jy iets meer

nodig het.

BESPREEK BY 058 255 1000 of

sanparks.org/bookings

As jy verkies om saans jou eie vuurtjie

op te steek, bly in een van die 34

selfsorgchalets langs die hotel.

’n Klipgooi verder (langs die park

se kantoor) is die Glen Reenenruskamp.

Hier is ook ’n verskeidenheid

selfsorgeenhede (rondawels en

familiekothuise wat twee tot ses mense

kan huisves). Oorkant die pad is die

kampterrein – een van die mooiste plekke

in Suid-Afrika waar jy ’n tent kan opslaan.

As jy ’n bietjie meer afsondering wil hê,

bespreek die Noord Brabant-plaashuis

(slaap 6), ’n selfsorgeenheid 6 km vanaf

die Glen Reenen-ruskamp. Dit is ’n

pragtige gerestoureerde klipopstal met

houtplafonne en antieke meubels.

Die mooiste verblyf in die park is egter

die Highland Mountain Retreat. Dié

houthutte is op ’n hoogte van 2 200 m

geleë, en die agt luukse hutte in die

noordelike deel van die park (toeganklik

vanaf die Oribi-sirkelroete) het ’n panoramiese

uitsig oor die Maluti's. As jy hier

slaap, voel dit vir jou of jy tussen die

aasvoëls en arende slaap.

As jy belangstel in die Basotho-kultuur,

besoek die Basotho-kultuurdorpie, wat

selfsorgverblyf in rondawels aanbied. Die

stat is volgens die Basotho se wêreld van

die 18de eeu ingerig.

In die omgewing

By die Basotho-kultuurdorpie kan

besoekers vir een van drie begeleide toere

aanmeld. Die museumtoer fokus op die

Basotho se geskiedenis en leefwyse, die

kruieroete is ’n staptog deur die veld waar

’n tradisionele geneser jou aan sekere

medisinale plante voorstel, en die kulturele

toer fokus op die Basotho se oorsprong en

erfenis.

By die Gladstone-stalle (naby

die westelike ingang van die park)

kan jy perdry. By die Wilgenhofomgewingsopvoedingsentrum

kan die

avontuurlustiges abseil of in ’n kano roei

op die Gladstone-dam. As jy egter in ’n

vakansieluim is en nie te veel opwinding wil

hê nie, pak net ’n piekniekmandjie en kuier

die dag by die Meriting-piekniekplek naby

die Brandwagrots.

Die Golden Gate- Hooglandpark is dalk

klein vergeleke met die ander nasionale

parke, maar jy sal beslis nie verveeld wees

nie. Trouens, jy sal waarskynlik moet

terugkom omdat jy nie alles op een besoek

kan inpas nie. Die omgewing is ontsaglik ryk

aan natuurlike skoonheid, geskiedenis,

versteekte juwele en unieke dierelewe.

Golden Gate is immers die land van die

dinosourusse, lammergeiers en gloeiende

sandsteenformasies.

35

Kantoorure is Maandae tot

Sondae van 07:00 tot 17:30.

Foto's Evan Naudé.

Soete nagrus

Of jy nou verblyf soek met kraakvars

lakens en kamerdiens, verblyf wat jou aan

’n nuwe kultuur sal blootstel, of sommer

net ’n lappie grond om jou tentpenne in

te slaan, Golden Gate het iets vir jou.

Die Golden Gate-hotel het 54 kamers,

waarvan baie ’n skouspelagtige uitsig

oor die park se ikoniese kranse het.

Hier kry jy al die geriewe wat jy van ’n

goeie hotel verwag: ’n skemerkelkkroeg,

koffiedrinkplek, sportkroeg en restaurant.

Met twee wildkykroetes

en agt staproetes

is hier baie te doen

WINTER 2021 | AA Reisiger

Naweekwegbreek

IN DIE

WOLKE

DEUR MELANIE VAN ZYL

Bermanzi se Back to Base-staproete oor twee dae is perfek vir 'n naweek.

Trek jou stapstewels aan en kom geniet die natuur.

36

Ons teug aan ons koue

wyn en klink met ons

kampglasies. Nadat

ons mekaar maande

lank nie kon sien nie

weens Covid-19, het twee vriende van

Mbombela saam met my en my vriend

kom uitspan by die Vakashani-gastehuis

naby Badplaas in Mpumalanga.

Dis ’n luilekker drie uur lange rit

vanaf Johannesburg, ideaal vir ’n

Vrydagmiddag ná werk. So hier sit ons

en kuier saam met Mia en Hank op die

pragtige Bermanzi. Ons sit op die breë

klippe en sonbak soos dassies in die

laaste son voor skemer. Eers as die wind

opkom, gaan soek ons skuiling in die

beskutte boma van ons rietdak-blyplek.

Vakashani-gastehuis is een van drie

verblyfopsies by Bermanzi, maar het

ongetwyfeld die beste uitsig van almal.

Ons pretensielose dubbelverdiepinghuis

voel asof dit op die rand van die wêreld

staan en kyk uit oor die kranse en klowe

van Emgwenya (Waterval Boven) en

eNtokozweni (Machadodorp). Vanaand

gaan ons braai! Moreoggend sal ons in

die voue van die berg verdwyn.

DIE MOOISTE ROETE

Ons word die Saterdag rustig wakker.

Die sonsopkoms is net so skouspelagtig

soos gisteraand se sonsondergang. Ná

koffie en ontbyt op ons stoep, pak ons

’n piekniek-middagete en vertrek op ons

12 km lange sirkelroete. “Ek wil nie spog

AA Reisiger | WINTER 2021

Bermanzi is een van verskeie eiendomme wat

aanvanklik die Num-Num-staproete gevorm het,

wat nou die High Five-roete genoem word.

37

Baie stappers

beskou dié roete

as die mooiste

een in die

omgewing.

WINTER 2021 | AA Reisiger

Naweekwegbreek

38

nie, maar stappers sê dikwels ons roete

is die mooiste stap in die omgewing,”

sê die eienaar van Bermanzi, Attie van

Niekerk, wanneer hy vir ons die roete op

’n papierkaart uitlê.

Bermanzi is een van verskeie

eiendomme wat aanvanklik die Num-

Num-veeldagstaproete gevorm het. Jy

kan vandag nog steeds hierdie paaie

verbind om ’n lang roete te vorm, maar

dit word nou die High Five genoem.

Attie het gesê dit sal min of meer ses

uur duur om die roete te voltooi. Ons

trek om 9:00 weg en beplan om halfpad

piekniek te hou.

Die eerste stuk van die pad loop

ondertoe op ’n ou wapad. Tydens

die Anglo-Boereoorlog het plaaslike

families hierdie einste roete gevolg

om onder in die vallei te gaan skuiling

soek, en later stap jy verby die ou

veekrale. Ons loop verby die verweerde

kransrante en beland in ’n klofie. Van

daar af kronkel die pad rustig langs

die berghelling af voordat ons weer

onseremonieel in die uitgestrekte

grasvelde uitgespoeg word.

As Mia oor die rant uitkyk in die

rigting van Barberton, sien sy groot

aalwyne en suikerbossies in die verte.

Pers veldblomme versier die pad, en

ons stap verder op die gemaklike

kontoerpad terwyl ons die wonderlike

uitsig oor die Komativallei aan ons

regterkant geniet. Die roete is duidelik

gemerk en daar is ekstra wit voetspore

wat op strategiese rotspunte geverf is.

Ons behoort nie te verdwaal nie, maar

as ons sou, het ons Attie se papierkaart

by ons.

Ná omtrent ’n uur daal die pad met

nog ’n kontoerlyn en bevind ons ons

in ’n beboste ravyn, waar ons op ’n

skaduryke pad langs ’n stroom stap. Ons

wyk effens van die pad af sodat ons by

’n rustige rotspoel langs kan gaan - een

van verskeie swemplekke op die roete -

en Hank is dapper genoeg om die ysige

water aan te durf. Bermanzi beteken

“berg waar die water is”, en die berg

doen sy naam beslis gestand.

Daar is langs die pad ’n paar lere en

hangbrûe. Hoewel alles sterk en stewig

is onder ons stapstewels, besluit ons

om een-een oor te gaan. Tot dusver

Die uitsig

maak die klim

die moeite werd

GOED

OM TE

WEET

GROENVLAG-STAPROETE-KLASSIFIKASIE: Die Bermanziroete

is 'n selfbegeleide tweedagstaproete met selfsorgverblyf.

OMGEWINGSKARAKTER: Ongerep

VERBLYF: Vakashani-gastehuis het twee slaapkamers

en een slaapsaal met uitstekende selfsorggeriewe. Bring

steenkool vir die braai (jy kan indringerhout koop vir braai,

maar dit brand vinnig uit). Dit kos R2 000 per nag vir een

tot ses mense, en jy kan gratis stap as jy oorslaap.

STAPROETES: 12 km op die eerste dag en

4 km of 8 km op die tweede dag.

MOEILIKHEIDSGRAAD: Gemiddeld

GERIEWE EN OMGEWING: Goed en omgewingsvriendelik

BESPREEK: bermanzi.co.za

AA Reisiger | WINTER 2021

Die hangbrug is stewig, maar

ons steek dit een-een oor.

was die roete taamlik mak, en ons loop

vir ’n lang ruk langs die kabbelende

Bankspruit in die rigting van die plek

waar ons middagete wil eet.

Vir die laaste ruk moet ons egter die

heerlike skadu, swemgate en inheemse

plantegroei agterlaat. Die pad kronkel

deur ’n rotsagtige gedeelte. Maar

kort voor lank staan ons trots aan die

voet van die Uitkoms-waterval, die

naashoogste waterval in die provinsie

(die Lisbon-val op die Panorama-roete

is die hoogste). Ons pak ons piekniekete

uit en bewonder die dramatiese val.

Met kaas, beskuitjies, koffie en vrugte

agter die blad, sien ons kans vir die

laaste deel van die roete. Terwyl ek my

rugsak op my rug tel, dink ek aan die ou

sêding: Alles wat áf moet weer óp! Ons

begin weer die klim na die plato bokant

ons.

Hier en daar moet ons soos dassies

klouter, maar behalwe vir een of twee

steil dele, is die staptog baie ontspanne

en is die uitsig aan die bokant ’n goeie

beloning vir die harde werk.

Ons stop vir ’n oomblik om

die pragtige stam van ’n stokou

geelhoutboom te bewonder en staan

’n rukkie later aan die bokant van ’n

majestueuse geelhoutboom.

Van hier af is die uitsig fantasties,

maar ek is meer beïndruk met die

roete wat ons tot hier gekry het. Jy sien

die pad deur smaraggroen rivierwoud

kronkel en ons is in ons skik met die tyd

waarin waarin ons dit afgelê het. Dis net

’n maklike stappie oor plaaspaaie tot by

die Vakashani-gastehuis. Die hele roete

- ons piekniekete ingesluit - het ons net

langer as vyf uur geneem, wat ons nog ’n

goue namiddag gee vir saamkuier.

Daardie aand besluit ons om die vuur

dat dit die verskeidenheid van landskappe

en die uiteenlopende terreine is

wat die roete so lekker maak. Ons is

almal lus om dit nog een keer te beleef,

en besluit om die volgende oggend die

roete oor 8 km aan te pak. Met die

watervalle, swemplekke, woude en velde,

is die roete nie net lig op die sak nie,

maar ook sag op die oog.

39

WINTER 2021 | AA Reisiger

Winterwegbreek

IN DIE OË

40

Suid-Afrika is geseën met ’n paar bestemmings wat

uitmuntend is vir sterrefotografie en die Karoo in die

winter is ideaal daarvoor. Gerda Engelbrecht het een

nag op Rogge Cloof buite Sutherland deurgebring.

Stel die ISO op sowat

400 en hou die sluiter vir

minstens 20 minute oop.

Onthou om die fokus op

oneindigheid te stel.

Ek staan vir ’n oomblik

heeltemal gedisoriënteer in

die donker, nie seker watter

kant toe nie. André Jordaan,

die oordbestuurder op Rogge

Cloof, sowat 10 km buite Sutherland,

het vroeër die middag vir my belowe

hy gee my ’n bottel van die reservaat se

uitsoekwyn as ek vir hom ’n nagfoto van

die nuwe wooneenheid op Rogge Cloof

neem, met die Melkweg as agtergrond.

Ek het gretig ingestem. Die eenheid

is net ’n paar honderd tree van my

verblyfeenheid in die Wolskuur af, en

ek het in die daglig gaan kamerahoeke

toets en ’n plek gesoek waar ek my

driepoot kan staanmaak. Maar die

nagdonker hier diep in die veld buite

Sutherland is inderdaad ’n 1 op die

Bortle-skaal (sien die kassie op bl. 43)

– so donker dat ek nie my rigting kry

nie. Waar ek gedink het die huis moet

wees, is nou ’n sandwal, en die pad is

skoonveld. Loop ek nog in die regte

rigting? Ek het ’n flits by my, maar dis

donkermaan en die flits se strale word

enkele sentimeters verder deur ’n groot

gapende donker leemte ingesluk. Dit

is dan hoe nágdonker lyk. Ek weet

inderdaad nie watter kant toe nie.

Gelukkig is daar ’n windpomp wat

in die ligte aandbriesie kreun en my ’n

aanduiding gee van die rigting waarin

ek my huisie moet soek, anders sou

ek eerlikwaar paniekerig geraak het.

Dis moeilik om vir ’n stadsmens te

verduidelik hoe donker dit in die veld

in die Karoo kan raak. Veral as daar

nie maanlig is nie, maar dis juis dié

eienskap waarna jy soek as jy foto’s van

die naghemel wil neem.

Kollegas het voor my vertrek my

gemaan om ’n app af te laai om my die

Melkweg te help opspoor, maar reeds

om agtuur die aand was dit so donker

hier op Rogge Cloof dat die Melkweg

kristalhelder voor jou in die lug gehang

het. Dis onbeskryflik mooi.

NUWE HORISONNE

Ek het toevallig leepoog na verblyfplekke

op Sutherland gekyk en op

Rogge Cloof afgekom toe ek onverwags

’n oproep van Canon kry. Die splinternuwe

Canon EOS Ra het pas in Suid-

Afrika aangekom en Canon sal ’n nuwe

model vir ’n week lank vir my leen. (Een

van die lekkerste byvoordele van my

werk.) Dié kamera is in Canon se reeks

enkelraam-spieëllose kameras en die

handelsmerk se eerste een in dekades

wat spesifiek op sterrefotografie gemik

is. Ek kon die versoeking nie weerstaan

nie.

Rogge Cloof, ’n wild- en donkernagreservaat

(“dark sky reserve”), het

behoorlike hoë spoed internet, wat hulle

gratis aan besoekers beskikbaar stel. Dit

beteken dat ek vir ’n nag of twee kan

oorbly. Bedags kan ek my gewone werk

doen danksy die internet, en saans neem

ek sterrefoto’s. Ongelukkig het ek my

41

WINTER 2021 | AA Reisiger

Winterwegbreek

42

misreken met een van die langnaweke,

waarvoor Rogge Cloof volbespreek was.

As ek bereid is om selfsorg te bly en self

te kook, kan ek maar kom, het Corlia

Janse van Rensburg, wat my bespreking

behartig het, genooi, maar die sjef is

besig om voor te berei vir die naweek se

besoekers. Ek kan ook net een nag bly.

Ek het besluit een nag op Sutherland is

beter as niks.

Ek het dus op ’n Donderdagoggend

uit Kaapstad vertrek en net na middagete

by Rogge Cloof aangekom. Die

reservaat is maklik om te kry, dit is op

die R354 (die pad na Sutherland), en

die hoofingang is sowat 10 km buite

die dorp. Van die hoofingang af is dit

nog sowat 11 km oor die reservaat op ’n

goeie grondpad – Corlia het droogweg

Die infrarooifilter laat die

blou effens blouer vertoon,

maar die kleure is geensins

verwring nie

opgemerk dat ek die eerste een is wat

met ’n Mini daar aankom. Hoewel

Rogge Cloof ook vyf jagluiperds op die

reservaat het, het ek net springbokke

en bontebokke gesien. Ná 11 km kry

jy ’n geëlektrifiseerde heining en ’n

tweede hek, en dan wag die vriendelike

personeel van Rogge Cloof jou in.

Die reservaat se geriewe is pragtig en

kan in totaal sowat 50 mense huisves.

Die Rittersaal is ’n gerestoureerde

plaasopstal uit die 1700’s en het so ’n

effense Middeleeuse gevoel. Die ontbytvertrek

net langsaan het glasmure aan

twee kante sodat die Karoo-omgewing

na binne genooi kan word.

Die reservaat bied ’n verskeidenheid

van verblyf, vanaf enkelvertrekkothuise

vir twee mense tot by huise wat agt

mense akkommodeer. Baie daarvan is

ingerig in geboue wat oor die eeue heen

op die plaas gebou is. André wys vir my

trots hoe hulle van die ou kenmerke

van die geboue in die nuwe ontwerp

ingesluit het, soos die draad waarmee

hulle die wol gesif het in die eenheid

waar ek oornag. Dit voel soos huis.

Al die eenhede het houtstowe, en die

reservaat voorsien houtstompies in die

winter, want Sutherland is sprokiesmooi

wanneer die streek sneeu kry.

Ek sit die nag met my koffiefles en

waghou by die kamera. Jy hoef nie, ’n

dief kan nie naby kom nie, maar ek is

bang as ek die peperduur Canon iewers

neergesit het, kry ek hom nie weer in die

piknagdonker nie. Buiten die huil van

die windpomp is daar ook geen ander

geluide nie. En ek voel hoe die vrede

van Sutherland oor my daal.

Piknag-Bortle-donker

Hoe donker is donker?

Sutherland is ’n 1 op die

Bortle-skaal, ’n negevlaknumeriese

skaal waarmee die

helderheid van die naghemel

aangedui word. Dit kwantifiseer

die sigbaarheid van die

sterre en hemelliggame, en

die vlak van ligbesoedeling

wat dit onmoontlik maak

om dié liggame te sien.

John E. Bortle het die skaal

geskep en gepubliseer in die

Februarie 2001-uitgawe van

die tydskrif Sky & Telescope

sodat amateur-astronome

en astrofotograwe iets het

waarmee hulle die donkerheid

van verskillende terreine

kan meet. Die skaal wissel

van Klas 1 – die donkerste

naghemel moontlik – tot by

klas 9, wat gewoonlik die naglig

in die middestad is. Die skaal

gebruik verskeie kriteria om

die donkerheid te bepaal, en nie

net waarneming met die blote

oog nie. Klas 1, die vlak waarop

Rogge Cloof is, vereis dat

• die sodiaklig sigbaar is

• M33 (die Suiderdriehoek) met

die blote oog gesien kan word

• die Melkweg ’n ooglopende

skadu werp

• luggloed sigbaar is

• Jupiter en Venus

nagsigaanpassing bemoeilik

• die omgewing rondom jou

basies onsigbaar moet wees

(soos dit inderwaarheid was).

AA Reisiger | WINTER 2021

Sterrefotografie 101

WAT HET JY ALLES NODIG:

• ’n Bestemming wat werklik donker is. Selfs

in die nag kan straatligte nagfotografie in

die wiele ry. Daar moet so min as moontlik

mensgemaakte lig vir kilometers ver wees,

wat beteken dat jy ver van die beskawing

moet bly.

• ’n Kamera waarvan die sluiter lang tye

kan oopbly. Kyk uit vir ’n verstelling soos

“bulb-mode”, wat gewoonlik met ’n groot

B aangedui word. Sommige kleiner miken-druk-kameras

het ook verstellings vir

nagfotografie wat verstommend goed werk.

Kyk onder “scenes”.

• Iets waarmee jy die kamera kan stabiliseer,

soos ’n driepoot. As die sluiter egter 40

minute oopbly, is ’n driepoot nie altyd stabiel

genoeg nie. Ek het die kamera op ’n swaar

sandsak op die grond of op ’n kombuisbankie

staangemaak. In die Karoo werk groot, plat

klippe ook goed.

• ’n Afstandbeheerder vir jou sluiter – jy koop

dit deesdae vir taamllik goedkoop by Orms

of takealot. Dit voorkom dat die kamera

beweeg wanneer jy die sluiter druk.

• Baie ure se geduld. As jy die Melkweg

afneem, gaan die lens sowat 30 sekondes

lank oopbly, maar vir sterbane sowat 40

minute. En teen 40 minute per foto, kan jy jou

voorstel dat jy nie baie sulke foto’s per aand

kan neem nie. Dis ’n bonus as jy die kamera

op ’n plek kan opstel en dit daar los, maar jy

kan nie altyd nie. Dan moet jy in die donker

staan en wag. Pak die koffiefles in en neem

iemand saam om jou geselskap te hou.

HOE MAAK JY?

Oefen, oefen, oefen. Foto’s van die Melkweg

neem jy met ’n hoë ISO (sowat 3600 in my

geval) en ’n sluiterspoed van 30 sekondes of

minder. As jy sterbane (“star trails”) afneem,

verstel die ISO tot so laag as 400, en hou die

sluiterspoed vir tot 40 minute oop. Omdat die

Canon EOS Ra so ’n supersensitiewe filter

het, het ek die beste resultate teen 20 tot 25

minute gekry. Onthou om die kamera se fokus

op oneindigheid te stel (dit lyk soos 'n 8 wat op

sy sy lê).

"...om agtuur

die aand was

dit so donker

hier op Rogge

Cloof dat

die Melkweg

kristalhelder

voor jou in die

lug gehang

het. Dit is

onbeskryflik

mooi"

43

WINTER 2021 | AA Reisiger

Winterwegbreek

My indrukke van die Canon EOS Ra

44

Die EOS Ra het presies dieselfde spesifikasies

as die Canon EOS R, maar het ’n sterker

infrarooi-filter wat die kamera in staat

stel om vier keer soveel waterstofalfa-lig

(“hydrogen alpha light”) deur te laat,

vergeleke met ’n ander EOS R-kamera. Dit is die

kenmerk wat hom ’n doring in die nag maak. Die

kamera is by uitstek ingerig vir astrofotograwe. Jy

kan byvoorbeeld die 30x-vergrotingsfunksie op die

kamera se venster gebruik om jou foto’s daar en

dan te evalueer – belangrik, omdat die verstellings

vir nagfotografie na gelang van die omstandighede

aangepas word en nie alle fotograwe van die eerste

probeerslag af dit regkry nie.

Die feit dat die raakskerm teen verskeie hoeke kan

draai maak dit vir jou makliker om die kamera teen

interessante hoeke op rotse of muurtjies neer te sit,

sonder dat jy in die stof hoef rond te rol. Die EOS Ra

kan ook op ’n teleskoop gemonteer word vir ernstige

astrofotograwe.

Dit kan tydsverloopvideo’s teen 4K vasvang en het

’n ISO wat tot by 40 000 opgeskuif kan word. Ek is spyt

dat ek nie tyd gehad het om dit ook te toets nie, maar

dit gee my ’n verskoning om die kamera ’n tweede keer

te leen.

Canon het hiermee saam vir my die wyehoek RF

15-35mm f/2.8L IS USM-lens geleen,

wat waarskynlik beskou kan word as sy

vlagskiplens vir die RF-reeks.

Sal ek die kamera aanbeveel? Dis

’n harde ja van my af. Van die tweede

foto af het ek my voete gevind. Ná

30 sekondes op die driepoot het die

naghemel skitterblink op die kamera

se venster gesit. Met die sterbane het ek

een oorbelig omdat die sluiter te lank

oop was, maar daarna verstommende

resultate gesien. Dit is moeiliker in die

donkerte om jou komposisie reg te kry,

daarom is my horison nie altyd plat nie,

DIE REEKS

Canon EOS RF:

Sowat R22 000

(slegs die kamera)

Canon EOS R: Sowat

R30 000 (slegs die

kamera)

Canon EOS Ra:

Sowat R53 000

(slegs die kamera)

Canon EOS R6:

Sowat R45 000

(slegs die kamera)

Canon EOS R5:

Sowat R80 000

(slegs die kamera)

maar dit skep ’n dramatiese effek. As jy in ag neem dat

hierdie foto’s my eerste twee uur met die kamera was,

kan jy jou net voorstel wat die gehalte sal wees as jy ’n

jaar lank hiermee foto’s neem.

In ander resensies op die internet het mense

gewaarsku dat jy die EOS Ra nét vir nagfotografie kan

gebruik omdat die infrarooiligmeter gewone kleure

in die daglig verwring. Ek het egter gevind dat die

Karoo-lug in daglig dalk bietjie blouer vertoon, maar

geensins verwronge is nie. Foto’s van binne ’n donker

vertrek was helder danksy die ligsensitiwiteit. Dit is dus

onsin dat jy nie die kamera vir gewone fotografie kan

gebruik nie.

Die EOS Ra is egter by uitstek ’n kamera vir

nagfotografie en gaan waarskynlik slegs ’n ernstige

opsie wees as ’n tweede kamera wat jy in jou kamerasak

saamdra.

Ek is dol op nagfotografie en sal daarvan hou om

so ’n kamera tot my beskikking te hê. Om elke maand

nagfoto’s op verskillende plekke in die land te neem:

die Sederberge, Gannagabos buite Calvinia, Namibië,

die Kalahari-woestyn en die Kgalagadi, Gamkaskloof

buite Calitzdorp, Anysberg buite Ladismith. Hierdie

kamera sal vir groot pret sorg in die afgeleë dele van

Suider-Afrika. Ek het ’n paar keer hardop gewens

dat ek die Canon EOS Ra na Ysland of Skandinawië

kan neem om die Noorderligte (die aurora

borealis) af te neem. Ek was al by albei

bestemmings, maar my foto’s was so-so,

en ek dink ek sal baie beter kan vaar

met die EOS Ra.

Die EOS Ra is egter nie goedkoop

nie. As jy in daardie prysklas kan koop

(R52 000 vir die kamera sonder die

lens), stel ek voor dat jy ook na die

Canon EOS R en EOS R6 kyk, wat

albei leiers in hul klas is en briljant is

vir voël-, wild- en makrofotografie, én

baie skaflike nagfoto’s in Sutherland en

Tromso, Noorweë, kan afneem.

Foto's op dié blad: verskaf

AA Reisiger | WINTER 2021

Praat met ons

@ Poopourri_SouthAfrica

021 913 3962 | www.poopourri.co.za

Versprei deur FMCG 1 Sales.

BESKIKBAAR BY:

Lieflike

LANDSKAPPE

Ons woon in ’n pragtige omgewing! Hier is 10 wenke om jou te help om landskappe

vas te vang en jou fotografie na die volgende vlak te neem.

ARTIKEL & FOTO'S SAMANTHA REINDERS

46

Landskapfotografie is ongetwyfeld een van die

lonendste en lekkerste vorms van fotografie. Wie

wil nie meer tyd buite deurbring om die vars lug

in te asem en die natuur te geniet nie? Of jy nou

’n groentjie of ’n gesoute fotograaf is, hier is die

beproefde wenke om jou berge meer majestueus te

maak, jou landerye eindeloos te laat lyk en jou wolke

dramaties. ’n Werklike wonderlike landskapfoto is

die perfekte toevoeging tot jou fotografieportefeulje

en die ideale manier om oe-la-la's op Instagram te

kry (as dit vir jou belangrik is).

AA Reisiger | WINTER 2021

Fotografieslypskool

TOERUSTING

Oor die algemeen, hoe hoër die resolusie van jou kamera, hoe beter

vir landskapfoto's. Hoewel die perfekte kamera nie bestaan nie, het jy

minstens 'n lensopening van f16 of f22 nodig (sommige brugkameras

laat dit nie toe nie). Sien wenk 7 vir die beste lensopsies. Maar, die beste

kamera is die een wat byderhand is, en sommige van hierdie wenke kan

jy selfs vir selfoonfotografie gebruik!

1. DOEN JOU

HUISWERK

As jy die regte omgewing gekry

het, is die helfte van die stryd al

gewonne. Doen moeite om unieke,

koel plekke te ontdek wat nog

nie duisende kere afgeneem is

nie. As dit ’n plek is wat gereeld

afgeneem word, kry ’n unieke hoek.

Jy gaan dalk vind dat die snuffel

vir nuwe plekke die lekkerste

deel is van landskapfotografie.

Om meer oor ’n ligging uit te vind,

gebruik Google en aanlynkaarte

of gesels met die locals, toeriste

of die plaaslike toerismekantoor.

Sommige fotograwe gebruik

“geotags” wanneer hulle foto's op

webwerwe soos Flickr plaas. Hou dié

besonderhede dop. Beplan volgens

die beste tyd van die dag vir die lig.

Daar is selfs programme waarmee

jy kan visualiseer hoe die ligging op

’n spesifieke tyd van die dag sal lyk.

Sonlig- en maanposisies gee jou al

die inligting vir die perfekte toneel.

2. DINK GROOT

Om ’n toneel se uitgestrektheid te

beklemtoon, het jy baie velddiepte (’n

groot f-stop, soos f16/f22) nodig. Dit sal

jou laat voel dat alles in fokus is.

Waarop fokus jy?

As jy ’n onderwerp in die landskap het –

’n mens, boom of enige voorwerp wat jou

fokus anker en jou in die landskap inlei

– fokus daarop met die outofokusstelsel

of met die hand. As die landskap geen

met die hand fokus en dit op oneindig

stel (kyk vir ’n figuur 8 wat op sy sy lê).

Dan sal die grootste deel van die foto

in fokus wees. ’n Goeie voorbeeld van

wanneer jy die oneindigheidsverstelling

gebruik, is wanneer jy die Melkweg

afneem. (Lees die artikel op bl. 40.) Jou

kamera kan sukkel om outomaties op

’n punt in die verte te fokus. Verstel dan

die fokus met die hand op oneindig,

In watter modus moet ek skiet?

onderwerp het nie, moet jy die kamera Die meeste kameras gebruik klein >

47

WINTER 2021 | AA Reisiger

Fotografieslypskool

48 ikone om vir jou verskillende modusse

aan te dui. Vir portretfotografie is daar

gewoonlik ’n tekentjie van ’n persoon

in ’n raam. Landskapverstellings word

gewoonlik aangedui met ’n ikoon van

’n berg. Hierdie landskapmodus werk,

maar net tot ’n mate. Gebruik eerder die

kamera se kragtiger Av/A-modus (waarin

jy die lensopening stel) vir die beste

resultate. Dit laat jou toe om jou ideale

lensopening te kies terwyl die kamera

die ander verstellings vir jou kies. As jy

’n hoë F-stop gebruik (sê f22), kan die

sluiterspoed baie stadig wees. Daarom

moet jy ’n driepoot saamdra. Koop een

wat stewig genoeg is vir jou kamera (die

driepoot sal die maksimum gewig aandui

wat dit kan dra), maar steeds lig genoeg

is om saam te neem op vakansie.

3. KOMPOSISIE

Tonele waarop daar min gebeur sal

waarskynlik vervelig wees. Stel dus

jou landskap saam soos jy dit met

enige ander foto sou doen. Fokus op

wat vir die kyker interessant is. Let op

die geografiese elemente voor jou en

die wisselwerking tussen hulle. Hoe

beïnvloed die horison die vorm van die

berg of ’n dam? Dink na oor waar hierdie

elemente geplaas moet word. Is daar

skaduwees of weerkaatsings wat jy as

fokuspunte kan benut? Dalk is daar iets

op die voorgrond wat die kyker kan intrek

in die foto. Gebruik die lyne en die reël

van derdes om jou komposisie saam te

stel:

Gebruik die lyne

Leidingslyne doen presies wat hul

AA Reisiger | WINTER 2021

naam sê, dit lei jou oog in die raam in

(of soms by die raam uit, na gelang

van die fotograaf se bedoeling). Kyk vir

voorwerpe soos hawehoofde ("jetties"),

spoorlyne, paaie en grensdrade wat die

kyker kan intrek by jou foto. Dit kan jou

kyker se oog na die fokuspunt lei, of deur

die vloei van die landskap lei. Hoe groter

die F-stop (van f/16 tot f/22) hoe meer

van die toneel sal in fokus wees.

Die reël van derdes

Die derde-reël geld ook vir landskapfotografie.

Die voordeel van landskappe is

dat die fotograaf meer tyd het om oor die

toneel na te dink en die foto saam te stel.

As jou kamera ’n raam in jou beeldsoeker

(“viewfinder“) kan plaas, gebruik dit om

die foto saam te stel. Werk daaraan om ’n

vloei in die foto te skep wat die kyker op

’n reis neem deur die toneel wat jy vaslê.

Waar wil jy hê moet die persoon kyk? Lei

die oog soontoe.

Plaas 'n fokuspunt op die voorgrond

’n Goeie landskapfoto kort diepte. Dit

beteken dat iets op die voorgrond

moet staan: ’n boom, ’n stuk dryfhout,

’n seilboot, of, as die nood druk, jou

reisgenoot! Waar jy ook al is, soek vir iets

wat jy op die voorgrond kan sit wat jou

reis help vertel.

4. VERANDER JOU

PERSPEKTIEF

Soek jy ’n unieke foto? Vind ’n nuwe

perspektief. Sit jou kamera op die grond

vir ’n mier-oog-perspektief of klim bo-op

iets (’n heuwel, jou motor se dak, ’n brug)

vir ’n alternatiewe blik. >

49

WINTER 2021 | AA Reisiger

Photography tips & tricks

Die sogenaamde goue uur kom nie net 'n uur

voor sonsondergang voor nie, maar ook in

die uur ná dagbreek.

50

HET JY NET

'N SELFOON?

Geen probleem

nie. Deesdae neem

die meeste selfone

fantastiese foto's. As

jy voel dat jou selfoon

'n bietjie hulp nodig

het, is daar honderde

opsies. Jy kan lense

koop wat op jou foon

vasgeheg word,

soos 'n wyehoek-,

makro-, telefoto- en

visooglens. Dis baie

handig!

AA Reisiger | WINTER 2021

5. MOENIE DIE FOTO'S

NET REGDOKTER NIE

Daar is niks erger as ’n landskapfoto wat

nie eg lyk nie. As jy die horison aanpas of

jou beligting of saturasie agterna verstel,

kan dit ’n groot verskil maak, maar

moenie te veel op postproduksie en

filters staatmaak om foute in die veld reg

te stel nie. Fokus eerder daarop om die

regte verstellings en tegnieke te kies. Kyk

na jou wit balans (gebruik die verstellings

vir bewolte weer, dit lewer dikwels die

beste resultate, selfs as daar nie regtig

wolke is nie) en verdiep kleure deur

jou beligtingkompensasie (“exposure

compensation”) te manipuleer. Jy kan

ook effens onderbelig (“donkerder skiet”).

Skiet in RAW-modus as jy kan, sodat jy

agterna klein verstellings kan maak.

6. DIE OGGENDSTOND

Stel jou alarm vir douvoordag. Die

sogenaamde goue uur vind nie net ’n uur

voor sonsondergnag plaas nie, maar ook

’n uur ná dagbreek. Moenie die duvet oor

jou oë trek en dit misloop nie. Fotografie

beloon die vroegopstaners. As jy in die

middae foto's neem, gaan jy baie skadu

op jou foto hê. Neem dus liewer in die

middag ’n slapie (om jou eie batterye en

dié van jou kamera te herlaai), en sorg

dat jy vroeg by jou bestemming is vir ’n

landskapfoto. Bewolkte dae is ook beter

as sonsyndae (lees wenk 9).

7. KIES DIE REGTE LENS

Die beste lens vir landskapfotografie

is gewoonlik ’n wyehoeklens, maar

nie altyd nie. Soms wil jy op klein

besonderhede fokus, soos die maan wat

in die verte oor ’n bergspits opkom. Dan

werk 'n zoem- of telefotolens beter. Jy

sal egter jou wyehoeklens die meeste

gebruik. Al is jou onderwerp klein,

gebruik liewer die wyehoeklens en kom

nader daaraan, as wat jy ’n zoemlens

gebruik.

8. MET OF SONDER

MENSE?

’n Landskapfoto met mense? Jy

sal verbaas wees, maar jy sal jou

landskapfoto meer indrukwekkend maak

deur mense as onderwerpe te gebruik.

’n Pragtige uitsig is mooi om na te kyk,

maar as jy ’n mens in die toneel sien, trek

dit jou in die foto in omdat jy jouself in hul

skoene probeer indink. As jy ’n mens of

dier (of selfs ’n element soos ’n motor)

bysit, kan die kyker werklik die skaal en

die omvang van die landskap kry. Bring

’n vriend saam op jou fotografie-avonture

of gebruik jou driepoot en tydskakelaar

sodat jy ’n selfportret kan neem!

9. DRAMATIESE

HEMELRUIM EN DIE

BELANGRIKHEID VAN

WOLKE

’n Vervelige hemelruim beteken ’n

vervelige foto. Terwyl die goue ure

rondom dagbreek en skemer selfs

die mooiste uitsigte mooier kan maak,

oorweeg al jou opsies. Wolke gee ’n foto

dikwels ’n interessante fokuspunt en sorg

vir drama. Selfs ’n paar mooiweerswolke

(cumuluswolke) kan die wêreld se verskil

maak aan ’n andersins oninteressante

landskap. Streepagtige cirruswolke

weerkaats pienk en oranje skakerings

teen sonsondergang. Dramatiese

en kontrasterende cumulonimbus-donderwolke

verander weer die

toon van ’n foto ingrypend. Gebruik

dit in jou komposisie en kyk na die

manier waarop hulle die lig in jou foto

verander. Uiteindelik is dit soos reusebeligtingsbokse

wat alles op jou foto

meer gedemp maak.

10. HOU JOU HORISON

REGUIT

Jou horisonlyn moet reguit wees

(gebruik die raam in jou beeldsoeker).

Maak dan seker jy sny nie per ongeluk

die bokant van jou onderwerp af nie, of

dit nou ’n berg, boom of gebou is. Jy kan

baie doen om ’n so-so foto te verbeter,

maar jy kan niks doen om slegte

komposisie te red nie.

Samantha Reinders is

'n vryskutfotojoernalis

wat lief is om die pad

te vat. Sy het al vir

National Geographic

gewerk en was voorheen

fotoredakteur van Weg/

go! Sy het verlede jaar

aan 'n aangrypende

foto-essay oor die Covidpandemie

in die Oos-Kaap

vir The New York Times

gewerk.

51

WINTER 2021 | AA Reisiger

DEUR GERDA ENGELBRECHT

LUUKSHEID

WANNEER

DIT TEL

As jy tyd in die buitelug deurbring, het jy nie lus vir

koud slaap, ongemaklik loop of boeliebiefetes nie.

AA Reisiger het in die winkel gaan snuffel vir winterartikels.

Hier is ook lekker Vadersdaggeskenke!

52

KOFFIEKAPITAAL

As jy nie lus het om op staptogte kitskoffie te drink nie,

het Roux Bean op Montagu ’n oplossing. Hul sakkies

filterkoffie (koffie-engeltjies) is in ’n kartonomhulseltjie

wat wydsbeen oor enige beker kan staan. Jy gooi net

kookwater by. Die koffie was vars en die sterkte perfek!

PRYS: R55 vir 5 (dit word goedkoper as jy meer

bestel)

BESTEL BY: orders@rouxbean.co.za

JAPTRAP-PAP

Mieliepap is altyd ’n

wenner. Dit kan vir ontbyt,

middag- of aandete geëet

word, is vullend en kan op

’n honderd verskillende

maniere voorgesit word.

A-maize-zing verkoop

klaargaarpap in 250 g en

500 g buise wat maklik in ’n

rugsak of kampkrat ingeglip

kan word. Jy sal aandete

gereed hê lank voor die

tent opgeslaan is. Ook

beskikbaar in polenta.

PRYS: R230 vir ’n boks

met 20 x 250 g rolletjies

BESTEL BY: (of koop die

rolletjies los by sekere

Spar-takke)

AA Reisiger | WINTER 2021

Toerusting

SMAAK SOOS HUISKOS

As jy keelvol is vir tweeminuutnoedels en blikkieskos op jou staptog of 4x4-avontuur, is

hier ’n paar lekker opsies vir jou.

Mamma Afrika is die breinkind van

Catherine Cartwright, ’n Suid-Afrikaanse

4x4-reisiger en multidagstapper wat

“avontuurkos” maak vir buitelugentoesiaste.

Catherine sê sy het op ’n

dag bloot moeg geword daarvoor om op

die lieflikste plekke in die natuur te kom,

en dan smaaklose tweeminuutnoedels

te moet eet. Op die spyskaart vir

middag- of aandete is Marokkaanse

botterskorsie-tagine, Oos-Afrikaanse

grondboontjiebredie, Ethiopiese dahl,

sampioenrisotto en jolof-rys. Die kos

word van natuurlike bestanddele

gemaak en ontwater en is heerlik

gegeur, sonder dat onsmaaklike of

ongesonde byvoegings bygegooi is. Jy

gooi dit eenvoudig in ’n potjie met water

en kook totdat dit weer uitgeswel het.

Die porsies is ruim! Die botterskorsietagine

was die hoogtepunt.

Vir ontbyt het Mamma Afrika vier

keuses van gegeurde hamermout:

appel, kaneel en amandel; nekatrien

en chia; peer en sjokolade; en

mango en borrie. Fantasties!

PRYSE: R20 vir ontbyt en

R85 vir ’n hoofmaal.

BESTEL BY: mamaalles.com

Die Dri Food Co is ook ’n Suid-Afrikaanse

maatskappy wat gedroogde kos vervaardig. Hul

produkte het ’n goeie reputasie onder stappers.

Hulle maak rokerige botterskorsie-en-kalemacaroni,

eiervrugkerrie, groenboontjiebredie,

rooilensie-dahl, patatlensies en Thai-groenkerrie.

Jy kry ook pakkies gedroogde groente:

eiervrug, murgpampoentjie, botterskorsie,

kool, groenboontjies, kale, sampioene, uie,

soetrissies, aartappel, patat, spinasie en tamatie.

Dit sal heerlik werk as jy in ’n stadium skeurbuik

op jou 4x4-vakansie in die diep Bosveld

kry en groente in die potjiekos wil gooi.

Vir ontbyt is daar hawermout in ses geure:

appel en kaneel; piesang en sjokolade; piesang,

pynappel en klapper; rissie, piesang en sjokolade

(héérlik!); “pienk pap” (beet en appel); en “sun

kissed” (peer, botterskorsie en gemmer).

PRYSE: Hoofmaaltye rondom R95; ontbyt

rondom R28 en gedroogde groente vanaf R75.

BESTEL BY: drifoodco.com

SNOESIGE

VOETE

Soms wil jy in die

winter ook net met

’n boek by jou huis

ontspan. Sapmok

se pantoffels is net

so gemaklik soos

dit lyk (ons het dit

getoets!), en die

vellies met wol

aan die binnekant

gaan net so welkom

wees.

PRYSE: R1 350

vir die pantoffels

en R1 600 vir die

vellies

BESTEL BY:

sapmok.com

53

WINTER 2021 | AA Reisigier

Toerusting

54

SLAAP KNUS

Het jy al gewik en weeg met

die tweemantent in die hand

voor die groot staptog, en

dit by die huis laat lê oor die

ekstra gewig wat jy moet

saamsleep – net om die aand

in die nattigheid spyt te kry

daaroor? Campcraft verkoop

ultraligte tente vir stappers.

Die Black Diamond

Spotlight Bivy is ’n

eenmantent met ’n ontwerp

wat die koppe gaan laat draai

in die Vis, maar dit weeg ’n

skrale 510 gram en is 10 x 19 cm

wanneer dit opgevou is. Vir ’n

bietjie meer ruimte, kies die

Black Diamond Firstlight

(1,3 kg en 15 x 33 cm) .

Kyk ook na hul

koolstofstapstokke en

liggewigkooktoerusting.

PRYSE VANAF: Eenmantent

vanaf R4599 en

tweemantent R7699.

BESTEL BY: campcraft.co.za

TRAP DIEP SPORE

Merrell het ’n uitstekende naam onder stappers

en 4x4-ryers en die nuwe Erie-stewel sal niemand

teleurstel nie. Die voorkoms is gemik op mense

wat ’n stapstewel met ’n retro-voorkoms verkies,

maar bevat al die moderne tegnologie om dit

veerlig en betroubaar te maak. Die boleer

is van sy-agtige, waterdigte seemsleer,

en die binnesool is van skuim en

malvalekkersag. Hierdie gaan jou

gunstelingstewels wees.

PRYS: R2 399

BESTEL BY:

merrell.co.za

TREK JOU SOKKIES OP!

Stappers praat dikwels oor skoene, maar nie

naastenby genoeg oor sokkies nie. As jy sukkel

met blase op staptogte, is dit dikwels nie jou

skoene se skuld nie, maar jou sokkies. Hier

is twee pare staatmakers deur Falke en een

nuweling wat jou probleme kan oplos. Daar is

opsies vir versteekte sokkies (“hidden socks”) wat

jy by tekkies kan dra, maar ek verkies ’n langer

sokkie vir my stewels. Boonop is al drie hierdie

pare sokkies teen insekte beskerm, wat dit ideaal

maak as jy in die veld moet loop. Beskikbaar

in verskeie kleure. Dis ’n goeie geskenk vir

Vadersdag! Falke-sokkies word in Suid-Afrika

vervaardig.

Die Falke Advance Performance Wool Hiker

is ’n nuwe produk. Die sokkies is ergonomies

ontwerp (die linker- en regtervoet verskil) en

is versterk op die hak en toon met ’n subtiele

soom wat nie sal skaaf nie. Die sokkie bevat 38%

wol, 37% akriel, 14% poliamide en 9% Drynamix,

’n poliëstermengsel wat sweet van die voete

weglei. Die 2% elastien sorg dat die sokkie

netjies pas en nêrens bolling nie. Stappers dink

dikwels wolsokkies is dik en swaar, maar dié

paar is besonders lig en gemaklik. Dis die ideale

stapsokkie vir die winter.

Die Falke Hike/Walkie is ’n staatmaker. Dit het ’n

soomlose toon wat nie sal skaaf nie, ’n spesiale

ontwerp wat ventilasie bevorder, en ’n sool wat

ekstra gekussing is vir lang myle op die pad. Dit

bevat 46% wol, 46% Drynamix, 6% poliamiede en

2% elastien.

As jy lus het vir iets wat die beste van

twee wêreld bied, toets die Falke Advance

Performance Cool Hiker. Die sokkie is dun bo die

voet, maar goed gekussing oor die hele voetsool.

Dit bevat 79% Drynamix, 19% Poliamiede en 2%

elastien.

PRYSE: Vanaf R150 tot R200 per paar.

BESTEL BY: falke.co.za

Foto's: Getty Images/Gallo Images en verskaf

Die redaksie het hierdie produkte uitgesoek en die onderskeie handelsmerke het nie vir die blootstelling betaal of insae in die resensies gehad nie. Pryse kan sonder kennisgewing

verander. Afleweringskoste is nêrens ingereken nie. Die redaksie aanvaar geen verantwoordelikheid vir bestellings nie.

AA Reisiger | WINTER 2021

KOFFIE-ENGELTJIES

Eenvoudig en elegant, ons enkel-gebruik koffiefilter met ‘vlerkies’, pas

op enige koppie en is noodsaaklik vir daai wegbreeknaweek of -kamp.

Gevul met topgehalte Arabica-koffie wat ons perfek ge-lugrooster het;

laat hierdie Engeltjies ‘n bietjie koffiehemel byvoeg tot jou dag!

PIET RETIEF STRAAT 10, MONTAGU TEL: 084 952 6803

EPOS: ORDERS@ROUXBEAN.CO.ZA

www.rouxbean.co.za

SPRINGBOKBOUD OP DIE KOLE OF 'N POTJIE MET INTERESSANTE GEURE

HIER IS LEKKER PLANNE AS JY DALK VLEIS VAN DIE JAGVELD AF KRY. OF

VRA JOU SLAGTER VIR HIERDIE SNITTE.

56

SPEKGEROLDE FILET

AA Reisiger | WINTER 2021

Resepte

SPEKGEROLDE FILET

Vir 4

Voorbereiding 5 minute plus

marineertyd

Gaarmaaktyd 15 minute

½ koppie bruinsuiker

½ koppie sojasous

1 heel wildsfilet (600 g) – ons het

springbok gebruik

125 g strepiespek

1 Meng die suiker en sojasous deeglik,

skink dit oor die vleis, verseël in ’n Ziplocsakkie

en laat dit oornag in die yskas

marineer.

2 Verwyder die vleis uit die marinade en

draai dit in die spek toe – maak seker die

stukkies spek oorvleuel sodat die filet

oraloor bedek is. Gebruik tandestokkies

om die spek vas te steek.

3 Braai die filet oor matige warm kole en

bedruip dit deurentyd met die marinade.

Draai dit ná sowat 5 minute om en braai

die ander kant totdat die spek bros is.

Krap die kole kant toe of skuif die vleis

na ’n koeler deel van die braai en laat

dit vir nog sowat 5 minute baie stadig

en hoog braai. Hierna behoort die filet

mediumgaar te wees – braai dit langer as

dit ’n dik stuk vleis is of indien jy die vleis

gaarder verkies. Verwyder en laat dit vir

5 minute onder ’n stuk foelie rus.

4 Sny die filet in skywe en laat jou mense

sommer net so om die vuur daaraan

smul. Of sit dit saam met camembert en

roketblare op ’n broodrolletjie voor.

WENK Daar is ’n groot verskil tussen

die gewig en grootte van verskillende

wildsfilette. Enigeen sal werk, pas net

die marinadehoeveelhede en kooktyd

volgens die gewig van die vleis aan.

MURGBEEN-EN-WILDS-

POTJIE MET PERSKES

Vir 6-8

Voorbereiding 10 minute plus

marineertyd

Gaarmaaktyd 3 uur

MURGBEEN-EN-WILDSPOTJIE

MET PERSKES

¼ teelepel fyn gemmer

’n knippie saffraandrade

sout en swartpeper na smaak

500 g skaapmurgbene

2 eetlepels botter of vet

250 g gerookte spek, grofgekap

1 ui, gekap

2 takkies roosmaryn

1 koppie groot droëperskes

2 eetlepels bruinsuiker

2 l lamsvleisafreksel

1 Sny die vleis in stukke en plaas dit

saam met die wyn, kaneel, gemmer

en saffraan in ’n glasbak. Bedek en

marineer oornag in die yskas.

2 Voorverhit die oond tot 160 ºC.

Verwyder die vleis uit die marinade

en klad dit met kombuispapier droog.

Geur die vleis na smaak met sout en

swartpeper. Verhit ’n breë platboompot

met ’n styfpassende deksel op die stoof,

smelt van die botter daarin en verbruin

redelik hoë hitte – moenie toelaat dat die

vleis water trek en stoom nie.

3 Verlaag die hitte, voeg nou die

helfte van die spek saam met die ui en

roosmaryn by die pot en roerbraai alles vir

5 minute. Voeg dan die perskes, suiker, die

marinade en aftreksel by die pot. Sit die

deksel op en los die vleis vir 2 uur in die

oond. Hierna kan jy die deksel afhaal en

die pot vir nog 1 uur in die oond los.

4 Braai die res van die spek bros en

sprinkel dit net voor bediening oor die

gereg.

5 Sit dit voor saam met kwepers wat met

steranyssade, ’n vanieljepeul en suiker

gekook is.

WENK Hierdie potjie kan met springbok,

koedoe of rooibok gemaak word.

Die romerige murgbene balanseer die

maer wildsvleis en gee die gereg meer

geur as wanneer jy bloot stukke vet sou

bysit. Moenie afskeepwyn gebruik nie.

Gebruik wyn wat goed genoeg is om te

1 kg wildsvleisblad of -boud (ons het

springbok gebruik)

1 bottel (750 ml) droë rooiwyn

1 kaneelstokkie die vleis en murgbene vinnig oor ’n drink.

57

WINTER 2021 | AA Reisigier

Resepte

GEBRAAIDE

SPRINGBOKBOUD

GEBRAAIDE

SPRINGBOKBOUD

Vir 4

Voorbereiding Sowat 2 uur

Gaarmaaktyd 10 tot 20 minute

Springbokboud (sowat 1,2 kg)

Vir die marinade

100 ml olyfolie

3 eetlepels suurlemoensap

20 ml sojasous

1 eetlepel balsemieke asyn

25 ml vars gemaalde koljander

Vir die sous

Halwe bottel rooiwyn

½ koppie suiker

Takkie roosmaryn

Knoffelhuisie

SJOKOLADE-EN-RISSIE-

WILDSPASTEI(E)

58

1 Geur die wildsvleis. Meng die olyfolie,

suurlemoensap, sojasous en balsemieke

asyn in ’n bak waarin die vleis kan

marineer. Geur die boud met die

swartpeper en koljander en sit die vleis

in die bak sodat dit kan marineer. Laat lê

minstens ’n uur, maar langer is beter.

2 Vir die jus. Kook die wyn, suiker,

roosmaryn en knoffel in ’n kastrol en hou

dop tot dit afkook. Dis reg as die sous

aan die lepel vaskleef.

3 Vir die braaislag. Sit die vleis op ’n

rooster en sit ’n kasseroldeksel op die

rooster. Jy kan dit ook in ’n weber maak,

maar die kasseroldeksel werk net so

goed. Die gaarmaaktyd hang af van ’n

klomp goed: 10 minute is ’n goeie begin

en 20 minute is dalk al te veel. Laat dit in

’n kasserol rus terwyl jy die gaste nader

roep vir ete. Sit dit voor met die sous.

SJOKOLADE-EN-RISSIE-

WILDSPASTEI(E)

Vir 6

Voorbereiding 3 uur

Gaarmaaktyd 30 minute

Jy benodig

1½ kg wildsvleisblad of -boud (ons het

koedoe gebruik)

3 teelepels meel (opsioneel)

4 eetlepels botter

250 g bruin- of portobellini-sampioene

1 ui, gekap

3 groot wortels, gekap

1 eetlepel komynsaadjies

1 teelepel fyn koljander

1 knippie rissievlokkies

1 klein rooi brandrissie, heel

2 koppies droë rooiwyn

1 koppie beesvleisaftreksel

1 blikkie (400 g) gekapte tamatie

2 teelepels vars tiemieblare

2 vars lourierblare

50 g donkersjokolade (70% of 80%

kakao), in blokkies gebreek

sout en swartpeper

1-2 rolle blaardeeg (afhangend van die

grootte van jou pasteibak), ontdooi

1 eier, geklits

1 Voorverhit die oond tot 160 ºC. Sny die

vleis in blokkies van 4 cm en verwyder

enige senings. Gooi die vleisblokkies en

meel saam in ’n plastieksak en skud dit

goed.

2 Verhit ’n breë platboompot met ’n

styfpassende deksel op die stoof,

smelt van die botter daarin en verbruin

die vleis vinnig in sarsies oor ’n redelik

hoë hitte – moenie toelaat dat die vleis

water trek en stoom nie. Skep uit en hou

eenkant.

3 Los die sampioene heel, of sny

dit in growwe stukke (na gelang van hoe

groot die sampioene is). Voeg

die sampioene, ui, wortel en speserye

by die pot en roerbraai oor ’n matige

hitte tot effens verbruin.

4 Voeg nou die wyn, aftreksel, tamatie,

tiemie en lourierblare daarby. Bring

dit tot kookpunt en skep die vleis

terug. Laat dit vir 5 minute prut, sit

dan die deksel op en stuur hom oond

toe vir 90 minute. Hierna kan jy die

deksel afhaal en die pot vir nog 1 uur

in die oond los. Toets of die vleis

sag is. Indien nie, plaas terug in die

oond vir nog 30 minute. Roer dan die

sjokoladeblokkies deur, proe, en geur

met sout en swartpeper na smaak. Laat

die vleis eenkant om heeltemal af te

koel en sit dit dan in die yskas.

5 Wanneer jy gereed is om die pasteie

te maak, verhit die oond tot 180 ºC. Sorg

dat die vulsel koud is. Rol die blaardeeg

oor die pot uit. Onthou, die deeg gaan

krimp – sorg dus dat daar ’n rand van

sowat 1 cm reg rondom oorhang. Sny ’n

gaatjie in die middel van die vel deeg

waardeur die stoom kan ontsnap. Verf

die bokant van die deeg met eier sodat

dit kan verbruin.

6 Bak die pastei vir 20 tot 30 minute

totdat die deeg uitgerys en goudbruin is.

WENK: Bak dit as een groot pastei,

of in klein ramekins of blikbekers vir

individuele porsies. Blaardeeg rys

baie beter as dit nog baie koud is.

Bêre die voorbereide pastei dus in die

yskas totdat die oondtemperatuur reg

is vir bak. Die deegkors kan ook met

kapokaartappel vervang word.

AA Reisiger | WINTER 2021

WILDSVLEISPOTJIE

1 Rol die vleisstukke in die meel en

braai dit vinnig in sarsies (sodat dit nie

Vir 6

Voorbereiding 30 minute

stoom en vog trek nie) in warm olyfolie

tot goudbruin. Gebruik ’n wye pan of ’n

platboomswartpot. Skep die vleis uit en

1 kg wildsvleis, in blokkies van 4 cm elk

gesny

½ koppie koekmeel

olyfolie vir braai

1 heel knoffelbol, in huisies

400 g salotte of klein uitjies, geskil

4 eetlepels bruinsuiker

1 koppie donker bier, soos Darling

Brewery se Black Mist

1 blik (410 g) kersietamaties

2 eetlepels worcestersous

2 eetlepels sojasous

4 takkies tiemie

40 g droë sampioene, fyngekap

hou dit eenkant. Braai die heel uie en heel

knoffelhuisies met die suiker in dieselfde

pot in nog ’n bietjie olie tot die uie plekplek

’n donker karamelkleur begin kry.

2 In ’n prutpot: Krap die uie in ’n prutpot

en voeg die vleis, bier, gedreineerde

tamaties, worcester- en sojasous,

tiemie, sampioene en aftreksel daarby.

Of voeg alles terug in die potjie en

bedek met foelie en ’n deksel. Kook

op laag vir 8 uur of hoog vir 4 uur.

Oor louwarm kole: Prut stadig vir

90 minute. In die oond: Bak teen 150 °C

vir 90 minute. Of vir 7 uur teen 100 °C.

½ koppie beesvleisaftreksel 3 Sit onmiddellik voor met rys. >

59

WINTER 2021 | AA Reisigier

60

GEBAKTE

ROOMFRIKKADELLE

Vir 4

Voorbereiding 5 minute

Gaarmaaktyd 30 minute

500 g wildsmaalvleis

2 teelepels tiemieblaartjies

½ teelepel fyn komyn

½ teelepel fyn koljander

sout en gemaalde swartpeper na smaak

2 eetlepels botter

4 heel knoffelhuisies

250 g portobellini-sampioene

50 ml sojasous

50 ml balsemieke asyn

250 ml room

1 Meng die maalvleis met die kruie en

speserye en geur na smaak met sout en

peper.

2 Vorm gholfbalgrootte bolletjies en laat

staan in die yskas om te stol.

3 Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smelt

die botter in ’n breë swaarboompan of

-pot en braai eers die frikkadelle en dan

die sampioene vinnig daarin bruin.

4 Skink die sojasous en asyn by, krap die

brandstukkies van die panbodem los –

dit gee meer geurigheid aan jou sous!

Laat dit vir 5 minute prut.

5 Voeg die room by en bak die frikkadelle

vir 15-20 minute in die oond tot gaar. Sit

dit voor met rys of kapokaartappel en ’n

vars slaai. Moenie die brood vergeet om

die sous mee op te vee nie!

Resepte deur Aletta Lintvelt en Johané Neilson

AA Reisiger | WINTER 2021

Resepte

WILDSVLEISBURGERS

MET BRANDEWYN-EN-

APPELKOOSSOUS

WILDSPASTEI MET

KRUIEKLUITJIES

Vir 6

Voorbereiding 30 minute plus rustyd

Gaarmaaktyd 10 minute

Vir die frikkadelle

500 g wildsmaalvleis

1 koppie broodkrummels

1 eier, liggies geklits

1 klein ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, gekneus

kookolie, vir panbraai

2 teelepels fyn komyn

2 teelepels fyn koljandersaad

1 teelepel fyn gemmer

½ teelepel fyn naeltjies

sout en swartpeper

Vir die appelkoossous

1 blik (410 g) appelkose in stroop

1 eetlepel olie

1 klein ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, gekneus

2 teelepels fyn gemmer

2 eetlepels brandewyn

¼ koppie water

Vir die burgers

2 hande vol roketblare

1 rooiui, in dun ringe gesny

6 broodrolletjies, oopgesny

1 Maak die frikkadelle: Meng al die

bestanddele saam in ’n bak. Verdeel die

vleis in 6 frikkadelle en druk dit effens

plat met die hand. Laat dit vir 20 minute

in die yskas rus – dit hou die patties ferm

terwyl jy dit braai.

2 Maak die sous: Dreineer die

appelkose, maar hou 2 eetlepels

stroop eenkant. Verhit die olie in ’n

potjie en braai die ui en knoffel tot sag

en deurskynend. Gooi die gemmer

by en braai vir nog ’n minuut. Roer die

brandewyn, appelkose, stroop en water

by en kook vir 10-12 minute of totdat die

appelkose pap is.

3 Braai die patties oor warm kole of in

warm olie in ’n pan. Draai dit om sodra dit

goudbruin en ferm aan die een kant is.

4 Maak die burgers: Pak ’n paar

roketblare en rooi-uieringe op elke

broodrolletjie. Sit ’n pattie bo-op, skep

’n lepel appelkoossous oor en sit die

boonste helfte van die rolletjie bo-op.

WILDSVLEISBURGERS

MET BRANDEWYN-EN-

APPELKOOSSOUS

WILDSPASTEI MET

KRUIEKLUITJIES

Vir 6-8

Voorbereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 3 uur

Vir die vulsel

4 eetlepels olie

2 uie, grofgekap

2 wortels, geskil en grofgekap

2 selderystingels, grofgekap

1 pakkie (250 g) streepspek,

gesnipper

2 knoffelhuisies, gekneus

en gekap

½ koppie meel

sout en swartpeper

1 kg wildsvleis, in blokkies

van 2 cm gesny

½ koppie rooiwyn

¼ koppie water

1 blik (410 g) geskilde

heel tamaties

1 kaneelstok

2 steranyssade

Vir die kluitjies

2 koppies koekmeel

1 eetlepel bakpoeier

½ teelepel sout

3 eetlepels botter

¾ koppie melk

3 eetlepels droë gemengde kruie

1 Maak die vulsel

Verhit 2 eetlepels olie in ’n diep kastrol

en braai die ui, wortel, seldery, spek en

knoffel vir 2-3 minute. Skep dit uit en sit

dit eenkant.

2 Geur die meel met sout en peper en

rol die vleisblokkies daarin. Skud die

oortollige meel af. Verhit die res van die

olie in dieselfde kastrol en braai die vleis

vinnig bruin – doen dit in sarsies sodat

dit nie stoom nie.

3 Sit die groente terug in die pot en gooi

die wyn by. Gooi die water, tamatie,

kaneelstok en steranyssade by en laat

dit vir 2 uur prut of totdat die vleis sag

is en die sous effens verdik het. Roer

dit goed met ’n houtlepel sodat die

aanbrandsels met die sous meng.

4 Maak die kluitjies

Sif die droë bestanddele saam en vryf

die botter in totdat die beslag soos

broodkrummels lyk. Meng die kruie deur

en voeg die melk stadig by totdat ’n

stywe deeg vorm. Skep versigtig lepels

vol deeg bo-op die vleis.

5 Bak dit met die deksel en ’n paar kole

bo-op vir 40-50 minute of tot gaar.

Sit dit dadelik voor.

61

WINTER 2021 | AA Reisigier

Boeke

Knus met ’n boek

Wintertyd is leestyd en in hierdie uitgawe het ons twee nuwe publikasies vir

wildtuinvakansies en twee klassieke reisverhale wat jy gerus kan opspoor.

GERDA ENGELBRECHT

62

Stap tussen

die Groot Vyf

Wintervakansies is by uitstek

“wildtuinvakansies” en baie

Suid-Afrikaners stroom na ons

nasionale parke en reservate om

wild te kyk. Beleef dit egter vanuit

’n nuwe hoek . . . te voet! Walking

Safaris of South Africa – Guided

Walks and trails in national

parks and game reserves deur

Hlengiwe Magagula en Denis

Costello (uitgegee deur Penguin

Randomhouse) is ’n omvattende

gids. Dit bevat vanaf dagstappe wat by wildtuinkampe

vertrek, tot by staptogte waar jy by lodges oorslaap, en selfs

oornagstaptogte waar jy in die veld onder die sterre slaap. Dit is

meer as net ’n gids, dit is ’n leesavontuur.

PRYS: R270 by takealot.com

Twee reise wat jou sal inspireer

As jy iets soos die Inka-staptog of die

Camino de Santiago wil aanpak, maar

'n bietjie aanmoediging kort, kan die

boeiende verhaal van ouma Emma

Gatewood (Grandma Gatewood’s Walk

– the inspiring story of the woman who

saved the Appalachian Trial) dalk die

skop onder jou agterent wees wat jy nodig

het. Emma het op die ouderdom van

66 vir haar kinders gesê sy gaan ’n

entjie stap, en toe by Oglethorpe

opge daag vir die moordende

Appa lachiese staproete (die “AT”).

Op 2 05062myl (3 300 km) is dit

een van die langste staptogte

ter wêreld en die kroonjuweel vir

avonturiers. Emma was brandarm

en het geen gespesialiseerde

toerusting gehad nie. Sy het

haar goed in ’n lapsak op haar

rug gedra, in ysige weer haar

snags in ’n stortgordyn toegerol

(geen tent of slaapsak nie) en

bedags afstande van tot 20 myl in haar

verrinneweerde tennistekkies afgelê.

Dikwels het sy net blare en wildebessies

gehad om te eet.

Ouma Gatewood is ’n legende onder

stappers, so ek gee nie die storielyn weg

as ek sê dat sy in 1955 slegs die sewende

persoon in die geskiedenis was wat die AT

suksesvol voltooi het nie, en boonop die

Ry tussen

die Groot Vyf

Moenie keer op keer net na

die Krugerwildtuin toe gaan

nie. Suid-Afrika het tientalle

nasionale parke en reservate wat

elkeen sy unieke bekoring het,

en waar jy waarskynlik met veel

minder motors gaan meeding

om die leeu af te neem. Stuarts’

Field Guide to National Parks

& Nature Reserves of South

Africa deur Chris en Mathilde

Stuart (uitgegee deur Penguin Randomhouse) lys al die

wildkykplekke in jou provinsie, en bevat ’n magdom inligting

oor die geskiedenis, geologie, en fauna en flora van die park.

Dis ’n baie handige klomp inligting om jou volgende vakansie

te kies.

PRYS: R350 by takealot.com

eerste vrou wat dit kon vermag. Daarna

het sy nog twee rekords agter haar naam

gevoeg: Sy was die eerste mens wat die

AT drie keer gestap het, en op 71 jaar die

oudste vrou tot dusver wat dit kon voltooi.

Die verhaal word meesterlik vertel deur

die Pulitzer-benoemde skrywer Ben

Montgomery.

Baie mense het al On the Road deur

Jack Kerouac by my aanbeveel, maar ek

het nou eers daarby uitgekom. En ek sal

dit weer en weer herlees. Dit vertel die

verhaal van Jack se maande lange reis

as duimgooier op Roete 6 in Amerika

(vanaf New York tot San Francisko), en

is outobiografies. Die boek se

leesbaarheid lê nie in dit wat

noodwendig langs die pad gebeur nie,

dit is nie juis ’n opwindende reis nie,

maar in Jack se beskrywings van die

mense wat hy ontmoet.

PRYS: R369 (Grandma Gatewood) en

R185 (On the Road) by takealot.com

Die boeke is deur die redaksie uitgesoek en die uitgewers het geen insae daarin gehad nie. Pryse kan verander. Foto's: Gerda Engelbrecht.

AA Reisiger | WINTER 2021

DEUR JULIET MCGUIRE

WANNEER JY MOET

AFSKAAL

Of dit nou die pandemie is wat jou sak geruk het en of jy net 'n paar

ekstra rand in jou rekening wil hê aan die einde van die maand, dit

maak sin om ’n goedkoper voertuig te ry. Hier is ’n paar modelle wat

nie sal voel asof jy alle luuksheid prysgee as jy moet afskaal nie.

Min mense is mense is nog onaangeraak deur die Covid-

19-pandemie en baie moet finansiële aanpassings maak.

Boonop ry baie van ons deesdae aansienlik minder en talle

motoreienaars oorweeg om af te skaal na ’n meer sakpasryding.

"Buying-down" is ’n neiging in die motorbedryf

tydens die pandemie. As jy dit oorweeg, hier is ’n paar opsies vir jou. ’n

Begrotingsvriendelike motor hoef nie soos ’n afskeepryding te voel nie. Hier

is vier opsies wat ’n glimlag op jou gesig en geld in jou rekening sal laat.

64

TIGUAN

Vanaf

R513 500

AA Reisiger | WINTER 2021

Rygoed

VOLKSWAGEN TIGUAN NA VOLKSWAGEN T-CROSS

Gesinne het spasie nodig, so ek weet reeds

wat jy dink: “Hoe kan ek van ’n Tiguan na ’n

T-Cross afskaal?” Maar dis moontlik!

Die Tiguan het ’n bagasieruim van

500 liter en ’n agtersitplek wat kan verdeel,

maar die T-Cross is geensins ’n buksie nie.

Die bagasieruim is 377 liter, en die agterste

bank kan vorentoe skuif vir ekstra pakplek.

Hoewel die Tiguan meer enjinopsies bied

(petrol en diesel), bied die T-Cross net ’n

petrolenjin, maar dis ’n goeie enjin. Die

1.0 liter-drie-silinder-turbopetrolenjin in

die T-Cross lewer 85 kW krag en 200 Nm

wringkrag. Dit is dus geen slak op die pad

nie. Die brandstofverbruik word aangegee

as ’n lae: 4,9 l/100 km.

Die 1.4 liter-viersilinder-turbopetrolenjin

in die Tiguan lewer 92 kW krag en 200 Nm

wringkrag (dus nie ’n groot verskil van die

T-Cross nie) of 110 kW krag en 250 Nm

wringkrag. (Die Tiguan is ook in ’n 2.0 literenjin

beskikbaar, maar kom ons vergelyk

appels met appels.)

T-CROSS

Vanaf

R345 700

Wat standaard-eienskappe betref, bied

die T-Cross (vanaf die Comfortline-model

en duurder) meer as genoeg luukses,

met elektroniese vensters, ’n multifunksie-stuurwiel,

parkeerafstandbeheer

(voor en agter) en kruisspoedbeheer. Die

topmodel in die reeks bied jou draadlose

selfoonherlaaiing en ’n klomp ander

luukse eienskappe. Hierdie eienskappe

is ook in die Tiguan. Die T-Cross het ook

’n magdom veiligheidseienskappe as

standaard: ses lugsakke, sluitweerremme

(ABS) en elektroniese remkragverspreiding

(EBD), met elektroniese vastrapbeheer

en heulwegtrekbystand. Die T-Cross kom

standaard met ’n drie jaar/120 000 km

waarborg, 'n drie jaar/45 000 km-diensplan

en 'n 12 jaar waarborg teen roes.

Moenie dat die T-Cross se grootte

jou afskrik nie. Gaan toetsbestuur dit.

Jy sal dit net soveel geniet as die

Tiguan, en jy sal sowat R200 000 in die

proses spaar.

DRIE WENKE

VIR KOPERS

1 BEGROTING

Dit klink dalk voor die hand

liggend, maar ek kry feitlik

daagliks e-posse van mense wat

'n motor gekoop het wat nou te

duur is vir hulle. Wanneer jy jou

begroting vasstel, hou ook in

gedagte dat jy petrol- en tolgeld,

onderhoud (nuwe bande) en

versekering moet betaal.

2 NAVORSING!

NAVORSING!

NAVORSING!

Ek kan dit nie genoeg benadruk

nie. Moenie jou besluit grond

op 'n voertuig wat jy op die pad

gesien het nie. Lees artikels,

skakel in op forums, en kry

terugvoer van huidige eienaars.

Hoe meer inligting jy oor 'n

voertuig het, hoe groter is die

kans dat jy 'n goeie transaksie

sal beklink.

3 KEN

JOUSELF

Vra jouself een vraag

wanneer jy 'n voertuig koop

(behawel wat jou begroting

is): “Wat is my vereistes en

behoeftes?” As jy nie kinders

het nie, hoef jy nie na die Mazda

MX5 te kyk nie. Werk uit hoeveel

ruimte jy nodig het, of jy 'n ratkar

of outomatiese motor wil hê, of

jy 'n motor nodig het wat hoër is

en waarin jy makliker kan in- en

uitklim, of jy kinders moet karwei

of ander passasiers moet inlaai,

en of jy spasie vir stokperdjies

nodig het, soos fietse of

branderplanke.

65

WINTER 2021 | AA Reisiger

CRETA

Vanaf

R374 900

66

HYUNDAI CRETA NA HYUNDAI VENUE

Die eerste generasie Creta, wat in 2017

in Suid-Afrika bekendgestel is, was

een van Suid-Afrika se topverkopersportnutsvoertuie.

Die tweede generasie

het verlede jaar in Suid-Afrika aangekom

en vroeë aanduidings is dat dié model ook

goed gaan vaar. En jy verstaan hoekom:

Dit is effens ruimer as die meeste van sy

mededingers en bied waarde vir geld.

Die jongste Creta bied drie enjin-opsies:

Die 1.5 liter-aanjaerlose viersilinder-petrolenjin

gee jou 84 kW krag en 143 Nm wringkrag

en ’n beweerde brandstof verbruik

van 6,5 l/100 km. Die 1.5 liter-turbodiesel

lewer 84 kW krag en 250 Nm wringkrag

teen 5,9 l/100 km. Dan is daar ’n 1.4

liter- turbopetrolenjin, wat 103 kW krag

en 242 Nm wringkrag teen ’n beweerde

brandstofverbruik van 7,1 l/100 km lewer.

Hierdie enjin word eksklusief gekombineer

met ’n dubbel-koppelaar-oordrag.

Die waarde-vir-geld-etiket kom

egter by as jy besef watter spesifikasies

standaard is, sowel as die diensplan en

waarborg. Al die Cretas het lug verkoeling,

Apple CarPlay en Android Auto,

elektroniese kantspieëls, parkeerhulp,

’n trukamera en kruisspoedbeheer as

stan daard. Die topmodelle het ook ’n

draad lose selfoonherlaaier, LED-dagligte

en kunsmatige leerafwerking.

Wat veiligheid betref, het die

reeks sluitweerremme (ABS) met

elektroniese remkragverspreiding (EBD),

heuwelwegtrekbystand en tot ses

lugsakke, na gelang van die model.

Hoekom dan in die Hyundai Venue

belangstel? Want dit bied ook uitstekende

waarde vir geld, maar teen R100 000

minder. Die voorkeurenjin is ’n 1.0 literturbo-aangejaagde

drie-silinder-petroleenheid,

wat 88 kW krag en 172 Nm

wringkrag lewer. Dit is vergelyk goed met

die 1.5 liter-enjin wat in die Creta is, en

daarom is die beweerde brandstofverbruik

dieselfde (6,5 l/100 km).

Wat die spesifikasies betref, kry jy

ook min of meer alles, veral as jy die

Fluid- of Glide-modelle kies. Dit het ’n

veeldoelige stuurwiel, kruisspoedbeheer,

’n 8 duim-raakskerm met Apple CarPlay

en Android Auto, en twee USB-punte.

Die veiligheidseienskappe sluit in ses

lugsakke, Isofix-punte, elektroniese

stabiliteitsbeheer, ABS, EBD en

heuwelwegtrekbystand.

Om dus vanaf ’n Creta na ’n Venue

te gaan sal nie voel asof jy afskaal

nie. Die grootste verskil is in spasie,

maar die Venue het ’n ruim kajuit en

350 liter-bagasieruim (teenoor die Creta

se 430 liter). Boonop bied die Venue

’n waarborg van 5 jaar/150 000km,

’n waarborg van 7 jaar/200 000 km

op die dryfband en ’n diensplan van

3 jaar/45 000 km.

VENUE

Vanaf

R297 500

AA Traveller | AUTUMN 2021

Rygoed

COROLLA

HATCH

Vanaf

R376 500

STARLET

Vanaf

R209 000

TOYOTA COROLLA HATCH NA

TOYOTA STARLET

Die Corolla-handelsmerk is sinoniem met

sukses. Toyota het al derduisende van hierdie

model verkoop. In 2019 is die Corolla Hatch

bekendgestel. Hoewel dit as ’n bekostigbare

voertuig gesien word, is daar begrotings wat

nie meer daarby kom nie. Die Starlet is dalk ’n

alternatief vir die Corolla.

Die Corolla Hatch is basies ’n Auris met ’n

Corolla-embleem, maar hy het darem ’n nuwe

baadjie gekry. Die binneruimte is opgeknap met

die nuutste tegnologie, maar is nie besonder

ruim nie, veral agterlangs. Jy sal dus nie voel

asof jy ruimte inboet as jy na ’n Starlet afskaal

nie.

Die Starlet en Corolla deel baie

eienskappe. Die Starlet het lugversorging,

kragstuur, 12 volt-kragpunte, elektroniese

vensters en ’n verstelbare stuurkolom,

60/40-agtersitplekverdeling, klantspieëls

wat met ’n knoppie verstel kan word en

afstandbeheerde sentrale sluitstelsel. Die

top-X-model bied ook parkeerhulp, ’n

trukamera, klimaatbeheer, drukknopaansitter en

kruisspoedbeheer.

Die Corolla Hatch-modelle het dubbelsoneklimaatbeheer,

kruisspoedbeheer, ’n trukamera,

vensters wat met een knoppie beheer word,

en spoedsensitiewe deursluitmeganisme.

Daar is ’n paar ekstras op die Xʀ-model, soos

leeroortreksels en blindekolmonitering.

Wat die enjin betref, word die Corolla Hatch

aangedryf deur ’n 1.2 liter-turbo-aangejaagde

enjin wat 85 kW krag en 185 Nm wringkrag

lewer. Die beweerde brandstofverbruik

is 6,1 l/100 km. Die Starlet het ’n 1.4 literaanjaerlose

vier silinder-enjin wat 68 kW

krag en 130 Nm wringkrag lewer. Beweerde

brandstofverbruik is 5,1 l/100 km (vir die handrat).

Albei die Corolla Hatch en die Starlet kom in

handrat- en outomatiese modelle.

’n Nota oor die Starlet: dis eintlik ’n Suzuki

Baleno met ’n Toyota-embleem op. Suzuki

en Toyota het ’n samewerkingsooreenkoms

gesluit, en dit is die eerste produk wat uit die

ooreenkoms gebore is. Ongeag of jy die Starlet

of Baleno koop, sal jy ’n voertuig met baie

ekstras en goeie naverkopediens kry.

Die Starlet word verkoop met ’n diensplan

van 3 jaar/45 000 km, en ’n waarborg van 3

jaar/100 000 km. Die Corolla Hatch kom met ’n

diensplan van 6 jaar/90 000 km en ’n waarborg

van 3 jaar/100 000 km. >

67

WINTER 2021 | AA Reisiger

Rygoed

AUDI A6

Vanaf

R960 500

68

AUDI A6 NA AUDI A4

Hierdie is waarskynlik die een wat die

minste sal voel na ’n afskaling. Hierdie

twee voertuie is in baie opsigte dieselfde,

maar tog kos die een omtrent R300 000

minder. Dit is die koste van ’n Hyundai

Venue, maar ons praat nie nou van

intreevlakmotors nie, ons praat van

luuksheid. En kopers in hierdie segment

is nie bereid om enige luuksheid prys te

gee nie. Kom ons kyk dus van naderby na

hierdie twee voertuie.

As jy in ag neem hoe sterk die mark

in die rigting van die sportnuts beweeg

het, is dit verrassend dat vervaardigers

nog in luukse sedans belangstel. Maar

toetsbestuur die A6 of A4, en jy sal besef

daar is baie te sê vir hierdie modelle. Die

A6 is dit grootste een van die twee en

kom dalk met ’n bietjie meer status (veral

danksy die S6, maar kom ons hou by die

standaardmodel).

Die A6 het twee enjinvari♪ante: die

A6 40 TDI S tronic, met ’n 2.0 literturbodieselenjin

wat 140 kW krag en

400 Nm wringkrag lewer, en die 45 TDI

met sy 3.0 liter-turbodieselenjin wat

183 kW krag en ’n allemintige 600 Nm

wringkrag lewer. (Vir interessantheid, die

S6 het ’n 3.0 liter-turbo-aangejaagde

V6-enjin wat 331 kW krag en 600 Nm

wringkrag lewer.)

Die A4 het drie enjin-opsies. Die 2.0 literviersilinder-turbo-aangejaagde

enjin lewer

110 kW krag en 270 Nm wringkrag, en die

kragtiger weergawe lewer 140 kW krag en

320 Nm wringkrag. Daar is ook ’n S4, wat

met sy 3.0 liter-turbo-enjin 260 kW krag

en 500 Nm wringkrag lewer. ’n Dieselopsie

sal binnekort beskikbaar wees.

Die A4 en A6 het albei Audi se nuwe

12,3 duim Touch Response-MMI-skerm.

Die A6 se kajuit is effens meer luuks, met

’n dubbelskerm, maar albei modelle het

Audi Connect as ’n standaard-eienskap.

Dit lewer internetdienste aan die voertuig

via ’n ingeboude SIM en gebruik die

myAudi-app, wat jou digitaal toegang

tot jou voertuig gee. Die bestuurder het

toegang tot belangrike voertuig-inligting,

bestuur die data en konfigureer sekere

funksies. Jy kan byvoorbeeld in reële

tyd toegang kry tot jou brandstofvlak,

brandstofreikwydte, diensafsprake en

waarskuwingsboodskappe.

Albei voertuie is uitstekend, maar as

jy jou gordel moet intrek, sal jy glad nie

afgeskeep voel as jy jou A6 vir ’n A4 moet

inruil nie. Selfs die bagasieruimte is min

of meer ewe groot: 530 liter vir die A6

teenoor 480 liter vir die A4.

Albei modelle het die Audi Freewayplan

(vyf jaar/100 000 km) as ’n standaardeienskap.

AUDI A4

Vanaf

R666 500

Foto's verskaf

AA Reisiger | WINTER 2021

Rygoed

EERSTE

INDRUKKE

Is jy op soek na ’n nuwe ryding? Die motorverslaggewer

Juliet McGuire toets die Kia Picanto X-Line,

Suzuki Vitara Brezza, Toyota Urban Cruiser,

Audi Q3 Sportback en Ford Figo Freestyle.

MODELKEUSE Picanto 1.2 X-line

(handrat)

PRYS VANAF R237 995

DIENSPLAN 2 jaar/30 000 km

WAARBORG 5 jaar/onbeperkte km

BRANDSTOFVERBRUIK 5,0 l/100 km

KIA PICANTO X-LINE

Ek is versot op hierdie sakpas luikrugmotors

wat deur sportnutsvoertuie

geïnspireer is. Kia het sy baie gewilde

Picanto-reeks met die X-Line uitgebrei.

Noem dit maar die “avontuurlike”

Picanto. Soos Stephen Crosse, die

verkoopsbestuurder van Kia Suid-

Afrika, sê: “Dis die perfekte ryding

vir hier, daar en alles tussenin.”

Die X-Line het ’n reeks ontwerpdetail

wat geen ander Picanto het nie en

wat dit laat uitstaan. Die rooster voor

is nuut ontwerp en die voorste en

agterste buffer lyk ook anders as ander

Picanto’s. Selfs die wielboë en kammaglyplate.

Die 15 duim-allooiwiele rond

die prentjie mooi af. Kies die nuwe Astro

Grey-skakering, voeg die opsionele

sondak by en jy het die stylvolste

Kia Picanto X-Line op die pad.

Aan die binnekant het hy ’n agtduimraakskerm-vermaak-en-inligtingstelsel

wat met Apple CarPlay en Android

Auto toegerus is. Daar is ook ’n trukamera

en parkeersensors. Dit vervang

die vorige Smart-afwerking en voeg

tweekleurige kamma-leersitplekke

by. Jy kry ook elektroniese vensters,

hoofligte wat outomaties aktiveer,

syspieëls wat kan invou, kleur op die

instrumentpaneel, en grimeerspieëltjies

vir die bestuurder en voorste passasier.

Teen 255 liter is die bagasieruim net so

groot soos die Figo Freestyle s'n, maar

die beenruimte agter is effens minder.

Wat veiligheidskenmerke betref,

het die X-Line twee lugsakke voor en

sluitweerremme (ABS) met elektroniese

remkragverspreiding (EBD).

Die X-Line word deur ’n 1,2 literenjin

aangedryf wat 61 kW krag en

122 Nm wringkrag lewer. Jy kry ’n

model met ’n vierspoed- outomatiese

ratkas, maar my gunsteling is die

vyfspoed-handratmodel. Omdat

die X-Line ver minder as ’n ton

weeg, voel hy baie lewendig.

Hy staan omtrent 5 mm hoër in sy

sokkies as die ander Picanto's - jy

moet dus besluit of jy bereid is om

die ekstra geld uit te haal vir basies

nuwe stilering. Hou egter in gedagte

dat die X-Line baie luuks voel en

lekker ekstras in die kajuit het.

Die vorige Picanto het ’n driesterveiligheidsgradering

in die AA se

#SaferCarsForAfrica- program gekry. Sy

onderdele was ook die duurste in die

segment vir stads- en intreevlakmotors

in die jaarlikse AA-Kinsey-verslag. >

69

WINTER 2021 | AA Reisiger

70

TOYOTA URBAN CRUISER

Kyk gou na die foto's bo en op die

bladsy regs. Lyk die voertuie vir jou

dieselfde? Hulle behoort, want hulle

is feitlik presies eenders. Jy kan maar

eintlik net die resensie regs lees, want

die Toyota Urban Cruiser is ’n Vitara

Brezza met ’n Toyota-kenteken op.

Die Urban Cruiser is die tweede produk

van ’n samewerkingsooreenkoms

tussen Suzuki en Toyota (die eerste

was die Suzuki Baleno wat nou ook

verkoop word as die Toyota Starlet).

Dit klink dalk vreemder as wat dit is.

Vervaardigers werk al jare lank saam

sodat hulle kan voordeel trek uit

mekaar se sterk punte. Byvoorbeeld,

Toyota het hibriede tegnologie en

Suzuki bou hoë gehalte kompakte

voertuie. Nou kan hulle dié eienskappe

saamvoeg.

Die Urban Cruiser is baie dieselfde

as die Vitara Brezza, maar daar is

tog ’n paar verskille wat ’n mens kan

noem. Die Urban Cruiser word in

drie modelle uitgegee, die Xɪ, Xs en

Xrʀ. Al die modelle het ’n inligtingsen-vermaakstelsel

met Apple

CarPlay en Android Auto, sowel as

sleutellose toegang en ’n aansitter

wat met ’n knop werk. Almal het ook

elektriese vensters, ’n verstelbare

stuurwiel, verstelbare syspieëls en

LED-hoof- en dagligte, sowel as

agterste parkeersensors. Die Xs het

ook klimaatbeheer en ’n trukamera, ’n

tweede paneelkissie, armstut agter en

’n agtersitplek met ’n 60/40-verdeling.

As jy nog meer ekstras wil

hê, kies die vlagskip Xʀr-model

wat ook outomatiese hoofligte,

kruisspoedbeheer, ruitveërs met

reënsensors, 12-volt-kragpunte,

voorste armstut, leerstuurwiel

en twee hoëtoonluidsprekers

het. Daar is ’n liggie in die

paneelkissie en ’n koelhouer,

leesliggie voor sowel as ’n lig

by die voetholte en een in die

bagasieruim. Dit is steeds min of

meer wat die Brezza ook bied, maar

Toyota het ook Toyota Connect as ’n

standaardeienskap bygevoeg, wat ’n

Wi-Fi-hotspot in jou voertuig insluit en

jou komplimentêre 15 GB-data gee. As

jou Toyota Connect eers aan jou profiel

gekoppel is, kan jy jou voertuig vanaf

die MyToyota-app bestuur en dienste

skeduleer of voertuiginligting kry.

Die Brezza se 1,5 liter-enjin kom

ook in die Urban Cruiser voor en die

intreevlak-X-model is slegs as

’n handrat beskikbaar. Dieɪ ander

twee modelle gee jou wel die opsie

van ’n outomatiese ratkas.

Wat die diensplan betref, stof Suzuki

vir Toyota uit. Die Urban Cruiser het ’n

diensplan van slegs 3 jaar/45 000 km

en waarborg van 3 jaar/100 000 km, wat

nie naby kom aan dié van die Suzuki

nie. Die Suzuki is ook ’n klein bietjie

ligter op die sak. Toyota weet egter

dat hy kan staatmaak op sy reputasie

as ’n betroubare handelsmerk en sy

MODELKEUSE Toyota Urban Cruiser

1.5 Xr handrat

PRYSE VANAF R294 500

DIENSPLAN 3 jaar/45 000 km

WAARBORG 3 jaar/100 000 km

BRANDSTOFVERBRUIK 6,2 l/100 km

uitgebreide handelaarsnetwerk is ’n

groot plus in sy guns.

Of jy nou die Vitara Brezza of die

Toyota Urban Cruiser kies, jy sal ’n

fantastiese voertuig koop wat goeie

waarde vir geld bied.

Die Suzuki Vitara Brezza en die Toyota

Urban Cruiser is nog nie een getoets in die

NCAP-botstoetse as deel van die AA se

#SaferCarsForAfrica-program nie. Hulle

behoort egter albei later vanjaar in die AA-

Kinsey-verslag ingesluit te word waarin die

prys van onderdele van voertuie in dieselfde

segment vergelyk word.

AA Reisiger | WINTER 2021

Rygoed

SUZUKI VITARA BREZZA

Ná 'n lang wag het die gewildste

sportnutsvoertuig in Indië, die Vitara

Brezza, uiteindelik in Suid-Afrika

aangekom. Hoekom noem Suzuki dit

’n Vitara Brezza en nie net ’n Brezza

nie? Want die Vitara het nogals ’n

reputasie opgebou in Suid-Afrika en

is baie gewild. Dié nuweling is aan die

onderkant van die Vitara-reeks en bied

kliënte ’n intreeplek in die reeks.

Kompakte sportnutse (SNV's) is

tans ’n baie gewilde voertuigsegment.

Sowat 20% van alle nuwe voertuie

wat in Suid-Afrika verkoop word, is

kompakte SNV's. Dit het dus heeltemal

sin gemaak dat Suzuki hierdie topverkoper

na Suid-Afrika bring. Een van

die redes waarom die segment so

gewild is, is die hoër grondvryhoogte,

en die Brezza staan 198 mm in sy

sokkies. Hy sal dus gemaklik wees op

’n grondpad.

Die Brezza is lekker ruim, maar

moenie dink jy kan ’n kinderstoeltjie

(wat agtertoe kyk) op die agterste

sitplek sit, en dan ’n passasier voor

langs die bestuurder inpas nie. Dit kan

effens beknop wees.

Die bagasieruim is ’n goeie

328 liter. en die agterste sitplek het ’n

60/40-verdeling, wat sal help as jy

goedere met ongewone vorms moet

vervoer. Oor die algemeen het die

Brezza genoeg spasie vir ’n klein gesin

wat nie meer kinderstoeltjies nodig

het nie.

Die Vitara Brezza bied uitstekende

waarde vir geld. Selfs al word dit

as ’n sakpas-SNV beskou, bied

Suzuki goeie tegnologie en ’n hoë

spesifikasievlak. Die GL en GLX het

albei ’n groot seweduim-raakskerm

as standaardkenmerk wat met

Apple CarPlay en Android Auto

geïntegreer is, sowel as ’n trukamera,

Bluetooth, ’n USB- en mediapunt.

Die kajuit het ook ’n multi-funksiestuurwiel,

klimaatbeheer, elektroniese

vensters, ’n sluitmeganisme met

afstandbeheer, armstut agter sowel

as koffiebekerhouers. Die GLXmodel

het ook kruisspoedbeheer, ’n

leerstuurwiel, armstut voor, sleutellose

toegang en ’n aansitter wat met ’n

knoppie werk, sowel as ruitveërs

met reënsensors en kantspieëls wat

outomaties invou, ekstra luidsprekers

en selfs ’n verkoelde paneelkissie.

Onder die enjinkap is daar ’n 1,5 literaanjaerlose

enjin wat 77 kW krag en

148 Nm wringkrag lewer. Dis in ’n

outomatiese sowel as ’n handratkas

beskikbaar.

Wat veiligheidskenmerke betref, het

Suzuki ook heelwat van die boksies

getik. Alle modelle het sluitweerremme

(ABS), noodremkragverspreiding en

rembystand. Daar is lugsakke vir die

MODELKEUSE Suzuki Vitara Brezza

GLX-handrat

VANAF R289 900

DIENSPLAN 4 jaar/60 000 km

WAARBORG 5 jaar/200 000 km

BRANDSTOFVERBRUIK 6,2 l/100 km

bestuurder en voorste passasier, en

die sitplekgordels het meganismes

wat dit styftrek en sluit in die geval van

’n ongeluk, sowel as Isofix-punte vir

kinderstoeltjies.

Die diensplan en waarborg is

onderskeidelik ’n klasleidende

4 jaar/60 000 km en 5 jaar/200 000 km.

Dit is beslis ’n pluspunt (en iets

om te oorweeg) wanneer jy ’n

sportnutsvoertuig aanskaf. >

71

WINTER 2021 | AA Reisiger

72

FORD FIGO FREESTYLE

Ek is versot op begrotingsvriendelike

motors wat hul bes probeer om soos

sportnutsvoertuie te lyk. Ek kan dit nie

juis verduidelik nie, want dit maak nie

sin nie. Jy betaal basies vir stilering en

’n klein bietjie ekstra grondvryhoogte

om ’n ryding te kry wat voorgee om

iets te wees wat hy nie is nie. Maar

daar is iets ouliks daaraan, en die Ford

Figo Freestyle is beslis oulik. Maar met

sterk mededingers in die vorm van die

Suzuki Ignis, Renault Sandero Stepway

en die Honda WRV wat onlangs

bekendgestel is, gaan hy sy storie moet

ken.

Wat het die Figo Freestyle om te

bied? Wel, dit is die oorkruismodel

van die baie suksesvolle Figo, wat nou

effens meer ruimte bied as die meeste

van sy mededingers. Sy afwerking is

ook effens meer in die rigting van die

SNV. Die grootste aantrekkingskrag van

’n SNV is sy ekstra grondvryhoogte, en

die Freestyle is 16 mm hoër as ander

Figo's. Dit het ook glyplate, groter wiele

en groter wielboë, wat dit die gevoel

van ’n SNV gee. Jy kry dus nie net

stilering nie, jy kry ook ’n paar praktiese

eienskappe wat jou byvoorbeeld sal

help om oor hobbels te ry.

Daar is twee weergawes, die Trend

en die Titanium. Die duurder Titanium

het 'n 6,5 duim-skerm in volkleur wat

aan die SYNC3-stelsel gekoppel

is en wat Bluetooth, Apple CarPlay

en Android Auto het. Dis jammer

dat die Trend dit nie ook bied nie.

Deesdae is konnektiwiteit absoluut

’n moet. Die Titanium het ook ’n

tru-kamera, sleutellose toegang

met drukknopaansitter, outomatiese

klimaatbeheer en outomatiese

hoofligte en ruitveërs met reënsensors.

Wat veiligheid betref, is die Titanium

ook beter toegerus as die Trend. Die

Trend het lugsakke vir die bestuurder

en passasier, sluitweerremme en deure

wat outomaties sluit wanneer jy ry. Die

Titanium het ook gordynlugsakke en

Ford se MyKey-stelsel, wat die

glad ratte oorskakel. Die beweerde

brandstofverbruik is ’n lae 5,5 l/100 km,

hoewel ek effens hoër verbruik van

sowat 6,8 l/100 km gekry het in my

toetsmodel.

Die Freestyle is ideaal vir mense

wat ’n bietjie meer karakter in hul

begrotingsvriendelike motor soek.

Dit bied baie in terme van waarde vir

geld en het heelwat beter spesifikasies

en meer ruimte as ander motors in

hierdie segment. Die bagasieruim is

’n skaflike 256 liter. Dis nie enorm nie,

maar die agterste passasiersruimte is

indrukwekkend. As jy nie die gewilde

Ford EcoSport kan bekostig nie, is die

Figo Freestyle ’n goeie alternatief.

eienaar toelaat om ’n sleutel MODELKEUSE Ford Figo Freestyle 1.5 Titanium

vir jonger bestuurders te

PRYS VANAF R263 200

programmeer wat inkomende DIENSPLAN 4 jaar/60 000 km

foonoproepe keer, topspoed WAARBORG 4 jaar/120 000 km

verminder en die oudiostelsel deaktiveer

wanneer die insittendes

BRANDSTOFVERBRUIK: 5,5l/100 km

nie sitplekgordels dra nie.

Die Figo het nog nie 'n NCAP-botstoets

Albei weergawes word aangedryf ondergaan as deel van die AA se program

deur die 1,5 liter aanjaerlose petrolenjin

wat 91 kW krag (3 kW meer as se AA-Kinsey-verslag, wat die koste van

#SaferCarsForAfrica nie. In verlede jaar

gewone die standaard-Figo, maar jy onderdele vergelyk, het die gewone Ford

voel dit nie) en 150 Nm wringkrag lewer. Figo tweede gekom in sy segment (stads- en

Die voorste wiele word aangedryf deur intreevlakmotors). Net die Renault Kwid se

’n vyfspoed- outomatiese ratkas wat mandjie onderdele was goedkoper.

AA Reisiger | WINTER 2021

Rygoed

AUDI Q3 SPORTBACK

Ek verkies praktiese voertuie, maar

ek besef nie almal voel dieselfde

nie. Sommige eienaars verkies styl

bo praktiese kenmerke. Die Audi Q3

Sportback is ’n voertuig vir daardie

mark. Ek sal altyd liewer die Audi Q3

verkies (dit bied meer en kos minder),

maar noudat ek die Q3 Sportback

getoetsbestuur het, sal ek nie omgee

om dit in my motorhuis te hê nie.

Hierdie is die eerste kompakte

oorkuisvoertuig van Audi, en dit is ’n

pragtige ryding. Met sy skuins dak

en sportiewe elegansie, is hierdie ’n

voertuig vir mense vir wie hul beeld

belangrik is. Jy het ’n keuse van tien

kleure vir die bakwerk, ook die nuwe

metaalkleurige “Dew Silver”. My

gunsteling is egter die Turbo Blue.

As jy ’n aanhanger van die S Line is,

sal jy bly wees om te hoor sy afwerking

is standaard op hierdie model, ook

die prominente aluminium-elemente

rondom die sierrooster, buffer en

luginlaat. Dit word verkoop met

18 duim-wiele, wat jy kan omruil vir

19 duim-wiele as jy dit sou verkies. As

jy ekstra styl wil byvoeg, tik die Black

Styling-pakket wanneer jy dit bestel. Dit

bied ’n meer dinamiese voorkoms.

Die sportiewe voorkoms is egter

tot die buitekant beperk. Binne lyk

die Sportback net soos die standaard

Q3. Ook wat ry-ervaring betref,

is dit baie dieselfde (hoewel die

Sportback effens meer afgerond is). My

voorkeurmodel van die Q3 Sportback,

die 40 TFSI Quattro S Line, word deur

MODELKEUSE Audi Q3 Sportback S

Line 35 TFSI S tronic

PRYS VANAF R718 810

DIENSPLAN 5 jaar/100 000 km Audi

Freeway-plan

BRANDSTOFVERBRUIK: 7,3 l/100 km

’n 2.0 liter-viersilinder-turbo-petrolenjin

aangedryf wat 140 kW krag en 320 Nm

wringkrag lewer. Dit is nie ’n stadige

ryding nie, maar dit gaan ook nie jou

asem wegslaan nie. Die Q3 het ’n

sewespoed- outomatiese ratkas. Die

35 TFSI S Line word aangedryf deur

’n swakker 1,4 liter-turbopetrol-enjin.

Dit is egter steeds ’n fantastiese enjin

wat goeie verrigting lewer. Tensy jy

dus regtig die quattro-stelsel wil hê,

toetsbestuur die 35 TFSI. Dit bied dalk

al die krag waarna jy soek, maar met ’n

goedkoper prysetiket.

In ’n neutedop is die Q3 Sportback

net ’n sexier weergawe as die

standaard Q3. Ek haat die woord "sexy"

in hierdie konteks, maar dis inderdaad

sexy. Dit is meer elegant en vang die

oog, maar jy kry “minder motor vir jou

geld” as met die standaard Q3. Laat

ek byvoeg, hoewel die Sportback

se bagasieruimte kleiner is (410 liter

teenoor die standaard Q3 se 550 liter)

en die agterste passasiers minder

kopruimte het, voel die Sportback

geensins beknop nie. Jy sal net jou

prioriteite en jou begroting moet

opweeg om te besluit.

Die Q3 het nog nie die NCAP-botstoets

ondergaan as deel van die AA se program

#SaferCarsForAfrica nie en is ook nie in die

vorige AA-Kinsey-verslag vir motoronderdeelpryse

ingesluit nie.

73

Foto's verskaf. Pryse was korrek teen druktyd.

WINTER 2021 | AA Reisiger

74

Ry veilig

in die

winter

Reën, ys en sneeu, modder en gruis – baie Suid-

Afrikaanse motoriste sal minstens een hiervan

in hul leeftyd moet trotseer. Hier is wenke oor

hoe om veilig van A na B te kom, hetsy in slegte

weerstoestande of op ongewone ryoppervlakke.

AA Reisiger | WINTER 2021

Raad

S

uid-Afrika is relatief klein, maar die

weerpatrone in verskillende streke

kan baie verskil. As jy in die noorde

woon, is jy gewoond daaraan om

in die somer in nat toestande te

bestuur. In sekere gebiede moet jy met ys op

die paaie rekening hou. Mense in die Kaap

beleef weer al vier seisoene in ’n week. En

diegene wat graag van die hoofpad afdraai,

beland dikwels op gruis- of modderpaaie. Hier

is rytegnieke vir vier verskillende toestande:

nat weer, ys en sneeu, en op modder en gruis.

JOU MERKLYSIE

Motorbatterye kan in die winter meer

1 probleme gee omdat dit meer krag trek

om 'n koue enjin aan te sit. En jy wil nie in

die koue sukkel met 'n motor wat nie wil

aanskakel nie. Maak seker jou motorbattery

werk goed.

2 Jou bande moet altyd genoeg loopvlak hê,

maar dit is veral belangrik in nat weer, en

wanneer jy op sneeu en ys gaan bestuur.

Volgens die wet moet jy minstens 1 mm

loopvlak hê, maar baie bande se aanwysers

sal vir jou wys dat die band vervang moet

word as dit 1,6 mm loopvlak oor het. Vervang

dit dan!

3 Namate dit vroeër donker word, moet meer

mense in die donker werk toe en terug

bestuur. Maak seker al jou ligte werk.

4 Skraap ys ('n kredietkaart sal werk) van jou

voorruit af voordat jy soggens ry. Jou motor

se lugversorging kan ook wasem van jou ruit

verwyder. Ry eers nadat al die ys en wasem

verdwyn het.

5 Ry altyd met genoeg brandstof in die tenk.

Onthou dat jy dalk iewers kan vassit en dat

jy dan jou enjin sal moet laat loop om warm

te bly.

6 Maak seker jou ruitveërs is almal in 'n goeie

toestand.

NAT PAAIE

Dit is winter en Wes-Kapenaars sal nat

toestande op die paaie moet aandurf (as jy

in ’n gebied woon wat somerreën kry, bêre

die inligting vir later). Bande het net die helfte

soveel greep op ’n nat pad as op droë paaie,

en botsings in nat toestande is algemeen:

■ Dit neem langer om op nat oppervlakke tot

stilstand te kom – jy moet dus vroeër rem.

Verdubbel jou stopafstand. As jy lanklaas jou

remme nagegaan het, is nou ’n goeie tyd om

dit te doen.

■ Ry stadiger! Pas jou spoed aan by die

weerstoestande. Net omdat die spoedperk

120 km/h is, beteken dit nie jy móét hierdie

spoed ry nie. En verminder spoed om die

draaie. Laat jou deur die toestande lei.

■ Werk jou voorste en agterste ruitveërs?

■ Waterplanering (“aquaplaning”) vind plaas

wanneer die motor van die padoppervlak af

oplig en soos ’n snelboot oor die water gly.

Dit is ’n wesenlike gevaar in nat toestande.

Dit kan gebeur as die bande se loopvlak so

verslete is dat dit nie die water kan wegvoer

nie. Gaan dus jou bande gereeld na (ook in

goeie weer).

■ Hou jou hoofligte aan. Dit sal jou sig verbeter

en jou motor sigbaarder maak vir ander

motoriste.

■ Vermy laagliggende brûe in die reën, selfs

as jy dink jy kan dit haal. Die water is miskien

dieper as wat jy dink. As jy deur stilstaande

water ry, moet jy ook spoed verminder

voordat jy die plas binnegaan. As jy te vinnig

ry, kan die motor sywaarts gly.

75

WINTER 2021 | AA Reisiger

YS EN SNEEU

Sneeu in Suid-Afrika? Dit is meer algemeen

as wat jy dink. In die winter reis baie

mense na plekke wat dikwels onder

’n sneeukombers lê, soos Ceres in die

Wes-Kaap, Hogsback in die Oos-Kaap,

Sutherland in die Noord-Kaap of Sani-pas

in KwaZulu-Natal/Lesotho. Hier is wenke

as jy in die sneeu of op ys moet ry:

■ Ry stadig en bestendig. Ry eerder in ’n

laer rat en gaan stadig om die draaie

(verminder spoed vóór die draai).

■ Trek in tweede rat weg. Haal jou voet

stadig van die koppelaar af om te keer

dat jy gly.

■ Ry so egalig as moontlik. Bande het

minder greep op sneeu of ysbedekte

paaie, en skielike bewegings kan daartoe

lei dat hulle hul greep heeltemal verloor.

■ Ons het genoem dat jy jou volgafstand

moet verdubbel in nat toestande. Op

sneeu moet jy dit verdriedubbel, en selfs

meer op ys!

■ As jy spoed wil verminder, gebruik

enjinremming (dit beteken dat jy jou voet

van die versneller haal en na laer ratte

oorskakel) in plaas van die rempedaal.

Trap die rem liggies sodat jy vir die mense

agter jou wys dat jy spoed verminder. As

jy ’n outomatiese motor het, kyk of jy ’n

ysmodus het en aktiveer dit.

■ Wanneer jy teen ’n heuwel uitry, probeer

om jou spoed konstant te hou. Probeer

vermy dat jy ratte moet wissel. Jy wil nie

agter ’n stadiger motor vassit nie. Dis dalk

beter om te wag dat die voertuig voor jou

eers die heuwel uitry voordat jy wegtrek.

By ’n afdraand moet jy na ’n laer rat

oorskakel. Probeer die rem vermy, indien

moontlik.

■ In lande wat baie sneeu kry, kan jy

sneeubande koop, maar dit word

selde in Suid-Afrika verkoop. As jy op

bergpasse met kompakte sneeu gaan

bestuur, belê in sneeukettings. Jy trek

dit oor jou bande om jou beter vastrap

te gee.

■ Moenie jou ruitsproei in die koue

gebruik nie. Die water sal op die voorruit

vries en jou ruitveërs kan nie die ys

verwyder nie.

■ Hou jou hoofligte aangeskakel as dit

sneeu.

■ As jy ’n yskol tref en beheer verloor, bly

kalm. Jy moet jou motor toelaat om

oor die ys te ry – probeer jou stuurwiel

reguit hou. Vermy skielike bewegings

en lig jou voet van die versneller af.

Moenie rem trap nie.

Sneeu en

ys op Sanipas

MOET JY

DIT WAAG?

Voordat jy in slegte weer ry

(of dit nou reën of sneeu is), vra jouself

af of jy regtig moet uitgaan? Kan

hierdie reis tot later wag as die weer

beter is? As jy nie die reis kan uitstel

nie, berei jouself so goed as moontlik

voor. Ook vir die moontlikheid dat jy

kan vasval en op hulp moet wag. Is

jou selfoon gelaai? Is jy reg aangetrek?

Is daar ’n noodvoorraad

kos, water en warm

komberse in jou motor?

76

BRONNE: AA.CO.ZA, ARRIVEALIVE.CO.ZA, BLOG.TRACKS4AFRICA.CO.ZA, CARANDDRIVER.COM,

EXPERTAFRICA.COM, MOBIL.COM, RAC.CO.UK, THEAA.COM, WIKIHOW.COM.

Raad

MODDER

Die beste manier om deur modder te ry

is om dit heeltemal te vermy. Modder wat

vassit en op jou onderstel droog word, kan

ekstra wrywing en slytasie veroorsaak, wat

jou voertuig se onderdele kan beskadig.

As jy geen ander keuse het nie, moet jy die

modder so gou moontlik agterna van die

voertuig se onderstel probeer afwas. Hou

hierdie wenke in gedagte:

■ Voor jy deur die modder ry, klim uit jou

voertuig en kyk hoe diep dit is. As jy ’n stok

het, gebruik dit. Anders moet jy deur die

modder loop. Kyk uit vir skerp klippe of

rommel wat jou bande kan beskadig. As dit

te diep is of die oppervlak is onveilig, draai

om en kies ’n ander roete.

■ Sommige voertuie het ’n spesiale modus

vir modder, of “traction control” of “4W

drive”. Aktiveer dit as jy kan. Andersins,

skakel oor na ’n laer rat (2de of 3de).

■ Probeer om ’n middelmatige, maar

bestendige spoed te handhaaf. Moenie

deur die modder jaag nie (dit is gevaarlik),

maar jy het tog momentum nodig om aan

die ander kant te kom. As jy moet versnel,

trap die versnellerpedaal stadig en saggies

in. En moenie skielik rem trap nie.

■ Vermy diep groewe wat deur vorige

bestuurders veroorsaak is, want jy kan

vassit.

■ As jy vasval, is daar verskeie dinge wat

jy kan probeer. Probeer om die voertuig

te “wieg” deur vorentoe en agtertoe te

probeer ry. As jou wiele tol, stop en draai

jou bande skuins en probeer weer. Verlaag

die banddruk vir ekstra vastrap. Twee

ander opsies is om sand op die oppervlak

rondom jou bande te gooi (as jy sand

byderhand het), of skuif jou motor se matjie

effens onder jou voorste wiele in. Jy kan

ook jou wiele met ’n graaf probeer los spit.

Hou ’n grafie in die motor.

'n Slegte stuk

pad op die

Potrivierpas

naby Elandshoogte

in die

Oos-Kaap

GRUIS

As jy na ’n bestemming op die platteland

op pad is, is die kans goed dat jy op ’n

grond- of gruispad moet ry. Nie alle

grondpaaie is dieselfde nie. Sommige is

makliker om op te ry as ander, maar die

meeste sedanvoertuie moet op hierdie

soort oppervlak kan regkom. Hou egter die

volgende in gedagte:

■ Is jou bande in ’n goeie toestand? Jy soek

moeilikheid as jy met verslete bande op

gruis- of grondpaaie ry.

■ Bande, selfs dié in ’n goeie toestand, het

’n swakker greep op gruispaaie as op teer.

Dit beteken jy moet so egalig as moontlik

probeer ry. Moenie die stuurwiel ruk,

skielik rem of skielik versnel nie. Vir ekstra

traksie kan jy jou banddruk met tussen

10 en 20 persent verlaag. Onthou net om

dit weer op te blaas as jy weer op die teer

kom.

■ Verminder spoed, veral by kruisings,

heuwels en om draaie! Selfs goed

versorgde grondpaaie is gevaarlik as jy

teen hoë snelhede ry. Ente van dieselfde

stuk pad kan ook hemelsbreed verskil,

van los tot harde gruis. As jy stadig ry,

sal jy in beheer van jou voertuig bly. Hoe

erger die pad word, hoe stadiger moet

jy ry.

■ Stof kan jou sig beïnvloed, en jy kan die

pad deel met landbouvoertuie, fietsryers

of selfs rondlopervee. As jy stadiger ry,

het jy meer tyd om te stop vir moontlike

gevare. So van stof gepraat, as jy stadiger

ry veroorsaak jy ook minder stof vir

ander voertuie, voetgangers, fietsryers of

geboue of huise langs die pad. Dit is die

bedagsame ding om te doen.

■ As jy spore in die grond sien, probeer om

daarin te ry.

■ Hou ’n veilige volgafstand. Jy wil jouself

genoeg tyd gee om veilig te rem indien

nodig. Verhoog jou volgafstand as stof

jou sig belemmer. Die motor voor jou kan

ook klein klippies laat opskiet, en as jy te

naby ry, kan dit jou voorruit en voorligte

beskadig.

■ Wees bedagsaam. Baie grondpaaie is

redelik smal, so skuif na die kant om

ander voertuie te laat verbygaan.

77

WINTER 2021 | AA Reisiger

DEUR PETRO-ANNE VLOK

OP PAD NA

ZER

Met die eerste oogopslag lyk die voorgestelde 0 persent-alkoholperk na die volmaakte

oplossing vir dronkbestuur in Suid-Afrika, maar die saak is baie meer ingewikkeld . . .

78

Dronkbestuur is ’n ernstige probleem in

Suid-Afrika. Selfs al is navorsing op dié

gebied gefragmenteerd en teenstrydig

(en moet dit verbeter, sê die AA), word

Suid-Afrika beskou as een van die lande

in die wêreld met die hoogste sterftesyfer weens

dronkbestuur.

Dít was in 2016 die mening van ’n komitee wat

deur die departement vervoer saamgeroep is om

verkeerswetstoepassing omvattend te hersien.

En in ’n 2020-verslag is gevind alkohol het ’n rol

gespeel in minstens 27,1 per-sent van noodlottige

botsings wat aan ’n fout deur die bestuurder te

wyte was. Dié syfer kan selfs hoër wees, volgens

die opstellers van die betrokke verslag: die

Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), die SA

Mediese Navorsingsraad (SAMNR)

en die Universiteit van Suid-

Afrika (Unisa).

Nou is ’n wetsontwerp

op pad Parlement toe

wat die alkoholperk nog

80%

Soveel van die deelnemers

aan ’n 2018-peiling

deur die AA het gesê

daar is nie genoeg

wetstoepassingpogings

wat op die stryd teen

dronkbestuur fokus nie.

verder wil verlaag. Dié

wysigingswetsontwerp

het in Oktober verlede

jaar die lig gesien

en beveel aan dat die

maksimum bloedalkoholinhoud

én bloedalkoholkonsentrasie

’n ronde 0 moet

wees. Op die oomblik is dit onder skeidelik 0,05 g/

100 ml en 0,24g/1 000 ml.

’n Mens sou dink dis ’n stap in die regte rigting,

maar die AA meen ’n 0 persent-perk gaan nie ’n

groot verskil aan padveiligheid maak nie. Dit sal

eerder nóg druk laai op ’n verkeerswetstoepassingsektor

wat reeds te min bronne het. Daarby kan dit

veroorsaak dat selfs onskuldige bestuurders met ’n

misdaadgeskiedenis opgeskeep sit.

“Natuurlik verdedig ons nie dronk bestuur nie,”

sê Layton Beard, bestuurder: openbare betrekking

van die AA.

“Ons sê net dat daar niks verkeerd is met ons

huidige wetgewing nie – die 0,5-vlak is ’n goeie perk

en stem ooreen met wêreldstandaarde. Die probleem

is eerder dat die wette wat ons reeds het, nie ordentlik

afgedwing word nie.

“Nuwe wetgewing gaan geen verskil maak as

daar nie meer aandag aan implementering geskenk

word nie.”

Bestuurders se gedrag sal nie

verander nie

Mense wat onder die invloed bestuur, gaan nie hul

gedrag verander nie, meen die AA.

Dis omdat hulle weet dat wat die perk ook al is, die

gevolge waarskynlik nie ernstig gaan wees as hulle

gevang word nie. Baie Suid-Afrikaners dink hulle kan

dronk bestuur omdat hulle waarskynlik nie vasgetrek

sal word nie – en selfs al word hulle in hegtenis

AA Reisiger | WINTER 2021

Spesiale verslag

EKSTRA BRONNE: RTMC.CO.ZA; AA.CO.ZA

geneem, is daar ’n goeie kans dat hulle nie vervolg sal

word nie.

“Party mense is selfs trots daarop dat hulle met

dronkbestuur wegkom,” sê Layton.

Sy mening is op feite gegrond. “Net 6 tot 7 persent

van dronkbestuursake word vervolg,” sê hy.

Die hele implementeringsraamwerk –

wetstoepassing, staatslaboratoriums en die

vervolgingstruktuur – gaan onder vele eise gebuk en

mense sukkel om al die werk baas te raak.

In die eerste plek is daar te min

verkeerswetstoepassers, en hulle beskik ook nie oor

die nodige bronne – of dit nou bloedalkoholtoetse of

motors is – om die wet behoorlik toe te pas nie.

“Ons het meer stewels op die grond nodig,” sê

Layton.

Daarby is daar ’n agterstand van 96 persent by

laboratoriums wat die bloed moet verwerk, en die

omkeertyd vir bloedtoetse is langer as 11 maande.

Voeg die spartelende howe daarby en jy het ’n situasie

waarin die meeste dronkbestuurders nooit vervolg

word nie.

As die perk nul word, sal meer mense vasgetrek

word omdat meer bo die perk sal wees. Dit sal nog

meer druk op die reeds oorlaaide stelsel plaas.

“As die verkeerspolisie, laborato riums en howe

reeds sukkel om die stapel dronkbestuursake te bowe

te kom, wat sal gebeur as nóg meer mense elke jaar

gevang word? Die stelsel sal dit nie kan hanteer nie,”

waarsku Layton.

Dit sal onskuldige bestuurders in

misdadigers verander

’n Nul-perk beteken dat almal met die geringste spoor

van alkohol in hul bloed vasgetrek en as ’n misdadiger

behandel kan word. Baie mense gaan onregverdiglik

’n misdaadgeskiedenis kry omdat die volgende faktore

nie in ag geneem word nie:

1. Medikasie en ontsmettings produkte:

As jy ’n mondspoelmiddel of medisyne soos

hoesstroop gebruik, kan jou asemtoets positief wees.

2. Dermgisting (lyfbrouery- sindroom):

Koolhidrate wat in jou spysverteringstelsel gis, kan die

alkohol- lesing op die asemtoetser tydelik opjaag.

3. Alkohol in godsdienstige aktiwiteite:

Klein hoeveelhede alkohol wat om godsdienstige

redes gedrink word – soos nag maalwyn – sal jou nie

slegter laat bestuur nie, maar sal op die toets wys.

Die AA meen die perk moet liewer na 0,2 persent

verander word omdat dit die komplikasies hierbo uit

die weg sal ruim.

Hulle het dié perk voorgestel in die kommentaar

wat hulle verlede jaar aan die parlementêre

portefeuljekomitee oor vervoer gestuur het, en dit

verder verduidelik in ’n mondelinge betoog voor die

komitee in Maart.

Wat stel die AA voor?

Die oplossing lê by beter wetstoepassing en

opvoeding. Pleks van ’n nul-perk sou die AA liewer

’n benadering van geen verdraagsaamheid teenoor

dronkbestuur voorstel.

“Daar is ’n enorme verskil tussen ’n nul-perk en

'nul' verdraagsaamheid,” verduidelik Layton.

“ 'Nul' verdraagsaamheid beteken dat almal in

die ketting – wetstoepassers, laboratoriums en die

vervolgingsgesag – dronkbestuur as prioriteitsake

hanteer.

“ 'Nul' verdraagsaamheid beteken die stelsel werk

soos hy moet om dronk bestuurders te vervolg, maar

ongelukkig is dit nie die geval nie.”

Daar behoort meer verkeerspolisielede op ons paaie

te wees en hulle moet al die nodige toetstoerusting

byderhand hê. Die staatslaboratoriums en howe moet

ook toegerus word om die sake doeltreffend te kan

vervolg.

“Mense moet bang wees om te drink en dan te

bestuur. Hulle moet glo hulle sal gevang word en dat

die gevolge ernstig sal wees,” sê Layton.

Openbare bewustheid en opvoedingsveldtogte wat

die boodskap uitstuur dat dronkbestuur gevaarlike en

antisosiale gedrag is, moet ’n hupstoot kry.

“Daar kleef nie tans ’n stigma aan dronkbestuur

nie. Party mense is selfs trots daarop dat hulle dit

doen, en dít moet verander,” waarsku Layton.

Die AA glo ’n meer holistiese benadering

tot padveiligheid is nodig, en staan by hul

ondersteuning aan die omvattende voorstelle wat die

2016-hersieningskomitee gemaak het.

Om net een probleem – dronkbestuur – op te los

gaan nie heeltemal klaarspeel met die land

se jaarlikse padsterftesyfer nie, want

ander faktore speel ook ’n rol.

Voetgangers is byvoorbeeld

die padgebruikers wat die

meeste op Suid-Afrikaanse

paaie sterf, en die AA sê

meer aandag moet gegee

word aan “dronk loop”,

oftewel voetgangers wat

onder die invloed is.

* Teen ons druktyd

sou die Nasionale

Padverkeerswysigingswetsontwerp

– wat die alkoholperk na 0 persent

verlaag – in Junie 2021 van

krag word.

21%

Soveel respondente het in

die AA-peiling gesê dit sou

“baie maklik” wees om ’n

polisiebeampte om te koop as

hulle vir dronkbestuur vasgetrek

word. Sestien persent het

geantwoord “maklik” en

31 persent “taamlik

maklik”.

79

Kopkrappers

BLOKRAAI 96

Groep

van drie

Die

Slapende

Soos

heuning

Heen-enweer-reis

Oorwinning

Varkwyfies

Ommuurde

dorp in

Toskane

(3,9)

Die . . .

kwyt wees

Poort Pit Verhaal

Suurstof

(simbool)

Huweliksmaat

Ysterhoudende

grond

Kus

Was in

staat

Oewer

Statig

(Ital.)

(musiek)

Steel

Het 'n

skaal

gebruik

Die towerwoord

Teenstaan

Die hier

en nou

Reeks

Dra dit

om die

nek

Aankom

Die uwe

Niks Priem 'n Titel Bobeen

Gee hóm

wat hom

toekom

'n Kleur

Niet kom

tot . . .

Selde

indien . . .

Geselliger

Kla

Rubberdeel

van

'n bababottel

Praat

Onvervals

Musiekskrywer

Plakmiddel

Sieke

Bejaard

Berillium

(simbool)

Doelloos

Buis

Ongesluit

Troepeafdeling

Moslemviering

80

Sonder

ophou

Gr. letter

Raai

Naskrif

(afk.)

Bo die

stuitjie

(mv.)

Vat so!

Naaldboom

Tweestukswembroek

Dampkring

Songod

Gewillig

PIN, bv.

Toneelstuk

Bo die

voet

Rolprent

Tariewe

Saamgedruk

Hoedmateriaal

Ongebluste

kenne gee

Groen

ruimte in

Manhattan

(7,4)

Skoentou

Ooi se

baba

Gee

Rigting

gee

Fyn

maak

Lae

gety

Bymekaar

Mineraaloord

Spikkel

AA Reisiger | WINTER 2021

Vasvra

VASVRA

SUDOKU Maklik

Kan jy die Suid-Afrikaanse plekke identifiseer?

1 Die Khoi noem dié bekende plek in Suid-Afrika Huigais, wat

verklaar word as “bedek met wolke”, “plek van slange” of “plek van

klip” – laasgenoemde verwys na ‘n bekende klipgebou in dié stad

wat vyf punte het.

8 1 5

3 7 6 2 5 8

9 6 2 1

1 3 7

3

1 9 4

6 8 5 1

9 2 7 8 6 5

5 2 8

Bron: Plekname van Suider-Afrika. Antwoorde: 1. Kaapstad. 2. Spektakelpas. 3. Vrede

2 Dié pas oos van die Buffelsrivier is in ’n bekende blommestreek in

Suid-Afrika. Die naam van die pas verwys moontlik na ’n voorval waar

’n klomp statige vroue taamlik potsierlik van ’n ossewa afgeval het.

3 Die inwoners van hierdie dorp in die Vrystaat het glo so oor sy

naam getwis dat die dorp eindelik sy naam van die beslegting

van die geskil gekry het.

Blokraai 95

S L V O W

G E B O R E K W E T S

G K R S N K

N E S A F S E S L U

O F K L A A K S W

M A D A M I S I T U A S I E

S A B E L T E N Z O E R

P D R O M E K A A K E G

G E L Y K E G G A L E

R Y I N T E R E S S E E R

Y S K A S S A L O N S K E L

I L I T K E T T I E U I

T E N G E R B E E T S K

S I E N A O N N E T O S

S A K E T S A M M A

W E G R A A I S E

E I S L A E R L Y

B R E I P E N U I T

SUDOKU Moeilik

6 2 5 9

3 2 5

3 7

9 1

2 5 8 7 6 3

8 1

7 5

9 2 7

3 1 4 8

6 1 2 4 8 5 9 3 7

7 3 4 2 9 1 5 8 6

8 9 5 6 3 7 1 4 2

9 6 1 8 7 3 2 5 4

2 5 8 9 1 4 7 6 3

3 4 7 5 2 6 8 9 1

4 2 6 7 5 8 3 1 9

1 8 9 3 4 2 6 7 5

5 7 3 1 6 9 4 2 8

sudoku

moeilik

2 6 8 9 1 5 4 3 7

3 7 1 4 6 2 5 8 9

5 4 9 8 7 3 6 2 1

9 1 3 6 4 7 2 5 8

8 5 4 2 3 9 7 1 6

7 2 6 1 5 8 9 4 3

6 8 5 3 9 4 1 7 2

4 9 2 7 8 1 3 6 5

1 3 7 5 2 6 8 9 4

sudoku

maklik

81

WINTER 2021 | AA Reisiger

Ek wou nog sê

Die Kadette wat

’n show kon opsit

DEUR WICUS PRETORIUS

82

Die rooi Opel Kadette was

’n kopie uit “noodweer”.

Want my groen Mazda

het onder my voete

weggeroes, en dit was

dalk ’n 323, maar jy kon (wanneer

dit reën) hoor hoe hy 1-2-3 onder

jou voete vergaan. Dit sou sy laaste

winter wees.

Ek het gou besef die rooi Kadette

het aan dieselfde kwaal gely, want

nie lank nie of dit blyk die vorige

eienaar (’n bedrieglik goedige

oom) het dié 1400 se bakwerk ook

al ’n keer of wat ge-“patch” – en

teen die lente was daar merkies

aan die luikrug se agterdeur en

twee van die vensterbanke. Vir ’n

oomblik het ek gedink roes is een

van daai “opsionele ekstras” wat jy

saam met ’n nuwe motor kan bestel.

Leersitplekke, sondak – en verf wat

skilfer en borrels maak.

As dit maar al moeilikheid was!

Volgende was ’n rokerige uitlaatpyp,

en die vonkproppe wat skielik – en

altyd onverwags – om die beurt

hul vonk verloor. Die Kadette

het geproes en gestotter soos ’n

tuinslang wat geknak het van te veel

in die son lê. Die kar het na sy asem

gesnak.

Maar, my skedonk het ’n geheime

wapen gehad: Hy kon vier varsitypelle

se ganse vakansievrag insluk

en ons elke Desember veilig uit die

Kaap tot in Heroldsbaai bring.

Ons was ou kampeerders, en ons

planne was agtermekaar. Ons wou

warm slaap, koud drink, en skoon

voete hê. Wat beteken die Coleman,

’n grondseil, en klein matrassies is

eerste gelaai. En ’n handbesempie.

Natuurlik ook die viermantent.

En ’n opvoustoel vir elk. Ook die

braairooster, en ’n gaspot en -ring.

En -lamp. En altyd die ou transistorradio

met die draadhanger vir

’n antenna wat in die boom

opgehang word vir

agtergrondmusiek.

Uit die Kaap was ons

net drie passasiers, wat

beteken die agtersitplek

se rugkant – wat in twee

seksies verdeel – kon die

helfte platgeslaan word

om plek te maak vir ons

klere, kussings en slaapsakke. En

die eerste aand se kos en drank,

wat altyd twee sespakke Savannah

ingesluit het, want dis hoeveel

doppies jy nodig het om die

grondseil vas te kap voor jy die tent

opslaan.

Die sagte goed kon maklik

vervorm en leë gaatjies vul. Die

Kadette was vol, maar die deure kon

toe – en as ons eers oor die bult was

by Sir Lowryspas, was die Opeltjie

op dreef en die passasiers gemaklik

ingeskud.

Maar die moeilikheid het op

Stilbaai gewag. Want daar het

passasier 4 se ruimhartige ouers

gereed gestaan met ’n halwe skaap,

’n hoop hout – en natuurlik sy tas.

En stoel. En slaapsak en kussing.

Die Kadette was op vol kapasiteit.

Die Coleman, wat volgepak was

met kaarte, Blitz, tekkies en ander

losgoed, is leeggemaak, en weer met

vleis volgestop. Die losgoed is onder

die voorste sitplekke en die cubby

hole ingedruk.

Die slaapsakke is oopgerol, en

laag op laag op die agtersitplek

gesit. Die agterbankers was verhewe

– soos in ’n Landy op safari – maar

die dak was te laag, en die laaste

130 km was die twee vrinne op die

agtersitplek kop aan kop soos ’n

siamese tweeling.

Gelukkig was dit nie ver nie.

Ongelukkig was dit somer.

By ons staanplek in die kampeerplek

het ons vierstuks uit die motor

gepeul. Die bure – grênd mense

WICUS

PRETORIUS is

die redakteur

van die

dekortydskrif

Tuis/Home.

met ’n splinternuwe bakkie en ’n

Wilk Amethyst-woonwa – was ontstig.

Die roes aan my Kadette was nie die

soort edelmetaal waarna hul huisop-wiele

genoem is nie.

Maar ons was bedagsaam en

vriendelik . . . en (meestal) stigtelik.

En teen die einde van die vakansie

het oom Vrystaat een aand ’n bak

skaaptjoppies omgestuur en tannie

Vrystaat lamingtons. Die Kadette het

dalk in hul oë die toets gedop, maar

ons het geslaag!

Ek sou eers op die laaste dag van

ons vakansie besef dis eintlik die

Kadette wat ons buurman die meeste

beïndruk het. Want toe ons begin

tent afbreek, het oom Vrystaat een

van sy eie kampstoele nadergetrek,

sy sit geneem, ’n bier geknak en

droogweg opgemerk: “Ek het julle by

dié karretjie sien uitpeul, maar nou

wil ek sien hoe julle daar inpeul –

want dit moet die beste show van die

vakansie wees.”

En hy’t sluk-sluk elk van ons

bewegings dopgehou, en voor sy

oë gesien hoe die rooi Kadette

– roes en al – weer vier varsitypelle

en al hul bagasie insluk: die

Coleman, grondseil, matrassies, tent,

opvoustoele, braairooster, gaspot,

klere, kussings en slaapsakke…

Oom Vrystaat het na sý asem

gesnak.

Skets: Lynne Fraser

AA Reisiger | WINTER 2021

se NEE vir naarheid

nie net vir

BEWE61N6SIEKTE nie

chemo-geinduseerde naarheid

naarheid na operasie

spysverteringsnaarheid

oggendnaarheid

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!