02.05.2013 Views

Breed Standards - Sussex Cattle Breeders Society

Breed Standards - Sussex Cattle Breeders Society

Breed Standards - Sussex Cattle Breeders Society

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Inleiding

21

DIE NASIONALE

VLEISBEESPRESTASIETOETSSKEMA

Die Nasionale Vleisbeesprestasie- en

nageslagtoetsskema is op 4 Desember

1959 in werking gestel. Sedertdien het

die skema tot ‘n goed georganiseerde

program ontwikkel wat ‘n groter invloed

op die bedryf as geheel uitoefen as wat

algemeen besef word.

‘n Adviesraad komitee, bestaande uit

verteenwoordigers van die verskillende

sektore van die bedryf, hou toesig oor

en dien as adviseurs vir die skema met

sy verskilende fases. Die leiding wat

van hierdie advisering ontvang word, is

een van die redes vir die kursus van die

skema.

Doel van die Skema

Die doel van die skema kan in die

volgende paar punte saamgevat word:

1. Die belangrikste doel van die

skema is om die gemiddelde

prestasies van die nasionale kudde

vir die ekonomiese belangrike

eienskappe te verhoog.

2. Om met behulp van objektief

bepaalde inligting die genetiese

verskille tussen diere so akkuraat

moontlik te identifiseer sodat

seleksiebesluite sinvol geneem kan

word.

3. Om bestuurspraktyke te evalueer

en seleksiebesluite te vergemaklik.

4. Om die geleentheid te skep vir

wetenskaplikes en telers om byeen

te kom en sake van

gemeenskaplike belang te

bespreek. Die afgelope dekade of

meer het die gesindheid van beide

stoet- en kommersiële telers

teenoor wetenskaplike hulpmiddels

en tegnieke dramaties verander.

Prestasietoetsing is een van die

voortreflikste opvoedkundige

mediums wat vandag in die

vleisbedryf funksioneer.

5. Om die ekonomiese voortreflikhede

van die verskillende rasse en

veranderings wat deur die jare

plaasvind, te dokumenteer sodat dit

vir die bedryf waardevolle inligting

vir beplanning kan verskaf.

6. Om in samewerking met die Suid-

Afrikaanse Stam-boekvereeniging

‘n geintegreerde rekenaarprogram

daar te stel wat duplikasie uitskakel

en die stoetbedryf op ‘n gesonder

basis plaas.

Basis waarop Prestasietoetsing

berus

1. Individuele diere verskil geneties

wat hul groeivermoë, groeikurwe,

patroon van ontwikkeling, tydperk

tot geslagsrypheid,

voeromsetverhouding, ens. Betref.

2. Daar bestaan dramatiese

produksieverskille tussen diere wat

uiterlik eenders vertoon. Dit word

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!