05.05.2013 Views

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2009 MODULE 4

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS

HOOFPUNTE

1. INLEIDING ..................................................... 2

2. DOELWITTE VAN TERAPIE .................................. 3

3. MIV – DIE VIRUS TEENOOR DIE ANTIRETROVIRALE

MIDDELS ....................................................... 3

3.1 Wat is ’n retrovirus? ................................................... 3

3.2 Die MIV lewensiklus .................................................... 3

3.3 Vordering van MIV infeksie ......................................... 4

3.3.1 Die CD4-telling .............................................. 6

3.3.2 MIV virale lading ........................................... 6

4. KLASSE ANTIRETROVIRALE MIDDELS EN HULLE

MEGANISMES VAN WERKING .............................. 7

4.1 Nukleosied omgekeerde transkriptase

inhibeerders ................................................................ 7

4.2 Nie-nukleosied omgekeerde transkriptase inhibeerders ... 9

4.3 Protease inhibeerders ................................................. 9

4.4 Integrase inhibeerders .............................................. 10

4.5 Ingang inhibeerders – Fusie inhibeerders ................. 10

4.6 Ingang inhibeerders - Chemokien reseptor

antagoniste ............................................................... 10

5. WANNEER OM MET ANTIRETROVIRALE BEHANDELING

TE BEGIN ..................................................... 14

5.1 Bepaling van pasiënt gereedheid vir ART ................. 15

5.2 Mediese indikasies vir terapie .................................. 15

5.3 Basislyn evaluasies ................................................... 16

6. ANTIRETROVIRALE TERAPIE VIR BEHANDELING-

NAÏEWE PASIËNTE ......................................... 16

6.1 Verkose eerste-linie behandeling .............................. 17

6.1.1 Keuse van NOTI .......................................... 17

6.1.2 Keuse van NNOTI ........................................ 18

6.2 ARV kombinasies om eerder te vermy...................... 18

6.3 Beoordeling van effektiwiteit van ART ...................... 18

6.3.1 Kliniese beoordeling ................................... 18

6.3.2 Laboratorium monitering van ART

effektiwiteit ................................................. 18

6.4 Indikasies vir die verandering van ART ..................... 19

7. WAT OM IN DIE EERSTE SES MAANDE VAN TERAPIE TE

VERWAG ..................................................... 19

7.1 CD4-herstel en virale lading onderdrukking .............. 19

7.2 Vroeë ARV toksisiteit ................................................ 20

7.3 Immuun hersamestelling inflammatoriese sindroom . 20

8. BEHANDELING VAN ANTIRETROVIRALE TOKSISITEIT 20

8.1 Hematologiese toksisiteit .......................................... 25

8.2 Mitochondriale disfunksie ......................................... 25

8.3 Ander metaboliese komplikasies .............................. 27

8.4 Allergiese reaksies .................................................... 28

8.5 Geneesmiddel vervanging as gevolg van

toksisiteit .................................................................. 29

9. ANTIRETROVIRALE BEHANDELING MISLUKKING ..... 29

9.1 Faktore geassosieer met behandeling mislukking .... 29

9.2 Wanneer om terapie oor te skakel van eerste-linie

tot tweede-linie terapie .............................................. 30

9.3 Tweede-linie ART ...................................................... 31

10. ANTIRETROVIRALE TERAPIE BY SPESIFIEKE PASIËNT

GROEPE ...................................................... 31

10.1 Tuberkulose .............................................................. 31

10.2 Swangerskap ............................................................ 32

10.3 Hepatitis B virus (HBV) gepaardgaande infeksie ....... 34

10.4 Malaria ....................................................................... 34

11. IMMUNISASIES ............................................. 34

12. VOOR EN NA-BLOOTSTELLING PROFILAKSE .......... 34

12.1 Beroep blootstelling aan MIV .................................... 35

12.2 Nie- beroep blootstelling aan MIV ............................ 35

12.3 Geneesmiddel keuse vir PEP .................................... 35

13. GEVOLGTREKKINGS ....................................... 36

STUDIE DOELWITTE:

Na voltooiing van hierdie module sal u:

Bekend wees met die huidige doelwitte van antiretrovirale

terapie.

Oor ’n basiese kennis beskik van die menslike

immuuntekort virus en hoe dit in die menslike gasheer

repliseer.

Weet hoe om MIV-infeksie en siekte vordering te monitor.

Oor ’n goeie kennis beskik van die klasse van die

verskeie antiretrovirale middels, hulle meganismes van

werking, dosis en newe-effek profiele.

Bekend wees met riglyne oor wanneer om met

antiretrovirale behandeling te begin.

Bekend wees met die verkose eerste-linie antiretrovirale

behandelings en hoe hierdie behandelings aangepas

kan word wanneer toksisiteit voorkom of as gevolg van

gepaardgaande mediese toestande of swangerskap.

In staat wees om raad te gee oor die toepaslike

behandeling van antiretrovirale toksisiteit.

Bekend wees met faktore geassosieer met antiretrovirale

behandeling mislukking en wanneer om terapie te

verander van eerste-linie na tweede-linie terapie.

Oor ’n goeie begrip beskik van die benadering tot nablootstelling

profilakse in die Suider-Afrikaanse opset.

1 September 2009

1. INLEIDING

Baie vordering is gemaak sedert zidovudien oorlewing voordele

vir gevorderde menslike immuuntekort virus (MIV) aangetoon

het in die laat 1980’s en sedert die koms van potente kombinasie

antiretrovirale terapie in 1996. Daar is tans meer as 20

antiretrovirale middels wat formeel goedgekeur is vir die

kliniese gebruik vir die behandeling van MIV infeksie. Nuwe

middels bied unieke meganismes van werking, verbeterde

potensie en aktiwiteit teen selfs multi-geneesmiddel

weerstandige virusse, gemak van dosering en verbeterde

verdraagbaarheid. Hierdie middels in kombinasie vorm die

basis van HAART (hoogs aktiewe antiretrovirale terapie), wat

gewoonlik eenvoudig na verwys word as antiretrovirale terapie

of ART.

MIV infeksie in mense is nou pandemies. Vanaf Januarie 2006

raam die Joint United Nations Programme on HIV/AIDS

(UNAIDS) en die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) dat

VIGS meer as 25 miljoen mense doodgemaak het sedert dit

die eerste keer op 1 Desember 1981 voorgekom het. Ongeveer

33 miljoen mense lewe tans met MIV, waarvan meer as 30

miljoen in lae en middel inkomste lande woon. Die Wêreld

Gesondheid Organisasie raam dat ten minste 9.7 miljoen van

hierdie mense antiretrovirale terapie benodig.

Met ongeveer 5.5 miljoen mense wat met MIV leef, is Suid-

Afrika die land met die grootste aantal infeksies in die wêreld

(UNAIDS Fact Sheet 2007). Vroue word meer geaffekteer en

verteenwoordig 61% van mense wat met MIV leef in die

gebied. ’n Geraamde 1.8 miljoen mense het as gevolg van

VIGS-verwante siektes in Suid-Afrika gesterf sedert die

epidemie begin het (UNAIDS 2007 AIDS Epidemic Update).

Suid-Afrikaanse data

Alhoewel die opskaling van antiretrovirale terapie (ART)

aansienlik uitgebrei is, word ART slegs in die gevorderde

stadium van die sieke in Suid-Afrika begin en die sterfte koers

bly hoog. Onlangse bevindings van ’n kliniese studie in Haiti

verskaf beslissende bewyse dat MIV-positiewe individue in

ontwikkelende lande ’n betekenisvolle beter kans op oorlewing

het as antiretrovirale terapie vroeër begin word. Sommige

deskundiges het egter geredeneer dat hierdie bevindings nie

geëkstrapoleer kan word na hulpbron beperkte opsette nie,

want dit was gebaseer op pasiënt verslae, eerder as ’n groot,

ewekansige kliniese studie in ’n arm land. Dit word nou

algemeen aanvaar dat alle volwassenes wat met MIV

geïnfekteer is, ART vroeër behoort te begin d.i. teen CD4vlakke

van < 350 selle/l en dat oorweging daaraan geskenk

behoort te word om te begin teen vlakke van < 500 selle/l.

Laasgenoemde is nog nie deel van internasionale riglyne nie,

maar dit sal na verwagting in die nabye toekoms ingesluit

word.

Suid-Afrikaanse data

Hersiene riglyne vir antiretrovirale terapie by volwassenes is

deur die Suider-Afrikaanse MIV Klinici Vereniging in Januarie

2008 in die Southern African Journal of HIV Medicine gepubliseer

en is bedoel as ’n gids tot kliniese terapie, gebaseer op deskundige

konsensus en die beste huidige bewyse. In April 2009 het die

Suider-Afrikaanse MIV Klinici Vereniging ’n bywerking in die

Southern African Journal of HIV Medicine gepubliseer wat

aanbeveel dat individue wat met MIV leef, vroeër met ART moet

begin. Alhoewel hierdie nuwe riglyne deur vooraanstaande MIV

spesialiste onderskrywe word, het dit geen direkte invloed op die

nasionale ART program in Suid-Afrika nie. Die nasionale HAART

riglyne vir antiretrovirale terapie in Suid-Afrika is tot op hede nog

nie amptelik opgedateer nie.

Aangesien die wetenskap aangaande die gebruik van ART

vinnig verander en die beskikbaarheid van nuwe middels en

nuwe kliniese data vinnig die terapeutiese opsies en voorkeure

kan verander, is dit belangrik vir gesondheidsorg werkers om

op datum te bly om goeie oordeel aan die dag te lê as besluite

oor behandeling wat spesifiek vir unieke pasiënt omstandighede

geld, gemaak moet word.

Riglyne vir die behandeling van MIV geïnfekteerde kinders

was in November 2005 in die Southern African Journal of HIV

Medicine gepubliseer. Hierdie module fokus op antiretrovirale

terapie vir volwassenes, maar sal sommige van die kwessies

aangaande antiretrovirale gebruik by kinders aanspreek.

Internasionale riglyne aangaande die begin van ART by kinders,

beveel aan dat alle kinders wat positief toets vir die MIV

infeksie tydens hulle eerste lewensjaar ARVs moet begin

neem, ongeag van hulle CD4-vlak. By kinders tussen 1 en 5

jaar word terapie begin as hulle CD4% < 25% is, ongeag van

die CD4 telling. Kinders ouer as 5 jaar begin met ART as hulle

CD4-telling < 350 selle/l is.

2 September 2009

2. DOELWITTE VAN TERAPIE

Strategieë vir die behandeling van MIV-infeksie het begin om

te verander toe daar besef is dat :

Virale replikasie vinnig voorkom gedurende die jare

voor die ontwikkeling van die kliniese siekte. Virale replikasie

is so vinnig dat die halfleeftyd van MIV in plasma bereken

word as minder as 48 uur. Na raming is die daaglikse omset

van virusse by ’n onbehandelde persoon 10 log d.i.

(10)

10 000 000 000 virusse word daagliks geproduseer. Die

mislukking van virale omgekeerde transkriptase om die

oorspronklike RNS templaat perfek te repliseer

(transkribeer) gee aanleiding tot konstante mutasies van

die virale genoom. Dit dryf die verwante kwessie van virale

weerstandigheid.

Hoër virale ladings word met vinniger siekte vordering

geassosieer.

Hierdie waarnemings het belangrike implikasies vir

antiretrovirale behandeling strategieë. ART word gebruik om

virale onderdrukking te onderhou en om die voorkoms van

virale weerstandigheid teenoor ARVs te voorkom. Hierdie

behandeling strategieë verskaf kliniese voordeel en veelvuldige

studies het aangetoon dat kombinasie antiretrovirale terapie

die risiko van MIV siekte vordering tot sterfte, verminder.

Uitwissing van MIV infeksie kan nie met beskikbare

antiretrovirale behandeling programme verkry word nie. Die

primêre doelwit van antiretrovirale terapie vir MIV infeksie is

dus onderdrukking van virale replikasie. Die terapeutiese

doelwit is om die virale lading so veel as moontlik te verlaag,

onder ideale omstandighede na onopspoorbare vlakke, binne

vier tot ses maande na aanvang van ’n nuwe behandeling

program.

Primêre doelwitte van ART is:

Maksimale en bestendige onderdrukking van die virale

lading

Herstel en / of onderhoud van immunologiese funksie

Vermindering van MIV verwante morbiditeit en mortaliteit

Verbetering van lewenskwaliteit

Die voorkoming van die infeksie tydens die kinderjare d.i.

vertikale # MIV oordrag

Die verskaffing van na-blootstelling profilakse

#vertikale oordrag – moeder-tot-kind

3. MIV - DIE VIRUS TEENOOR DIE

ANTIRETROVIRALE MIDDELS

Daar bestaan twee bekende stamme van MIV: MIV-1 en MIV-

2 en elk is saamgestel uit veelvuldige subtipes. MIV-1 is die

virus wat aanvanklik ontdek was. Dit is meer virulent, word

relatief maklik oorgedra en is die oorsaak van die meerderheid

van MIV infeksies wêreldwyd. MIV-2 word nie so maklik

oorgedra nie en is hoofsaaklik tot Wes-Afrika beperk.*

*Dit is belangrik om te onthou dat MIV-2 stamme weerstandig teenoor

NNOTIs is en hierdie klas ARVs word nie aanbeveel vir pasiënte wat

met hierdie stamme geïnfekteer is nie.

3.1 Wat is ’n retrovirus?

’n Virus is ’n oneindig klein verpligte intrasellulêre parasiet wat

uit DNS of RNS bestaan, wat die gasheer sel gebruik vir sy eie

metaboliese en reproduktiewe behoeftes.

MIV is ’n ronde, RNS virus met net nege gene. Dit is totaal

afhanklik van die gasheer, die mens, om te oorleef. MIV is ’n

retrovirus van die Retroviridae familie, Lentivirus genus.

Retrovirusse word so genoem omdat hulle genome ’n

ongewone ensiem, genaamd omgekeerde transkriptase,

enkodeer wat toelaat dat DNS uit RNS gemaak (transkribeer)

word. In die natuur kom die teenoorgestelde gewoonlik voor,

want DNS maak gewoonlik RNS.

3.2 Die MIV lewensiklus

Die genetiese materiaal van MIV (die virale RNS) word

binne ’n kern (of matriks) proteïen gehuisves wat ook deur

’n buitenste omhulsel bedek word.

Talle, klein glukoproteïen arms projekteer na buite vanuit

die omhulsel, die virus se sogenaamde aanhegting

proteïene.

Die virus word aan sekere teiken selle in die menslike

liggaam aangeheg, bv. makrofage en T-helper limfosiete #

(ook CD4 of T-selle genoem) aangesien die oppervlakte

van hierdie selle die virus met ’n manier om aan te heg en

in te val, voorsien.

Die virale aanhegting proteïene bind aan reseptore op die

oppervlak van hierdie selle. Die hoof sellulêre reseptor

word die CD4 reseptor genoem. Sy funksie word deur ’n

ander reseptor of ‘ko-reseptor’ aangevul wat langs dit op

die sel membraan geleë is. Twee van hierdie ko-reseptore

is van spesiale belang, die CCR5 en die CXCR4 reseptore.

Makrofage wat die CD4 en die CCR5 reseptore het kom

volop in genitale weefsel voor (die vagina en die voorhuid).

Baie limfosiete het ook hierdie twee reseptore.

Die virus wat gewoonlik die meeste mense infekteer,

gebruik verkieslik hierdie selle. Hierdie virusse word R5

MIV virusse genoem.

’n Aantal jare na die infeksie, verander die MIV virus sodat

dit addisionele CD4 selle kan binnedring – limfosiete wat ’n

ander ko-reseptor het d.i. CXCR4. Hierdie virusse word X4

MIV virusse genoem. Hulle blyk om meer skadelik vir die

menslike gasheer te wees en word met ’n vinniger vordering

van die infeksie geassosieer. Die nuwe antiretrovirale

middels teiken hierdie stadia van virale indringing en fusie.

Nadat die virus aan die CD4 / ko-reseptor kompleks

vasgeheg het, smelt die virus omhulsel saam met die sel

en die virale inhoud word in die sitoplasma ingespuit. Dit

veroorsaak dat die virale RNS en die ensieme wat benodig

word vir virale reproduksie (d.i. omgekeerde transkriptase,

protease en integrase ensieme) in die sitoplasma vrygestel

word. Hier word ’n identiese DNS kopie van die

oorspronklike RNS virus string geskep deur die

omgekeerde transkriptase ensiem. Hierdie proses word

omgekeerde transkripsie genoem.

3 September 2009

Die virus DNS word dan van die sitoplasma na die nukleus

van die sel geskuif, waar dit onder die invloed van ’n ander

virale ensiem, integrase, die virus in die gasheer se sel

DNS inkorporeer (integreer).

Elke keer as ’n gasheer sel verdeel, maak dit ook ’n nuwe

kopie van die geïntegreerde virale DNS saam met sy eie

gene. Die virale DNS kan die funksies van die sel oorneem,

wat veroorsaak dat die sel nuwe virus deeltjies produseer,

wat dan vrygestel word uit die geïnfekteerde selle om

ander T-limfosiete binne te dring.

#Limfosiete is ’n tipe wit bloedsel. Die drie hoof tipes limfosiete is Tlimfosiete

of T-selle, B limfosiete of B-selle en natuurlike “killer” (NK)

selle. Limfosiete speel ’n belangrike en integrale rol in die liggaam se

immuun verdediging meganismes. Die T-limfosiete is die verkose

teiken sel van MIV en as gevolg van die CD4 reseptor op die T-limfosiet

word dikwels daarna verwys as die CD4 sel.

Die stadia van die MIV lewensiklus kan in nadere besonderhede

beskryf word, soos hieronder aangedui en geïllustreer in

Figuur 3.

Stadium 1. Binding en fusie

MIV begin sy lewensiklus wanneer dit aan ’n CD4 reseptor op

’n T-limfosiet of T-sel bind. Die virus smelt dan saam met die

gasheer sel. Na fusie stel die virus RNS (sy genetiese materiaal)

in die gasheer sel vry.

’n Nuwe ontdekking het aangetoon dat MIV ’n ko-reseptor

gebruik - ’n chemokien reseptor 5 (CCR5) of chemokienverwante

reseptor (CXCR4) – om die teiken selle binne te

dring. Verskeie chemokien reseptore kan as virale ko-reseptore

funksioneer, maar CCR5 is waarskynlik die fisiologies

belangrikste ko-reseptor gedurende natuurlike infeksie. ’n

Aantal nuwe MIV middels, die sogenaamde ingang

inhibeerders, is ontwerp om met die interaksie tussen CCR5

en MIV in te meng – maraviroc en vicriviroc. Maraviroc is tans

in die VSA goedgekeur en vicriviroc is tans in fase III studies.

Stadium 2. Omgekeerde transkripsie

Die MIV ensiem, omgekeerde transkriptase, verander enkelstring

MIV RNS na dubbel-string MIV DNS. Die MIV virus

muteer maklik op hierdie punt, want omgekeerde transkriptase

is geneig tot foute gedurende die omskakeling van virale RNS

na DNS. Omgekeerde transkriptase inhibeerders (die

nukleosiede soos zidovudien, didanosien, stavudien,

lamivudien en emtrisitabien, die nukleotied tenofovir en die

nie-nukleosiede nevirapien en efavirenz) teiken die

omgekeerde transkriptase ensiem.

Stadium 3. Integrasie

Die nuut gevormde MIV DNS gaan die gasheer sel se nukleus

binne waar ’n MIV ensiem genaamd integrase die integrasie

van virale DNS met die gasheer sel se DNS integreer. Die

geïntegreerde MIV DNS word ‘provirus’ genoem en kan onaktief

vir etlike jare bly en min of geen kopieë van MIV produseer nie.

Integrase inhibeerders word tans ondersoek en raltegravir is

die eerste integrase inhibeerder wat deur die Food and Drug

Administration (FDA) in die VSA goedgekeur is.

Stadium 4. Transkripsie

Wanneer die gasheer sel ’n sein ontvang om aktief te word,

kommandeer die provirus ’n gasheer ensiem genaamd RNS

polimerase om kopieë van MIV genomiese materiaal te maak,

asook korter stringe van RNS, wat boodskapper RNS genoem

word (bRNS). Laasgenoemde verlaat die nukleus en keer

terug na die sitoplasma van die sel waar, in die endoplasmiese

retikulum – die sel se proteïen produserende fabriek – die

bRNS as ’n bloudruk gebruik word om lang kettings van virale

(MIV) proteïene te maak.

Stadium 5. Montering

Die MIV ensiem genaamd protease sny die lang kettings van

MIV proteïene wat in die endoplasmiese retikulum gevorm is

in kleiner individuele proteïene – komponent dele wat die

omhulsel, matriks, ensieme, aanhegting proteïene ens van die

nuwe virus gaan vorm. Die nuwe virus sal twee stringe van die

oorspronklike virale RNS en hierdie verskeie komponent

proteïene bevat. MIV protease inhibeerders is kompeterende

inhibeerders wat direk bind aan die MIV protease en die

daaropvolgende klewing van polipeptiede verhoed. Voorbeelde

van hierdie sluit lopinavir/ritonavir, atazanavir en saquinavir,

in. Hierdie protease inhibeerders of PIs word meer effektief

gemaak indien hulle gekombineer word met ’n lae dosis

ritonavir, sogenaamde PI versterking.

Stadium 6. Botselvorming

Die nuut saamgestelde virus druk uit of ‘bot’ uit die gasheer sel.

Gedurende botselvorming, steel die nuwe virus `n gedeelte

van die sel se buitenste omhulsel – vermom sodoende homself

soos ’n Trojaanse perd om nie die aandag van die gasheer se

immuun stelsel te trek nie. Wanneer virus deeltjies uit die

gasheer sel bot, word die gasheer sel, soos die T-limfosiet,

beskadig of vernietig in die proses. Aangesien limfosiete `n

noodsaaklike deel van die liggaam se immuun sisteem is, gee

die progressiewe verlies van hierdie selle uiteindelik aanleiding

tot die ineenstorting van die gasheer se immuun sisteem.

Virale botselvorming is deel van die proses genaamd virale

rypwording. Bevirimat, die eerste van die rypwording

inhibeerders, blokkeer die vorming van die virus kern. Dit word

tans in fase I en II kliniese studies ondersoek.

3.3 Vordering van MIV infeksie

Dit kan 3-7 jaar of meer duur vir ’n persoon wat MIV positief is,

om simptome van immuun tekort en MIV verwante mediese

toestande te ontwikkel. Die infeksie vorder dikwels vinniger by

kinders wat gedurende hulle eerste lewensjaar die infeksie

opgedoen het en by volwassenes ouer as 45 jaar, pasiënte

met gepaardgaande siektes soos diabetes, nier- of lewer

siektes (alkohol misbruik, hepatitis B en C) en by intraveneuse

dwelm verslaafdes. Die voorkoms van anemie, lae serum

albumien en kwyning (gewigsverlies, ’n lae liggaamsmassa

indeks (LMI)), wanvoeding (by kinders) is swak prognostiese

indikators en dui op swak moontlikheid van oorlewing.

Onbehandelde, algehele oorlewing met MIV is ongeveer 9-10

jaar in suidelike Afrika. Hierdie situasie kan egter dramaties

omgekeer word met antiretrovirale middels (ARVs). Oorlewing

op ARVs in die ontwikkelde wêreld is tans in die omgewing van

3-4 dekades.

4 September 2009

Figuur 3. Stadia van die MIV lewensiklus.

Aangepas uit http://aidsinfo.nih.gov

Tabel 1 WGO Sisteem van Stadia

WGO Stadium Beskrywing Kenmerkende simptome

1. Die meeste individue is nie bewus daarvan dat hulle Geswelde limfknope (veralgemeende limfadenopatie), griep-tipe

geïnfekteer is nie. infeksie, koors, moegheid, swelsel van die vel en mondholte.

Asimptomatiese, akute MIV infeksie – ook

sero-omskakeling genoem.

Pasiënte is gewoonlik gesond en in staat om met

normale daaglikse aktiwiteite voort te gaan.

2. Lig simptomaties Lae graad vel siektes en infeksies (bv. seboreïese dermatitis en

Bed rus gedurende die dag is ongewoon. follikulitis), boonste respiratoriese kanaal infeksies

(mangelontsteking, sinusitis & faringitis), gewigsverlies

(10%).

normale dag in die bed.

4. Episodes van ernstige siekte of Verworwe Verspreide tuberkulose (ekstrapulmonêre TB of ekstra PTB)*,

Immuuntekort Sindroom (VIGS). esofageale kandidiase, kriptokokkale meningitis en

Die CD4 telling is betekenisvol verlaag, predisponeer “Wegkwyning Sindroom” is die meer algemene presentasies in

die pasiënt tot verskeie opportunistiese infeksies of SA.

Vigs definieërende siektes. Karposie sarkoom, MIV verwante limfoom en verskeie ander

Baie VIGS definieërende siektes vorm deel van hierdie siektes kan teenwoordig wees.

stadium.

* Die meerderheid Suid-Afrikaners presenteer met PTB of ekstra-PTB.

’n Individu met MIV infeksie vorder gewoonlik deur die volgende

kliniese stadia:-

Primêre MIV infeksie

Gesond met geen siekte simptome nie (asimptomaties)

Ligte siekte episodes

Ernstige siekte – simptomatiese VIGS

Sterfte

Sien Tabel 11. WGO Sisteem van Stadia.

’n Evaluasie van die pasiënt se immuun sisteem moet by die

kliniese bepaling van die stadium gevoeg word, naamlik:

CD4 selle < 350 selle/l – Alle pasiënte met hierdie CD4

vlak behoort aangemoedig te word om met ART te begin,

ongeag van hulle WGO stadium. Nota: Die Departement

van Gesondheid ART riglyne neem steeds CD4 < 200selle/

l as die afsny punt om met ART te begin. Dit is 2004

riglyne en is verouderd. Daar word verwag dat die riglyne

sal verander om meer met die internasionale riglyne ooreen

te stem.

CD4 selle 350-500 of >500 selle/l – Pasiënte wat in

kliniese stadium 4 is (VIGS) moet ART begin neem,

ongeag van hulle CD4 telling. Pasiënte wat nie-VIGS

bepalende siektes het nie, maar toestande wat ART vir

hulle beheer benodig bv. nier siektes, immuun

trombositopenie, hemolitiese anemie, chroniese hepatitis

B of C, moet ART begin neem, ongeag van hulle CD4 vlak.

Daar is ’n sterk internasionale beweging dat alle pasiënte,

ongeag van hulle kliniese stadium, ARVs begin neem as

hulle CD4

CD4 vlakke en % by kinders – Alle kinders moet ART

begin neem, ongeag van die kliniese stadium of CD4 vlak

of % indien hulle die infeksie gedurende hulle eerste

lewensjaar opdoen. MIV toetsing word gedoen deur middel

van ’n virale lading (PCR) toets 6 weke na geboorte.

Tussen die ouderdomme van 1-5 is ’n CD4% van 500-600 selle/l

Ligte simptome 350-500 selle/l

Ernstige simptome & 200-350 selle/l

opportunistiese siektes

VIGS 500selle/l bly.

Reeks tellings oor ’n tydperk is belangrik. CD4 tellings

behoort elke 3-4-6 maande bepaal te word, beide voordat

ART begin word en gedurende die opvolg besoeke, d.i.

beoordeling van die respons teenoor ARVs. Die CD4 vlak

is ook nodig om te bepaal wanneer geneesmiddels vir die

profilakse van opportunistiese infeksies begin of gestaak

behoort te word.

CD4 tellings kan tydelik daal tydens swangerskap,

gedurende infeksies bv. griep, brongitis, TB of tydens

ander sistemiese toestande en wanneer verskeie middels

soos alkohol, kortikosteroïede, kanker middels, kruie soos

die Afrika aartappel (bv. Moducare ® ) en selfs middels vir

die behandeling van MIV en die verwante opportunistiese

infeksies (bv. zidovudien, stavudien, gansiklovir,

rifampisien) gebruik word.

Die CD4 telling daal gewoonlik progressief met die verloop

van tyd. ’n Vinnig dalende CD4 telling dui op ’n meer

aggressiewe siekte proses of soms op die aanvang van ’n

betekenisvolle opportunistiese infeksie, bv. TB of ’n tumor

bv. limfoom.

3.3.2 MIV virale lading

Die MIV virale lading verwys na die vlak van MIV – die aantal

virus deeltjies/kopieë per ml in die bloedstroom. Dit is die

betroubaarste aanduiding van MIV vordering en van respons

teenoor ART. Hoë virale ladings word met siekte vordering en

korter oorlewing verbind. Virale ladings wat onbepaalbaar is

d.i. 50 kopieë/ml, dui op goeie virus beheer en stem ooreen

met langtermyn oorlewing. Die virale lading is ook ’n voorspeller

van CD4 respons: Hoë of onbeheerde virale ladings gee

aanleiding tot die verlies van CD4 selle. Goed beheerde virus

vlakke d.i. op volledig onderdrukkende ART, verhoog gewoonlik

die CD4 telling met ongeveer 100 selle in die eerste jaar van

behandeling en met 50 of meer selle elke jaar daarna vir

ongeveer 4-6 jaar.

Die virale lading is sonder uitsondering hoog kort (7-10 dae) na

infeksie met MIV. Dit is as gevolg van die vinnige

vermenigvuldiging van die virus na die aanvanklike infeksie.

Soos die liggaam poog om die virus te beheer, d.i. produksie

van teenliggame en ’n sellulêre immuniteit teen MIV, word die

virus vlak gewoonlik verlaag tot ’n laer, sogenaamde ‘setpunt’

(gewoonlik binne 3-6 maande na die aanvang van die infeksie).

Hierdie laasgenoemde setpunt kan vir ’n aantal jare bly, of

totdat immuun agteruitgang sodanig is dat die virus weer

ongehinderd kan vermenigvuldig. ’n Stygende virale lading

laat tydens MIV infeksie dui dikwels op vooruitgang van die

siekte, nabye immuun mislukking en die aanvang van VIGS.

Terwyl die virale lading hoog is, vroeg en laat in die verloop van

die infeksie, is pasiënte hoogs aansteeklik teenoor hulle

seksuele metgeselle en behoort gewaarsku te word om alles

te doen wat hulle kan om oordrag te verhoed: veilige seks,

kondome, onthouding ens.

Belangrike punte oor die virale lading:-

’n Individu met MIV kan ’n virale lading hê wat wissel van

onwaarneembaar (

Tabel 3. Klasse van ARVs en hulle meganismes van werking

Klassifikasie Afkorting Meganisme van werking Spesifieke werking

Nukleosied & nukleotied NOTIs Omgekeerde transkriptase Mimiek die normale boustene van DNS

omgekeerde transkriptase

inhibeerders

inhibisie

Nie-nukleosied omgekeerde NNOTIs Omgekeerde transkriptase Inhibeer omgekeerde transkriptase direk

transkriptase inhibeerders inhibisie

Protease inhibeerders PIs Protease inhibisie Inhibeer laat stadia van MIV replikasie

Integrase inhibeerders

Vroeë inhibeerders

IIs Inhibeer die MIV ensiem integrase Verhoed integrasie van MIV DNS in die

nukleus

Fusie inhibeerders FIs Verhoed samesmelting (fusie) Unieke meganisme van werking – werk

van MIV met die CD4 of ander ekstrasellulêr om fusie van MIV met CD4

teiken selle selle te verhoed.

Chemokien reseptor CRAs Bind selektief en omkeerbaar aan Kompleks proses met veelvuldige stappe

antagoniste (CCR5 antagoniste) die CCR5 ko-reseptor, inhibeer

fusie van virale en gasheer sel

membrane

Aangepas uit Antiretroviral therapy in adults guidelines 2008 & emedicine.medscape.com

vlakke binne ’n paar weke.

Die virale lading is ’n nuttige toets om die effektiwiteit van

antiretrovirale terapie te bepaal. Goeie virus beheer = ’n

onwaarneembare virale lading. ’n Aanhoudend

waarneembare virale lading terwyl op ART = virale

weerstandigheid en geneesmiddel mislukking.

Selfs al is die virale lading onwaarneembaar in bloed bv. by

’n pasiënt op ART, beteken dit nie dat die pasiënt vry van

MIV of genees is nie. Liggaamsvloeistowwe, insluitend

semen en vaginale vloeistowwe en oop wonde bevat

steeds die virus en die individu moet berading ontvang om

oordrag te verhoed.

Die virale lading meet slegs die MIV in die bloedstroom. Dit

is slegs ongeveer 2% van die werklike hoeveelheid van die

virus in die pasiënt. Ongeveer 98% bly weggesteek in die

selle en organe van die liggaam soos die limfknope, lewer

beenmurg of milt.

Die virale lading behoort tydens basislyn bepaal te word,

d.i. voor die aanvang van ART en behoort ten minste elke

6 maande gemonitor te word by pasiënte op ARVs. Sien

afdeling 6.3.

4. KLASSE VAN ANTIRETROVIRALE

MIDDELS EN HULLE MEGANIS-

MES VAN WERKING

Betekenisvolle vordering is gemaak in die ontwikkeling van

nuwe middels om MIV infeksie te behandel. Ses klasse

antiretrovirale middels bestaan tans:

Nukleosied / nukleotied omgekeerde transkriptase

inhibeerders (NOTIs)

Nie-nukleosied omgekeerde transkriptase inhibeerders

(NNOTIs)

Protease inhibeerders (PIs)

Integrase string inhibeerders (IIs)

Fusie inhibeerders (FIs)

Chemokien reseptor antagoniste

’n Sewende klas is dié van die Rypwording Inhibeerders.

Hierdie groep middels is nog nie kommersieel beskikbaar nie.

Elke klas antiretrovirale middels teiken ’n ander stap in die

virus se lewensiklus. Die gebruik van hierdie middels in

kliniese praktyk word grootliks bepaal deur hulle gemak of

kompleksiteit van gebruik, newe-effek profiel, doeltreffendheid

gebaseer op kliniese bewyse, praktyk riglyne en voorkeur van

die klinikus.

Huidig beskikbare antiretrovirale middels in die Suider-Afrika

gebied is óf inhibeerders van omgekeerde transkriptase (NOTIs

of NNOTIs) óf protease inhibeerders (d.i. PIs).

4.1 Nukleosied omgekeerde transkriptase

inhibeerders (NOTIs)

Met die goedkeuring van zidovudien was die nukleosied/

nukleotied omgekeerde transkriptase inhibeerders die eerste

middels beskikbaar vir die behandeling van MIV infeksie.

Alhoewel minder potent as die nie-nukleosied omgekeerde

transkriptase inhibeerders en die protease inhibeerders, het

die NOTIs ’n sentrale rol in antiretrovirale terapie gespeel en

bly hulle deel van die huidige standaard sorg. NOTIs toon

aktiwiteit teen MIV-1 en MIV-2.

Daar is tans sewe NOTIs in Suid-Afrika beskikbaar:

Abacavir (algemeen bekend as ABC bv. Ziagen ® )

Didanosien (algemeen bekend as ddI (bv. Videx ® )

Emtricitabien (algemeen bekend as FTC bv. Truvada ® - in

kombinasie met tenofovir)

Lamivudien (algemeen bekend as 3TC bv. Epivir ® )

Stavudien (algemeen bekend as d4T bv. Zerit ® )

7 September 2009

Tabel 4. Klasse ARVs, hulle afkortings en innoveerder handelsname

ARV klas ARV (afkorting) Handelsnaam

Nukleosied en nukleotied Stavudien (d4T) Zerit ®

omgekeerde transkriptase Zidovudien (AZT) of (ZDV) Retrovir ®

inhibeerders (NOTIs) Tenofovir (TDF) Viread ®

Didanosien (ddI) Videx ®

Lamivudien (3TC) Epivir ®

Emtricitabien (FTC) Emtriva (nie in SA beskikbaar nie)

Truvada ® (kombinasie met tenofovir)

Abacavir (ABC) ® Ziagen

Kivexa ® (kombinasie met 3TC)

Nie-nukleosied omgekeerde Nevirapien (NVP) Viramune ®

transkriptase inhibeerders (NNOTIs) Efavirenz (EFV) Stocrin ®

Protease inhibeerders (PIs) Saquinavir (SQV) Invi-Rase ®

Indinavir (IDV) Crixivan ®

Ritonavir (RTV) Norvir ®

Nelfinavir (NFV) Viracept ®

Lopinavir met lae dosis ritonavir (LPV/r) Aluvia ® , Kaletra ®

Atazanavir (ATV) Reyataz ®

Fosamprenavir (FPV) Telzir ®

Darunavir (DRV) Prezista ® (Afdeling 21*)

Tipranavir (TPV) ® Aptivus (Afdeling 21*)

Integrase Inhibeerders(IIs) Raltegravir Isentress ® (Afdeling 21*)

Elvitegravir Nie in SA beskikbaar nie

Fusie inhibeerders (FIs) Enfuvirtide Fuzeon ® (Afdeling 21*)

Chemokien reseptor antagoniste Maraviroc Celsentri ® (CCR5 antagonis) (CRAs)

(Afdeling 21*)

* Nog nie in SA geregistreer nie. Beskikbaar met Afdeling 21 aansoek van die MBR

Tenofovir (algemeen bekend as TDF bv. Viread ® & Truvada ®

– in kombinasie met emtricitabien)

Zidovudien (algemeen bekend as AZT of ZDV bv. Retrovir ® ).

Aangesien die afkorting AZT verwarring met die immuun

onderdrukker asatioprien kan veroorsaak, is huidige praktyk

in Suid-Afrika om die afkorting ZDV vir zidovudien te

gebruik.

Meganisme van werking

NOTIs onderbreek die MIV lewensiklus deur kompeterende

inhibisie van MIV omgekeerde transkriptase en terminering

van die DNS ketting. NOTIs is struktureel soortgelyk aan die

DNS nukleosied basisse en word in die provirale DNS ketting

geïnkorporeer wat aanleiding gee tot terminering van provirale

DNS vorming. Tenofovir, lamivudien en emtricitabien toon

aktiwiteit teen hepatitis B virus (HBV) bykomend tot MIV en

word dikwels gebruik vir pasiënte met hepatitis B ko-infeksie.

Farmakokinetika

NOTIs is pro-geneesmiddels. Die orale biobeskikbaarheid van

NOTIs wissel van 25 tot 93% met tenofovir en didanosien op

die onderkant van die spektrum. Voedsel beïnvloed nie

absorpsie van enige van die NOTIs betekenisvol nie, met die

uitsondering van didanosien wat op ’n leë maag geneem moet

word om optimale absorpsie en geneesmiddel vlakke te

verseker.

Die meeste NOTIs word deur die niere geëlimineer en dosis

aanpassings is nodig by pasiënte met ingeperkte nier funksie,

met die uitsondering van abacavir, waarvan die normale dosis,

ongeag van die kreatinien opruiming, toegedien word.

Nota: Stavudien (d4T) word nou deur die WGO aanbeveel in

’n dosis van 30mg twee keer daagliks (in plaas van 40mg twee

keer daagliks) vir alle volwassenes en adolessente, ongeag

van liggaamsmassa. ’n Sistematiese oorsig van kliniese data

dui sterk daarop dat stavudien bevattende behandelings kliniese

en virologiese effektiwiteit onderhou indien stavudien in ’n

dosis van 30mg twee keer daagliks toegedien word en hierdie

laer dosis word geassosieer met laer toksisiteit koerse, veral

perifere neuropatie (pyn, dooie gevoel, brand gevoel en /of

inperking van die sensasie van gevoel, aanvanklik in die

voete) in vergelyking met die 40mg twee keer daaglikse dosis.

Die WGO beveel verder aan dat alle pasiënte wat 30 of 40mg

stavudien ontvang met bewyse van stavudien verwante

toksisiteit (selfs met geen tekens van mislukking van

behandeling nie) na ’n nie-stavudien behandeling program

behoort geskuif te word. Alle pasiënte wat d4T 40mg ontvang

sonder enige bewyse van stavudien toksisiteit, behoort so gou

as moontlik na d4T 30mg oorgeskakel te word.

Die Suider-Afrikaanse MIV Klinici Vereniging het ook aanbeveel

dat stavudien uit behandeling programme weggelaat moet

word as gevolg van die hoë toksisiteit daarvan en beveel aan

dat tenofovir as ’n moontlike alternatiewe eerste-linie ARV

gebruik word.

8 September 2009

Geneesmiddel interaksies

NOTIs word nie deur die sitochroom P450 sisteem

gemetaboliseer nie, dus kom interaksies minimaal voor.

Didanosien interaksies kan klinies betekenisvol wees. Indien

saam met tenofovir toegedien word, is didanosien vlakke hoër

as verwag en laer dosisse van didanosien moet gegee word (of

verkieslik heeltemal vermy word) om potensieel ernstige neweeffekte

te vermy.

Newe-effekte

Newe-effekte van die NOTIs as ’n klas sluit laktiese asidose,

pankreatitis, perifere neuropatie, hepatiese steatose (vetterige

lewer) en lipo-atrofie, in. Hierdie newe-effekte hou spesifiek

verband met die gebruik van stavudien (d4T), didanosien (ddl)

en zidovudien (ZDV) en aansienlik minder met die gebruik van

lamivudien (3TC), emtricitabien (FTC), tenofovir (TDF) en

abacavir (ABC).

Emtricitabien (FTC) word geassosieer met verhoogde

pigmentasie in 10-14% van swart en bruin pasiënte.

Zidovudien (ZDV) word geassosieer met anemie en

beenmurg onderdrukking.

Tussen 1.5 en 2.3% van pasiënte op tenofovir (TDF) kan

renale disfunksie of nierversaking ontwikkel. Gereelde

monitering van urien doopstokkie en urea/kreatinien en

kreatinien opruiming word aanbeveel.

Onlangse inligting dui op ’n verhoogde risiko van

kardiovaskulêre siektes by pasiënte op ABC en tot ’n

mindere mate by dié op ddl.

4.2 Nie-nukleosied omgekeerde transkriptase

inhibeerders (NNOTIs)

Nevirapien (algemeen bekend as NVP) was die eerste nienukleosied

omgekeerde transkriptase inhibeerder (NNOTI).

NNOTIs het potente aktiwiteit teen MIV-1 en vorm deel van die

verkose aanvanklike behandeling programme vir swanger

vroue of dié wat beplan om swanger te raak, waarvan die CD4

telling 400selle/l toegedien nie.

Efavirenz (algemeen bekend as EFV) is die NNOTI wat die

betekenisvolste inhibisie van virale infektiwiteit onder die

NNOTIs verskaf. Die eerste-generasie NNOTIs wat in Suid-

Afrika beskikbaar is, sluit nevirapien en efavirenz in. ’n Tweedegenerasie

NNOTI wat tans in Europa en die VSA beskikbaar

is, is etravirien (Intelence ® ).

Meganisme van werking

NNOTIs induseer ’n strukturele verandering van die

omgekeerde transkriptase ensiem en beperk die aktiwiteit

daarvan.

Farmakokinetika

NNOTIs toon aansienlike variasie in hulle farmakokinetika en

word deur die sitochroom P450 sisteem gemetaboliseer.

NNOTIs oefen wisselende induksie en inhibisie effekte op

spesifieke iso-ensieme uit (bv. CYP3A4, CYP2C9). Dit gee

aanleiding tot betekensivolle moontlikhede van geneesmiddelgeneesmiddel

interaksies.

Newe-effekte

Uitslag is die algemeenste newe-effek wat met al die NNOTIs

geassosieer word. Dit ontwikkel gewoonlik binne die eerste

paar weke van terapie en in sommige gevalle klaar dit op

tydens volgehoue behandeling. As daar egter enige mukus

membrane betrokke is (mond, genitale kanaal, konjunktiva) of

afdop en skeiding van die vel is, moet gebruik van die middel

gestaak word. Die NNOTIs, veral nevirapien, kan hepatotoksiteit

veroorsaak. Dit het tot fatale lewer versaking in ’n klein aantal

pasiënte aanleiding gegee. Lewer funksie toetse (ALT en

AST) moet noukeurig gemonitor word. Sien die nota oor CD4

telling hierbo.

4.3 Protease inhibeerders (PIs)

MIV protease vorm ’n integrale deel van die behandeling van

MIV infeksie. Daar is 7 middels in Suid-Afrika geregistreer,

met twee ander wat deur die FDA goedgekeur is. Protease

inhibeerders sluit in:

Saquinavir (SQV, Invi-Rase ® )

Indinavir (IDV, Crixivan ® )

Lopinavir/ritonavir (LPV/r, Aluvia ® , Kaletra ® ) – ’n tweedegenerasie

PI of ‘ritonavir-versterkte’ PI

Ritonavir # (RTV, Norvir ® )

Nelfinavir (NFV, Viracept ® )

Atazanavir (ATV, Reyataz ® )

Fosamprenavir (FPV, Telzir ® )

Darunavir (DRV – tweede-generasie PI – Nog nie in SA

geregistreer nie. Beskikbaar met Afdeling 21 aansoek van

die MBR)

Tipranavir (TPV - tweede-generasie PI – Nog nie in SA

geregistreer nie. Beskikbaar met Afdeling 21 aansoek van

die MBR)

#Ritonavir word selde as ’n protease inhibeerder gebruik. Dit word

gewoonlik as ’n PI ‘versterker’ gebruik, want dit inhibeer dieselfde

lewer ensieme wat ander protease inibeerders metaboliseer. Op

hierdie manier kan laer dosisse van die ander protease inhibeerders

gebruik word, wat die veiligheidsprofiel van die ander PI verbeter. As

ritonavir as die enigste MIV protease inhibeerder gebruik word, moet

baie tablette geneem word en ’n hoë insidensie van gastro-intestinale

intoleransie kom voor. Dit word dus nie meer aanbeveel vir aanvanklike

behandeling as die enigste PI nie.

Meganisme van werking

MIV protease is verantwoordelik vir rypwording van virus

deeltjies laat tydens die virale lewensiklus. MIV protease klief

sistematies individuele proteïene in sub-eenhede vir virale

kapsied vorming gedurende of kort na botselvorming uit ’n

geïnfekteerde sel. MIV protease inhibeerders dien as

kompeterende inhibeerders wat direk aan MIV protease bind

en die daaropvolgende klief van polipeptiede verhoed.

Die tweede-generasie protease inhibeerders bv. lopinavir/

ritonavir kan hulle aktiwiteit behou in die teenwoordigheid van

weerstandigheid teenoor die eerste-generasie middels.

9 September 2009

Farmakokinetika

Alhoewel al die protease inhibeerders dieselfde meganisme

van werking toon, is daar belangrike verskille in hulle

farmakokinetika. Protease inhibeerders toon aansienlike interpasiënt

en intra-pasiënt farmakokinetiese variasies.

Betekenisvolle hepatiese metabolisme word opgemerk wat

verlaag kan word met die gelyktydige toediening van ritonavir.

Sien PI geneesmiddel interaksies hieronder. PIs het relatief

kort serum halfleeftye wat wissel van 1.5 tot 2 uur vir indinavir

en 7 uur vir atazanavir.

Geneesmiddel interaksies

Afhanklikheid van metabolisme deur CYP3A4 gee aanleiding

tot betekenisvolle moontlikhede van geneesmiddelgeneesmiddel

interaksies met ander middels wat deur hierdie

roete gemetaboliseer word. Interaksies met ander middels wat

deur ander CYP450 iso-ensieme en glukoronidasie opgeruim

word, is ook moontlik, afhangend van die PI.

Lae dosis ritonavir (100-200mg per dag) word dikwels saam

met ander PIs toegedien as ’n ‘versterker’ om die intestinale en

hepatiese 3A metabolisme van die gekose protease inhibeerder

te blokkeer. Die byvoeging van ritonavir of ‘ritonavir-versterkte’

behandeling programme verbeter biobeskikbaarheid van die

PI wat daarmee saam toegedien word en gee aanleiding tot

meer konsekwente serum konsentrasies regdeur die dosis

interval en verbeter die respons op behandeling. Lae dosis

ritonavir word altyd gebruik met lopinavir (vaste dosis

kombinasie) en saquinavir en word sterk aangemoedig met

ander PIs, behalwe nelfinavir. Sien Tabel 5 vir dosis

aanbevelings.

Newe-effekte

Die volgende is algemene newe-effekte wat met die PIs

geassosieer word:

Gastro-intestinale newe-effekte soos diarree, naarheid en

braking

Metaboliese komplikasies soos dislipidemie, insulien

weerstandigheid en lipodistrofie.

Dislipidemie ontwikkel by 70% van pasiënte wat protease

inhibeerders neem en benodig oor die algemeen lipied

verlagende terapie. Lewenstyl en genetiese predisposisie is

belangrike bydraende faktore tot die tipe en graad van erns

van lipied abnormaliteite.

Die verskillende PIs toon ook verskillende effekte op die

glukose metabolisme.

Groot effek op Indinavir

glukose metabolisme

Matige effek op Nelfinavir

glukose metabolisme Lopinavir / ritonavir

Fosamprenavir

Tipranavir

Beperkte effek op Atazanavir

glukose metabolisme Saquinavir

Darunavir

Verlaagde

effek

Redistribusie van vet kom by 40-50% van pasiënte voor wat

PIs in kombinasie met NOTIs ontvang. Algemene manifestasies

sluit vet akkumulasie, vermeerdering van bors vet en obesiteit

van die romp of vet verlies (ingesonke wange, maer boude en

ledemate), in. Alhoewel albei abnormaliteite in dieselfde pasiënt

kan voorkom, word hulle as aparte entiteite beskou.

Verskeie behandeling strategieë is met gemengde resultate

(bv. metformin, rekombinante menslike groeihormoon, dieet

en oefening) ondersoek. Verander terapie en gebruik ARVs

met veiliger metaboliese profiele bv. NOTIs soos lamivudien

(3TC), abacavir (ABC), tenofovir (bv. Truvada®), NNOTIs

soos nevirapien (NVP) en PIs soos atazanavir (ATV) en

saquinavir (SQV). Dit kan help om veredere agteruitgang te

verhoed. Oorskakeling van ’n PI-gebaseerde behandeling

tot ’n nie-PI behandeling gee nie aanleiding tot

betekenisvolle verbetering nie en word nie aanbeveel nie,

tensy die pasiënt nog nooit aan ’n NNOTI blootgestel was

nie. In hierdie geval is nevirapien aangedui, aangesien efavirenz

serum cholesterol verhoog en indien dit saam met stavudien

(d4T) of zidovudien (ZDV) toegedien word, vererger dit lipoatrofie.

Behandeling met statiene en fibrate kan nodig wees by

pasiënte met volgehoue verhoogde cholesterol of trigliseriede.

Die behandeling van lipodistrofie berus op twee beginsels –

voorkoming en vroeë diagnose. Gebruik, waar moontlik, ARVs

met min of geen metaboliese toksisiteit.

4.4 Integrase inhibeerders

Die struktuur van MIV integrase was die eerste keer in 1994

beskryf en het aanleiding gegee tot die ontwikkeling van die

nuwe inhibeerders. MIV integrase of ’n soortgelyke ensiem

word nie in mense aangetref nie. Dus word daar verwag dat die

identifikasie van selektiewe inhibeerders van MIV integrase

aanleiding sal gee tot die ontwikkeling van ARVs met ’n lae

voorkoms van newe-effekte. Twee integrase inhibeerders

word tans geëvalueer – raltegravir, wat deur die FDA

goedgekeur is as die eerste integrase inhibeerder, en

elvitegravir wat in fase III studies is. Na verwagting sal raltegravir

binnekort in Suid-Afrika geregistreer word. Dit is tans beskikbaar

met ’n Afdeling 21 permit.

Die integrase inhibeerders word slegs aanbeveel vir pasiënte

met geneesmiddel weerstandigheid wat voorheen ARVs

gebruik het. Raltegravir behoort met sorg gebruik te word by

pasiënte wat ander middels ontvang wat die risiko van miopatie

en rabdomiolise kan verhoog (bv. die statiene).

4.5 Ingang inhibeerders – Fusie

inhibeerders

Fusie inhibeerders is die eerste klas antiretrovirale middels

wat die ekstrasellulêre siklus van MIV replikasie teiken. Fusie

inhibeerders verhoed die fusie van MIV met die CD4 reseptor

op die oppervlak van die teiken sel. Enfuvirtied is die enigste

fusie inhibeerder wat internasionaal bemark word. Dit is nog

nie in SA geregistreer nie.

Die gebruik van fusie inhibeerders is beperk as gevolg van

moeilike toediening (subkutane inspuiting), koste en neweeffek

profiel, veral reaksies by die inspuitplek.

4.6 Ingang inhibeerders – Chemokien

reseptor antagoniste (CCR5

antagoniste)

Maraviroc is deur die FDA goedgekeur en is die eerste

chemokien reseptor 5 (CCR5) antagonis. Dit is nog nie in SA

beskikbaar nie. Die fusie inhibeerders en die chemokien

10 September 2009

Tabel 5. Antiretrovirale middels beskikbaar in Suid-Afrika – Opsomming

Antiretrovirale Doseervorm Volwasse Geneesmiddel-spesifieke Raad aan pasiënte /

middel dosis newe-effekte Belangrike inligting

Nukleosied omgekeerde transkriptase inhibeerders (NRTIs)

Abacavir (ABC)(Ziagen ® ) 300 mg tablet 600 mg daagliks · Sistemiese hipersensitiwiteit Lig pasiënte in oor die moontlikheid

20 mg/ml orale of 300 mg twee reaksies (koors, uitslag, van hipersensitiwiteit reaksies wat

Abacavir 600 mg en oplossing keer daagliks naarheid, braking, diarree, kan voorkom by 2-5% van pasiënte

3TC 300 mg kombinasie malaise, kortasem, hoes, binne die eerste 6 weke van

(Kivexa ® ) een keer per faringitis) behandeling.

dag geneem · Hiperlaktaatemie / steatohepatitis Staak behandeling onmiddellik

(lae potensiaal) indien simptome van hiper-

· Verhoogde risiko van kardio- sensitiwiteit voorkom.

vaskulêre siektes: Moet nie weer abacavir gee aan ’n

Waarskuwing as KV risiko pasiënt wat ’n hipersensitiwiteit

faktore teenwoordig is reaksie daarteen ontwikkel het nie.

· Vermy as basislyn virale lading Kan tydens swangerskap gebruik

> 100 000 selle/ml is word.

· Nierversaking– gewone dosis,

vermy indien saam met 3TC

toegedien word.

Didanosien (ddI) 25 (50) (100) > 60 kg: 400 mg · Perifere neuropatie Neem ten minste ’n halfuur voor of

(bv. Videx ® ) (150) mg tablet daagliks op ’n leë · Pankreatitis is die ernstigste 1-2 uur na maaltye.

250 (400) mg maag komplikasie Perifere neuropatie kom algemeen

EC kapsules < 60 kg: 250 mg · Naarheid, diarree voor en dit kan nodig wees om die

10 mg/ml daagliks · Hiperlaktaatemie/ steatohepatitis dosis te verlaag of die middel te

suspensie (hoë potensiaal). staak.

· Nier versaking – verlaag dosis Pasiënte behoort ingelig te word oor

· Immuun mislukking d.i. verlies die tekens en simptome van

van CD4 selle indien gekom- hiperlaktaatemie en om hulle dokter

bineer met tenofovir (soos in te raadpleeg as dit voorkom.

Truvada ® ) Kan tydens swangerskap gebruik

· Verhoogde risiko van kardio- word, maar nooit in kombinasie met

vaskulêre siekte: gebruik met stavudien (d4T) nie.

sorg as KV risiko faktore

teenwoordig is.

Emtrisitabien (FTC) Emtrisitabien 1 tablet daagliks · Hoofpyn Lae potensiaal vir toksisiteit.

Nie op sy eie beskikbaar nie – 200 mg Verlaag dosis · Naarheid Kan met maaltye of op ’n leë maag

slegs in kombinasie met Tenofovir tydens nier · Hiperpigmentasie geneem word.

tenofovir (bv. Truvada ® ) 300 mg versaking · Hiperlaktaatemie/ steatohepatitis Onvoldoende inligting om die

(lae potensiaal) gebruik daarvan tydens swangerskap

aan te beveel.

Aktief teen hepatitis B.

Lamivudien (3TC) 150 (300) mg 300 mg een keer · Anemie Minimale toksisiteit

(bv. 3TC ® ) tablet daagliks of 150 mg · GI ongesteldheid Pasiënte met hepatitis B infeksie kan

10 mg/ml orale twee keer daagliks · Mialgie terugkeer hepatitis ontwikkel na

oplossing · Hiperlaktaatemie/steatohepatitis onttrekking van lamivudien.

(lae potensiaal) Goed verdra tydens swangerskap.

Stavudien 15 (20) (30) 30 mg twee keer · Perifere neuropatie Pasiënte behoort ingelig te word oor

(d4T)(bv. Zerit ® ) (40) mg kapsule daagliks* ongeag · Pankreatitis die tekens en simptome van

1 mg/ml orale van gewig. · Hiperlaktaatemie/ steatohepatitis hiperlaktaatemie en om ’n dokter te

oplossing Verminder dosis (hoë potensiaal) raadpleeg as dit voorkom.

tydens nierver- · Lipo-atrofie Kan gedurende swangerskap gegee

saking · Dislipidemie word indien daar geen alternatief is

nie, maar nooit saam met didanosien

nie.

11 September 2009

Antiretrovirale Doseervorm Volwasse Geneesmiddel-spesifieke Raad aan pasiënte /

middel dosis newe-effekte Belangrike inligting

Tenofovir 300 mg tablet 300 mg een keer · Naarheid, braking, diarree Neem met ’n vetterige maaltyd om

(TDF)(Viread ® ) daagliks. · Hoofpyn orale absorpsie te verbeter.

Vermy of verlaag · Astenie (swakheid) Pasiënte met hepatitis B infeksie kan

Kombinasie van tenofovir dosis tydens nier- · Nier ontoereikendheid - ddI terugkeer hepatitis ontwikkel na

en emtrisitabien versaking indien konsentrasies verhoog met onttrekking van tenofovir.

(Truvada ® ) geen alternatief 30-60% Onvoldoende inligting om gedurende

beskikbaar is nie · Nierversaking by 1.5-2.3%, swangerskap aan te beveel.

veral bejaardes, dié wat

versterkte PIs neem en met

onderliggende nier disfunksie.

Monitor nier funksie noukeurig.

· Verlaagde been mineraal

digtheid

· Hiperlaktaatemie/ steatohepatitis

(lae potensiaal)

· Moet nooit saam met didanosien

gebruik nie: verhoogde

didanosien toksisiteit en

mislukking van immuun

herstel (CD4 selle)

Zidovudien (AZT) of 100 (200) mg 300 mg twee keer · Naarheid, braking Newe-effekte kan van die dosis

(ZDV)(bv. Retrovir ® ) kapsule daagliks OF · Hoofpyn afhang.

300 mg tablet 200 mg drie keer · Astenie Neem met voldoende vloeistof,

50 mg/5 ml daagliks. · Beenmurg onderdrukking, aangesien AZT die oesofagus kan

stroop Nierversaking: anemie, neutropenie irriteer.

verlaag dosis of · Hiperlaktaatemie/ steatohepatitis Sê vir pasiënte om nie enige ander

vermy (medium potensiaal) medisyne daarmee saam te gebruik

· Lipoatrofie en verhoogde serum sonder mediese raad nie.

lipiede Kan gedurende swangerskap gebruik

word.

Nie-nukleosied omgekeerde transkriptase inhibeerders (NNOTIs)

Efavirenz 50 (200) mg 600 mg een keer · Uitslag Neem met slaaptyd en moet nie

(EFV)(bv. Stocrin ® ) kapsule daagliks · SSS effekte (slaperigheid, saam met voedsel neem nie om die

600 mg tablet helder drome, verwarring, intensiteit van die SSS newe-effekte

duiseligheid, hallusinasies) te verminder.

· Verhoogde lewer ensieme Toleransie teenoor SSS effekte kom

(transaminases) gewoonlik voor na etlike weke se

· Verhoogde cholesterol behandeling.

· Verergering van lipo-atrofie in SSS effekte kan vererger word deur

kombinasie met d4T/ZDV gelyktydige gebruik van ander

middels wat op die SSS werk of

alkohol.

Moet nie swanger word terwyl EFV

geneem word nie.

Nevirapien 200 mg tablet 200 mg een keer · Uitslag Uitslag is algemeen en kan voorkom

(NVP)(bv. Viramune ® ) 50 mg/5ml daagliks vir 2 weke · Hepatitis by tot en met 15% van pasiënte en

suspensie dan 200 mg twee · Toksisiteit meer waarskynlik by kom gewoonlik binne die eerste 6

keer daagliks vroue met CD4 > 250 selle/ml weke van terapie voor.

of mans met CD4 > 400 selle/ml Indien die uitslag gepaardgaan met

sistemiese simptome soos koors of

hepatitis, staak NVP terapie onmiddellik

en kontak die dokter.

Kan gedurende swangerskap gebruik

word deur vroue met CD4 < 250

selle/ml.

12 September 2009

Antiretrovirale Doseervorm Volwasse Geneesmiddel-spesifieke Raad aan pasiënte /

middel dosis newe-effekte Belangrike inligting

Protease inhibeerders

Atazanavir(Reyataz ® ) 150 (200) mg 400 mg een keer · Hiperbilirubienemie (gewoonlik Voedsel versterk die

kapsules daagliks OF 300 mg asimptomaties) biobeskikbaarheid en verlaag

+ ritonavir 100 mg · Hiperglisemie farmakokokinetiese wisselvalligheid.

een keer daagliks · Kardiale geleiding abnormaliteite Moet nie saam met ander middels

· Dislipidemie (lae potensiaal) neem sonder om eers met die dokter

· Betekenisvolle moontlikheid van te praat nie.

geneesmiddel interaksies – Onvoldoende inligting om die

inhibeer CYP450 gebruik tydens swangerskap aan te

beveel.

Versterk altyd met ritonavir.

Indinavir(Crixivan ® ) 200 (400) mg 800 mg 8-uurliks · Nefrolitiase (nierstene) Absorpsie is verminder indien saam

kapsules of 800 mg + · Naarheid met voedsel geneem word.

ritonavir 100 mg · Hiperbilirubienemie Verseker voldoende hidrasie om die

bd. · Lipodistrofie & dislipidemie ontwikkeling van nierstene of

Nier versaking: · Hiperglisemie kristalle te verhoed.

vermy eerder as · Haar verlies Indien saam met didanosien (ddI)

gevolg van moont- · Hoofpyn geneem, neem dosisse twee uur

likheid van poten- · Betekenisvolle moontlikheid van uitmekaar.

siële toksisiteit. geneesmiddel interaksies – Kan hiperbilirubienemie veroorsaak –

inhibeer CYP450 vermy eerder tydens swangerskap.

Versterk altyd met ritonavir.

Fosamprenavir 700 mg tablet 1400 mg bd of · Uitslag Kan met voedsel of op ’n leë maag

(Telzir ® ) 50 mg/ml orale 1400 mg met · Hoofpyn geneem word.

suspensie ritonavir 200 mg · GI stoornisse Onvoldoende inligting om die

een keer daagliks · Hiperglisemie gebruik tydens swangerskap aan te

· Dislipidemie beveel.

· Betekenisvolle moontlikheid van Versterk altyd met ritnoavir.

geneesmiddel interaksies –

inhibeer CYP450

Lopinavir/ ritonavir 133.3/33.3 mg 400/100 mg · Naarheid, braking, diarree Diarree kom gereeld voor.

(Kaletra ® ) kapsule (i.e. 3 kapsules of · Astenie Indien saam met didanosien (ddI)

80/20 mg/ml 5 ml bd · Hoofpyn geneem, neem dosisse twee uur

orale oplossing · Dislipidemie uitmekaar.

· Hiperglisemie Kan gedurende swangerskap

· Betekenisvolle moontlikheid van oorweeg word – oorweeg verhoging

geneesmiddel interaksies – van die dosis tydens die laaste

inhibeer CYP450 trimester

(Aluvia) ® 200/50 mg 400/100 mg bd

tablette OF 800/200 mg

een keer daagliks

(en slegs as

PI-naïef)

Nelfinavir (Viracept ® ) 250 mg tablette 1250 mg bd of · Diarree Neem met voedsel.

50 mg/g orale 750 mg tds · Dislipidemie Indien saam met didanosien (ddI)

poeier Nota: Nelfinavir kan · Hiperglisemie geneem, neem dosisse twee uur

nie met ritonavir · Moontlikheid van geneesmiddel uitmekaar.

versterk word nie interaksies Gebruik met sorg tydens swangerskap

– moontlike kanker risiko.

MOET NOOIT MET RITONAVIR

VERSTERK NIE.

Ritonavir (Norvir ® ) 100 mg kapsule 600 mg bd · Naarheid, braking, diarree Absorpsie word verbeter indien

80 mg/ml orale Versterking van die · Astenie saam met voedsel geneem.

oplossing dosis van ander · Dislipidemie Kan interaksie met ander middels

PIs: 100 tot 400 · Orale parestesie (verlies van toon.

mg/dag (verwys na gevoel) Raadpleeg die dokter voor ander

spesifieke PI) · Hiperglisemie medikasie geneem word.

· Moegheid Kan veroorsaak dat die orale kontra-

· Hepatitis septiewe middel oneffektief is –

· Veranderinge in smaak addisionele metodes van kontrasepsie

kan nodig wees.

MOET NOOIT OP SY EIE AS ENKELE

PI GEBRUIK NIE – ALTYD AS ’N

VERSTERKER

13 September 2009

Antiretrovirale Doseervorm Volwasse Geneesmiddel-spesifieke Raad aan pasiënte /

middel dosis newe-effekte Belangrike inligting

Saquinavir(Invi-Rase ® ) 200 mg kapsule 1000 mg · Naarheid, diarree Neem met voedsel.

+ ritonavir · Hoofpyn Versterk altyd met ritonavir.

100 mg bd · Dislipidemie Kan gedurende swangerskap gebruik

· Hiperglisemie word.

· Verhoogde transaminase

· Betekenisvolle moontlikheid

van geneesmiddel interaksies

Vaste Kombinasie Formulering

Aspen Lamzid ® Zidovudien 300 mg

Cipla-Duovir ® Lamivudien 150 mg

Combivir ®

Sonke-Lamivudine

+ Zidovudine

Sonke –LamiNevStav Lamivudien 150 mg

Nevirapien 200 mg

Stavudien 30 mg

Triomune ® Lamivudien 150 mg

Nevirapien 200 mg

Stavudien 40 mg

Trizivar ® Abacavir 300 mg

Lamivudien 150 mg

Zidovudien 300 mg

Truvada ® Emtricitabien 200 mg

Tenofovir 300 mg

Kivexa ® Abacavir 600 mg

Lamivudien 300 mg

*Stavudien word nou deur die WGO aanbeveel in ’n dosis

van 30mg twee keer daagliks vir volwasse en adolessent

pasiënte, ongeag van liggaamsmassa. Die 40mg twee keer

daaglikse dosis word as te toksies beskou en word nie meer

gebruik nie.

reseptor antagoniste is voorbeelde van ’n breë klas ARVs wat

die MIV ingang inhibeerders genoem word.

Die metode waarvolgens MIV aan die CD4 sel bind en uiteindelik

met die gasheer sel saamsmelt is ’n komplekse proses.

Maraviroc bind selektief en omkeerbaar met die CCR5 koreseptor

en inhibeer die samesmelting van die virus met die

gasheer sel membraan. Die effektiwiteit van die CCR5

antagoniste is beperk tot infeksie met MIV virusse wat die

CCR5 ko-reseptor op die oppervlak van die CD4 selle gebruik.

Nie alle MIV virusse gebruik hierdie ko-reseptor nie. X4 virusse

gebruik ’n alternatiewe CXCR4 ko-reseptor. ’n CCR5

inhibeerder sal nie die ingang van ’n X4 virus in die CD4 sel met

’n CXCR4 ko-reseptor op sy oppervlak blokkeer nie. Dus is ’n

laboratorium toets, die virale tropisme toets, nodig om te

identifiseer watter tipe MIV virus teenwoordig is, d.i. ’n R5 of X4

of ’n mengsel van beide. Die tropisme toets is duur en nie tans

in SA beskikbaar nie.

Maraviroc is ’n substraat vir sitochroom P450 en gevolglik

word dit deur ander geneesmiddels (induseerders en

inhibeerders) beïnvloed wat dieselfde weg volg. Geneesmiddel

interaksies met maraviroc is betekenisvol. Posturale hipotensie

is ’n dosis-beperkende effek wat by pasiënte voorkom wat

dosisse hoër as 600mg/dag neem. Ernstige hepatotoksisiteit

is aangemeld en maraviroc behoort met sorg gebruik te word

by pasiënte met enige vorm van lewer siekte.

5. WANNEER OM MET ANTIRETRO-

VIRALE BEHANDELING TE BEGIN

Die besluit van wanneer om met antiretrovirale terapie by

behandeling naïef pasiënte met MIV te begin, is tans besig om

te verander. Die oorweging van wanneer om met antiretrovirale

terapie te begin en ook die keuse van die individuele

behandeling plan, behoort vir elke pasiënt aangepas te word,

met inagneming van pasiënt spesifieke faktore en voorkeure.

Inisiëring van ART is nooit ’n noodgeval nie (behalwe tydens

na-blootstelling profilakse, MIV ensefalopatie en SSS-verwante

sindrome) en ART behoort uitgestel te word totdat pasiënte

hulself kan verbind tot daaglikse, lewenslange behandeling

en volhouding van 100% meewerking gedurende hierdie

tydperk. Die proses van inisiëring van ART behels beoordeling

van pasiënt gereedheid om met terapie te begin en ’n begrip

van die implikasies daarvan, d.i. lewenslange terapie,

meewerking en toksisiteit. Toegang tot voedings- en sielkundige

ondersteuning en tot familie en vriende ondersteuningsgroepe

is belangrik wanneer besluite oor die inisiëring van ART

gemaak word.

Drie beginsels wat die begin van antiretrovirale terapie (ART)

beheer:

Die pasiënt. Beoordeling van die pasiënt behels gewoonlik

die bepaling van die stadium van hulle siekte. Alle pasiënte

in WGO stadium 4 benodig terapie – ongeag van hulle CD4

of virale lading vlakke. Ouer pasiënte (ouer as 45 jaar) en

jong pasiënte (jonger as 5 jaar) is kwesbaar vir vinnige

progressie. Behandeling word dikwels vroeër begin by

hierdie ouderdomsgroepe ongeag van hulle WGO Stadium.

Pasiënte in WGO stadium 3 wat CD4

selle/l dra die risiko van die begin van behandeling as die

pasiënt siek is. ART word dikwels sleg verdra onder hierdie

omstandighede en meewerking is minder bevredigend.

Die virus naamlik die virale lading. Virale ladings van >

100,000 kopieë/ml word geassosieer met slegter uitkomste

en ’n groter risiko van oordrag van die virus na metgeselle

gedurende onbeskermde seks. Pasiënte met hoë virale

ladings word meer noukeurig gemonitor. Indien die hoë

lading aanhoudend voorkom of as CD4 vlakke betekenisvol

verlaag oor 3-6 maande, begin hierdie pasiënte dikwels

met terapie selfs al is daar nie aan die gewone stadium

bepaling en absolute CD4 kriteria voldoen nie. Die bepaling

van die virale lading is van besondere hulp tydens die

opvolg van pasiënte op terapie: waarneembare virus kan

virale weerstandigheid en die ontwikkeling van

geneesmiddel mislukking beteken.

5.1 Beoordeling van pasiënt gereedheid

vir ART

Beoordeling van pasiënt gereedheid is net so belangrik soos

die mediese indikasies vir terapie.

Die pasiënt moet insig in die siekte en die nodigheid van

langtermyn behandeling demonstreer.

Die pasiënt moet ingelig word dat lewenslange terapie

noodsaaklik is.

Die pasiënt moet bewus wees van die belangrikheid van

meewerking.

Die pasiënt moet ingelig word oor die newe-effekte en wat

om te doen as dit voorkom.

Die pasiënt moet in staat wees om afsprake betroubaar na

te kom en indien moontlik ten minste twee of drie afsprake

te gehad het voor aanvang van terapie. Indien pasiënte ver

van klinieke woon, moet daar alternatiewe voorsiening

gemaak word om te verseker dat die pasiënt in staat is om

gereeld toegang tot terapie te hê, bv. ’n ‘‘buddy sisteem’’ in

plek te hê.

Aktiewe depressie of dwelm misbruik moet toepaslik

behandel word.

’n Persoonlike behandeling plan behoort geformuleer te

word, wat inligting oor berging en strategieë vir oorgeslane

dosisse insluit.

Die pasiënt behoort aangemoedig te word om die MIV

status aan familielede bekend te maak, aangesien dit as ’n

belangrike faktor vir meewerking bewys is.

Die pasiënt behoort aangemoedig te word om by ’n

ondersteuningsgroep aan te sluit of ’n ‘behandeling buddy’

te identifiseer.

Die pasiënt behoort voldoende berading te ontvang oor

veiliger seks praktyke om virale oordrag na ander mense

en ook herinfeksie met ’n verskillende stam, te voorkom.

5.2 Mediese indikasies vir terapie

Die optimum tyd om met ART te begin is voor pasiënte siek

word of met hulle eerste opportunistiese infeksie presenteer.

Die besluit van wanneer ’n pasiënt met lewenslange ART moet

begin, word gewoonlik gebaseer op ’n kombinasie van CD4

telling (d.i. immunologiese monitering) en MIV siekte vordering,

wat die WGO gedefinieer het volgens vier kliniese stadia, met

stadium 4 wat VIGS verteenwoordig.

Die WGO het in 2003 die riglyne gewysig om aan te beveel dat

’n pasiënt wat stadium 3 van die siekte bereik het en met ’n

CD4 telling van minder as 350, behandeling behoort te begin.

Hierdie aanbeveling was gebaseer op studies in die ontwikkelde

wêreld wat aangetoon het dat indien ART begin word as die

CD4 telling onder 350 daal, dit VIGS verwante mortaliteit

verlaag. Die meeste lande het hulle riglyne dienooreenkomstig

gewysig, maar Suid-Afrika se Nasionale ART riglyne, wat nog

nie sedert 1994 bygewerk is nie, beveel ART slegs vir pasiënte

aan met stadium 4 siekte of ’n CD4 telling van minder as 200.

Hierdie ouderwetse aanbevelings behoort na alle verwagting

in die nabye toekoms deur die Departement van Gesondheid

hersien te word.

ART gee aanleiding tot ’n verbetering in die kliniese status en

kan kliniese siekte omkeer mits dit betyds begin word voor

immunologiese skade onomkeerbaar is.

Sien Tabel 1.

Die Suider-Afrikaanse MIV Klinici Vereniging 2008 riglyne

beveel aan dat ART begin moet word as die CD4 telling onder

350 val, ongeag die vordering van die siekte. Die indikasies vir

ART volgens die Vereniging se riglyne word in Tabel 6 beskryf.

Behandeling kan oorweeg word by sommige pasiënte met MIV

infeksie wie se CD4 telling meer as 350 is. Hierdie aanbeveling

word op pasiënt spesifieke faktore gebaseer, insluitend vinnige

CD4 afname (>120 selle/l/jaar of > 5% afname oor 6 maande)

en die teenwoordigheid van komorbiditeite wat die risiko van

nie-VIGS geassosieerde morbiditeit en mortaliteit kan verhoog,

Tabel 6. Indikasies vir ART(simptome of CD4

tellings is ’n indikasie vir ART)

Simptome/toestand

(ongeag van CD4 telling)

WGO kliniese siekte stadium 4 ART aanbeveel

(behalwe vir tuberkulose –

sien afdeling 10.1)

Ander ernstige MIV-verwante ART aanbeveel

siektes bv.

· Immuun trombositopenie

· Trombotiese trombositopenie

· Polimiositis

· Limfositiese interstisiële pneumonitis

Nie-MIV verwante siektes bv. ART aanbeveel

· Maligniteite

· Hepatitis B wat vir anti-hepatitis B

terapie kwalifiseer

· Hepatitis C

Swangerskap ART aanbeveel om die

risiko van perinatale

oordrag te verlaag

CD4 tellings/l

< 200/l ART aanbeveel

200-350/l ART aanbeveel

> 350/l Stel ART uit

15 September 2009

v. kardiovaskulêre, renale en hepatiese siektes. Daar is ook

groot ondersteuning vir die opinie dat ’n CD4

6.1 Verkose eerste-linie behandeling

programme

In ooreenstemming met internasionale aanbevelings, behoort

die eerste-linie behandeling programme vir behandeling naïef

volwassenes en adolessente twee NOTIs plus een NNOTI te

bevat. Hierdie behandeling programme is effektief en oor die

algemeen goedkoper as ander programme, het generiese

alternatiewe en is dikwels in vaste dosis kombinasies

beskikbaar, wat dosering vergemaklik. Hulle behou ook ’n

potente klas, die protease inhibeerders, vir tweede-linie en

daaropvolgende behandeling. In vergelyking met PIs word

NNOTIs beter verdra oor die langtermyn en is ten minste net

so potent indien hulle met ’n toepaslike dubbele NOTI

kombinasie gekombineer word.

Ongelukkig is NNOTIs minder betroubaar met betrekking tot

die ontwikkeling van geneesmiddel mislukking, aangesien

slegs ’n paar mutasies in die omgekeerde transkriptase ensiem

aanleiding gee tot ’n hoë graad van weerstandigheid. Die PIs

is meer robuus in hierdie verband en weerstandigheid verg

baie meer virus mutasies. Dus, vir die NNOTIs om die standaard

van eerste-linie behandeling programme te bly, is dit

noodsaaklik dat meewerking en geneesmiddel samewerking

deeglik met pasiënte bespreek moet word voordat daar met

behandeling begin word.

Dit word aanbeveel dat PIs vir tweede-linie terapie gereserveer

word. Sien Tabel 4 vir die ARV klasse, afkortings en

handelsname.

Eerste-linie behandeling NRTI + NRTI + NNRTI

programme vir behandeling

naïef volwassenes en adolessente

SA MIV Klinici Vereniging riglyne 3TC + ZDV + (EFV of NVP)

3TC + TDF + (EFV of NVP)

3TC + ABC + (EFV of NVP)

FTC + TDF + (EFV of NVP)

Nasionale ARV behandeling d4T + 3TC + EFV

riglyne – behandeling program 1a

Nasionale ARV behandeling riglyne d4T + 3TC + NVP

– behandeling program 1b

(vir swanger vroue en dié wat nie

in staat is om behandeling program

1a te verdra nie)

6.1.1 Keuse van NOTI

Die keuse van ’n NOTI hang af van bekostigbaarheid en komorbiditeit

bv. pasiënte met ’n kreatinien opruiming koers van

< 50 ml/min behoort nie tenofovir te gebruik nie. Alhoewel

stavudien (d4T) ’n baie goedkoper opsie as abacavir, tenofovir

of zidovudien is, is dit aansienlik meer toksies. Staat sektor

programme word aangemoedig om stavudien (d4T) weg te

laat as eerste-linie ART of ten minste alternatiewe NOTIs

beskikbaar te maak in geval van toksisiteit.

Lamivudien (3TC)

Lamuvidien bly die middelpunt van alle eerste-linie behandeling

programme in beperkte hulpbron opsette. Dit is ’n kern

komponent van die dubbele NOTI rugsteun behandeling van

alle ARV kombinasies. Dit het bewese veiligheid, ’n gunstige

toksisiteit profiel en kan gedurende swangerskap geneem

word. Dit is aktief teen hepatitis B, maar behoort nooit as ’n

enkel middel teen hierdie virus gebruik te word nie. Lamuvidien

is relatief goedkoop om te produseer en is geredelik beskikbaar,

en ook in vaste dosis kombinasies. Dit word gewoonlik twee

keer per dag geneem, maar ’n een keer daaglikse dosis word

ook goed verdra. Swak geneesmiddel meewerking gee vinnig

aanleiding tot virus mutasies en weerstandigheid. 3TC moet

dus altyd as ’n deel van drieledige antiretrovirale terapie

toegedien word. Pasiënte moet daaraan herinner word om die

dosis skedule streng te volg.

Zidovudien (ZDV)

Zidovudien word verkies as ’n eerste linie NOTI. Dit word oor

die algemeen goed verdra en is geredelik beskikbaar in vaste

dosis kombinasies. ZDV kan egter ernstige anemie en

neutropenie veroorsaak. Monitering van hemoglobien word

voor en gedurende behandeling aanbeveel. Die langtermyn

gebruik daarvan word met ernstige metaboliese komplikasies

verbind, soos laktiese asidose en lipo-atrofie, veral indien dit

met efavirenz gekombineer word. Alhoewel hierdie toksisiteit

minder gereeld voorkom as met d4T (ook ’n timidien nukleosied

analoog) kan die effekte permanent wees indien dit nie vroeg

gediagnoseer word en die behandeling verander word nie.

Baie deskundiges het wegbeweeg van die gebruik van timidien

analoë vir eerste-linie ART behalwe tydens swangerskap,

waar ZDV en 3TC steeds die middels van keuse is. ZDV word

twee keer per dag toegedien.

Tenofovir (TDF)

Tenofovir word nou ingesluit as ’n verkose eerste-linie NOTI as

gevolg van die effektiwiteit, maklike gebruik en veiligheidsprofiel

daarvan. Dit is ’n verandering van die vorige riglyne, wat

aanbeveel dat tenofovir as deel van tweede-linie behandeling

programme gebruik word. Baie internasionale ART riglyne

plaas tenofovir en emtricitabien (Truvada ® ) eerste as hulle

NOTI rugsteun keuse. Nierversaking kom by 1.5 – 2.3% voor.

Pasiënte wat PIs neem, of wat bekende nefrotoksiese middels

neem (bv. aminoglikosiede, sulfoonamiede, pentamidien,

ribavirin ens.), die ouer pasiënt (>45 jaar) en dié met

gepaardgaande siektes soos diabetes en hipertensie wat die

niere kan affekteer, loop ’n besondere risiko. Uitslag is ’n raar

newe-effek. Dit word as ’n een keer daaglikse dosis met

voedsel toegedien. Weerstandigheid verg ongewone mutasies

wat voorkom na ’n lang tydperk van swak meewerking met

didanosien of abacavir.

Emtricitabien (FTC)

Emtricitabien is ’n nuwe NOTI wat onlangs ingesluit is in die

WGO se eerste linie behandeling programme. FTC is ’n

ekwivalente alternatief tot 3TC.

FTC is die een keer daaglikse alternatief vir 3TC: die twee

middels is amper identies in terme van newe-effekte, aktiwiteit

teen hepatitis B en met betrekking tot die mutasies wat virus

weerstandigheid bevorder. Emtricitabien veroorsaak egter ’n

toename in pigmentasie in 14 % van pasiënte met ’n donker

vel. Dit is kommersieel beskikbaar as ’n vaste dosis dubbele

kombinasie, d.i. FTC + TDF (Truvada ® ). Oorsee is dit ook

beskikbaar as ’n vaste dosis drieledige kombinasie, TDF +

FTC + EFV (Atripla ® ). Die Suid-Afrikaanse registrasie van

Atripla ® word binnekort verwag.

Abacavir (ABC)

Abacavir is ’n alternatiewe NOTI vir eerste-linie terapie. Die

nuttigheid daarvan word beperk deur die voorkoms van

hipersensitiwiteit by 3-5% van pasiënte, die beperkte potensie

daarvan – dit word nie gebruik waar basislyn virale ladings

17 September 2009

100,000 kopieë/ml is nie- en redelik onlangs is bewyse

bekend gemaak dat pasiënte wat abacavir neem ’n groter

risiko loop om kardiovaskulêre siektes te ontwikkel, d.i.

hartaanval en beroerte. Van al die NOTIs het abacavir die

minste effek op lipo-atrofie, perifere neuropatie, serum

lipiede, glukose vlakke en laktiese asidose. Dit is een van

die moontlike plaasvervangers van d4T of ZDV vir pasiënte

wat laktiese asidose ontwikkel terwyl hulle behandeling met

d4T of ZDV ontvang. ABC kan ook met ZDV vervang word in

geval van intoleransie d.i. naarheid, braking, onderdrukking

van bloed tellings (anemie). Die gebruik van ABC word egter

beperk deur die hoë koste daarvan.

Stavudien (d4T)

Stavudien het ’n uiters belangrike rol gespeel in ARV uitrol

programme, veral omdat dit regdeur die ontwikkelende wêreld

in vaste dosis kombinasies beskikbaar is, lae koste het en

wydverspreid beskikbaar in vaste kombinasies is, wat dit

maklik maak om toe te dien. Sien Nasionale Antiretrovirale

Behandeling Riglyne Behandeling Program 1a en 1b. In

vergelyking met zidovudien, benodig d4T minder laboratorium

monitering. Ongelukkig is d4T toksies. Die gebruik daarvan

het al gepaard gegaan met fatale laktiese asidose en lewer

versaking. Baie oorlewendes is permanent ongeskik gelaat.

Die kombinasie van stavudien en didanosien is teenaangedui

tydens swangerskap.

d4T is die NOTI wat die meeste met laktiese asidose, lipoatrofie

en perifere neuropatie verbind word. Alhoewel d4Tbevattende

behandeling programme steeds die toeganklikste

opsie vir mense in hulpbron beperkte opsette in die kort tot

medium termyn is, beveel die WGO aan dat dit belangrik is om

te beplan om weg te beweeg van d4T bevattende behandeling

programme, om sodoende die voorspelbare toksisiteit

geassosieer met d4T te vermy of te minimaliseer. Vroeë

identifisering van d4T newe-effekte en omskakeling na ’n

alternatiewe NOTI soos ZDV, TDF of ABC kan die graad van

erns van hierdie toksisiteit verlaag.

Nota: didanosien (ddl) word vir tweede-linie behandeling

gereserveer.

6.1.2 Keuse van NNOTI

NNOTIs is potent en die sleutel ARV klas om te kombineer met

’n dubbele NOTI behandeling vir eerste-linie terapie.

Nevirapien (NVP) of efavirenz (EFV) kan gekies word as die

NNOTI, maar daar is egter algemene konsensus dat efavirenz

die meer potente een van die twee is en met minder ernstige

newe-effekte verbind word. Die meeste internasionale riglyne

moedig dus aan dat EFV die NNOTI van keuse moet wees

wanneer eerste-linie ART begin word. Daar is ’n uitsondering op

hierdie reël: efavirenz moet nie aan vroue in hulle vrugbare jare

gegee word nie (EFV is teratogenies). NVP word aan hierdie

vroue gegee. NVP word egter slegs aan ART naïef vroue gegee

waarvan die basislyn CD4 400 selle/l nie.

EFV is die NNOTI van keuse vir dié wat met beide TB en MIV

geïnfekteer is en wat op ’n rifampisien gebaseerde behandeling

program is. ’n Klein aantal pasiënte op EFV sal die duiseligheid,

slapeloosheid, helder nagmerries en verwarring gedurende

die eerste paar weke se behandeling onaanvaarbaar vind en

sal moet oorskakel na NVP of ’n versterkte PI. EFV word nie

gebruik by pasiënte met ’n psigiatriese geskiedenis, veral

ernstige depressie, nie.

6.2 ARV kombinasies wat eerder vermy

moet word

Monoterapie of dubbele terapie behoort nie gebruik te word

om chroniese MIV infeksie te behandel nie. Sekere dubbele

NOTI rugsteun kombinasies behoort nie as deel van ’n drieledige

behandeling plan gebruik te word nie.

Tabel 7. ARV kombinasies wat eerder vermy

behoort te word

Kombinasie om Rede

te vermy

d4T + ZDV Bewese antagonisme– beide is timidien

nukleosiede

d4T + ddI Oorvleuelende toksisiteit – hepatitis,

pankreatitis, laktiese asidose, perifere

neuropatie

3TC + FTC Omruilbaar, maar behoort nie saam gebruik

te word as gevolg van waarskynlike

antagonisme – beide is sitidien nukleosiede

TDF + 3TC + ABC Drieledige nukleosied/nukleotied ART

TDF + 3TC + ddI behandeling program word geassosieer met

hoë insidensie van vroeë virale mislukking

(weerstandigheid) en moet vermy word.

TDF + ddI + enige Die gebruik van TDF en ddI tesame verhoog

NNRTI intrasellulêre toksisiteit van ddI en gee

aanleiding tot CD4 verlies en immuun

mislukking.

Nota: ddI behoort vir tweede-linie behandeling gereserveer te word.

6.3 Beoordeling van die effektiwiteit van

ART

6.3.1 Kliniese beoordeling

Indien ART effektief is, begin pasiënte beter voel, het meer

energie en tel dikwels gewig op. Virale ladings word

onwaarneembaar en bly so en CD4 tellings styg geleidelik met

ongeveer 100 selle/l in die eerste jaar, maar jaarliks daarna

met ongeveer 50 selle/l totdat ’n plato na 4-6 jaar bereik word.

In sommige dele van Afrika word laboratorium toetse nie

gereeld gedoen nie. Dit is noodsaaklik dat die pasiënt se

kliniese status noukeurig gemonitor moet word. Nuwe VIGS

definieërende siektes terwyl ARV gebruik word is ’n teken van

die waarskynlikheid van geneesmiddel mislukking. Dit kom

baie maande nadat die terugkeer van die virus opgemerk word

deur monitering van die virale lading, voor. Teen hierdie tyd

begin CD4 tellings ook faal. Die herhaling van meewerking

berading op hierdie tydstip is dikwels te laat om virale

weerstandigheid te verhoed en tweede-linie terapie is nodig.

Indien moontlik moet kliniese monitering altyd met laboratorium

bepalings gekombineer word. Dit is noodsaaklik dat die pasiënt

in die kliniek bly; nadat terapie begin is moet die pasiënt binne

twee weke terugkeer om te verseker dat die newe-effekte

aangespreek word en dat die medikasie geneem word. Sien

die pasiënt na nog 3-4 maande en daarna met 4-6 maandelikse

intervalle of vroeër indien die pasiënt siek word.

6.3.2 Laboratorium monitering van ART effektiwiteit

Virale ladings behoort op die volgende tye bepaal te word:

Basislyn (voor die begin van ART)

6-12 weke na die begin van ART

Elke 6 maande daarna

18 September 2009

Virale lading teikens vir suksesvolle terapie sluit die volgende

in:

’n Minimum van een log afname in virale lading binne 4-

10

8 weke na die aanvang van ART.

’n Afname in die virale telling tot < 40-50 RNS kopieë/ml

(onwaarneembare vlakke) 24 weke (d.i. 6 maande) na

aanvang van ART.

Nota: ’n Volgehoue virale lading van < 40-50 kopieë/ml of ’n

onwaarneembare virale lading word geassosieer met die

beste virologiese voordele.

Indien die virologiese teikens nie bereik word nie, moet die

pasiënt evalueer word om te bepaal of swak meewerking,

geneesmiddel intoleransie of virale weestandigheid ’n faktor

is. Verandering van die terapie kan nodig wees, gebaseer op

die spesifieke omstandighede.

CD4 tellings behoort elke 6 maande bepaal te word: die

grootste verhoging kom gewoonlik gedurende die eerste jaar

van ART voor.

Elke poging moet aangewend word om die pasiënt se CD4

telling binne die normale interval te kry (500-2000 selle/l).

Dit neem gewoonlik etlike jare.

Indien die CD4 selle nie herstel nie, moet virale

weerstandigheid (swak geneesmiddel meewerking)

nagegaan word, ongediagnoseerde opportunistiese

infeksies of kanker uitgesluit word en dat beenmurg

onderdrukkende geneesmiddels of toksiene (alkohol

misbruik, steroïede, kruie soos die Afrika Aartappel en

Sutherlandia, kanker geneesmiddels, antimetaboliese

antibiotika soos hoë dosis kotrimoksasool ens.) gestaak

word. By kinders en soms by volwassenes moet wanvoeding

en verwante makro- en mikro-voedingstowwe (vitamiene

en spoorelemente) tekorte aggressief gekorrigeer word.

Ongelukkig sal ’n klein aantal pasiënte (10 - 20%) met

basislyn CD4 tellings wat onder 100 selle/l is, nooit

normale vlakke bereik nie. Dit is nog ’n goeie rede om alle

Suid-Afrikaners aan te moedig om getoets te word en met

ART soos aangedui, te begin.

6.4 Indikasies vir die verandering van

ART

Toksisiteit en geneesmiddel weerstandigheid is die twee

algemene redes vir die verandering van terapie. In die

geval van toksisiteit as gevolg van ’n enkele middel in die

behandeling plan, kan ’n enkele geneesmiddel verandering

gemaak word. Waar weerstandigheid egter teenwoordig is,

moet al die eerste-linie middels vervang word met nuwe

middels waarvoor die virus definitief of vermoedelik vatbaar is.

Hou in gedagte dat die pasiënt se eerste behandeling plan die

pasiënt se beste kans van langtermyn virale beheer is. Wanneer

virale weerstandigheid ontwikkel het, moet daaropvolgende

geneesmiddel behandeling planne altyd vroeër en ook latere

virus mutasies in ag neem. In die afgelope jare was timidien

nukleosied verwante toksisiteit (lipodistrofie, laktiese asidose,

metaboliese veranderings ens.) verantwoordelik vir die dryfkrag

agter die pogings om eerste-linie middels te vervang met

minder toksiese alternatiewe soos tenofovir en abacavir.

In gevalle van behandeling mislukking as gevolg van

geneesmiddel weerstandigheid of swak meewerking, kan dit

nodig wees om die hele behandeling plan te verander. Sien

Afdeling 9.

7. WAT OM TYDENS DIE EERSTE

SES MAANDE SE TERAPIE TE

VERWAG

Die eerste ses maande op ART is uiters belangrik. Daar

behoort kliniese en immunologiese verbetering te wees, maar

sommige pasiënte reageer nie soos verwag nie of kan selfs

aanvanklik verswak. Komplikasies binne die eerste weke na

aanvang van ART is meer waarskynlik by pasiënte met ernstige

immuun tekorte. Dit neem tyd vir die MIV virale replikasie om

deur ART beheer te word en vir sommige pasiënte se immuun

sisteem om aan te sterk. Dit neem ook tyd vir die omkering van

katabolisme wat met MIV infeksie geassosieer word, veral by

pasiënte met betekenisvolle MIV agteruitgang. Namate die

immuun funksie herstel kan die pasiënt verergering van vorige

subkliniese ko-infeksies bv. tuberkulose ondervind. Dit is dus

belangrik om genoegsame tyd te laat verloop voordat ART

effektiwiteit beoordeel word en om die moontlikheid van immuun

hersamestelling inflammatoriese sindroom (IRIS) by pasiënte

met verergerende siekte te oorweeg.

7.1 CD4 herstel en onderdrukking van

die virale lading

CD4 sel tellings styg tydens die aanvang van ART en die

daaropvolgende immuun herstel by die meeste pasiënte, selfs

by pasiënte met CD4 tellings onder 10. Sommige pasiënte sal

egter nooit CD4 tellings van meer as 200 hê nie en dus nooit

die interval van ernstige immuun onderdrukking verlaat nie.

By pasiënte wat aansienlike CD4 herstel toon, dui ’n

daaropvolgende progressiewe afname in CD4 telling in die

afwesigheid van tussentydse siektes, op immunologiese

mislukking. Die basislyn CD4 telling en die neiging van die CD4

respons met verloop van tyd, soos beoordeel deur gereelde

toetse, is nodig om immunologiese mislukking te identifiseer.

Vir die meeste pasiënte wat hulle antiretrovirale behandeling

planne goed volg en wat nie weerstandig is teenoor die

voorgeskrewe ARVs nie, kom virale lading verlaging gewoonlik

binne 16-24 weke voor, alhoewel dit langer kan neem by

sommige pasiënte. Voorspellers van virologiese sukses sluit

in:

Die gebruik van ’n aanbevole ARV behandeling plan

Lae basislyn virale lading

Hoër basislyn CD4 telling en

Vinnige vermindering van virale lading in reaksie op

behandeling.

Suksesvolle resultate word nie altyd waargeneem nie. Virale

onderdrukking koerse in kliniese praktyk kan laer wees as die

80-90% wat tydens kliniese proewe waargeneem is. Indien die

ARV behandeling plan verander word, behoort virale lading

bepaling binne 2-8 weke na die verandering gedoen te word.

Die doel van virale lading monitering op hierdie punt is om die

doeltreffendheid van die nuwe behandeling plan te bevestig.

19 September 2009

7.2 Vroeë ARV toksisiteit

Vroeë ARV toksisiteit kom gewoonlik binne die eerste weke of

maande van terapie voor. Algemene vroeë en potensieel

ernstige toksisiteit is:

Vel uitslag: dikwels ’n hipersensitiwiteit teenoor NNOTIs,

beide EFV en NVP, maar veral teenoor NVP. Indien die

mukus membrane betrek word en daar teenwoordigheid

van sistemiese tekens soos koors, tagikardie, hepatitis

ens. is, is dit rede tot ernstige kommer. Hipersensitiwiteit

teenoor abacavir kan presenteer met ’n uitslag binne 6

weke na aanvang van die middel.

Hepatitis: Dit is dikwels ’n hipersensitiwiteit teenoor die

NNOTIs en weer veral teenoor NVP. Dit kan veluitslag

vergesel (hierbo), maar kan ook voorkom sonder enige

sistemiese tekens. Dus behoort lewer ensieme

(transaminases) d.i. ALT en AST vroeg tydens die verloop

van ART nagegaan te word.

Anemie en neutropenie: Dit is tipies ’n timidien nukleosied

toksisiteit en hou gewoonlik met ZDV verband, alhoewel dit

soms met d4T en ander NOTIs kan voorkom. Dit is dus

belangrik om hemoglobien (Hb) of hematokrit (Hct) vlakke

en witsel tellings met gereelde intervalle na die aanvang

van ART na te gaan.

Perifere neuritis: Hierdie toksisiteit is dikwels die gevolg

van stavudien gebruik tydens eerste-linie terapie, maar

kan ook voorkom na die gebruik van didanosien en/of

zidovudien. In die Suid-Afrikaanse konteks word die

probleem vererger as isoniasied (INH) toegedien word om

’n Mikobakterium tuberkulose infeksie te behandel. Met tye

kan ongemak en inkapasiteit wat deur die pasiënt ondervind

word, akuut en verswakkend wees.

Baie vroeë ARV toksisiteit, indien nie behoorlik behandel word

nie, kan vinnig in potensieel lewensbedreigende voorvalle

verander of lei tot onderbreking van ART. Laasgenoemde

bevorder virale weerstandigheid.

7.3 Immuun hersamestelling inflammatoriese

sindroom

Die immuun hersamestelling inflammatoriese sindroom (IRIS)

is ’n spektrum van kliniese tekens en simptome van wisselende

erns wat binne weke (alhoewel soms maande) na aanvang

van ART voorkom.

By die meeste pasiënte gaan beheer van MIV gepaard met

die terugkeer van aktiewe immuun selle – CD4 (T-helper

selle) en CD8 (sitotoksiese T-selle) en NK (natuurlike

‘‘killer’’) selle. Wat vantevore ’n ‘dormante’ immuun sisteem

was, kan nou reageer met ontoepaslike krag en aanleiding

gee tot wydverspreide weefsel vernietiging.

Die effekte van hierdie inflammatoriese aktivering word

plaaslik ondervind (bv. die styging van intrakraniale druk

tydens Kriptokokkale meningitis) en sistemies (bv. koors,

hipotensie, tagikardie, septiese skok en dood).

Die teenwoordigheid van verborge organismes kan op

hierdie manier ‘ontmasker’ word bv. Mycobacterium

tuberculosis, Mycobacterium avium kompleks,

Cryptococcus neoformans, Hepatitis B virus ens.) of die

reeds behandelde infeksie sal paradoksaal vererger en

soms lewensbedreigend word.

Kankers soos Kaposi se sarkoom en Non-Hodgkin se

limfoom kan tydelik vererger, so ook outo-immuun

stoornisse soos rumatoïede artritis en tirotoksikose.

Die insidensie van IRIS word geraam op 10% by alle

pasiënte en tot en met 25% by dié wat met ART begin

met ’n CD4 telling onder 50. Die pasiënt is dikwels baie

meewerkend met terapie en sy/haar virale lading is dan

onwaarneembaar. Die vinnige herstel van die CD4 telling

en die onbepaalbare virale lading is duidelike tekens van

die sindroom.

Die behandeling van IRIS sluit aanhoudende behandeling van

die gepaardgaande proses in, om sodoende die antigeniese

lading te verlaag, volhouding met ART en die gebruik van

kortikosteroïede om te help om die inflammatoriese aktiwiteit

te laat bedaar. Prednisoloon of prednisoon in ’n dosis van 0.5

mg/kg/dag vir 5 tot 10 dae word aanbeveel tydens matige tot

ernstige IRIS. Dit kan nodig wees om dit verskeie kere te

herhaal voor die toestand bedaar. Koors en pyn benodig

dikwels anti-inflammatoriese analgetika. Anoreksie sal dikwels

reageer op die steroïede en so ook die gepaardgaande

naarheid, braking en diarree.

8. BEHANDELING VAN ANTI-

RETROVIRALE TOKSISITEIT

Antiretrovirale middels is verantwoordelik vir ’n wye

verskeidenheid van toksisiteite wat wissel van ligte

onverdraagbaarhede tot lewensbedreigende newe-effekte.

Toksisiteit kan vroeg voorkom (binne die eerste paar weke of

maande se behandeling) en laat (na ses of meer maande se

behandeling). ARV toksisiteit kan spesifiek wees vir die

individuele middel of die klas ARVs.

Ongeag van hulle graad van erns, kan newe-effekte as gevolg

van ARVs meewerking met terapie affekteer. Dit is belangrik

vir pasiënte en gesondheidsorg verskaffers om in staat te

wees om geneesmiddel spesifieke newe-effekte te identifiseer

sodat toepaslike maatreëls geneem kan word om die neweeffekte

te elimineer. Bespreking van die moontlike neweeffekte

van die behandeling program met die pasiënt voor die

begin van behandeling en gedurende die vroeë stadia van

behandeling, asook ondersteuning gedurende ligte en matige

newe-effekte, kan die meewerking met ART verbeter.

Om onderskeid te tref tussen die komplikasies van MIV siekte

en ARV toksisiteit kan egter moeilik wees. Alternatiewe

verduidelikings vir ’n pasiënt se presenterende simptome

behoort oorweeg te word. Byvoorbeeld:

Virale hepatitis (hepatitis A, B of C) by ’n pasiënt wat

presenteer met simptome van lewer siekte terwyl hulle

nevirapien of stavudien en didanosien neem.

Malaria by die pasiënt op zidovudien wat presenteer met

ernstige anemie en in ’n endemiese malaria gebied woon.

20 September 2009

Tabel 8 Tekens en simptome van algemene ARV toksisiteite

(aangepas uit WGO, Antiretrovirale terapie vir MIV infeksie by volwassenes en adolessente, 2006 hersiening)

Tekens en simptome Moontlike toksisiteit ARV

· Anemie Hematologiese toksisiteit Kom die algemeenste met

(nie-spesifieke simptome van ’n gevoel van swakheid, of zidovudien (ZDV) voor

moegheid, algemene malaise en swak konsentrasie) Geneesmiddel geïnduseerde

beenmurg onderdrukking

· Neutropenie

(koors, gereelde infeksies, seer keel, mond sere)

· Naarheid, anoreksie, abdominale pyn, braking, gewigsverlies, Mitochondriale disfunksie – Kom hoofsaaklik met die NOTIs

moegheid presenteer met: voor

· Tagikardie, hiperventilasie, geelsug, spier swakheid of pyn, · Laktiese asidose

veranderings in gemoedstoestand, respiratoriese nood · Hepatiese toksisiteit,

· Dooie gevoel pankreatitis

· Verandering van liggamsvet verspreiding · Perifere neuropatie

· Lipo-atrofie

· Miopatie

· Nefrolitiase (nierstene) – Renale toksisiteit Kom algemeen met indinavir (IDV)

Abdominale pyn, bloed of etter in die urien, pynlike urinering, voor

minder urien

· Renale tubulêre disfunksie – Tenofovir (TDF)

abdominale pyn, veranderings in urinering, proteïenurie

· Dislipidemie – asimptomaties Metaboliese abnormaliteite Meer algemeen met PIs bv.

· Vet akkumulasie – verandering in vet distribusie lopinavir, ritonavir, indinavir

· Insulien weerstandigheid, diabetes – presenteer met poliurie, NOTIs bv. stavudien, didanosien &

polidipsie, gewigsverlies zidovudien

· Osteopenie – kan asimptomaties wees tot ’n fraktuur voorkom NNOTIs bv. efavirenz (EFV)

· Veluitslag en hipersensitiwiteit reaksies Allergiese reaksies Kom meer algemeen met NNOTIs

voor, maar ook met sommige

NOTIs, soos abacavir (ABC) en

sommige PIs

Tabel 9. Tekens en simptome van ernstige toksisiteit (‘Rooi vlag’ simptome)

Ernstige toksisiteit Moontlike tekens en simptome

Nevirapien-geassosieerde Aanvang is gewoonlik skielik.

Stevens Johnson Bullae (groot blase) op orale mukosa, keel, anogenitale area en konjunktiva.

sindroom Vel letsels kan teenwoordig of afwesig wees en verskyn as simmetriese, rooi, geswelde blaasagtige letsels.

Die pasiënt kan nie in staat wees om te eet of die mond behoorlik toe te maak nie.

Die oë kan baie pynlik word.

Laktiese asidose Sluipende aanvang met naarheid, anoreksie, abdominale pyn, braking, gewigsverlies en moegheid.

Daaropvolgende simptome kan vinnig vorder met tagikardie, hiperventilasie, geelsug, spier swakheid,

gemoedstoestand veranderings, respiratoriese nood, algemene edeem, ernstige spier pyn

Abacavir geassosieerde Koors

hipersensitiwiteit reaksie Makulopapulêre, pruritiese veralgemeende uitslag

Gastro-intestinale simptome soos naarheid, braking, diarree

Ander simptome insluitend faringitis, asma-tipe bors simptome, respiratoriese nood, hoes, malaise, moegheid,

geswelde limfkliere, dooie gevoel en muskuloskeletale stoornisse, in

Reaksies teenoor gepaardgaande voorgeskrewe

medikasie bv. isoniasied (INH) geïnduseerde hepatitis of

INH-verwante perifere neuropatie of uitslag deur

kotrimoksasool geïnduseer.

Vervanging binne die eerste-linie behandeling program in die

konteks van individuele toksisiteit word aanbeveel. Die besluit

om ’n ARV te vervang hang af van die vermoë om die toksisiteit

aan ’n spesifieke ARV toe te skryf en op die graad van erns van

die simptome. Sien Tabel 7.

As ’n algemene reël benodig ligte toksisiteit nie staking van

terapie of geneesmiddel vervanging nie. Matige of ernstige

toksisiteit kan vervanging met ’n ARV in dieselfde ARV

klas, maar met ’n verskillende toksisiteit profiel, verg.

21 September 2009

Tabel 10. Gids riglyne vir die behandeling van ARV toksisiteit

(aangepas uit WGO, Antiretrovirale terapie vir MIV infeksie by volwassenes en adolessente, 2006 hersiening)

1. Bepaal die graad van erns van die toksiteit

2. Evalueer gepaardgaande medikasie en bepaal of die toksisiteit toegeskryf kan word aan ’n ARV middel of middels of ’n nie-ARV

medikasie wat gelyktydig geneem word.

3. Oorweeg ander siekte prosesse (bv. virale hepatitis by ’n individu op ARV middels wat geelsug ontwikkel) want nie alle probleme wat

tydens behandeling voorkom word deur ARV middels veroorsaak nie.

4. Beheer die newe-effek volgens die graad van erns. Oor die algemeen:

· Graad 4 (ernstige lewensbedreigende reaksies):

Staak dadelik alle ARV middels, behandel die mediese voorval (d.i. simptomatiese en ondersteunende terapie) en begin

weer met aangepaste ARV behandeling program (d.i. met ’n ARV plaasvervanging van die veroorsakende middel) as die

pasiënt gestabiliseer is.

· Graad 3 (ernstige reaksies):

Vervang die veroorsakende middel sonder om ART te staak.

Monitor noukeurig aangesien ’n Graad 3 toksisiteit vinnig kan vorder na ’n Graad 4 toksisiteit.

· Graad 2 (matige reaksies):

Oorweeg die voortgaan met ART so lank as haalbaar.

Indien die pasiënt nie op simptomatiese terapie verbeter nie, oorweeg enkel middel plaasvervanging.

· Graad 1 (ligte reaksies): is lastig, maar benodig nie verandering van terapie nie.

5. Beklemtoon die volhouding van meewerking ten spyte van toksisiteit vir ligte en matige reaksies.

6. Indien dit nodig is om ART te staak as gevolg van lewensbedreigende toksisiteit, behoort alle ARV middels gestaak te word totdat die

pasiënt gestabiliseer is.

Tabel 11 is ’n opsomming van sekere ARV geassosieerde newe-effekte en die behandeling aanbevelings. Geselekteerde neweeffekte

word egter ook later in nadere besonderhede bespreek.

Tabel 11. Antiretrovirale terapie geassosieerde newe-effekte en die behandeling

aanbevelings

(aangepas uit volwasse ART Riglyne: http://www.aidsinfo.nih.gov)

Newe- ARV Aanvang & kliniese Risiko faktore Voorkoming/ Behandeling

effek manifestasies monitering

Beenmurg ZDV Aanvang: Paar weke tot Gevorderde MIV siekte Sluit alle ander oorsake Skakel oor na ’n ander NOTI.

onder- maande Hoë dosis van anemie uit. Staak gepaardgaande beenmurg

drukking Manifestasies: Anemie, Vooraf bestaande anemie Vermy ZDV by pasiënte onderdrukker, indien moontlik.

neutropenie – presenteer met of neutropenie met risiko. Vir neutropenie: Oorweeg

moegheid; potensiaal van Gepaardgaande gebruik Vermy ander beenmurg behandeling met filgastrim.

verhoogde bakteriële infeksies van beenmurg onder- onderdrukkers, indien Vir anemie: Bloed oortapping

as gevolg van neutropenie drukkers moontlik. indien aangedui.

bv. kotrimoksasool Monitor volledige bloed- Oorweeg eritropoeïetien terapie.

telling na die eerste

paar weke en dan ten

minste elke 3-6 maande.

Sentrale EFV Aanvang: Eerste paar dosisse Vooraf bestaande Neem met slaaptyd of Simptome bedaar gewoonlik na

senuwee- Manifestasies: Vaakheid, psigiatriese siektes 2-3 uur voor slaaptyd. 2-4 weke.

stelsel slaperigheid, insomnia, Gepaardgaande SSS Neem op ’n leë maag, Oorweeg oorskakeling na ’n

effekte abnormale drome, duiseligheid, geneesmiddels vermy veral ’n vetterige alternatiewe middel indien

ingeperkte konsentrasie, maaltyd bv. pizza. simptome voortduur of

depressie, hallusinasies, Waarsku pasiënte oor betekenisvolle inperking of

verergering van psigiatriese die moontlike SSS verergering van psigiatriese

stoornisse, psigose, selfmoord effekte en beperk motor stoornis veroorsaak.

gedagtes bestuur en gebruik van Vermy alkohol en die gebruik

masjinerie. van ander SSS middels.

22 September 2009

Newe- ARV Aanvang & kliniese Risiko faktore Voorkoming/ Behandeling

effek manifestasies monitering

Dislipi- Meeste Aanvang: Weke tot maande Onderliggende

Effekte kan deur alkohol

en ander psigo-aktiewe

middels versterk word,

insluitend dagga.

Beoordeel kardiale Lewenstyl modifikasie: dieet,

demie PIs, Manifestasies: Verhoogde LDL, dislipidemie risiko faktore. oefening, staak die rookd4T,

totale cholesterol & trigliseriede Gebruik PIs en NNOTIs gewoonte.

ZDV, met minder newe- Skakel oor na ARV met laer

ddI, effekte op lipiede en geneigdheid om dislipidemie te

EFV nie-d4T gebaseerde veroorsaak bv. abacavir (ABC),

behandeling 3TC, tenofovir, nevirapien,

programme. atazanavir, saquinavir.

Doen vastende lipied Oorweeg farmakologiese

profiel tydens basislyn, behandeling bv. statien of

teen 3-6 maande, dan

jaarliks of meer gereeld

by hoë risiko pasiënte.

fibraat.

GI intole- Alle PIs Aanvang: Binne die eerste paar - Neem met kos om Kan spontaan opklaar met

ransie veral dosisse simptome te verminder verloop van tyd .

lopinavir, Manifestasies: Naarheid, (nie aanbeveel vir ddI Anti-emetika bv. siklisien of

nelfinavir braking, abdominale pyn, of onversterkte IDV) nie anti-diarree middels bv. lopera-

(diarree),

ZDV, ddI

(diarree,

pankreatitis)

diarree mied, indien nodig.

Hepato- Alle Aanvang: Meeste gevalle binne HBV of HCV ko-infeksie Monitor lewer ensieme Skakel alle ander oorsake van

toksisiteit NNOTIs, 12 weke met NVP; Alkoholisme tydens basislyn. hepatotoksisiteit uit.

(kliniese alle PIs, NOTIs oor maande tot jare; Gepaardgaande hepato- NVP: Monitor teen 2,4 Staak alle ARVs en hepatohepatitis

of meeste PIs oor weke tot maande. toksiese middels bv. weke, dan maandeliks toksiese medikasie by simptosimptoma-

NOTIs, Manifestasies: Anoreksie, rifampisien vir 1ste 3 maande, dan matiese pasiënte.

tiese serum maraviroc gewigsverlies, moegheid; Verhoogde ALT/AST met elke 3 maande. Wanneer simptome bedaar en

transami- ongeveer 50% van pasiënte basislyn LFTe na normaal terugkeer,

nase met NVP hepatiese voorvalle Vetterige lewer begin met ’n nuwe ARV

verhoging). presenteer met vel uitslag. (steatohepatitis) behandeling plan.

Hipersen- NVP Aanvang: Eerste 6 weke ABC hipersensitiwiteit Monitor vir uitslag Indien NVP uitslag voorkom

sitiwiteit ABC Manifestasies: NVP – vel uitslag, het ’n genetiese basis gedurende begin van sonder sistemiese tekens,

reaksie sistemiese eienskappe NVP terapie. behandel uitslag simptomaties

ABC: Sistemiese reaksies NB. Een keer daaglikse met ’n antihistamien.

NVP x aanvanklike 14 Indien NVP uitslag voorkom met

dae, dan normale bid sistemiese tekens of as ABC

dosering skedule. uitslag voorkom – staak terapie

Aanvang CD4

Newe- ARV Aanvang & kliniese Risiko faktore Voorkoming/ Behandeling

effek manifestasies monitering

Laktiese NOTIs Aanvang: Maande d4T + ddI Roetine monitering Vir ligte gevalle, oorweeg

asidose veral d4T, Manifestasies: Sluipende Lang duur van NOTI word nie aanbeveel nie. oorskakeling van terapie na

ddI, ZDV aanvang met naarheid, gebruik Bepaal laktiese suur ABC, TDF, 3TC of FTC

anoreksie, abdominale pyn, Vrouens vlakke indien vermoed Vir ernstige laktiese asidose,

braking, gewigsverlies, Obesiteit en bepaal serum staak alle ARVs indien hierdie

moegheid. Swangerskap bikarbonaat vlakke en sindroom vermoed word en

Daaropvolgende simptome kan anioon gaping. monitor laktaat vlakke.

vinnig vorder met tagikardie, Alle ernstige gevalle Begin weer ART as laktaat vlakke

hiperventilasie, geelsug, spier word in die hospitaal & komplikasies bv. lewer

swakheid, verandering in opgeneem en gewoon- versaking, bedaar het.

gemoedstoestand, respiratoriese

nood.

Sommige kan presenteer met

multi-orgaan versaking

bv. lewer versaking, akute

pankreatitis, enkefalopatie,

respiratoriese versaking

lik in intensiewe sorg.

Lipodis- Lipo-atrofie Aanvang: Maande - Lipo-atrofie – vermy Lipo-atrofie: Vroeë oorskakeling

trofie d4T> ZDV Manifestasies: Lipo-atrofie – d4T en ZDV na TDF of ABC.

en vererger verlies van subkutane vet in Kosmetiese chirurge kan

indien saam gesig, arms, bene, abdomen subkutane vet vervang, maar dit

met EFV Lipo-hipertrofie – verhoging is ’n duur prosedure wat nie

toegedien van abdominale omtrek, bors orals beskikbaar is nie.

grootte, buffel skof Lipo-hipertrofie: Dieet, oefening.

Kosmetiese chirurgie kan vir

sommige nodig wees.

Nefrolitiase IDV Aanvang: Enige tyd, veral ten Geskiedenis van Vermy indinavir (IDV). Verhoog hidrasie – kan IV

(nierstene) tye van verlaagde vloeistof nefrolitiase Drink ten minste 1.5 tot vloeistowwe benodig om

inname 2 liter vloeistof, verkies- voldoende diurese te verskaf.

Manifestasies: Piurie, hema- lik water, per dag. Pyn beheer

turie, kristalurie, flank pyn, Vermeerder vloeistof

abdominale pyn, disurie, inname met die eerste

urinêre frekwensie tekens van donker urien.

Monitor urinalise en

kreatinien teen basislyn

en elke 3-6 maande.

Nefrotok- IDV, TDF Aanvang: weke tot maande Geskiedenis van nier- Vermy die gebruik van Staak veroorsakende middel.

sisiteit Manifestasies: Verhoogde siekte, verhoogde krea- ander nefrotoksiese Ondersteunende sorg.

serum kreatinien. tinien tydens basislyn. middels. Elektroliet vervanging soos

Tenofovir: tubulêre toksien – Gepaardgaande nefrotok- Voldoende hidrasie. aangedui.

verlies van elektroliete in die siese middels. Kreatinien opruiming

urien kan aansienlike swakheid TDF: gevorderde aanbeveel.

en spier krampe veroorsaak. ouderdom, lae liggaams- Monitor serum

massa, lae CD4 telling kreatinien, urinalise,

serum kalium & fosfor

by risiko pasiënte.

Vir pasiënte op TDF,

behoort kreatinien opruiming

maandeliks vir

3 maande gemonitor te

word, dan 6 maandeliks.

24 September 2009

Newe- ARV Aanvang & kliniese Risiko faktore Voorkoming/ Behandeling

effek manifestasies monitering

Pankreatitis ddI Aanvang: Weke tot maande Geskiedenis van vorige ddI behoort nie deur Staak veroorsakende middel.

ddI + Manifestasies: Verhoogde pankreatitis. pasiënte met ’n Simptomatiese behandeling van

d4T serum amilase, lipase. Alkoholisme geskiedenis van pankreatitis – ingewande rus, IV

Ernstige abdominale pyn. Hoë serum trigliseriede pankreatitis gebruik te hidrasie, pyn beheer, dan

Pyn na ete, naarheid, braking op NOTIs en PIs. word nie. geleidelike hervatting van orale

Vermy gepaardgaande

gebruik van d4T en ddI.

Verlaag ddI dosis indien

met TDF gebruik of

vermy die kombinasie.

Behandel hipertrigliseriedemie.

inname.

Perifere ddI, Aanvang: Weke tot maande Vooraf bestaande perifere Vermy die gebruik van Staak veroorsakende middel.

neuropatie d4T Manifestasies: Begin met dooie neuropatie. hierdie ARVs by risiko Vervang met alternatiewe ART.

gevoel & parestesie van tone Gelyktydige gebruik van pasiënte. Farmakologiese behandeling

en voete, kan vorder tot pynlike geneesmiddels of NOTIs wat verkies word sluit die gebruik van gabapentin,

neuropatie van die voete en toksiene wat neuropatie sluit 3TC, FTC, TDF en trisikliese antidepressante,

kuite, boonste ledemate word kan veroorsaak bv. ABC in. lamotrigien, oksikarbamasepien,

minder gereeld geaffekteer. sisplatin topiramaat, tramadol, narkotiese

Kan onomkeerbaar wees Gevorderde MIV siekte. analgetika, topikale kapsaisin en

Ko-morbiditeite bv.

diabetes, wanvoeding

met vitamien tekorte

(B12; folaat)

topikale lidokaïen in.

Stevens NVP > Aanvang: Eerste paar dae tot NVP: Vroue, swart, Vir NVP: 2 week inlei- Staak alle ARVs en enige ander

Johnson EFV, ook weke Asiatiese of Spaanse dende periode met moontlike middels bv.

sindroom/ aangemeld Manifestasies: Vel uitslae met pasiënte. 200 mg een keer kotrimoksasool.

toksiese met DRV, mukosale ulserasie, vorming Begin ART met CD4 daagliks, verhoog dan Aggressiewe simptomatiese

epidermiese ABC, ZDV, van blase of waterblase, kan > 250 by vroue en tot 200 mg twee keer ondersteuning:Intensiewe sorg

nekrolise ddI, IDV, vorder tot epidermale loslating > 400 by mans. daagliks. ondersteuning, plaaslike wond

LPV/r en/of nekrose, sistemiese Lig pasiënte in om versorging bv. in ’n eenheid vir

simptome soos koors, simptome dadelik te brandwonde, IV hidrasie,

tagikardie, malaise, mialgie, rapporteer. parenterale voeding (indien

artralgie Die gebruik van nodig), pyn beheer, antipiretika,

steroïede gedurende die empiriese breë-spektrum

bekendstelling fase van

NVP, bied nie beskerming

teen vel reaksies nie.

antibiotika

Ernstige lewensbedreigende toksisiteit noodsaak staking van

alle ARVs totdat die pasiënt gestabiliseer is en die toksisiteit

opgeklaar het. Die pasiënt behoort bekend te wees met die

tekens en simptome van ernstige toksisiteit wat onmiddellike

kontak met die gesondheidsorg span verg bv.

Nevirapien gessosieerde Stevens-Johnson sindroom

Laktiese asidose

Abacavir geassosieerde hipersensitiwiteit reaksie

8.1 Hematologiese toksisiteit

Pasiënte op zidovudien (ZDV), stavudien (d4T) of

kotrimoksasool kan abnormaliteite in hulle volledige

bloedtellings ondervind. Die hoof probleem is anemie en

neutropenie met zidovudien. Betekenisvolle beenmurg

toksisiteit as gevolg van kotrimoksasool kom oor die algemeen

slegs voor met hoë dosisse wat gebruik word vir die behandeling

van opportunistiese infeksies. Monitering van volledige

bloedtellings is slegs met zidovudien nodig.

Pasiënte wat zidovudien neem behoort hulle volledige

bloedtelling na die eerste 14 dae of een maand se

behandeling te laat monitor en weer 3-4 maande later en

dan elke ses maande.

8.2 Mitochondriale disfunksie

Inhibisie van DNA polimerase deur NOTIs kan mitochondriale

disfunksie veroorsaak. Die mitochondrium is die energie

produserende ‘fabriek’ van die sel: die disfunksie daarvan lei

tot die onvermoë van die sel om te funksioneer. Dit is die

algemene werkswyse onderliggend aan die newe-effekte van

die NOTIs op weefsels. Die gevolglike toksisiteit sluit laktiese

asidose, vetterige infiltrasie van die lewer (steato-hepatitis) en

lewer versaking, pankreatitis, perifere neuropatie, lipo-atrofie

en miopatie, in.

25 September 2009

ARV newe-effekte – met ’n oogopslag

(aangepas uit WGO, Antiretrovirale terapie vir MIV infeksie by volwassenes en adolessente, 2006 hersiening)

ARV Stevens Laktiese Hipersen- SSS effekte Beenmurg Hepato- Dislipidemie/ Perifere

Johnson asidose of sitiwiteit onder- toksisiteit of lipodistrofie/ neuropatie

sindroom hiperlaktaat- drukking pankreatitis veranderde

emie glukose

metabolisme

NOTI Klas effekte sluit laktiese asidose, pankreatitis, perifere neuropatie, hepatiese steatose, lipo-atrofie in

Stavudien + ++ ++ ++ ++

d4T

Zidovudien + + +Hoofpyn ++ + +

ZDV

Tenofovir Renale newe-effekte meer waarskynlik

TDF

Didanosien ++ ++ ++ ++

ddI

Lamivudien +By kinders

3TC

Emtricitabisen Hiperpigmentasie by 14% van swart pasiënte

FTC

Abacavir + ++

ABC

NNOTI Uitslag is die algemeenste newe-effek wat met alle NNOTIs geassosieer word

Nevirapien ++ ++ ++

NVP

Efavirenz + + ++ + +

EFV

PI GI newe-effekte soos diarree, naarheid en braking kom algemeen voor.

Ander klas newe-effekte sluit metaboliese komplikasies soos dislipidemie, insulien weerstandigheid en lipodistrofie in

Saquinavir +

SQV

Indinavir + ++

IDV

Nelfinavir Nefrolitiase meer waarskynlik +

NFV

Lopinavir + +

versterk met

lae dosis

ritonavir

LPV/r

++ Algemeen geassosieerde toksisiteit

+ Meer waarskynlike toksisiteit

Hiperlaktaatemie en laktiese asidose

Verhoogde laktaat kom algemeen voor by pasiënte wat met

NOTIs behandel word (tot en met 20%), maar dit is oor die

algemeen asimptomaties. Die potensiaal van NOTIs om laktaat

verhogings te veroorsaak wissel:

Relatiewe potensiaal van NOTIs om Hoogste tot

verhoging van laktaat te veroorsaak laagste

Stavudien (d4T)/didanosien (ddI)

Zidovudien (ZDV)

Tenofovir (TDF)/emtricitabien (FTC)

/lamivudien (3TC) /abacavir (ABC) <

26 September 2009

Aangesien asimptomatiese verhoogde laktaat nie die

ontwikkeling van laktiese asidose voorspel nie, word roetine

monitering van laktaat vlakke in asimptomatiese pasiënte nie

aanbeveel nie.

Simptomatiese hiperlaktaatemie ontwikkel dikwels stadig en

word gekenmerk deur verskeie nie-spesifieke simptome soos

dispnee of hiperventilasie, abdominale pyn en pyn in die

spiere, naarheid, braking, moegheid en gewigsverlies.

Aangesien simptome vaag is, is ’n hoë mate van suspisie

nodig – laktiese asidose is veral ’n probleem by oorgewig, kort

vroue wat stavudien terapie getrou neem met ’n geskiedenis

van uitstekende meewerking. Simptomatiese hiperlaktaatemie

sonder asidose kom by 1-2% van pasiënte per jaar voor. Die

bepaling van serum laktaat by ’n simptomatiese pasiënt word

aanbeveel.

Laktiese asidose is ’n raar, maar ernstige potensieel fatale

newe-effek van NOTIs (word die algemeenste verbind met

stavudien (d4T), veral indien saam met didanosien (ddl)

gebruik word). Dit kom by ongeveer 0,1% van pasiënte voor en

presenteer as ’n lewensbedreigende siekte met asidose. ’n

Verhoogde laktaat vlak van > 5 mmol/l tesame met metaboliese

asidose bevestig die diagnose van laktiese asidose. Lae

serum bikarbonaat (< 20 mmol/l) is die sensitiefste merker van

asidose. Geassosieerde abnormaliteite sluit verhoogde lewer

ensieme (aspartaat aminotransferase (AST en ALT), laktaat

dehidrogenase en kreatien kinase, in. Behandeling is

ondersteunend – hoë dosis riboflavien (50mg) en l-karnitien

kan nuttig wees.

Die kombinasie van didanosien (ddl) en stavudien (d4T)

word met ’n hoë risiko van simptomatiese hiperlaktaatemie

of laktiese asidose (veral tydens swangerskap) geassosieer

en hierdie kombinasie behoort vermy te word. Risiko faktore

vir hiperlaktaatemie sluit in:

Vroulike geslag

Obesiteit

> 6 maande se gebruik van NOTIs

Ontwikkeling van NOTI geïnduseerde perifere

neuropatie of vetterige lewer

Behandeling hang af van die uitslae van bloed toetse vir laktaat

en bikarbonaat konsentrasies:

Laktaat < 5 mol/l en bikarbonaat > 20 mmol/l en ligte

simptome. NOTIs behoort verander te word na middels

wat minder met hiperlaktaatemie geassosieer word, d.i.

tenofovir (TDF) of abacavir (ABC). Indien hulle nie

beskikbaar is nie behoort zidovudien (ZDV) gebruik te

word, plus emtricitabien (FTC) of lamivudien (3TC).

Simptome en serum laktaat behoort vir etlike maande

gemonitor te word.

Nota: Serum laktaat vlakke verlaag geleidelik oor ’n tydperk

van etlike weke.

Laktaat > 5 mmol/l en bikarbonaat > 15 mmol/l. ART

moet gestaak word en die pasiënt moet gehospitaliseer

word. Indien die pasiënt op ’n NNOTI behandeling program

was, oorweeg behandeling met ’n versterkte PI (bv.

lopinavir) vir 2 weke om teen NNOTI weerstandigheid te

beskerm wat kan voorkom, want die NNOTIs het ’n baie

langer halfleeftyd as die NOTIs en bly in die bloed vir langer

periodes nadat hulle gebruik gestaak is, wat veroorsaak

dat pasiënte effektiewelik op monoterapie is as al die

middels gelyktydig gestaak word. Begin weer met ART as

die laktaat normaliseer. Stavudien (d4T) en didanosien

(ddl) moet nooit in toekomstige behandeling programme

gebruik word nie.

Laktaat > 5 mmol/l en bikarbonaat < 15 mmol/l. ART

moet gestaak word en die pasiënt gehospitaliseer word,

verkieslik in ’n intensiewe sorg eenheid. Bikarbonaat

vervanging is kontroversieel, maar die meeste deskundiges

sal ernstige asidose gedeeltelik regstel met bikarbonaat.

Verskaf dekking met breë-spektrum antibiotika aangesien

sepsis NRTI geïnduseerde laktiese asidose kan namaak.

Alle NOTIs behoort verkieslik vermy te word in toekomstige

behandeling programme.

Hepatotoksisiteit

Lewer funksie toetse en serum merkers van hepatitis B behoort

tydens die aanvang van ART gedoen te word en daarna

aangepas te word volgens die geneesmiddel behandeling

program. Die volledige paneel lewer funksie toetse (LFT) is

duur en slegs ALT (alanien aminotransferase) word gemonitor

aangesien dit die sensitiefste indikator van geneesmiddel

geïnduseerde hepatitis is.

Geringe verhogings van ALT, sonder hepatotoksisiteit kom

algemeen voor en is gewoonlik van verbygaande aard.

Alle ARVs kan hepatotoksisiteit veroorsaak, maar die ARV wat

die algemeenste betrek word is nevirapien (NVP). Vir pasiënte

wat nevirapien neem, behoort ALT teen 2 weke, 4 weke en 2

maande en dan met 3-6 maandelikse intervalle gemonitor

te word.

Indien hepatotoksisiteit voorkom, behoort die veroorsakende

middel (toksien) gestaak te word, indien die ALT vlakke > 5

keer die normale interval is. Baie dokters oorweeg staking van

die middel teen vlakke tussen 2-5 keer van normaal: dit is

aanvaarbaar om die toetse te herhaal en noukeurig te monitor.

Indien die ALT vlakke laer is, maar daar is addisionele bewyse

van lewer siekte bv. kliniese vergroting, ’n abnormale lewer

biopsie, portale hipertensie op die lewer sonar, is dit wys om

oor te skakel na antiretrovirale middels wat waarskynlik nie

verdere lewer skade sal veroorsaak nie. Dit is belangrik om te

onthou dat baie ander middels ook moontlike hepatotoksisiteit

kan veroorsaak, bv. TB-middels, alkohol en kruie medisyne.

NOTIs kan ook vetterige lewer veroorsaak met die verlengde

gebruik daarvan, veral stavudien en didanosien.

Nota: Pasiënte met onderliggende hepatitis B en C infeksie

kan ’n ‘opflikkering’ van hepatitis ondervind met die aanvang

van ART. Hepatitis B kom algemeen in SA voor en as gevolg

van die geneesmiddel oorvleueling van die behandeling van

die twee toestande (HIV & HBV) is dit belangrik dat die pasiënt

se HBV status voor die aanvang van ART, getoets word.

8.3 Ander metaboliese komplikasies

Lipodistrofie

Vet verlies (lipodistrofie) word gekenmerk deur die verlies

van subkutane vet in die gesig, arms, bene, abdomen en

boude, met preservering van spiermassa. Dit word die

27 September 2009

algemeenste verbind met stavudien (d4T) en zidovudien (ZDV).

Daar is tans geen effektiewe terapie nie, dus behoort dit vermy

te word. Lipo-atrofie kan verbeter as stavudien (d4T) of

zidovudien (ZDV) met ’n NOTI vervang word wat minder sulke

newe-effekte veroorsaak, bv. tenofovir (TDF) of abacavir

(ABC). Opklaring is egter stadig en onvolledig, dus is dit beter

om lipo-atrofie te vermy deur vroeë herkenning daarvan of die

gebruik van minder toksiese NOTIs. Vir pasiënte wat toegang

tot kosmetiese chirurgie het, kan die inspuit van die pasiënt se

eie (abdominale wand) vet onder die vel van die gesig of die

inspuit van implantate, die voorkoms verbeter.

Akkumulasie van abdominale vet - ’n Ander chroniese

lipodistrofiese verandering wat goed beskryf is by pasiënte wat

’n potente kombinasie van ARTs ontvang, is ’n gelokaliseerde

akkumulasie van vet weefsel in die agterkant van die nek

(buffel skof), in die boonste deel van die romp, anterior nek,

abdomen en borste. Hierdie veranderings blyk om onafhanklik

van lipo-atrofie voor te kom. Risiko faktore sluit hoër ouderdom,

laer CD4 telings tydens aanvang van terapie, hoër

liggaamsmassa indeks en wit ras, in. PI gebruik is ’n assosiasie.

Oorskakeling van ’n PI gebaseerde na ’n NNOTI gebaseerde

of NOTI gebaseerde behandeling program het egter nie

noodwendig pasiënte bevoordeel nie. Pasiënte behoort

aangemoedig te word om te oefen en om op dieet te gaan as

hulle serum lipiede abnormaal is. Vir dié wat in staat is om

chirurgiese ingrype te bekostig, was eksisie of liposuiging

suksesvol, maar die toestand keer dikwels terug, aangesien

die veroorsakende toestande nie verander het nie.

Dislipidemie

Die meeste PIs, met die uitsondering van onversterkte

atazanavir, saquinavir en fosamprenavir, kan verhoogde totale

en lae-digtheid lipoproteïen (LDL) cholesterol en trigliseriede

veroorsaak. Stavudien (d4T) kan hipertrigliseriedemie

veroorsaak en efavirenz kan verhoogde totale cholesterol

veroorsaak. Aansienlike hipertrigliseriedemie kan pankreatitis

veroorsaak.

Dieet en lewenstyl modifikasies behoort altyd aanbeveel te

word. Oefening moet beide aërobies (vet verbranding) en

weerstand (spier versterkend) van aard wees. Oefening behoort

lank gedoen te word (minimum van 60 minute) en ten minste

drie keer per week herhaal te word. Diëte wat ryk is aan visolie

en omega-drie vetsure word aanbeveel vir hoë trigliseriede,

terwyl oorgewig pasiënte aangemoedig behoort te word om

hulle inname van versadigde vette en suiker te verminder.

Indien lewenstyl veranderings nie die serum lipiede na 6-8

weke se behandeling verlaag het nie, moet oorskakeling na

ander middels oorweeg word. Dit beteken dat middels wat

bekend is daarvoor om lipied of glukose abnormaliteite te

veroorsaak, omgeruil moet word met dié sonder hierdie neweeffekte.

Indien die serum vette nog steeds nie op hierdie

veranderings reageer nie, word fibrate (vir die hoë trigliseriede)

en /of statiene (vir die verhoogde cholesterol) bygevoeg. Beide

statiene en fibrate kan rabdomiolise veroorsaak, di. die vinnige

afsterwe van spierselle en daaropvolgende nierversaking en

soms die dood van die pasiënt. Die gebruik van PIs wat

sitochroom (CYP) 3A4 metabolisme inhibeer – byna al die PIs

met die uitsondering van atazanavir, sal hierdie risiko vererger

en pasiënte moet gewaarsku word om enige ongewone spier

ongemak of pyn of swakheid te rapporteer.

Baie statiene toon ’n interaksie met PIs en kan aanleiding gee

tot potensieel toksiese konsentrasies van statiene. Die

uitsonderings is pravastatien en fluvastatien. Laer dosisse

word aanbeveel vir atorvastatien en rosuvastatien terwyl

lovastatien en simvastatien nie saam met PIs toegedien

behoort te word nie, aangesien hulle konsentrasies dramaties

verhoog word.

Tabel 9. Behandeling van dislipidemies by

pasiënte op PIs

(aangepas uit SA MIV Klinici Vereniging Riglyne, 2008)

Verhoging Behandeling

Trigliseriede 2-5.5 mmol/l > 5.5 mmol/l

Dieet Fibraat

LDL cholesterol 3 – 4.8 mmol/l > 4.8 mmol/l

Lae kardiovaskulêre Dieet Statien

risiko profiel (nie simvastatien of

lovastatien nie)

LDL cholesterol 3 – 3.3 mmol/l > 3.3 mmol/l

Hoë kardiovaskulêre Dieet Fibraat of statien

risiko profiel (nie simvastatien of

lovastatien nie)

8.4 Allergiese reaksies

Uitslag met NNOTIs is algemeen (meer ernstig en gereeld met

nevirapien (NVP)) in die eerste ses weke se terapie.

Indien die uitslag gepaard gaan met sistemiese kenmerke

(bv. koors, verhoogde lewer ensieme, hepatitis, mukosale

betrokkenheid of vorming van blase), staak dadelik die

NNOTI en moet nie weer gebruik nie.

Indien die uitslag voorkom sonder hierdie kenmerke, kan

daar aangehou word om die NNOTI te neem en kan die

uitslag simptomaties met ’n antihistamien en ’n topikale

steroïed behandel word.

Pasiënte wat ’n uitslag gedurende die inleiding fase van

nevirapien ontwikkel (d.i. 200mg daagliks), moet nie die

dosis na 200mg twee keer daagliks verhoog totdat die

uitslag opgeklaar het nie.

Pasiënte wat ’n uitslag ontwikkel met die hoër dosisse

behoort die NVP dosis weer na 200 mg daagliks te verlaag,

totdat die uitslag opgeklaar het.

Dit is aanvaarbaar om nevirapien (NVP) in plaas van

efavirenz (EFV) te gebruik.

Abacavir (ABC) hipersensitiwiteit is hoofsaaklik ’n sistemiese

reaksie wat in ongeveer 3% van pasiënte voorkom. Fataliteite

kan voorkom, veral as die middel weer geneem word. Die

manifestasies van hipersensitiwiteit sluit koors, uitslag,

moegheid en abdominale of respiratoriese simptome in. Soos

met die NNOTIs, kom die hipersensitiwiteit reaksie gewoonlik

binne die eerste 6 weke na aanvang van die ARV voor.

Simptome vererger met elke dosis en verbeter vinnig as die

gebruik van die middel gestaak word. ’n Ernstige en potensieel

fataal anafilaktiese reaksie het by tot en met 20% van pasiënte

voorgekom wat weer ABC begin neem het nadat hulle dit

voorheen gestaak het – selfs 5 jaar daarna. Dit moet vermy

word.

28 September 2009

Tabel 12. Geneesmiddel vervanging as gevolg van toksisiteit

(Aangepas uit WGO, Antiretrovirale terapie vir MIV infeksie by volwassenes en adolessente, 2006 hersiening)

ARV Algemeen geassosieerde toksisiteit Aanbevole plaasvervanger

geneesmiddel

ABC Hipersensitiwiteit reaksie ZDV of TDF of d4T

ZDV Ernstige anemiea of neutropenieb Ernstige gastro-intestinale intoleransie

TDF of d4T of ABC

c

Laktiese asidose TDF of ABCd d4T Laktiese asidose TDF of ABCd Lipo-atrofie /metaboliese sindroom e

Perifere neuropatie ZDV of TDF of ABC

TDF Renale toksisiteit (renale tubulêre disfunksie) ZDV of ABC of d4T

EFV Aanhoudende en ernstige sentrale senuweestelsel NVP of TDF of ABC (of enige PIh toksisiteit

f

Moontlike teratogenisiteit (eerste trimester van NVP of ABC (of enige PIh swangerskap of vroue wat nie voldoende voorbehoeding

gebruik nie)

NVP Hepatitis EFV of TDF of ABC (of enige PIh )

Hipersensitiwiteit reaksie

Ernstige lewensbedreigende uitslag TDF of ABC (of enige PIh )

(Stevens Johnson sindroom) g

a. Sluit malaria in gebiede van stabiele malaria uit, ernstige anemie (graad 4) word gedefinieer as Hb < 6.5 g/dl

b. Gedefinieer as neutrofiel sel telling < 500/mm 3 (graad 4)

c. Gedefinieer as ernstige, refraktoriese gastro-intestinale intoleransie wat die inname van ARV behandeling program middels

verhoed (bv. aanhoudende naarheid en braking)

d. Herbekendstelling van ART behoort nie d4T of ZDV in te sluit nie, in hierdie situasie word TDF of ABC verkies

e. Vervanging van d4T sal nie noodwendig die lipo-atrofie omkeer nie

f. Bv. aanhoudende hallusinasies of psigose

g. Ernstige uitslag word gedefinieer as uitgebreide uitslag met deskwamering, angio-edeem of ’n reaksie wat soos serum siekte

lyk, of ’n uitslag met konstitusionele bevindings soos koors, vorming van blase , edeem van die gesig of konjunktivitis. Stevens

Johnson sindroom kan lewensbedreigend wees. Vir lewensbedreigende uitslag word vervanging met EFV nie aanbeveel nie.

h. PI klas behoort verkieslik vir tweede-linie terapie gereserveer te word, aangesien geen potente behandeling program

geïdentifiseer is vir aanbeveling na PI mislukking nie.

8.5 Geneesmiddel vervanging as gevolg

van toksisiteit

Die algemene beginsel is dat enkele geneesmiddel vervanging

as gevolg van toksisiteit ARVs van dieselfde klas behoort te

wees. Indien toksisiteit te wyte is aan ’n identifiseerbare middel

in die behandeling program, behoort die veroorsakende middel

vervang te word met een wat nie dieselfde newe-effek profiel

het nie. Byvoorbeeld, vervanging van stavudien (d4T) met

zidovudien (ZDV) of tenofovir (TDF) in gevalle van neuropatie.

In hulpbron beperkte opsette waar daar ’n beperkte aantal

ARV opsies beskikbaar is, word geneesmiddel vervanging

gewoonlik beperk tot situasies waar toksisiteit matig tot ernstig

(graad 3) of lewensbedreigend (graad 4) is.

Tabel 12 lys die ARV vervanging opsies in gevalle van

toksisiteit van die aanbevole ARV van die eerste-linie

behandeling programme.

9. ANTIRETROVIRALE BEHAN-

DELING MISLUKKING

9.1 Faktore geassosieer met behandeling

mislukking

ARV behandeling mislukking kan gedefinieer word as suboptimale

respons op terapie. Behandeling mislukking word

dikwels met virologiese mislukking, immunologiese mislukking

en / of kliniese progressie geassosieer. Baie risiko faktore

word met ’n verhoogde risiko van behandeling mislukking

geassosieer, insluitend:

29 September 2009

Basislyn pasiënt faktore soos:

Hoër basislyn virale lading

Laer voor-behandeling CD4 telling

Vorige diagnose van VIGS

Ouer ouderdom

Ko-morbiditeite bv. maligniteit, virale ko-infeksie, depressie,

aktiewe dwelm misbruik

Teenwoordigheid van geneesmiddel weerstandige virus

Vorige mislukking van behandeling met die ontwikkeling

van geneesmiddel weerstandigheid of kruisweerstandigheid

Onvolledige meewerking met die neem van medikasie en

oorgeslane kliniek afsprake

Dit is die belangrikste faktor tydens behandeling mislukking. ’n

Aantal faktore word met swak meewerking geassosieer,

insluitend:

Lae vlakke van geletterdheid en onvoldoende sosiale

ondersteuning. Meewerking is die slegste waar die

onmiddellike familielede nie van die pasiënt se MIV status

bewus is nie.

Ouderdom verwante probleme, veral by jong kinders en

adolessente. Kinders wat in die sorg van ’n buurvrou gelaat

word terwyl die hoof versorger (die ma) werk toe gaan. Die

‘rebelse’ tiener.

Stigma en die vrees om ‘ontdek’ te word. Veral ’n probleem

in landelike en ongesofistikeerde ‘tradisionele’

gemeenskappe.

Armoede: onvoldoende bus of taxi geld vir kliniek besoeke.

Geld word eerder op kos en oorlewing bestee as aan

kliniek besoeke of medikasie. Veral ’n probleem vir enkel

ouers en huishoudings wat deur kinders beheer word.

Probleme met die medikasie. Probleme om te sluk (orale

kandidiase en mondsere) Twee keer daaglikse of 8uurlikse

dosering skedules ‘onmoontlik’ vir dié wat skofte

of ongereelde ure werk. Die koste van die medikasie –

veral tweede- en derde- en vierde-linie ART.

Vrees vir newe-effekte en nadelige geneesmiddel effekte.

Diarree as gevolg van didanosien of lopinavir / ritonavir.

Naarheid en braking as gevolg van ZDV. Verandering in

liggaam- of gesig vet as gevolg van stavudien of zidovudien,

donker vel pigment as gevolg van emtricitabien (FTC,

Truvada ® ) en ‘blou’ naels veroorsaak deur ZDV.

Nota: Inligting van pasiënt studies wys dat sub-optimale

meewerking en toksisiteit vir 28-40% van behandeling

mislukkings en staking van terapie verantwoordelik is.

Addisionele faktore wat tot ARV mislukking bydra:

Geneesmiddel newe-effekte en toksisiteit. Siek pasiënte

moet dikwels veelvuldige middels bykomend tot hulle ART

neem: kortikosteroïede, chemoterapie, TB-terapie. Dit voeg

’n ekstra las van geneesmiddel verwante toksisiteit en

newe-effekte by.

Sub-optimale farmakokinetika bv. wisselvallige

absorpsie, metabolisme en penetrasie, nadelige

geneesmiddel – geneesmiddel interaksies. Vir meer

inligting oor geneesmiddel interaksies en die farmakologie

van ARVs kan die volgende webwerf geraadpleeg word:

www.hiv-druginteractions.org. Hierdie is ’n webwerf van

die Departement van Farmakologie van die Universiteit

van Liverpool. Dit verskaf ’n uitgebreide opsomming van

die meeste bekende geneesmiddel interaksies met die

ARVs en bied ook die geleentheid om deskundige e-pos

raad te kry indien nodig.

Sub-optimale potensie van die ARV behandeling

program: Oor die algemeen verskaf antiretrovirale terapie

waarvan al die middels van dieselfde klas afkomstig is bv.

zidovudien + 3TC + abacavir of zidovudien + 3TC +

tenofovir, onvoldoende anti-virale onderdrukking.

Behandeling programme wat abacavir bevat met

aanvanklike (agtergrond) virale ladings bokant 100,000

kopieë/ml kan onvoldoende virale beheer verskaf, tensy dit

saam met ’n versterkte PI toegedien word.

9.2 Wanneer om oor te skakel van eerstelinie

na tweede-linie terapie

Die oorskakeling van terapie word deur behandeling mislukking

aangedui en dit kan op drie maniere bepaal word:

Klinies, deur siekte vordering en klassifikasie volgens die

WGO stadia.

Immunologies, deur van CD4 tellings met verloop van tyd

gebruik te maak.

Virologies, deur bepaling van MIV virale ladings (plasma

MIV-1 en RNS vlakke)

Dit was aanbeveel dat ART mislukking op die basis van virale

lading gedefinieer behoort te word. Diagnose van behandeling

mislukking gebaseer op slegs kliniese simptome of CD4

kriteria sal ’n groter geleentheid verskaf vir die seleksie van

geneesmiddel weerstandigheid. Dit is omdat die pasiënt vir

langer op die minder effektiewe behandeling program bly,

voordat behandeling mislukking geïdentifiseer word, wat die

virale weerstandigheid verhoog. Dit verskaf ’n goeie argument

vir die groter beskikbaarheid van plasma virale lading toetsing

in hulpbron beperkte opsette.

Virologiese mislukking word gedefinieer as die onvermoë om

onderdrukking van virale replikasie onder die vlak van

waarneming ( 50

kopieë/ml na vorige onderdrukking tot < 50 kopieë/ml by ’n

pasiënt wat ’n spesifieke behandeling program volg). Ander

benaderings laat toe vir ’n virale lading tot ’n arbitrêre vlak, bv.

1000 tot 5000 kopieë/ml.

Kriteria vir behandeling mislukking soos deur die SA MIV

Klinici Vereniging riglyne gedefinieer is ’n bevestigde toename

in die virale lading tot > 1000 kopieë/ml. Die besluit om ART te

verander behoort baseer te word op die uitslae van herhaalde

virale toetsing na 1 tot 3 maande se intensiewe berading oor

meewerking.

9.3 Tweede-linie ART

Oorskakeling van ’n eerste-linie ART behandeling program na

’n tweede-linie behandeling program is ’n groot stap. Die

geneesmiddels wat vir die tweede-linie behandeling programme

gebruik word, word nie so goed verdra nie en opsies vir redding

behandeling is beperk.

30 September 2009

Dit is as gevolg hiervan dat klinici na tweede-linie ART oorskakel

na ’n lang tydperk van virologiese mislukking, wat die

ontwikkeling van weerstandige mutasies progressief verhoog.

Dit behoort vermy te word. Dit verlaag die effektiwiteit en

geneesmiddel opsies van die tweede-linie behandeling

program. Dus, as die virale lading binne 1-3 maande op ’n

tweede monster bevestig is as >1000 kopieë/ml, behoort die

pasiënt na tweede-linie terapie oorgeskakel te word.

Keuse van PI vir tweede-linie behandeling

Die PI klas behoort vir tweede-linie behandelings

gereserveer te word en verkieslik ondersteun deur ten

minste een indien nie twee nuwe NOTIs nie. Die volgende

ritonavir versterkte PIs word saam met twee NOTIs aanbeveel:

Atazanavir (bv. Reyataz ® )

Lopinavir (LPV/r het die voordeel om as ’n vaste dosis

kombinasie beskikbaar te wees) bv. Kaletra ®

Saquinavir (bv. Invi-Rase ® )

Indinavir word nie meer aanbeveel nie, aangesien dit

betekenisvol meer toksies as ander PIs is.

Indien ’n pasiënt op ’n kombinasie van twee NOTIs en ’n PI was

(versterk of nie), behoort die keuse van tweede-linie terapie

Tabel 13. Keuse van tweede-linie NOTI in verhouding tot eerste-linie NOTIs

(aangepas uit SA MIV Klinici Vereniging Riglyne, 2008)

Eerste-linie NOTIs Aanbevole tweede-linie

gebruik NOTI

3TC* + ZDV 3TC* + TDF

d4T + 3TC* ZDV + ddl (of TDF + 3TC*)

3TC* + TDF ZDV + ddl

3TC* + ABC ZDV + ddl

*3TC is met FTC omruilbaar

10. ANTIRETROVIRALE TERAPIE BY

SPESIFIEKE PASIËNT GROEPE

10.1 Tuberkulose

Tuberkulose is ’n belangrike beginpunt van MIV sorg en dit is

’n algemene opportunistiese infeksie by MIV geïnfekteerde

individue, veral in hulpbron beperkte opsette. Die behandeling

van aktiewe tuberkulose by pasiënte met MIV infeksie behoort

dieselfde beginsels te volg as dié vir persone sonder MIV

infeksie. Die behandeling van aktiewe TB bly ’n prioriteit

tydens pasiënt sorg.

Die optimale tyd om ART by pasiënte met TB te begin, is nie

bekend nie. By ARV naïef pasiënte kan die vertraging van ART

vir 2 tot 4 weke na die begin van TB behandeling dit makliker

maak om newe-effekte te identifiseer en dit kan die risiko van

Immuun Hersamestelling Inflammatoriese Sindroom wat met

ART behandeling kan voorkom, verlaag. Die vertraging van

die begin van ART kan die risiko van MIV verwante komplikasies

en mortaliteit verhoog, veral by dié met lae CD4 tellings. ART

verlaag beide gevalle-fataliteit koerse en die insidensie van TB

en herhalende TB.

verkieslik met ’n deskundige klinikus bespreek te word en ’n

genotipe weerstandigheid toets behoort oorweeg te word. Dit

is omdat PIs gewoonlik vir tweede-linie terapie gereserveer

word en die gebruik van ’n PI in ’n eerste-linie behandeling plan

maak die keuse van die tweede-linie behandeling program

meer gekompliseerd.

Weerstandigheid teenoor versterkte PIs ontwikkel stadig. Dus,

by iemand wat PI naïef is, word virologiese onderdrukking

weer met goeie meewerking verkry, selfs al word die twee

NOTIs wat vir tweede-linie terapie gebruik word gedeeltelik

gekompromitteer deur NOTI weerstandige mutasies wat

gedurende eerste-linie terapie kon ontwikkel het. Die keuse

van tweede-linie NOTIs in verhouding tot eerste-linie NOTI wat

gebruik was, word in die Tabel 13 gelys.

Keuse van NOTIs vir tweede-linie behandeling

Die basiese beginsel onder ideale omstandighede is om die

gekose versterkte PI met ’n dubbele NOTI rugsteun, wat uit

twee voorheen ongebruikte NOTIs bestaan, te ondersteun.

Onder die voorheen ongebruikte NOTIs is didanosien (ddI) ’n

sleutel middel tydens die samestelling van tweede-linie

behandeling programme.

Behandeling programme Rede waarom dit nie

wat nie aanbeveel word nie aanbeveel word nie

d4T +ddl Potensiële toksisiteit

TDF + ddl

TDF en ABC Deel weerstandige mutasies

Die WGO beveel aan dat ART vir alle pasiënte met ekstrapulmonêre

TB (stadium 4) en al dié met pulmonêre TB

(stadium 3) gegee moet word, tensy die CD4 telling meer

as 350 selle/mm 3 is.

Tabel 14. Aanvang van eerste-linie ART in

verhouding tot TB terapie

(aangepas uit WGO Antiretrovirale terapie vir MIV infeksie by

volwassenes en adolessente, 2006 bywerking)

CD4 sel telling ART aanbevelings Tydsberekening van ART

(selle/mm 3 ) in verhouding tot die aanvang

van TB behandeling

< 200 Beveel ART aan Tussen 2 en 4 weke na

aanvang van TB terapie

200-350 Beveel ART aan Na 4 weke se TB terapie

>350 Wag eers met ART Herevalueer pasiënt na 4

weke en teen die einde van

TB behandeling

ART by individue wat behandeling vir TB ontvang moet spesiale

oorweging kry want gelyktydige behandeling van MIV en TB

word gekompliseer deur die interaksie van rifampisien en

beide die NNOTI en PI klasse, die immuun hersamestelling

inflammatoriese sindroom, groot hoeveelhede medikasie,

oorvleuelende toksisiteit en meewerking kwessies. Waar

31 September 2009

Tabel 15. ARV interaksies met rifampisien en aanbevelings vir gesamentlike toediening

(aangepas uit SA MIV Klinici Vereniging Riglyne, 2008).

Klas ARV middel Inteaksie Dosis van ARV met rifampisien

NOTIs Almal in die klas Geen betekenisvolle farmakokinetiese

interaksies nie

Geen dosis aanpassing nodig nie

NNOTIs Efavirenz Ligte verlaging van efavirenz Geen dosis aanpassing nodig nie

konsentrasies 600mg daagliks

Nevirapien Matige verlaging van nevirapien Gebruik standaard dosering, maar

konsentrasies oorweeg die weglaat van die inleidende

dosis fase (beperkte veiligheid data)

PIs Ritonavir Geen betekenisvolle interaksie Geen dosis aanpassing nodig nie.

nie Word selde voorgeskryf want dit word

sleg verdra

Lopinavir / ritonavir Lopinavir plasma konsentrasies Verdubbel die dosis van lopinavir /

word betekenisvol verlaag ritonavir tot 800/200 mg 12-uurliks of

voeg ritonavir 300mg 12-uurliks

(3 tablette 12-uurliks) by Kaletra ®

400/100mg 12-uurliks*

Saquinavir + ritonavir Saquinavir konsentrasies word

betekenisvol verlaag.

Risiko van ernstige hepatotoksisiteit

indien addisionele

ritonavir voorgeskryf word

Moet nie gelyktydig voorskryf nie

Alle ander PIs Aansienlike verlaging van

PI konsentrasies

Moet nie gelyktydig voorskryf nie

*Die dubbele dosis behandeling program word verkies, want dit word beter verdra. Beide dosis aanpassings behoort geleidelik

oor ’n week of meer gemaak te word.

moontlik behoort die ARV behandeling program aangepas te

word om die gebruik van rifampisien moontlik te maak,

aangesien dit ’n uiters potente anti-TB middel is en die rugsteun

van meeste anti-TB behandeling programme vorm.

Die aanbevole standaard eerste-linie ART behandeling

program bestaan uit twee NOTIs plus een NNOTI.

Daar is min interaksies met TB middels en die NOTI

rugsteun en geen spesifieke veranderings word aanbeveel

nie.

Die situasie is meer kompleks met die NNOTI klas, want

NNOTI vlakke word in die teenwoordigheid van rifampisien

verlaag.

Efavirenz (EFV) is die verkose NNOTI vir gebruik saam

met rifampisien. Sien Tabel 15.

Lopinavir/ritonavir (Aluvia ® ) word aanbeveel as EFV nie

gebruik kan word nie, d.i. die eerste trimester van

swangerskap, ernstige depressie of ander

onverdraaglikheid teenoor EFV.

As gevolg van die onbetroubare en onvoorspelbare serum

konsentrasies van NVP, word hierdie NNOTI nie gewoonlik

saam met rifampisien aanbeveel nie.

Rifabutin gebaseerde TB behandeling is duur, maar dit kan

oorweeg word vir pasiënte wat nie die gesamentlike ART en

rifampisien gebaseerde TB terapie kan verdra nie. Gedeelde

newe-effekte van TB terapie en ART word in Tabel 16 beskryf.

10.2 Swangerskap

Vroue wat ART ontvang en nie swanger wil raak nie, behoort

effektiewe en toepaslike voorbehoedmiddels beskikbaar te hê

om die moontlikheid van onbeplande swangerskap uit te

skakel. Vroue wat EFV gebaseerde terapie ontvang, behoort

swangerskap te vermy as gevolg van die teratogenisiteit wat

daarmee verbind word.

By swanger vroue is ’n addisionele doel van terapie die

voorkoming van moeder-tot-kind oordrag (PMTCT) met die

doel van maksimale virale onderdrukking om die risiko van

MIV oordrag na die fetus en pasgeborene te verlaag.

Alle MIV positiewe vroue wat NIE op ART is nie, behoort

met ART te begin, ongeag van die CD4 telling en die virale

lading.

Nota: Die MIV Klinici Vereniging se aanbeveling dat alle

MIV positiewe swanger vroue ART moet ontvang, ongeag

van hulle CD4 tellings weerspreek riglyne vir die voorkoming

van moeder-tot-kind oordrag wat deur die Suid-Afrikaanse

Departement van Gesondheid daargestel is. Dit beveel aan

dat slegs swanger vroue met ’n CD4 telling van minder as

200 ART behoort te ontvang. Dit moet bygevoeg word dat

die MIV Klinici se Riglyne die internasionale beste praktyk

in die veld volg. Die SA Dep. van Gesondheid se riglyne is

nog nie sedert 2004 formeel hersien nie.

32 September 2009

Nevirapien gebaseerde ART is die verkose behandeling

program vir swanger vroue. Die aanvang van terapie by

vroue met ’n CD4 telling van meer as 250 word met ’n baie

hoër risiko van uitslag-geassosieerde hepatitis verbind. In

hierdie situasie kan ’n versterkte PI saam met twee NOTIs

eerder aanbeveel word.

Die NOTIs waarmee die meeste kliniese ondervinding

opgedoen is, is zidovudien (ZDV) en lamivudien (3TC).

Vroue wat met ART vir PMTCT begin behoort onder ideale

omstandighede met behandeling na die eerste trimester te

begin. Vroue met in CD4 telling < 200 of met ernstige MIV

morbiditeit behoort egter met ART so gou as moontlik te

begin, d.i. in die eerste trimester indien nodig.

Vroue met basislyn CD4 tellings onder 350 behoort

onbepaald met ART aan te gaan d.i. gaan voort na die

einde van die swangerskap.

Tabel 16. Gedeelde newe-effekte van TB terapie en ART

(aangepas uit SA MIV Klinici Vereniging Riglyne, 2008)

Newe-effek ART TB Terapie

Naarheid Didanosien, zidovudien, PIs Pirasienamied

Hepatitis Nevirapien, efavirenz, Pls Rifampisien, isoniasied, pirasienamied

Perifere neuropatie Stavudien, didanosien Isoniasied

Uitslag Nevirapien, efavirenz Rifampisien, isoniasied, pirasienamied

Tabel 17. Eerste-linie ARV behandeling programme wat verkies word volgens die pasiënt

profiel

Pasiënt profiel Verkose behandeling programme Opmerkings

Vroue wat wil borsvoed en basislyn CD4 tellings van meer

as 350 het, behoort met ART aan te gaan tot hulle klaar

geborsvoed het.

ART behoort gestaak te word by vroue wat geboorte

geskenk het met basislyn CD4 tellings van meer as 350,

mits hulle nie borsvoed nie.

Indien ’n vrou begin kraam en nie op ART is nie, behoort

enkel dosis nevirapien (NVP) aan die ma en die baba

gegee te word, met addisionele zidovudien (ZDV) en

lamuvidien (3TC) aan die ma vir ’n week om die risiko van

NNOTI weerstandigheid te verminder (nevirapien het ’n

lang halfleeftyd en hierdie gesamentlike toediening verlaag

die risiko dat weerstandigheid teenoor die NNOTI

ontwikkel).

Eerste-linie behandeling Twee NOTIs + 1 NNOTI Gebruik nevirapien (NVP) by vroue tydens hulle vrugbare jare.

programme vir volwassenes 3TC + ZDV + (EFV of NVP)

en adolessente 3TC + TDF + (EFV of NVP)

3TC + ABC + (EFV of NVP)

FTC + TDF + (EFV of NVP)

Tuberkulose ko-infeksie Twee NOTIs + 1 NNOTI EFV is die NNOTI van keuse by pasiënte wat rifampisien ontvang.

Sien Tabel 14 vir wanneer om met ART te begin.

Eerste-linie behandeling programme – Monitor vir gedeelde newe-effekte.

sien opmerkings vir NNOTI keuse Sien Tabel 16.

Hepatitis B ko-infeksie Twee NOTIs + 1 NNOTI Emtricitabien (FTC), lamivudien (3TC) en tenofovir (TDF) toon

3TC + TDF + NNOTI (EFV of NVP) aktiwiteit teen beide MIV en HBV.

FTC + TDF + NNRTI (EFV of NVP)

Swangerskap Twee NOTIs + 1 NNOTI NVP-gebaseerde behandeling program word verkies by swanger

ZDV + 3TC + NVP vroue.

ZDV en 3TC word met die meeste kliniese ondervinding tydens

swangerskap geassosieer

Dislipidemie Twee NOTIs + 1 NNOTI Indien ’n NNOTI steeds gebruik kan word, kan nevirapien gebruik

Eerste-linie behandeling programme word.

(sien hierbo) PIs word die meeste verbind met dislipidemie: ritonavir versterkte

atazanavir verskaf egter ’n voordeel bo die ander.

Saquinavir versterk met lae dosis ritonavir is ook ’n opsie.

Diabetes mellitus Twee NOTIs + 1 NNOTI Die NOTIs, d4T, ddl en ZDV word met insulien weerstandigheid

Eerste-linie behandeling programme (IW) geassosieer.

(sien hierbo) Nie een van die NNOTIs (NVP of EFV) word met IW geassosieer

nie: albei kan gebruik word.

Die PIs, lopinavir/r, indinavir en ritonavir word met IW geassosieer.

Versterkte atazanavir, saquinavir en fosamprenavir is alternatiewe

opsies.

33 September 2009

10.3 Hepatitis B virus (HBV)

ko-infeksie

Hepatitis B is ’n algemene ko-infeksie saam met MIV in

suidelike Afrika. Gedeelde metodes van oordrag gee aanleiding

tot hoër koerse van ko-infeksie van MIV en hepatitis B virus

(HBV).

Hepatitis B/MIV ko-infeksie word geassosieer met:

Verhoogde risiko van chroniese lewer siekte

Hoër hepatitis B virale lading

Swak respons teenoor terapie met interferon

Meer bewyse van geneesmiddel geïnduseerde

hepatotoksisiteit (veral met NVP)

Opflikkering van hepatitis binne 3 maande na aanvang van

ART (as gevolg van immuun hersamestelling sindroom en

dikwels verkeerdelik as geneesmiddel geïnduseerde

hepatotoksisiteit gediagnoseer). Opflikkering word

gekenmerk deur akute verhogings in hepatiese

transaminases wat met simptome van akute hepatitis

gepaard gaan – moegheid, abdominale pyn en geelsug.

ARV Anti-malaria middel Opmerking

Alle pasiënte met MIV infeksie behoort vir aktiewe hepatitis B

getoets te word. Die hepatitis B oppervlak antigeen is ’n

toepaslike sifting toets. Inenting teen hepatitis B behoort

gedoen te word by pasiënte wat nog nie aan hepatitis B

blootgestel was nie. Hepatitis B inenting is minder effektief by

pasiënte met gevorderde immuun onderdrukking en behoort

uitgestel te word totdat immuun hersamestelling sindroom met

ART voorgekom het (CD4 telling > 200 selle/mm3 )

Emtricitabien (FTC), lamivudien (3TC) en tenofovir (TDF) toon

aktiwiteit teenoor MIV en HBV. Die ART behandeling program

vir pasiënte met chroniese hepatitis B en MIV ko-infeksie

behoort dus TDF en 3TC of emtricitabien (FTC) in te sluit.

Alhoewel 3TC en FTC dieselfde anti-HBV en anti-MIV aktiwiteit

deel en hulle omruilbaar is, behoort hulle nie saam gebruik te

word nie. Die gebruik van 3TC sonder TDF lei tot hepatitis B

weerstandigheid by 80% van pasiënte na 5 jaar se behandeling.

10.4 Malaria

Verskeie geneesmiddel interaksies tussen anti-malaria middels

en ARVs word voorspel.

Alle ARVs Meflokien

Doksisiklien

Geen klinies betekenisvolle geneesmiddel interaksies nie

Efavirenz (EFV) Meflokien Beide word met neuropsigiatriese newe-effekte geassosieer en

gelyktydige gebruik moet eerder vermy word.

Doksisiklien is die anti-malaria middel van keuse vir pasiënte wat

EFV neem, mits die malaria nie deur ’n weerstandige organisme

veroorsaak word nie.

PIs Atovaquone Konsentrasies van atovaquone word deur PIs verlaag.

Dus behoort atovaquone (soos in Malanil ® ) eerder vermy te word

deur pasiënte wat PIs neem.

PIs Kinien Kinien konsentrasies word deur PIs verhoog.

Die PI behoort tydelik gestaak te word totdat die kursus kinien

voltooi is.

Dit behoort met nevirapien (of ’n integrase inhibeerder) vervang te

word indien dit ’n opsie is.

Monitering van kinien newe-effekte (hipoglisemie en aritmieë) is

noodsaaklik.

NNOTIs NNOTIs is geneig om kinien konsentrasies te verlaag.

Noukeurige monitering van effektiwiteit word aanbeveel.

PIs en NNOTIs Artemeter-lumefantrien Vermy aangesien PIs en NNOTIs waarskynlik die konsentrasies van

(bv. Co-Artem ® ) beide anti-malaria middels sal verlaag.

11. IMMUNISASIE

MIV infeksies word met onderdrukking van humorale en sel

bemiddelde immuun response geassosieer. Dit kan die respons

teenoor entstowwe inperk en hulle effektiwiteit verminder,

veral as die CD4 telling

Die benadering tot beroep-, seksuele- en ander vorms van

MIV blootstelling bv. byte, aanranding, trouma, intraveneuse

dwelm misbruik ens. is soortgelyk. PEP is baie effektief indien

dit korrek vir die volledige voorgeskrewe duur geneem word.

Dus is die sleutel uitkoms tydens MIV PEP die suksesvolle

voltooiing van 28 dae se ononderbroke profilakse. PEP behoort

so gou as moontlik na blootstelling toegedien te word, aangesien

effektiwiteit na 72 uur baie onwaarskynlik is.

Newe-effek beheer is noodsaaklik in hierdie verband en word

dikwels nie voldoende aangespreek nie. Newe-effekte as

gevolg van ART blyk om meer algemeen en ernstig by MIV

negatief blootgestelde individue te wees as by MIV positiewe

pasiënte wat met ART begin. Zidovudien en die PIs word met

betekenisvolle newe-effekte geassosieer. Behandeling van

die angstigheid van die pasiënt moet ook aangespreek word.

Alhoewel die aantal middels wat gebruik word om PEP te

behandel dikwels die fokus van kliniese aandag is, is die

voltooiing van die kursus die hoeksteen van suksesvolle

behandeling. Daar was ’n paar gedokumenteerde mislukkings

met PEP. Baie hiervan het verband gehou met swak

meewerking, sub-optimale dosering of vertraging van die

aanvang van ART.

Hepatitis B word dikwels nie oorweeg na MIV blootstelling nie,

maar dit moet deel van die beoordeling vorm. Die hepatitis B

status van alle gesondheidsorg werkers moet bekend wees

tydens hulle aanstelling. Dié wat negatief is (nie blootgestel

nie) moet onmiddellik die keuse van inenting teen hepatitis B

gegee word. Hulle moet noukeurig opgevolg word. Nablootstelling

MIV status behoort tydens 6, 12 en 24 weke na

blootstelling beoordeel te word.

12.1 Beroep-blootstellling aan MIV

Beroep-blootstelling is gewoonlik vermybaar. Alle gevalle

moet ondersoek word met die oog op verbetering van infeksie

beheer. Universele voorsorgmaatreëls behoort in elke

gesondheidsorg fasiliteit beskikbaar te wees en sluit die

volgende in: handskoene, beskermende brille indien nodig,

skoon water of soutoplossing vir die was of uitspoel van die oë

en mukus membrane. Gebruik nie-bytende seep. Naalde

moet nie weer in hulle skedes terug gesit word nie, weggegooi

word in spesifieke houers vir naalde, toegemaak word, geseël

en verwyder word as dit ¾ vol is. Die werkgewer in die privaat

opset, suster in beheer of infeksie beheer span in die hospitaal

(saal) moet verantwoordelikheid neem.

Daar is aangetoon dat na-blootstelling profilakse die risiko van

MIV infeksie na beroep-blootstelling verlaag indien dit gou na

blootstelling toegedien word. Die risiko van MIV infeksie word

bepaal gebaseer op:

Tipe blootstelling (perkutaan, mukus membrane, heel vel)

Graad van erns van die blootstelling (klein of groot volume

bloed, oppervlakkig of diep besering)

Bron status – in die suidelike Afrika opset behoort daar

aangeneem te word dat alle onbekende bron blootstellings

MIV infeksie het

Onder ideale omstandighede behoort terapie so gou as moontlik

na blootstelling (binne 72 uur) begin te word en vir 28 dae

volgehou word.

12.2 Nie-beroep blootstelling aan

MIV

Nie-beroep blootstelling sluit seksuele blootstelling bv. seksuele

aanranding of vrywillige blootstelling waar die partye se status

bekend of onbekend is, maar die blootstelling is as gevolg van

’n ongeluk (d.i. kondoom wat breek of gly), nie-seksuele

blootstelling soos met ’n naald en / of die deel van naalde

(intraveneuse dwelm misbruik) of dié wat selde voorkom bv.

tydens ’n motor ongeluk, fisiese aanranding, deelname in

bloed sport ens.

Nie-beroep blootstelling sluit in, maar is nie beperk tot, seksuele

kontak en die deel van inspuitings tydens dwelmmisbruik.

Daar is dikwels aansienlike variasie in die kliniese presentasie

van blootstelling situasies, wat dit byna onmoontlik maak om

standaard werk prosedures vir die beheer van blootstelling

soos in die beroep opset daar te stel. Studies ondersteun

nieteenstaande die veronderstelling dat die begin met ’n kort

kursus ART na nie-beroep blootstelling die waarskynlikheid

van MIV oordrag kan verminder.

Die aanbeveling is dat pasiënte wat binne 72 uur na ’n

aansienlike risiko MIV blootstelling wat ’n MIV geïnfekteerde

bron betrek, PEP (wat uit drie ARVs bestaan) aangebied

behoort te word. Sien Tabel 18. Aansienlike risiko blootstelling

sluit die volgende in:

Plek van blootstelling – vagina, rektum, oog, mond of ander

mukus membraan, gebroke vel of perkutane kontak.

Infektiewe materiaal – bloed, semen, vaginale

sekresies,rektale sekresies, borsmelk of enige liggaamsvloeistof

wat sigbaar met bloed gekontamineer is.

Status van die bron – bekende MIV by die bron

12.3 Keuse van geneesmiddels vir

PEP

Waar ART blyk om geregverdig te wees, behoort drie

geneesmiddel behandeling programme oorweeg te word.

Hierdie aanbeveling behoort egter nooit ten koste van

meewerking te wees nie.

Tabel 18. Na-blootstelling profilakse

Twee-middel behandeling Drie-middel behandeling

program of ‘basiese’ program of ‘uitgebreide’

behandeling program behandeling program

Twee keer daaglikse Twee-keer daaglikse

behandeling program behandeling program

· d4T + 3TC Geselekteerde basiese

· ZDV + 3TC behandeling program plus:

· Lopinavir/ritonavir OF

· Saquinavir/ritonavir

Een-keer daaglikse Een-keer daaglikse

behandeling program behandeling program

· TDF + FTC Geselekteerde basiese

behandeling program plus:

· EFV

· Atazanavir/ritonavir

· Lopinavir/ritnoavir

(800/200)

ARVs nie aanbeveel vir PEP nie

ARV Nie aanbeveel as gevolg van

Nevirapien (NVP) Hoë risiko van hepatotoksisiteit

Indinavir (IDV) Relatief hoë risiko van neweeffekte

Abacavir (ABC) Risiko van hipersensitiwiteit

reaksie

35 September 2009

Nota: Alhoewel internasionale riglyne twee of drie middels

aanbeveel gebaseer op die dokter se beoordeling van die

risiko, beveel die SA MIV Klinici Vereniging aan dat drie

middels in alle situasies gebruik behoort te word. Dit is omdat

die suidelike Afrika gebied een van uitermate hoë MIV voorkoms

met ’n groot aantal blootstellings, is.

13. SAMEVATTING

Ten spyte van aanhoudende ingrype om veiliger seksuele

gedrag aan te moedig, is die voorkoms van MIV hoog en styg

dit steeds in baie dele van die wêreld. Alhoewel aansienlike

vordering gemaak is om ART opskaal terapie ’n realiteit te

maak in die ontwikkelende wêreld, is daar nog baie wat

gedoen moet word. Gesondheidsorg werkers behoort te poog

om die voordele van ART bestendig en volhoubaar te maak vir

mense wat ART neem. Vir mense wat nog nie behandeling

neem nie, maar terapie benodig, behoort hulpbronne

gemobiliseer te word en sisteme in plek geplaas te word om

hulle te bereik.

MIV sorg is baie kompleks en verander vinnig. Betekenisvolle

vordering op die gebied van ART is al gemaak. MIV infeksie

behoort as ’n chroniese siekte behandel te word by pasiënte

wat toegang tot medikasie het en wat volhoubare virologiese

onderdrukking met terapie bereik. Verskeie nuwe ARVs is

bekend gestel en verskaf effektiewe behandeling opsies vir

behandeling naïef pasiënte en dié wat reeds op behandeling

is. Weerstandigheid, newe-effekte, swangerskap en ko-infeksie

met TB of HBV bied belangrike uitdagings tydens die

aanvanklike keuse van terapie. Riglyne behoort die beginpunt

van mediese besluitneming te wees.

Daar is onmiddellike behoeftes op die gebied van diagnostiese

middele. Die geredelike beskikbaar stelling van bekostigbare

en akkurate CD4 sel tellings is ’n hoë prioriteit. Op dieselfde tyd

behoort die veld te beweeg in die rigting van die ontwikkeling

en implementering van bekostigbare toetsing van die virale

lading. CD4 en virale lading toetsing is belangrike hulpmiddels

wat die lewering van optimale sorg ondersteun en in die opset

van die publieke gesondheidsorg benadering, onskatbare

maatreëls van program monitering en prestasie is.

Onlangse publikasies deur die WGO wetenskaplikes in 2008

het die uitgebreide gebruik van ART voorgestel as ’n manier

om die verspreiding van MIV te beperk. In die ernstige MIV

epidemie van suider Afrika, kan die universele vrywillige MIV

toetsing op ’n jaarlikse basis gevolg deur onmiddellike ART

behandeling, die MIV voorkoms met ongeveer 95% binne ’n

dekade verlaag, met koste besparings oor die medium termyn.

Hierdie voorstelle is op ’n wiskundige model gebaseer, maar

die kwessies aangaande die stigma wat met MIV infeksie

geassosieer word, sal ook aangespreek moet word om

sodoende vrywillige MIV toetsing aan te moedig.

Nieteenstaande is wydverspreide vroeë behandeling van MIV

’n interessante oorweging, want dit teiken die virale lading, die

hoof risiko faktor wat met oordrag en siekte vordering

geassosieer word.

Die ontwikkeling van ’n effektiewe entstof sal nog ’n tydperk

duur, maar vroeë studies is tans in Suid-Afrika aan die gang.

Die apteker speel ’n belangrike opvoeding en ondersteunende

rol tydens die voorkoming en behandeling van MIV. Berading

van pasiënte oor die newe-effekte wat verwag kan word,

behandeling van hierdie newe-effekte indien toepaslik, of die

verwysing van pasiënte vir verdere mediese sorg, is rolle wat

maklik deur die apteker gevul kan word. Aptekers kan pasiënte

met MIV infeksie en versorgers verwys na die MIV / VIGS

Hulplyn soos volg:

0800 012 322 (Departement van Gesondheid)

ARV afkortings:

Afkorting Generiese naam Voorbeeld van

Handelsnaam

3TC Lamivudien 3TC ®

ABC Abacavir Ziagen ®

ATV Atazanavir Reyataz ®

AZT Zidovudien Retrovir ®

d4T Stavudien Zerit ®

ddI Didanosien Videx ®

DRV Darunavir Prezista ®

EFV Efavirenz Stocrin ®

FPV Fosamprenavir Telzir ®

FTC Emtricitabien Emtriva ®

IDV Indinavir Crixivan ®

LPV/r Lopinavir versterk Kaletra ®

met lae dosis

ritonavir

NFV Nelfinavir Viracept ®

NVP Nevirapien Viramune ®

RTV Ritonavir Norvir ®

SQV Saquinavir Invi-Rase ®

TPV Tipranavir Aptivus ®

ZDV Zidovudien Retrovir ®

Verwysings beskikbaar op aanvraag

Saamgestel deur Insight Medicine Management namens die Alpha Pharm Voortgesette Onderrigprogram

Posbus 218, Cramerview, 2060, Suid-Afrika

Kopiereg© 2009

Direkteur van Voortgesette Onderrig: Geraldine Bartlett M. Pharm (cum laude) F.P.S.

VPO Bestuurder: Glynis van der Watt Dip. Pharm. M.P.S.

Tel: (011) 706-6939

Gepubliseer deur Bookpress (011) 493-8522

36 September 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!