05.05.2013 Views

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

MIV EN DIE ANTIRETROVIRALE MIDDELS - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

1. INLEIDING

Baie vordering is gemaak sedert zidovudien oorlewing voordele

vir gevorderde menslike immuuntekort virus (MIV) aangetoon

het in die laat 1980’s en sedert die koms van potente kombinasie

antiretrovirale terapie in 1996. Daar is tans meer as 20

antiretrovirale middels wat formeel goedgekeur is vir die

kliniese gebruik vir die behandeling van MIV infeksie. Nuwe

middels bied unieke meganismes van werking, verbeterde

potensie en aktiwiteit teen selfs multi-geneesmiddel

weerstandige virusse, gemak van dosering en verbeterde

verdraagbaarheid. Hierdie middels in kombinasie vorm die

basis van HAART (hoogs aktiewe antiretrovirale terapie), wat

gewoonlik eenvoudig na verwys word as antiretrovirale terapie

of ART.

MIV infeksie in mense is nou pandemies. Vanaf Januarie 2006

raam die Joint United Nations Programme on HIV/AIDS

(UNAIDS) en die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) dat

VIGS meer as 25 miljoen mense doodgemaak het sedert dit

die eerste keer op 1 Desember 1981 voorgekom het. Ongeveer

33 miljoen mense lewe tans met MIV, waarvan meer as 30

miljoen in lae en middel inkomste lande woon. Die Wêreld

Gesondheid Organisasie raam dat ten minste 9.7 miljoen van

hierdie mense antiretrovirale terapie benodig.

Met ongeveer 5.5 miljoen mense wat met MIV leef, is Suid-

Afrika die land met die grootste aantal infeksies in die wêreld

(UNAIDS Fact Sheet 2007). Vroue word meer geaffekteer en

verteenwoordig 61% van mense wat met MIV leef in die

gebied. ’n Geraamde 1.8 miljoen mense het as gevolg van

VIGS-verwante siektes in Suid-Afrika gesterf sedert die

epidemie begin het (UNAIDS 2007 AIDS Epidemic Update).

Suid-Afrikaanse data

Alhoewel die opskaling van antiretrovirale terapie (ART)

aansienlik uitgebrei is, word ART slegs in die gevorderde

stadium van die sieke in Suid-Afrika begin en die sterfte koers

bly hoog. Onlangse bevindings van ’n kliniese studie in Haiti

verskaf beslissende bewyse dat MIV-positiewe individue in

ontwikkelende lande ’n betekenisvolle beter kans op oorlewing

het as antiretrovirale terapie vroeër begin word. Sommige

deskundiges het egter geredeneer dat hierdie bevindings nie

geëkstrapoleer kan word na hulpbron beperkte opsette nie,

want dit was gebaseer op pasiënt verslae, eerder as ’n groot,

ewekansige kliniese studie in ’n arm land. Dit word nou

algemeen aanvaar dat alle volwassenes wat met MIV

geïnfekteer is, ART vroeër behoort te begin d.i. teen CD4vlakke

van < 350 selle/l en dat oorweging daaraan geskenk

behoort te word om te begin teen vlakke van < 500 selle/l.

Laasgenoemde is nog nie deel van internasionale riglyne nie,

maar dit sal na verwagting in die nabye toekoms ingesluit

word.

Suid-Afrikaanse data

Hersiene riglyne vir antiretrovirale terapie by volwassenes is

deur die Suider-Afrikaanse MIV Klinici Vereniging in Januarie

2008 in die Southern African Journal of HIV Medicine gepubliseer

en is bedoel as ’n gids tot kliniese terapie, gebaseer op deskundige

konsensus en die beste huidige bewyse. In April 2009 het die

Suider-Afrikaanse MIV Klinici Vereniging ’n bywerking in die

Southern African Journal of HIV Medicine gepubliseer wat

aanbeveel dat individue wat met MIV leef, vroeër met ART moet

begin. Alhoewel hierdie nuwe riglyne deur vooraanstaande MIV

spesialiste onderskrywe word, het dit geen direkte invloed op die

nasionale ART program in Suid-Afrika nie. Die nasionale HAART

riglyne vir antiretrovirale terapie in Suid-Afrika is tot op hede nog

nie amptelik opgedateer nie.

Aangesien die wetenskap aangaande die gebruik van ART

vinnig verander en die beskikbaarheid van nuwe middels en

nuwe kliniese data vinnig die terapeutiese opsies en voorkeure

kan verander, is dit belangrik vir gesondheidsorg werkers om

op datum te bly om goeie oordeel aan die dag te lê as besluite

oor behandeling wat spesifiek vir unieke pasiënt omstandighede

geld, gemaak moet word.

Riglyne vir die behandeling van MIV geïnfekteerde kinders

was in November 2005 in die Southern African Journal of HIV

Medicine gepubliseer. Hierdie module fokus op antiretrovirale

terapie vir volwassenes, maar sal sommige van die kwessies

aangaande antiretrovirale gebruik by kinders aanspreek.

Internasionale riglyne aangaande die begin van ART by kinders,

beveel aan dat alle kinders wat positief toets vir die MIV

infeksie tydens hulle eerste lewensjaar ARVs moet begin

neem, ongeag van hulle CD4-vlak. By kinders tussen 1 en 5

jaar word terapie begin as hulle CD4% < 25% is, ongeag van

die CD4 telling. Kinders ouer as 5 jaar begin met ART as hulle

CD4-telling < 350 selle/l is.

2 September 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!