05.05.2013 Views

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Farmakokinetika

Alhoewel al die protease inhibeerders dieselfde meganisme

van werking toon, is daar belangrike verskille in hulle

farmakokinetika. Protease inhibeerders toon aansienlike interpasiënt

en intra-pasiënt farmakokinetiese variasies.

Betekenisvolle hepatiese metabolisme word opgemerk wat

verlaag kan word met die gelyktydige toediening van ritonavir.

Sien PI geneesmiddel interaksies hieronder. PIs het relatief

kort serum halfleeftye wat wissel van 1.5 tot 2 uur vir indinavir

en 7 uur vir atazanavir.

Geneesmiddel interaksies

Afhanklikheid van metabolisme deur CYP3A4 gee aanleiding

tot betekenisvolle moontlikhede van geneesmiddelgeneesmiddel

interaksies met ander middels wat deur hierdie

roete gemetaboliseer word. Interaksies met ander middels wat

deur ander CYP450 iso-ensieme en glukoronidasie opgeruim

word, is ook moontlik, afhangend van die PI.

Lae dosis ritonavir (100-200mg per dag) word dikwels saam

met ander PIs toegedien as ’n ‘versterker’ om die intestinale en

hepatiese 3A metabolisme van die gekose protease inhibeerder

te blokkeer. Die byvoeging van ritonavir of ‘ritonavir-versterkte’

behandeling programme verbeter biobeskikbaarheid van die

PI wat daarmee saam toegedien word en gee aanleiding tot

meer konsekwente serum konsentrasies regdeur die dosis

interval en verbeter die respons op behandeling. Lae dosis

ritonavir word altyd gebruik met lopinavir (vaste dosis

kombinasie) en saquinavir en word sterk aangemoedig met

ander PIs, behalwe nelfinavir. Sien Tabel 5 vir dosis

aanbevelings.

Newe-effekte

Die volgende is algemene newe-effekte wat met die PIs

geassosieer word:

Gastro-intestinale newe-effekte soos diarree, naarheid en

braking

Metaboliese komplikasies soos dislipidemie, insulien

weerstandigheid en lipodistrofie.

Dislipidemie ontwikkel by 70% van pasiënte wat protease

inhibeerders neem en benodig oor die algemeen lipied

verlagende terapie. Lewenstyl en genetiese predisposisie is

belangrike bydraende faktore tot die tipe en graad van erns

van lipied abnormaliteite.

Die verskillende PIs toon ook verskillende effekte op die

glukose metabolisme.

Groot effek op Indinavir

glukose metabolisme

Matige effek op Nelfinavir

glukose metabolisme Lopinavir / ritonavir

Fosamprenavir

Tipranavir

Beperkte effek op Atazanavir

glukose metabolisme Saquinavir

Darunavir

Verlaagde

effek

Redistribusie van vet kom by 40-50% van pasiënte voor wat

PIs in kombinasie met NOTIs ontvang. Algemene manifestasies

sluit vet akkumulasie, vermeerdering van bors vet en obesiteit

van die romp of vet verlies (ingesonke wange, maer boude en

ledemate), in. Alhoewel albei abnormaliteite in dieselfde pasiënt

kan voorkom, word hulle as aparte entiteite beskou.

Verskeie behandeling strategieë is met gemengde resultate

(bv. metformin, rekombinante menslike groeihormoon, dieet

en oefening) ondersoek. Verander terapie en gebruik ARVs

met veiliger metaboliese profiele bv. NOTIs soos lamivudien

(3TC), abacavir (ABC), tenofovir (bv. Truvada®), NNOTIs

soos nevirapien (NVP) en PIs soos atazanavir (ATV) en

saquinavir (SQV). Dit kan help om veredere agteruitgang te

verhoed. Oorskakeling van ’n PI-gebaseerde behandeling

tot ’n nie-PI behandeling gee nie aanleiding tot

betekenisvolle verbetering nie en word nie aanbeveel nie,

tensy die pasiënt nog nooit aan ’n NNOTI blootgestel was

nie. In hierdie geval is nevirapien aangedui, aangesien efavirenz

serum cholesterol verhoog en indien dit saam met stavudien

(d4T) of zidovudien (ZDV) toegedien word, vererger dit lipoatrofie.

Behandeling met statiene en fibrate kan nodig wees by

pasiënte met volgehoue verhoogde cholesterol of trigliseriede.

Die behandeling van lipodistrofie berus op twee beginsels –

voorkoming en vroeë diagnose. Gebruik, waar moontlik, ARVs

met min of geen metaboliese toksisiteit.

4.4 Integrase inhibeerders

Die struktuur van MIV integrase was die eerste keer in 1994

beskryf en het aanleiding gegee tot die ontwikkeling van die

nuwe inhibeerders. MIV integrase of ’n soortgelyke ensiem

word nie in mense aangetref nie. Dus word daar verwag dat die

identifikasie van selektiewe inhibeerders van MIV integrase

aanleiding sal gee tot die ontwikkeling van ARVs met ’n lae

voorkoms van newe-effekte. Twee integrase inhibeerders

word tans geëvalueer – raltegravir, wat deur die FDA

goedgekeur is as die eerste integrase inhibeerder, en

elvitegravir wat in fase III studies is. Na verwagting sal raltegravir

binnekort in Suid-Afrika geregistreer word. Dit is tans beskikbaar

met ’n Afdeling 21 permit.

Die integrase inhibeerders word slegs aanbeveel vir pasiënte

met geneesmiddel weerstandigheid wat voorheen ARVs

gebruik het. Raltegravir behoort met sorg gebruik te word by

pasiënte wat ander middels ontvang wat die risiko van miopatie

en rabdomiolise kan verhoog (bv. die statiene).

4.5 Ingang inhibeerders – Fusie

inhibeerders

Fusie inhibeerders is die eerste klas antiretrovirale middels

wat die ekstrasellulêre siklus van MIV replikasie teiken. Fusie

inhibeerders verhoed die fusie van MIV met die CD4 reseptor

op die oppervlak van die teiken sel. Enfuvirtied is die enigste

fusie inhibeerder wat internasionaal bemark word. Dit is nog

nie in SA geregistreer nie.

Die gebruik van fusie inhibeerders is beperk as gevolg van

moeilike toediening (subkutane inspuiting), koste en neweeffek

profiel, veral reaksies by die inspuitplek.

4.6 Ingang inhibeerders – Chemokien

reseptor antagoniste (CCR5

antagoniste)

Maraviroc is deur die FDA goedgekeur en is die eerste

chemokien reseptor 5 (CCR5) antagonis. Dit is nog nie in SA

beskikbaar nie. Die fusie inhibeerders en die chemokien

10 September 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!