05.05.2013 Views

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

100,000 kopieë/ml is nie- en redelik onlangs is bewyse

bekend gemaak dat pasiënte wat abacavir neem ’n groter

risiko loop om kardiovaskulêre siektes te ontwikkel, d.i.

hartaanval en beroerte. Van al die NOTIs het abacavir die

minste effek op lipo-atrofie, perifere neuropatie, serum

lipiede, glukose vlakke en laktiese asidose. Dit is een van

die moontlike plaasvervangers van d4T of ZDV vir pasiënte

wat laktiese asidose ontwikkel terwyl hulle behandeling met

d4T of ZDV ontvang. ABC kan ook met ZDV vervang word in

geval van intoleransie d.i. naarheid, braking, onderdrukking

van bloed tellings (anemie). Die gebruik van ABC word egter

beperk deur die hoë koste daarvan.

Stavudien (d4T)

Stavudien het ’n uiters belangrike rol gespeel in ARV uitrol

programme, veral omdat dit regdeur die ontwikkelende wêreld

in vaste dosis kombinasies beskikbaar is, lae koste het en

wydverspreid beskikbaar in vaste kombinasies is, wat dit

maklik maak om toe te dien. Sien Nasionale Antiretrovirale

Behandeling Riglyne Behandeling Program 1a en 1b. In

vergelyking met zidovudien, benodig d4T minder laboratorium

monitering. Ongelukkig is d4T toksies. Die gebruik daarvan

het al gepaard gegaan met fatale laktiese asidose en lewer

versaking. Baie oorlewendes is permanent ongeskik gelaat.

Die kombinasie van stavudien en didanosien is teenaangedui

tydens swangerskap.

d4T is die NOTI wat die meeste met laktiese asidose, lipoatrofie

en perifere neuropatie verbind word. Alhoewel d4Tbevattende

behandeling programme steeds die toeganklikste

opsie vir mense in hulpbron beperkte opsette in die kort tot

medium termyn is, beveel die WGO aan dat dit belangrik is om

te beplan om weg te beweeg van d4T bevattende behandeling

programme, om sodoende die voorspelbare toksisiteit

geassosieer met d4T te vermy of te minimaliseer. Vroeë

identifisering van d4T newe-effekte en omskakeling na ’n

alternatiewe NOTI soos ZDV, TDF of ABC kan die graad van

erns van hierdie toksisiteit verlaag.

Nota: didanosien (ddl) word vir tweede-linie behandeling

gereserveer.

6.1.2 Keuse van NNOTI

NNOTIs is potent en die sleutel ARV klas om te kombineer met

’n dubbele NOTI behandeling vir eerste-linie terapie.

Nevirapien (NVP) of efavirenz (EFV) kan gekies word as die

NNOTI, maar daar is egter algemene konsensus dat efavirenz

die meer potente een van die twee is en met minder ernstige

newe-effekte verbind word. Die meeste internasionale riglyne

moedig dus aan dat EFV die NNOTI van keuse moet wees

wanneer eerste-linie ART begin word. Daar is ’n uitsondering op

hierdie reël: efavirenz moet nie aan vroue in hulle vrugbare jare

gegee word nie (EFV is teratogenies). NVP word aan hierdie

vroue gegee. NVP word egter slegs aan ART naïef vroue gegee

waarvan die basislyn CD4 400 selle/l nie.

EFV is die NNOTI van keuse vir dié wat met beide TB en MIV

geïnfekteer is en wat op ’n rifampisien gebaseerde behandeling

program is. ’n Klein aantal pasiënte op EFV sal die duiseligheid,

slapeloosheid, helder nagmerries en verwarring gedurende

die eerste paar weke se behandeling onaanvaarbaar vind en

sal moet oorskakel na NVP of ’n versterkte PI. EFV word nie

gebruik by pasiënte met ’n psigiatriese geskiedenis, veral

ernstige depressie, nie.

6.2 ARV kombinasies wat eerder vermy

moet word

Monoterapie of dubbele terapie behoort nie gebruik te word

om chroniese MIV infeksie te behandel nie. Sekere dubbele

NOTI rugsteun kombinasies behoort nie as deel van ’n drieledige

behandeling plan gebruik te word nie.

Tabel 7. ARV kombinasies wat eerder vermy

behoort te word

Kombinasie om Rede

te vermy

d4T + ZDV Bewese antagonisme– beide is timidien

nukleosiede

d4T + ddI Oorvleuelende toksisiteit – hepatitis,

pankreatitis, laktiese asidose, perifere

neuropatie

3TC + FTC Omruilbaar, maar behoort nie saam gebruik

te word as gevolg van waarskynlike

antagonisme – beide is sitidien nukleosiede

TDF + 3TC + ABC Drieledige nukleosied/nukleotied ART

TDF + 3TC + ddI behandeling program word geassosieer met

hoë insidensie van vroeë virale mislukking

(weerstandigheid) en moet vermy word.

TDF + ddI + enige Die gebruik van TDF en ddI tesame verhoog

NNRTI intrasellulêre toksisiteit van ddI en gee

aanleiding tot CD4 verlies en immuun

mislukking.

Nota: ddI behoort vir tweede-linie behandeling gereserveer te word.

6.3 Beoordeling van die effektiwiteit van

ART

6.3.1 Kliniese beoordeling

Indien ART effektief is, begin pasiënte beter voel, het meer

energie en tel dikwels gewig op. Virale ladings word

onwaarneembaar en bly so en CD4 tellings styg geleidelik met

ongeveer 100 selle/l in die eerste jaar, maar jaarliks daarna

met ongeveer 50 selle/l totdat ’n plato na 4-6 jaar bereik word.

In sommige dele van Afrika word laboratorium toetse nie

gereeld gedoen nie. Dit is noodsaaklik dat die pasiënt se

kliniese status noukeurig gemonitor moet word. Nuwe VIGS

definieërende siektes terwyl ARV gebruik word is ’n teken van

die waarskynlikheid van geneesmiddel mislukking. Dit kom

baie maande nadat die terugkeer van die virus opgemerk word

deur monitering van die virale lading, voor. Teen hierdie tyd

begin CD4 tellings ook faal. Die herhaling van meewerking

berading op hierdie tydstip is dikwels te laat om virale

weerstandigheid te verhoed en tweede-linie terapie is nodig.

Indien moontlik moet kliniese monitering altyd met laboratorium

bepalings gekombineer word. Dit is noodsaaklik dat die pasiënt

in die kliniek bly; nadat terapie begin is moet die pasiënt binne

twee weke terugkeer om te verseker dat die newe-effekte

aangespreek word en dat die medikasie geneem word. Sien

die pasiënt na nog 3-4 maande en daarna met 4-6 maandelikse

intervalle of vroeër indien die pasiënt siek word.

6.3.2 Laboratorium monitering van ART effektiwiteit

Virale ladings behoort op die volgende tye bepaal te word:

Basislyn (voor die begin van ART)

6-12 weke na die begin van ART

Elke 6 maande daarna

18 September 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!