STELLENBOSCH MOEDERGEMEENTE - Moederkerk
STELLENBOSCH MOEDERGEMEENTE - Moederkerk
STELLENBOSCH MOEDERGEMEENTE - Moederkerk
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
STELLENBOSCH MOEDERGEMEENTE

MUSEUM-onder-die-ORREL

en

ARGIEF-op-die-GALERY

INWYDINGSFUNKSIE

14 Maart 2012
Uitnodigings is gestuur aan : Persone betrokke by Historiese Bediening en Toeriste Bediening

Medewerkers by die vervaardiging van die nuwe video oor Moederkerk se Geskiedenis.

Persone betrokke by die inrigting van beide die Museum en die Argief.

Persone wat ‘n belangstelling in algemene erfenis-sake het.

Hierdie berig in die Gemeentebulletin was gerig aan alle lidmate in die gemeente om almal bewus te maak van die Museum.
INLEIDENDE PRAATJIE

Johan Krige – Historiese Bediening

Gedurende 1999 was ons in hierdie gemeente besig

met die laaste fase van die groot restourasie van die

kerkgebou. Een van die laaste plekke om op te knap

was die pakkamer onder die orrel. Dit was propvol

papiere en houers – sommige nogal van historiese

belang. Die betrokke persone het begin wonder :

Wat word van al hierdie goed ?

Dié vraag is beantwoord deur die stigting van die

Historiese Bediening van Moedergemeente.

Parallel hiermee het ‘n ander groep lidmate die

behoefte raakgesien om volgens vaste ure die

kerkgebou oop te sluit en om besoekers aan die

gebou te verwelkom en te begelei. So het die

Toeriste Bediening tot stand gekom.

Beide hierdie aksies het rigting en motivering gegee vir

die opbou van die Museum en later van die Argief.

Die volgende vraag was natuurlik : waar en hoe ?

Die waar het gou duidelik geword : onder die orrel

was ‘n pakkamer en hierdie ruimte was pas leeg

gemaak. Verder, die destydse koster Charl Möller was ‘n

aktiewe lid van ons Historiese Bediening en nadat

ons toestemming gekry het, het hy as bouer ingeklim

en kort voor lank is ‘n bruikbare ruimte geskep.

Johan Krige

Christo Viljoen praat oor die nuwe video
INRIGTING van die MUSEUM

Die eerste stap was die inhoud van die pakkamer.

Ons het ‘n groot staal houer op die parkeerplek

agter Kerkhuis getrek en talle kruiwavragte vol

goed daarheen karwei. Vanuit hierdie houer het

ons stelselmatig alles sorteer :

rommel tot waardevolle dokumente : kaf tot korrels.

Dit was geen maklike taak nie. Tog was dit die

nederige begin van ‘n veel groter projek !

Aanvanklik is die korrels weer in temas verdeel

en in ‘n spesiale kantoor bo in Kerkhuis geberg.

Hier onder die rietdak van die gebou het die

gemeente se dokumentêre erfenis onrustig gewag.

Intussen het die beplanning in die vertrek onder die

orrel begin koers kry. ‘n Museum was in wording !

Dit was makliker gesê as gedoen. Ons het bitter min

plek en wat weet ons nou eintlik van museum-inrigting.

Tog het idees opgeduik en is idees uitgevoer. Tekste

word geskryf, grafiese ontwerpers help, skrynwerkers

bou kaste en die raammakers voltooi die proses.

Die een muurpaneel na die ander kry sy beslag en

voorwerpe word deur persone en instansies geskenk.

Medewerkers: Philip (Toeriste) Anne en Natalie (Vertaling)

Christo (Video) Johan en Ode ( Histories)

Gaste
Maar Rome was nie in een dag gebou nie.

So ook beslis nie die Museum nie !

Tyd en fondse was dikwels remskoene. En ‘n

museum is eintlik ook nie regtig staties nie.

Daar kom steeds nuwe idees en voorwerpe en dan

word daar weer iets bygevoeg. Enkele dae voor

die inwyding is nog twee nuwe panele bygevoeg !

TWEE NUWE PANELE

[a] Ons Gemeente / Our Congregation ….

Dit is ‘n uiteensetting in vier tale van wat ons

gemeente eintlik is : Nederduits Gereformeerd.

Uit gesprekke wat die toeriste voer, het ons besef

dat hierdie basiese inligting ontbreek. Die tipiese

toeris is eintlik nie regtig voorbereid vir ‘n besoek

aan ons kerkgebou nie.

[b] MB x MB : Meent Borcherds x Mewes Bakker

Twee jaar gelede het twee Nederlandse geesgenote

aan ons twee publikasies besorg. Die een was ‘n

doktorale tesis oor Meent Borcherds en die ander

‘n publikasie oor Mewis Bakker se Dagboek.

Tydens ‘n vakansie in die Drakensberge het ons

hierdie twee boeke gelees en begin analiseer.

‘n Merkwaardige verhaal het hom ontvou oor

twee tydgenote : een uit Oos-Friesland en die

Gaste

Die tafels is gedek
ander uit die westelike dele van Friesland.

Met twee totaal verskillende agtergronde het

beide ‘n geestelike roeping wat hulle op twee

radikaal verskillende wyses tot uitvoer bring.

Meent Borcherds uit Jemgem met ‘n Pruisiese

benadering tot geestelike bediening en dan

Mewis Bakker uit Makkum met ‘n benadering van

medemenslike versorging en geestelike bediening.

Twee kante van dieselfde munt.

In Stellenbosch werk hulle langs mekaar : een onder

die blanke inwoners en die ander onder die slawe.

En vandag kyk ons rondom ons en ons sien beide se

nalatenskap in ons dorp. Miskien is dit juis nou

gepas dat hierdie twee merkwaardige persone saam

in Moederkerk se Museum erkenning ontvang.

VERSAMELSTUKKE

In die Museum is ook ‘n regte Staatebybel [1729]

Graag wil ons dit gebruik as illustrasie van die

proses betrokke by vele van die museumstukke !

Die Van Dyk-familie uit Vlaandere was die

eerste eienaars van hierdie spesifieke Bybel.

Hulle het op die perseel langs ABSA in

Pleinstraat gewoon en dis hier waar die Bybel

twee keer deur ‘n brand bedreig en uiteindelik

erg deur die brandweer beskadig is.

Diverse Gesprekke

Gesellige Gedagtes
Die Bybel is telkens aan die oudste dogter in die

gesin oorgedra en het na sewe geslagte in die besit

van Tant Gerda van Niekerk van Azaleahof gekom.

– sy sou graag hier as 100-jarige wou gewees het !

Haar dogter Marianne Kritzinger het dit aan

die Museum geskenk. Nou wat gebeur vervolgens ?

Die Bybel is deur ‘n afgetrede chirurg in

Kaapstad gerestoureer – dr Ortwin Bock.

Die uitstalkas, perspex staander en die beligting is

deur ‘n skrynwerker gemaak - Danny Daniels.

Die muurpaneel agter en langs die Bybel word

deur ‘n grafiese ontwerper behartig.

Die panele word dan geraam en gehang - Angus.

Al hierdie persone hierbo genoem is vandag gaste

by hierdie inwydingsfunksie.

So is daar ‘n verhaal oor elke voorwerp ….

* Gert-Jan Buitink van Nederland en sy geskenk

van ‘n Datheen-boekie amper uit die Middeleeue

* Die dakteëls uit Wallis van 1863

* Die familie-ruite van 1723 uit Amstedam

* Oor Pierre Simond se Psalmberyming van 1704

* Oor André Hugo se navorsing in 1963 !

Krige & Koornhof & Krige

Gesellige Gedagtes
DIE ARGIEF-op-die-GALERY

Die Argief het eers baie onlangs tot stand gekom.

Ook hiervoor het ons plek gesoek en nie gevind

nie totdat Hannes die Kerkraad se BK oorreed

het om ons die noordelike galery aan te bied.

‘n Beter plek kon ons nie voor gewens het nie,

want dit skakel nou pragtig aan by die aksies van

die Toeriste Bediening se gidse onder in die portaal.

Die Argief bevat meestal dokumente wat ons

uit die staalhouer gered en ge-orden het. Daar is

boekkaste met lêers, daar is foto’s en stokou

briewe aan die mure en daar is houers met notas

en bylaes van André Hugo wat hy vir sy reuse

boek oor Die Kerk van Stellenbosch (1686—1963)

saamgestel het en wat in 1963 gepubliseer is.

Daar is ook ‘n planne-kabinet met planne van

kerkgeboue en kaarte en pragtige ou tekeninge

deur argitekte van verskillende kerkbou projekte.

In die Argief is eintlik geleentheid vir iemand om

navorsing vir ‘n MA-tesis te kom doen.

BEDANKINGS

Maar ek het nog een saak op die hart : Bedankings !

Ode – my metgesel oor baie jare van betrokkenheid

by hierdie gemeente [34 jaar]. Ons familie is bykans
en daarom sal u begryp dat dit eintlik maar ook ons

eie geskiedenis is.

Robbie – sy denke en idees, sy toewyding met die

elektroniese hulpmiddele en houtwerk op vele plekke.

En ook vir sy vrou Anne wat hom aan ons geleen het.

Lede van Historiese Bediening – ons dinkskrum –

Marina, Ockert, Nico, Hannes, Lukas.

Lede van Toeriste Bediening onder leiding van

Hannes Theron en meer onlangs nou Philip de Bruin

wat beide met groot toewyding hierdie saak gelei het.

Ook dankie vir fondse wat hulle oor die jare aan ons

voorsien het. Ons het nog nooit nodig gehad om van

gemeentefondse gebruik gemaak nie.

Christo Viljoen [swaer] - wat onlangs ook lidmaat

van hierdie gemeente geword het en somaar dadelik

sy merk gemaak het met hierdie video-produksie.

Saam met hom was daar ‘n span vertalers betrokke.

Dis somaar ‘n groot aanwins vir ons Bedieninge.

Dan is daar ons tegniese medewerkers : Carina grafies,

Danny en sy broer Ernest Daniels, Angus Adonis…,

‘n Laaste woordjie gaan aan oorlede Charl Möller.

Hy sou ook graag vanaand hier wou gewees het !

In ons Notuleboek is daar ‘n mooi foto van hom !

Daarmee is genoeg gesê. Nou vir gaan kyk !

Baie dankie !
Kommentare:

“Beste Johan

Uit die aard van die saak is die argief deel van ons gemeente en vir my van sentrale belang en

het ek hoë waardering vir die professionele wyse waarop dit gedoen word. ‘n Gemeente met

so ‘n geskiedenis en so ‘n atmosfeer moet sy verlede deeglik en aanskoulik bewaar wat die

gemeente ook doen en waarop almal trots is. Kyk maar net hoe besoekers reageer as hulle die

historiese atmosfeer beleef wat nie deur skerms en lugreëlaars in die kerk bederf word nie!

Baie dankie vir die komitee se uitstekende werk.

Vriendelike groete

Pieter Kapp”

“Hallo Johan en Ode Krige

Ek het die geleentheid baie geniet , maar omdat ek land en sand met Joan en Neil Krige gesels

het , was daar tyd vir slegs ʼn vlugtige besoek aan die museum ; ek sal weer ʼn draai daar moet

maak ,MAAR , van wat ek gesien het , moet ek julle gelukwens – dit is die gevolg van

ure se dink en harde werk !

Met groete en beste wense

Ortwin Bock”

“Beste Johan en Ode

Eerstens wil ek julle bedank vir ’n uiters aangename aand en julle ook gelukwens met die

puik organisasie van die geleentheid. Ek glo dat elkeen wat teenwoordig was dit net soveel

soos ek geniet en waardeer het. Dankie dat ek dit saam met al die vriende kon bywoon.

In reaksie op die vrae in julle brief kan ek met oortuiging sê dat die tema van bewaring beslis

’n plek binne ’n kerklike gemeente het, en in die besonder in die geval van ’n gemeente soos

Moedergemeente met so ’n ryk historiese agtergrond. Sowel die argief as die museum vertel

iets van die verhaal van die gemeente oor die afgelope meer as 300 jaar. Veral waar die

Moederkerk soveel besoekers van oor die wêreld heen ontvang, sal sowel die argief as die

museum help om hulle ’n kykie te gee op wat die gemeente en die N.G. Kerk die afgelope

eeue hier bereik en tot stand gebring het. Ek ondersteun ook julle idee om te konsentreer op

argivalia en voorwerpe wat met die gemeente verband hou en wat nie noodwendig in die

Kerkargief tereg sal kom nie.

Baie sterkte met die verdere uitbouing van die projek. Ek sal dit beslis met belangstelling

dophou.

Vriendelike groete

Con de Wet.”
B Y L A E

Die inwyding van die Museum en die Argief op 14 Maart 2012

was die formele afsluiting van al die voorbereidings van ‘n idee.

In die volgende bladsye word die breë verhaal agter die totstandkoming van die Museum en Argief vertel.

Daar is ook ‘n uiteensetting van die ontstaan van die onderskeie muurpanele en uitstalkaste in die Museum.

Hierdie dokumentasie is bedoel vir die toekomstige geslagte in die gemeente. Wanneer hulle eendag die

Museum en Argief sou besoek en hierdie bundel daar aantref, dan sal hulle hopelik ‘n denkbeeld kan vorm

van hoe gewone lidmate in die verlede oor die geskiedenis van hierdie gemeente gevoel het en opgetree het.

Beweeg rustig deur hierdie bladsye en reis deur die verlede saam met mense

wat hierdie versameling van die voortyd ‘n gestalte probeer gee het.

Johan Krige

Historiese Bediening

April 2012
OORSPRONG

Sedert die aanbou van die Hager-Kerk in 1863 was daar ‘n pakkamer

onder die orrel. Met die groot restourasie van die kerkgebou in 1999

was dit nodig om ook hierdie ruimte op te ruim. Vragte en nogmaals

vragte goed is uitgery en elders sorgvuldig deurgewerk en georden.

Korrels is van kaf geskei.

Die vraag wat ontstaan het : wat word van al die nuttige dokumente ?

Op hierdie stadium het die idee van ‘n eie museum sy ontstaan gehad.

Die volgende vraag was noodwendig : waarheen met die Museum ?

Al hierdie gebeure het dan ook gelei tot die vorming van beide die

Historiese Bediening en die Toeriste Bediening in 1999.

Voorleggings oor die herinrigting van die stoorkamer is aan die

Kerkraad voorgedra en die groen lig is verkry. Nadat die ruimte onder

die orrel leeg gemaak is, was dit ‘n chaotiese kombinasie van mure

en deure, hoeke en rakke, alles bra onbruikbaar. Sketse is gemaak

om te besluit watter mure om te behou en wat om uit te breek. Maar

eers moes ‘n struktuur-ingenieur betrek word om die belasting te

kontroleer. Gelukkig is daar oorspronklik ‘n oorvloed van houtbalke

onder die galery ingebou en dié lang drabalke het nie ondersteuning

nodig nie. Dit was ‘n genade omdat die vertikale ruimte in die vertrek

reeds tot slegs 2m beperk was.

Die destydse koster Charl Möller was ook bouer en sy bouspan het die

breekwerk en heropbou kom voltooi. Die houtbalke is geskuur en

behandel, alle mure is nuut gepleister en ‘n volvloer mat is gelê. Ook

die groot venster-openinge na die straat en die twee toegangsdeure na

die sy-portale is netjies afgewerk. Dit het ‘n relatief beperkte en hoekige

ruimte onder die orrel gelaat – ‘n reuse-uitdaging vir die volgende stap !

Historiese Bediening Stigting: 21 Julie 1999
BEPLANNING

In die vroeë beplanning is met verskeie instansies oorleg gepleeg

oor die vraag : Wie gaan die Museum besoek ?

Toeriste Bediening kon aandui dat hulle jaarliks reeds 25 000

besoekers ontvang. Dit sou in sigself ‘n sterk motivering word vir

die inrigting van die Museum. Die vloeipatroon deur die beskikbare

ruimte is dan ook ontwikkel om hierdie besoekers te lei. Die

kronologie van die uitstalling moes hierdie volgorde dus volg.

Die beplanning van detail vir die Museum het lank geduur. Dit is

hier waar Johan Krige die leiding begin neem het. Eers is alle

afmetings gemeet en op skaal uitgeteken. Dit het geleidelik

duidelik geword waar uitstalkaste sou kon inpas en waar bloot

muurpanele aangewend kon word.

Die kaste was dan ook die eerste projek. Die logiese keuse van ‘n

skrynwerker was Danny Daniels van Klapmuts. Sketse is gemaak

van dié ruimtes wat agter glas moes kom en Oregon Pine is as

materiaal gekies bloot omdat dit goed by die balke sou inpas. Die

kleiner vierkantige kassies links en regs van die groot venster-

opening het egter ‘n groter uitdaging geskep. Die groot toring-

horlosie het twee massiewe gewigte wat die vere van die uurwerk

aandryf. Elke week moet die koster die horlosie opwen, anders

sak die twee gewigte mettertyd deur die plafon van die orrelgalery

tot binne-in die ruimte van die Museum. Die voorstelling was dat

die meter-lange gewigte deur die kaswande sou kantel wanneer

hulle die vloer bereik en dan sou daar chaos in die kas ontstaan !

Die masjienkamer van die orrel is ook omgebou.‘n Muurtjie is voor

die deur opgemessel sodat die muurpaneel die opening kon bedek.
ONTWERP van PANELE

Die skep van die muurpanele was ‘n enorme uitdaging. Die temas moes eers gekies word en daarna was dit nodig

om sigbare materiaal te vind en sinvol uit te stal. Sedert Paneel 1 sy plek in 2004 gevind het, sou agt jaar

verloop totdat Paneel 4 in 2012 voltooi is. Met die skepping van elke paneel is gedink, opgelees, gesprekke

gevoer en sketse gemaak totdat ‘n konsep aan die grafiese kunstenaar gegee is. En selfs daarna is opvolggesprekke

gevoer, teks is geproeflees en inligting is weer gekontroleer.

PANEEL 1 : STELLENBOSCH in 1710.

‘n Voorstelling van Stellenbosch in 1710 net voor die groot brand. Hierdie skets deur Chris Stander - hy het dit

as jong argitek in 1962 gemaak vir die publikasie oor Moedergemeente deur A M Hugo – is op die tekening

van Vanstade van 1710 gebaseer. Op die isometriese tekening word die posisie van die huidige kerk-perseel

ook aangedui.

PANEEL 2 : TEOLOGIESE BASIS van die GEMEENTE

Hierdie vertikale paneel is die heel jongste in die Museum en is eers in 2012 gemaak. Die inligting in vier tale

is bedoel om die teologiese agtergrond van die gemeente aan buitelandse toeriste te verduidelik.

Die teks in Afrikaans deur JDK is deur medewerkers vertaal :

Duits deur Ulrich Plüddemann,

Frans deur Gawie Groenewald en

Engels deur Anne Reinecke.

Die grafiese werk is deur Carina Myburg

Raamwerk deur Angus gedoen.
PANEEL 3 : ONTWAKING

Voorstelling van die groei in die gemeente vanaf die begin tot 1980. Die basis van hierdie voorstelling in ‘n tipiese ingenieursgrafiek :

Vertikale as is die lidmaatgetal en die horisontale as is tydsverloop. Daar is gevind dat die lae groei oor die eerste 150 jaar periode teen 1850 ‘n

wending maak as daar skielik ‘n eksponensiële groeiperiode intree. Die vraag is gestel : waarom so ‘n dramatiese verandering ? Verskeie faktore

het hierin ‘n rol gespeel. Die aantal inwoners van Stellenbosch en omgewing het sterk toegeneem. Die vernaamste rede hiervoor kon egter

gevind word in sterk leiding in die gemeente. Uiteraard het alles nie oornag verander nie, maar predikante soos Borcherds en Neethling het meegehelp

om hierdie geestelike ontwaking aan te vuur. En die bou van die nuwe kerkgebou deur die argitek Hager het hierdie momentum nog

verder aangevuur.

By die latere deel van die grafiek is daar twee verdere faktore wat die statistiek sterk beinvloed het. Sedert 1900 het die aantal studente lidmate

aansienlik toegeneem en die grafiek sou heeltemal uit die raamwerk gestyg het as die aanwas nie grootliks gebalanseer was deur die afstigting

van nie minder as 11 nuwe gemeentes uit Moedergemeente nie !

In die agtergrond word drie kerkgeboue getoon : die fraaije kerkie van 1686 in die middel van die dorp, die Kruiskerk van 1723 en dan die

huidige Moederkerk van 1863. Ontwerp deur JDK, grafika deur De Beer en deur Angus geraam.

Hierdie paneel hang aan ‘n skarnier en kan weggeswaai word om toegang tot die masjienkamer te gee.
PANEEL 4 : MEENT BORCHERDS en MEWIS BAKKER

Reeds in 2007 het twee publikasies in die hande van JDK gekom :

[a] Biografiese boek oor Mewes Bakker deur Sief Veltkamp en [b] Doktorale proefskrif oor Meent Borcherds van Sief Veltkamp.

Die werklike uitvoering van hierdie projek geskied egter eers in 2012 kort voor die inwyding van die Museum. Hierdie twee lywige verhandelinge

vorm die basis van hierdie heel merkwaardige verhaal. Weens die omvang van die inligting en beeldmateriaal word die uitstalwyse

‘n groot uitdaging. Een van talle oorwegings is ‘n eiland uitstalling in die middel van die hoofvertrek met blaaie wat kan terugvou indien

daar ‘n groep besoekers sou opdaag. Die finale keuse is egter om die bestaande Borcherds-uitstalkas deels te ontruim en om die paneel in

twee gedeeltes aan te bied. Teks en beeld-materiaal deur JDK. Grafika deur Carina en raamwerk deur Angus.
PANEEL 5 : MUSIEK

Na oorweging van vele temas word besluit dat Kerkmusiek in

die NG Kerk sy wortels na Moedergemeente kon terug herlei –

of dan ten minste ‘n redelike deel daarvan. Hierdie gedagte is

mettertyd gevoed deur gesprekke met Gertjan Buitink uit

Nederland en met die plaaslike Musiek Departement van die

Universiteit asook besoeke aan die NG Kerk-Argief by die

Kweekskool. In laasgenoemde se kelderverdieping is ‘n reuse-

versameling van onbenutte kerkmusiekboeke aangetref en per

ooreenkoms is ‘n aantal eksemplare op bruikleen na die

Museum gebring vir uitstalling. ‘n Ongepubliseerde tesis oor

Kerkmusiek [Theresa van Niekerk] en besoeke aan sendingstasies

– tot sover as Mafikeng waar die LMS se historiese setel is –

het al meer substansie tot die tema gevoeg. Met dit alles op die

tafel het ‘n raamwerk geleidelik gestalte begin aanneem :

Formele Psalms + Informele Gesange + Geestelike Liedere.

Hierdie indeling vorm die basis van die uitstalling.

Tipiese voorbeelde van liedere bundels is in drie vertikale bane

parallel aan mekaar opgestapel en bo-aan die uitstalling pryk die

huidige Liedboek waarin elemente van al drie bane opgeneem is.

Die ware juweel in die versameling is ‘n Nederlandse Datheen

Psalm-boekie uit 1723 wat deur Gertjan Buitink geskenk is.

Hy was ‘n versamelaar van kerkbundels en het 200 verskillende

uitgawes van Suid-Afrikaanse oorsprong bymekaar gebring.

Veral verstommend is die aantal wat deur die verskillende

Sendinggenootskappe in Nederlands /Afrikaans gepubliseer is !
Die samestelling van die paneel is vergemaklik deur die feit dat

eers Borcherds as predikant ‘n positiewe bydrae tot kerkmusiek

gelewer het en dat orreliste soos Jannasch en Cillié op ‘n veel

breër basis ook bydraes tot die plaaslike kerkmusiek gemaak het.

Oorspronklike koorboeke uit die beginjare van Kerkmusiek in

Suid-Afrika kon opgespoor en in die uitstalling gebruik word.

Aan die sykante van hierdie uitstalkas is twee kleiner panele

ook met Musiek in Moedergemeente as tema :

Regs : Pierre Simond, die Hugenote predikant aan die Kaap

tussen 1692 en 1704 en ook aflos-leraar van Moedergemeente

het tydens sy verblyf ‘n boekie saamgestel met nuwe Franse

berymings van ‘n vyftigtal psalms. Op een van sy talle besoeke

aan Stellenbosch kom soek Gertjan Buitink ‘n kopie van hierdie

boekie in die Kaap – maar sonder sukses. Vele jare later spoor

hy wel een op – die enigste oorblywende kopie—in St Petersburg.

Links : ‘n huldeblyk aan die Serfontein-egpaar, ‘n predikant

van Moedergemeente met ‘n groot betrokkenheid by Musiek.

Sy eggenote Otti was ‘n aktiewe koorleidster in Stellenbosch.

Teks en uitleg van JDK, grafika De Beer en raamwerk Angus.

Nota : Onder die skuins rakkie op die vloer is ‘n kassie waarin

sekere duplikaat bundels gestoor word.
PANEEL 6 : SILWERWARE UITSTALKAS

Hierdie klein hoekkassie bevat slegs twee items :

BO :

Die oorspronklike kaart en transport van die groot

perseel in die middel van die historiese dorp nadat

die kerkperseel onderverdeel is. Hierdie dokument

is aan die Museum deur Willem Lubbe geskenk.

ONDER :

Enkele items van silwer wat in die kerkkantoor

gebruik was. Heel links staan die stempel wat ‘n

palmboom afgedruk het met ‘n voorbeeld in waks.

Daar is nog ander silwerware in die gemeente se

besit en foto’s daarvan word in uitstalkas 2 getoon.

By doopplegtighede word die groot doopvont

steeds gebruik. Dit kom ook nog uit die ou 1723

Kruiskerk en is in Amsterdam gemaak.
PANEEL 7 : STAATEN-GENERAAL BYBEL

By die Kweekskool was ‘n wye verskeidenheid van ou

Bybels waaruit ons een kon kies, maar daar was geen

verband met Moedergemeente nie. In ‘n gesprek hieroor

met ‘n lidmaat van die gemeente Gerda van Niekerk het

sy laat blyk dat hulle ‘n ou Bybel van 1723 in die familie

het en dat hulle dit in bruikleen aan die Museum sal oordra.

Die volgende stap was om die Bybel te laat restoureer.

‘n Afgetrede chirurg in Kaapstad dr Bock was bereid om

dit te doen. Die massiewe buiteblad is van ou skeepshout

gemaak en alles word oordeelkundig herstel. ‘n Staander

uit Perspex word gemaak sodat die Bybel in ‘n oop-

posisie kan lê. Teks oor die geskiedenis van die Bybel en

oor die generasies wat dit geerf het, word teen die wande

van die uitstalkas aangebring terwyl die familiewapens

van al die eienaars op die basis ten toon gestel word.

Marianne Kritzinger

Gerda van Niekerk en

Ode Krige
PANEEL 8 : BOUPROJEKTE

Hierdie kommissie van die kerkraad is in 1994 in die lewe

geroep. As eerste projek is die herstel van die Hofmeyrsaal aan

hulle opgedra. Maar vele ander projekte sou daarop volg :

[a] Restourasie van die kerkgebou en infrastruktuur in drie fases

[b] Herinrigting van Kerkhuis en die skep van die onthaalarea

[c] Herinrigting van die Hofmeyrsaal en aanbou van Foyer

[d] Herbeplanning van die areas rondom die kerkgebou.

[e] Oprigting van nissies-strukture agter op die kerkperseel.

[f] Ontwerp en installering van vyf Leo Theron kerkvensters.

Hierdie kommissie is in 2008 ontbind.

Die spiraal op die paneel toon aan hoe die Bouprojekte span

van een projek na die volgende beweeg het. Om bouwerk op ‘n

historiese terrein en aan historiese geboue te doen, was geen

maklike taak nie en dikwels was die wysheid van Salomo nodig.

Die leiding is deurgaans deur Johan Krige as ingenieur geneem

en hy is bygestaan deur Charl Möller as koster maar ook as

bouer.

In die uitstalling is enkele items wat nog uit die Hager-tyd kom.

Veral mooi is die drie teengewigte vir die hanglampe wat onder

die orrel uitgehaal was tydens die opruiming. Ook van belang

is die voorbeelde van dakmateriaal wat deur al die fases van

die kerkgebou gebruik is.
PANEEL 9 : ARGITEK HAGER

Regs en aangrensend van Bouprojekte is ‘n hoekkassie wat

die argitek Carl Otto Hager uit Duitsland se betrokkenheid

by die Moederkerk uitbeeld. Hierdie Neo-Gotiese gebou was

sy eerste groot kerkopdrag en sou hom help vestig as een

van die belangrikste argitekte in kerkbou in Suid-Afrika.

Hager se heel eerste bouwerk was egter die Krige Grafkelder

wat direk agter die Moederkerk staan. Hierdie voorloper

van sy Neo-Gotiese boustyl is in 1845 in opdrag van die

familie voltooi.

Hager sit voor in die middel omring deur Skotse boului
PANEEL 10 : BEDIENINGE

Hierdie finale paneel wil die fokus vanaf die verlede

omkeer tot in die hede – die eerste dekade van 2000.

As ‘n buitelandse toeris by die Museum uitstap, moet

sy laaste indruk wees : hierdie gemeente gaan voort!

Met die oplewing in hierdie gemeente vanaf die middel

1990’s toe besluit is om ‘n sendeling uit te stuur, is nuwe

energie in die gemeente self losgelaat en verskeie

bedienings het spontaan ontstaan. Hierdie paneel is ‘n

voorstelling van die diversiteit van sulke aksies.

Die gemeente se leuse is ‘n Rivier van Lewende Water.

Dit is dan ook die sentrale tema van die paneel. Hierdie

aksies word moontlik gemaak deur die twee hoekstene :

Versorging en Toerusting.

Maar die detail van panele bied hulself nie sommer aan nie.

As voorbeeld : die simbool bo-aan die driehoek het baie

nadenke en raadpleging geverg. Hierna word een brief aan

‘n vorige leraar van die gemeente ingesluit waarin advies

oor dié simbool ingewin word. Daar is na talle Christelike

simbole gekyk en uiteindelik is op die Lam besluit.
Notas oor Paneel 10

Elke paneel in die Museum en Argief is rondom ‘n tema opgebou.

Hiernaas is ‘n vroeë skets van Bedieninge met die kassies as basis.

‘n Foto van die Eersterivier het die spitsvormige middelste gedeelte van die paneel gekry. Aan die bopunt hiervan moes dan ‘n Christelike simbool

kom wat vir alle denominasies herkenbaar sou wees. In ‘n brief verduidelik JDK sy simboliek aan ‘n vorige predikant van Moedergemeente

- Dr Clifford Heys. As antwoord stuur Clifford vir hom ‘n skema van die kerlike jaar met Paasfees as die toppunt en daarmee kom die

Paaslam as simbool na vore. Die keuse word duidelik ! Nog vele gesprekke en briewe sou volg oor die teks vir Versorging en vir Toerusting.

Om uiteindelik die verskeidenheid Bedieninge te kies, was eweneens is marathon-wedloop.
GEDEELTE voor VENSTERS

TAFEL

Die halfronde tafel kom uit die konsistorie van ouds. Dit dien as staanplek vir die

rekenaar met die nuwe video-apparaat. Tans is die video oor Moedergemeente se

geskiedenis daarop gelaai en kan deur toeriste en gidse gebruik word. Toevoegings

hiertoe kan moontlik in die toekoms gemaak word.

GRAFSTENE

Na die demping van honderde grafte rondom die kerkgebou is enkele grafstene

mettertyd weer gevind en in ‘n ry agter in die tuin opgerig. Twee hiervan is in 2011

in die Museum geïnstalleer en verskyn weerskante van die halfronde tafel.

FAMILIEWAPENS

In 1723 is altesame sewentien loodglas-panele met familiewapens in die Kruiskerk

se vensters ingebou. Hierdie kleurvolle ruitjies is in Amsterdam gemaak. Twee het

behoue gebly en deur Stellenbosch Museum in bruikleen aan Moederkerk gegee.

KOLLEKTESAK

Een van die oorspronklike sakkies aan ‘n lang stok uit die Kruiskerk van 1721 het

behoue gebly en word hier uitgestal.
ARGIEF-op-die-GALERY

Twee gebeurtenisse het momentum aan die ontstaan van die Argief gegee : die oorblyfsels van die bewaarbare items nadat die Museum voltooi

is en dan ook die BK se skielike besluit om al die portrette uit die konsistorie te verwyder. JDK het maandelank planne beraam en reeds

ver gevorder met sketstekeninge vir ‘n stoorkluis in die Hofmeyrsaal. Hierdie roete is geveto. Daarop stel Hannes Koornhof voor dat die

galery daarvoor benut word – ‘n veel beter lokaal omdat dit dan nader aan die Museum sou wees !

Die boekkaste wat in Kerkhuis se solder ‘n plekkie gevind het, word omgebou en op die galery ingebou. Weer sit JDK maandelank en beplan

rondom die bewaarbare materiaal en toepaslike onderwerpe. Uiteindelik skep hy lêers vir maklike identifikasie, maar om alle inhoud te orden

is vir hom net nie uitvoerbaar nie. Die lêers kry elkeen ‘n staanplekkie op die rakke, die tekeninge en planne word opgerol en kry vakkies in

die plannekabinet tussen die groot boekkaste, twee kleiner hoekkaste word aan die rugkant van die laaste kerkbank vasgemaak en ‘n laaikas

vir dokumente word aan die noordermuur geplaas. Die skrynwerk word weer deur Danny voltooi.

Laastens word Angus se hulp ingeroep om die drie versamelings aan die mure te bevestig : Predikante, Tekeninge en Dokumente.

As afwerking skenk JDK ‘n tapyt en een van ds Neethling se stoepbankies kry ook ‘n tuiste in die Argief. Twee eikehout stoeltjies rond die

meubelment af. Daar is ‘n hele paar van hierdie stoeltjies in die kerkraad se besit – ‘n skenking destyds in die laat 1880’s van Jacob Krige

van Bottelary.

Daar is nog ‘n onvoltooide taak in die Argief : die ordening en indeksering van die dokumente self.

Daar lê waarskynlik genoeg sinvolle werk en wag op ‘n student wat ‘n onderwerp vir ‘n tesis soek …………
Bouplanne

Predikante en Prente

Dokumente
Dokumente kas

Ds Neethling se bankie

WAT VAN DIE TOEKOMS

Vandag kyk ons na gister as geskiedenis.

Vandag is egter ook more se geskiedenis.

Kom ons be-oordeel die dokumentêre erfenis van die Moederkerk in hierdie lig.

Skakel met die Kerkkantoor of met johan.krige@caledonvilla.co.za as u advies verlang.

Ons het nog ruimte beskikbaar om items van betekenis ordelik te herberg.

Planne kabinet