02.05.2013 Views

Breed Standards - Sussex Cattle Breeders Society

Breed Standards - Sussex Cattle Breeders Society

Breed Standards - Sussex Cattle Breeders Society

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

30

VOEDING VAN VLEISBEESTE EN GROOTMAAK VAN

BULLE

Deur Willie Grobler van Rumevite

Aangesien die landsoppervlakte vir

landbougebruik jaarliks verminder en

die bevolkingsgetalle jaarliks groei,

word daar ‘n groter druk op , veral die

veeboer, geplaas om meer te

produseer. Dit kan slegs geskied

indien die beginsels en praktyke van

voeding gerespekteer en nagekom

word.

VOEDINGSPRAKTYKE

Dierevoeding word hoofsaaklik in drie

praktyke ingedeel, naamlik aanvullende

voeding, byvoeding en volvoeding.

Elkeen van hierdie praktyke het ‘n

spesifieke doel en bepaalde reëls

waaraan die praktyk moet voldoen om

as sulks geklas te word.

(a) Aanvullende voeding:

Dit is die maksimum ruvoer- of

weidingsinname. Lekinname maak

minder as 10% van die dier se

daaglikse inname uit.

(b) Byvoeding:

Wanneer ruvoer0 of

weidingsinname nie maksimum kan

wees nie, hetsy weens tekort of

swak waarde wat inname beperk,

word kragvoer volgens behoefte

gegee. Hierdie is ‘n praktyk wat

baie gereeld, veral in die kouer dele

van Suid-Afrika, toegepas word

deur bv. Voorsiening van heel

gemaalde mielieplante.

(c) Volvoeding:

Hierdie praktyk is vanselfsprekend.

Maksimum kragvoerinname en

ruvoer slegs om gesonde

rumenfunksie te verseker.

Die algemene praktyk van afronding

van beeste en dus ook van bulle in

krale of stalle, val in hierdie praktyk.

Al hierdie verskillende praktyke het ook

spesifieke beginsels wat geken en

daarom gerespekteer behoort te word.

Hiervan is, vir hierdie artikel, die

beginsels van lekaanvulling die

belangrikste.

(a) Aanvullende voeding of lekke moet

die voedingstekorte in die dieet

balanseer en aanvul sodat meer

ruvoer ingeneem kan word en ook

beter benut kan word.

(b) Lekke moet aanvullende tot die

weiding wees en dit nooit vervang of

die vrywillige inname beperk nie.

Ruvoer-inname moet die maksimum

wees.

(c) Die norm en samestelling van die

lek moet gelykmatig en

gekontroleerde vrywillige inname

verseker.

In die voeding van beeste kom

verskillende knelpunte voor. Soos o.a.

lae en selfs onverteerbaarheid van

wintergrasse, wat ‘n direkte tekort aan

inname van energie veroorsaak.

Tekort aan proteïen in die winter en laat

somer op natuurlike weidings, asook

marginale fosfor tekort in die somer.

Van hierdie knelpunte kan reggestel

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!