02.05.2013 Views

deur: nico patrick swartz

deur: nico patrick swartz

deur: nico patrick swartz

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

opgerig het sover hul weermag seëvier. Onder hulle beheer word die po.lij die

municipium. 28

1.2.5 Die vorm/materie-motief

Net soos Aristoteles het Thomas Aquinas geleer dat alles uit vorm en materie bestaan.

Thomas Aquinas beweer dat die vorm die hoëre en die materie die laere deel in die

kosmos verteenwoordig. Hy het die analogie tot die verhouding kerk-staat deurgetrek

soos later in die verhandeling sal blyk. 29

28 Daniel J. Elazar, Covenant and Commonwealth, From Christian Seperation through the Protestant

Reformation. The Covenant Tradition in Politics, vol. II, Transaction Publishers, 1995, p. 24. In die

veldslag van Pydna in 168 v. C., het die Romeine geseëvier oor die geallieerde Griekse stadstate. Die

oorwonne state was gesloop en die Griekse konfederasies was ontbind.

29 J.A.L. Taljaard, Kursus in lewens- en wêreldbeskouingsleer en menslike samelewingsverbande. Pro

Rege Pers Bpk. Potchefstroom, 1963, p. 59. Wat verstaan die Rooms-Katolosisme onder natuur?

Hulle natuurbegrip neem hulle oor uit die Griekse Wysbegeerte, en veral dan uit die vorm-materie leer

van Aristoteles. Aristoteles het geleer dat alles wat bestaan uit vorm en materie bestaan. Die vorm is die

hoëre en die materie die laere deel. Hy bou die hele bestaande kosmos op uit vorm en materie, vanaf ‘n

eerste materie ( wat nie werklik bestaan nie ) tot die verbinding van materie met vorm ( en hieraan het alles

op aarde deel ) tot dit wat uit suiwer vorm bestaan nl. die geesteswêreld en sy god. Sodoende is die hele

wêreld ‘n hiërargie, want wat vir die een iets vorm is, is vir ‘n hoëre iets weer materie. Belangrik vir ons

doel is dat Aristoteles die kosmos en alles wat daarin werklik bestaan, sien as saamgestel uit vorm en

materie – niks wat ons hier waarneem, wat werklik bestaan, is nie uit vorm en materie saamgestel nie.

Tog was die vorm vir Aristoteles as die hoëre, die belangrikste, vandaar dan ook dat die intellektuele siel

van die mens, die geesteswêreld en god suiwer vorm was.

Hierdie vorm-materie skema van Aristoteles was onteenseglik heidens van aard, en nou probeer die

Rooms-Katolisisme om dit by die Goddelike Woordopenbaring aan te pas. Hier moet dan in ag geneem

word dat Rooms-Katolisisme ( oftewel Thomisme ) Aristotelisme nie sommer klakkeloos oorgeneem het

nie. Thomas het egter Rooms-Katolisisme gesuiwer van die Griekse, Averoïstiese en Joodse

beïnvloeding. En het vorendag gekom met ‘n Christelike perspektief. Alle wesens wat aan vergaan en

ontstaan onderworpe is, dus ook die mens, is dan volgens hierdie opvatting saamgestel uit vorm en

materie, maar in hierdie samestelling is hulle deur God geskape. Derhalwe is die mens as natuurlike wese

saamgestel uit materie en vorm, maar in hierdie samestelling is hulle deur God geskape. Derhalwe is die

mens as natuurlike wese saamgestel uit ‘n “ redelike siel “ en ‘n “ materie-liggaam “ . Die redelike siel wat

31

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!