03.05.2013 Views

BOELIE-GEDRAG - Emfulenipark.co.za

BOELIE-GEDRAG - Emfulenipark.co.za

BOELIE-GEDRAG - Emfulenipark.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

BOELIE-GEDRAG

Skielik ken jy jou kind nie meer nie. Hy eet sleg, hy’s weer bang vir die donker en het selfs weer begin bed natmaak.

Dan, ná baie uitvra, paai en troos, kom hy met die sak patats vorendag: Hy word geboelie. Eers was dit ’n

rondstampery en afknouery, maar nou word sy toebroodjies afgevat. Hy is bang om skool toe te gaan, hy huil as jy

hom wakker maak.

WAT MOET JY NOU DOEN?

Wanneer jy as ouer uitvind jou kind word ge-boelie is dringende ingryping nodig. Menige ouer se reaksie is dat hul

kinders self moet leer om sulke situasies te hanteer maar as hul nie voorsien word met die nodige leiding en

ondersteuning om die situasie te hanteer nie kan dit net vererger. Die kind wat ge-boelie word sou dit hanteer het as

hy geweet hoe, nie waar nie?

Om eerstens die situasie te verstaan moet ons eers verstaan wat 'n boelie is...

WAT IS ‘N BOELIE?

‘n Boelie verwys na ‘n persoon wat gedrag toon waartydens hulle hul mag misbruik op ‘n fisiese, emosionele,

verbale, relasionele en/of seksuele manier (Bezuidenhout en Joubert, 2003:36). Olweus (1991:413) beskryf ‘n boelie

as “’n kind wat ‘n ander kind herhaaldelik blootstel aan negatiewe aksies met die opset om die kind seer te maak,

hetsy fisies of emosioneel. Die boelie beskik oor meer mag as sy slagoffer en maak misbruik daarvan”.

‘n Boelie kan ook omskryf word as ‘n kind wat ‘n ander kind of kinders op ‘n herhaaldelike basis opsetlik seermaak

op ‘n fisiese, emosionele, verbale, relasionele en/of seksuele wyses. Die boelie beskik oor meer mag as sy slagoffer

as gevolg van sy fisiese grootte, geslag, ouderdom of ras en maak misbruik daarvan deur sy slagoffer te verneder.

VORME VAN BOELIEGEDRAG

Boeliegedrag kan verskeie vorme aanneem wat op ‘n direkte of indirekte wyse aan die slagoffer getoon kan word.

Direkte boeliegedrag verwys na openlike, konfronterende aanvalle wat deur die boelie op die slagoffer gerig is.

Fisiese kontak, dreigemente en intimidasie is vorme van direkte afknouery. Indirekte boeliegedrag verwys na meer

subtiele vorms van afknouery. Dit sluit in die maak van gebare, verbale afknouery, die verspreiding van gerugte,

sosiale isolasie, die intensionele uitsluiting van persone uit groepsaktiwiteite, en die beskadiging van iemand se

reputasie. Indirekte boeliegedrag is ‘n vorm van passiewe aggressie. Passiewe aggressie is wanneer ‘n kind passief

en soms dwarstrekkerig optree in interpersoonlike verhoudings. Veral wanneer die situasie gekenmerk word aan

stress en frustrasie. ‘n Passiewe aggressiewe persoon sal nie ander direk konfronteer nie, maar sal die kind terugkry

deur hom indirek ‘seer‘ te maak of ‘n ongemak te skep. Die kind word dan moelik geblameer as die oortreder.

Afknouery kan verskeie vorme aanneem. Volgens Bezuidenhout en Joubert (2003:36) kan boeliegedrag fisies,

verbaal, relasioneel, emosioneel en/of seksueel van aard wees. Sullivan (2000:11) verduidelik dat alhoewel daar ‘n

onderskeid tussen fisiese en emosionele boeliegedrag gemaak kan word, hy van mening is dat beide fisiese en niefisiese

boeliegedrag emosionele dimensies insluit. Emosionele misbruik verwys na die stelselmatige vernedering

van ‘n kind wat intensioneel en/of onbewustelik gepleeg kan word. Die doel van emosionele misbruik is om die

slagoffer se siening van homself te verlaag. Sy selfbeeld neem dus af en hy voel onwaardig vir respek,

vriendskappe, liefde en aanvaarding aldus Fried en Fried (1996:45).

KINDERS KAN OP VERSKILLENDE MANIERE GEBOELIE WORD:

FISIEK:

Op jou lyf deur stamp, skouer, slaan, klap, byt, hare trek, skop, seermaak met ’n voorwerp, beskadiging of

vat van eiendom, afneem van geld, onsedelike aanraking, klere skeur of klere oplig

VERBAAL:

Iemand iets toesnou deur te terg, uittart, name noem, vloek, opmerkings oor hul uiterlike maak, dreig,

skinder, briefies versprei, familie beledig, lelike SMS’e stuur of selfs vals beskuldig.

SOSIAAL:

In die omgewing vriendskap opsetlik onttrek, uitskakel uit groep of in ’n groep verneder of selfs dreig om ’n

vriendskap te be-eindig as iets nie na die boelie se wil is nie

SIELKUNDIG:

Op ’n agteraf manier intimideer byvoorbeeld staar, oë trek of rol, forseer om verkeerde dinge te doen of

iemand emosioneel af te kraak

HANTERING VAN BOELIES STAP-VIR-STAP

STAP 1 : KRY JOU FEITE AGTERMEKAAR

Probeer soveel besonderhede moontlik by jou kind kry. Wie is die boelie en wat het hy gedoen? Waar het dit

gebeur? En wanneer? Word ander kinders ook geboelie? Kry die inligting deur op ’n ontspanne, deernisvolle manier

met jou kind te gesels, dalk oor ’n naweek. Verseker hom op ’n rustige manier dat jy weet wat om te doen en dat jy

hom sal beskerm. Onthou net ’n kind se tydsbegrip is anders as ’n volwassene s’n, wat dit moeilik kan maak om vas

te stel hoe lank die geboelie al aan die gang is. Verwys na ander gebeure om hom te help, soos: Het hy jou al

seergemaak toe jy verjaar het?

STAP 2: LIG DIE ONDERWYSERES IN

Maak ’n afspraak met jou kind se onderwyseres en gaan bespreek die situasie met haar, maar bly kalm! Jou kind se

juffrou het waarskynlik nie geweet wat aangaan nie. Moet haar nie vinnig voor skool konfronteer wanneer julle albei

haastig is nie. Maak eerder ’n afspraak sodat julle rustig kan praat. Gee haar eerstens al die feite en dan vertel haar

wat gebeur het en hoe die intimidasie of viktimisering plaasvind. Vra haar dan watter stappe sy beplan en hoe jy kan

help om die situasie op te los. As dit nodig is, vra vir ’n vergadering met alle partye betrokke; die skoolhoof,

onderwyseres en die boelie se ouers. Onthou, die boelie het waarskynlik hulp nodig om sy gedrag te verander. Hy’s

ook maar net ’n kind.

STAP 3 : HELP JOU KIND OM ’N GEVOELSWOORDESKAT OP TE BOU

Jong kinders sukkel dikwels om uiting te gee aan hul gevoelens omdat hulle nie die regte woorde ken nie. Hulle raak

dan gefrustreerd omdat hulle nie ’n woord het vir die emosie wat hulle ervaar nie. Jy kan help deur baie met jou kind

te praat oor hoe hy voel wanneer hy geboelie word. Hy sal ’n gevoelswoordeskat opbou en ook deur die gesprekke

die gebeure begin verwerk. Moedig hom aan om te praat, maar moet hom nie probeer dwing nie.

Jy kan ook vir baie jong kinders ’n emosiekaart saamstel om hulle te help om hul emosies te identifiseer.

STAP 4 : PROBEER VASSTEL HOEKOM JOU KIND GEBOELIE WORD

Is dit dalk oor kultuurverskille, fisieke voorkoms of omdat hy ’n sensitiewe soort kind is? Het hy sosiale probleme wat

hom laat uitstaan bo die ander kinders? Is hy byvoorbeeld erg skaam, buitengewoon stil of het hy dalk ’n swak

selfbeeld? Dit is altyd beter om te weet wat jou kind se swakpunt is. Indien jy weet wat die rede is dat hy geteiken

word kan jy hom help om dit te oorkom. ’n Kind word gewoonlik (maar nie altyd nie) die slagoffer van ’n boelie as sy

selfbeeld reeds swak is, of as hy aan homself twyfel. As jy ’n verband sien tussen sy selfbeeld en die geboelie kan jy

hom al baie help deur aan sy selfbeeld te bou. Vertel ook die onderwyseres van die redes sodat die skool saam met

jou kan werk om die beste oplossing te vind.

STAP 5 : HELP WERK AAN ’N SELFVERSEKERDE HOUDING

Leer jou kind om op ’n selfversekerde manier vir die boelie te sê dat hy hom moet uitlos. Kyk na sy liggaamshouding,

lyftaal, stemtoon en of hy oogkontak maak. Wys hom dan hoe om dit reg te doen en laat hy voor jou oefen.

Maak ’n speletjie daarvan. ’n Selfversekerde houding kan deurslaggewend wees as hy weer deur die boelie

gekonfronteer word. Menige ouers leer ook hul kinders hoe om hulself te verdedig, dit gee die kind net meer

selfvertroue indien die viktimisering fisies is.

STAP 6 : BETREK ’N TERAPEUT

’n Geboelie kan jou kind erg afgetakel laat voel. Tipiese simptome is angstigheid, onsekerheid en ’n gebrek aan

selfvertroue. Jou kind kan onbevoeg en onveilig voel in ’n omgewing waar hy voorheen veilig en gelukkig was. Sy

vrees en angs wys in regressiewe gedrag soos duimsuig, skeidingsangs en bed natmaak – so probeer hy jou bewus

maak van sy pyn en behoefte aan veiligheid. Veral as hy oor ’n lang tydperk geboelie is, is dit ’n goeie plan om deur

terapie sy selfondersteuning ’n hupstoot te gee. ’n Terapeut kan hom help om bewustelik uiting te gee aan die

gevoel van bedreiging en kan hom help om sterker te voel oor homself. ’n Kind wat diep binne sterk voel, sal die

wêreld vierkant in die oë kan kyk.

WIE WORD N BOELIE?

Boelies is dikwels kinders wat self emosionele pyn ervaar. Sulke kinders het emosionele behoeftes wat nie bevredig

word nie. Tipiese oorsake is ouers wat te min tyd saam met hul kind deurbring, emosioneel afwesig is of hul kind

waardeloos laat voel (soos as ’n boetie of sussie voorgetrek word). Dikwels word ’n boelie self ook geboelie. ’n

Boelie kan ook die slagoffer wees van fisieke of seksuele mishandeling.

WAAR KOM DIE BOELIE SE AGGRESSIE VANDAAN?

Elke kind wil voel hy is belangrik en dat sy mening tel. Hy wil voel hy het waarde, is bevoeg en kan keuses maak. ’n

Kind wat magteloos en gefrustreerd is, gaan instinktief voel of sy lewe bedreig word. Dit lei tot aggressie. Aggressie

volg op gevoelens van vrees, angs en onsekerheid. Wanneer die boelie ander kinders afknou en aanval, voel hy hy

het krag en is in beheer. Boelie-gedrag is die simptoom van ’n gebrek aan aanvaarding, erkenning, liefde en respek.

WAT AS JOU KIND DIE BOELIE IS ? : DOEN DIE VOLGENDE

1. Sorg dat jou kind positiewe rolmodelle het. Bring baie tyd saam met hom deur.

2. Dissipline is net regtig doeltreffend wanneer dit binne ’n goeie verhouding geskied. Te veel of te streng

dissipline, of dissipline wat nie konsekwent toegepas word nie, is net so sleg soos geen dissipline.

3. Kinders aap na wat hulle sien. Hou jouself ’n bietjie dop. Sien jou kind jou padwoede of jou lelike reaksie as

jou sportspan verloor? Tree jy aggressief op teenoor ander? Hoeveel geweld sien jou kind op TV en by jou

of jou lewensmaat?

4. Moedig natuurlike ontlading van frustrasie aan. Kinders moet buite speel en oefening kry. Maar wees

versigtig om nie te veel klem op prestasie en sport te plaas nie – dit moet altyd pret wees.

5. Moenie blind wees vir jou kind se probleme nie. Dis soms moeilik – ouers is deesdae so besig – maar

moenie net op die skool steun om jou kind op te voed nie.

6. Te veel aandag (van die verkeerde soort) is ook problematies. Baie boelies is bedorwe brokkies wat in hul

ouers se oë niks verkeerd kan doen nie.

7. Doen jou kind voor hy dink? Hy ly dalk aan gebrekkige impulsbeheer.

8. Gesels met jou kind oor sy liggaamstaal en oor sy stemtoon as dit aggressief, neerhalend of dreigend is.

Oefen om van die lelike gewoontes ontslae te raak. Leer hom om mooi te vra eerder as om te eis.

9. Vind uit wat jou kind se onderdukte emosies is.

10. Kontak 'n terapeut om jou te help om die situasie te hanteer.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!