05.05.2013 Views

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Basislyn pasiënt faktore soos:

Hoër basislyn virale lading

Laer voor-behandeling CD4 telling

Vorige diagnose van VIGS

Ouer ouderdom

Ko-morbiditeite bv. maligniteit, virale ko-infeksie, depressie,

aktiewe dwelm misbruik

Teenwoordigheid van geneesmiddel weerstandige virus

Vorige mislukking van behandeling met die ontwikkeling

van geneesmiddel weerstandigheid of kruisweerstandigheid

Onvolledige meewerking met die neem van medikasie en

oorgeslane kliniek afsprake

Dit is die belangrikste faktor tydens behandeling mislukking. ’n

Aantal faktore word met swak meewerking geassosieer,

insluitend:

Lae vlakke van geletterdheid en onvoldoende sosiale

ondersteuning. Meewerking is die slegste waar die

onmiddellike familielede nie van die pasiënt se MIV status

bewus is nie.

Ouderdom verwante probleme, veral by jong kinders en

adolessente. Kinders wat in die sorg van ’n buurvrou gelaat

word terwyl die hoof versorger (die ma) werk toe gaan. Die

‘rebelse’ tiener.

Stigma en die vrees om ‘ontdek’ te word. Veral ’n probleem

in landelike en ongesofistikeerde ‘tradisionele’

gemeenskappe.

Armoede: onvoldoende bus of taxi geld vir kliniek besoeke.

Geld word eerder op kos en oorlewing bestee as aan

kliniek besoeke of medikasie. Veral ’n probleem vir enkel

ouers en huishoudings wat deur kinders beheer word.

Probleme met die medikasie. Probleme om te sluk (orale

kandidiase en mondsere) Twee keer daaglikse of 8uurlikse

dosering skedules ‘onmoontlik’ vir dié wat skofte

of ongereelde ure werk. Die koste van die medikasie –

veral tweede- en derde- en vierde-linie ART.

Vrees vir newe-effekte en nadelige geneesmiddel effekte.

Diarree as gevolg van didanosien of lopinavir / ritonavir.

Naarheid en braking as gevolg van ZDV. Verandering in

liggaam- of gesig vet as gevolg van stavudien of zidovudien,

donker vel pigment as gevolg van emtricitabien (FTC,

Truvada ® ) en ‘blou’ naels veroorsaak deur ZDV.

Nota: Inligting van pasiënt studies wys dat sub-optimale

meewerking en toksisiteit vir 28-40% van behandeling

mislukkings en staking van terapie verantwoordelik is.

Addisionele faktore wat tot ARV mislukking bydra:

Geneesmiddel newe-effekte en toksisiteit. Siek pasiënte

moet dikwels veelvuldige middels bykomend tot hulle ART

neem: kortikosteroïede, chemoterapie, TB-terapie. Dit voeg

’n ekstra las van geneesmiddel verwante toksisiteit en

newe-effekte by.

Sub-optimale farmakokinetika bv. wisselvallige

absorpsie, metabolisme en penetrasie, nadelige

geneesmiddel – geneesmiddel interaksies. Vir meer

inligting oor geneesmiddel interaksies en die farmakologie

van ARVs kan die volgende webwerf geraadpleeg word:

www.hiv-druginteractions.org. Hierdie is ’n webwerf van

die Departement van Farmakologie van die Universiteit

van Liverpool. Dit verskaf ’n uitgebreide opsomming van

die meeste bekende geneesmiddel interaksies met die

ARVs en bied ook die geleentheid om deskundige e-pos

raad te kry indien nodig.

Sub-optimale potensie van die ARV behandeling

program: Oor die algemeen verskaf antiretrovirale terapie

waarvan al die middels van dieselfde klas afkomstig is bv.

zidovudien + 3TC + abacavir of zidovudien + 3TC +

tenofovir, onvoldoende anti-virale onderdrukking.

Behandeling programme wat abacavir bevat met

aanvanklike (agtergrond) virale ladings bokant 100,000

kopieë/ml kan onvoldoende virale beheer verskaf, tensy dit

saam met ’n versterkte PI toegedien word.

9.2 Wanneer om oor te skakel van eerstelinie

na tweede-linie terapie

Die oorskakeling van terapie word deur behandeling mislukking

aangedui en dit kan op drie maniere bepaal word:

Klinies, deur siekte vordering en klassifikasie volgens die

WGO stadia.

Immunologies, deur van CD4 tellings met verloop van tyd

gebruik te maak.

Virologies, deur bepaling van MIV virale ladings (plasma

MIV-1 en RNS vlakke)

Dit was aanbeveel dat ART mislukking op die basis van virale

lading gedefinieer behoort te word. Diagnose van behandeling

mislukking gebaseer op slegs kliniese simptome of CD4

kriteria sal ’n groter geleentheid verskaf vir die seleksie van

geneesmiddel weerstandigheid. Dit is omdat die pasiënt vir

langer op die minder effektiewe behandeling program bly,

voordat behandeling mislukking geïdentifiseer word, wat die

virale weerstandigheid verhoog. Dit verskaf ’n goeie argument

vir die groter beskikbaarheid van plasma virale lading toetsing

in hulpbron beperkte opsette.

Virologiese mislukking word gedefinieer as die onvermoë om

onderdrukking van virale replikasie onder die vlak van

waarneming ( 50

kopieë/ml na vorige onderdrukking tot < 50 kopieë/ml by ’n

pasiënt wat ’n spesifieke behandeling program volg). Ander

benaderings laat toe vir ’n virale lading tot ’n arbitrêre vlak, bv.

1000 tot 5000 kopieë/ml.

Kriteria vir behandeling mislukking soos deur die SA MIV

Klinici Vereniging riglyne gedefinieer is ’n bevestigde toename

in die virale lading tot > 1000 kopieë/ml. Die besluit om ART te

verander behoort baseer te word op die uitslae van herhaalde

virale toetsing na 1 tot 3 maande se intensiewe berading oor

meewerking.

9.3 Tweede-linie ART

Oorskakeling van ’n eerste-linie ART behandeling program na

’n tweede-linie behandeling program is ’n groot stap. Die

geneesmiddels wat vir die tweede-linie behandeling programme

gebruik word, word nie so goed verdra nie en opsies vir redding

behandeling is beperk.

30 September 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!