13.05.2013 Views

MEN Aug2010.indd - Midrand Estates

MEN Aug2010.indd - Midrand Estates

MEN Aug2010.indd - Midrand Estates

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Dit is die middel van die jaar...

Soos wat ‘n metronoom die tyd aftik, so het die mid-jaar datum sedert die jaar 2003 telkens ‘n

groot gebeurtenis rondom Midrand Estates aangekondig.

Midstream HEV

Konstruksie op die terrein begin volstoom vroeg

in 2003 en mid-jaar 2003 word daar die eerste

keer bult-af gery op ‘n teerpad en die eerste

fase word geproklameer, met die Midstream Estate

HEV wat as eerste Huiseienaarsvereniging

gestig word. Teen mid-jaar 2004 woon daar reeds

10 families in Midstream en word daar begin

met die konstruksie van Midstream College se

Pre-Primêre skool. Tik-tak, tik-tak kom mid-jaar 2005 nader waartydens Brakfonteinweg verleng

word tot by die Windsorhek-sirkel en die konstruksie van Midstream College begin in alle erns -

Midstream se ontwikkeling word voltooi met die proklamasie van uitbreiding 11.

Midstream Klubhuis

Midstream College

Midstream Pre-Premêr

Voltooide eenheid by Aftreeoord

Teen mid-jaar 2006 neem die konstruksie van die hoërskool

in aanvang en Brakfonteinweg word verleng tot

by die sirkel voor Midfi eld - die eerste huise in Midfi

eld word word ook voltooi. Mid-jaar 2007 trek die

duisendste (1000e) familie in Midrand Estates in hul

huis en word daar gestalte gegee aan die gholfbaan,

die krieketovaal en die “klubhuis” en die teerpad word

verleng tot kort voor Midlands terwyl die eerste huis

in Midlands voltooing nader. Teen mid-jaar 2008 spog

Midrand Estates met sy eie winkelsentrum en open die

eerste kerk, Doxa Deo, hul deure, met die planne vir

die Hervormde Kerk (of Familiekerk) en Metodiste kerk

ver gevorder. Die einde van 2008 ondervind die metronoom

‘n geringe versteuring met die oorspoel van

die gevolge van die een van die grootste resessies in

menslike heugenis.

Nieteenstaande die stadiger tempo van die metronoom

vind mid-jaar 2009 die dorp in goeie gees en berei

die skool se eerste matrieks hul voor vir hul eindeksamen.

Terwyl die twee duisendste (2000e) huis voltooing

nader, word daar in alle erns voorberei vir mid-jaar

2010! Die tempo neem weer toe en word uitbasuin op

‘n plastiek vuvuzela-trompet en almal trek hul vere

reg in ‘n yskoue winter vir die wêreldbeker, rugby in

Soweto en ... die verwelkoming van ‘n heeltemaal nuwe gemeenskap

in Midrand Estates – tewete die eerste intrekkers in

die aftreeoord. Vind gerus hierbo die tydsgleuf waartydens u

deel geword het van die dorp se opwindende geskiedenis en

maak seker u is deel van die toekoms, want soos die statistiek

van eiendomsoordragte bevestig (sien elders in die tydskrif)

het Midrand Estates homself in ‘n kort tydjie gevestig as een

van die mees gesogde woonareas in Suid-Afi ka. Ons verwelkom

graag alle nuwe inwoners met ‘n rustige tik-tak en wens

hulle voorspoed toe in “ons dorp”.

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!