05.05.2013 Views

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Antiretrovirale Doseervorm Volwasse Geneesmiddel-spesifieke Raad aan pasiënte /

middel dosis newe-effekte Belangrike inligting

Saquinavir(Invi-Rase ® ) 200 mg kapsule 1000 mg · Naarheid, diarree Neem met voedsel.

+ ritonavir · Hoofpyn Versterk altyd met ritonavir.

100 mg bd · Dislipidemie Kan gedurende swangerskap gebruik

· Hiperglisemie word.

· Verhoogde transaminase

· Betekenisvolle moontlikheid

van geneesmiddel interaksies

Vaste Kombinasie Formulering

Aspen Lamzid ® Zidovudien 300 mg

Cipla-Duovir ® Lamivudien 150 mg

Combivir ®

Sonke-Lamivudine

+ Zidovudine

Sonke –LamiNevStav Lamivudien 150 mg

Nevirapien 200 mg

Stavudien 30 mg

Triomune ® Lamivudien 150 mg

Nevirapien 200 mg

Stavudien 40 mg

Trizivar ® Abacavir 300 mg

Lamivudien 150 mg

Zidovudien 300 mg

Truvada ® Emtricitabien 200 mg

Tenofovir 300 mg

Kivexa ® Abacavir 600 mg

Lamivudien 300 mg

*Stavudien word nou deur die WGO aanbeveel in ’n dosis

van 30mg twee keer daagliks vir volwasse en adolessent

pasiënte, ongeag van liggaamsmassa. Die 40mg twee keer

daaglikse dosis word as te toksies beskou en word nie meer

gebruik nie.

reseptor antagoniste is voorbeelde van ’n breë klas ARVs wat

die MIV ingang inhibeerders genoem word.

Die metode waarvolgens MIV aan die CD4 sel bind en uiteindelik

met die gasheer sel saamsmelt is ’n komplekse proses.

Maraviroc bind selektief en omkeerbaar met die CCR5 koreseptor

en inhibeer die samesmelting van die virus met die

gasheer sel membraan. Die effektiwiteit van die CCR5

antagoniste is beperk tot infeksie met MIV virusse wat die

CCR5 ko-reseptor op die oppervlak van die CD4 selle gebruik.

Nie alle MIV virusse gebruik hierdie ko-reseptor nie. X4 virusse

gebruik ’n alternatiewe CXCR4 ko-reseptor. ’n CCR5

inhibeerder sal nie die ingang van ’n X4 virus in die CD4 sel met

’n CXCR4 ko-reseptor op sy oppervlak blokkeer nie. Dus is ’n

laboratorium toets, die virale tropisme toets, nodig om te

identifiseer watter tipe MIV virus teenwoordig is, d.i. ’n R5 of X4

of ’n mengsel van beide. Die tropisme toets is duur en nie tans

in SA beskikbaar nie.

Maraviroc is ’n substraat vir sitochroom P450 en gevolglik

word dit deur ander geneesmiddels (induseerders en

inhibeerders) beïnvloed wat dieselfde weg volg. Geneesmiddel

interaksies met maraviroc is betekenisvol. Posturale hipotensie

is ’n dosis-beperkende effek wat by pasiënte voorkom wat

dosisse hoër as 600mg/dag neem. Ernstige hepatotoksisiteit

is aangemeld en maraviroc behoort met sorg gebruik te word

by pasiënte met enige vorm van lewer siekte.

5. WANNEER OM MET ANTIRETRO-

VIRALE BEHANDELING TE BEGIN

Die besluit van wanneer om met antiretrovirale terapie by

behandeling naïef pasiënte met MIV te begin, is tans besig om

te verander. Die oorweging van wanneer om met antiretrovirale

terapie te begin en ook die keuse van die individuele

behandeling plan, behoort vir elke pasiënt aangepas te word,

met inagneming van pasiënt spesifieke faktore en voorkeure.

Inisiëring van ART is nooit ’n noodgeval nie (behalwe tydens

na-blootstelling profilakse, MIV ensefalopatie en SSS-verwante

sindrome) en ART behoort uitgestel te word totdat pasiënte

hulself kan verbind tot daaglikse, lewenslange behandeling

en volhouding van 100% meewerking gedurende hierdie

tydperk. Die proses van inisiëring van ART behels beoordeling

van pasiënt gereedheid om met terapie te begin en ’n begrip

van die implikasies daarvan, d.i. lewenslange terapie,

meewerking en toksisiteit. Toegang tot voedings- en sielkundige

ondersteuning en tot familie en vriende ondersteuningsgroepe

is belangrik wanneer besluite oor die inisiëring van ART

gemaak word.

Drie beginsels wat die begin van antiretrovirale terapie (ART)

beheer:

Die pasiënt. Beoordeling van die pasiënt behels gewoonlik

die bepaling van die stadium van hulle siekte. Alle pasiënte

in WGO stadium 4 benodig terapie – ongeag van hulle CD4

of virale lading vlakke. Ouer pasiënte (ouer as 45 jaar) en

jong pasiënte (jonger as 5 jaar) is kwesbaar vir vinnige

progressie. Behandeling word dikwels vroeër begin by

hierdie ouderdomsgroepe ongeag van hulle WGO Stadium.

Pasiënte in WGO stadium 3 wat CD4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!