05.05.2013 Views

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Nota: Alhoewel internasionale riglyne twee of drie middels

aanbeveel gebaseer op die dokter se beoordeling van die

risiko, beveel die SA MIV Klinici Vereniging aan dat drie

middels in alle situasies gebruik behoort te word. Dit is omdat

die suidelike Afrika gebied een van uitermate hoë MIV voorkoms

met ’n groot aantal blootstellings, is.

13. SAMEVATTING

Ten spyte van aanhoudende ingrype om veiliger seksuele

gedrag aan te moedig, is die voorkoms van MIV hoog en styg

dit steeds in baie dele van die wêreld. Alhoewel aansienlike

vordering gemaak is om ART opskaal terapie ’n realiteit te

maak in die ontwikkelende wêreld, is daar nog baie wat

gedoen moet word. Gesondheidsorg werkers behoort te poog

om die voordele van ART bestendig en volhoubaar te maak vir

mense wat ART neem. Vir mense wat nog nie behandeling

neem nie, maar terapie benodig, behoort hulpbronne

gemobiliseer te word en sisteme in plek geplaas te word om

hulle te bereik.

MIV sorg is baie kompleks en verander vinnig. Betekenisvolle

vordering op die gebied van ART is al gemaak. MIV infeksie

behoort as ’n chroniese siekte behandel te word by pasiënte

wat toegang tot medikasie het en wat volhoubare virologiese

onderdrukking met terapie bereik. Verskeie nuwe ARVs is

bekend gestel en verskaf effektiewe behandeling opsies vir

behandeling naïef pasiënte en dié wat reeds op behandeling

is. Weerstandigheid, newe-effekte, swangerskap en ko-infeksie

met TB of HBV bied belangrike uitdagings tydens die

aanvanklike keuse van terapie. Riglyne behoort die beginpunt

van mediese besluitneming te wees.

Daar is onmiddellike behoeftes op die gebied van diagnostiese

middele. Die geredelike beskikbaar stelling van bekostigbare

en akkurate CD4 sel tellings is ’n hoë prioriteit. Op dieselfde tyd

behoort die veld te beweeg in die rigting van die ontwikkeling

en implementering van bekostigbare toetsing van die virale

lading. CD4 en virale lading toetsing is belangrike hulpmiddels

wat die lewering van optimale sorg ondersteun en in die opset

van die publieke gesondheidsorg benadering, onskatbare

maatreëls van program monitering en prestasie is.

Onlangse publikasies deur die WGO wetenskaplikes in 2008

het die uitgebreide gebruik van ART voorgestel as ’n manier

om die verspreiding van MIV te beperk. In die ernstige MIV

epidemie van suider Afrika, kan die universele vrywillige MIV

toetsing op ’n jaarlikse basis gevolg deur onmiddellike ART

behandeling, die MIV voorkoms met ongeveer 95% binne ’n

dekade verlaag, met koste besparings oor die medium termyn.

Hierdie voorstelle is op ’n wiskundige model gebaseer, maar

die kwessies aangaande die stigma wat met MIV infeksie

geassosieer word, sal ook aangespreek moet word om

sodoende vrywillige MIV toetsing aan te moedig.

Nieteenstaande is wydverspreide vroeë behandeling van MIV

’n interessante oorweging, want dit teiken die virale lading, die

hoof risiko faktor wat met oordrag en siekte vordering

geassosieer word.

Die ontwikkeling van ’n effektiewe entstof sal nog ’n tydperk

duur, maar vroeë studies is tans in Suid-Afrika aan die gang.

Die apteker speel ’n belangrike opvoeding en ondersteunende

rol tydens die voorkoming en behandeling van MIV. Berading

van pasiënte oor die newe-effekte wat verwag kan word,

behandeling van hierdie newe-effekte indien toepaslik, of die

verwysing van pasiënte vir verdere mediese sorg, is rolle wat

maklik deur die apteker gevul kan word. Aptekers kan pasiënte

met MIV infeksie en versorgers verwys na die MIV / VIGS

Hulplyn soos volg:

0800 012 322 (Departement van Gesondheid)

ARV afkortings:

Afkorting Generiese naam Voorbeeld van

Handelsnaam

3TC Lamivudien 3TC ®

ABC Abacavir Ziagen ®

ATV Atazanavir Reyataz ®

AZT Zidovudien Retrovir ®

d4T Stavudien Zerit ®

ddI Didanosien Videx ®

DRV Darunavir Prezista ®

EFV Efavirenz Stocrin ®

FPV Fosamprenavir Telzir ®

FTC Emtricitabien Emtriva ®

IDV Indinavir Crixivan ®

LPV/r Lopinavir versterk Kaletra ®

met lae dosis

ritonavir

NFV Nelfinavir Viracept ®

NVP Nevirapien Viramune ®

RTV Ritonavir Norvir ®

SQV Saquinavir Invi-Rase ®

TPV Tipranavir Aptivus ®

ZDV Zidovudien Retrovir ®

Verwysings beskikbaar op aanvraag

Saamgestel deur Insight Medicine Management namens die Alpha Pharm Voortgesette Onderrigprogram

Posbus 218, Cramerview, 2060, Suid-Afrika

Kopiereg© 2009

Direkteur van Voortgesette Onderrig: Geraldine Bartlett M. Pharm (cum laude) F.P.S.

VPO Bestuurder: Glynis van der Watt Dip. Pharm. M.P.S.

Tel: (011) 706-6939

Gepubliseer deur Bookpress (011) 493-8522

36 September 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!