05.05.2013 Views

1 - Curro Private School

1 - Curro Private School

1 - Curro Private School

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

GEDRAGSKODE

BELEID RAKENDE DIE MISBRUIK VAN ALKOHOL, DWELMS EN

VERWANTE MIDDELS

DETENSIEBELEID

KLEREDRAGBELEID

1

2

INHOUD

1. Gedragskode

1.1 Visie van die Dissiplinêre Skoolkomitee

1.2 Doel van die Gedragskode

1.3 Toepassing van die Gedragskode

1.4 Strafmaatreëls

1.5 Kennis van die Gedragskode

1.6 Algemene reëls en regulasies vir die leerders

1.7 Definisies

2. Addendum A -Beleid rakende die misbruik van alkohol, dwelms en verwante middels

3. Addendum B -Detensiebeleid

4. Amptelike kleredrag-en sportdragkode

5. Oortredings en optredes

1.1 VISIE VAN DIE DISSIPLINêRE KOMITEE:

Die Gedragskode is gebaseer op die volgende waardes:

respek vir jouself, ander en eiendom

vriendelikheid

voorkoming

sin van verantwoordelikheid

netheid en skooltrots.

3

GEDRAGSKODE

Alle opvoeders, lede van die Verteenwoordigende Raad van Leerders, die leerders van die skool

asook ouers/voogde, sal ten volle oor die werking van die Gedragskode ingelig wees. Die

bogenoemde waardes moet in daaglikse optrede nagestreef word.

1.2 DOEL VAN DIE GEDRAGSKODE

Hierdie Gedragskode word geïmplimenteer om gedrag in die skool te reguleer. Die uitgangspunt van

die gedragskode is om onaanvaarbare gedrag en optrede reg te stel eerder as om te straf. Op grond

van hierdie rede sal progressiewe dissipline toegepas word, uitgesluit ernstige wangedrag waar

uitsetting „n moontlikheid is.

Die strafmaatreëls wat in hierdie Gedragskode saamgevat is, bied riglyne hoe om teenoor wangedrag

op te tree. Leerders en ouers/voogde se aandag word daarop gevestig dat die erns van die

oortreding/wangedrag en die omstandighede kan veroorsaak dat daar van die aangeduide

strafmaatreëls afgewyk mag word. „n Ligter of swaarder straf kan dan toegepas word, afhangende van

die toepaslikheid en regverdigheid daarvan.

1.3 TOEPASSING VAN DIE GEDRAGSKODE

Verwante oortredings is gegroepeer in kategorieë vir maklike verwysing en ook om te wys watter tipe

oortreding sal lei tot progressiewe dissipline. Die oortredings is in die volgende kategorieë gegroepeer:

1.1 Skoolbywoning en verwante oortredings,

1.2 onbevredigende werksverrigting,

1.3 beskadiging van skooleiendom,

1.4 veiligheid,

1.5 geweld,

1.6 die misbruik van alkohol, dwelms en verwante middels,

1.7 diefstal,

1.8 oneerlikheid en bedrog,

1.9 kleredrag en voorkoms,

1.10 sekuriteit,

1.11 wanordelike gedrag,

1.12 skoolvoertuie en verkeer,

1.13 wangebruike in die rekenaarlokaal,

1.14 wangedrag tydens detensie.

By elke kategorie word daar oortredings ingesluit met die toepaslike strafmaatreël daarnaas. Aandag

word daarop gevestig dat elke oortreding in „n kategorie verwant is en meer as een oortreding in „n

spesifieke kategorie sal lei tot progressiewe dissipline.

Afsonderlike waarskuwings of ander strafmaatreëls sal toegepas word vir die verskillende kategorieë

van oortredinge. Indien „n leerder egter verskeie waarskuwings vir nie-verwante oortredinge ontvang

het, m.a.w. vir oortredings uit verskillende kategorieë, en die leerder word aan „n ander oortreding

skuldig bevind, kan die oortredinge gesamentlik oorweeg word om te besluit op die mees toepaslike

strafmaatreël.

1.4 STRAFMAATREëLS

Die strafmaatreëls wat in die Gedragskode voorkom, wissel van mondelinge waarskuwings tot

uitsetting.

Skriftelike waarskuwings mag slegs deur die Rektor en/of Dissiplinêre Komitee uitgereik word. In

gevalle waar die strafmaatreël mag lei tot „n finale skriftelike waarskuwing of uitsetting moet „n

dissiplinêre verhoor gehou word. Dié verhoor sal deur „n Dissiplinêre Komitee bestaande uit die

Rektor, Adjunkhoof en/of „n senior personeellid soos deur die Rektor aangewys, gehou word. „n

Kennisgewing van die verhoor moet ten minste drie(3) dae voor die verhoor aan die ouers/voogde en

leerder gegee word.

„n Leerder wat verwittig word om „n dissiplinêre verhoor by te woon, het die reg om self saam met

sy/haar ouers/voogde teenwoordig te wees, waar hy/sy sy/haar kant van die saak kan stel. Verder het

„n leerder die reg om getuies te roep en om getuies deur die Dissiplinêre Komitee geroep, te

kruisondervra.

Die leerder sal die reg hê tot appél by die Hoof Uitvoerende Beampte van Curro Holdings (Pty) indien

die straf uitsetting was.

1.5 KENNIS VAN DIE GEDRAGSKODE

Dit is die verantwoordelikheid van elke ouer/voog en leerder om vertroud te raak met die inhoud van

die Gedragskode en om seker te maak dat hy/sy alle aspekte van die Gedragskode verstaan. Indien

die ouer/voog of leerder nie die oortredings en gevolge verstaan nie, moet hy/ sy die Rektor kontak

ten einde duidelikheid te verkry.

Om ouers/voogde en leerders te help om met die Gedragskode vertroud te raak, onderneem die skool

om:

- „n afskrif van die Gedragskode by die Rektor beskikbaar te stel waartoe ouers/voogde

en leerders vrye toegang sal hê.

- „n kopie in die Administratiewe afdeling beskikbaar te stel waartoe ouers/voogde en

leerders vrye toegang sal hê.

4

- op versoek van „n leerder, „n afskrif van die gedragskode gratis aan hom/haar te

verskaf.

1.6 REëLS EN REGULASIES VIR DIE LEERDER

Algemeen:

1. Leerders wat afwesig was, moet uitvind watter werk hy/sy gemis het en moet die werk self

inhaal.

2. Indien „n leerder die klas moet verlaat weens wangedrag, moet hy/sy na die

Rektor,Adjunkhoof of DH:Dissipline gestuur word waar daar dienooreenkomstig die

gedragskode opgetree sal word.

3. Leerders moet die opdragte van die opvoeders ten alle tye uitvoer.

4. Leerders moet die nodige boeke/handboeke/skryfbehoeftes vir elke dag, volgens hul

rooster, saambring.

5. Huiswerk moet in die toepaslike boeke of folio‟s gedoen word.

Hoflikheid en inagneming van ander:

1. Wees te alle tye betyds vir klas. Indien laat, moet „n nota van die opvoeder getoon word.

2. Gaan sit dadelik en haal jou boeke uit sonder om tyd te mors.

3. Onaanvaarbare gedrag wat ander leerders van optimale leer ontneem, sal nie geduld word

nie, bv.

uitroep/uitskree van antwoorde;

onderbreking van ander op „n onbedagsame manier;

die rondgooi van papiere (bv. op die grond);

skryf/krap op banke of beskadiging van skooleiendom/privaat eiendom;

ry op stoele/die optel van banke/die sit op banke;

stamp/stoot/trekkery of slaan aan ander leerders;

ignoreer onderwysers se opdragte;

die neem van ander leerders se eiendom sonder toestemming;

alle selfone moet tydens lesure afgeskakel en weggepak word; indien nie sal dit tot die

einde van die skooldag gekonfiskeer word..

Alle CD-spelers/radio‟s en “walkmans” moet weggepak wees; indien nie sal dit tot die

einde van die skooldag gekonfiskeer word.

Boegenoemde reëlings geld ook wanneer die opvoeder nie in die klas is nie. Die Raad van

Leerders het ook ‘n verantwoordelikheid t.o.v. die uitbou en handhawing van goeie dissipline.

Verlaat van klasse:

1. Wag totdat die opvoeder jou toestemming gee om jou boeke weg te pak – al het die klok gelui.

2. Moenie die klas sonder toestemming verlaat nie. Jy moet die korrekte verlofkaart hê.

3. Bly sit totdat jy toestemming het om die klas te verlaat.

Indien leerders nie bogenoemde reëls nakom nie, kan dit lei tot detensie of enige ander vorm

van dissiplinering. Sien prosedure soos uiteengesit onder Klaskamergedrag (par. 1.11.2).

5

1.7 DEFINISIES

BELEID RAKENDE DISSIPLINE:

Dissiplinêre optrede is enige optrede/aksie deur die skool geneem a.g.v. onaanvaarbare,

ondraaglike of onbevredigende werkverrigting en/of gedrag van „n leerder. Die leerders is „n

belangrike deel van die skool en dus sal die skool daarna strewe om huidige standaarde te

behou en werkverrigtings- standaarde te verhoog. Op grond hiervan word dissiplinêre optrede

beskou as „n manier om onaanvaarbare of ondraaglike en/of onbevredigende werkverrigting te

verbeter.

In die lig van goeie menseverhoudings en „n gesonde leeromgewing in die skool, onderneem

die skool om ten alle tye regverdig en konsekwent tydens dissiplinêre aksie op te tree.

GESAG OM TE DISSIPLINEER:

Dissiplinêre optrede teenoor „n leerder sal deur die Rektor van die skool hanteer word of

alternatiewelik deur die Dissiplinêre Komitee. Finale skriftelike waarskuwings en uitsettings sal

hanteer word deur die Dissiplinêre Komitee van die skool, met die reg om appèl aan te teken

by die Uitvoerende Direksie van die skool indien die straf uitsetting was.

DISSIPLINêRE PROSEDURE:

Om te verseker dat geen twyfel ontstaan oor dissiplinêre optrede wat geneem is nie, sal alle

teregwysings, waarskuwings en ander dissiplinêre stappe op die betrokke leerder se lêer

geplaas word.

Stappe in die dissiplinêre proses:

Dissiplinêre optrede wat geneem sal word, word bepaal deur die oortreding begaan (soos

uiteengesit in die gedragskode) en sal een of meer van die volgende stappe behels:

Mondelinge waarskuwing

Skriftelike waarskuwing (Eerste, tweede, ens.)

Finale skriftelike waarskuwing

Uitsetting

Boetes

Detensie (sien Addendum B)

Onderhoude met graadhoofde, beraders en/of die Dissiplinêre Komitee

MONDELINGE WAARSKUWING:

„n Mondelinge waarskuwing mag gegee word wanneer enige wangedrag (soos in die

gedragskode uiteengesit) dit regverdig.

6

SKRIFTELIKE WAARSKUWING:

„n Skriftelike waarskuwing mag gegee word wanneer enige wangedrag (soos in die

gedragskode uiteengesit) dit regverdig. Die doel van sulke waarskuwings is om daarna te

strewe om swak werkverrigting of verkeerde/onaanvaarbare gedrag van „n leerder te verbeter.

Die eerste skriftelike waarskuwing word gesien as die eerste formele waarskuwende

kennisgewing aan die ouers. Die skriftelike waarskuwing sal die leerder van toekomstige

dissiplinêre optrede inlig, wat kan/sal geneem word in die geval waar hy/sy dieselfde of gelyke

oortreding begaan. Verdere skriftelike waarskuwings sal volg indien die leerder se gedrag nie

verbeter nie.

FINALE SKRIFTELIKE WAARSKUWING:

„n Finale skriftelike waarskuwing word gesien as die laaste stap in die poging om „n leerder se

gedrag/werkverrigting te verbeter. Mag slegs deur die Rektor of Dissiplinêre Komitee gegee

word.

UITSETTING MET KENNISGEWING OF SUMMIERE UITSETTING:

„n Dissiplinêre verhoor deur die Dissiplinêre Komitee sal plaasvind voordat uitsetting plaasvind.

DISSIPLINêRE VERHORE (ONDERSOEK)

APPèL:

Indien verdere optrede nodig is nadat „n leerder „n finale skriftelike waarskuwing ontvang het,

of in die geval van „n kriminele oortreding, sal „n dissiplinêre verhoor plaasvind so gou moontlik

na die insident plaasgevind het. Kennisgewing moet minstens drie(3) dae voor die tyd aan die

ouers/voogde en leerder(s) gegee word.

Die leerder en sy/haar ouers/voogde sal ingelig word van die klagte teen hom/haar asook die

dag en datum van die verhoor. Die ouers/voogde is daarop geregtig om by die verhoor

teenwoordig te wees.

Tydens die verhoor sal die Dissiplinêre Komitee, die leerder en sy/haar ouers/voogde die reg

hê om hul saak te stel, bewyse na vore te bring, getuies te roep en om te kruis ondervra

(indien nodig).

Voordat „n finale besluit geneem word, sal die Dissiplinêre Komitee die leerder en sy/haar

ouers/voogde die geleentheid gee om om versagtende omstandighede te betoog, waarna die

leerder se rekord en ander relevante inligting in ag geneem sal word.

Die besonderhede en besluit van die verhoor sal genotuleer word, maar vertroulikheid sal

gehandhaaf word. Die leerder en sy/haar ouers/voogde sal in kennis gestel word van sy/haar

reg om appèl teen die besluit aan te teken indien die besluit uitsetting was.

7

Nadat die leerder en sy/haar ouers/voogde van hul reg om appèl by die dissiplinêre verhoor

ingelig is, het hy/sy sewe(7) dae om teen die besluit by die verhoor, te appèlleer.

Die appèl, waarin sy/haar gronde vir appèl is, sal skriftelik wees.

Die voorsitter tydens die appèlverhoor sal „n lid van die Uitvoerende Direksie wees of enige

ander persoon van die Direksie deur hom aangewys (dit mag nie die persoon wat as voorsitter

by die dissiplinêre verhoor opgetree het, wees nie). Die voorsitter het die reg om `n

appèlverhoor aan te vra of om die meriete van die saak sonder verhoor te beoordeel. „n

Verteenwoordiger van die Dissiplinere komitee van die vorige verhoor moet teenwoordig wees.

Tydens die appèlverhoor het die leerder dieselfde regte as by die dissiplinêre verhoor.

Die verrigtinge en uitslag sal genotuleer word.

8

ADDENDUM A (BELEID RAKENDE DIE MISBRUIK VAN ALKOHOL, DWELMS EN

VERWANTE MIDDELS)

Standpuntverklaring oor alkohol en ander dwelms.

Die mikpunt van die skool se alkohol-en dwelmbeleid is dat alle lede van die skoolgemeenskap

(leerders, ouers, personeel en die Uitvoerende Direksie) deur hulle gedrag en lering sal wys dat hulle

nie die onbehoorlike gebruik van alkohol en ander dwelms goedkeur nie.

Die skool se beleid is teen die onbehoorlike gebruik van wettige middels en die besit en gebruik van

verbode middels. Die beleid is toepasbaar:

- op die skoolterrein,

- by funksies, uitstappies of enige ander aktiwiteit wat deur die skool georganiseer is,

- wanneer lede van die skoolgemeenskap die skool verteenwoordig of die skooluniform

dra of herken kan word as „n lid van die skool.

Die skool laat leerders nie toe om:

- verbode middels te gebruik nie,

- voorgeskrewe medisyne en/of medisyne wat nie voorgeskryf is onbehoorlik te gebruik

nie,

- oplosmiddels, snuifmiddels/inasemingsmiddels, en/of ander chemiese agente

onbehoorlik te gebruik nie,

- alkoholiese drank te gebruik nie,

- tabak en/of ander dwelms te rook nie,

- dwelmverwante toebehore soos sigaretpapiere, pype, ens. in hulle besit te hê nie,

- onder die invloed van alkohol en/of ander dwelms te wees nie.

Strawwe, wat die skool sal oorweeg vir diegene wat dié vereistes oortree, sluit in (maar word nie

beperk tot):

- verpligte berading,

- die opstel van „n kontrak tussen die leerder (en ouers of voog) en die skool,

- „n gepaste straf in verhouding tot die oortreding,

- die skorsing van die leerder,

- die uitsetting van die leerder.

Reëls en regulasies

- Die skool laat geen dwelms of verwante middels op die skoolterrein toe nie. Die skool

laat ook nie leerders onder die invloed van sulke middels toe om sy fasiliteite of terrein

te gebruik nie.

- Die uitgangspunt van die beleid is dat leerders gestraf moet word as hulle onder die

invloed van tabak, alkohol, dagga en harde dwelms is, en/of as leerders dié middels

skool toe bring. Die skool sal rehabilitasiepogings van leerders ondersteun.

- Die skool moet in kennis gestel word as leerders voorgeskrewe middels gebruik en

leerders mag nie toegelaat word om meer as een dag se dosis voorgeskrewe middels

skool toe te bring nie.

9

Beleid

10

- Die geboue van Curro Privaat Skool is „n rookvrye gebied.

Die skool streef na voortreflikheid en ons doel is altyd om seker te maak dat wat ons ook al doen tot

voordeel van die leerder sal wees. Ons besef dat ons beleid relevant moet bly en aanpas by

veranderende tye en omstandighede. Ons verstaan dat ons in „n vennootskap met ouers/voogde is

om die beste vir hulle kinders te verseker. Saam moet ons ons jongmense toerus sodat hulle minder

vatbaar is vir die misbruik van dwelms en beter toegerus is vir die lewe en al sy uitdagings.

Wanneer die dokument deur die Direksie goedgekeur is, sal dit in die vorm van „n bylaag deel word

van die Curro Privaat Skool se Gedragskode.

Curro Privaat Skool sal aktief daarna streef om sy dwelmbeleid toe te pas. Die skool sal optree om

enige gebruik van dwelmmiddels te beperk deur die Polisie waar en wanneer nodig in hul aktiwiteite

op die skoolterrein by te staan.

Onkunde oor „n dwelmmiddel sal nie as verskoning aanvaar word nie. (Die teenwoordigheid van

enige onbekende middel moet aangemeld word en onmiddellik aan „n onderwyser oorhandig word.)

Die skool hou die reg voor om leerders en hul besittings op enige plek of ter enige tyd gedurende

skoolure of tydens enige skoolverwante aktiwiteite te deursoek. Dit kan gedoen word met of sonder

die samewerking van die polisie en/of snuffelhonde volgens die Rektor se diskresie.

Die skool handhaaf die uitgangspunt dat dwelmmisbruik „n onaanvaarbare praktyk is en dat die

konsep van „n gesonde , dwelmvrye lewe te alle tye voorgestaan en aangemoedig sal word. Omdat

ons realisties is, is dit ook ons beleid om nooit leerders te veroordeel nie, maar om die leerders wat

hulp nodig het en wil hê op dié gebied te ondersteun sonder om noodwendig hulle skoolloopbaan in

gevaar te stel. In gevalle waar die leerders en ouers/voogde nie gebruik wil maak van die hulp wat

aangebied word nie, sal die skool geen keuse hê as om die leerder te vra om die skool te verlaat nie.

Voorkoming

Die ondertekening van hierdie dokument is „n voorvereiste vir aanvaarding tot Curro Privaat Skool.

Die skool onderneem om die volgende op „n gereelde basis te doen:

- om voorkoming-en inligtingsessies vir alle leerders oor alle soorte dwelms aan te bied,

- om voorkoming-en inligtingsessies vir ouers/voogde aan te bied,

- om inligting en opleiding aan onderwysers beskikbaar te stel,

- om buite-organisasies (bv. Drug Education Agency) en individue in „n

raadgewende hoedanigheid te betrek as deel van „n spanbenadering,

- om inligting op aanvraag te verskaf,

- om die stigting van positiewe portuurgroepe te ondersteun,

- om hierdie beleid dienooreenkomstig veranderende omstandighede en toestande, te

evalueer en aan te pas,

- om „n gesonde, dwelmvrye lewe deur woord en daad te ondersteun,

- om „n leerder-ondersteuningsprogram te ontwikkel en te implementeer.

Dwelmgebruik

Die gebruik van enige gemoedsveranderende of gewoontevormende middel sonder „n

doktersertifikaat is streng verbode:

- op die skoolterrein,

- by alle funksies, uitstappies of enige ander aktiwiteite wat deur die skool gereël word,

- wanneer lede van die skoolgemeenskap die skool verteenwoordig of die skooluniform dra.

LET WEL: DIE SKOOL BEHOU DIE REG VOOR OM VOLGENS DIE BELEID EN PROSEDURE OP

TE TREE INDIEN ‘N LEERDER SE DWELMMISBRUIK BUITE DIE SKOOL SY AKADEMIESE

PRESTASIE, GEDRAG, SKOOLBYWONING, DIE GOEIE NAAM VAN DIE SKOOL, ENS.,

BEïNVLOED.

Dwelmhandel

Die handeldryf in dwelms gedurende skoolure, op skooleiendom, in skooluniform, tydens sporttoere,

gedurende buitemuurse aktiwiteite, ens., is streng verbode en is „n oortreding wat tot uitsetting kan lei.

LET WEL: DIE HANDELDRYF IN SEKERE DWELMS IS ‘N KRIMINELE OORTREDING. INDIEN

ENIGE LEERDER DAARVAN VERDINK WORD, OF BETRAP WORD, DAT HY/SY ONWETTIGE

DWELMS VERHANDEL, SAL DIE SKOOL ONDERSOEK INSTEL EN INDIEN NODIG, DIT NA DIE

OWERHEDE (SANAB, SAPD, ENS.) VERWYS, WAARNA DIE NORMALE GEREGTELIKE

PROSES SY GANG SAL GAAN.

Optrede/stappe deur die skool geneem

Die volgende prosedures moet gevolg word wanneer „n leerder nog nie voorheen aan „n ernstige klag

van wangedrag skuldig bevind is nie:

LET WEL: HIERDIE IS NIE ‘N PROSES VAN VIKTIMISASIE NIE, MAAR ‘N EERLIKE POGING OM

‘N LEERDER IN ‘N KRISIS OP ‘N VROEë STADIUM TE IDENTIFISEER. UITGESOEKTE KUNDIGE

PERSONEELLEDE SAL DIE ONDERSOEK WAARNEEM EN PROFESSIONELE HULP INROEP

INDIEN NODIG.

ALKOHOL / DWELMS

Indien daar enige vermoede bestaan dat „n leerder onder die invloed van drank is gedurende skoolure

of by „n skoolfunksie, sal hy/sy die geleentheid gegun word om sy/haar onskuld te bewys deur middel

van „n bloed-alkoholtoets. Die ouers/voogde sal in kennis gestel word en moet die leerder vir „n bloedalkoholtoets

by hul huisdokter of by „n dokter wat deur die skool aangewys is, neem. Indien „n leerder

sou weier om hom/haar te laat toets (of om saam te werk), sal die riglyne soos uiteengesit in die

Gedragskode gevolg word.

Ouers/voogde sal verantwoordelik gehou word vir alle koste gedurende „n dwelm-/alkoholverwante

voorval aangegaan (toetse, buiteprogramme, mediese behandeling, ens.) tensy alternatiewe reëlings

met die skool getref is.

„n Kontrak sal tussen alle betrokke partye opgestel word. Die kontrak moet die volgende bepaal:

- Die behandelingsopsies waarop deur alle betrokke partye besluit is,

- dat toetsing (urine of enige ander toetsing nodig geag deur die skool) op „n ad hoc basis

deur die huisdokter of deur „n dokter/kliniek wat deur die skool benoem is, moet geskied,

11

- dat van die leerder verwag word om in gedrag, prestasie, ens. te verbeter,

- dat die ouer/voog die behandelingsinstansie, indien enige, moet goedkeur en die skool

van vorderingsverslae moet voorsien,

- dat die inhoud van die kontrak aangepas kan word na onderhandelinge met die betrokke

partye,

- dat, indien die ouer/voog en/of leerder dit op hulleself neem om die behandeling te staak,

die skool die kontrak as opgeskort sal beskou en van die leerder verwag kan word om die

skool te verlaat.

Die skool hou die reg voor om aan te beveel dat, indien dit in die belang van die leerder en/of die

skool is, die leerder êrens anders verwys kan word om sy/haar onderrig te voltooi.

Dissiplinêre sake sal steeds as sodanig behandel word en sal saam met die Gedragskode in

aanmerking geneem word.

REHABILITASIE EN ONDERSTEUNINGSGROEPE

Indien „n ouer/voog die skool nader, of „n leerder meld uit sy/haar eie aan om hulp, sal die geleentheid

vir rehabilitasie van die leerder toegelaat word onder die volgende voorwaardes:

- hy/sy moet gebruik onmiddellik staak,

- hy/sy moet „n rehabilitasieprogram volg – die skool moet op hoogte gehou word van die

Plek en die tydsduur van die program. Die leerder kan vir „n maksimum van ses weke

verskoon word as hospitalisasie vir rehabilitasie nodig geag word,

- die tydsduur vir rehabilitasie mag verskil. Die skool en alle betrokke partye moet saam

besluit oor die tyd wat toegelaat sal word vir hospitalisasie of behandeling,

- hy/sy moet weeklikse/maandelikse bloed – en/of urinetoetse ondergaan. „n Afskrif van

die toetsresultate moet aan die skool gestuur word,

- die toetse moet vir „n tydperk wat deur die skool en die betrokke dokters vasgestel is

voortgesit word, selfs nadat die toetse negatief is, totdat die skool tevrede is dat die

verslawing

verbreek is,

- „n kontrak moet tussen alle betrokke partye opgestel word.

Indien so „n leerder weer skuldig bevind word aan alkohol- of dwelmmisbruik, sal daar onmiddellik

stappe vir die uitsetting van die leerder geneem word.

Die skool sal „n koördinerende en besturende rol in die daarstelling van rehabilitasieprogramme en

ondersteuningsgroepe vir leerders en ouers speel.

Die skool erken dat vertroulikheid belangrik is en sal daarna streef om onderwyserbetrokkenheid by

probleemgevalle te beperk.

12

DIE DEURSOEK VAN LEERDERS

Waar „n personeellid in „n gesagsposisie met billike rede vermoed dat „n leerder „n verbode middel in

sy/haar besit het, mag die persoon, wat aangewys is tot daardie posisie, die leerder se besittings en

sluitkassie deursoek. Sou so „n soektog nodig blyk te wees, moet dit in die teenwoordigheid van die

betrokke leerder sowel as „n tweede volwassene plaasvind.

TOETSING

Waar „n personeellid in „n gesagsposisie met billike rede vermoed dat „n leerder onder die invloed van

„n verbode middel is, kan die leerder onmiddellik na die persoon wat vir dié doel aangewys is, vir

toetsing gestuur word.

DEFINISIES

Dwelms: „n Dwelm word algemeen beskou as enige middel wat die normale manier waarop die

liggaam of brein funksioneer, verander.

13

Dwelms wat maklik verkrygbaar is, sluit in:

- Voorskriftelike en oor-die-toonbank medisynes

- Tabak en alkohol

- Oplosmiddels, petrol, gom, chemiese agente, verdunmiddels, ens.

- Onwettige dwelms soos Cannabis, LSD, heroïen, kokaïen, amfetamiene,

MDMA, ens.

Handeldryf: Verkoop, uitruil, verskaffing, verhandeling, verspreiding, ens.

14

DETENSIE

Leerders kan op detensie geplaas word wanneer enige wanordelike gedrag plaasvind. Detensie kan

ook gegee word vir enige herhalende gedrag wat by „n leerder voorkom bv. drie keer nie huiswerk

gedoen nie. „n Geringe eerste oortreding is nie detensiemateriaal nie.

Detensie is „n strafmaatreël wat leerders wil aanspoor om onafhanklik te werk en verantwoordelikheid

vir hul optrede te aanvaar.

PROSEDURE:

Die betrokke leerder(s) se naam word in die detensieboek (in werkskamer) geskryf.

Leerkragte moet die name voor die einde van Vrydag en/of Dinsdag in die detensieboek

skryf.

Die graadhoof moet die leerder(s) betyds van die detensie inlig – ten minste 24 uur voor

die aanvang van die detensie. Gebruik detensiebriewe waarop leerders teken.

Die departementshoof: Dissipline kontroleer die volgende dag of die betrokke leerder(s)

wel opgedaag het – indien nie moet dit opgevolg word.

Oortreders mag net by die graadhoof om uitstel vra. Enige ernstige gevalle moet deur die

Departementshoof: Dissipline hanteer word. „n Skriftelike verskoning (vanaf die

ouers/voog) – wat geldig is - is al wat aanvaar word. Vervoer is nie 'n geldige verskoning

nie!

Leerders wat aan sport deelneem, moet self by die afrigter „n verskoning gaan aanbied.

Sport sal nie as „n verskoning aanvaar word nie.

Die detensiebeleid moet aan die begin van die akademiese jaar deur die registerpersoneel

met die leerders behandel word.

DETENSIEKLAS:

Detensieklasse is Maandae en Woensdae vanaf 14:30 – 16:00. Die lokaal sal aan die

einde van die dag, wanneer die name van die detensieleerders uitgeroep word,

aangekondig word.

Detensie begin STIPTELIK om 14:30. Laatkommers sal weer gestraf word. Hulle moet voor

die tyd badkamer toe gaan, eet, ens.

Daar sal absolute stilte in die detensieklas wees – GEEN gesels nie!

Niemand mag die lokaal gedurende die detensieklas verlaat nie.

Geen ander leerders word in die lokaal toegelaat nie.

Leerders wat vervoerprobleme ondervind, moet hul eie reëlings tref – detensie is „n straf.

Wangedrag tydens detensie sal nie geduld word nie en die prosedure soos uiteengesit in

par. 1.14 sal gevolg word.

ADDENDUM B (Gedragskode)

AMPTELIKE KLEREDRAG- EN SPORTDRAGKODE

VIR LEERDERS VANAF GRAAD 1 – 12

1. AMPTELIKE SKOOLDRAG

Die onderstaande items mag slegs by ons eie verskaffer aangekoop word.

Gingham langmou en kortmou hemde

Khaki bermuda kortbroeke (seuns)

Khaki chino langbroeke (seuns)

Vlootblou (Navy) rompe

Vlootblou langbroeke (junior en senior dogters)

Vlootblou broekrompe ("skorts") vir Graad 1 - 7

Vlootblou trui met Curro wapen

Vlootblou "fleecy" top met Curro wapen

Lang, vlootblou sokkies (seuns en dogters)

Curro pet en hoed (opsioneel)

Curro skoolbaadjie en das

Curro reënbaadjie

Matriektop

Die onderstaande items is by ons eie verskaffer beskikbaar, maar kan by ander verskaffers

aangekoop word:

Vlootblou skoolsykouse vir dogters (winter)

Wit, kort sokkies vir dogters (somer)

Vlootblou of swart gordel met 'n gewone gespe

Vlootblou of wit eenkleurige serpe en vlootblou handskoene

Swart, leer skoolskoene met veters vir seuns en swart, leer skoolskoene vir dogters

Swart sandale (slegs vir laerskoolleerders)

2. AMPTELIKE SPORTDRAG

Wit gholfhemde

Wit T-hemp

Vlootblou Quantec kortbroek

Quantec sweetpak (gr 1 - 12)

Rugbytrui en vlootblou rugbybroek

Span sportdrag soos goedgekeur deur Uitvoerende Bestuur

15

3. KLEREDRAGKODE: NETHEID EN TROTS IS VIR ONS `N BAIE HOë PRIORITEIT.

DIT KWEEK `N POSITIEWE SELFBEELD.

Die baie belangrike beginsel van "wat pas by `n skooluniform" moet te alle tye geld.

- Leerders mag slegs kombinasies van skooldrag dra soos u dit vind in die lys van amptelike,

formele skooldrag.

- Die seuns en dogters se langbroeke moet perfek om die heupe pas - die "crotch" van die

langbroek mag nie tussen die bene hang nie. Die broekspyp moet netjies op die skoene pas.

- Die seuns moet „n vlootblou of swart gordel met „n gewone gespe dra.

- Slegs swart skoolskoene vir beide seuns en dogters word toegelaat.

- Swart leer- of seilsandale mag SLEGS deur leerders in die laerskool gedra word. Sandale

moet bande om die hak hê. Geen plakkies word toegelaat nie.

- Leerders vanaf Graad 1 - 12 mag nie kaalvoet skool toe kom nie.

- Ginghamhemde by die seuns moet TE ALLE TYE ingesteek wees. A.g.v. die ontwerp mag

dogters hul somer- en winterginghamhemde oor hul rompe en langbroeke laat hang.

- Geen onderklere mag onder die skooluniform uitsteek nie.

- Skoolsweetpakke is sportdrag en mag nie as formele skooldrag gedra word nie.

- Die skool T-hemde en die Quantec kortbroeke is nie deel van die formele skooldrag nie en

mag daarom slegs tydens sportafrigting /-wedstryde gedra word.

- Geen T-hemde mag onder skooldrag gedra word nie.

- Wanneer die skoolhemp se moue opgerol word, word dit tot by die elmboog opgerol.

- Dogters mag nie hulle rompe by die middel oprol nie.

- Die rompsoom mag nie meer as 10cm bo die knie hang nie.

- Die skoolbaadjie is verpligtend by alle amptelike geleenthede soos bv saalopeninge, die

prysuitdeling en uitstappies.Dra van die das is opsioneel.

4. JUWELIERSWARE

4.1 Seuns

- Polshorlosies en "medic-alert" armbande kan gedra word. Geen ander juweliersware mag

gedra word nie.

4.2 Dogters:

- Polshorlosies en "medic-alert" armbande kan gedra word. Die dra van oorbelle is toelaatbaar.

Slegs EEN oorbel per oorlob en dan slegs 'n goue of silwer of kleurlose diamantè oorknoppie

of – ringetjie (lg met `n maksimum van 15 mm in deursnee ) word toegelaat.

16

5. HARE:

- Netjiese, goedversorgde hare voltooi die prentjie van „n trotse Curroleerder wat „n goeie

selfbeeld het en wat goed voel oor sy/haar skool.

Seuns

- Hare moet 'n NETJIESE, GESTILEERDE, KORT VOORKOMS hê en te alle tye skoon wees.

- Dit moet gekam wees en mag nie snaakse style op die kop vertoon nie.

- Hare mag nie in die oë hang, oneweredig gesny of met iets vasgesteek wees nie.

- Hare mag nie in vreemde style gejel word nie - veral nie om die lengte daardeur te verdoesel

nie.

- Hare wat oor die ore en oor die kraag hang, is te lank.

- Hare mag nie gekleur word nie.

Dogters

- Hare wat langer as skouerlengte is, moet vasgemaak word met slegs donkerblou of wit

knippies/rekkies/bykomstighede.

- Langer hare mag nie in die oë hang nie - dit moet of agtertoe gebind word met 'n vlootblou of

wit haarband,`n rekkie, `n knippie of in 'n poniestert gedra word.

- Gekleurde hare wat abnormaal afwyk van die natuurlike haarkleur ( bv. wit kolle of -strepe of

onnatuurlike kleure soos oranje, blou, ens,) is ontoelaatbaar.

6. BAARD

- Seuns moet elke dag skoongeskeer wees. Lang wangbaarde en snorre is ontoelaatbaar.

Wangbaarde mag nie laer as die oorholte wees nie.

7. GRIMERING (DOGTERS)

- Grimering pas nie by skooldrag nie. Lang naels, naelkleure en Franse manikure is nie

toelaatbaar nie.

DIE REKTOR OF SY GEDELEGEERDE BEHOU HOMSELF DIE REG VOOR OM IN

GEVALLE VAN ONDUIDELIKHEID, 'N FINALE BESLISSING TE VEL.

17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!