06.05.2013 Views

wt15611 - Front Shop - Afrikaans Questions.pmd - insightcpd.co.za

wt15611 - Front Shop - Afrikaans Questions.pmd - insightcpd.co.za

wt15611 - Front Shop - Afrikaans Questions.pmd - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Alpha Pharm

Apteek Personeel Kliniese Onderrig

Program

AFDELING 1

1

Multikeuse Vrae - Puisies en Aknee

Kies die mees toepaslike antwoord vir elke vraag en

voltooi die MKV-kaart. Daar is slegs een korrekte

antwoord vir elke vraag. Die antwoordkaart moet aan

ons teruggestuur word voor of op 17 Oktober 2012.

1. Die vel:

A. Het verskeie funksies.

B. Bedek die hele liggaam.

C. Het ’n oppervlakte van 1.2 tot 2.2 vierkante

meter.

D. Weeg omtrent 4 tot 5 kg.

E. Al die bogenoemde is korrek.

2. Dit is waar dat:

A. Miljoene dooie selle elke dag afvryf en dat ’n

nuwe epidermis elke 25 tot 45 dae vorm.

B. Die vel ewe dik is reg oor die liggaam.

C. Die dermis onder die epidermis lê en die grootste

deel van die vel vorm.

D. A en C is korrek.

E. A,B en C is korrek.

3. Kies die verkeerde stelling:

A. Sweetkliere is die sogenaamde porieë op ’n

persoon se gelaat.

B. Sweetkliere kom omtrent oor die hele veloppervlakte

voor.

C. Talgkliere (vetkliere) word nie op die handpalms

of voetsole gevind nie.

D. Die talgkliere is groter op die gesig en nek as op

die bene.

E. Die talgkliere skei ’n olierige stof genaamd

sebum af.

Posbus 218, Cramerview, 2060

Telefoon: 011 706 6939 Faks: 086 660 9527

E-pos: cpdalphapharm@insightmed.co.za

2012 MODULE 4

4. Sebum:

A. Word in ’n haarfollikel of porie op die veloppervlakte

afgeskei.

B. Dien as ’n smeermiddel op die vel en om die vel

te versag.

C. Vertraag die verlies van water vanuit die vel

wanneer die humiditeit van die lug laag is.

D. Het ’n antibakteriële (bakterie-dodende)

werking.

E. Al die bogenoemde is korrek.

5. Kies die verkeerde stelling:

A. Hormone, veral androgene, stimuleer die

afskeiding van sebum vanuit talgkliere.

B. Talgkliere is die aktiefste tydens die kinderjare.

C. Talgkliere word meer aktief tydens puberteit in

mans en vrouens.

D. Indien ’n talgklier deur opgehoopte sebum

geblokkeer word, verskyn ’n witkoppie op die

oppervlakte van die vel.

E. Indien die sebum in ’n witkoppie oksideer en

uitdroog, word dit donkerder en vorm ’n

swartkoppie.

6. Aknee:

A. Is ’n aktiewe inflammasie van die talgkliere.

B. Kom nie na puberteit voor nie.

C. Kom as puisies, pustules of siste op die vel

voor.

D. A en C is korrek.

E. A, B en C is korrek.

7. Die vier basiese stappe wat betrokke is in die

ontwikkeling van aknee is:

A. Die haarfollikels of porieë word geblokkeer met

dooie velselle.

B. Die talgklier vergroot en sebumproduksie

verhoog.

C. Die verhoogde sebum veroorsaak dat ’n oormaat

bakterieë op die vel groei.

D. Die bakterieë breek die sebum in stowwe af wat

die vel irriteer.

E. Al die bogenoemde is korrek.

8. Kies die verkeerde stelling:

A. Indien ’n geblokkeerde haarfollikel nie op die

oppervlakte van die vel gesien kan word nie,

word dit ’n mikrokomedoon genoem.

B. ’n Mikrokomedoon word as die vroegste velletsel

van aknee beskou.

C. Swartkoppies en witkoppies is inflammatoriese

letsels van aknee.

D. Die mikrokomedoon kan in ’n nie-inflammatoriese

of ’n inflammatoriese letsel ontwikkel.

E. Witkoppies is meer geneig om in inflammatoriese

puisies as swartkoppies te ontwikkel.

9. Watter van die volgende is nie ’n

inflammatoriese letsel van aknee nie?

A. Papule

B. Pustule

C. Oop komedoon

D. Nodule

E. Sist

10. Dit is waar dat:

A. Meeste akneelyers kla van ’n oormatige

olierigheid van die vel.

B. Mense met ligte aknee het meestal swartkoppies

en witkoppies en/of slegs ’n paar puisies.

C. Mense met matige aknee het verskeie rooi,

ettergevulde puisies, swartkoppies en

witkoppies.

D. Mense met ernstige aknee het verskeie groot,

seer, ettergevulde knoppe of nodules onder die

vel.

E. Al die bogenoemde is korrek.

2

11. Kies die verkeerde stelling:

A. Slegs ernstige aknee kan letsels veroorsaak.

B. Aknee kan voor ’n vrou se maandstonde

vererger.

C. Oliegebaseerde kosmetiese produkte kan tot

aknee bydra.

D. Mense met aknee moet nie aan hul vel druk nie.

E. Harde, saamtrekkende velsorgprodukte kan

persone met aknee se vel te veel uitdroog.

12. Geneesmiddels wat aknee kan veroorsaak sluit

in:

A. Vitamien B2, B6 en B12.

B. Anaboliese steroïede.

C. Orale kontrasepsie.

D. A en C is korrek.

E. A, B en C is korrek.

13. Akneebehandelings:

A. Mag dalk vir 2 of 3 maande gebruik moet word,

voordat daar besluit word of die behandeling

effektief is.

B. Moet altyd die gebruik van harde, saamtrekkende

reinigingsmiddels insluit wat die vel

uitdroog.

C. Mag dalk vir ’n paar jaar volgehou moet word.

D. A en C is korrek.

E. A, B en C is korrek.

14. Kies die verkeerde stelling:

A. Topikale middels moet aan areas aangewend

word wat geneig is tot aknee, eerder as net aan

die akneeletsels.

B. Rome is makliker om aan harige areas aan te

wend.

C. Dit is beter om laer-sterkte middels te gebruik

wanneer behandeling begin word, of in persone

met sensitiewe velle.

D. Jelle het ’n uitdrogende effek en mag deur

diegene met olierige velle verkies word.

E. Dit is makliker om oplossings en wasmiddels

oor groot areas soos die bors of rug aan te

wend.

15. Dit is waar dat:

A. Pasiënte met ligte aknee goed vaar met slegs

topikale behandeling.

B. Vroue met ligte aknee altyd ’n orale kontraseptiewe

middel moet neem.

C. Pasiënte met matige of ernstige aknee

behandeling kan benodig met orale medikasie

wat op voorskrif beskikbaar is.

D. A en C is korrek.

E. A,B en C is korrek.

16. Topikale bensoïelperoksied:

A. Het antibakteriële, anti-inflammatoriese en antikomedogeniese

effekte.

B. Het ’n keratolitiese werking, d.w.s. verwyder

dooie velselle.

C. Is die eerstelinie oor-die-toonbank behandeling

vir nie-inflammatoriese en inflammatoriese

aknee.

D. Veroorsaak verbetering in aknee wanneer dit

gereeld gebruik word.

E. Al die bogenoemde is waar.

17. Kies die verkeerde stelling:

A. Bensoïelperoksied voorkom die vorming van

nuwe letsels eerder as om letsels wat reeds

teenwoordig is, te laat krimp.

B. Bensoïelperoksied moet aan die hele

geaffekteerde area aangewend word en nie

slegs aan die individuele komedone nie.

C. Topikale salisielsuur is altyd meer effektief as

topikale bensoïelperoksied.

D. Bensoïelperoksied kan hare, klere en

beddegoed bleik.

E. Was die vel met ’n matige reinigingsmiddel

voordat bensoïelperoksied aangewend word.

18. Salisielsuur:

A. Kan die haarfollikel binnedring en ’n antikomedogeniese

effek hê.

B. Verminder sebumproduksie.

C. Kan saam met bensoïelperoksied in die

behandeling van aknee gebruik word.

D. A en C is korrek.

E. A, B en C is korrek.

3

19. Kies die verkeerde stelling:

A. Pasiënte wat orale isotretinoïen neem kan ’n

chemiese afskilfering een keer per week

ondergaan.

B. Oppervlakkige chemiese afskilferings is meestal

geskik vir pasiënte met komedonale aknee.

(d.w.s. wat meestal swartkoppies en witkoppies

het)

C. Aselaïensuur is effektief teen die bakterieë wat

aknee veroorsaak.

D. Pasiënte wat topikale retinoïedes gebruik, moet

behandeling staak voordat hul ’n chemiese

afskilferingsbehandeling ondergaan.

E. Topikale teeboomolie mag ’n stadiger aanvang

van werking as bensoïelperoksied hê.

20. Kies die verkeerde stelling:

A. Topikale retinoïedes is eerstelinie voorskrifbehandeling

vir komedonale en matige aknee.

B. Alle pasiënte wat topikale retinoïedes gebruik,

moet altyd topikale bensoïelperoksied terselfde

tyd gebruik.

C. Topikale retinoïedes wat vroeg begin word, gee

die vinnigste resultate in die behandeling van

matige aknee.

D. Topikale retinoïedes word dikwels as instandhoudingsterapie

vir pasiënte gebruik wat op

orale behandeling vir matige aknee gereageer

het.

E. Orale isotretinoïen moet slegs gebruik word in

persone met ernstige aknee of aknee wat met

die vorming van littekens geassosieer word.

AFDELING 2

KLINIESE GEVALLE

21. Wanneer daar besluit word op die mees

toepaslike behandeling vir ’n spesifieke pasiënt

met aknee, is dit belangrik om die volgende vas

te stel:

A. Die tipe aknee, bv. komedonaal of

inflammatories.

B. Die erns van aknee.

C. Die veltipe bv. droog of olierig.

D. Die teenwoordigheid van littekens.

E. Al die bogenoemde.

22. Nadat die aknee geassesseer is, watter van die

volgende pasiënte moet na die dokter verwys

word?

A. Aknee is matig of ernstig.

B. Aknee veroorsaak littekens.

C. Aknee wat nie binne 8 weke op toepaslike

behandeling gereageer het nie.

D. Aknee wat ’n ernstige psigologiese impak op

die geaffekteerde persoon het.

E. Al die bogenoemde is korrek.

23. Sandra is 14 jaar oud en het swartkoppies en

witkoppies op haar voorkop, neus en ken. Sy

kry soms een of twee puisies voor haar

maandstonde. Sy vra advies oor velsorg om te

verhoed dat haar veltoestand vererger. Wat is

die mees geskikte advies vir die pasiënt?

A. Was die vel een of twee keer per dag met ’n

matige, nie-seepagtige reinigingsmiddel wat

nie die vel skaaf nie.

B. Dra swaar grimering om die puisies te verbloem.

C. Gebruik ’n nie-komedogeniese vogroom.

D. A en C is korrek.

E. A, B en C is korrek.

4

24. Reinhardt is 17 jaar oud en het ligte aknee. Tot

onlangs het hy daarin geslaag om sy veltoestand

onder beheer te hou deur daagliks te

reinig, maar vandat sy eksamens begin het, het

sy vel baie erger geword en is hy opsoek na ’n

topikale behandeling vir komedone en puisies.

Watter oor-die-toonbankbehandeling is mees

geskik vir dié pasiënt?

A. Topikale behandeling met bensoïelperoksied

2.5% of 5%, wat eenmaal per dag aangewend

word.

B. Indien die vel prikkelbaar of seer raak, verminder

die interval tussen aanwendings na elke tweede

dag vir die eerste week.

C. Verhoog die hoeveelheid aanwendings na tot

tweemaal per dag.

D. Na ’n paar weke, verhoog die sterkte van die

produk na tot 10% indien nodig.

E. Al die bogenoemde is korrek.

25. Riaan is 16 jaar oud en het matige aknee. Hy het

areas van oormatige pigmentering wat deur

aknee veroorsaak word. Hy is opsoek na ’n

topikale behandeling om sy aknee en die donker

pigmentasie op sy vel te verbeter. Watter oordie-toonbankbehandeling

kan jy aanbeveel?

A. Wend topikale aselaïensuur tweemaal per

dag aan skoon vel.

B. Orale vitamien B2.

C. Orale vitamien B6.

D. Orale vitamien B12.

E. Al die bogenoemde is korrek.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!