04.05.2013 Views

laerskool emfulenipark inklusiewe beleid - Emfulenipark.co.za

laerskool emfulenipark inklusiewe beleid - Emfulenipark.co.za

laerskool emfulenipark inklusiewe beleid - Emfulenipark.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LAERSKOOL EMFULENIPARK

INKLUSIEWE BELEID

BELEID VIR LEER PROBLEME

Talle leerprobleme kom deesdae in die klaskamer voor. Soms presteer slim kinders nie volgens hulle

vermoëns nie en is leer vir hulle een groot frustrasie.

Elke leerprobleem het sy eie unieke eienskappe en as die onderwyser kennis het van hiervan, sal dit

makliker wees om kinders te help of dan te verwys na die regte mense vir hulp.

Die onderwyser se taak is beperk tot leerprobleme van leerlinge wat sukkel om te lees, wiskunde te

doen of om te skryf, wat ideale kandidate is vir remediëring of vir plasing in LSEN klasse. Die meeste

leerlinge met leerprobleme sal baat by remediërende werk op ‘n een- tot –een basis in hulle vroeë

kinderjare. Sommige leerprobleme word duidelik in die tweede helfte van die Graad 1 jaar.

Motoriese vaardigheidsprobleme word die beste deur ‘n arbeidsterapeut aangespreek, terwyl

kommunikasie probleme deur ‘n sparaakterapeut behandel word. Alle ander probleme word deur ‘n

sielkundige of ‘n mediese dokter behandel. Dit val binne die onderwyser se reg om die toestand te

diagnoseer, en as die leerprobleem duidelik waarneembaar is, moet die ouers ingeroep word en ingelig

word oor hul kind se probleem. Die ouers moet dan gemotiveer word om professionele hulp vir die

leerling te bekom.

Die volgende is ‘n opsomming van algemene leerprobleme wat by skoolgaande kinders aangetref word:

1. Leerprobleme (Remediërende Onderrig)

Leesprobleme

Wikundige probleme

Probleem om skriftelik uitdrukking te gee

2. Swak Motoriese Vaardighede (Arbeidsterapie)

Gebrekkige koördinasie ontwikkeling en motoriese vaardighede

3. Gebrekkige Kommunikasie (Spraak terapie)

Onvermoë om in taal uitdrukking te gee

Gemengde Reseptoriese - Ekspressiewe Taalprobleme

Fonologiese probleme

Stotter of hakkel

4. Deurdringende Afwykings in Ontwikkeling (Sielkundige of Mediese behandeling)

Outistisme

Rett se toestand

Asperger se siekte

5. Konsentrasie probleme en Gedragsafwykings. (Sielkundige en Mediese behandeling

Aandagafleibaarheid

Gedragsprobleme

Rebelsheid

1

6. Aanwendsels (Sielkundige en Mediese behandeling)

Tourettes sindroom

Chronies motoriese of vokale aanwendsels

Verbygaande aanwendsels

7. Ander probleme tydens kleuter-, kinder- en Addolosensie Jare (Sielkundige en Mediese

behandeling)

Skeidings Angs Sindroom

8. Die volgende is ‘n beskrywing van die mees algemene probleme wat in die klas aangetref

word. Die inhoud is slegs vir inligting doeleindes:

8.1 Leerprobleme

8.1.1 Leesprobleem

As die leerling se vermoë om (korrek en met begrip) te lees, soos deur ‘n

gestandaardiseerde toets gemeet, aansienlik laer is as wat van hom/haar verwag

word as die ouderdom, intellek en opvoeding in ag geneem word, het hy/sy ‘n

leesprobleem.

Hierdie probleem belemmer akademiese prestasie en lê ook die alledaagse lewe aan

bande.

As daar boonop ‘n sensoriese probleem teenwoordig is, is die leesgebrek baie erger.

8.1.2 Wiskundige probleme

As die leerling se wiskundige vermoë, soos deur ‘n gestandaardiseerde toets

gemeet, aansienlik laer is as dit wat van hom/haar verwag word as die ouderdom,

intellek en opvoeding in ag geneem word, het hy/sy ‘n wiskundige probleem.

Hierdie probleem belemmer akademiese prestasie en kan ook die

alledaagse lewe aan bande lê.

‘n Sensoriese probleem vererger die wiskundige probleem.

8.1.3 Onvermoë van skriftelike uitdrukking

As ‘n leerling se vermoë om homself/haarself skriftelik uit te druk, soos deur

funksionele assessering of deur ‘n gestandaardiseerde toets gemeet, aansienlik

laer is as dit wat verwag word as die ouderdom, intellek en opvoeding in ag geneem

word, het hy/sy ‘n skriftelike onvermoë.

Die onvermoë om taalkundig korrekte sinne en paragrawe te skryf het noodwendig

‘n invloed op die alledaagse lewe asook op akademiese prestasie.

‘n Sensoriese defek maak die skriftelike onvermoë erger.

8.2 Gebrek aan Motoriese Vaardigheid

8.2.1 Ontwikkelings koördinasie sindroom

Motoriese vaardighede in daaglikse aktiwiteite is duidelik swakker as wat mens

verwag as jy die leerder se ouderdom en intelligensie in ag neem.

2

Dit word ten toon gestel deur die leerling wat goed laat val, ‘n algemene lompheid

vertoon, ‘n swak handskrif, kom lomp voor op die sportveld of daar was duidelike

agterstande in die bereiking van motoriese mylpale bv sit, kruip loop ens.

Dit spreek vanself dat hierdie toestand die daaglikse lewe en akademiese prestasie

noodwendig beïnvloed.

Dit is belangrik om daarop te let dat die toestand nie te wyte is aan ‘n algemene

siektetoestand soos serebrale verlamming of spier distrofie nie.

8.3 Kommunikasie afwykings

8.3.1 Ekspressiewe Taalkundige Gebrek

Gestandardiseerde meetinstrumente meet die leerling se ekspressiewe

taalvermoëns aansienlik laer as beide die nie-verbale inteligensie en sy ontvanklike

taalontwikkeling.

Klinies openbaar die leerder ‘n beperkte woordeskat, maak foute ten opsigte van

tyd, swak woordherkenning of maak korter sinne of eenvoudige sinne wat nie by

sy/haar ouderdom pas nie.

Sy/haar afwyking beperk beroepsmoontlikhede asook sosiale omgang met ander

mense.

8.3.2 Gemengde Reseptiewe-Ekspressiewe taalafwykings

Individuele gestandaardiseerde toetse meet die leerling se reseptiewe en

ekspresiewe taal ontwikkeling beduidend laer as sy/haar nie-verbale intelligensie

vermoëns.

Klinies toon die leerling dieselfde probleme as die ekspressiewe taalafwyking maar

boonop sukkel hy/sy om sinne, woorde of spesifieke groepe woorde soos ruimtelike

terme te verstaan.

Hierdie afwyking bemoeilik akademiese prestasie, beperk beroepsmoontlikhede en

belemmer sosiale gesprekvoering.

8.3.3 Fonologiese afwykings

Die leerling gebruik nie spraak wat van sy ouderdom en dialek verwag word nie.

Byvoorbeeld: ruil konsonante om; los eind-konsonante weg.

Hierdie afwyking bemoeilik akademiese prestasie, beperk beroepsmoontlikhede en

belemmer sosiale gesprekvoering.

8.3.4 Stotter/Hakkel

Die leerling se spraak vloei nie normal nie, en is onvanpas vir sy/haar ouderdom.

Die spraak word gekenmerk deur ten minste 1 van die volgende:

- Herhaling van klanke of lettergrepe;

- Verlenging van klanke;

- Tussenwerpsels;

- Gebroke woorde (‘n pouse in ‘n woord);

- Versperrings wat of hoorbaar of geluidloos is;

- Omslagtigheid (gebruik ander woorde in die plek van woorde wat moeilik

- uitgespreek word);

- Woorde word met buitensporige fisiese inspanning uitgespreek;

3

- Herhaling van enkellettergrepige woorde (soos “’n-‘n-‘n-’n-‘n hond het my

gebyt”).

Hierdie afwykings belemmer beroep- en opvoedkundige prestasie asook sosiale

verkeer.

‘n Sensoriese of spraak-motoriese gebrek vererger die toestand.

8.4 Deurdringende Afwykings in Ontwikkeling

8.4.1 Aandagafleibaarheid/Hiperaktiwiteit

Simptome is vir minstens 6 maande aanwesig en in so ‘n mate dat die

leerling wan-aangepas en onvolwasse is. Die leerling konsentreer swak of

is impulsief-hiperaktief (of beide) en word gekenmerk deur:

Swak Aandagspan.

(Ten minste 6 van die volgende is toepaslik:)

o Sukkel om op fyn detail te konsentreer of maak agterlosige foute in

sy/haar skoolwerk, werk of ander aktiwiteite;

o Behou moeilik aandag by sy/haar werk of as speletjies gespeel word;

o Kom voor asof hy/sy nie luister wanneer iets vertel word nie;

o Volg nie instruksies nie of voltooi nie klein takies, huiswerk of groot

take nie, (en is nie as gevolg van rebelsheid of die onvermoë om te

verstaan nie;

o Kom ongeorden voor in aktiwiteite en take;

o Hou nie van take wat volgehoue konsentrasie vereis nie en skram dus

weg daarvan bv. Doen van huiswerk of skoolwerk;

o Verloor noodsaaklikhede wat nodig is vir aktiwiteite (take, boeke,

potlode, gereedskap, speelgoed);

o Sy/haar aandag word maklik afgelei deur eksterne prikkels;

o Hy/sy is baie vergeetagtig.

Impulsiewe-Hiperaktieiteit.

(Ten minste 6 van die volgende is van toepassing :)

o Kriewel in sy/haar stoel of vroetel gedurig;

o Verlaat sy/haar sitplek voortdurend en onnodig;

o Hardloop of klim gedurig (by addolosente of volwassenes is ‘n

subjektiewe gevoel van rusteloosheid teenwoordig);

o Vind dit moeilik om stil te speel of sy/haar vrye tyd te bestee;

o Is altyd aan die gang en kom nie tot rus nie;

o Praat buitengewoon baie;

o Beantwoord vrae nog voordat dit klaar gevra is;

o Wag moeilik sy/haar beurt af;

o Onderbreek of steur ander.

Begin voor die ouderdom van 7.

Simptome kom in ten minste 2 situasies voor bv skool en huiswerk.

Hierdie gebrek bemoeilik funksionering in die skool, op die sosiale

gebied of in die arbeidsmark.

4

8.4.2 Rebelsheid

8.5 Aanwendsels

Vir minstens 6 maande toon hierdie leerlinge uitdagende, vyandige of negatiewe

gedrag en is die volgende van toepassing:

- Verloor maklik sy/haar humeur;

- Argumenteer met volwassenes;

- Daag doelbewus volwassenes se reëls uit of weier om hul versoeke na te kom;

- Maak ander mense doelbewus kwaad;

- Blameer andere vir sy/haar eie foute of wangedrag;

- Is liggeraak en word maklik kwaad;

- Is boos en haatdraend;

- Is moedswillig of vergeldend.

Die simptome lei tot of swak werk, swak skoolprestasie of

gebrekkige sosiale funksionering.

Die simptome voldoen nie aan die kriteria vir Gedrags afwykings nie.

‘n Aanwendsel is ‘n motorise beweging of vokalisering wat nie-ritmies , vinnig, herhalend, stereotipies en

skielik van aard is.

8.5.1 Tourette Sindroom

Êrens tydens die toestand, hoewel nie noodwendig tegelykertyd nie, het die

leerling beide:

ten minste een vokale aanwendsel en

veelvoudige motoriese aanwendsels

Hierdie aanwendsels kom etlike kere daagliks voor of dan byna elke dag of met

gereelde intervalle en duur vir langer as 1 jaar;

Die aanwendsels bly nooit langer as 3 maande weg nie;

Die simptome veroorsaak duidelike ongerief of lei tot swak werk , sosiale of

persoonlike funksionering.

Die simptome begin voor die ouderdom van 18.

8.5.2 Kroniese Motoriese- of Vokale Aanwendsels

Die leerling het slegs of ‘n vokale- of ‘n motoriese aanwendsel.

Die aanwendsel kom talle kere per dag of byna elke dag of met gereelde

intervalle en hou vir langer as ‘n jaar aan.

Die aanwendsel bly nooit langer as 3 maande weg nie;

Die simptome veroorsaak duidelike ongerief of lei tot swak werk , gebrekkige

sosiale of persoonlike funksionering.

Die simptome begin voor die ouderdom van 18.

Die leerling kwalifiseer nooit vir die kriteria vir die Tourette Sindroom

nie.

8.5.3 Aanwendsels van verbygaande aard.

Die leerling het ‘n vokale – of motoriese aanwendsel of beide.

Dit kan dus enkelvoudig of veelvoudig wees.

5

Die aanwendsels kom talle kere per dag of byna elke dag voor, vir minstens 4

weke maar nie langer as 12 opeenvolgende maande nie.

Die simptome veroorsaak duidelike ongerief of lei tot swak werk , gebrekkige

sosiale of persoonlike funksionering.

Die simptome begin voor die ouderdom van 18.

Die leerling voldoen nooit aan die kriteria vir die Tourette Sindroom nie.

8.6 SkeidingsAngs (Word veral by graad 1 leerlinge gevind)

Ontoepaslike erge angs word ervaar as die leerder van sy huis of van diegene

wat vir hom/haar saak maak, geskei word. Drie of meer van die volgende

simptome is teenwoordig:

- Buitensporige ongemak wanneer hy/sy bewus word van skeiding met die

huis of ouers;

- Buitengewone bekommernis dat iets met die ouers kan gebeur;

- Ongewone bekommernis dat iets ongewoon die die kind van die ouers sal

skei (bv om ontvoer te word of weg te raak);

- Vrees vir skeiding laat die leerling weier om iewers heen te gaan (Bv

Skool toe);

- Buitengewone vrees om alleen te wees of sonder die ouers tuis te wees

of sonder belangrike volwassenes elders te wees;

- Weier of toon ‘n traagheid om uit te slaap of om iewers sonder sy ouers

te gaan slaap;

- Herhaalde nagmerries oor skeiding met sy mense;

- Herhalende fisiese simptome (Bv kopseer, maagpyn, naarheid) as hy/sy

bewus word van ‘n moontlike skeiding van sy ouers.

Die simptome duur vir minstens 4 weke of langer en begin voor die ouderdom

van 18.

Die simptome veroorsaak duidelike ongerief of lei tot swak werk , gebrekkige

sosiale of persoonlike funksionering.

-ooOoo-

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!