LAERSKOOL EMFULENIPARK LEERAREABELEID: EBW ...
LAERSKOOL EMFULENIPARK LEERAREABELEID: EBW ...
LAERSKOOL EMFULENIPARK LEERAREABELEID: EBW ...
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
INHOUDSOPGAWE

1. Agtergrond

2. Kritiese uitkomste

3. Spesifieke uitkomste

4. Dokumentasie

4.1 Meesterlêer

4.2 Leerarealêer

4.3 Frekwensietabelle

4.4 Makrobeplanning

4.5 Mesobeplanning

4.6 Mikrobeplanning

5. Die leerprogram

6. Assessering

LAERSKOOL EMFULENIPARK

LEERAREABELEID: EBW

7. Organisatoriese en administratiewe aangeleenthede

7.1 Tydsindeling

7.2 Leerareavergaderings

7.3 Werksverslae

7.4 Nasien en kontrole

7.5 Ugo-Klaskamer

7.6 Portefeulje
1. AGTERGROND

2

Hierdie leerarea is fundamenteel in die voorbereiding van die burgers van Suid-

Afrika om die belangrikheid van heropbou, ontwikkeling en ekonomiese groei vir

‘n volhoubare ekonomiese toekoms, te verstaan. Die leerders sal deur hierdie

leearea:

o Toegerus word met die kennis en begrip van ekonomiese- en

bestuursvaardighede en bekwaamhede wat hul in staat sal stel om ‘n

deurslaggewende rol in die proses van die transformasie van die land se

ekonomiese, sosiale, politieke, tegnologiese, fisiese en demografiese

omgewings te speel;

o Bekend gestel word aan die begrip van welvaartskepping deur hul toe te

rus met die nodige Suid-Afrikaanse agtergrond en kennis van die

verskillende terreine van die ekonomie, soos basiese ekonomie, bestuur,

finansies, administrasie en instellings.

Kennis, vaardighede en houdings wat hierdeur verkry is, sal leerders in staat stel

om ‘n bydrae te lewer tot die verbetering van lewensstandaarde, geregtigheid,

basiese diensvoorwaardes, billike arbeidspraktyke, produktiwiteit sowel as

geleenthede vir almal om hul volle potensiaal te bereik.

2. SPESIFIEKE UITKOMSTE

2.1 Betrokke raak in entrepreneuriese aktiwiteite.

2.2 Demonstreer ‘n persoonlike rol in die ekonomiese omgewing.

2.3 Demonstreer die beginsels van vraag en aanbod asook van

produksiepraktyke.

2.4 Demonsteer bestuurskundigheid en administratiewe bevoegdheid.

2.5 Analise van ekonomiese en finansiële data om besluite te neem.

2.6 Evalueer verskillende ekonomiese stelsels vanuit verskillende

perspektiewe.

2.7 Demonstreer aksies wat volgehoue ekonomiese groei, heropbou en

ontwikkeling in Suid-Afrika bevorder.

2.8 Evalueer die interverwantskappe tussen ekonomiese en ander omgewings.

3. KRITIESE UITKOMSTE

3.1 Identifiseer en los probleme op en toon dat verantwoordelike besluite

geneem is deur kritiese en kreatiewe denke.

3.2 Werk doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en

gemeenskap.

3.3 Organiseer en lei homself / haarself en eie aktiwiteite op verantwoordelike

en doeltreffende wyse.

3.4 Versamel, ontleed, organiseer en evalueer inligting krities.
3

3.5 Kommunikeer doeltreffend deur middel van visuele, wiskundige en / of

taalvaardig.

3.6 Gebruik wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities en tree

verantwoordelik op teenoor die omgewing en gesondheid van ander.

3.7 Toon begrip van die wêreld met sy verwante stelsels waar probleme nie in

isolasie opgelos word nie.

4. DOKUMENTASIE

4.1 Meesterlêer

4.1.1 Die betrokke leerareahoof hou die lêer op datum en berg dit in die

kantoor. Alle leerareadokumentasie word hier geberg.

i. Werksverdeling

ii. Roosters

iii. Leerareabeleid

iv. Frekwensietabel

v. Makrobeplanning

vi. Mesobeplanning

vii. Mikrobeplanning

viii. Notules

ix. Werksverslae

x. Toetse en Memorandums

xi. Vorms in gebruik

xii. Algemeen

4.2 Leerarealêer

Die fasiliteerder se dokumentasie is baie belangrik en kan nie genoeg

beklemtoon word nie. Die fasiliteerder se doeltreffendheid as fasiliteerder,

sy vindingrykheid, kreatiwiteit en insig in sy taak word weerspieël deur

die inhoud en samestelling van ‘n netjies en geordende leerarealêer.

Die inhoud van die lêer behoort die volgende in te hou:

i. Persoonlike rooster

ii. Leerareabeleid

iii. Frekwensietabel

iv. Makrobeplanning

v. Mesobeplanning

vi. Mikrobeplanning

vii. Werksverslae

viii. Notules van vergaderings

ix. Toetse, vraestelle, ensovoorts
4.3 Frekwensietabelle

4

4.3.1 Die doel van so ‘n tabel is om te verseker dat alle uitkomste deur

die loop van die jaar in die verskillende leerprogramme gedek

word.

4.3.2 Uitkomste wat oor die algemeen nie doeltreffend bemeester word

nie, moet weer aangespreek word in van die volgende

leerprogramme.

4.3.3 Om vaardighede in te oefen en te bemeester moet die

frekwensietabel gereeld onder oë gehou word en sorg gedra word

dat uitkomste meer as een keer ‘n jaar aangespreek word.

4.4 Makrobeplanning

4.4.1 Dit word elke einde van elke jaar deur die personeel van die SPF

gedoen waartydens die 66 spesifieke uitkomste oor die fase

organiseerders versprei word na gelang van die skool se behoefte.

4.4.2 Tydens Makrobeplanning word gelet op die skool se omgewing,

gemeenskap, behoeftes van skool en leerders se belangstellings,

ensovoorts.

4.4.3 Bogenoemde word geïmprofiseer en dan geplaas

4.5 Mesobeplanning

4.5.1 Fase- en programorganiseerders word uiteengesit sodat daar seker

gemaak word dat alle Fase-0rganiseerders ten minste 1 keer per

jaar aangespreek word. Fase-Organiseerders mag meer as een keer

gebruik word.

4.5.2 Vorm LE 101 word hiervoor gebruik.

4.5.3 Voltooi programorganiseerders vir die jaar en dui die fase

organiseerders aan wat by elke fase gedek gaan word.

4.5.4 Dui ook die swak en sterk punte aan.

4.5.5 Die SU’s en AK’s kan ook vir die betrokke program aangedui

word.

4.6 Mikrobeplanning

4.6.1 Sluit in die voorbereiding en beplanning van die leerprogramme

(leeraktiwiteite) waarby leerders betrokke sal wees in hul bereiking

van spesifieke uitkomste.

4.6.2 Leerprogramme sluit in kritiese uitkomste, spesifieke uitkomste,

assesseringskriteria, omvang / domeinstellings, taak-/prestasieaanduiders.

4.6.3 Voorbereiding sluit in:

i. Die voorbereiding en instudering van die werk wat onderrig

moet word
5

ii. Die skep van ‘n funksionele vakatmosfeer, wat die maak of

die aankoop van muurkaarte insluit

iii. Die versamel of verkryging van apparaat en

onderrigmiddels

iv. Die voorbereiding van transparante, werkkaarte en

verrykingsopdragte.

4.6.4 Beplanning behels die volgende:

i. Spesifieke uitkomste van die dag

ii. Voorkennis wat nodig is

iii. Die onderrigmetode

iv. Die gebruik van apparaat en onderrighulpmiddels

v. Leerlingebetrokkenheid by die onderrig

vi. Skriftelike vasleggingsoefeninge

vii. Assessering van die uitkomste en die bemeestering van

spesifieke vaardighede

viii. Lesbeplanning geskied op LE 98.
MESOBEPLANNING

SENIOR FASE : FASE ORGANISEERDER

PROGRAMORGANISEERDER KOMMUNIKASIE KUNS EN OMGEWING EKONOMIESE

KULTUUR

ONTWIKKELING

LE 101

PERSOONLIKE

ONTWIKKELING
SENIOR PRIMëRE FASE INTEGRERINGSROOSTER

FASE-

ORGANISEERDER

LEERAREAS

LITERACY

TEGNOLOGIE

WISKUNDIGE

GELETTERDHEID,

WISKUNDE EN

WISKUNDIGE

WETENSKAPPE

NATUURWETENSKAP

TAALGELETTERDHEID

KOMMUNIKASIE

MENS & SOSIALE

WETENSKAPPE

KUNS EN KULTUUR

EKONOMIESE

BESTUURS

WETENSKAP

LEWENSORIëNTERING

LEERDER AS

KOMMUNIKEERDER

SO1:AC1,2,3,5,7

SO3:AC1

SO4:AC3,4,5,6,7,8

SO5:AC1,2

SO6:AC2

SO7:AC 1,2,3

SU1:AK1,3,5,6,7

SU2:AK1

SU3:AK2

SU4:AK2

SU5:AK2,3,4

SU7:AK1

SU1:AK1,4,7

SU2:AK1,2,3,4,6

SU3:AK1,2

SU4:AK3

SU6:AK2,5,6,8,9

SU7:AK3

SU8:AK3,4

SU9:AK1,4

SU10:AK1

SU1:AK1,2,3,4,5,6

SU3:AK1,2,5,6,7,8

SU4:AK1,2,4,5,7,8

SU5:AK1,2,3,4,5,6

SU6:AK1,2

SU1:AK2,3,4,7,8,9

SU2:AK1,5,6,7

SU3:AK2,3,5

SU4:AK1,2,3,8,9,10-13

SU5:AK1,2

SU6:AK1,3,4,5

SU7:AK1,4

SU1:AK1

SU2:AK1

SU3:AK1,3,4

SU4:AK4

SU5:AK1,4

SU7:AK1,2,3,4

SU9:AK1,2,5

SU1:AK1,2

SU2:AK2

SU3:AK1,2

SU5:AK1,2,3,4

SU2:AK2

SU4:AK1

SU5:AK1,2,3

SU6:AK1,2

SU7:AK1,2

SU8:AK2

SU2:AK2

SU4:AK3

SU6:AK2,3,5,6,8,10

SU7:AK2

SU8:AK1,2,3

LEERDER AS

SKEPPENDE &

AKTIEWE DEEL

SO1:AC5

SO2:AC1,2,3,4,8

SU1:AK1,2,3

SU2:AK1,4,5

SU3:AK1,2,3

SU4:AK2

SU5:AK1,2,4

SU7:AK3

SU1:AK6

SU2:AK1,2,4,6

SU3:AK1,3

SU4:AK1,5

SU5:AK2,3

SU6:AK1

SU7:AK2

SU8:AK1

SU1:AK4,6

SU4:AK1,2,4,5,6,7,8

SU5:AK4,5,6

SU6:AK1,2

SU 7:AK1,2,3,4

SU1:AK5,8,9

SU2:AK2,3-8

SU3:AK4

SU4:AK8,9,10-13

SU5:AK3

SU6:AK1

SU7:AK1,3

SU1:AK1,4,5,6,7

SU2:AK2,3,4

SU3:AK2,3,4,5,6

SU4:AK3

SU5:AK2,3

SU6:AK3,4

SU9:AK4

SU1:AK3

SU2:AK3

SU3:AK1,3

SU4:AK1,2,3,4,5,6

SU5:AK4

SU6:AK2

SU1:AK1,2,4

SU2:AK5

SU4:AK1

SU5:AK3

SU1:AK1

SU2:AK1

SU3:AK1,2,3,4

SU4:AK1,4,5

SU5:AK1,2,3

SU6:AK7,8

SU7:AK1

OMGEWING SO2:AC4

SO3:AC3

SO5:AK3

SO7:AC1,4

SU1:AK1,2,6

SU2:AK1,2,4,5

SU3:AK1,2,3

SU4:AK1,2

SU5:AK1,2,4

SU7:AK1,3

SU1:AK1,2,3,4

SU2:AK2,4,5,6

SU3:AK1

SU4:AK6

SU5:AK1,2,3,4,5

SU7:AK1,2,4

SU8:AK2,3

SU9:AK5

SU1:AK1,2,3,4,5,6

SU2:AK1

SU3:AK1-8

SU4:AK1-8

SU5:AK1,2,3,4,5

SU1:AK6

SU2:AK3-8,4

SU3:AK4

SU4:AK3,10-13

SU6:AK2

SU7:AK1

SU1:AK3,5

SU4:AK1,2

SU5:AK1,2,3,4

SU6:AK1

SU6:AK2,3,4,5,6

SU7:AK1

SU8:AK3

SU2:AK3

SU4:AK4

SU8:AK1

SU1:AK4

SU2:AK2

SU3:AK1

SU6:AK1,2

SU7:AK1,2

SU3:AK2

SU4:AK1

SU5:AK4

SU6:AK1,3,4

SU7:AK1

SU7:AK2

LEERDER AS

ONDERSOEKER

SO5:AC3

SO6:AC1,2

SO7:AC1,3

SU1:AK1,2,3,6,7

SU2:AK1,2,4

SU3:AK1,2,3

SU4:AK1,2

SU5:AK1,2,3,4

SU6:AK1

SU7:AK3

SU1:AK1,5,6

SU2:AK2,6

SU3:AK1

SU4:AK1,2,3,4,5

SU6:AK1

SU9:AK5

SU9:AK6

SU1:AK1,2,3,4,5,6

SU2:AK1

SU3:AK1-8

SU4:AK1-8

SU5:AK1-6

SU2:AK4

SU3:AK1

SU1:AK7

SU5:AK4

SU6:AK1,2,4,5,6

SU8:AK1

SU9:AK1,2

SU4:AK6

SU4:AK7

SU6:AK3,4

SU8:AK2,3,4

SU1:AK2,3,4

SU2:AK4,5

SU3:AK1,2,3

SU5:AK1,2,3

SU6:AK1,2,3

SU7:AK1,2,3,4,5

SU8:AK1,2

SU4:AK2,5

PERSOONLIKE

ONTWIKKELING &

BEMAGTIGING

SO1:AC8,9

SO2:AC7

SO3:AC1

SO4:AC3,4,5,7,10-13

SO5:AC1,2

SO6:AC2

SO7:AC1

SU1:AK1,2,3,5,6,7

SU2:AK1,2,4,5

SU5:AK1,2,3,4

SU6:AK1

SU7:AK3

SU2:AK3,4,6

SU4:AK2,4,5

SU5:AK1

SU6:AK1,2,3,4,7

SU9:AK3

SU9:AK4

SU10:AK2,3

SU1:AK1,2,3,4,5,6

SU2:AK1

SU3:AK1-8

SU4:AK1,2,3,4,5-8

SU5:AK1,2,3,4,5,6

SU1:AK1

SU2:AK4,6,7

SU3:AK4

SU4:AK6

SU5:AK1

SU7:AK2

SU1:AK1,2,3,4,5,6

SU2:AK1,2,3

SU7:AK1,2,3

SU9:AK2

SU2:AK1

SU3:AK1,4

SU4:AK3

SU6:AK1

SU7:AK1,2,3

SU2:AK1,2,3,4,5

SU3:AK2

SU7:AK3

SU1:AK1,2,3,4

SU3:AK4

SU4:AK1,3,4,5

SU5:AK1,2,3

SU6:AK6,7,9,10

SU7:AK3

SU8:AK1,4
LAERSKOOL EMFULENIPARK

BEPLANNING : GRAAD 7

GRAAD 7 DATUM:

FASE-ORGANISEERDER

Kommunikasie Gemeenskap en Kultuur

Omgewing Persoonlike ontwikkeling en bemagtiging

Ekonomie

PROGRAMORGANISEERDER

KRITIESE UITKOMSTE

1. Identifiseer en los probleme op en toon dat verantwoordelike besluite geneem is deur kritiese en kreatiewe denke

2. Werk doeltreffend saam met ander as lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap

3. Organiseer en lei homself/haarself en eie aktiwiteite op verantwoordelike en doeltreffende wyse

4. Versamel, ontleed, organiseer en evalueer inligting krities

5. Kommunikeer doeltreffend deur middel van visuele, wiskundige en/of taalvaardighede in mondelinge en/of skriftelike aanbiedings

6. Gebruik wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities en tree veantwoordelik op teenoor die omgewing en die gesondheid van ander

7. Toon begrip van die wêreld met sy verwante stelsels waar probleme nie in isolasie opgelos word nie

ONDERSTEUNENDE KRITIESE UITKOMSTE

‘n verskeidenheid strategieë te oordink en ondersoek om meer doeltreffend te leer

as ‘n verantwoordelike burger betrokke te wees by plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskappe

kulturele en estetiese sensitiwiteit te openbaar in verskillende sosiale kontekste

opleiding en beroepsgeleenthede te ondersoek

entrepreneursgeleenthede te ontwikkel

SPESIFIEKE UITKOMSTE VAN ANDER LEERAREAS

LEERAREA SPESIFIEKE UITKOMSTE EN ASSESSERINGSKRITERIA

1. TGK

2. MSW

3. T

4. WGWWW

5. NW

6. EBW

7. KK

8. LO

OMVANGSAANDUIDERS (Sien soos by elke werksopdrag)

TAAK / PRESTASIE AANDUIDERS (Sien soos by elke werksopdrag)
9

ASSESSERINGSMETODE

Groepassessering Selfassessering Waarneming Mondelinge Vrae

Verslaggewing Onderhoudvoering Navorsing Prestasie-asse

Portuurgroep Ander (meld)

ASSESSERINGSINSTRUMENTE

Taak Kassette Waarnemingslys Vraelys

Werkkaart Portefeulje Foto’s Matrikse

Joernaal Video Uitstallings Truprojektor

Rubrieke Ander

ASSESSERINGSTEGNIEKE

Toetse Modelle maak, ontwerp, beplan Verf Sketse/Tekeninge

Grafieke Verslag Opstel Speletjies ontwerp

Kaarte Plakkate Kollage Demonstrasie

Konstruksie Senario’s Prakties Voorlegging

Eksamen Projekwerk Navorsingsprojek Werksopdrag

Taak Drama Aanbieding Rolspel

Storievertelling Debat Onderhoud Paneelbesprekings

Gedigte Liedjies Opnames Breinkaarte

Fisiese Aktiwiteite Ander

BEPLANNING VAN ONDERRIG EN ASSESSERING

Eenheid 1 Tydsduur: Eenheid 2 Tydsduur:

KASS: KASS:

Eenheid 3 Tydsduur: Eenheid 4 Tydsduur:

KASS: KASS:

Eenheid 5 Tydsduur: Eenheid 6 Tydsduur:

KASS: KASS:

FINALE DEMONSTRASIE
5. DIE LEERPROGRAM

5.1 Elke leerprogram bestaan uit ‘n Fase organiseerder, Programorganiseerder

en verskeie leereenhede waarin die vaardighede beoefen sal word.

5.2 Die fase organiseerders word gekies uit:

5.2.1 Kommunikasie

5.2.2 Omgewing

5.2.3 Kultuur en samelewing Graad 7

5.2.4 Ekonomiese ontwikkeling

5.2.5 Persoonlike ontwikkeling en bemagtiging

5.2.6 Leerder as kommunikeerder

5.2.7 Leerder in omgewing

5.2.8 Persoonlike Ontwikkeling Graad 4 - 6

5.2.9 Aktiewe / Skeppende Deelnemer

5.2.10 Leerder as Ondersteuner

5.3 Fase-organiseerders moet almal in die loop van die jaar gedek word.

5.4 Programorganiseerders is die leerkrag se eie keuse. Dit word bepaal deur

die leerders se behoeftes en sterk punte en belangstellings.

5.5 Programorganiseerders wissel van skool tot skool.

5.6 Elke leeprogram begin met die vooruitskouing van uitkomstes wat in die

program bereik moet word.

5.7 In Laerskool Emfulenipark behoort elke leerprogram soos volg daaruit

sien:

5.7.1 Fase organiseerder; bv: Ekonomiese ontwikkeling

5.7.2 Programorganiseerder: Die mens

5.7.3 Eenheid 1

5.7.4 Spesifieke uitkomste: Aan die einde van die les sal die leerder

instaat wees om begeertes en behoeftes te bepaal.

5.7.5 Werkkaart / Opdrag 1 – verskeie odpragte volg om spesifieke

uitkomste aan te spreek.

5.7.6 Elke leerprogram sluit af met ‘n selfassessering / groepassessering

asook ‘n portefeulje opdrag.

6. ASSESSERING

Assessering is in ‘n sekere opsig nog ‘n grys gebied, omdat daar nog nie

gestruktureerde riglyne neergelê is nie. Dus word die finale vorm aan elke

fasiliteerder se inisiatief en kreatiwiteit oorgelaat.

Onthou dat assessering in ‘n groot mate deel het aan die bepaling van die

standaard en gehalte van die finale produk.

Uitkomsgerigte onderrig impliseer dus dat die betrokkenes (fasiliteerders)

verskillende vorme van assessering deurlopend sal toepas.
12

Kyk na die onderstaande tabelle vir die verskillede vorme:

ONTLEDING VAN ASSESSERING

TIPE

ASSESSERING

Doel van die

assessering

Resultate se

aanwending

Hoe word

assessering

gedoen?

Resultate:

verwerking

Deur wie?

FORMELE

ASSESSERING

Om die mate waarin ‘n

leerder die spesifieke

leerprogram of deel van

‘n leerprogram se

uitkomste bereik het, te

bepaal

Om te bepaal of die

leerder ‘n nuwe

leerprogram suksesvol

kan aanpak en of die

huidige leerprogram se

uitkomste weer

aangespreek moet word.

Formeel met spesiaal

ontwerpte

assesseringsmateriaal en

–middels wat die

gestelde

assesseringskriteria

realiseer

Skool en fasiliteerder

ontwerp state vir die doel

wat die leerder se

algemene kundigheid

toon (Voorbeeld word

hier verskaf en kan

aangepas word vir eie

gebruik) Word verskaf

aan ouers en skoolhoof

Die fasiliteerder self met

moontlike insette deur

die vak-, departements-

of skoolhoof

FORMELE,

DEURLOPENDE

ASSESSERING

Om ‘n deurlopende

profiel van die leerder se

vordering,

vaardigheidsvlakke,

bereiking van die

uitkomste, daar te stel

Om die leerder betyds

intensiewer aandag en

vaardigheidsoefening te

gee indien die vordering

na die spesifieke

uitkomste nie na wense is

nie.

Assessering vind plaas

tydens groepaktiwiteite,

byvoorbeeld opdragte

lees, verskillende

praatvaardighede,

luistervaardighede en die

assessering van groep- en

individuele skryfopdragte

‘n Profiel met basiese

kommentaar oor die

vordering van die leerder

ten opsigte van die

uitkomste, prestasieaanduiders

en

assesseringskriteria.

Hoofsaaklik vir interne

gebruik tussen

fasiliteerder, vak- en

departementshoof,

skoolhoof en onderhoude

met ouers

Die fasiliteerder self met

moontlike insette deur

die vak-, departements-

of skoolhoof

INFORMELE,

VORMENDE

ASSESSERING

Om leerders se kennis en

vaardigheidsvlak ten

aanvang en deurlopend te

peil en om onmiddelike

terugvoering te gee oor

sterk en swakpunte. Ook

om die groep- en

individuele leerprosesse

effektiewer te laat verloop

en selfevaluering en

verbetering te laat plaasvind

Om die algemene

ontwikkeling en groei van

leerders en groepe

effektiewer te laat verloop

en te monitor.

Informeel tydens lesse en

by geleenthede wat in die

klas spesiaal hiervoor

geskep word. Deur

waarneming en interaksie

tussen leeders en

fasiliteerder

Leerders kan in

groepassessering-situasies

resultate rekordeer vir

terugverwysing. Die groep

en sy lede se funksionering

kan geassesseer word sowel

as die groepe prestasie in’n

besondere faset op opdrag

van die leerprogram

Die individu, die groep self,

in pare vir mekaar en die

fasiliteerder
13

Dit word aanbeveel dat die fasiliteerder voor elke lesprogram as deel van die

voorbereiding ‘n assesseringskedule vir werkkaarte van die bepaalde leerprogram voltooi

sodat u presies weet watter uitkomste, prestasie-aanduiders en assesseringskriteria

betrokke is. Die inligting word voor elke werkkaart of groep werkkaarte aan u gegee.

In die leerprogramme word impliseer Fasiliteerder assessering hoofsaaklik formele,

deurlopende assessering soos hierbo beskryf.

Die assesseringsportefeulje

Sorg dat die volgende gegewens op u skedule verskyn:

o Die datum van assessering. Dit help met vorderingsbepaling en navrae

o Vul die SU’s en AK’s in saam met die belangrikste prestasie-aanduiders

o Sterk en swakpunte van die leerder word aangeteken

o Finale beoordelingsimbool, punt of opmerking (Sien voorbeeld)

o Toepaslike kommentaar deur fasiliteerder, leerder en ouer waar nodig

Hier volg voorbeelde van Assesseringsvorms:

Dit bly steeds die fasiliteerder se voorreg om sy / haar vorms aan te pas by sy / haar

uitkomste van sy / haar programorganiseerder.

GROEPASSESSERING

Die groep is die hartklop van die program en ten einde seker te maak dat die leerders

hiervan bewus is en om die groep effektief te laat funksioneer is dit nodig om periodiek

die groep en aktiwiteite eerstens deur die fasiliteerder, maar ook die groep self te laat

assesseer. Die voorbeeld by groepwerk word hier herhaal.

Faktore wat op ‘n eie assesseringsvorm ‘n punt uit 10 kan kry is:

GROEPASSESSERING

Datum

Naam van Groep

Ons groep werk so: (uit 10)

1. Kommunikasie tussen groeplede

Ons praat met en verstaan mekaar

2. Beplanning van en fokus op die taak

Ons dink vooraf voor ons doen
14

Ons maak seker dat ons weet wat om te doen

3. Effektiewe tydsaanwending

Ons mors nie tyd nie en gebruik al die beskikbare tyd

4. Konflikhantering

Ons weet hoe om te verskil en mekaar te aanvaar

5. Spangees en samewerking

Ons werk saam om ons doel te bereik

Ons groep is belangriker as ekself

6. Besluitneming deur konsensus

Ons redeneer met mekaar om saam te kan stem

7. Deelname deur al die lede

Elkeen kry ‘n kans. Ons werk almal saam.

8. Interne groeporganisasie

Ons lede het elkeen sy werk om binne die groep te doen

Ons lede doen hul spesifieke take in die groep (tydhou, ens)

9. Die aanwending van lede se individuele vaardighede

Ons gebruik elke lid se talente

10. Voorstelle vir verbetering moet dan ook geformuleer word

TOTAAL:

Samevatting

Ons dink ons kan nog beter deur …

Soos met enige tegniek of beginsel is groepwerk amper soos ‘n geloof. Die toepasser

moet heelhartig daarin glo en alles inspan om ‘n sukses daarvan te maak. U sal egter

spoedig agterkom dat lesmislukkings plaasvind nie omdat kinders nie luister nie, maar

omdat hulle nie doen nie en dit is net in kleiner groepverband waar vir almal geleentheid

vir doen geskep kan word.
15

EKONOMIESE & BESTUURSWETENSKAPPE

Program Organiseerder 3: Leef en Laat Leef

Fase Organiseerder: Ekonomiese Ontwikkeling en Omgewing

SELF ASSESSERING

ONDERHOUD MET BESTUURDER JA NEE

Ek verstaan die funksies van die bestuurder

Dit was interessant om met die mense te gesels

Ek sal graag ook ‘n bestuurder wil wees

Opmerking deur Fasiliteerder:

Ek het al die afdelings gedek

EKONOMIESE & BESTUURSWETENSKAPPE

SELF ASSESSERING

SKOOL KARNAVAL JA NEE

Sal jy die volgende karnaval kan organiseer?

Sal jy graag wil help om dit te doen?

Opmerking deur Fasiliteerder:
SELF-ASSESSERING VAN GROEP- EN INDIVIDUELE WERK

NAAM: GRAAD:

DATUM:

Gebruik die 5-puntskaal en beoordeel jou prestasie volgens die volgende skaal:

1. My prestasie voldoen nie aan die minimum vereistes nie.

2. My prestasie voldoen aan die vereistes.

3. My prestasie was gemiddeld.

4. My prestasie is goed.

5. My prestasie is uitstekend.

LEERPROGRAM:

FASE-ORGANISEERDER:

PROGRAM-ORGANISEERDER:

GROEPWERK TAAK 1 TAAK 2 TAAK 3

1. Ek het my bes probeer

2. Ek het hulp van my vriende gevra

3. Ek het my vriende gehelp

4. Ek het na my vriende geluister

5. Ek het positiewe terugvoer gegee

6. Ek het my vriende aangemoedig

7. Ek weet ons is almal ewe belangrik

8. Ek het die hele tyd saam met die groep gewerk

INDIVIDUELE WERK TAAK 1 TAAK 2 TAAK 3

1. Ek het my bes probeer

2. Ek het die verskillende fases betyds voltooi

3. My aantekeninge/tekening/model is volledig

4. Dit wat ek ontwikkel het, sal in die praktyk werk

5. Ek is trots op wat ek bereik het

ALGEMENE INDRUK VAN MY WERKSTUK

KOMMENTAAR VAN FASILITEERDER
7. ORGANISATORIESE EN ADMINISTRATIEWE AANGELEENTHEDE

7.1 Tydsindeling van Rooster

Graad 7: 3 x 50 minute per week

Graad 6: 3 x 50 minute per week

Graad 5: 3 x 50 minute per week

Graad 4: 3 x 50 minute per week

7.2 Leerareavergaderings

Leerareavergaderings is noodsaaklik met die oog op

personeelontwikkeling, die verbetering van onderrig en die hulpverlening

in UGO aan leerkragte.

Leerareavergaderings handel hoofsaaklik oor didaktiese aangeleenthede,

rakende die leerarea. Gedurende hierdie vergaderings kan ook hulp en

idees uitgeruil word. Probleme wat voorkom, kan ook aangespreek word.

Vir elke leerareavergadering moet ‘n sakelys vroegtydig opgestel en

beskikbaar gestel word. Die agenda moet onder andere die volgende

insluit:

7.2.1 Opening

7.2.2 Verwelkoming

7.2.3 Teenwoordigheidsregister

7.2.4 Lees van vorige notules (Aanvaar of nie)

7.2.5 Sake voortspruitend uit notule

7.2.6 Sakelys

7.2.7 Algemeen

7.2.8 Afsluiting

7.3 Werksverslae

Die werksverslag is ‘n skriftelike verslag wat deur die leerareahoof

saamgestel word.

So ‘n verslag behoort die volgende inhoud te hê:

7.3.1 Gehalte van werk (skriftelik van fasiliteerder en leerders)

7.3.2 Praktiese werk

7.3.3 Portefeuljes

7.3.4 Assessering

Gedurende so ‘n werksverslag behoort die fasiliteerder die volgende

beskikbaar te stel:

7.3.5 Skrifte of portefeuljes van leerders
19

7.3.6 Alle dokumentasie van fasiliteerder

7.3.6.1 Voorbereiding

7.3.6.2 Assessering van Leerders

7.3.6.3 Leerarealêers

Die leerareahoof sal na die volgende kyk:

7.3.7 Netheid van werk

7.3.8 Uiteensetting van werk

7.3.9 Standaard van werk

7.3.10 Hoeveelheid en gehalte van werk van:

7.3.10.1 die swakker leerlinge

7.3.10.2 die skrander leerlinge

7.3.11 sigbare tekens van gedifferensieërde werk

7.3.12 duidelike tekens van die tempo

7.3.13 stem die skriftelike werk met die programorganiseerder ooreen

7.3.14 tempo van vordering

Die departementshoof

Indien die departementshoof nie self verantwoordelik is vir die opstel van

die werkverslag nie, lê die leerareahoof dit aan hom / haar voor vir

bespreking en indiensopleiding.

Hierna word die werkverslag met die fasiliteerder bespreek en onderteken.

Die verslag word aan die hoof voorgelê vir afhandeling, gesprek,

ondertekening en liassering.

Indien nodig, bespreek die hoof die verslag met die departementshoof met

die oog op indiensopleiding aan leerareahoofde en fasiliteerders.

2 afskrifte word van die verslag gemaak.

7.4.1 die oorspronklike verslag gaan na die hoof

7.4.2 1 vir die meesterlêer

7.4.3 1 vir die fasiliteerder se leerarealêer

‘n Professionele Verslag behoort soos volg daaruit te sien:

Ekonomiese en Bestuurswetenskap

Professionele werksverslag: Me Poggenpoel Datum: 1 Mei 2001

Bevindings

a.

b.
Aanbevelings

a.

b.

Algemeen

7.4 Nasien en Kontrole

20

Leerders moet toegelaat word om skriftelike werk, volgens behoefte, met

potlood te merk.

‘n Balans tussen die hoeveelheid skriftelike werk wat deur die leerder self

gemerk word en die essensiële skriftelike werk wat deur die fasiliteerder

nagesien word, volgens die vermoë van die leerlinge, is belangrik.

Nasien in die teenwoordigheid van die leerder hou groot voordeel in.

Foutiewe werk moet beskou word as ‘n geleentheid om foute reg te stel en

leemtes in die leerder se begrip te identifiseer. Foute moet deur die

fasiliteerder aangedui word, want indien van die feite geleer moet word vir

‘n toets, moet die leerder die korrekte antwoorde hê.

Alle nasienwerk moet deur die fasiliteerder met ‘n rooi pen gedoen word.

Kontrole

Gekontroleerde werk word aangedui met ‘n handtekening en ‘n datum in

die kantlyn.

Hulpverlening behoort deur die fasiliteerder aan ‘n leerder gegee word na

kontrole van werk.

Kontrole behels die waarneming van die volgende:

Is die werk gedoen / voltooi?

Is die werk netjies gedoen?

Is daar nie ooglopende foute nie?

Moet asseblief nie werk regmerk waarvan u nie doodseker is nie.
21

7.5 Groepdinamika in die uitkomsgerigte klaskamer

Die uitkomsgerigte klaskamer

Die ideale omgewing vir ‘n kind op die pad na geletterdheid het ‘n

interessante, lewendige en warm atmosfeer waar kinders

aangemoedig word om hul eie vrae te vra, dinge vir hulleself uit te

vind en waar hulle pogings, hoe gering ookal, positief deur die

fasiliteerder en mede leerlinge ervaar en geëvalueer word. Hier

word foute gesien as stappe na onafhanklikheid en nie as foute

waarop gehamer moet word nie. Die hele omgewing lewe met

drukwerk wat idees stimuleer.

Waarom groepwerk?

Uitkomsgebaseerde onderrig impliseer dat die leerders deur

oefening en deelname sekere praktiese uitkomste of

vaardigheidsvlakke bereik. Dit gaan dus om ‘n eindproduk of peil

wat bereik moet word. Vir enige vaardigheid of dit nou sport,

kuns, akademies of intellektueel van aard is, geld dieselfde reël

deurgaans. Hoe meer jy oefen, hoe beter word jy.

In veral vandag se groot klasse skep groepwerk meer

oefengeleentheid vir die individu gedurende die aanleerproses.

Dit gaan dus daarom om die maksimum beoefeningsgeleentheid

binne in die klaskamer te skep. Die leerder moet die oefening kry

en nie die fasiliteerder soos in die verlede nie. Die enigste en

goedkoopste wyse waarop dit kan geskied is die kundige

aanwending van groepwerk in die klaskamer.

Redes vir en voordele van groepwerk

o Groter wordende klasse maak die klasonderrig al hoe

minder effektief.

o Maksimum self oefen-geleentheid word so binne die

klaskamer geskep

o Leerders het meer vrymoedigheid om binne ‘n kleiner

groep te waag

o Leerders leer meer en makliker van ander leerders as van

volwassenes.

o Leerders is meer betrokke by wat in ‘n klein groep

plaasvind.

o Informele beoefening van vaardighede soos praat, luister,

argumenteer en denke vind meer aktief en gereeld in ‘n

klein groep plaas.
22

o Praat en dink is nou verwant. Om te praat is om hardop te dink

en daarom moet praatoefening voorrang geniet. In groepe vind

dit vir elke individu meer geredelik plaas as in klasverband.

o ‘n Denkende klas is daarom nie ‘n stil klas nie.

Probleme en nadele van groepwerk

Die meeste besware teen groepwerk spruit uit ‘n eng en

onvolledige siening van groepwerk en veral die gebrek aan

opleiding en voorbereiding van leerders daarvoor.

Die mees algemene besware is, onordelikheid, lawaai en

gebrekkige deelname deur leerders met gevolglike gebrek aan

leeraktiwiteit en resultate.

Die knelpunte en hulle oplossings

Geraasvlakke kan gekondisioneer en beheer word deur

byvoorbeeld ‘n klokkie te lui telkens as die klasaktiwiteit by die

grens van aanvaarbare en onaanvaarbare klank kom. Boetes in die

vorm van byvoorbeeld punteverlies in onderlinge

groepkompetisies kan ingestel word vir groepe wat telkens die

grens oorskry. Indien die klokkie konsekwent gelui word, sal die

leerders naderhand onbewustelik sagter begin praat in afwagting

dat die klokkie gaan lui. Dit gaan dus om beheer en gebalanseerde

hantering van geraasvlak in die klas. Die decibelvlak moet

noukeurig beheer word tot ‘n werkbare vlak tussen doodstil en ‘n

onproduktiewe lawaai.

Duidelike onderwerp-afbakening: Leerders moet duidelik weet

wat hulle moet doen en waarmee hulle besig is. Onduidelike

opdragte gee dikwels aanleiding tot onnodige rondvraery en

gevolglike lawaai en onproduktiewe optrede.

Tydsbeperking en toedeling moet duidelik, sinvol en prakties

wees en streng afgedwing word. Leerders moet weet presies hoe

lank tyd vir ‘n opdrag beskikbaar is en moet voortdurend herinner

word hoeveel tyd nog oor is hetsy deur die groeptydhouer of die

fasiliteerder. Daar moet gedurig ‘n mate van druk op die groep

wees om gefokus en so vinnig moontlik te werk ten einde die

opdrag betyds te voltooi. Dit is fataal vir orde, dissipline en

produktiewe leer indien daar te veel tyd gegee word of indien daar

doodgewoon voortgeluier word sonder ‘n afsnypunt.

Die kweek van groepwerkklimaat

Dit is belangrik dat groepwerk en gepaardgaande groepwerkdenke

as ‘n totale skoolprojek aangepak word.
23

‘n Groepskultuur moet dwarsdeur alle skoolaktiwiteite beoefen

word en begin by die hoof en bestuur van die skool. Waar enigsins

moontlik moet aktiwiteite nie net op ‘n klasbasis geskied nie, maar

afgebreek word na groepe binne in klasse. Insette vir sake soos

kermisse, boomplantdae, prysuitdelings, dienste, ensovoorts kan

vanuit klasgroepe geïnisieer word. Dit moet dus ‘n leefwyse in die

breë skoolverband word en nie iets snaaks wat nou en en dan in

sekere klasse gebeur nie.

Graad een-leerders kan van die begin af byvoorbeeld in groepe

aantree na pouse of beweeg wanneer hulle gaan hande was en

saalopening toe gaan. Hulle moet ook uit die staanspoor in groepe

in die klas sit en daarom is tafeltjies waarom 4 – 6 leerders sit

verkieslik bo dubbeltafels of –banke. Dit geld vir alle klasse.

Leerders moet feitlik niks doen buite groepverband nie.

Groepindeling

Groepe moet hoogstens sewe, maar verkieslik 4 – 6 lede bevat en

heterogeen ingedeel wees. Ewe veel sterk gemiddelde en swak

lede. Moet nie ‘n aantal minder vaardige leerders saamgroepeer

nie.

Groepleiers neem die rol van die fasiliteerder binne groepverband

oor en kan gewissel word. Groepe kan gewissel word, maar moet

vir ten minste 5 weke dieselfde bly. Groeprolle kan wel meer

dikwels gewissel word.

Soorte groepopdragte

Dit is belangrik om daarop te let dat groepwerk nie apart van die

les- of aanleerfase staan nie. Dit is ‘n integrale deel van die les

waar veral blitsopdragte voortdurend gebruik word.

Blitsopdragte

Die groep konfereer oor ‘n vraag van die fasiliteerder vir een tot

hoogstens drie minute. Terugvoering vind plaas en daar word

voortgegaan. Hierdie tegniek word veral gebruik in die induktiewe

afleidingsfase van die les. Fasiliteerders en leerders is voluit

betrokke.
24

Medium-groepopdragte

Die groep konfereer om spesifieke korter opdragte te verrig soos

by spesifieke geleenthede vereis word. Terugvoering vind in

klasverband plaas en gesamentlike konklusies onder leiding van

die onderwyser geformuleer vir deduktiewe toepassing deur die

individuele leerlinge.

Langer-groepopdragte

Leerders verrig hier die finale oefening en toepassing van ‘n faset

in groepverband. Hierdie opdragte is gewoonlik formeel skriftelik.

Hier kan ook van sogenaamde deskundige groepe gebruik gemaak

word deur die onderwerp in onderafdelings te verdeel en dan aan

elke groeplid een van hierdie onderafdelings se navorsing toe te

vertrou. Die lede van verskillende groepe wat dieselfde

onderafdeling moet hanteer, word dan saamgegroepeer om die

werk te doen. Na afhandeling gaan die deskundige terug na sy /

haar oorspronklike groep en lewer daar die werk gedoen of lei die

res van die groep op in die spesifieke gedeelte.

Parewerk

Leerders kan ook enige van die bogenoemde opdragsoorte in pare

verrig. Samestelling van pare behoort weereens aan die hand van

riglyne soos hierbo vir groepindeling te voldoen.

Opleiding van leerders vir groepwerk

Algemene opleiding

Goeie vooraf voorbereiding en opleiding van leerders in groepwerk

en groepsetiket is noodsaaklik vir die suksesvolle funksionering

van groepe. Die volgende sake kan vooraf ingedril word:

o Praat en werk sag binne groepe

o Luister na ander groeplede

o Maak beurte om te praat. Almal moet deelneem en ‘n beurt

kry

o Moenie iemand in die rede val nie

o Wees altyd hoflik binne en buite die groep

o Deel idees, gedagtes en vaardighede

o Reageer onmiddelik op die onderwyser of groepleier

o Kry oplossings binne die groep voor die onderwyser gevra

word.
25

o Pas die tegniek van ‘n dinkskrum toe in die groep

Opleiding in groepspligte

Gedurende groepwerk moet elke groeplid ‘n verantwoordelikheid

hê. Dit verseker orde en veroorsaak dat almal deel voel en saam

werk in ‘n groep.

Die volgende pligte kan onderskei word:

o Organiseerder/leier: die persoon wat verseker dat almal

deelneem en dat die opdrag uitgevoer word.

o Skrywer of notuleerder wat rekord hou

o Kunstenaar / as sketse gemaak word

o Tydhouer

o Woordvoerder / vir terugrapportering

o Vraagsteller / vra vrae binne die groepbespreking

o Kontroleerder / kontroleer dat nie afgedwaal word nie

Fasiliteerders kan ook ander pligte binne die groep identifiseer en

toedeel. Die hele idee is dat geen groeplid net ‘n passiewe

luisteraar is nie. Pligte binne groepe kan ook gewissel word.

Die belangrikste faktore is egter dat die fasiliteerder moet weet dat

geen van hierdie vaardighede en pligte vanself sal gebeur nie en

dat leerders vooraf deeglik opgelei en oor ‘n tydperk hierdie

vaardighede moet oefen en aanleer.

Ten einde leerders te verplig om deel te neem en aktief te leer

binne die groep kan die nommerstelsel vir navraag en

terugrapportering aangewend word. Dit kom daarop neer dat elke

groeplid ‘n nommer het en dat die fasiliteerder by geleentheid

besluit om terugrapportering van al die nommer 3-lede van die

verskillende groepe te vra sonder vooraf waarskuwing. Die groep

as geheel sal ook verder sorg dat elke lid in staat is om te antwoord

omdat die hele groep se eer op die spel is, terwyl groeplede nie

graag hul maats in die steek laat nie.

Die rol van die fasiliteerder in groepwerk

Voor groepwerk begin

o Voor groepwerk begin

o Beplan die aktiwiteite deeglik

o Blitstoetse met vinnige en duidelike vrae of opdragte
26

o Langer opdragte – gee baie duidelike instruksies oor wat

gedoen en bereik moet word. Skriftelik op transparant,

bord of papier waar van toepassing.

o Wees baie pertinent en streng oor tydsbeperkings en pas dit

toe. Moenie dat enige opdrag in ‘n gekuier ontaard nie.

o Herinner die leerders telkens aan elkeen se rol en pligte en

die korrekte werkwyse.

Tydens groepwerk

o Bly in die agtergrond en neem waar, veral in die

beginstadiums. Onthou u is fasiliteerder.

o Gee groepe genoeg tyd om te dink, bespreek en beplan.

o Kyk vir groepe wat hulp benodig en help hulle individueel.

Moet nie die hele klas onnodig onderbreek nie. Bespreek

probleme en foute na afloop van die les.

o Moet waar moontlik nooit antwoorde verskaf nie. Leerders

is dikwels lui om self oplossings te vind.

o Help groepe deur sag binne die groep, aanmoedigende en

oop-, eerder as kritiese vrae te vra.

o Prys groepe en leerders wat hard probeer, die reëls nakom

en goed werk.

o Maak gereeld en deeglik gebruik van die kompetisieelement

tussen groepe.

Selfassessering

Dit is noodsaaklik dat daar gereeld binne die groep en ook die klas

as geheel assessering van die suksesvolle funksionering van die

groep en proses as leergeleentheid gemaak sal word.

Portefeuljelêer

Hierdie lêer is die bewysstuk van leerders se bereiking van

vaardighede en uitkomste op welke vlak ookal.

o Elke leerder het ‘n lêer

o Die lêer word by die klasonderwyser gehou

o Elke leerder is verantwoordelik vir die byhou van sy eie

lêer.

Hierdie lêer behoort elke kwartaal deur die

klasonderwyser geassesseer te word en huis toe

gestuur word vir insig deur die ouers
27

o Dokumentasie

o Aan die einde van die Graad 7-jaar gaan die inhoud van die

lêeer saam met die leerder na Graad 8

Werkstukke, projekte, take

Assesserings

Korrespondensie

Toetse

o Leerder kan elke keer / kwartaal werkstukke vervang na

goeddunke.