05.05.2013 Views

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

7.2 Vroeë ARV toksisiteit

Vroeë ARV toksisiteit kom gewoonlik binne die eerste weke of

maande van terapie voor. Algemene vroeë en potensieel

ernstige toksisiteit is:

Vel uitslag: dikwels ’n hipersensitiwiteit teenoor NNOTIs,

beide EFV en NVP, maar veral teenoor NVP. Indien die

mukus membrane betrek word en daar teenwoordigheid

van sistemiese tekens soos koors, tagikardie, hepatitis

ens. is, is dit rede tot ernstige kommer. Hipersensitiwiteit

teenoor abacavir kan presenteer met ’n uitslag binne 6

weke na aanvang van die middel.

Hepatitis: Dit is dikwels ’n hipersensitiwiteit teenoor die

NNOTIs en weer veral teenoor NVP. Dit kan veluitslag

vergesel (hierbo), maar kan ook voorkom sonder enige

sistemiese tekens. Dus behoort lewer ensieme

(transaminases) d.i. ALT en AST vroeg tydens die verloop

van ART nagegaan te word.

Anemie en neutropenie: Dit is tipies ’n timidien nukleosied

toksisiteit en hou gewoonlik met ZDV verband, alhoewel dit

soms met d4T en ander NOTIs kan voorkom. Dit is dus

belangrik om hemoglobien (Hb) of hematokrit (Hct) vlakke

en witsel tellings met gereelde intervalle na die aanvang

van ART na te gaan.

Perifere neuritis: Hierdie toksisiteit is dikwels die gevolg

van stavudien gebruik tydens eerste-linie terapie, maar

kan ook voorkom na die gebruik van didanosien en/of

zidovudien. In die Suid-Afrikaanse konteks word die

probleem vererger as isoniasied (INH) toegedien word om

’n Mikobakterium tuberkulose infeksie te behandel. Met tye

kan ongemak en inkapasiteit wat deur die pasiënt ondervind

word, akuut en verswakkend wees.

Baie vroeë ARV toksisiteit, indien nie behoorlik behandel word

nie, kan vinnig in potensieel lewensbedreigende voorvalle

verander of lei tot onderbreking van ART. Laasgenoemde

bevorder virale weerstandigheid.

7.3 Immuun hersamestelling inflammatoriese

sindroom

Die immuun hersamestelling inflammatoriese sindroom (IRIS)

is ’n spektrum van kliniese tekens en simptome van wisselende

erns wat binne weke (alhoewel soms maande) na aanvang

van ART voorkom.

By die meeste pasiënte gaan beheer van MIV gepaard met

die terugkeer van aktiewe immuun selle – CD4 (T-helper

selle) en CD8 (sitotoksiese T-selle) en NK (natuurlike

‘‘killer’’) selle. Wat vantevore ’n ‘dormante’ immuun sisteem

was, kan nou reageer met ontoepaslike krag en aanleiding

gee tot wydverspreide weefsel vernietiging.

Die effekte van hierdie inflammatoriese aktivering word

plaaslik ondervind (bv. die styging van intrakraniale druk

tydens Kriptokokkale meningitis) en sistemies (bv. koors,

hipotensie, tagikardie, septiese skok en dood).

Die teenwoordigheid van verborge organismes kan op

hierdie manier ‘ontmasker’ word bv. Mycobacterium

tuberculosis, Mycobacterium avium kompleks,

Cryptococcus neoformans, Hepatitis B virus ens.) of die

reeds behandelde infeksie sal paradoksaal vererger en

soms lewensbedreigend word.

Kankers soos Kaposi se sarkoom en Non-Hodgkin se

limfoom kan tydelik vererger, so ook outo-immuun

stoornisse soos rumatoïede artritis en tirotoksikose.

Die insidensie van IRIS word geraam op 10% by alle

pasiënte en tot en met 25% by dié wat met ART begin

met ’n CD4 telling onder 50. Die pasiënt is dikwels baie

meewerkend met terapie en sy/haar virale lading is dan

onwaarneembaar. Die vinnige herstel van die CD4 telling

en die onbepaalbare virale lading is duidelike tekens van

die sindroom.

Die behandeling van IRIS sluit aanhoudende behandeling van

die gepaardgaande proses in, om sodoende die antigeniese

lading te verlaag, volhouding met ART en die gebruik van

kortikosteroïede om te help om die inflammatoriese aktiwiteit

te laat bedaar. Prednisoloon of prednisoon in ’n dosis van 0.5

mg/kg/dag vir 5 tot 10 dae word aanbeveel tydens matige tot

ernstige IRIS. Dit kan nodig wees om dit verskeie kere te

herhaal voor die toestand bedaar. Koors en pyn benodig

dikwels anti-inflammatoriese analgetika. Anoreksie sal dikwels

reageer op die steroïede en so ook die gepaardgaande

naarheid, braking en diarree.

8. BEHANDELING VAN ANTI-

RETROVIRALE TOKSISITEIT

Antiretrovirale middels is verantwoordelik vir ’n wye

verskeidenheid van toksisiteite wat wissel van ligte

onverdraagbaarhede tot lewensbedreigende newe-effekte.

Toksisiteit kan vroeg voorkom (binne die eerste paar weke of

maande se behandeling) en laat (na ses of meer maande se

behandeling). ARV toksisiteit kan spesifiek wees vir die

individuele middel of die klas ARVs.

Ongeag van hulle graad van erns, kan newe-effekte as gevolg

van ARVs meewerking met terapie affekteer. Dit is belangrik

vir pasiënte en gesondheidsorg verskaffers om in staat te

wees om geneesmiddel spesifieke newe-effekte te identifiseer

sodat toepaslike maatreëls geneem kan word om die neweeffekte

te elimineer. Bespreking van die moontlike neweeffekte

van die behandeling program met die pasiënt voor die

begin van behandeling en gedurende die vroeë stadia van

behandeling, asook ondersteuning gedurende ligte en matige

newe-effekte, kan die meewerking met ART verbeter.

Om onderskeid te tref tussen die komplikasies van MIV siekte

en ARV toksisiteit kan egter moeilik wees. Alternatiewe

verduidelikings vir ’n pasiënt se presenterende simptome

behoort oorweeg te word. Byvoorbeeld:

Virale hepatitis (hepatitis A, B of C) by ’n pasiënt wat

presenteer met simptome van lewer siekte terwyl hulle

nevirapien of stavudien en didanosien neem.

Malaria by die pasiënt op zidovudien wat presenteer met

ernstige anemie en in ’n endemiese malaria gebied woon.

20 September 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!