01.05.2013 Views

Algemene Inligtingsbrosjure - Curro Private School

Algemene Inligtingsbrosjure - Curro Private School

Algemene Inligtingsbrosjure - Curro Private School

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Algemene

Inligtingsbrosjure

2013

2-4 jariges

Wie is die Personeel?

Agter links: Michelle Talma- Skilpadklas, Delri Rheeders – Perdjieklas,

Angelique Pelser – Hippo class, Adellè Kamfer - Leeutjieklas

Voor links: Jerina Esterhuysen – Speelskoolhoof, Gretha Groenewald – Dolfynklas

- 1 -

Beste Ouers

Baie welkom by Curro Speelskool (2 – 4 jaar) waar kleuters speel-speel leer.

Christelike waardes is vir ons baie belangrik en dit vloei deur al ons leerareas en

ons interaksie met mekaar, waar ons leer en speel.

ALGEMENE INLIGTING:

AANSOEKPROSEDURE:

‘n Curro Aansoekvorm is beskikbaar op die skool se webwerf (www.curro.co.za) of u kan dit by die skool se

ontvangs afhaal. U hoef slegs eenmalig die aansoekvorm in te vul aangesien die vorm oorgedra word na

Curro Kids se Kleuterskoolafdeling en daarna na die Laerskool.

Nadat ons die aansoekvorm ontvang het sal u in kennis gestel word indien daar ‘n opening is. U sal ‘n

faktuur via epos ontvang vir die registrasiefooi. Eers nadat die registrasiefooi betaal is, is u kleuter van ‘n

plek verseker. Op die faktuur word u voorsien van ‘n familiekode. Gebruik asseblief altyd hierdie

familiekode as verwysing met betalings.

Die Speelskool hanteer geen finansies nie. Al die finansies word deur ons finansiële afdeling behartig.

Vir ons kleuters se veiligheid kan nuwe belangstellendes die Speelskool per afspraak besoek. Kontak

gerus die Speelskoolhoof vir ‘n afspraak.

KLASSE EN SPEELSKOOLPERSONEEL:

KLAS OUDERDOM Onderwyseres

Leeutjieklas SP3A1 2-3 jaar

(Vanaf 22 maande – kleuters

wat laat in die jaar 3 jaar oud

word)

Me Adellè Kamfer

Perdjieklas SP3A2 2 - 3 jaar

(kleuters wat vroeg in die jaar

drie word)

Me Delri Rheeders

Skilpadjieklas SP4A1 3 - 4 jaar

(kleuters wat in die jaar vier

word)

Me Michelle Talma

Dolfyntjieklas SP4A2 3 - 4 jaar

(kleuters wat in die jaar vier

word)

Me Gretha Groenewald

Hippo class SP4E 3 and 4 years

(Engelse klas vir kleuters wat in

die jaar vier word. Kleuters wat

voor Mei drie word kan ook in

hierdie klas geakkomodeer

word)

Me Angelique Pelser

Speelskoolhoof Me Jerina Esterhuysen

- 2 -

SPEELSKOOL SE SKOOLTYE:

Aankoms: 8:00 – 8:50

Dagprogram: 9:00 – 12:15

Oggend wagklas vanaf 7:15 – 8:00

Middag wagklas vanaf 12:15 – 13:30 (Ma – Do)

Vrydae: Geen wagklas op Vrydae middae. Skool sluit stiptelik om 13:00

Publieke vakansiedae, skoolvakansiedae en skoolvakansies is die Speelskool gesluit.

Aankoms en vertrek:

Ons vra dat ouers ten alle tyd by die skooltye sal bly. Dit ontwrig die klasse en die kleuters

indien die ouers laat is in die oggende of te vroeg kom in die middae. Die hekke sal ook gesluit

wees tydens die dagprogram.

Wagklas:

Een personeellid is weekliks aan diens in die wagklas. Berei asseblief u kleuter voor. Die res

van die Speelskoolpersoneel is eers vanaf 08:00 soggens by die Speelskool.

Daar is geen wagklasse op Vrydagmiddae nie. Skool sluit stiptelik om 13:00 op Vrydae.

Indien die weer dit toelaat sal die Kleuterskool (Graad RR‘e en Graad R’e) op Dinsdae en

Donderdae op die voorste speelterrein van 12:45 – 13:30 speel tot hul ouers hul kom haal. Die

Speelskool se kleuters sal op daardie dae in die wagklas wag of by die agterste speelarea

speel.

EKSTRA AKTIWITEITE:

Musiek, sang, dans, perseptuele ontwikkeling en kreatiewe uitdrukking vorm alles deel van die kind se

daaglikse program en kurrikulum wat ons volg. Om ouers egter te akkommodeer wat nogtans verkies dat

hul kleuter aan ekstra aktiwiteite deelneem word die volgende aangebied.

AKTIWITEIT KONTAKPERSOON KONTAKNOMMER

Audiblox Linda van Heerden 083 331 3413

Ballet Natalie Ferreira 072 234 3179

Just Click Rina Reynecke 083 458 4777

Kindermusik Renshé Human 083 462 6178

Kuns Angelique Pelser & Angelique: 072 768 7595

Dalene Botha

Dalene: 072 317 9938

Playball Linda van Heerden 083 331 3413

Pottebakkery Susan Ballantine-Hayes 083 388 8567

Tennis Estie & Frans Cronje Estie: 083 376 4266

Frans: 083 269 4229

Dit word in skooltyd aangebied maar is nié verpligtend nie. Die kostes is addisioneel tot die skoolgeld en

moet slegs elektronies aan die betrokke persoon betaal word. Die Speelskool hanteer geen gelde van die

aktiwiteite nie. In die tyd wat die kinders deelneem aan die aktiwiteite bied die skool ander aktiwiteite vir die

res van die Speelskool aan.

Die ekstra aktiwiteite word in verskeie klein groepies ingedeel, gewoonlik volgens ouderdom en die tye en

indelings sal in die nuwe jaar aan u deurgegee word. Inskrywingsvorms vir die aktiwiteite word in die nuwe

jaar aan al die kleuters voorsien en uitgedeel of soos versoek deur ouers deur die jaar. Vra gerus u kleuter

se onderwyseres of die Speelskoolhoof vir aansoekvorms.

Ons beveel aan dat die kleuter verkieslik nie aan meer as drie ekstra aktiwiteite deelneem nie.

- 3 -

DAGPROGRAM VIR LEEUTJIEKLAS (Die jongste Speelskoolmaatjies):

8:00 - 8:50 Arriveer, Perseptuele aktiwiteite,Vryspel en Toiletroetine

9:00 - 9:15 Bybel & Lofprysing

9:15 - 9:45 Mattyd:Kalender,Temabespreking,

beweging/musiek/geletterdheid/persepsie/gesyferdheid

9 :45 - 10 :15 Toiletroetine en Versnapering

10:15 – 10:45 Vryspel buite

10:45 – 11:30 Gestruktureerde pretaktiwiteit / Kuns in kleingroepe / Vryspel binne en buite en

Toiletroetine

11:30 – 12:00 Tassepak, toiletroetine, versnapering en storietyd

12:00 – 12:15 Oplaaityd (indien peuter nie by skool slaap nie)

12:15 - 13:15 Slaaptyd

13:15 - 13:30 Wakkerword en vertrek

Indien daar ‘n behoefte is vir die 2-3 jariges in die ander klasse om ook tussen 12:15 – 13:15 te

slaap, sal hulle in die Leeutjieklas geakkomodeer word.

DAGPROGRAM:

8:00 - 8:50 Arriveer, Perseptuele aktiwiteite,Vryspel en Toiletroetine

9:00 - 9:15 Bybel & Lofprysing

9:15 - 9:45 Mattyd:Kalender,Temabespreking,

beweging/musiek/geletterdheid/persepsie/gesyferdheid

9 :45 - 10 :15 Toiletroetine en Versnapering

10:15 – 11:00 Vryspel buite

11:00 – 11:45 Gestruktureerde pretaktiwiteit / Kuns in kleingroepe / Vryspel en Toiletroetine

11:45 – 12:00 Tassepak, toiletroetine en versnapering

12:00 - 12:15 Storietyd

12:15 - 12:45 Vryspel en vertrek

CURRO SKOOLKWARTALE VIR 2013:

Eerste Kwartaal: 9 Januarie – 20 Maart

Tweede Kwartaal: 9 April – 21 Junie

Derde Kwartaal: 16 Julie – 19 September

Vierde Kwartaal: 8 Oktober – 29 November

SPESIALE BESOEKERS EN SPESIALE DAE:

Ons reël deur die jaar "spesiale besoekers", hou poppekas en hou ook sommer gereeld by ons Speelskool

lekker piekniek en bied gereeld addisionele pret aktiwiteite aan! Van ons gereelde besoekers is:

Die Speelskool se eie Daantjie Kat

Fred en Suzie se Lofprysing

Verskeie Poppekas aanbiedinge

Tannie Maniere van Manners4Minors

Ander Spesiale dae by ons Speelskool sluit in:

Besoekers wat aansluit by ons temas, Waterkaskenades, Atletiekdag / Sportdag, Lentedag,

Paasfees, Hemelvaart, Kerspartytjie en Klas se afsluitingspartytjie, Die Hoof se verjaarsdag, Juffrou

se verjaarsdag, Assistent se verjaarsdag, asook verskeie sensoriese pretdae.

- 4 -

SPEELSKOOL RIGLYNE EN VEREISTES:

U kind se Aanpassing:

Die aanpassing by ‘n nuwe skool en juffrou kan vir party kleuters moeilik wees en kan dalk ‘n rukkie neem.

U hoef nie daaroor ontsteld te wees nie. Die personeel sal alles doen om hulle so gou moontlik tuis te laat

voel en hulle behoort binne ʼn paar dae aan te pas. Hou ons asseblief op hoogte van enige verandering

tuis, byvoorbeeld nuwe werk, nuwe huis, nuwe baba ensovoorts. Dit kan ‘n groot impak op ‘n kleuter hê en

moet beslis nie onderskat word nie.

Aankoms en vertrek:

Die kleuters moet asseblief by die deur afgegee en kom haal word. Dit gee geleentheid vir ’n vinnige

boodskap. Maak asseblief ‘n afspraak indien u langer met die juffrou of Speelskoolhoof moet gesels sodat

ons sonder enige onderbreking kan gesels. Geen kleuter mag die terrein sonder toestemming verlaat nie.

Indien iemand anders die kleuter kom haal, moet u ASSEBLIEF reël, bel of vroegtydig ‘n sms of briefie

stuur! Personeel en assistente roteer die wagklas.

Allergieë en Medikasie:

Slegs medikasie vir ernstige allergieë mag by die skool toegedien word. Elke juffrou het ‘n medikasieboek

wat deur die ouer voltooi moet word wanneer medisyne aan u kind toegedien moet word. Allergie

medikasie word in die stoorkamer toegesluit en GEEN medisyne mag in u kind se tas geplaas word nie.

Allergieë moet aan die betrokke klasonderwyseres deurgegee word en indien nodig moet ‘n

doktersertifikaat verskaf word. In geval van bysteek kan u gerus van die gemerkte medikasie vir die

onderwyseres gee. GEEN ander medikasie mag toegedien word by die skool nie.

Afvalmateriaal:

Ons maak staat op ons ouers om bruikbare afvalmateriaal skool toe te bring. Dosies, materiaal,

verpakkings, papierborde, papier, kartonne en alles wat oulike teksture, vorms en oppervlaktes het, word

verwelkom.

Afwesighede:

Die kleuters is nog klein en mag met graagte vir spesiale geleenthede en redes tuis bly! Laat weet net

asseblief indien u kind afwesig gaan wees. Sms, bel of stuur vooraf ‘n briefie!

Assessering:

Assessering vind deurlopend plaas en ouderdomsrelevante kriteria word gebruik as riglyn. U sal aan die

einde van die eerste kwartaal slegs ‘n aanpassingsverslag en aan die einde van die tweede en vierde

kwartaal ‘n volledige vorderingsverslag ontvang. U moet dit asseblief deurlees, onderteken en na die skool

toe terugstuur. Daar sal ook elke kwartaal spogwerk huis toe gestuur word.

Bottels en fopspene (“dummies“):

Los asseblief alle fopspene en bottels tuis. Hierdie is sommer die ideale geleentheid om u kleuter van die

gewoonte af te speen.

Dissipline:

Dissipline in die klasse is van belang, maar primêre dissipline word reeds by die huis gevestig. Enige

probleme in die verband sal so gou moontlik met die betrokke ouers opgeneem word. Ons glo aan oop

kommunikasie met mekaar. Ons verduidelik deurlopend vir kleuters wat die Speelskool se basiese reëls is,

naamlik liefde, respek en lojaliteit vir mekaar (nie baklei nie, mooi te praat met mekaar en met volwassenes

en om gehoorsaam te wees) en ook respek vir ander se besittings om nie die Speelskool se speelgoed te

gooi, of op te trap en hardhandig te hanteer nie en om speelgoed op te ruim.

- 5 -

Engelse dag:

Woensdae is Engelse pretdag. Op Woensdae probeer ons sover moontlik Engels praat, sing en bid. Ons

stel geleidelik die kleuters bloot aan Engels en verduidelik ook verskeie woorde en begrippe aan hulle.

Fondsinsamelings:

Daar word deur die jaar 'n paar fondsinsamelingsprojekte saam en apart van Curro Skool aangebied.

Herwinning:

Ons kweek van kleins af ‘n bewustheid by die kleuters in die klas om te herwin. Die skool beskik oor groot

dromme waar u as ouer ook kan help herwin. Rooi: Blikkies; Geel: Plastiek; Groen: Papier.

Klasfoto’s, Foto‘s en DVD:

Daar word jaarliks foto‘s van die kleuters geneem wat ouers kan bestel en aankoop. Die Speelskool maak

ook jaarliks ’n DVD wat aan die einde van die jaar te koop aangebied word.

U sal betyds in kennis gestel word wanneer daar klasfoto’s geneem word. Doen ekstra moeite op sulke dae

met u kleuter se hare. Neutrale klere sonder motiewe lyk ook baie mooier op foto’s as klere met karakters

op.

Klasse:

Die Speelskool bestaan uit vyf klasse. Twee Afrikaanse klasse vir 2 – 3 jariges, twee Afrikaanse klasse vir

3 – 4 jariges en een Engelse klas vir 4 jariges (kleuters wat voor Mei-maand 3 jaar oud word, kan ook in

hierdie klas geakkommodeer word). Die jaar wat die kleuters 5 jaar oud word beweeg hulle oor na die

Kleuterskoolafdeling se Graad RR‘e en die jaar wat hulle 6 jaar oud word gaan hulle na Graad R.

Elke klas by die Speelskool het ’n juffrou en assistent, die jongste klas het twee assistente. Die klasse sal

nooit die getal van 20 per klas oorskry nie (met uitsondering sal dit met die ouers bespreek word).

Klasindelings:

Klasindelings word aan die einde van die jaar in die bekwame hande van die Curro Speelskool se

personeel gelaat. Ouers het nie insae in hierdie proses nie. Ons personeel tree beslis op in die beste

belang van u kind.

Klasverteenwoordigers:

Aan die begin van die jaar kies die ouers in die klas ‘n mamma wat as klasverteenwoordiger vir die jaar sal

dien. Die klasverteenwoordiger help met die reël van funksies en reël ook die juffrou en assistent se

partytjie asook die klaspartytjie aan die einde van die jaar. Die klasverteenwoordiger hou die res van die

mammas deur die jaar op hoogte van spesiale gebeure.

Kommuikasiekanaal:

Onderwyseres / Speelskoolhoof Hoof

U kan met vrymoedigheid direk na die Speelskoolhoof toe kom om sake te bespreek of navrae te doen.

Ons help graag waar ons kan.

Kurrikulum:

Die nasionale kurrikulum wat as vertrekpunt van al ons aktiwiteite dien, word in die drie leerareas naamlik

geletterdheid, gesyferdheid en lewensvaardighede toegepas. Die kleuters word by die Speelskool geleer

om kreatief te dink en probleme op te los in ‘n stimulerende omgewing met baie spontane en gerigte spel

eerder as formele onderrig, sodat kleuters teen hul eie tempo kan vorder.

Kleredrag:

Ons weet dat soos die kinders groei is daar soms nie genoeg “ou” klere nie, maar trek asseblief die kleuter

in klere aan waarvoor u nie te jammer is nie en maklik wasbaar is. Onthou dat hier GESPEEL word! Merk

asseblief alle klere. In die somer kan u gerus u kind sommer kaalvoet stuur.

Pak asseblief vir u kind daagliks ‘n stel skoon klere en onderklere in. Geen hoë hakke (klik-klaks) en

platvorm skoene word toegelaat nie.

- 6 -

Fantasieklere en aksiefiguurklere moet vermy word. Trek asseblief vir u kleuter broeke aan wat maklik kan

aan- en uittrek vir toiletroetine. Rek-tipe en toutjie-tipe broeke is baie gemakliker. Broeke met ritssluiters,

knope en gordels moet sover moontlik vermy word.

Konsert of Familiedae:

Ons wissel konsert af met familiedae, afhangende van die jaar en die res van die skool se

program. Daar word gewoonlik jaarliks in Augustus/September ‘n lekker konsert of andersins ‚

‘n pretdag gehou.

Kommunikasie:

Elke kleuter ontvang ‘n dagboek. Die boekie word daagliks gekontroleer en is ‘n kommunikasiemiddel

tussen ouer en onderwyseres. Kennisgewings en nuusbriewe word of deur e-pos of sms’e versprei, of

briewe wat aan tasse vasgemaak word of deur briewe wat in die boekies geplaas word. Hou ons asseblief

op hoogte indien e-pos adresse verander. Ons probeer gereeld nuusbriewe oor die kleuters se aktiwiteite

en doen en late uitstuur. Dit is u verantwoordelikheid om DAAGLIKS in die boekies en op die kennisgewing

in die klassies te kyk vir nuusbriewe.

School communicator:

Die school communicator moet deur elke ouer afgelaai word deur om op die

volgende webwerf te gaan: http://www.school-communicator.com/downloads.

Belangrike datums en inligting verskyn weekliks op u rekenaarskerm.

WENK!

‘n Waardevolle wenk!!

Pappa en Mamma, kom van dag een af in die gewoonte om dadelik, dat wanneer u die kosblik uithaal om te

was, ook te kyk vir nuusbriewe. Kyk dan ook in die kommunikasieboekie, of aan die tas of daar dalk ‘n boodskap

is. Plaas die nuusbrief dan dadelik op die yskas (koop sommer vandag al paar stewige yskasmagnete), of steek dit

vas op ‘n sentrale aansteekbord in die huis. Indien u huishulp smiddae die tasse uitpak kan u haar van dag een af

leer om te kyk vir nuusbriewe en dit op die aansteekbord of yskas vas te sit vir julle aandag! (die speelskooljare is

die begin van nog báie nuusbriewe wat in u kind se opvoedingsjare gaan volg...)

Liefdadigheid:

Ons ondersteun verskeie liefdadigheidsprojekte en maak ook die kleuters daarvan bewus. Ouers kan gerus

deur die jaar items skool toe stuur en ons sal dit aan die regte instansies besorg. Hierdie bewuswording

begin tuis. Maak dit ‘n instelling om u kleuter te betrek om speelgoed, klere, linne ensovoorts tuis uit te

soek en dit skool toe te bring. So maak ons die kleuters van vroeg af sensitief vir ander se behoeftes en

kweek ons ‘n wonderlike gesindheid van liefde en uitreik na ons naaste.

Naskool:

Daar is ‘n Naskool vir die kleuters, apart van die skool se naskool. Spasie is uiters beperk en kan dus nie

gewaarborg word nie. Die Speelskoolonderwyseresse is nie by die diens betrokke nie. Die Naskool is geleë

op die Speelskool se perseel.

Daar is ook ‘n diens vir dagbesoekers by die naskool vir dié wat net op noodgevalle van die Naskool moet

gebruik maak beskikbaar.

‘n Naskoolaansoekvorm moet vir voldag sowel as vir dagbesoekers ingevul word. Daar is ook ‘n volledige

naskoolinligtingstuk by die Laerskool se ontvangs beskikbaar. Kontak die Laerskool se ontvangs vir meer

inligting.

- 7 -

Speelterrein en Speeltyd:

Curro Kids beskik oor twee fantastiese speelareas, naamlik ‘n voorste asook ‘n agterste speelarea. Beide

areas is spesifiek deur kundiges ontwerp om aan die verskeie aspekte van kinderontwikkeling te voldoen.

Die Speelskool asook die Kleuterskool se Graad RR’e en Graad R’e speel op dieselfde speelterrein maar

op verskeie tye.

Ons leeromgewing is spesifiek ontwerp en uiteengesit om spel te gebruik as ‘n leermiddel. Ons wil graag u

kleuter aanmoedig om te eksploreer, te eksperimenteer, te ontdek, planne te beraam, te innoveer, te skep,

te bevraagteken en aan besprekings deel te neem. ‘n Groot verskeidenheid aktiwiteite en toerusting van

hoë en internasionale gehalte, wat van toepassing is op u kind se ouderdom, word voorsien.

Diereversorging:

Die Speelarea beskik oor ‘n aparte dierehok met voëltjies, hoenders, hase ensovoorts. Die klasse

roteer daagliks om die diere kos te gee. U sal 'n rooster ontvang. Die dae waarop u kleuter se

klassie kos gee is u meer as welkom om bietjie wortels, haaspille, hondepille, voëlsaad,

hoenderkos, kool, spinasie en blaarslaai saam te stuur.

Siek kinders:

Kinders met enige aansteeklike siektes, koors of siekte van watter aard ook al moet tuis gehou word.

Kinders moet ook geïmmuniseer wees volgens gesondheidsvereistes. Dit is in al die maatjies se belang! U

wil mos self nie hê dat u kind aangesteek moet word nie.

Ons beveel aan dat indien u kind baie moeg is, ‘n slegte verkoue het of net sommer goor voel, dat u

hom/haar eerder tuis hou.

Kleuters wat erg hoes, erge loopneuse, kopluise, veluitslae, ooginfeksies of ongestelde magies het moet

tuis gehou word totdat dit opgeklaar het. Hierdie toestande neig om die rondte te doen in ‘n klas.

Somer:

Ouers moet asseblief ook elke oggend sonroom vir die kleuters aansit voor hul Speelskool toe kom.

Stuur asseblief ook op die warm somerdae ‘n ekstra waterbottel met yswater skool toe.

Speelgoed:

Kleuters moet geen speelgoed saambring skool toe nie. Dit kan net wegraak of ‘n geveg en baie trane

veroorsaak. Ons kan ongelukkig nie verantwoordelikheid neem vir die speelgoed nie. Die kleuters moet ook

nie die skool se speelgoed saam huis toe neem nie.

Tassies/Sakkies:

Ons vra dat ouers verkieslik die volgende grootte tassies aanskaf: 40 cm hoog en 30 cm breed. Hierdie

grootte tasse pas gemaklik in die tasrakkies en word ook met gemak deur die kleuters hanteer.

Elke kleuter kry ‘n aparte hokkie met ‘n simbool waarin sy/haar tassie geplaas word.

Elke kleuter moet asseblief daagliks hul eie duidelik gemerkte sakkie skool toe bring.

Tasinhoud:

1. Water en broodjie asook ‘n versnapering

2. 100% vrugtesap is opsioneel

3. Elke dag ‘n stel skoon klere & onderklere – duidelik gemerk en in ‘n

plastieksakkie geplaas.

4. Kleuters in die 2 -3 jarige klasse moet daagliks 2 stelle skoon klere in hul tas hou.

4. Gaan die tasse daagliks na en vervang die vuil klere met skoon klere.

Terapeute:

Curro skool beskik oor ‘n Leerderondersteuningsentrum met die dienste van 'n Arbeidsterapeut,

Spraakterapeut en Remediêrende onderwysers wat in skooltyd die kleuters met terapie kan help. Indien die

onderwyseres enige probleme opmerk sal dit met die Speelskoolhoof en ouers bespreek word en kan daar

- 8 -

verwys word sodat daar vroegtydig aandag aan enige probleme gegee kan word. Ons beskik ook oor ‘n lys

van goeie Spelterapeute en Sielkundiges wat ons kan aanbeveel indien u kleuter of gesin ander probleme

ervaar. Kom gesels gerus!

T-hempie en hoed:

Elke ouer moet ‘n Speelskool t-hemp en hoed aankoop. Ons Speelskool het ‘n t-hempie (groen) wat die

kleuters op uitstappies en op spesiale dae saam met ‘n denim moet aantrek (kortbroek in somer en

langbroek in winter). Die kleuters moet hul hempie op Vrydae ook dra. Die t-hemp en hoed word by die

Speelskool bestel. U is self verantwoordelik vir die rekening. Al die inligting is op die bestelvorm

beskikbaar.

Toiletonderrig:

U kleuter moet verkieslik reeds toiletonderrig ontvang het en verkieslik van die doeke af wees. Stel ons

vooraf in kennis indien u kleuter nog nie van die doeke af is nie, sodat ons u kan voorsien van ‘n aparte lys

van benodigdhede wat u na die Speelskool moet saam stuur sodat die onderwyseres kan help met

toiletonderrig.

Versnaperings:

Kleuters moet soggens tuis ‘n gebalanseerde ontbyt nuttig. Ontbyt is die belangrikste

maaltyd van die dag. U is self vir u kind se versnaperings verantwoordelik. Die inhoud

van so ‘n kospakkie is vir ons baie belangrik en moet slegs gesonde en voedsame

happies bevat. Pak asseblief sy/haar gunsteling (gesonde)

versnapering in (byvoorbeeld ‘n broodjie, vrugte, neute, droë

vrugte, kaas, jogurt en sout koekies).

Pak genoeg in, aangesien kleuters in die laatoggend gewoonlik weer ietsie wil

nuttig. Soetgoed en skyfies moet heeltemal vermy word. Geen gaskoeldranke,

aanmaakkoeldranke byvoorbeeld Oros of energie koeldranke word toegelaat nie.

Merk asseblief die kosblik en sap/waterbottel duidelik. Die meeste ouers verkies die

gym tipe waterbottel. U kan een keer per week op ‘n Vrydag ‘n lekkerny saam stuur

skool toe (soet koekies, skyfies en/of ‘n lekkertjie) indien ons nie bakkersdag, klaspartytjie of winkeldag het

nie. Let wel dat ‘n kosblik op Vrydae ook nie NET uit lekkergoed kan bestaan nie en dat gesonde

versnaperinge steeds ingepak moet word.

Verjaarsdae:

Elke maatjie kry ‘n kroon op sy/haar verjaardag. U is welkom om iets vir u kind by die skool te hou, reël net

asseblief vooraf. U is ook verantwoordelik vir die papierborde en kersies vir die koek (indien u koek

saambring). Ons help graag waar ons kan. Indien u net ‘n partytjie vir die klassie gaan hou en nie ‘n aparte

een tuis nie, kan u gerus uitnodigingskaartjies stuur, al is die partytjie by die skool. Dit is tog lekker vir die

verjaardagmaatjie om persentjies te kry. Sonder ‘n uitnodiging sal die ouers nie weet dat ‘n maatjie verjaar

nie. Dit is egter net ‘n voorstel en glad nie verpligtend nie!! Geskenke tot ‘n maksimum van R40 ‘n geskenk

beperk word. Al die verjaarsdae en geskenke kan ‘n duur storie raak. Beperk asseblief te veel lekkergoed.

Die ouers is meer as welkom om ‘n kamera by die juffrou te los. Kom praat gerus indien u meer wil uitvind.

Veiligheid:

Alhoewel alle voorsorgmaatreëls moontlik getref word om die veiligheid van die kleuter te verseker, kan en

word geen verantwoordelikheid aanvaar vir siekte en/of besering wat by die Speelskool en/of tydens ‘n

uitstappie opgedoen kan word nie.

- 9 -

Die Speelskool se hekke word om 9:00 soggens gesluit en die hekwag het bevele om nie die hekke oop te

maak vir enige iemand indien daar nie spesiaal gereël word nie. (Laai dus u kleuter reeds om 8:50 af). Ons

almal se veiligheid is van uiterste belang, veral ons kinders s’n en al hoe ons werklik ons veiligheid kan

verseker is om die vloei van voertuie en voete te beperk. Ons vra asseblief almal se samewerking in hierdie

verband. Indien u kleuter vroeër moet kom haal of later aflaai moet u asseblief vooraf reël sodat ons met

die hekwag 'n reëling kan tref om oop te maak anders kan u by die skool se ontvangs rapporteer.

Die Speelskool het ‘n aparte hek met ‘n kamera en klokkie. Maak seker dat u die Speelskool se

magneethek ten alle tye agter u toemaak wanneer u inkom en uitgaan.

Voorsieningsfonds:

Die ouers betaal aan die begin van die jaar ‘n voorsieningsfonds wat fyn uitgewerk is vir die uitgawes van

elke kleuter vir die jaar.

Voorsieningsfonds:

Die fonds sluit die volgende in:

Kommunikasieboek / dagboek Foto’s: indiv idueel + klasfoto

Toiletpapier /”wet wipes”/ snesies/ pleisters Besoekers en instappies v ir die hele jaar

‘n Opvoedkundige speelding soos legkaart Bak en Brou

Konsertdeelname, kostuum en/of Sportdag Poppekasvertonings

Partytjiev ieringe, Pretdae Kersfeespartytjie en geskenkie v ir kleuter

Skryfbehoeftes: gom /kreukelpapier/ kryte/ riem

papier /skêr/klei/kwaste ensovoorts

Manners4Minors

Lofprysing

- 10 -

Spesiale geleenthede (Valentynsdag,

Hemelv aart, Paasfees, Lentedag,

Boomplantdag, Moedersdag, Vadersdag,

Waterkaskenades, Spesiale dae soos

roomysdag, piekniekdae, skool se v erjaarsdag)

Die redes vir die implementering van die voorsieningsfonds is as volg:

‘n Diens aan die ouers sodat u nie die heeltyd koevertjies hoef te onthou v ir spesiale dae en geleenthede

nie

dit v ergemaklik finansiële beplanning v ir dag tot dag uitgawes

dit spaar ouers tyd om met ‘n lang lysie in die winkel te gaan soek v ir die lys v an benodigdhede

die spaar v an bankkostes

aankope word in grootmaat gedoen en dus kan beter pryse onderhandel word

dit beperk die risiko v an hantering van kontant op die skoolperseel.

Winkeldag:

Ons wissel Winkeldag met Bakkersdag en Wys-en-Vertel op Vrydae af.

Die kleuters moet asseblief ‘n beursie in hul tassies hou vir Vrydae.

Elke kleuter gaan ‘n beurt kry om iets saam met mamma te maak en dit

dan skool toe bring om te “verkoop“. Ons “verkoop” gewoonlik ‘n eetdingetjie vir R2.

Daar moet asseblief nie meer as R5 in hul beursies wees nie (al die kleingeld

verwar hulle). Dit gaan werklik oor die speel meer as die “item” en ons leer sommer

lekker van geld, winkeletiket en speel lekker dié dag. Die winkeldag vorm deel van

die Speelskool se fondsinsameling vir die aankope van ‘n nuwe speelding vir elke klas.

Wys-en-Vertel:

Kleuters kry elk ‘n geleentheid om op ’n Vrydag voor die klassie oor ’n onderwerp te gesels. Die doel is om

die kleuters stelselmatig daaraan gewoond te maak om voor ander te praat, selfvertroue te gee en hul

woordeskat uit te brei. U sal vroegtydig in kennis gestel word wanneer dit u kind se beurt is.

Uitstappies:

Daar kan dalk ‘n uitstappie in die jaar gereël word wat by ons tema van die week aansluit. Indien daar wel

deur die jaar ‘n uitstappie beplan word verkies ons dat die ouer die uitstappie meemaak.

Belangrike kontaknommers:

Wat? Wie? Kontaknommer E-pos

Naskool Leandi Verster 012 809 0714 adminhazeldean2@curro.co.za

Rekeninge Kantoor 012 809 0714 adminhazeldean@curro.co.za

Speelskool Jerina Esterhuysen 012 809 0714 jerina@curro.co.za

Speelskoolhoof Jerina Esterhuysen 082 561 4959

(SLEGS Ma - Vry

tussen 08:00 – 12:30

in die skooltermyn)

- 11 -

jerina.esterhuysen@gmail.com

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!