03.05.2013 Views

laeskool emfulenipark beleid vir klasbesoek - Emfulenipark.co.za

laeskool emfulenipark beleid vir klasbesoek - Emfulenipark.co.za

laeskool emfulenipark beleid vir klasbesoek - Emfulenipark.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LAESKOOL EMFULENIPARK

A. DIE DOEL VAN KLASBESOEK:

BELEID VIR KLASBESOEK

1. OM DIE PERSONEEL TE ONTWIKKEL DEUR:

hulle indiens op te lei wat die afronding van Tegnieke en Metodieke insluit.

die Didakties-pedagogies leemtes uit te skakel.

die onderwysers se selfbeeld te bevorder.

2. OM BEHEER UIT TE OEFEN OOR:

amptelike dokumentasie.

korrekte program inhoud.

die implementering van die nuwe kurrikulum.

professionele aspekte.

opvoedkundige aspekte.

3. OM PERSONEEL TE ASSESSEER:

Vormende assessering wat op die ontwikkeling van die onderwyser gemik is.

Ontledende assessering vir die onderwyser se assesseringspunt.

4. OM KONTOLE UIT TE OEFEN :

oor die personeel se stiptheid.

of die leerlinge hulle goed gedra.

of die leerlinge sinvol besig is.

of onderrigtyd ten volle benut word.

of toerusting en apparaat behoorlik benut en versorg word.

5. OM MOONTLIKE PROBLEME BETYDS TE IDENTIFISEER EN TE VOORKOM.

B. WAARNA WORD GELET TYDENS KLASBESOEK?

TYDENS KLASBESOEK WORD GEKYK:

Wat die onderwyser doen.

Hoe dit gedoen word.

Na die reaksie van die leerlinge.

Na die interaksie tussen leerlinge en die onderwyser.

Na gedifferensieërde leerlingaktiwiteite.

Na die gesindheid, werksingesteldeid en werksatmosfeer.

DIE VOLGENDE SAKE KRY DUS AANDAG:

1. LESBEPLANNING VOORBEREIDING EN AANBIEDING:

Is die les beplanning duidelik, logies en in volgorde en is daar bewyse

dat individuele lesse in die breër leerprogram inpas?

Beplanning – Is lesbeplanning duidelik, logies, opeenvolgend en

verrykend?

Aanbieding – Word lesse beplan met ’n sodanige struktuur dat dit in

die breër raamwerk van die leerprogram inpas, en bou

op vorige lesse en wat ook toekomstige leeraktiwiteite

in ag neem?

Rekordering – Hoe deeglik is die rekordering van beplanning en

leerling vordering?

Bestuur van

die Leerprogram – Is die leerlinge sodanig betrokke in die leergebeure

op so ‘n manier dat hulle behoeftes, die ontwikkeling

van hul vaardighede en kennis ten volle aangespreek

word?

2. SKEP VAN ‘N POSITIEWE LEEROMGEWING

Skep die onderwyser ‘n geskikte omgewing en klimaat vir onderrig en

leer?

Leer omgewing – Word die leer omgewing sodanig georganiseer

dat dit die effektiewe gebruik van onderrig

hulpmiddels moontlik maak en bevorder dit

individuele - en groep aktiwiteite?

Leerling betrokkenheid - Is die leerlinge aktief betrokke en word

hulle aangemoedig om kreatiewe idees met

selfvertroue uit te ruil?

Dissipline - Is die leerlinge gemotiveerd en beskik hulle oor

selfdissipline.

Differensiasie – Gebruik die onderwyser inklusiewe strategieë

en word respek vir individualiteit en diversiteit

bevorder?

3. KENNIS VAN DIE KURRIKULUM EN LEERPROGRAMME

Vertoon die onderwyser genoegsame kennis van die leerarea of vak en

beskik hy/sy oor die vermoë om betekenisvolle leerervaringe vir die

leerlinge te skep?

Kennis van die Leerarea - Gebruik die onderwyser sy kennis om

leerlinge se sterk- en swakpunte te

identifiseer sodat hy/sy onderiig strategië kan

ontwikkel?

Vaardighede - Gebruik die onderwyser leerling gesentreerde

tegnieke om leerlinge basiese vaardighede

aan te leer wat kritiese denke en probleem-

oplossing bevorder?

Doelwit Stelling - Word kurrikulum uitkomste deurgaans bereik

deur kreatiewe en innoverende doelwit

stelling?

Betrokkenheid in

Leer Programme - Is daar ‘n balans tussen die leerlinge se

behoeftes en doelwitstelling van die

leerprogramme?

4. LEERLING ASSESSERING/PRESTASIE

Word assessering gebruik om onderrig en leer te bevorder?

Terugvoer aan die leerlinge - Is die terugvoer insiggewend, gereeld,

deurlopend, betyds en in die lesse

ingebou?

Kennis van Assessering

Tegnieke - Word ’n verskeideneid assesserings

tegnieke gebruik om voorsiening te

maak vir leerlinge uit verskillende

agtergronde, verskillende intelligensie

vlakke en leerstyle?

Toepassing van Tegnieke - Lei assessering lei tot veelvuldige

ingrypings strategieë om die spesifieke

behoeftes van alle leerlinge aan te

spreek en te motiveer?.

Verslaghouding - Is die leerling verslae imaklik

beskikbaar en gee dit insig in die

individuele leerling se vordering?

C. TERUGVOERING EN OPVOLGING:

1. Na klasbesoek word nie net met die onderwyser gesprek gevoer nie, maar

bepaalde sake word ook met die betrokke Departementshoof opgeneem ten

einde gekoördineerde en kontinue personeelontwikkeling te bewerkstellig.

2. Bepaalde aangeleenthede word ook op bestuursvergaderings bespreek.

3. Sekere aangeleenthede sal ook tydens Fase – en Personeelvergaderings

bespreek word.

D. VERSLAE:

1. Verslae word in tweevoud op ’n vertroulikheids-grondslag gehanteer: Die

oorspronklike aan die onderwyser, een afskrif word geliaseer.

2. Die klem van die verslag lê op leiding eerder as veroordeling.

3. Klasbesoek verslae behoort te korreleer met kontrole verslae van dokumentasie

en skriftelike werk.

E. OPMERKING:

1. Die hoof en die onderwyser teken die verslag nadat die bevindinge bespreek

is.

2. Indien nodig word ’n opvolg besoek gereël en bevestig.

F. KONTROLELYS VOOR KLASBESOEK:

Die volgende vrae kan ’n onderwyser help met die voorbereiding vir ’n komende

klasbesoek.

BEPLANNING EN VOORBEREIDING:

Is die daaglikse beplanning beskikbaar? (Mikrobeplanning)

Is die voorbereidingsvorm volledig voltooid? Bv. Is die Eenhede/weke aangedui op die

voorbereidingsvorm?

Weet die fasiliteerder presies met watter leerprogram hy/sy besig is om die Spesifieke

Uitkoms wat aangedui is te bereik?

Is die Spesifieke Uitkomste aangeteken en word dit aan die einde van die les bereik?

Word die moontlike en werklike voltooide datum van bepaalde werk aangedui?

Hoe korreleer die beplande datum van afhandeling met die werklike datum van

afhandeling?

Is die oorhoofse beplanning van die leerarea (makro-beplanning) beskikbaar? Bv. die

rooster, tydstoekenning, notules van leerareaveraderings, tydverdeling, roosterbenutting,

moontlike uitstappies, begroting ens.

ASSESERING:

Word verskillende assesseringsmetodes gebruik?

Word leerders vooraf ingelig oor die assessering-metode wat gebruik gaan word?

Word beplan wat in die leerder profiel opgeneem word?

Is alles wat in die leerderprofiel hoort, in die leerder profiel?

Is die onderwyser op hoogte van die verskillende assesseringstegnieke?

Is die leerder profiele beskikbaar?

VERSLAGHOUDING VAN LEERDERVORDERING:

Word daar deurgaans rekord gehou van van die uitkomste wat bereik is?

Word daar onderskei of dit intensief geassesseer is of net aangespreek is?

Word dit aangeteken of ’n leerder die uitkoms wat intensief geassesseer is, bemeester het

en wat sy/haar leemtes is?

GROEPWERK:

Is die leerders vertroud met die groepreëls?

Kan die leerder die reëls toepas?

Word hulle tydens groepwerk weer tot orde geroep en aan die reëls wat oortree word

herinner?

Word groepwerk met ’n probleemstelling begin en verstaan elke leerder die probleem?

Vind “peer teaching” plaas of gee die onderwyser vooraf al die inligting?

Het die leerders nuwe inligting tydens groepwerk bymekaar gemaak, of het hulle’n

toepassing gedoen van kennins waaroor hulle reeds beskik? (Dit is nie groepwerk nie.)

Weet leerders hoe ’n groep funksioneer bv. dat elke lid ’n bydra moet maak of dat hulle

na mekaar se standpunte moet luister.

Weet hulle hoe wat met terugrapportering gebeur Bv. Dat die res van die klas almal

vorentoe moet kyk en baie stil moet sit.

Weet die leerders hoe om te assesseer en kan hulle staaf waarom hulle so assesseer? Bv

Ons gebruik die huil gesiggie omdat……….

FASILITEERDER:

Tydens groepwerk fasiliteer die onderwyser of hou hy/sy skool?

Ken die onderwyser die Uitkoms Gebasseerde terminologie en weet die leerders waarvan

hy/sy praat?

Word ’n verskeidenheid van hulpmiddels doeltreffend gebruik?

Word die Spesifieke Uitkomste aan die einde van die les bereik?

KLASLOKAAL:

Is dit die leerders se werk wat uitgestal is, of is dit die fasiliteerder se werk?

Word groepe se werk uitgestal?

Word hulpmiddels wat gebruik is, uitgestal?

Kan mens sonder om te vra, vas stel met watter werk die leerders besig is?

’n UGO lokaal is vol van die leerders se werk en nie die perfekte muurkaarte van die

onderwyser nie.

PORTEFEULJE’S:

Is die portefeulje’s waarin die leerders se werk geplaas word, beskikbaar?

Is die werkstukke in volgorde van datums geliaseer?

ONDERWYSER EVALUERING

Die evaluering van ‘n onderwyser vind plaas in ooreenstemming met sy/haar

posbeskrywing. Die posbeskrywing van enige onderwyser behoort die kernpligte tydens

skoolure sowel as ander pligte buite normale skoolure.

KERNPLIGTE GEDURENDE FORMELE SKOOLDAG

a. Geskeduleerde onderrigtyd.

b. Aflos onderrig (vir afwesige personeel).

c. Buitemuurse - en ko-kurrikulêre pligte.

d. Pastorale pligte soos terreindiebns, detensie, skolierpatrollie, ens.

e. Administrasie.

f. Toesighoudende en Bestuursfunksies.

g. Professionele pligte soos vergaderings, slypskole, seminare, konferensies, ens.

h. Beplanning, voorbereiding en evaluering.

i. Professionele ontwikkeling.

j. Handhawing van dissipline.

PLIGTE BUITE DIE FORMELE SKOOL DAG

a. Beplanning, voorbereiding en evaluering.

b. Buitemuurse - en ko-kurrikulêre pligte.

c. Professionele pligte soos vergaderings, slypskole, seminare, konferensies, ens..

d. Professionele ontwikkeling.

Elke posvlak in ‘n skool het verskillende verantwoordelikhede en pligte, insluitende die

kern pligte maar in verskillende grade. Daar behoort ’n eweredige werksverdeling

tussen onderwysers op dieselfde posvlak te wees sodat nie een personeellid oorbelaai

word nie.

ASSESSERING VAN ONDERWYSER SE WERK

1. ONDERRIG

a. Om sodanig by onderrig betrokke te raak dat doelgerigte en

doeltreffende progressie in leerling- vaardighede, - kennis, -

gesindhede en -waardes plaasvind.

b. Om ‘n klasonderwyser te wees.

c. Om lesse voor te berei met die inagneming van nuwe benaderings,

tegnieke en hulpmiddels in die onderskeie velde.

d. Bereidwilligheid om in leerarea van spesialisering ‘n leiersrol te vervul.

e. Om leerlinge se akademiese vordering te beplan, te koördineer, te

beheer, te administreer, te kontroleer, te evalueer en van verslag te

lewer aan die ouers.

f. Om te erken dat leer ‘n aktiewe proses is en om verskillende strategië

aan te wend sodat die verlangde uitkomste bereik word.

g. Om ‘n klasatmosfeer te vestig wat tot positiewe leerervarings by die

leerders lei.

h. Om die leerder se eie ervaringe as ‘n fundamentele en waardevolle

bron te gebruik.

2. BUITEMUURSE – EN KO-KURRIKULÊRE PLIGTE

a. Om die Departementshoof te help om aspekte wat dringende aandag

nodig het, te identifiseer en aan te spreek.

b. Om voorsiening te maak vir die opvoedkundige en algemene welvaart

van die leerlinge wat hom/haar toevertrou is.

c. Om die leerlinge te lei en begelei in hul grootword.

d. Om betrokke te wees by buitemuurse aktiwiteite en die organisasie en

administrasie te behartig soos nodig.

3. ADMINISTRATIIEF

a. Om alle akademiese aktiwiteite van elke leerarea waar onderrig word,

te koördineer en te kontroleer.

b. Om alle voorrade en toerusting wat gebruik word, te koördineer en te

kontroleer.

c. Om een of meer van die volgende administratiewe take te verrig:

Sekretaresse van die Algemene Personeel vergadering;

Brandbestryding en Noodhulp;

Opstel van roosters;

Ontvangs van skolfonds en ander gelde;

Personeel se welvaart;

Na ongelukke/ beserings op die terrein.

4. INTERAKSIE MET ALLE ROLSPELERS

a. Om deel te neem aan die ooreengekome skool/onderwyser

assesseringsprosesse met die doel om gereeld professionele praktyke

te hersien om sodoende onderrigvaardighede, leervaardighede en

bestuursvaardighede te verbeter.

b. Om by te dra tot die professionele groei en ontwikkeling van kollegas

deur kennis, gedagtes en bronne te deel.

c. Om op hoogte te bly van huidige tendense en ontwikkelinge in die

onderwys.

d. Om deel van die Skool Beheerliggaam te wees indien verkies om

daarop te dien.

5. KOMMUNIKASIE

a. Om met kollegas van alle grade saam te werk om ‘n goeie onderrig

standaard te handhaaf, om leerders goed te laat vorder en om

doeltreffende administrasie in die skool in stand te hou.

b. Om saam met onderwysers van ander skole Buitemuurse aktiwiteite te

organiseer en aan te bied.

c. Om die leerders se ouers te ontmoet om die vordering van hul kinders

te bespreek.

d. Om kursusse by te woon om professioneel te groei.

e. Om kontak met sport-, sosiale-, kulturele-, en gemeenskapsorganisasies

te behou.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!