02.02.2020 Views

Kamp is Lekker Tydskrif Februarie 2020

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Ons het die maand gaan kuier by Bosfontein Baie meer as net klein plasie by Bela Bela. Ons besoek die karoo in die Wes Kaap. Toer saan deer die Kalahari

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Ons het die maand gaan kuier by Bosfontein Baie meer as net klein plasie by Bela Bela. Ons besoek die karoo in die Wes Kaap. Toer saan deer die Kalahari

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

`n Paar dinge om te doen:

Suidelike Afrika en veral die Karoo, Sederberge en

Richtersveld is alom bekend vir San-rotskuns.

(Boesmantekeninge is dalk nie meer so polities

korrek nie, maar dis soos dit in die volksmond

bekend staan.) Middelberg is nie `n uitsondering

nie. Jy sal hulle hier kry! Omdat ek bedag is daarop

om daarvoor op te let soos ek stap, was ek gelukkig

om op van die rotskuns af te kom. Ek was

aangenaam verras! Neem `n waterbottel of drie

saam, pak `n rugsak, en gaan soek daarvoor. Dalk is

jy ook gelukkig! (Ek gaan nie te veel verklap van

waar dit alles is nie, want jy sal verbaas wees om te

sien hoe naby jy aan die kampplek van díe

tekeninge te siene sal kry.) Reël met Heinn dat jy

deurstap na die buurman se grond, en gaan soek

daar tussen die klippe in die rante. Wees baie

bedagsaam, want dit lyk soms meer na ligene en

rotsmos, as kuns… Die hekkie is skuins agter die

ablusieblok. Stap deur en gaan op `n soektog die

berg-in. Onthou asseblief dat ALLE rotskuns beskou

word as wêreld erfenis, en jy mag onder geen

omstandighede daaraan raak of dit beskadig nie.

(Ons praat van reusagtige boetes, en jy kan dalk jou

voertuig ook kwyt wees as dit gekonfiskeer word!

Om rotskuns te beskadig is erger as om kreef of

diamante te smokkel…) Neem foto’s, en laat nét

jou voetspore agter!

Om te gaan stap het jy drie opsies:

1. Gaan stap op die plaaspaaie. Dis maklik, en

jy kan vir kilometers gaan stap, sonder om

enige ander siel te sien of hoor!

2. Stap in die kloof-af (of op). Dis maklik om

die 4x4-roete te volg langs die kloof-af en

dan in te draai kloof se kant toe en in die

rivierloop op te stap. Die kloof self is nie `n

maklike stap nie, en neem kennis dat

kleiner kinders sal sukkel. Dit kos soms

klim-en-klouter, en dis betreklik ver! Neem

genoeg water saam, en sorg vir

snoepgoed. Hou genoeg tyd opsy om nie te

jaag nie, en hou jou oë oop vir

klipspringers, dassies en kleiner wild. Voëls

hou ook daarvan om langs die kranse te

hou. En onthou, jy stap in die wildernis!

Daar mag slange en skerpioene wees! Jy is

in hulle plek!

3. As jy op die buurman se grond die berg-in

wil gaan stap, moet jy net eers met Heinn

bevestig. By die hekkie-uit hou jy links op

die tweespoorpad. (Dit was vroeër die

Hexrivier 4x4-roete). Die pad draai dan

berg-in en teen die kop uit. Die roete is om

die minste te sê asemrowend, want hoe

hoër jy vorder, hoe beter raak die Karoovista’s!

(LW: Geen 4x4 voertuie!)

Neem weereens genoég water saam, want dis ook `n

vermoeiende roete met die opgaan, maar elke treë

werd! As jy bo-op die berg kom, kan jy die plaas van

bo-af bekyk! Stunning! Die rotsformasies is

betowerend… (en hou steeds jou oë oop vir rotskuns.)

Dis `n bergfietsparadys! Sorg dat jou bande genoeg

“sludge” in het, en/of jy het regmaakgoed byderhand,

sit jou rugsak met water en peuselgoed (en dalk `n

spaar buiteband) in, en durf die pad aan! Jou tong sal

uithang van genoeg ry! Daar is ver en baie paaie om te

verken. Weereens, is dit nie bedoel vir die hele gesin

nie. Dis plaas- tweespoorpaaie waarop jy ry, en dis

soms lekker tegnies. Pa en ouboet kan gaan longe

toets, maar kleinsus moet eerder tuis wag…

4x4 is in! Jy mag so veel as wat jy wil die paaie met die

ryding gaan probeer, en dan kan kleinsus voor sit! Dis

uitsluitlik 4x4! Moenie met `n gewone bakkie die

plaaspaaie aandurf nie! Jy kan in die moeilikheid

beland met `n glyery, en daar is nie selfoonopvangs

nie, óf Heinn en Carin kan dalk nie op die plaas wees

om te kom help nie. Kyk ook mooi na die kaart, en volg

die roetes soos dit hierop aangedui word. Daar is

kleurkodes om te help met die aanwysings. Gekleurde

klipstapels wys jou waar jy is. En hou groot asseblief

op die pad! Moenie jou veldnutsvoetuig in die veld

gaan toets nie – al dink jy hy kán daar ry! (Dis bloot net

onbeskof om op `n boer se grond nie op sy paaie te

hou nie!)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!