02.05.2013 Views

Kliek hier vir die 2012 joernaal - SA Stamboek

Kliek hier vir die 2012 joernaal - SA Stamboek

Kliek hier vir die 2012 joernaal - SA Stamboek

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

dormer 2012

32

mnr IL Ferreira (oom Leep), bekende

Veekundige en Boumeester van

die Dormerras is op 23 November

2011 in die ouderdom van 89 jaar oorlede.

Oom Leep het die graad B.Agric in 1944 aan die Universiteit

van Stellenbosch behaal. Hy het in 1945 by die Elsenburg

Lanboukollege begin waar hy gemoeid was met navorsing,

bedryfsvoorligting en seleksie en teling van Percheron perde,

Fries- en Jerseybeeste, asook verskillende skaaprasse. Hy het

landwyd bekendheid verwerf as keurder van die rasse.

In 1968 is hy aangestel as verantwoordelike beampte op die

Outeniekwa proefplaas by George. Hy het ‘n aantal Dormers

uit die Elsenburgstoet met hom saamgeneem om daar die

Outeniekwa Dormerstoet te begin en daardeur die Dormerras

in daardie deel van ons land bekend gestel.

Die eerste Dormerveiling van die Elsenburgstoet het in 1947

plaasgevind en daarna jaarliks, behalwe in 1969 toe al die

Dormers vir ‘n proef nodig was. Die gemiddelde verkoopprys

op die eerste veiling was R15-00 gemiddeld vir ramme. Diere

van die Outeniekwa Stoet is ook op hierdie veilings aangebied

(kenmerkletter O).

In 1971 is oom Leep as hoof opleidingsbeampte by Elsenburg

Landboukollege aangestel. Met sy intense belangstelling,

besondere kennis en praktiese aanvoeling sou hy vir nog ‘n

verdere 10 jaar die Elsenburg kuddes tot groot hoogtes lei. Hy

het sy kennis gedeel met boere van die Winterreënstreek waar

hy gereeld as beoordelaar van verskeie rasse opgetree het by

skoue, as adviseur by veilings en as kursusleier by kort kursusse.

Dormers se

“Boumeester”

oorlede

– erika hanekom

Onder sy leiding het die Elsenburgkuddes ook dikwels aan

plaaslike skoue deelgeneem.

‘n Heel besondere en welverdiende eer het hom in 1981

te beurt geval toe hy ‘n silwer medalje van SA Stamboek

ontvang het ter erkenning van buitengewone prestasie op

die gebied van diereproduksie, maar veral vir sy jarelange

aandeel in die ontwikkeling van die Dormerras. Na sy

aftrede het hy hom in Stellenbosch gevestig. Hy het egter

sy belangstelling in die Dormerras, maar ook ander rasse

behou en is hy in sy privaat hoedanigheid steeds betrek deur

die Universiteit van Stellenbosch, boere en ander instansies.

Ons Dormertelers is bevoorreg dat so ‘n toegewyde, beskeie

persoon die “bouer” van ons ras kon wees. Hy was lid van die

eerste bestuur van die Dormer Skaaptelersgenootskap wat op

19 Oktober 1965 gekies is. Hy het ook vanaf 1967 tot 1973

as Sekretaris op die Dormerraad gedien en was een van die

drie raadslede wat samesprekings met SA Stamboek gevoer

het om die Dormer as ras te laat registreer, wat wel in 1975

gebeur het.

Met groot liefde en toewyding het hy die ontwikkeling

en bevordering van die Dormerras sy erns gemaak. Baie

studente en boere kon die voorreg smaak om deur hom

onderrig te word in ras eienskappe en beoordeling en ons

het hierdie kursusse herhaaldelik bygewoon al het ons

vantevore geslaag. Dit was ook vir my ‘n besondere voorreg

om vir etlike jare tot sy aftrede en ook daarna saam met hom

Dormer kursusse te kon aanbied.

Ons is dankbaar en trots dat deur oom Leep se bydrae

die Dormerras tot een van die gewildste vleisrasse in SA

ontwikkel het. Ons eer sy nagedagtenis en sal voortbou op

dit wat vir ons nagelaat is.

TOP 3

D O R M E R S

Andrew Jordaan & Seuns

SPEKBOOMBERG • POSBUS 438 • CRADOCK • 5880

Ons missie

in ons stoetery is om ramme te teel met goeie

balans, goeie bouvorm en hoë vrugbaarheid.

Ons visie

is om teelmateriaal

aan stoet-en kudde

boere te voorsien wat

ekonomies doeltreffende

vleisproduksie kan

bevorder.

ANDREW JORDAAN 082 8555 604

andrewjnr@r63.co.za | www.andrewjordaanenseuns.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!