02.05.2013 Views

beoogde windenergie-aanleg naby gouda

beoogde windenergie-aanleg naby gouda

beoogde windenergie-aanleg naby gouda

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

OMGEWINGSINVLOEDBEPALING:

BEOOGDE WINDENERGIE-AANLEG NABY GOUDA,

WES-KAAP

DOS VERWYSINGSNR. 12/12/20/2227

APRIL 2011

AGTERGROND-INLIGTINGSDOKUMENT

iNca Gouda Wind (Edms) Bpk (iNca) beoog om ʼn windenergie-aanleg wat ongeveer 30 Megawatt (MW)

elektrisiteit kan opwek, naby Gouda in die Wes-Kaap op te rig. Die beoogde windenergie-aanleg sal uit

20 X 1.5 MW turbines bestaan.

Aurecon Suid-Afrika (Edms) Bpk (Aurecon) is aangestel om die verlangde omgewingsproses kragtens die

Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (Wet Nr. 107 van 1998), soos gewysig, namens iNca uit te voer.

Doel van hierdie dokument

Die doel van hierdie Agtergrond-Inligtingsdokument (AID) is om belanghebbendes die geleentheid te bied om as

belanghebbende en geaffekteerde partye (B&GPe) tot die Omgewingsinvloedbepalingsproses (OIB) te registreer en hulle

aanvanklike kommentaar op die beoogde windenergie-aanleg naby Gouda in die Wes-Kaap te verkry.

Die doel van die OIB-proses is om moontlike impakte en lewensvatbare alternatiewe te identifiseer, asook daardie moontlike

negatiewe impakte wat vermy of verlaag, en die positiewe impakte wat verhoog moet word. Kragtens die Wet op Nasionale

Omgewingsbestuur (Nr. 107 van 1998) is die Departement van Omgewingsake (DOS) die besluitnemende owerheid wat die OIB

betref.

Lees asseblief hierdie AID deur en dien u kommentaar op die beoogde projek teen Woensdag 11 Mei 2011 in deur ʼn brief te

skryf, te bel of ʼn epos te stuur aan die Kantoor vir Openbare Deelname. Alle dokumente sal beskikbaar wees op die webblad

van Aurecon (Edms) Bpk (Aurecon), (www.aurecongroup.com – volg die “public participation”-skakel) en op die Inca webblad.

Beoogde Projek en Ligging

Die beoogde aanleg sal opgerig word op Gedeelte 1 van Plaas 397 en Gedeelte 2 van Plaas 397 naby

Gouda in die Wes-Kaap en is bereikbaar vanaf die R44 (sien Figuur 1). Die totale gebied beslaan

ongever 860 ha. Grond in die omliggende gebied word hoofsaaklik gebruik vir die verbouing van koring

en vir veeboerdery.

Geaffekteerde Omgewing

Die terrein val binne die Fynbosbioom van die Kaapse Blommestreek in die opvanggebied van die Klein

Bergrivier. Swartland Skalie-Renosterveld is die mees algemene plantegroei wat op die terrein voorkom.

Die plantsoort word as Kritiek-bedreig beskou. Dit word swak bewaar omdat 90% van die gebied reeds

vir landboudoeleindes verander is. Die beoogde terrein word hoofsaaklik vir weiding en verbouing

gebruik, en slegs klein kolle Renosterveld kom nog op die terrein voor (verwys na Figure 2 en 3

hieronder).

Die terrein is naby aan die volgende beskermde gebiede geleë:

• Die Kaapse Blommestreek se Wêreld-erfenisterrein, ongeveer 5 – 8 km noord-oos van die terrein;

• Die Kaapse Wynland Biosfeerreservaat, ongeveer 5 – 8 km suid van die terrein; en

• Dele van CapeNature se belangrike bergopvanggebiede, 5 – 10 km oos van die terrein.

1

R44

2

Figuur 2: Bewerkte grond Figuur 3: Oorblywende natuurlike plantegroei

Fauna wat hier voorkom sluit in verskillende vlermuise (veral saalneusvlermuise), klein wildsbokke soos

Steenbok en Duiker, Bakoorjakkalse en verskeie soorte muishonde. Soorte paddas wat op terrein

voorkom sluit in die Kaapse Rivierpadda, Kaapse Sandpadda en die Klikpadda. Die Kaapse Caco

(oftewel Blikslanertjie), wat in die Rooidatalys as Bedreig aangedui word, kom ook in die gebied voor.

Slange sluit in die Molslang, Geelslang en Pofadder.

Min voëlsoorte kom voor omdat die terrein hoofsaaklik vir veeboerdery en die verbouing van koring benut

word. Die Bloukraanvoël, wat ook ʼn gelyste Rooidataspesie is en endemies tot die gebied is, is onder

andere tydens ʼn terreinbesoek op 22 Februarie 2011 opgemerk. Die Witkruispaddavreter kom ook hier

voor. Voëlsoorte wat in die groter gebied kan voorkom sluit in die Witkruisarend, Dwergarend;

Rooiborsjakkalsvoël, Edelvalk, Swerfvalk en Kransvalk.

Wat is ʼn Windturbine?

ʼn Windturbine is ʼn draaiende toestel wat energie vanaf die wind onttrek. Indien hierdie tipe meganiese

energie direk gebruik word vir die pomp van water, om hout te saag of om stene te vergruis, word die

toestel ʼn windmeul genoem. Indien die meganiese energie na elektrisiteit omgeskakel word, word dit ʼn

windturbine genoem.

Windturbines kan op ʼn horisontale of vertikale as roteer. Die turbines wat vir windplase of die

kommersiële opwekking van elektrisiteit gebruik word, roteer gewoonlik op ’n horisontale as, het drie

blaaie (lemme) en word deur rekenaar-beheerde motors in dieselfde rigting as die wind gedraai. Die

punte van die blaaie kan tot 320 km/uur beweeg, en die hoë doeltreffendheid en lae wringkrag dra by tot

die betroubaarheid van hierdie kragbron. Die blaaie is gewoonlik liggrys en kan 20 – 50 m (of langer)

wees. Die buisvormige staaltorings is 60 – 100 m hoog. Die blaaie roteer teen 10 – 22 omwentelings per

minuut. Die ratkas word gewoonlik gebruik om die spoed van die kragopwekker te verhoog. Sommige

modelle werk teen ʼn konstante spoed, maar meer krag kan opgewek word deur turbines met ʼn

veranderlike spoed. Alle turbines word toegerus met beskermende eienskappe om skade tydens hoë

windspoedtoestande te voorkom – dit beskik naamlik oor die vermoë om die blaaie na die wind toe te

draai en dus die rotasie daarvan te staak, en ʼn gepaardgaande remstelsel.

Windturbines met horisontale asse se hoof-rotoras en kragopwekker is in ʼn gondel aan die bokant van

die toring geleë. Konvensionele windturbines met horisontale asse kan in die volgende drie komponente

verdeel word.

• Die rotor-komponent, wat die blaaie insluit wat windenergie na lae-spoed roterende energie

omskakel.

3

• Die opwekkingskomponent, wat die kragopwekker en beheer-elektronika insluit, en waarskynlik

ook ʼn ratkaskomponent vir die omskakeling van lae-spoed inkomende rotasie na ʼn hoëspoed

rotasie wat geskik is vir die opwekking van elektrisiteit.

• Die strukturele ondersteuningskomponent, wat die toring en die rotor-slingermeganisme (wat die

rotor in dieselfde rigting as die wind draai) insluit.

(bron http://en.wikipedia.org/wiki/Wind_turbine (afgelaai op 15/11/2010))

Figuur 4 Tipiese komponente van ʼn windturbine met ʼn horisontale as

(Bron: http://gepower.com/prod_serv/products/wind_turbines/en/15mw/index.htm)

Figuur 5: Windturbine in die proses van oprigting (bron http://www.windpowerninja.com/wind-powergovernment-industry-news/massive-opportunity-for-wind-turbine-production-in-us-66460/)

4

Figuur 6: Klein windplaas naby Caen, Frankryk

(bron http://commons.wikimedia.org/wiki/File:%C3%89oliennes_Caen.jpg)

Die finale ontwerp vir die fondasie van die turbines hang af van ʼn geotegniese ondersoek, maar die

fondasies vir hierdie beoogde projek sal waarskynlik uit bewapende beton bestaan. Die fondasie sal

ongeveer 20 m x 20 m, en gemiddeld 3 m diep wees. Die fondasie sal in situ gegooi word en opgevul

word met bogrond sodat die plantegroei rondom die staaltoring (6 m in omtrek) weer kan teruggroei.

ʼn Waterdigte beton- of teeroppervlakte (20 m x 6 m) vir ʼn hyskraan sal langs elke turbine gebou word,

asook ʼn toegangspad van 6 m wyd na elke toring.

Regsverpligtinge

Die Regulasies vir ʼn Omgewingsinvloedbepaling (OIB) (Regulasies 544, 545 en 546) wat afgekondig is

kragtens die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (WNOB) (Nr. 107 van 1998) (soos gewysig),

identifiseer sekere bedrywighede wat ʼn “betekenisvolle nadelige invloed op die omgewing mag hê”.

Hierdie gelyste bedrywighede vereis ʼn omgewingsmagtiging van die bevoegde omgewingsowerheid,

naamlik die Departement van Omgewingsake (DOS) voordat daar met die projek begin mag word.

Die beoogde projek het ʼn aantal gelyste bedrywighede in terme van die WNOB tot gevolg, en vereis

gevolglik ʼn omgewingsmagtiging van die DOS. Die volgende bedrywighede is in terme van die WNOB,

Goewermentskennisgewing (GK) Nr. 544, 545 en 546, Junie 2010, gelys:

GK Nr. Nr. Gelyste bedrywigheid

Nr. 544, 18 Junie 10 Die totale kapasiteit van die windenergie-aanleg beloop 30 MW.

2010

reggestel)

(soos

Nr. 545, 18 Junie 1 Twee oorhoofse kragdrade van 66kV sal opgerig moet word om aan te sluit

2010 (soos by die ESKOM-netwerk (i.e. by die Gouda substasie). Die terrein is buite ʼn

reggestel)

stedelike gebied geleë.

Nr. 546, 18 Junie 4 Nuwe toegangsroetes moet gebou word om toegang na die terrein en elke

2010

reggestel)

(soos turbine te verleen. Die terrein is buite ʼn stedelike gebied geleë.

5

Nr. 546, 18 Junie

2010 (soos

reggestel)

Nr. 546, 18 Junie

2010 (soos

reggestel)

12 Dit mag nodig wees om plantegroei te verwyder vanaf daardie dele op

terrein waar paaie gebou en die turbines opgerig moet word.

13 Dit mag nodig wees om plantegroei te verwyder vanaf daardie dele op

terrein waar paaie gebou en die turbines opgerig moet word.

Die beoogde projek is dus onderhewig aan die indiening van ʼn Omvangbepalingsverslag en ʼn OIBverslag

(OIBV), soos uiteengesit in Artikels 28 en 31 van Regulasie 543.

Aurecon, as ʼn onafhanklike konsultant, is aangestel om die nodige OIB-proses namens iNca uit te voer.

OIB-proses

Die OIB-proses bestaan uit ʼn Aanvangsfase, ʼn Omvangbepalingsfase en ʼn OIB-fase (verwys na Figuur

7). Die doel van die Omvangbepalingsfase is om moontlike positiewe en negatiewe impakte (beide

maatskaplik en biofisies) wat die beoogde projek tot gevolg mag hê te identifiseer en te beskryf, en om te

bepaal watter lewensvatbare alternatiewe meer omvattend in die OIB-fase ondersoek sal word.

Die doel van die OIB-fase is om daardie alternatiewe en impakte wat tydens die Omvangsbepaling

geïdentifiseer is, verder te ondersoek en te evalueer. Indien die DOS die Omvangbepalingsverslag en

die Studieplan na afloop van die Omvangbepalingsfase goedkeur, kan daar met die OIB-proses begin

word.

Moontlike omgewingsimpakte wat die projek tot gevolg mag hê

ʼn Aantal moontlike positiewe en negatiewe impakte wat die beoogde projek op die biofisiese en sosioekonomiese

omgewing mag hê, is geïdentifiseer. Dit sluit in:

• Biofisies:

o Impak op fauna (wat avifauna en vlermuise insluit);

o Impak op flora; en

o Impak op varswater-ekosisteme.

• Sosio-ekonomies

o Impak op die plaaslike ekonomie en maatskaplike omgewing;

o Impak op erfenishulpbronne (paleontologie ingesluit);

o Impak op visuele estetika;

o Impak op kragopwekking;

o Impak van die verlies aan landbougrond;

o Impak op omliggende grondgebruike; en

o Impak van geraasvlakke.

Hierdie moontlike impakte sal meer volledig tydens die Omvangbepalingsfase ondersoek word,

waartydens daar bepaal sal word of bykomende deskundige inligting nodig sal wees om die moontlike

impakte tydens die OIB-fase te evalueer.

6

Ons is

hier

Figuur 7: Die OIB-proses

7

Hoe jy betrokke kan raak

U is as ʼn moontlike Belanghebbende en/of Geaffekteerde Party (B&GP) tot hierdie projek geïdentifiseer,

hetsy omdat u ʼn geaffekteerde organisasie verteenwoordig of omdat u naby die beoogde projek

woonagtig is. Openbare deelname is ʼn sleutelkomponent van hierdie omgewingsproses en sal op

verskeie stadiums van die projek plaasvind. Die proses sal die volgende stappe insluit:

• Advertering van die projek in koerante;

• Verspreiding van hierdie AID aan alle geïdentifiseerde belanghebbendes;

• Beskikbaarstelling van die Konsep Omvangbepalingsverslag in die openbare biblioteke te Gouda

en Riebeek-Kasteel en op Aurecon en iNca se webblaaie (www.aurecongroup.com en

www.inca-energy.com). Die publiek sal ingelig word dat die Konsep Omvangbepalingsverslag

vir ʼn tydperk van 40 dae ter insae beskikbaar is vir die deurgaan daarvan en om kommentaar

daarop te lewer;

• Finalisering van die Omvangbepalingsverslag, met inagneming van die kommentaar wat vanaf

B&GPe, sleutelrolspelers en betrokke staatsorgane ontvang is;

• Beskikbaarstelling van die Finale Omvangbepalingsverslag in die openbare biblioteke te Gouda

en Riebeek-Kasteel en op Aurecon en iNca se webblaaie vir ʼn kommentaartydperk van 21 dae;

• ʼn Uitnodiging aan alle B&GPe om per brief en/of e-pos kommentaar te lewer;

• Beskikbaarstelling van die Konsep OIBV in die openbare biblioteke te Gouda en Riebeek-Kasteel

en op Aurecon en iNca se webblaaie. Die publiek sal ingelig word dat die Konsep OIBV vir ʼn

tydperk van 40 dae ter insae beskikbaar is vir die deurgaan daarvan en om kommentaar daarop

te lewer;

• Finalisering van die OIBV, met inagneming van die kommentaar wat vanaf B&GPe,

sleutelrolspelers en betrokke staatsorgane ontvang is;

• Beskikbaarstelling van die Finale OIBV in die openbare biblioteke te Gouda en Riebeek-Kasteel

en op Aurecon en iNca se webblaaie vir ʼn kommentaartydperk van 21 dae;

• Indiening van die Finale OIBV aan die DOS sodat hulle ʼn ingeligte besluit oor die beoogde projek

kan neem;

• Advertering van die Omgewingsmagtiging wat deur die DOS uitgereik is, en dat die publiek

daarteen mag appelleer.

Alle geskrewe korrespondensie sal in Engels en Afrikaans beskikbaar wees. Neem asseblief kennis dat

die verslae self slegs in Engels voorgeberei word.

Jou verantwoordelikheid as ʼn B&GP

Artikel 56 van Regulasie Nr. 543, omskryf die verantwoordelikheid van ʼn B&GP as volg:

a) Kommentaar moet binne die goedgekeurde tydsraamwerke ingedien word, of binne enige

uitgestelde tydsraamwerk wat deur die applikant of Omgewingsbeoordelingspraktisyn (OBP)

goedgekeur is;

b) Indien kommentaar direk by die Departement van Omgewingsake ingedien word, moet ʼn afskrif

daarvan aan die OBP gestuur word; en

c) ʼn B&GP moet enige direkte sake-, finansiële, persoonlike of ander belang by die goedkeuring of

afkeuring van die aansoek openbaar maak.

8

Pad vorentoe

Na die voltooiing van die Konsep Omvangbepalingsverslag, sal dit beskikbaar gestel word by die

openbare biblioteke te Gouda en Riebeek-Kasteel en op Aurecon en iNca se webblaaie. Geregistreerde

B&GPe sal van die indiening hiervan in kennis gestel word en 40 dae geleentheid hê om op die verslag

kommentaar te lewer.

Indien u enige aanvanklike kwessies of bekommernisse oor die beoogde projek wil opper, of as ʼn B&GP

wil registreer, word u versoek om voor Mei 11 2011 in verbinding te tree met die Kantoor van Openbare

Deelname (inligting hieronder).

Kantoor vir Openbare Deelname

Nicole Petersen / Nicole Holland

Tel: (021) 481 2501

Faks: (021) 424 5588

E-pos: nicole.petersen@aurecongroup.com

nicole.holland@aurecongroup.com

Aurecon

Posbus 494 Kaapstad 8000

Lys van afkortings

AID Agtergrond-inligtingsdokument

B&GP Belanghebbende en Geaffekteerde Party

DOS Departement van Omgewingsake

GK Goewermentskennisgewing

MW Megawatt

OIB Omgewingsinvloedbepaling

OIBV Omgewingsinvloedbepalingsverslag

WNOB Wet op Nasionale Omgewingsbestuur

9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!