v. kardiovaskulêre, renale en hepatiese siektes. Daar is ook groot ondersteuning vir die opinie dat ’n CD4
6.1 Verkose eerste-linie behandeling programme In ooreenstemming met internasionale aanbevelings, behoort die eerste-linie behandeling programme vir behandeling naïef volwassenes en adolessente twee NOTIs plus een NNOTI te bevat. Hierdie behandeling programme is effektief en oor die algemeen goedkoper as ander programme, het generiese alternatiewe en is dikwels in vaste dosis kombinasies beskikbaar, wat dosering vergemaklik. Hulle behou ook ’n potente klas, die protease inhibeerders, vir tweede-linie en daaropvolgende behandeling. In vergelyking met PIs word NNOTIs beter verdra oor die langtermyn en is ten minste net so potent indien hulle met ’n toepaslike dubbele NOTI kombinasie gekombineer word. Ongelukkig is NNOTIs minder betroubaar met betrekking tot die ontwikkeling van geneesmiddel mislukking, aangesien slegs ’n paar mutasies in die omgekeerde transkriptase ensiem aanleiding gee tot ’n hoë graad van weerstandigheid. Die PIs is meer robuus in hierdie verband en weerstandigheid verg baie meer virus mutasies. Dus, vir die NNOTIs om die standaard van eerste-linie behandeling programme te bly, is dit noodsaaklik dat meewerking en geneesmiddel samewerking deeglik met pasiënte bespreek moet word voordat daar met behandeling begin word. Dit word aanbeveel dat PIs vir tweede-linie terapie gereserveer word. Sien Tabel 4 vir die ARV klasse, afkortings en handelsname. Eerste-linie behandeling NRTI + NRTI + NNRTI programme vir behandeling naïef volwassenes en adolessente SA <strong>MIV</strong> Klinici Vereniging riglyne 3TC + ZDV + (EFV of NVP) 3TC + TDF + (EFV of NVP) 3TC + ABC + (EFV of NVP) FTC + TDF + (EFV of NVP) Nasionale ARV behandeling d4T + 3TC + EFV riglyne – behandeling program 1a Nasionale ARV behandeling riglyne d4T + 3TC + NVP – behandeling program 1b (vir swanger vroue en dié wat nie in staat is om behandeling program 1a te verdra nie) 6.1.1 Keuse van NOTI Die keuse van ’n NOTI hang af van bekostigbaarheid en komorbiditeit bv. pasiënte met ’n kreatinien opruiming koers van < 50 ml/min behoort nie tenofovir te gebruik nie. Alhoewel stavudien (d4T) ’n baie goedkoper opsie as abacavir, tenofovir of zidovudien is, is dit aansienlik meer toksies. Staat sektor programme word aangemoedig om stavudien (d4T) weg te laat as eerste-linie ART of ten minste alternatiewe NOTIs beskikbaar te maak in geval van toksisiteit. Lamivudien (3TC) Lamuvidien bly die middelpunt van alle eerste-linie behandeling programme in beperkte hulpbron opsette. Dit is ’n kern komponent van die dubbele NOTI rugsteun behandeling van alle ARV kombinasies. Dit het bewese veiligheid, ’n gunstige toksisiteit profiel en kan gedurende swangerskap geneem word. Dit is aktief teen hepatitis B, maar behoort nooit as ’n enkel middel teen hierdie virus gebruik te word nie. Lamuvidien is relatief goedkoop om te produseer en is geredelik beskikbaar, en ook in vaste dosis kombinasies. Dit word gewoonlik twee keer per dag geneem, maar ’n een keer daaglikse dosis word ook goed verdra. Swak geneesmiddel meewerking gee vinnig aanleiding tot virus mutasies en weerstandigheid. 3TC moet dus altyd as ’n deel van drieledige antiretrovirale terapie toegedien word. Pasiënte moet daaraan herinner word om die dosis skedule streng te volg. Zidovudien (ZDV) Zidovudien word verkies as ’n eerste linie NOTI. Dit word oor die algemeen goed verdra en is geredelik beskikbaar in vaste dosis kombinasies. ZDV kan egter ernstige anemie en neutropenie veroorsaak. Monitering van hemoglobien word voor en gedurende behandeling aanbeveel. Die langtermyn gebruik daarvan word met ernstige metaboliese komplikasies verbind, soos laktiese asidose en lipo-atrofie, veral indien dit met efavirenz gekombineer word. Alhoewel hierdie toksisiteit minder gereeld voorkom as met d4T (ook ’n timidien nukleosied analoog) kan die effekte permanent wees indien dit nie vroeg gediagnoseer word en die behandeling verander word nie. Baie deskundiges het wegbeweeg van die gebruik van timidien analoë vir eerste-linie ART behalwe tydens swangerskap, waar ZDV en 3TC steeds die middels van keuse is. ZDV word twee keer per dag toegedien. Tenofovir (TDF) Tenofovir word nou ingesluit as ’n verkose eerste-linie NOTI as gevolg van die effektiwiteit, maklike gebruik en veiligheidsprofiel daarvan. Dit is ’n verandering van die vorige riglyne, wat aanbeveel dat tenofovir as deel van tweede-linie behandeling programme gebruik word. Baie internasionale ART riglyne plaas tenofovir en emtricitabien (Truvada ® ) eerste as hulle NOTI rugsteun keuse. Nierversaking kom by 1.5 – 2.3% voor. Pasiënte wat PIs neem, of wat bekende nefrotoksiese middels neem (bv. aminoglikosiede, sulfoonamiede, pentamidien, ribavirin ens.), die ouer pasiënt (>45 jaar) en dié met gepaardgaande siektes soos diabetes en hipertensie wat die niere kan affekteer, loop ’n besondere risiko. Uitslag is ’n raar newe-effek. Dit word as ’n een keer daaglikse dosis met voedsel toegedien. Weerstandigheid verg ongewone mutasies wat voorkom na ’n lang tydperk van swak meewerking met didanosien of abacavir. Emtricitabien (FTC) Emtricitabien is ’n nuwe NOTI wat onlangs ingesluit is in die WGO se eerste linie behandeling programme. FTC is ’n ekwivalente alternatief tot 3TC. FTC is die een keer daaglikse alternatief vir 3TC: die twee middels is amper identies in terme van newe-effekte, aktiwiteit teen hepatitis B en met betrekking tot die mutasies wat virus weerstandigheid bevorder. Emtricitabien veroorsaak egter ’n toename in pigmentasie in 14 % van pasiënte met ’n donker vel. Dit is kommersieel beskikbaar as ’n vaste dosis dubbele kombinasie, d.i. FTC + TDF (Truvada ® ). Oorsee is dit ook beskikbaar as ’n vaste dosis drieledige kombinasie, TDF + FTC + EFV (Atripla ® ). Die Suid-Afrikaanse registrasie van Atripla ® word binnekort verwag. Abacavir (ABC) Abacavir is ’n alternatiewe NOTI vir eerste-linie terapie. Die nuttigheid daarvan word beperk deur die voorkoms van hipersensitiwiteit by 3-5% van pasiënte, die beperkte potensie daarvan – dit word nie gebruik waar basislyn virale ladings 17 September 2009