01.05.2013 Views

REGLEMENT VIR GRAAD 7-OUERFONDSINSAMELINGSKOMITEE ...

REGLEMENT VIR GRAAD 7-OUERFONDSINSAMELINGSKOMITEE ...

REGLEMENT VIR GRAAD 7-OUERFONDSINSAMELINGSKOMITEE ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

REGLEMENT VIR GRAAD 7-OUERFONDSINSAMELINGSKOMITEE

1. DOEL VAN KOMITEE

Die uitsluitlike doel van sodanige komitee is:

1.1 Fondsinsameling vir ‘n Graad 7-afskeidsgeskenk vir die skool.

1.2 Reël van Hoof, personeel en leerders verjaardaggeskenke.

1.3 Noue samewerking en kohesie tussen alle Graad 7-ouers vir die

betrokke jaar.

2. SAMESTELLING VAN DIE KOMITEE

2.1 Tydens die eerste vergadering, onmiddellik na die prefekverkiesing

sal ‘n vergadering deur die vorige jaar se sekretaresse belê word

deur middel van kennisgewing in briefvorm aan alle betrokke

voornemende Graad 7-ouers.

2.2 Tydens dié vergadering sal die vorige bestuur:

2.2.1 Die nuwe bestuursverkiesing bestaande uit: Voorsitter,

Tesourier, Sekretaresse en Hoofleier-ouer verteenwoordiger,

hanteer.

2.2.2 Die voorsitterstoel en pligte oorgee aan die nuwe bestuur.

3. DAGBESTUUR

3.1 Samestelling

Dié bestuur word saamgestel uit die volgende lede:

- Voorsitter

- Tesourier

- Sekretaresse

3.2 Dié Dagbestuur sal verantwoordelik wees om dringende

aangeleenthede wat mag opduik, te hanteer.

4. SAMESTELLING VAN GRAAD 7-VERGADERINGS

4.1 Vergaderings sal bestaan uit alle Graad 7-ouers.

4.2 Kennisgewing vergesel van agenda aan alle Graad 7-ouers moet

minstens 7 dae voor datum van vergadering aan Graad 7-ouers

deurgegee word.

4.3 Behoorlike notule moet tydens elke vergadering gehou word.

4.4 Die notule moet deur die voorsitter goedgekeur word, voordat dit

deurgegee word aan bestuurslede.

5. FINANSIëLE PROSEDURES

2

5.1 Gr 7’s het hul eie bankrekening en hanteer daarom hul eie

finansies.

5.2 ‘n Bankrekening word jaarliks geopen met tekenmagte deur die

dagbestuur.

5.3 Geen blanko, getekende tjeks mag gebruik word nie.

6. FONDSINSAMELINGSPROJEKTE

6.1 ‘n Behoefte bepaling vir moontlike projekte sal by die aanvang van

die Graad 7-termyn deur die Finansiële Komitee deurgegee word.

6.2 Uit bogenoemde sal die Ouervergadering ‘n keuse maak vir ‘n

Graad 7-projek vir die jaar asook kleiner projekte soos bv.

personeel en leerder geskenke.

6.3 Alle fondse deur die jaar geïn, sal uitsluitlik vir die gekose projekte

wees – afwykings hiervan bv. as prioriteite verander, sal slegs met

die goedkeuring van ‘n ouervergadering plaasvind.

6.4 Indien daar enige kontroversie in soverre finansies sou bestaan, sal

dit na die Finansiële Komitee verwys word vir uitsluitsel.

6.5 Alle atletiek tuisbyeenkomste sal uitsluitlik vir die Graad 7 komitee

gereserveer word as fondsinsamelingsgeleenthede.

7. PROJEKBEPALING

7.1 Die bepaling en toekenning van projekte vir fondsinsameling deur

die Graad 7-ouers moet in samewerking met die

Fondsinsamelingskomitee geskied.

7.2 Bywoning deur ‘n afgevaardigde vir dié doel, by die eerste

Fondsinsamelingsvergadering, word aanbeveel.

8. SNOEPWINKEL

8.1 Die Snoepwinkel word jaarliks deur die Finansiële Komitee en skool

aan die Graad 7-ouers toegeken vir fondsinsameling.

8.2 Die toekenning van die Snoepwinkel op tender sal berus by die

besluit van die vergadering van Graad 7-ouers.

8.3 Al die snoepie aankope en inbetalings word deur die Gr 7 ouers se

eie bankrekening hanteer, indien die snoepie nie op tender uitgaan

nie.

8.4 Tenderprosedure

Kyk bylae.

9. BRUIDSKAT

3

Die uitgaande komitee behoort ‘n bruidskat van ±R1 000 agter te laat aan

die komende jaar se komitee as wegspringfonds ten einde kostes in die

eerste maand of twee te dek.

BESTUURSLIGGAAM VOORSITTER DATUM

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!