04.05.2013 Views

2006 Edition 2 (Issue 144) - Sasmt-savmo.org.za

2006 Edition 2 (Issue 144) - Sasmt-savmo.org.za

2006 Edition 2 (Issue 144) - Sasmt-savmo.org.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

w a a r i s d i e m u s i e k i n d i e

t e o r i e ?

O n s h e t n u w e i d e e s n o d i g o m m u s i e k t e r u g

t e b r i n g i n m u s i e k t e o r i e . ‘ n G r o n d i g e

b e s k o u i n g v a n m u s i e k t e o r i e - o n d e r r i g e n

g e p a a r d g a a n d e a a n p a s s i n g s b e h o o r t ‘ n g r o t e r

b e w u s s y n t e k w e e k v a n m u s i e k a s k u n s .

Hierdie kort bespreking handel oor die onderrig van

musiekteorie, ‘n onderwerp wat gewoonlik met heelwat

passie bespreek word wanneer ‘n klompie teorieonderwysers

bymekaar is. Dan word probleme met die

leerders, die sillabus, die eksamens, ensovoorts gewoonlik

betrek sonder dat die aard en funksie van die musiekteorie

as dissipline in ag geneem word.

‘n Grondige kritiese ondersoek na die metodes en

doelstellings van die musiekteorie is lankal nodig, dit wil

sê een met heelwat meer diepgang as hierdie kort bydrae.

By ‘kritiese ondersoek’ bedoel ek dat sowel die positiewe

as negatiewe aspekte van die manier waarop musiekteorie

tans onderrig word, verreken behoort te word. Hiermee

wil ek dus nie die voordele van gespesialiseerde strategieë

wat aan musiekteorie as dissipline die status gegee het wat

dit verdien, prysgee nie. Ek pleit egter vir ‘n sterker klem

op die artistieke musikale aspek van die musiekteorie wat

hopelik sal vergoed vir die negatiewe effek van meganiese

tegniese beheersing.

Tans lyk dit asof meeste leerders nie die nut van

musiekteorie kan insien nie en dit net as ‘n straf beskou.

Redes vir hierdie negatiewe siening kan wees dat kennis

en vaardighede wat met die teorie te make het nie met die

musiek gekoppel word nie en dat musiekteorie net met

meganiese drilwerk ge-assosieer word. Die probleem is

egter dat dit feitlik onmoontlik is om musiekteorie baas

te raak sonder ‘n aansienlike hoeveelheid drilwerk. En

drilwerk bevorder nie artistieke en kreatiewe doelwitte

nie. Len Holdstock, ‘n Suid-Afrikaanse sielkundige, skryf

in hierdie verband dat

the emphasis on rote learning and rigid logic in our

schools and universities undoubtedly does great damage

to the creative ability of many, if not most young people.

… Studies indicate that a child’s creativity plummets 90

percent between the ages five and seven when schooling

is introduced. It is estimated that by the time they are

forty most adults are about 2 percent as creative as they

were at five. 1

Bertha Spies

Musiekteorie kan met grammatika in taal vergelyk word,

eerstens omdat musiekteorie te make het met die manier

waarop die musiek ‘aanmekaar gesit’ is en, tweedens, omdat

klein musikale eenhede met leksikale eenhede vergelyk kan

word. 2 As leerders die letters van die alfabet in die korrekte

volgorde kan opsê, beteken dit egter nog nie dat hulle regtig

met taal besig is nie. Dit is eers wanneer gewerk word

met patrone van letters wat anders gerangskik is as in die

alfabet, dat taalvaardigheid ter sprake kom. Indien hierdie

situasie na musiek ‘getransponeer’ word, kan ‘n mens sê

dat toonlere nog nie regtig musiek is nie. Waarom heg ons

dan soveel waarde aan toonlere? As die identifisering van

betekenisvolle eenhede in ‘n komposisie die eerste stap is

in die proses om sin te maak van die musiek, 3 moet leerders

nie eerder so vroeg as moontlik leer om musikale patrone

te skryf waar toonhoogte en ritme van die staanspoor af

op kreatiewe wyse gekombineer kan word nie?

Meer as ‘n eeu gelede het die Duitse opvoedkundige en

dirigent, Hermann Kretzschmar gekla oor die verouderde

onderrigmetodes in harmonie en kontrapunt en dit reguit

gestel dat musiekteorie daardie musiekvak is wat die

dringendste hervorm moet word omdat dit so eksklusief

gerig is op die harmonie. Hy betreur die feit dat musiekteorie

net by geskrewe oefeninge bly, dat studente nie by die

klavier werk nie, en dat oefeninge net in halfnote gedoen

word. Volgens Kretzschmar is musiekteorie onpopulêr en

word dit vermy deur onderwysers wat praktiese onderrig

gee. Die beste geleenthede om betekenisvolle verbande

tussen teorie en praktyk te trek, dit is in die praktiese lesse,

gaan onbenut verby. 4

Waarom moet ons in die een en twintigste eeu nog na

musiekteksture kyk soos wat Jean-Philippe Rameau dit

in die agtiende eeu gedoen het? Daarmee wil ek niks

wegneem van die belangrikheid van sy bydrae tot die

sistematisering van die harmonie as vakgebied nie. Thomas

Christensen, die president van die Amerikaanse Society

for Music Theory (1999-2001), skryf egter dat Rameau se

status as die belangrikste figuur in die musiekteorie na die

middeleeue tot vandag toe nog nie bevraagteken is nie. 5

Suid-Afrikaanse Musiek Onderwyser |144 | November 2006

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!