04.05.2013 Views

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

wt16246 - Front Shop - Afrikaans Module.pmd - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Alpha Pharm

Apteekpersoneel Kliniese

Onderrigprogram

INHOUD

1. INLEIDING .......................................................1

2. GESONDE GROEI IN BABAS........................2

2.1 Gewigstoename in babas .......................2

2.2 Tekens van hongerte en versadigheid ...3

2.3 Gewig-vir-ouderdom groeikaarte ............3

2.4 Wat is ‘die onvermoë om te floreer’........3

3. BORSVOEDING OF BOTTELVOEDING? .....4

3.1 Die voordele van borsvoeding ................4

3.2 Die ontwikkeling van babaformules........4

3.3 Borsmelksamestelling vs. formulemelk ..5

4. BABAFORMULES ..........................................6

4.1 Soorte babaformules ..............................6

4.2 Samestelling van babaformules .............7

4.3 Die keuse van ’n babaformule ................7

4.4 Gespesialiseerde babaformules ...........13

5. RIGLYNE VIR BOTTELVOEDING ...............13

5.1 Higiëne en bottelvoeding ......................14

6. DIE BYVOEGING VAN VASTE KOSSE ......15

6.1 Wanneer om met vaste kosse te begin .. 15

6.2 Hoe om vaste kosse te begin ...............16

7. DIE ROL VAN DIE VOORWINKEL-

PERSONEEL.................................................16

LEERUITKOMSTE:

Na voltooiing van hierdie module sal u:

Geleer het oor gesonde groei in babas en jong

kinders en hoe sulke groei gevolg kan word met

die gebruik van groeikaarte.

’n Basiese begrip hê oor die samestelling van

borsmelk en hoe dit die samestelling van

babaformules beïnvloed het.

Bekend wees met die soorte babaformules wat

beskikbaar is.

In staat wees om vroue te lei om die mees gepaste

babaformule vir hul baba te kies as hul kies om nie

te borsvoed nie, of as hul terug moet keer werk toe

en borsmelk met formulemelk wil aanvul.

1

Babavoeding

Posbus 218, Cramerview, 2060

Telefoon: 011 706 6939 Faks: 086 660 9527

E-pos: cpdalphapharm@insightmed.co.za

2012 MODULE 5

In staat wees om mammas te beraad oor goeie

bottelvoeding en gepaardgaande higiëne.

In staat wees om mammas te adviseer oor hoe

om hul baba van borsmelk of formulemelk te

speen en wanneer en hoe om met vaste kosse te

begin.

Volgens wet kan voorwinkelpersoneel in ’n apteek

slegs Skedule 0 (S0) medisyne verkoop. S1 en S2

medisyne moet verkoop word deur ’n apteker of ’n

aptekerintern of ’n aptekersassistent wat onder die

persoonlike toesig van ’n apteker werk. In hierdie

module word opleiding aangebied oor al die produkte

wat beskikbaar is, insluitend dié wat sonder ’n

doktersvoorskrif verkoop mag word – met ander

woorde, S0, S1, en S2. Ons noem ook die name van

sommige van die Skedule 3 en hoër medisyne wat

slegs op doktersvoorskrif uitgereik kan word. Die

doel van hierdie module is om u ’n goed-ingeligte

personeellid van die apteek te maak, wat op ’n

professionele manier kan verstaan en kommunikeer

met pasiënte/kliënte.

1. INLEIDING

Die regte voeding in suigelingskap is een van die beste

maniere om die gesondheid van babas en jong kinders

dwarsoor die wêreld te verbeter. Terwyl ondervoeding

kan lei tot siekte en dood, kan oorvoeding lei tot oorgewig

en vetsug. Nuwe mammas kan advies en ondersteuning

benodig om hul te help om hul jong kinders van die regte

voeding te voorsien vir gesonde groei en ontwikkeling.

Die apteek se voorwinkelpersoneel kan ’n belangrike

rol speel daarin om mammas so te ondersteun en om

hul op te voed aangaande borsvoeding, bottelvoeding

en wanneer om met vaste kosse te begin.

Hierdie module bring nuttige inligting bymekaar oor

voeding in babas en jong kinders, sodat die apteek se

voorwinkelpersoneel oor die nodige kennis en

vaardighede kan beskik om mammas te adviseer oor

hoe om die beste moontlike voeding vir hul kinders in

die eerste 1000 dae van hul lewe – die mees kritieke

tydperk vir kindervoeding - te voorsien, waarna swak

groei moeilik is om om te keer.

2. GESONDE GROEI IN BABAS

Dit is belangrik om uit die staanspoor te besef dat babas

nie klein grootmense is nie. Babas toon ’n besondere

vinnige groeitempo in die eerste lewensjaar, maar het

onvolwasse organe wat nie opgewasse is teen

komplekse kosse nie. Gedurende suigelingskap en

kinderjare tel kinders vinniger gewig op en groei vinniger

as tydens enige ander tyd in hul lewens. Geboortegewig

word gewoonlik verdubbel teen vier of ses maande en

verdriedubbel teen 12 maande. Die baba se lengte

neem toe met ’n veelvoud van 1.5 binne 12 maande.

Daarom benodig babas die nodige energie en

voedingstowwe wat nodig is om snelle groei en

ontwikkeling te ondersteun. Vir optimale voeding van

babas en jong kinders, beveel die Wêreldgesondheidsorganisasie

(WGO) die volgende aan:

Uitsluitlike borsvoeding vir ses maande – d.i. die

baba ontvang slegs borsmelk vir die eeste ses

lewensmaande; geen ander vloeistowwe of

vastestowwe nie, insluitend water

Die byvoeging van genoegsame voedende vaste

kosse vanaf die ouderdom van ses maande, met

voortgesette borsvoeding tot op twee jaar of ouer

Faktore wat in ag geneem moet word om te verseker dat

babas optimale voeding ontvang en gesonde groei

toon, sluit in:

Voedingstowwe moet in ’n vorm wees wat maklik

deur die baba se onvolwasse spysverteringstelsel

verteer en absorbeer kan word. As voedingstowwe

in die korrekte vorm is, sal dit die hoeveelheid

onverteerde kosse in die baba se spysverteringskanaal

verminder. (Onverteerde kosse kan

abdominale krampe veroorsaak en simptome wat

verwant is aan koliek.) Borsmelk is die voedsel van

keuse vir babas tot op die ouderdom van ses maande,

omdat die samestelling daarvan al die nodige

voedingstowwe verskaf in ’n vorm wat maklik verteer

en absorbeer kan word deur die spysverteringstelsel.

Let wel: Die samestelling van borsmelk is anders as

dié van koeimelk. Dit is waarom ongemodifiseerde

koeimelk nie aanbeveel word vir babas

onder die ouderdom van een jaar nie.

Die baba het ’n laer konsentrasie van ensieme in die

spysverteringskanaal as ouer kinders of volwassenes.

Alhoewel babas proteïne, vette en koolhidrate

vanaf geboorte kan verteer, verbeter hul vermoë om

dit te doen soos wat hul spysverterings-kanaal

volwasse word. Borsmelk het ’n hoë vetinhoud en is

die mees doeltreffende manier om aan die baba se

hoë energiebehoeftes te voldoen. Gram vir gram

bevat vet meer as twee maal die hoeveelheid energie

in vergelyking met proteïne of koolhidrate.

’n Pasgebore baba se magie is klein. Daarom moet

die baba dikwels gevoed word. Byvoorbeeld, babas

van geboorte tot vier maande wat formulemelk kry

benodig sowat 8 tot 10 voedings per dag, terwyl ouer

babas tipies vier tot ses voedings per dag benodig.

Babas wat geborsvoed word, moet op aanvraag

gevoed word.

By geboorte is die baba se ingewande steriel (dus

bevat dit nie bakterieë nie). Sodra die baba

geborsvoed word, word bakterieë aan die baba se

ingewande bekend gestel. Borsmelk bevat verskeie

‘goeie’ bakterieë (d.i. Lactobacilli en Bifidobacteria)

wat die natuurlike flora van die spysverteringstelsel

opmaak en die baba se spysverteringskanaal

beskerm teen infeksie met potensiële siekteveroorsakende

bakterieë.

Die esofageale klep, wat die opening is aan die

bokant van die maag, is nie ten volle ontwikkel in

pasgebore babatjies nie. Dit is om hierdie rede dat

sommige pasgebore babas probleme kan hê met

die opbring van spoeg of met opbring na voeding.

Hierdie refluks kan as normaal beskou word, tensy

dit ernstig is en vergesel word van swak

gewigstoename, in welke geval dit dan na die dokter

verwys moet word.

2.1 Gewigstoename in babas

By geboorte is die baba se spysverteringstelsel

onvolwasse. Om hierdie rede verloor meeste babas tot

10 persent van hul liggaamsgewig in die eerste paar

lewensdae, terwyl die baba daarby aanpas om sy of

haar eie verteringstelsel i.p.v. die plasenta te gebruik

om voedingstowwe te verkry en afvalprodukte uit te

skei.

Die baba behoort terug te keer na sy/haar geboortegewig

binne twee weke. Hierna behoort die baba se gewig en

hoogte bestendig toe te neem. Die dokter of klinieksuster

gebruik spesiale groeikaarte, genaamd persentielkaarte,

om die baba se groei van week tot week te volg in die

vroeë stadiums van sy/haar lewe, en daarna minder

gereeld soos wat die baba ouer word.

Dit is heeltemal normaal vir ’n borsgevoede baba se

gewig om van week tot week te varieer. Een week kan

die baba dalk min gewig optel en die volgende week kan

die baba dalk baie meer gewig optel. As die baba

geweeg word direk na ’n voeding, kan dit ’n verskil van

100 tot 200 gram maak. Mammas moet beraad word om

minder te bekommer oor klein weeklikse veranderings

in gewig, en om eerder te kyk na gewigstoename oor ’n

langer tydperk, soos ’n maand.

Gedurende die eerste maand tel meeste pasgebore

babas gewig op teen ’n pas van 30 g per dag of 200 g

per week . Hul groei gewoonlik sowat 2.5 tot 3.8 cm in

lengte gedurende die eerste maand. Baie pasgebore

babas gaan deur ’n tydperk van snelle groei wanneer

hulle 7 tot 10 dae oud is, en weer by 3 en 6 weke.

Hoeveel gewig die baba optel elke maand hang ook af

van genetika en of die baba borsmelk of formulemelk

ontvang. Byvoorbeeld, uitsluitlike borsgevoede babas

2 November 2012

tel tipies in die eerste twee lewensmaande vinniger

gewig op as formule-gevoede babas, maar hierdie

babas groei dan deur die res van hul eerste lewensjaar

stadiger as formulegevoede babas.

2.2 Tekens van hongerte en versadigheid

In die eerste lewensjaar het babas die vermoë om hul

voedselinname te reguleer in ooreenstemming met hul

voedingsbehoeftes. Die baba sal tekens van hongerte

of versadigheid toon en van hul ma verwag om op

hierdie tekens te reageer. Daarom moet babas op aanvraag

gevoed word, d.i. hul moet gevoed word wanneer

hul aandui dat hul honger is, en hul moet nie gedwing

word om ’n streng voedingskedule te volg of ’n bottel

klaar te maak as hul nie meer honger is nie. Babas wat

geforseer word om ’n streng voedingskedule te volg in

die vroeë lewensmaande, kan ’n groter kans hê om oorof

ondervoed te wees.

Tabel 1. Tekens van hongerte en versadigheid

Tekens van hongerte Tekens van volheid

’n Baba wat honger is, kan: Tekens van volheid sluit in:

• Wakker word en rondrol • Die lippe saampers

• Suig aan die vuisie • Vermindering in die

• Huil of kerm suigaksie

• Lyk of hy/sy gaan begin • Uitspuug van die tepel of

huil tiet

• Terugleun of wegdraai

van die bors of bottel

2.3 Gewig-vir-ouderdom-groeikaarte

Groeikaarte word gebruik deur klinieksusters en –

dokters om te help om ’n baba se groei te volg oor ’n

tydperk. Die mees algemene tipe groeikaart is ’n

persentielkaart.Die standaard groeitempo’s op die WGO

se persentielkaart is gebaseer op die groei van

borsgevoede babas van ses lande oor vyf kontinente.

Daarom toon die WGO se gewig-vir-ouderdom kaarte

akkuraat hoe ’n normale baba van enige etnisiteit

behoort te groei.

Tabel 2. Hoe om die persentielkaart te lees

• Die 3de persentiellyn beteken dat 3% van kinders

onder hierdie lyn sal lê in terme van gewig vir

ouderdom

• Die 97ste persentiellyn beteken dat 3% van kinders

bo hierdie lyn en 97% van kinders onder hierdie

lyn sal lê in terme van gewig vir ouderdom

• Die 15de persentiellyn beteken dat 15% van

kinders onder hierdie lyn sal lê, en die 85ste

persentiellyn beteken dat 85% van kinders onder

hierdie lyn sal lê in terme van gewig-vir-ouderdom

• Die 50ste persentiellyn is nie ’n “slaag” nie, maar

dit beteken dat 50% van die normale bevolking

onder hierdie lyn lê, en 50% van die bevolking bo

dit lê.

Let wel: Slegs ’n paar babas bly op die persentiellyn

waarop hul gebore is. Meeste babas kruis

die persentiellyne. Na geboorte is groter

babas geneig om stadiger te groei en kleiner

babas geneig om vinniger te groei. Dit is

omdat geboorte-grootte meer verband hou

met toestande in die uterus as met genetika.

Na geboorte beweeg babas geleidelik na

hul grootte soos bepaal deur genetika. Dit

kan tot twee jaar neem vir babas om hul

genetiese voorafgeprogrammeerde grootte

te bereik. Hierna volg die baba se groei dan

min of meer hierdie lyn.

Figuur 1. Gewig-vir-ouderdom persentielkaart

vir meisies van geboorte tot 2 jaar

3 November 2012

Gewig (kg)

Maande

Geboorte

1 jaar

Ouderdom (voltooide maande en jare)

97ste

85ste

50ste

15de

3de

2 jaar

Figuur 2 . Gewig-vir-ouderdom persentielkaart

vir seuns van geboorte tot 2 jaar

Gewig (kg)

Maande

Geboorte

1 jaar 2 jaar

Ouderdom (voltooide maande en jare)

97ste

85ste

50ste

15de

3de

2.4 Wat is die onvermoë om te

floreer?

Swak gewigstoename beteken dat die baba teen ’n laer

tempo gewig optel as ander babas van dieselfde

ouderdom en geslag. Sommige babas tel nie teen ’n

normale tempo gewig op nie weens ondervoeding, wat

vir ’n verskeidenheid redes kan voorkom. Ondervoeding

word ook na verwys as ‘die onvermoë om te floreer’.

Meeste dokters en klinieksusters sal die onvermoë om

te floreer herken wanneer ’n kind se gewig vir sy

ouderdom onder die vyfde persentiellyn val, of as dit

twee persentiellyne kruis, bv. van bo die 85ste

persentiellyn na onder die 50ste persentiellyn.

Daar is baie oorsake vir die onvermoë om te floreer,

soos ’n swak eetlus, swak dieet of ’n onderliggende

mediese probleem. Meeste gevalle van onvermoë om

te floreer kom gewoonlik gedurende die eerste twee

lewensjare voor. Hierdie babas is geneig om meer

infeksies op te doen en is tipies ondervoed as ’n gevolg

van swak speengewoontes (bv. vroeë spening) en ’n

swak gehalte dieet (byvoeging van vaste kosse van

swak voedingsgehalte). Babas wat lyk of hul moontlik ’n

onvermoë om te floreer toon, moet na die dokter of

kliniek verwys word.

3. BORSVOEDING OF BOTTELVOEDING?

Borsmelk is sonder twyfel die keusevoedsel vir babas

en die WGO moedig borsvoeding aan as die optimale

voeding vir babas vanaf geboorte tot ten minste ses

maande oud. Baie vroue in die moderne samelewing

het egter nodig om terug te keer werk toe kort na die

geboorte van die baba, terwyl ander weens ’n mediese

toestand of ’n essensiële mediese behandeling nie kan

borsvoed nie.

Dit is belangrik om nuwe mammas te adviseer oor die

voordele van borsvoeding, veral vir die eerste ses

lewensmaande. Indien ’n vrou egter kies om nie te

borsvoed nie, is dit belangrik om haar in haar besluit te

ondersteun en haar dan te adviseer en te beraad oor die

mees toepaslike keuse van ’n babaformule, asook oor

higiëne betreffende bottelvoeding.

3.1 Meer oor borsvoeding

Indien die borsvoedingstegniek goed is, voldoen

uitsluitlike borsvoeding vir die eerste ses lewensmaande

aan die nodige energie- en voedingsbehoeftes van

meeste babas. Gesonde babas benodig nie enige ander

voeding op hierdie stadium nie, selfs nie water nie. Dit

is omdat borsmelk self 88% water is en genoeg is om die

baba se dors te les.

Om te verseker dat die moeder genoegsame

melkproduksie het vir ses maande van uitsluitlike

borsvoeding, moet ’n baba so dikwels en vir so lank as

wat hy of sy wil, gevoed word, dag en nag. Hierdie

“voeding op aanvraag” verseker dat babas na gelang

van hul eetlus gevoed word (nie volgens die klok nie),

en verseker dat babas die voeding verkry wat hul nodig

het vir bevredigende groei. Babas wat op aanvraag

gevoed word, ledig nie die bors met elke voeding nie. Dit

is belangrik om nie die duur of die frekwensie van

voedings te beperk nie, mits die baba korrek aan die

bors vassuig. Tepelskade word veroorsaak as die baba

swak vassuig aan die bors, en nie deur verlengde

voedings nie. Die baba moet toegelaat word om aan die

bors te drink totdat hy of sy spontaan die tepel los. Na

Tabel 3. Die voordele van borsvoeding

Voordele vir die moeder Voordele vir die baba

• Die risiko van bloeding na • Borsvoeding help om

geboorte is minder in vroue babas teen ’n verskeidenwat

borsvoed. heid van siektes te be-

• Borsvoeding help ’n vrou skerm, soos diarree en

om oormatige gewig wat longontsteking.

tydens swangerskap opge- • Borsvoeding verminder die

tel is, te verloor. voorkoms van allergiese

• Borsvoeding kan die terug- toestande soos asma en

keer van vrugbaarheid ekseem.

vertraag, aangesien vroue • Vetsug in later jare is

wat uitsluitlik borsvoed minder algemeen in

dikwels nie hul maand- kinders wat geborsvoed is.

stonde het vir die eerste • Verskeie studies suggeses

maande na die ge- reer dat borsgevoede

boorte van hul baba nie. babas moontlik hoër

• Vroue wat borsvoed kan tellings kan kry in toetse

’n laer risiko vir bors- en van intelligensie, vergeleke

ovariële kanker hê later in met diegene wat gebotteldie

lewe. voed is.

’n kort ruskansie, kan die baba die ander bors aangebied

word, wat sy of hy dan kan wil hê of nie. By die volgende

voeding moet hierdie bors dan eerste aangebied word.

As die baba vir lank aan die bors bly (meer as 30 minute

by elke voeding), of as hy of sy te gereeld wil voed (meer

as elke 1 tot 1.5 ure) dan moet daar nagegaan word of

die baba reg vassuig aan die bors.

Borsvoeding hou voordele vir beide die moeder en die

baba in. Sien Tabel 3. Vroue wat MIV-positief is, kan

ook besluit om onder sekere omstandighede te

borsvoed. Sien Tabel 4.

3.2 Die ontwikkeling van babaformules

Borsmelk is die goue standaard vir babavoeding. Deur

menslike borsmelk as die model te gebruik, het navorsers

die essensiële en semi-essensiële voedingstowwe

geïdentifiseer wat ’n borsmelkvervanging, d.i.

babaformule, behoort te bevat.

Midde-in die 20ste eeu is babas wat nie geborsvoed is

nie gewoonlik koeimelkgebaseerde formules gegee, of

tuisgemaakte formules van ingedampte melk, suiker en

water. Sedert die vervaardiging van die vroegste

kommersiële babaformules, was daar ’n snelle evolusie

van navorsing oor die samestelling van babaformules.

Vandag is daar ’n reeks verskeie formules beskikbaar,

insluitend produkte vir pretermynbabas, babas van

geboorte tot ses maande, babas van ses tot 12 maande,

babas ouer as 12 maande, sojagebaseerde formules,

laktosevrye formules en formules vir babas met spesiale

toestande, soos allergiese stoornisse.

Nuwe formules word steeds ontwikkel, en bestaande

formules ondergaan gereelde wysigings, soos wat meer

4 November 2012

Tabel 4. MIV en borsvoeding

• ’n Vrou wat met MIV geïnfekteer is, kan die virus

aan haar baba oordra tydens swangerskap, kraam

of geboorte en ook deur borsmelk.

• Vroue wat MIV-medikasie neem, is minder geneig

om MIV deur borsmelk oor te dra. Baie

gesondheidsorgdeskundiges adviseer sulke vroue

om te borsvoed.

• MIV-positiewe vroue wat nie MIV-medikasie neem

nie en wat kan bekostig om hul babas veilig te

borsvoed, kan geadviseer word om babaformule

i.p.v. borsvoeding te gebruik.

• MIV-positiewe vroue wat nie MIV-medikasie neem

nie, en wat nie babaformule kan bekostig nie of

wat nie toepaslike bottelvoedingspraktyke kan

verseker nie (d.i. skoon water, doeltreffende

bottelsterilisering) kan aangemoedig word om

uitsluitlik te borsvoed, omdat die risiko om MIV

oor te dra aan die baba laer is as die risiko van

swak voeding en ernstige siektes soos diarree en

longontsteking vir die baba.

komponente van borsmelk geïdentifiseer word, hul rol

in voeding bestudeer word en hul dan by babaformule

gevoeg word. Borsmelk bevat egter hormone,

immuunfaktore, groeifaktore en lewensvatbare selle,

waarvan die meeste nie op praktiese wyse tot

babaformules toegevoeg kan word nie.

Terwyl die samestelling van die verskillende

babaformules verskil, is daar baie navorsing wat toon

dat babas wat formulemelk gegee word, soortgelyke

groei en ontwikkeling toon wanneer hul vergelyk word

met borsgevoede babas.

3.3 Borsmelksamestelling vs. formulemelk

Borsmelk bevat al die voedingstowwe wat ’n baba

benodig in die eerste ses lewensmaande, insluitend

vette, koolhidrate, proteïne, vitamiene, minerale en

water. Dit word maklik verteer en doeltreffend gebruik.

Borsmelk bevat ook teenliggaampies en ander faktore

wat help om die baba se ontwikkelende immuunstelsel

te ondersteun, wat beskerming teen infeksie verleen.

Volwasse borsmelk word vanaf so min of meer 20 dae

na die geboorte van die baba geproduseer. Alhoewel

die samestelling van borsmelk kan varieer afhangende

van die tyd van die dag en van moeder tot moeder is die

volgende waar:

Borsmelk het ’n hoë vetinhoud, wat sowat helfte van

die energie-inhoud van die melk verskaf. Die

vetinhoud van borsmelk verander soos die voeding

progresseer. Die voormelk bevat minder vet, lyk

blou-grys in kleur en verlig ’n baba se dors vinnig.

Die agtermelk is ryk aan vette, lyk romerig wit en

verskaf ’n gekonsentreerde vorm van energie.

Borsmelk bevat sekere soorte vet wat bekend staan

as “goeie vette”, asook essensiële vetsure. Die

essensiële vetsure in borsmelk word DHA

(dokosaheksanoësuur, wat ’n omega-3-vetsuur is)

en ARA (aragidoonsuur, wat ’n omega-6-vetsuur is)

genoem. Hierdie vetsure is bewese om belangrik te

wees vir brein en visuele ontwikkeling en word

derhalwe gevoeg by sekere soorte babaformule.

Die hoof koolhidraat in borsmelk is laktose, wat ’n

soort suiker is. Borsmelk bevat sowat 7g laktose per

100ml, wat meer is as in meeste ander melke, selfs

koeimelk. Laktose verskaf sowat 40% van die energie

wat beskikbaar is uit borsmelk. ’n Sagter stoelgang,

nie-patogeniese bakteriële flora in die spysverteringskanaal

en verbeterde absorpsie van minerale soos

kalsium is al toegeskryf aan die laktose in borsmelk.

Borsmelk bevat prebiotika soos oligosaggariede bv.

galakto-oligosaggariede (GOS) of frukto-oligosaggariede

(FOS). Hierdie oligosaggariede help om die

groei van ‘goeie’ bakterieë in die spysverteringstelsel

te bevorder. Borsgevoede babas is ryker aan

verteringsflora as formulegevoede babas. Dit is

waarom oligosaggariede soos GOS en FOS by

sommige soorte babaformules gevoeg word.

Beide die hoeveelheid en tipe proteïne wat gevind

word in borsmelk verskil van dié van ander diermelke,

bv. koeimelk en bokmelk. Die konsentrasie van

proteïne in borsmelk is laer as dié van ander

diermelke. Proteïne verskaf byvoorbeeld 6 tot 8 %

van die energie in borsmelk, maar 20 % van die

energie in koeimelk. Die laer proteïeninhoud van

borsmelk is meer geskik vir die jong baba, aangesien

die veel hoër proteïeninhoud van diermelke die

baba se niere kan oorlaai.

Die hoof soorte proteïne wat in borsmelk voorkom is

ook anders as dié wat gevind word in ander diermelke.

Die proteïeninhoud van borsmelk is 60% wei en 40%

kaseïen. Hierdie balans van proteïne in borsmelk

laat vinnige en maklike vertering toe. Die

proteïeninhoud van koeimelk is 20% wei en 80%

kaseïen. Die balans van proteïne in borsmelk maak

vinnige en makliker vertering moontlik, terwyl melk

met ’n groter persentasie van kaseïen (soos

koeimelk) moeiliker is vir die baba om te verteer en

kan lei tot “wrongel” wat in die baba se magie vorm,

wat ongemak, maagkrampe en koliek kan

veroorsaak.

Proteïne word opgemaak uit verskillende aminosure.

Die aminosure wat die proteïne in borsmelk uitmaak

is ideaal vir babas en verskil ook van die aminosure

wat in koeimelk gevind word. Dit is waarom sekere

aminosure (bv. tourien en sisteïen) by sekere

babaformules gevoeg word.

Borsmelk bevat ook nukleotiede, wat belangrik is vir

die normale ontwikkeling van die spysverterings- en

immuunstelsels. Alhoewel die baba sommige

nukleotiede kan vervaardig, beteken die baba se

snelle groei dat meer benodig word as wat vervaardig

kan word. Dit is om hierdie rede dat baie babaformules

toegevoegde nukleotiede bevat.

5 November 2012

Borsmelk het ’n lae sink- en ysterinhoud. Mits die

moeder nie ’n ystertekort het nie, benodig

borsgevoede babas nie ’n ysteraanvulling nie, tensy

die baba ’n lae geboortegewig gehad het. Na die

ouderdom van ses maande behoort yster- en

mineraalbevattende vaste kosse by die dieet gevoeg

te word om ystertekort in voltermynbabas te voorkom.

Yster word normaalweg gevoeg by babaformule om

ystertekortanemie te voorkom.

Sien Figuur 3 hieronder vir die samestelling van borsmelk

en Tabel 5 vir ’n samevatting van die verskille tussen

borsmelk en ongemodifiseerde koeimelk. Tabel 6 beskryf

waarom ander melke en melkprodukte nie vir

babavoeding gebruik behoort te word nie.

Figuur 3. Samestelling van borsmelk

Water 88.1%

Vet 3.8%

Proteïne 0.9%

Laktose 7.0%

Ander 0.2%

Bron: Lawrence R. Breastfeeding: A guide for the medical profession,

4th Ed. St. Louis : Mosby - Year Book, Inc. 1994

4. BABAFORMULES

’n Verskeidenheid babaformules is beskikbaar vir

gesonde, voltermynbabas wat nie geborsvoed word nie

of wat borsmelk en babaformule ontvang in die eerste

ses lewensmaande. Moderne babaformules word so

gemaak dat hul samestelling baie soortgelyk is aan dié

van borsmelk en gepas is vir meeste gesonde

voltermynbabas. Babaformules behoort die voeding

van keuse te wees wanneer borsvoeding nie gegee

word nie, slegs gedeeltelik gegee word of gestaak word

voor die ouderdom van 1 jaar.

4.1 Soorte babaformules

Daar is drie hoofsoorte babaformules:

Gemodifiseerde koeimelkformules, wat berei word

deur koeimelk te modifiseer sodat dit so na as

moontlik ooreenkoms toon met borsmelk, bv. deur

die modifisering van die proteïeninhoud om meer

weiproteïen in te sluit en minder kaseïen. Meeste

gesonde voltermynbabas kan ’n gemodifiseerde

koeimelkgebaseerde formule gevoed word. Alhoewel

borsgevoede babas gewoonlik nie ekstra yster

benodig gedurende hul eerste ses lewensmaande

nie, is ’n ysterverrykte koeimelkgebaseerde

babaformule die mees toepaslike formule vir babas

vanaf geboorte tot 12 maande oud. Die gebruik van

’n ysterverrykte formule verseker dat formulegevoede

babas genoeg yster ontvang, ’n belangrike

voedingstof in die eerste lewensjaar. Navorsing

toon dat ysterverrykte formules vir die eerste 12

maande ystertekorte suksesvol bekamp.

Let wel: Onlangs is kleuter- of “volgende stap” formules

ontwikkel vir kinders van 12 tot 24 maande

oud. Hierdie koeimelkgebaseerde formules

bevat toegevoegde yster, sink, vitamiene C en

E. Hul bevat tipies ook DHA en ARA en meer

kalsium as wat standaard babaformules bevat

(maar nie beduidend meer as vol koeimelk

nie).

Sojagebaseerde formules, wat gemaak word uit

sojaproteïen met toegevoegde groente-olies (vir

vet) en mieliestroop en/of sukrose (vir koolhidrate).

Hierdie formules is geskik vir babas wat nie die

laktose in meeste koeimelkgebaseerde formules

kan verdra nie. Sojaformules behoort nie gebruik te

word in babas met lae geboortegewig of vir die

voorkoming van koliek of allergieë nie. Alle

sojaformules bevat ekstra yster, in soortgelyke

hoeveelhede as dié in koeimelkgebaseerde formules.

Gehidroliseerde formules word gebruik vir babas

wat nie die proteïne (kaseïen en wei) in

koeimelkgebaseerde formules kan verdra nie, of

allergies is daarvoor. Gehidroliseerde formules

behoort beperk te word vir gebruik in babas met

bevestigde allergieë vir koeimelkproteïne en babas

met ’n sterk familiegeskiedenis van allergieë. Daar

is ook bewyse dat gehidroliseerde formules die

simptome van koliek kan verlig. Dit kan die moeite

werd wees om ’n gehidroliseerde formule vir een tot

twee weke te gebruik in babas met voortdurende

koliek. Die voordele moet egter teen die verhoogde

koste opgeweeg word.

• Ware hipoallergeniese formules of uitvoerige

gehidroliseerde formules, bevat proteïne wat

gehidroliseer is of afgebreek is met sowat 45%.

Daar is ook gedeeltelike gehidroliseerde formules

beskikbaar, maar hierdie formules word nie as

ware hipoallergeniese formules beskou nie.

Gedeeltelike gehidroliseerde formules bevat

proteïne wat sowat 25% gehidroliseer of

afgebreek is. Dit word nie aanbeveel vir babas

met gedokumenteerde allergieë nie, bv.

koeimelkproteïenallergie, maar kan oorweeg word

om die risiko vir allergie te verminder, bv. in

babas met ’n familiegeskiedenis van allergieë.

• Vrye aminosuurformules is gespesialiseerde

formules wat gebruik word in babas wat steeds

nie uitvoerige gehidroliseerde formules kan verdra

nie. Hierdie formules word deur sowat 90 % van

babas met bevestigde allergieë verdra, maar

neig om ’n hoër proteïeninhoud te hê, wat

stremming plaas op die niere en is redelik duur.

6 November 2012

Tabel 5. Die verskille tussen borsmelk en ongemodifiseerde koeimelk

Borsmelk Koeimelk Opmerkings

Vetinhoud Hoë vetinhoud Laer vetinhoud as in Vet verskaf gram vir gram meer

Bevat essensiële vetsure, borsmelk energie as koolhidrate en

DHA en ARA Onvoldoende vlakke van proteïne.

essensiële vetsure Babas benodig ’n gekonsen-

(DHA en ARA) treerde bron van energie om

snelle groei te ondersteun en

energie te verskaf

Koolhidraatinhoud Bevat meer laktose as Laer laktose-inhoud Laktose in borsmelk is

koeimelk verantwoordelik vir sagter

stoelgange en verbeterde

absorpsie van minerale

as borsgevoede babas

Proteïeninhoud Laer proteïeninhoud Bevat bykans driemaal Die hoër proteïeninhoud in

Proteïensamestelling is meer proteïne as koeimelk kan die baba se

60% wei en 40% kaseïen borsmelk onvolwasse niere oorlaai

Bevat aminosure tourien, Proteïensamestelling is

sisteïen en metionien 20% wei en 80% kaseïen

Lae vlakke van tourien,

sisteïen en metionien

4.2 Samestelling van babaformules

Die voedingsamestelling van alle babaformules moet

voldoen aan die wêreldstandaarde soos aanbeveel

deur internasionale deskundige groepe. Om

genoegsame groei te bereik en goeie gesondheid te

handhaaf, moet babaformules geskikte hoeveelhede

water, koolhidrate, proteïne, vette, vitamiene en minerale

insluit. Alle huidige beskikbare babaformules in Suid-

Afrika bevat genoegsame hoeveelhede basiese

voedingstowwe en kan derhalwe as uitruilbaar beskou

word. Daar is geen bewyse wat toon dat een

handelsmerk van babaformule aanbeveel kan word bo

’n ander in terme van die basiese voedingstowwe nie.

4.3 Die keuse van ’n babaformule

Meeste gesonde voltermynbabas wat nie geborsvoed

word nie of wat gedeeltelik geborsvoed word, kan ’n

gemodifiseerde koeimelkgebaseerde formule gebruik

wat aanbeveel word vir gebruik in babas van geboorte

tot ses maande. Slegs ’n paar babas sal ’n ander soort

formule benodig.

Die formules wat aanbeveel word van geboorte tot ses

maande, word dikwels ‘beginformules’ genoem, maar

kan tot op die ouderdom van 12 maande gebruik word.

Meeste vervaardigers het ’n verskillende produk vir

babas van 6 tot 12 maande oud, maar dit is nie essensieel

vir ouers om die beginformule te verander na ’n stap-2

formule nie. Dit is omdat babas vaste kosse rondom die

ouderdom van ses maande begin eet en die voeding

wat uit vastestowwe verkry word dan stadigaan die

voeding wat uit babaformule verkry word, vervang. Die

beginformule verskaf genoegsame voeding van

geboorte tot 12 maande. Daarom, tensy die baba

bykomende voedingsondersteuning benodig weens die

onvermoë om te floreer of ’n swak vastekosdieet, kan

meeste babas voortgaan om dieselfde beginformule te

gebruik totdat hul 12 maande oud is.

Let wel: Slegs ’n ‘beginformule’ wat aanbeveel is vir

gebruik in babas van geboorte tot ses maande behoort

gebruik te word in die eerste ses lewensmaande. M.a.w.

moet nie ’n formule wat aanbeveel is vir babas van ses

tot 12 maande oud gebruik in babas wat jonger is as ses

maande nie.

Na die ouderdom van 12 maande beveel baie

vervaardigers van babaformules aan dat babas

oorgeskakel word na sogenaamde ‘opvolgformules’ of

stap-3 formule. Opvolgformules bevat hoër hoeveelhede

proteïne as beginformules, asook toegevoegde yster,

vitamien C, vitamien E en sink. Hul bevat ook DHA en

ARA en meer kalsium as beginformules. Terwyl

vervaardigers die opvolgformules of ‘kleuterformules’

as bykomende voeding beskryf vir kieskeurige eters

wat dalk nie ’n gebalanseerde vastekosdieet het nie, is

daar geen bewys dat hierdie formules voordele het bo

vol koeimelk in terme van groei en ontwikkeling in babas

ouer as 12 maande nie.

Wanneer ’n beginformule vir gesonde voltermynbabas

gekies word:

Begin met ’n wei-dominante gemodifiseerde

koeimelkbabaformule, aangesien hierdie formules

makliker verteer word. ’n Samestelling van 60:40

wei tot kaseïen is soortgelyk aan dit wat in borsmelk

aangetref word. Wei-dominante formules word ook

gewoonlik aanbeveel vir babas onder ses maande

oud.

As die baba honger voorkom op ’n wei-dominante

formule, is daar studies wat voorstel dat daar

oorgeskakel moet word na ’n formule met ’n hoër

inhoud van kaseïen.

7 November 2012

Tabel 6. Ander melke en melkprodukte wat nie aanbeveel word vir babavoeding nie

Melkproduk Aanbeveling Rede(s)

Vol koeimelk Moet nie gee aan Ongeskikte voedingsinhoud teenoor borsmelk

babas jonger as • Bevat te min yster, linoleïensuur, vitamien E

12 maande nie • Bevat oormatige hoeveelhede natrium, kalium, chloor, proteïne

Gastro-intestinale bloeding en bloedverlies

• Daar is getoon dat koeimelk mikroskopiese bloeding en bloedverlies

vanuit ’n baba se onvolwasse spysverteringskanaal veroorsaak

wanneer dit gegee word aan babas onder ses maande, en tot ’n

mindere mate tussen 6 en 12 maande

Stremming op die niere

• Koeimelk is moeilik vir ’n baba se onvolwasse niere om te verwerk

(plaas stremming op die baba se niere)

Allergiese reaksies

• Koeimelk bevat proteïne en ’n balans van proteïne wat allergiese

reaksies kan ontlok.

Laevet of Moet nie gee aan Ongeskikte voedingsinhoud teenoor borsmelk

afgeroomde babas en kinders in • Lae kaloriedigtheid (verskaf nie genoegsame energie nie)

koeimelk die eerste twee • Bevat ongenoegsame hoeveelhede vet, essensiële vetsure, yster,

lewensjare nie vitamiene E & C

• Bevat oormatige hoeveelhede natrium, kalium, chloor, proteïne – die

hoeveelheid proteïne en minerale is selfs hoër as in vol koeimelk, en

hierdie melke plaas ’n las op die niere soortgelyk aan dié van volmelk

Ingedampte Tuisgemaakte Die nadele is soortgelyk aan dié van vol koeimelk

melk formules gemaak • Ingedampte melk is vol koeimelk waarvan sowat 60% water verwyder

van ingedampte

melk word nie aanbeveel

in die eerste

12 lewensmaande

nie

is.

Versoete Nie aanbeveel vir Hoë suiker- (koolhidraat-) inhoud

kondensmelk babas nie • Word gemaak deur suiker by volmelk te voeg en dan die water van

die melk af te damp.

Bokmelk Nie aanbeveel vir Ongeskikte voedingsinhoud teenoor borsmelk

babas nie • Bevat ongenoegsame hoeveelhede yster, folaat, vitamiene C en D,

tiamien, niasien, vitamien B6 en pantoteensuur

Plaas stremming op die niere

• Bokmelk is moeilik vir ’n baba se onvolwasse niere om te verwerk

Sojamelk of Nie aanbeveel vir Ongeskikte voedingsinhoud teenoor borsmelk

rysgebaseerde babas nie • Bevat onvoldoende hoeveelhede energie, proteïne en vet

melk • Wanvoeding is al gerapporteer in babas wat hierdie melke as hoof

voedingsbron gegee is

Versoete Moet nie aan babas Word geassosieer met ’n hoër risiko van vroeë tandbederf in

drankies uit ’n gee nie kinders en kindervetsug

bottel • Kan ook borsmelk of babaformule uit die dieet verplaas en lei tot

onvermoë om te floreer

Babas wat ’n groter risiko het vir die ontwikkeling van

gastro-enteritis a.g.v. bekommernisse verwant aan

skoon watervoorsiening of swak bottelsterilisasieprosedures,

kan voordeel trek uit ’n aangesuurde

formule. Hierdie formules kan ook oorweeg word as

babas vanaf ’n jong ouderdom ’n dagsorg bywoon,

wat hul dikwels onder ’n groter risiko plaas vir

verskeie infeksies, insluitende gastro-enteritis. Die

babaformule word aangesuur deur die byvoeging

van melksuur of sitroensuur. Die aangesuurde

formule kan die groei van slegte bakterieë inhibeer,

wat lei tot ’n laer risiko van diarree.

8 November 2012

Tabel 7. Die samestelling van babaformules

Voedingstof Samestelling in babaformule

Water Word gebruik om vloeibare formule te berei

• Dit is van kardinale belang vir ouers om die vervaardiger se aanwysings te lees, verstaan

en te volg wanneer water by poeierformules gevoeg word.

• As te veel water bygevoeg word, kan dit lei tot gewigsverlies en oormatige waterinname in

die baba.

• Deur meer formule as nodig te gebruik, kan veroorsaak dat die baba te veel gewig optel en

kan stremming op die niere plaas.

• Gekonsentreerde formules kan ook aanleiding gee tot diarree, wat dan op die beurt kan lei

tot dehidrasie.

Koolhidrate Laktose is die hoof koolhidraat in borsmelk en in meeste koeimelkgebaseerde babaformules.

• Meeste babas floreer op ’n formule wat laktose bevat, maar babas wat nie genoeg van die

laktase-ensiem het wat laktose afbreek nie, kan beter vaar op sojaformule.

Laktosevrye formules is geneig om mieliestroopvastestowwe, asook tapiokastysel,

gemodifiseerde mieliestysel en maltodekstrien i.p.v. laktose te bevat.

• Laktosevrye formules kan gebruik word in babas wat onverdraagsaam is teenoor laktose.

Daar is geen bewyse dat laktosevrye formules koliek verbeter nie, maar ’n kort proeflopie

van ’n laktosevrye formule kan oorweeg word in babas wat koliek het of wat spysverteringsongemak

of -simptome toon na ’n voeding.

Proteïne Babaformules verskil t.o.v. die hoeveelheid wei- en kaseïenproteïne wat hul bevat.

• Proteïne wat ontleen is aan koeimelk word gewoonlik gemodifiseer bv. deur dit te verryk

met weiproteïen sodat die proteïenprofiel meer ooreenstem met dié van borsmelk.

Aminosure in formulemelk word gebaseer op borsmelksamestelling

• Baie babaformules kan toegevoegde tourien en sisteïen bevat om nouer ooreen te stem

met die aminosuurprofiel van borsmelk

Vet Formulemelk kan verskeie groente-olies bevat as vet, insluitend mielie-, soja-, saffraan-,

sonneblom- en klapperolie.

• Groente-olies in babaformules word versnit om die vetsamestelling van borsmelk so nou as

moontlik na te boots

• Daar is beduidende navorsing wat die voordele van DHA en ARA op die ontwikkeling van

die baba se brein en visie toon.

Dit het daartoe gelei dat baie vervaardigers DHA en ARA tot babaformules toevoeg, en so

ook die stowwe waaruit DHA en ARA gemaak word, d.i. alfa-linoleïensuur en linoleensuur.

Vitamiene en Vitamiene en minerale word by babaformules gevoeg om so na as moontlik met die vlakke

minerale daarvan in borsmelk ooreen te stem.

• Alle babas behoort ysterverrykte formule te ontvang om ystertekortanemie te voorkom.

Beide koeimelkgebaseerde en sojaformules word met yster verryk.

Nukleotiede Konsentrasies van nukleotiede in koeimelkgebaseerde formules is laer as dié van borsmelk.

• Baie babaformules bevat toegevoegde nukleotiede, maar navorsing is nodig om die

voordele van die toevoeging van nukleotiede tot babaformule te bevestig, bv. die voordele

op die immuniteit teen infektiewe siektes.

Prebiotika en Die samestelling van die intestinale flora (d.i. goeie bakterieë vs. slegte bakterieë in die

probiotika spysverteringskanaal) speel ’n belangrike rol in die funksie van die immuunstelsel (die stelsel

wat die liggaam teen indringing van bakterieë en ander mikro-organismes soos virusse

beskerm).

• Prebiotika soos galakto-oligosaggariede (GOS) en frukto-oligosaggariede (FOS) is

voedingstowwe wat die groei van goeie bakterieë in die ingewande ondersteun.

• Probiotika is goeie bakterieë bv. Lactobacilli en Bifidobacteria wat die ingewande teen

indringing met slegte bakterieë beskerm.

• Baie formulevervaardigers voeg nou prebiotika en probiotika tot babaformules toe om die

risiko van gastro-intestinale infeksies, soos diarree, te verminder.

9 November 2012

Tabel 8. Babaformules wat beskikbaar is in Suid-Afrika

(aangepas uit Owens et al. S A Fam Pract 2012;54(1):25-30.

Klas Indikasie vir Handelsnaam Kcal/ Proteïenbron en Koolhidrate en Bymiddels

gebruik 100ml g/100ml g/100ml

Standaard- Gesonde voltermyn Nestlé, Nan 1 ® 67 Gedemineraliseerde wei, Laktose, 7.47 DHA, ARA en

termyn baba- babas, of babas 30:70 wei-dominant 1.23 nukleotiede

formule met normale Nestlé, Lactogen 1 ® 67 Gedemineraliseerde wei, Laktose, malto- -

0-6 maande, geboortegewig 55:45 kaseïen-dominant, 1.51 dekstrien, 7.46

maar kan tot op Pfizer, S26 1 ® 67 Afgeroomde melk Laktose, 7.2 -

12 maande oud 40:60 wei-dominant, 1.5

gebruik word Pfizer, S26 Gold 1 ® 67 Afgeroomde melk Laktose, 7.2 DHA, ARA en

40:60 wei-dominant, 1.5 nukleotiede

Pfizer, SMA 1 ® 67 Afgeroomde melk, 1.6, Laktose, 7.0 -

80:20 kaseïen-dominant

Aspen, Infacare 1 ® 67 Weiproteïen, 40:60 Glukose, -

wei-dominant, 1.5 laktose, 7.5

Aspen, Infacare 68 Weiproteïen, 40:60 Laktose, 7.5 DHA, ARA en

Gold 1 ® wei-dominant, 1.4 nukleotiede

Aspen, Infacare 67 Weiproteïen, 40:60 Laktose, 7.5 DHA en ARA.

Nurture 1 ® wei-dominant, 1.5 Prebiotika en

nukleotiede

Pharmac, 66.1 Gedemineraliseerde wei Laktose, malto- -

Novolac 1 ® 50:50 wei: kaseïen, 1.5 dekstrien, 7.5

Abbott, Similac 68 Weiproteïen, 1.4 Laktose, 7.3 DHA, ARA en

Advance with Iron ® nukleotiede

Standaard- Gesonde voltermyn Nestlé, Nan 2 ® 67 Gedemineraliseerde wei, Laktose, 7.67 DHA, probiotika :

termyn baba- babas ouer as 60:40 kaseïen-dominant, Lactobacillus GG

formule 6 maande 2.02 en Bifidobacterium

6-12 maande longum

oud (nie vir ge- Nestlé, 67 Afgeroomde melk, Laktose, Probiotika:

bruik in babas Lactogen 2 ® 64:35 kaseïen-dominant, maltodekstrien, Lactobacillus

< 6 maande 2.03 sukrose, 8.05 reuteri

oud nie) Pfizer, 67 Weiproteïen, 60:40 Laktose en Nukleotiede

S26 Promil 2 ® kaseïen-dominant, 2.2 sukrose, 8.2

Pfizer, S26 Gold 67 Weiproteïen, 60:40 Laktose en DHA, ARA en

Promil 2 ® kaseïen-dominant, 2.2 sukrose nukleotiede

Aspen, Infacare 2 ® 66 Weiproteïen, 65:35 Sukrose en -

kaseïen-dominant, 2.4 glukosestroop, 8.6

Aspen, Infacare 69 Weiproteïen, 50:50 Laktose en DHA, ARA en

Gold 2 ® kaseïen:wei sukrose nukleotiede

Aspen, Infacare 67.3 Afgeroomde melk, 40:60 Laktose en DHA, ARA,

Nurture 2 ® kaseïen-dominant sukrose, 8.1 nukleotiede,

pre- en probiotika

Pharmaco, 66 Afgeroomde melk, 80:20 Laktose en malto- -

Novolac 2 ® kaseïen-dominant, 1.6 dekstrien, 7.7

Pretermyn Vroeggebore Nestlé, Pre Nan 80 30:70 wei, 2.3 Laktose, malto- DHA, ARA en

formules babas < 37 weke. powder ® dekstrien, 8.57 nukleotiede

Geboortegewig Nestlé, Pre Nan 80 100% gedeeltelike gehidro- 8.4 DHA, ARA en

< 2.5 kg. ready to drink ® liseerde weiproteïen, 2.9 nukleotiede

Abbott, Similac 81 Afgeroomde melk, wei- Laktose en mielie- DHA en ARA

Special Care 24Cal ® proteïenkonsentraat, 2.4 stroopvastestowwe,

8.4

Abbott, Similac 68 Afgeroomde melk, wei- Laktose en mielie- DHA en ARA

Special Care 20Cal ® proteïen, 2.0 stroopvastestowwe,

7

10 November 2012

Klas Indikasie vir Handelsnaam Kcal/ Proteïenbron en Koolhidrate en Bymiddels

gebruik 100ml g/100ml g/100ml

Sojaformules Primêre laktase- Abbott, Similac 68 Sojaproteïen-isolaat, 1.66 Mieliestroop en DHA en ARA

0-6 maande tekort Isomil Advance ® sukrose, 7.0

oud Galaktosemie Abbott, Isomil 1 ® 68 Sojaproteïen-isolaat, 1.8 Mieliestroop, -

Vegetariese dieet sukrose, maltose, 6.9

Pfizer, Infasoy 1 ® 67 Sojaproteïen-isolaat, 1.8 Mieliestroop en

sukrose

Aspen, Infacare 65 Sojaproteïen-isolaat, 1.8 Mieliestroop- -

Soya 1 ® vastestowwe, 6.6

Aspen, Infacare 67 Sojaproteïen-isolaat Mieliestroop- DHA, ARA en

Gold Soya 1 ® vastestowwe nukleotiede

Sojaformule Primêre laktase- Abbott, Isomil 2 ® 69 Sojaproteïen-isolaat, 2.3 Mieliestroop, -

6-12 maande tekort sukrose en

oud Galaktosemie maltose, 8.0

Vegetariese dieet Aspen, Infacare 72 Sojaproteïen-isolaat, 2.2 Mieliestroop- -

Soya 2 ® vastestowwe, 7.7

Aspen, Infacare - Sojaproteïen-isolaat Mieliestroop- DHA, ARA en

Gold Soya 2 ® vastestowwe nukleotiede

Pfizer, Infasoy 2 ® 66 Sojaproteïen-isolaat, 2.5 Mieliestroop en

sukrose, 6.9

Nukleotiede

Anti-refluks- Refluks geasso- Nestlé, Nan AR ® 67 Gedemineraliseerde wei Laktose, aartappel- -

formule sieer met die 30:70 kaseïen-dominant, en mieliestysel,

onvermoë om te 1.24 7.7

floreer, respirato- Pharmaco, Novolac 66 Afgeroomde melk, 80:20 Laktose en mielie- Langketting-poliriese

simptome en AR 1 (Also AR 2) ® kaseïen-dominant, 1.7 stysel, 7.4 onversadigde

esofagitis vetsure

Aspen, Infacare AR ® 67 Afgeroomde melk, 80:20 Mieliestroopvaste- -

kaseïen-dominant, 1.6 stowwe, karobboongom

Aspen, Infacare 67 Afgeroomde melk, 80:20 Mieliestroopvaste- DHA, ARA en

Nurture AR ® kaseïen-dominant, 1.6 stowwe, 7.0 nukleotiede

Aangesuurde Babas met Nestlé, 67 Gedemineraliseerde wei, Laktose, malto- Chemies aangesuur

formule verhoogde risiko Nan Pelargon ® om gastro-enteritis

50:50, 1.49 dekstrien, 7.57 met melksuur

te ontwikkel Aspen, Melegi ® 67 Weiproteïen, 40:60 Mieliestroopvaste- Chemies aangesuur

wei-dominant, 1.5 stowwe, laktose,

7.5

met sitroensuur

Lae-laktose of Galaktosemie Nestlé, Nan Lactose 67 Kaliumkaseïnaat, wei- Mieliestroop DHA, ARA en

laktosevry Akute diarree Free ® proteïen 40:60, (maltodekstrien), nukleotiede

Laktose-onver- wei-dominant, 1.4 7.8

draagsaamheid Aspen, Infacare ® 67 Kalsiumkaseïnaat, 1.5 Mieliestroopvaste- DHA, ARA en

(Alhoewel, nie al Nurture LF ® die formules in

stowwe, 7.2 prebiotika

hierdie kategorie is Nie vir galaktosemie

geskik vir pasiënte

met galaktosemie

nie)

nie.

Gedeeltelike Gebruik slegs vir Nestlé, Nan HA ® 1 67 100% gedeeltelike Laktose, malto- DHA en ARA

gehidroliseerde voorkoming van (nuut) gehidroliseerde weiproteïen, dekstrien, 7.56

koeimelk- koeimelk- en ander 1.51

formule allergieë

(babas 0-6 maande

oud)

11 November 2012

Klas Indikasie vir Handelsnaam Kcal/ Proteïenbron en Koolhidrate en Bymiddels

gebruik 100ml g/100ml g/100ml

Gedeeltelike Gebruik slegs vir Nestlé, Nan HA 2 ® 67 100% gedeeltelike Laktose, DHA en ARA.

gehidroli- die voorkoming gehidroliseerde weiproteïen, maltodekstrien, 8 Probiotika:

seerde van koeimelk- en 2.01 Lactobacillus GG

koeimelk- ander allergieë en Bifidobacterium

formule (babas 6-12 longum

(Vervolg) maande oud)

Gebruik slegs vir Abbott, Similac 71 26% mate van hidrolise, Maltodekstrien, Nukleotiede

die voorkoming Advanced HA ® 1.9 7.9

van koeimelk- en Pharmaco, 65 16-22% mate van hidrolise, Laktose, stysel, -

ander allergieë Novolac HA ® 1.6 glukosestroop, 7.6

(babas 0-12 Aspen, Infacare 67 Gehidroliseerde wei, 1.5 Mieliestroop, DHA en ARA.

maande oud) Nurture HA Comfort ® laktose, 7.2 Probiotika

Abbott, Similac 68 100% gedeeltelike Maltodekstrien, DHA, ARA,

Total Comfort ® gehidroliseerde weiproteïen, 7.10 prebiotika (GOS)

(0-6 maande) 1.56

Uitvoerige Gediagnoseerde Nestlé, Alfaré ® 70 100% weiproteïen uitvoerig Maltodekstrien en DHA en

gehidroliseerde koeimelkproteïen- gehidroliseer (80% klein aartappelstysel, nukleotiede

formules allergie, peptiede, 20% vrye 7.42

en ander mediese aminosure), 2.1

toestande Abbott, Similac 66.7 Uitvoerige gehidroliseerde Sukrose, DHA en ARA

Alimentum ® kaseïen, aangevul met 60% gemodifiseerde

vrye aminosure,1.8 tapioka, 6.8

Koeimelkproteïen- Pharmaco, Novolac 61.7 39% mate van hidrolise, Glukosestroop, -

allergie 0-6 maande Allernova ® 1.4 6.7

Koeimelkproteïen- Nutricia, Pepticate ® 66 Uitvoerige gehidroliseerde Maltodekstrien, DHA, ARA en

allergie wei, 1.6 7.1 nukleotiede

Figuur 4. Algoritme : Hoe om ’n babaformule te kies

Goed

verdra

Gaan voort

tot ouderdom

van

12 maande

“Honger

baba”

Skakel oor

na kaseïendominante

formule

Hoër risiko

van gastroenteritis

Aangesuurde

formule

Gesonde voltermynbaba

Begin met borsmelk

As moeder nie kan borsvoed nie

Begin met ’n wei-dominante formule,

Bv.: 60:40 wei tot kaseïen inhoud

Familiegeskiedenis

van allergieë

Gedeeltelike

gehidroliseerde

formule

Ernstige

koliek of

gastrointestinale

ongemak

Laktosevrye

formule

Koeimelkallergie

of

sterk familiegeskiedenis

van allergie

Uitvoerige

gehidroliliseerde

formule

Indien simptome

volhou

Aminosuurformule

Laktoseonverdraagsaamheid

Laktosevrye

formule of

Sojaformule

Oormatige

uitbraking/

refluks

Anti-refluksformule

12 November 2012

Meeste babas kan die bogenoemde gemodifiseerde

koeimelkformules verdra, en toon groei en ontwikkeling

wat soortgelyk is aan dié van borsgevoede babas. Daar

is egter ’n paar situasies waarin ’n gespesialiseerde

formule benodig word.

4.4 Gespesialiseerde formules

Daar is ’n verskeidenheid gespesialiseerde formules

beskikbaar vir babas wat nie gemodifiseerde

koeimelkformules kan verdra nie.

Babaformule vir koeimelkproteïenallergie

Uitsluitlike borsvoeding en die uitstel van die byvoeging

van vaste kosse totdat die baba ses maande oud is, is

die aanbevole benaderings tot die voorkoming van

voedselallergieë in babas. Waar uitsluitlike borsvoeding

nie moontlik is nie, behoort babas wat deur ’n dokter met

’n koeimelkproteïenallergie gediagnoseer is, ’n gehidroliseerde

babaformule te gebruik. Uitvoerige gehidroliseerde

hipoallergeniese formules behoort eerste

probeer te word. Vir die paar babas wat hoogs allergies

is, of wie se simptome nie verbeter met die gebruik van

’n uitvoerige gehidroliseerde formule nie, moet ’n

aminosuurgebaseerde formule probeer word.

Laktosevrye formules

Babas wat laktose-onverdraagsaam is, of wat

aanhoudende koliek het, mag nodig hê om ’n laktosevrye

formule te gebruik.

Sojaformules

Die enigste mediese rede vir die gebruik van ’n

sojaformule is vir babas wat ’n tekort het aan die

laktase-ensiem en wat dus nie laktose kan verdra nie.

Hierdie babas kan ook ’n laktosevrye formule gebruik

soos hierbo beskryf.

Verskeie studies toon dat babas wat sojaformules

gevoed word, soortgelyke groei en ontwikkeling toon

vergeleke met babas wat borsmelk en gemodifiseerde

koeimelkformules gevoed word. Sojamelk moet egter

nie gebruik word in vroeggebore babas of babas met ’n

lae geboortegewig nie, en is ook nie die eerste keuse in

babas met koeimelkproteïenallergie of ’n sterk familiegeskiedenis

van allergieë nie. In hierdie babas moet ’n

gehidroliseerde formule eers probeer word.

Ouers wat ’n vegetariese dieet vir hul baba verlang, kan

ook verkies om ’n sojaformule te gebruik.

Anti-refluksformules

Babas wat hul voedings opspoeg en swak gewigstoename

toon of spysverteringsongemak, kan voordeel

trek uit ’n anti-refluksformule. Hierdie babas behoort na

’n dokter verwys te word vir assessering, alvorens ’n

anti-refluksformule begin word.

5. RIGLYNE VIR BOTTELVOEDING

Pasgebore formulegevoede babas word oor die

algemeen so gereeld formule gevoed as wat uitsluitlike

borsgevoede babas gevoed word, vir ’n totaal van agt

tot 10 voedings binne 24 uur. Soos borsgevoede babas,

het formulegevoede babas nodig om klein hoeveelhede

babaformule deur die loop van die dag en nag te

ontvang, omdat hul magies nog klein is. As ’n pasgebore

baba vir langer as vier ure op ’n slag slaap, moet die

baba wakker gemaak word en ’n bottel aangebied word.

Tabel 9. Wenke vir bottelvoeding

Was die hande met seep en water voor voeding.

Vind ’n gemaklike plek om te voed.

Interageer met die baba in ’n kalm en ontspanne

manier in voorbereiding op en gedurende die

voeding, bv. deur vertroeteling en deur minsaam

met die baba te praat.

Vir babas wat ’n verhitte bottel verkies, verhit die

bottel net voor die voeding.

Hou die baba in jou arms of skoot gedurende die

voeding, met die baba in ’n semi-regop posisie

met die kop effens vorentoe gekantel en

ondersteun. Die baba moet die versorger se

gesig kan sien. As die baba se koppie te ver terug

gekantel is, of as die baba in die liggende posisie

is, kan die vloeistof in die baba se lugpypie inloop

en veroorsaak dat hy stik. Babas kan ook

oorinfeksies opdoen, omdat vloeistof die middeloor

binnegaan en nie behoorlik kan dreineer nie. Dit

is nooit geskik om die bottel teen iets soos ’n

kussing staan te maak en die baba sodoende te

laat voed nie. Ouer babas kan verkies om die

bottel self vas te hou terwyl hul in die versorger se

arms is. Moet egter nie die bottel voor slaaptyd

gee of toelaat dat die baba dit rondra nie. As ’n

baba toegelaat word om met ’n bottel te slaap,

kan dit tot tandbederf lei.

Hou die bottel stil en teen ’n hoek, sodat die punt

van die bottel naby die tiet gevul is met formule en

nie lug nie.

Verseker dat die tietgrootte geskik is – as die

bottel onderstebo gehou word, moet die druppels

wat uitloog gou opmekaar volg, en nie ’n stroom

vorm nie.

Breek die kind se winde op by enige natuurlike

breek, of aan die einde van die voeding, om te

help om geslukte lug uit die magie te elimineer.

’n Baba se winde kan opgebreek of uitgevryf word

deur liggies die baba se ruggie te tik of te vryf

terwyl hy of sy teen die voorkant van die versorger

se skouer en bors gehou word, of terwyl hy in ’n

sittende posisie op die versorger se skoot gehou

word. ’n Klein hoeveelheid gespoeg is algemeen

in formulegevoede babas.

Moet nooit enige baba dwing om die bottel se

inhoud klaar te maak nie. Babas het die beste

oordeel t.o.v. hoeveel hul benodig.

Gooi enige oorgeblewe babaformule na ’n voeding

weg. Die mengsel van babaformule met speeksel

skep ’n ideale teelaarde vir siekteveroorsakende

mikroörganismes.

13 November 2012

Figuur 5. Kontrolelys vir bereiding van babaformule.

1

2

3

4

Was jou hande, arms en

onder jou naels baie goed

met seep en warm water.

Spoel deeglik af. Maak jou

werkspasie skoon en

saniteer dit.

Was bottels en tiete deur

gebruik te maak van bottel- en

tietborsels, was ook doppies,

ringe en voorbereidingsgereedskap

in warm, seperige

water voor gebruik. Spoel

deeglik af.

Spuit skoon water deur

die spuitgaatjie van die

tiet om te verseker dat

dit oop is.

Plaas die bottles, tiete, doppies

en ringe in ’n pot en bedek met

water. Plaas die pot oor hitte,

bring tot kookpunt en laat vir 5

minute kook. Verwyder met ’n

gesaniteerde tang, laat die items

afkoel en lugdroog.

5 Vir die formule, bring water tot borrelende

kookpunt. Laat dit vir ’n minuut of twee kook

en dan afkoel. Gebruik hierdie water om die

formule mee te meng.

Gebruik water van ’n bron

wat deur die plaaslike

gesondheidsdepartement

goedgekeur is. Indien kraanwater

gebruik is, gebruik

KOOK

slegs koue kraanwater wat

KOEL AF toegelaat is om eers vir 2

minute te loop.

6

7

Verwyder die plastiese deksel en

was dit met seep en skoon water en

droog af. Skryf die datum aan die

buitekant van die plastiese deksel.

Was die bokant van die blik met

seep en water en spoel deeglik af

en droog. Was die blikoopmaker

met seep en warm water. Maak die

kan oop en verwyder die skeplepeltjie.

Maak seker dat die skeplepeltjie

heeltemal droog is, alvorens die

poeierformule uitgeskep word.

Gebruik slegs die skeplepeltjie wat

saam met die formuleblik kom.

Berei die formule volgens die vervaardiger

se instruksies

Maak die tiet en die ring aan die

bottel vas en SKUD GOED. Gee

die bereide formule dadelik aan

die baba vir voeding.

Vanaf geboorte tot ses maande oud groei babas baie

vinnig en verhoog die hoeveelheid formule wat met elke

voeding geneem word, asook die totale hoeveelheid

formule wat in 24 uur geneem word, geleidelik. Dit word

aanbeveel om die vervaardiger se aanwysings te volg

aangaande die hoeveelheid formule om te berei

gebaseer op die baba se ouderdom. Voedings deur die

nag is gewoonlik nie nodig vir die ouer baba wat

gesonde groei en ontwikkeling toon nie.

5.1 Higiëne en bottelvoeding

Om te verseker dat babaformule veilig is vir gebruik,

moet die babaformule toepaslik berei en gestoor word,

en die bottel moet ordentlik gesteriliseer word. Sien

Figuur 4 vir ’n bottelbereidingskontrolelysie.

Bereiding en stoor van babaformule:

Dit is belangrik om te verseker dat bottels en

toebehore skoon en gesteriliseer is. Babas van drie

maande oud en jonger is meer geneig om siek te

14 November 2012

8

9

10

11

12

Indien meer as een bottel berei

is, plaas ’n skoon tiet met die

regte kant na bo op elke bottel

en bedek met die tietdoppie.

Plaas in die yskas tot dit tyd is

vir die volgende voeding.

Gebruik binne 24 uur. Moet nie

die formule by kamertemperatuur

los nie. Om die

bottel te verhit, hou onder

lopende warm water.

Moenie die bottels in die

mikrogolfoond verhit nie.

Gooi ongebruikte formule

wat in die bottel agtergebly

het na voeding, of wat vir

meer as 'n uur buite die

yskas gestaan het, uit.

Maak seker dat geen water of

ander vloeistof in die blik poeier

kom nie. Bedek die oopgemaakte

blik dig en stoor in 'n

koel, droë plek ( nie in die yskas

nie). Gebruik binne 4 weke na

opening om varsheid te

verseker.

word van bakterieë in bottels en tiete wat nie ordentlik

skoongemaak is nie, skoongemaak is in

gekontamineerde water of berei is met

gekontamineerde water.

Dit is baie belangrik om die vervaardiger se

aanwysings te volg wanneer ’n babaformule berei

word.

Moenie graankosse of enige ander kos by die formule

voeg nie, omdat dit die baba verkeerd leer hoe om

vaste kosse te eet en dit ook die baba se risiko om

te stik, verhoog.

Hou die bereide bottels in die yskas totdat dit gereed

is vir gebruik.

Moet nie die bottels met babaformule in toelaat om

by kamertemperatuur te staan nie. Gooi ongebruikte

formule wat in die bottel agtergebly het onmiddellik

weg en was die bottel onmiddellik met seep en warm

water.

Maak die bottels en toebehore skoon en steriliseer

dit voordat dit weer gebruik word.

6. DIE BYVOEGING VAN VASTE KOSSE

Na die ouderdom van ses maande raak dit toenemend

moeiliker om aan borsgevoede babas se

voedingsbehoeftes te voldoen uit borsmelk of

formulemelk alleenlik. Meeste babas is gereed vir

ander kosse teen die ouderdom van ses maande. Die

spysverteringstelsel is nou volwasse genoeg om stysel,

proteïne en vette te verteer in ’n nie-melk dieet

Let wel: Sommige babas kan verhoogde hongerte toon

en kan t.o.v. ontwikkeling gereedheid toon vir

vaste kosse voor die ouderdom van ses

maande. Om vroeg met die byvoeging van

vaste kosse te begin, moet egter onder die

toesig van ’n dokter of klinieksuster geskied.

6.1 Wanneer om vaste kosse te begin

Daar word gemeen dat ’n baba fisiese gereedheid moet

toon om vaste kosse te begin inneem. Dit is gewoonlik

vanaf die ouderdom van ses maande. Die volgende is

’n nuttige kontrolelysie om te help om vas te stel

wanneer ’n baba fisiese gereedheid vir vaste kosse

toon. Al die kriteria moet teenwoordig wees.

Die baba kan regop sit met ondersteuning en kan sy

koppie heen en weer beweeg

Die baba moet hom- of haarself met die voorarms

kan ondersteun

Die baba maak sy/haar mond oop wanneer ’n lepel

die lippe nader

Die tongetjie kan kos na die agterkant van die mond

beweeg om gesluk te word

Die baba word nie meer deur slegs melkvoedings

versadig nie (word honger binne drie tot vier ure na

’n melkvoeding)

Tabel 10. Tipe en hoeveelheid voedsel benodig

by verskillende ouderdomme.

Ouder- Tekstuur Frekwensie Hoeveelheid

dom kos wat ’n

gemiddelde kind

gewoonlik per

ete sal eet

6-8 Goed fyngemaakte 2 tot 3 maal per dag Begin met 2 teemaande

kosse* Afhangende van die lepels per voeding,

Pap kind se eetlus, kan verhoog geleidelik

Babagraankosse 1-2 versnaperings*** tot helfte van ’n

bv. rysgraankos gegee word 250ml koppie

9-11 Fyngekapte of 3 tot 4 maaltye per Helfte van ’n 250ml

maande fyngemaakte kosse dag koppie

en kosse wat die Afhangende van die

baba kan optel kind se eetlus kan

(vingerkos)** 1-2 versnaperings***

gegee word

12-23 Familiekosse, 3 tot 4 maaltye per Driekwart tot ’n vol

maande gekap of fynge- dag 250ml koppie

maak indien nodig Afhangende van die

kind se eetlus kan

1-2 versnaperings***

gegee word

* Die basiese bestanddeel van vaste kosse is gewoonlik

die plaaslike stapelvoedsel. Stapelvoedsels is

graankosse, plantwortels en styselagtige vrugte, wat

hoofsaaklik uit koolhidrate bestaan en energie verskaf.

’n Verskeidenheid van ander kosse moet daagliks

bygevoeg word tot die stapelvoedsel om ander

voedingstowwe te verskaf. Kosse van diere of vis is

goeie bronne van proteïne, yster en sink.

** Daar is bewyse dat ’n kritieke vensterperiode vir die

byvoeging van ‘bonkige of klonterige’ kosse bestaan;

as hierdie kosse na 10 maande oud nog nie bygevoeg

is nie, kan dit die risiko vir voedingsprobleme later in

die lewe verhoog.

*** Versnaperings kan vrugte, joghurt, geskikte

bababeskuitjies of –koekies en roosterbroodvingers

met margarien insluit. Vrugtesap moet slegs gegee

word in ’n bekertjie en moet as deel van die maaltyd

gegee word, of as ’n versnapering. Daar moet nie deur

die dag daaraan geteug word nie. Vrugtesap moet ook

nie met slaaptyd gegee word, of wanneer die kind in die

bed sit nie, en dit moet ook nie in ’n bottel gegee word

nie. Oormatige inname van vrugtesap word geassosieer

met wanvoeding en tandbederf. Sekere kosse moet

vermy word in babas wat jonger is as ’n jaar (bv. neute,

druiwe, rou wortels en harde lekkers). Hierdie kosse

kan die kind laat stik. Heuning moet ook vermy word,

a.g.v. die assosiasie van heuning met bababotulisme

Let wel: Dit is belangrik om te onthou dat

voedingspraktyke gedurende die eerste

twee lewensjare help om lewenslange

eetgewoontes te vestig, en daarom is dit

belangrik om al vroeg gesonde eetgewoontes

te ontwikkel.

15 November 2012

6.2 Hoe om met vaste kosse te begin

Borsvoed of bottelvoed eerste

Begin met klein hoeveelhede van enkelbestanddeelkosse

(twee teelepels) na die melkvoeding, bou

stadig op na groter hoeveelhede.

Beginnerkosse moet met ’n lepel gevoer word.

Ideale beginnerkosse sluit in fyngemaakte aartappel,

pampoen, botterskorsie, wortels, patats,mieliepap

of babagraankosse (ysterverryk). Graankosse kan

gemeng word met borsmelk of formule.

LET WEL: Moet nie graankos by die bottel voeg

nie. Verrykte babagraankosse behoort

eerste by die dieet gevoeg te word,

omdat hul yster en sink verskaf, twee

voedingstowwe wat die waarskynlikste

is om in babas se diëte te kort.

Rysgraankos word dikwels eerste

gegee, omdat dit die minste allergenies

is.

Voeg een nuwe kos op ’n slag by, en gee dit twee tot

drie maal per dag vir 2 tot 7 dae voordat ander nuwe

kosse bygevoeg word – dit gee die geleentheid om

voedselonverdraagsaamhede en –allergieë op te

merk. Kosse wat meer geneig is om allergieë te

veroorsaak, sluit in eiers, koeimelk, soja, neute, vis

en koring.

Die aanvaarbaarheid van nuwe kosse verhoog met

herhaaldelike blootstelling. Tot 8 blootstellings kan

nodig wees, alvorens ’n nuwe kos aanvaar word.

Borsvoeding kan die aanvaarding van vaste kosse

fasiliteer, as gevolg van die verskeidenheid van

geure wat deur borsmelk oorgedra word.

Sorg moet geneem word om te voorkom dat

fyngemaakte voedselflessies nie bederf nie. Flessies

van babakosse kan in die yskas gehou word vir tot

48 uur nadat dit oopgemaak is, voordat dit weggegooi

moet word. Kos moet egter uit ’n bord aan die baba

bedien word, eerder as uit die flessie. Kos wat in die

bord oorbly, moet weggegooi word.

Kombinasiekosse kan aan babas gegee word nadat

hul die vermoë om die individuele komponente te

verdra, getoon het.

Wanneer fyngemaakte kosse goed verdra word,

kan meer bonkige kosmengsels gegee word.

Teen 8 tot 10 maande, begin babas die vaardighede

om vingerkosse op hul eie te eet, bemeester.

Die byvoeging van suiker en sout word ontmoedig.

Die aanvaarbaarheid van die kos vir die baba word

nie verhoog deur suiker en sout by te voeg nie. Deur

bygevoegde suiker en sout in suigelingskap te vermy,

kan ’n laer drempel gestel word vir soet- en soutsmake

later in hul lewens. Ouers moet voedseletikette lees

en produkte koop waarby daar nie suiker of sout

gevoeg is nie.

7. DIE ROL VAN DIE VOORWINKEL-

PERSONEEL

Uitsluitlike borsvoeding is die mees effektiewe manier

om te verseker dat babas die voeding ontvang wat hul

benoding in die eerste ses lewensmaande. Daarom

moet uitsluitlike borsvoeding so ver as moontlik

aangemoedig word.

Wanneer mammas nie kan borsvoed nie, dan is

babaformule die volgende beste alternatief. Babas wat

formulemelk gegee word, toon groei en ontwikkeling

wat soortgelyk is aan dié van borsgevoede babas,

maar saam met die verhoogde koste van

formulevoeding, moet mammas beraad word t.o.v.

wenke en higiëne vir bottelvoeding

Die apteek se voorwinkelpersoneel is in die ideale

posisie om mammas op te voed oor die keuse van ’n

babaformule. Dit is belangrik om vroue in te lig dat

beginformules t.o.v. voeding redelik soortgelyk is, en

dat enige ysterverrykte beginformule van

gemodifiseerde koeimelk, wat aanbeveel is vir babas

van geboorte tot ses maande oud, aan die

voedingsbehoeftes sal voldoen wat nodig is vir optimale

groei en ontwikkeling in gesonde voltermyn babas.

Die voorwinkelpersoneel behoort:

Mammas in te lig oor die voordele van uitsluitlike

borsvoeding as die eerste keuse vir babavoeding.

Mammas, wat om een of ander rede nie kan borsvoed

nie, in hul besluit om formulevoeding toe te pas, te

ondersteun.

Vroue in te lig dat enige beginformule van

gemodifiseerde koeimelk geskik is vir meeste babas.

Vroue advies te gee oor wanneer dit toepaslik sal

wees om na ’n ander formule oor te skakel of

wanneer die gebruik van ’n gespesialiseerde formule

oorweeg kan word, bv. by babas met ’n sterk

familiegeskiedenis van allergieë. Baie mammas

skakel oor van formules in die geloof dat die

oorskakeling die baba langer sal laat slaap of

simptome van koliek of versteurings in

spysverteringskanaalfunksie sal verlig. In meeste

gevalle los hierdie probleme self op soos wat die

baba se spysverteringskanaal volwasse word.

Mammas na die dokter of kliniek te verwys as die

baba voedingsprobleme het of nie floreer nie.

Mammas te adviseer oor bottelvoedingstegnieke en

bottelhigiëne om infeksies in jong babas te help

voorkom.

Mammas te adviseer oor wanneer en hoe om vaste

kosse by te voeg en watter vaste kosse as beginkosse

gebruik kan word.

Verwysings op aanvraag beskikbaar.

16 November 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!