06.05.2013 Views

wt15611 - Front Shop - Afrikaans Questions.pmd - insightcpd.co.za

wt15611 - Front Shop - Afrikaans Questions.pmd - insightcpd.co.za

wt15611 - Front Shop - Afrikaans Questions.pmd - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

7. Die vier basiese stappe wat betrokke is in die

ontwikkeling van aknee is:

A. Die haarfollikels of porieë word geblokkeer met

dooie velselle.

B. Die talgklier vergroot en sebumproduksie

verhoog.

C. Die verhoogde sebum veroorsaak dat ’n oormaat

bakterieë op die vel groei.

D. Die bakterieë breek die sebum in stowwe af wat

die vel irriteer.

E. Al die bogenoemde is korrek.

8. Kies die verkeerde stelling:

A. Indien ’n geblokkeerde haarfollikel nie op die

oppervlakte van die vel gesien kan word nie,

word dit ’n mikrokomedoon genoem.

B. ’n Mikrokomedoon word as die vroegste velletsel

van aknee beskou.

C. Swartkoppies en witkoppies is inflammatoriese

letsels van aknee.

D. Die mikrokomedoon kan in ’n nie-inflammatoriese

of ’n inflammatoriese letsel ontwikkel.

E. Witkoppies is meer geneig om in inflammatoriese

puisies as swartkoppies te ontwikkel.

9. Watter van die volgende is nie ’n

inflammatoriese letsel van aknee nie?

A. Papule

B. Pustule

C. Oop komedoon

D. Nodule

E. Sist

10. Dit is waar dat:

A. Meeste akneelyers kla van ’n oormatige

olierigheid van die vel.

B. Mense met ligte aknee het meestal swartkoppies

en witkoppies en/of slegs ’n paar puisies.

C. Mense met matige aknee het verskeie rooi,

ettergevulde puisies, swartkoppies en

witkoppies.

D. Mense met ernstige aknee het verskeie groot,

seer, ettergevulde knoppe of nodules onder die

vel.

E. Al die bogenoemde is korrek.

2

11. Kies die verkeerde stelling:

A. Slegs ernstige aknee kan letsels veroorsaak.

B. Aknee kan voor ’n vrou se maandstonde

vererger.

C. Oliegebaseerde kosmetiese produkte kan tot

aknee bydra.

D. Mense met aknee moet nie aan hul vel druk nie.

E. Harde, saamtrekkende velsorgprodukte kan

persone met aknee se vel te veel uitdroog.

12. Geneesmiddels wat aknee kan veroorsaak sluit

in:

A. Vitamien B2, B6 en B12.

B. Anaboliese steroïede.

C. Orale kontrasepsie.

D. A en C is korrek.

E. A, B en C is korrek.

13. Akneebehandelings:

A. Mag dalk vir 2 of 3 maande gebruik moet word,

voordat daar besluit word of die behandeling

effektief is.

B. Moet altyd die gebruik van harde, saamtrekkende

reinigingsmiddels insluit wat die vel

uitdroog.

C. Mag dalk vir ’n paar jaar volgehou moet word.

D. A en C is korrek.

E. A, B en C is korrek.

14. Kies die verkeerde stelling:

A. Topikale middels moet aan areas aangewend

word wat geneig is tot aknee, eerder as net aan

die akneeletsels.

B. Rome is makliker om aan harige areas aan te

wend.

C. Dit is beter om laer-sterkte middels te gebruik

wanneer behandeling begin word, of in persone

met sensitiewe velle.

D. Jelle het ’n uitdrogende effek en mag deur

diegene met olierige velle verkies word.

E. Dit is makliker om oplossings en wasmiddels

oor groot areas soos die bors of rug aan te

wend.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!