bp20543 - AlphaPharm - Afr Module.pmd - insightcpd.co.za
bp20543 - AlphaPharm - Afr Module.pmd - insightcpd.co.za
bp20543 - AlphaPharm - Afr Module.pmd - insightcpd.co.za
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Alpha Pharm

Voortgesette Onderrig

Program

1

DIE MENOPOUSE EN HORMOON-

VERVANGINGSTERAPIE – ’n BYWERKING

HOOFPUNTE

1. INLEIDING ........................................................1

2. ANATOMIE EN FISIOLOGIE VAN DIE VROULIKE

REPRODUKTIEWE STELSEL ...................................2

2.1 Die ovariale siklus ...................................................... 3

2.2 Die menstruele siklus ................................................. 3

2.3 Die effekte van estrogeen en progesteroon................ 3

2.4 Die fisiologie van die menopouse .............................. 4

3. WAT GEBEUR TYDENS MENOPOUSE? .......................4

3.1 Definisies .................................................................... 4

3.2 Fases van die menopouse .......................................... 5

3.3 Ouderdom tydens menopouse ................................... 5

3.4 Gevolge van die menopouse op sirkulerende

estrogeen .................................................................... 5

3.5 Simptome en effekte van menopouse ........................ 5

3.6 Gesondheidsprobleme wat met die langtermyn

uitputting van estrogeen verbind kan word................ 6

4. BEHANDELING VAN DIE MENOPOUSE .......................7

4.1 Lewenstylaanpassings ............................................... 7

4.2 Die besluit om hormoonterapie te neem .................... 7

4.3 Kontrasepsie of hormoonterapie gedurende die

perimenopouse?......................................................... 8

4.4 Simptomatiese verligting van menopousale simptome

en behoud van been ................................................... 8

4.4.1 Sistemiese estrogeen ....................................... 8

4.4.2 Sistemiese progestien .................................... 10

4.4.3 Tiboloon ......................................................... 10

4.5 Vroeë newe-effekte van hormoonterapie ................. 11

5. HORMOONVERVANGINGSTERAPIE – RISIKO’S EN

KONTROVERSIES .............................................. 11

5.1 Koronêre hartsiekte .................................................. 14

5.2 Veneuse trombo-embolisme .................................... 14

5.3 Beroerte .................................................................... 14

5.4 Borskanker ............................................................... 14

6. DIE KEUSE VAN ’N BEHANDELINGSOPSIE ................ 15

6.1 Slegs estrogeen of estrogeen plus progestien ......... 15

6.2 Aanhoudende of opeenvolgende progestien ............ 15

6.3 Toedieningsroetes .................................................... 15

7. DIE ROL VAN DIE APTEKER .................................. 16

8. GEVOLGTREKKING ............................................ 16

STUDIE DOELWITTE:

Na voltooiing van hierdie module sal u:

Oor ’n basiese kennis van die anatomie van die vroulike

reproduktiewe stelsel beskik.

Bekend wees met die fisiologie van die ovariale en

menstruele siklusse.

Die fisiologiese veranderings wat tydens die menopouse

voorkom, verstaan.

In staat wees om die verskillende fases van menopouse

te beskryf.

Oor ’n goeie kennis van die simptome en effekte van

menopouse beskik.

In staat wees om vroue wat hormoonvervangingsterapie

oorweeg, raad te gee oor die voordele en risiko’s van

hierdie terapie.

In staat wees om vroue raad te gee oor die nodigheid

van kontrasepsie gedurende die perimenopouse.

Bekend wees met die neiging om lae-dosis hormoonvervangingsterapie

te gebruik en in staat wees om

vroue raad te gee oor toepaslike hormoon doserings.

Oor ’n goeie kennis van die verskillende behandelingsopsies

wat vir hormoonvervangingsterapie gebruik word,

beskik.

Bekend wees met die risiko’s en omstredenheid wat

met hormoonvervangingsterapie gepaard gaan en in

staat wees om hierdie kwessies met vroue te bespreek

gebaseer op die mees onlangs gepubliseerde mediese

literatuur.

1. INLEIDING

Posbus 218, Cramerview, 2060

Telefoon: 011 706 6939 Faks: 011 706 2692

E-pos: cpdalphapharm@insightmed.co.za

2011 MODULE 2

Die menopouse is ’n universele en onherroeplike deel van die

algehele verouderingsproses van die vroulike reproduktiewe

stelsel, wat tot die staking van menstruasie lei. Dit is ’n fase in

’n vrou se lewe wat die einde van haar reproduktiewe vermoëns

aandui. Meer en meer vroue kan verwag om ongeveer 79 jaar

te leef en die gevolge van estrogeen verlies te ondervind. Die

gemiddelde vrou kan dus verwag om een derde van haar lewe

in die postmenopousale toestand deur te bring.
Daar is geen ekwivalent vir menopouse by mans nie en

gesonde mans kan nog tot in hulle agtste lewensdekade

kinders verwek. Veroudering by mans gaan egter met ’n

geleidelike afname in testosteroon sekresie gepaard. Hierdie

toestand staan as andropouse bekend.

Gesondheidsorg werkers wat met vroue in hulle menopouse in

kontak kom, het die geleentheid om verskeie ingrype wat

simptomatiese verligting kan verskaf, of die voordele van

voorkomende gesondheidsorg met hulle te bespreek.

Gedurende die vroeë menopousale jare kan sommige vroue

verskeie, veelvuldige simptome ondervind, terwyl ander geen

simptome of minimale simptome toon wat ongemerk verby kan

gaan. Wanneer vroue die menopouse bereik, word hulle

besluit om behandeling te versoek gebaseer op die graad van

erns van hulle simptome, die risiko om sekere toestande

tydens later jare te ontwikkel en / of persoonlike beskouings

oor menopouse en medikasie.

Daar is baie terapeutiese opsies beskikbaar om die

lewenskwaliteit gedurende menopouse te handhaaf en

gesondheidsorg kwessies van postmenopousale vroue (bv.

osteoporose, borskanker) aan te spreek. Vroue in hulle

menopousale jare behoort oor die moontlike voordele en

risiko’s van alle behandelingsopsies ingelig te word en ook

geïndividualiseerde sorg te ontvang.

Hierdie module bespreek die menopouse en hormoonvervangingsterapie

(HVT) met beklemtoning van die onlangs

gepubliseerde literatuur oor HVT. Hierdie module beklemtoon

die rol van die apteker in die ondersteuning van vroue wat deur

hierdie stadium van hulle lewe gaan. Voordat menopouse en

HVT bespreek word, kan dit van waarde wees om die

kenmerke van die vroulike reproduktiewe fisiologiese stelsel

te hersien.

2. ANATOMIE EN FISIOLOGIE VAN DIE

VROULIKE

STELSEL

REPRODUKTIEWE

Die reproduktiewe rol van die vrou is baie meer ingewikkeld as

dié van die man. Die vrou moet nie slegs die ova (eier selle)

produseer nie, maar haar liggaam moet ook voorberei word

om ’n ontwikkelende embrio vir 9 maande te versorg.

Die ovaria is die primêre reproduktiewe organe van ’n vrou en

die funksie daarvan is om vroulike gamete (ova) en die

geslagshormone, estrogeen en progesteroon te produseer.

Estrogene sluit estradiol, estroon en estriol in, maar estradiol

kom die volopste voor en is vir meeste van die estrogeniese

effekte verantwoordelik.

Die ovaria en buis sisteem, wat gesamentlik as die interne

genitalieë bekend staan, is in die pelviese holte geleë.

Die gepaarde amandelvormige ovaria kom weerskante

van die uterus voor.

Elke ovarium word deur ligamente in plek gehou.

Binne-in die ovarium is talryke klein sakagtige strukture,

die sogenaamde ovariale follikels.

Elke follikel bestaan uit ’n onvolwasse eiersel of oösiet.

Elke maand stel een van die rypwordende follikels ’n

eiersel uit die ovarium vry – die proses staan as ovulasie

bekend. Slegs ongeveer 400 oösiete word gedurende ’n

vrou se reproduktiewe leeftyd vrygestel, gewoonlik een

gedurende elke menstruele siklus. Die oösiet bly onaktief

in sy follikel totdat dit vrygestel word.

Na ovulasie verander die geskeurde follikel in ’n ander

struktuur, die sogenaamde corpus luteum, wat gewoonlik

degenereer as fertilisering nie plaasvind nie.

Die totale aantal eierselle wat ’n vrou in haar ovaria het, is

reeds met geboorte bepaal.

Wanneer ’n dogter puberteit bereik, is daar ongeveer

160 000 eierselle in haar ovaria, maar baie gaan

gedurende haar leeftyd verlore, inderdaad baie meer as

wat ooit volwasse kon word.

By ’n 45-jarige vrou is slegs ongeveer 1000 eierselle oor

en die oppervlakte van die ovaria het littekens en die

oppervlak is ingevreet, wat daarop dui dat baie oösiete

vrygestel is.

Die uteriene buise, of Fallopius-buis, vorm die eerste

gedeelte van die vroulike buisstelsel. Hulle ontvang die

geovuleerde oösiete en is die plek waar bevrugting

gewoonlik plaasvind.

Gedurende ovulasie voer die uteriene buis ingewikkelde

bewegings uit om oösiete op te vang – dit buig om oor die

ovarium te drapeer, terwyl die fimbriae (vingeragtige

uitsteeksels wat oor die ovarium gedrapeer is) verstyf en

oor die ovarium oppervlakte vee. Die silia op die fimbriae

veroorsaak strome in die peritoneale vloeistof wat die

oösiet in die uteriene buis in vervoer, waar dit sy reis na die

uterus begin.

Die uterus is ’n hol, gespierde orgaan met dik wande. Die

funksie daarvan is om ’n bevrugte ovum te ontvang, behou

en voed.

Die endometrium is die mukosale voering van die uteriene

holte. Indien bevrugting plaasvind, heg die jong embrio

aan die endometrium vas en bly daar vir die res van sy

ontwikkeling. Die funksionele laag van die endometrium

ondergaan sikliese veranderings in reaksie op bloedvlakke

van ovariale hormone en word tydens menstruasie

uitgewerp.

Die serviks van die uterus is die nek of uitgang, wat in die

vagina in projekteer.

Die vagina is ’n buis met ’n dun wand wat uit die serviks na

die buitekant van die liggaam uitsteek.

Die vroulike reproduktiewe strukture wat aan die buitekant van

die vagina geleë is, word die eksterne genitalieë genoem.

Hierdie strukture, waarna ook as die vulva verwys word, sluit

die mons pubis, labia (minora en majora) en die klitoris in.

Figuur 1. Die vroulike genitale kanaal

Ovarium Ovariale

ligament

Uterusholte

Serviks

Servikale kanaal

Fundus van die uterus

2 April 2011

Vagina

Met vergunning van Bayer Schering Pharma

Fimbriae

Uterus

Perimetrium

Miometrium

Endometrium

Fallopiusbuis

Abdominale

opening

van die

Fallopiusbuis
2.1 Die ovariale siklus

Die maandelikse reeks gebeurtenisse tydens die

volwassewording van ’n eiersel word die ovariale siklus genoem.

Dit word die beste beskryf in terme van twee opeenvolgende

fases:

Die follikulêre fase – die tydperk van follikel groei (dag 1 tot

die dag van ovulasie, wat gewoonlik dag 14 van die siklus

van ’n 28 dae siklus is).

Die luteale fase – die tydperk van corpus luteum aktiwiteit

(vanaf ovulasie tot die dag voor die volgende menstruasie

– dae 14 tot 28 van ’n 28 dag siklus).

Die ovariale siklus herhaal met intervalle van ongeveer 28

dae, met ovulasie wat in die middel van die siklus voorkom.

Slegs 10-15% van vroue het egter ’n 28-dag siklus en

siklusse van so lank soos 35 dae of so kort soos 21 dae

kom redelik algemeen voor en word as normaal beskou. In

hierdie gevalle wissel die lengte van die follikulêre fase en

tydsberekening van ovulasie, maar die luteale fase bly

konstant. Dit is altyd 14 dae na ovulasie tot die einde van

die siklus.

Skommeling van pituitêre gonadotropiene (follikel stimulerende

hormoon (FSH) en luteïnisering hormoon (LH) in die bloed

reguleer die gebeurtenisse tydens die ovariale siklus. Die LH

stuwing (verwys na Figuur 2) stimuleer baie gebeurtenisse wat

veroorsaak dat ovulasie plaasvind en dat die geskeurde follikel

in ’n corpus luteum verander. Die stygende vlak van FSH

gedurende die follikulêre fase van die siklus stimuleer die

verhoogde produksie van estrogeen deur die ontwikkelende

follikel. LH stimuleer die nuut gevormde corpus luteum om

progesteroon bykans onmiddellik te produseer.

2.2 Die menstruele siklus

Die uteriene of menstruele siklus is ’n reeks van sikliese

veranderings wat die uteriene endometrium elke maand

ondergaan namate dit reageer op die styging en daling van

ovariale hormone (estrogeen en progesteroon) in die bloed.

Hierdie endometriële veranderinge word met die fases van die

ovariale siklus gekoördineer , wat deur gonadotropiene beheer

word. Gonadotropiene word deur die anterior pituïtêre klier

vrygestel.

Die gebeurtenisse tydens die uteriene siklus word soos volg

deur die verandering in die steroïed hormoonvlakke bepaal:

Dag 1 tot +/- dag 5: Menstruele fase – Tydens hierdie fase

(d.i. menstruasie) werp die uterus alles behalwe die diepste

deel van die endometrium uit. Tydens die begin van hierdie

stadium is ovariale hormone (estrogeen en progesteroon)

op hulle laagste vlakke en die gonadotropien (FSH) begin

om te styg. Teen dag 5 begin die groeiende ovariale

follikels om meer estrogeen te produseer. Verwys na

Figuur 2.

Dag 6-14: Prolifererende- of pre-ovulatoriese fase – Tydens

hierdie fase word die endometrium herbou. Die basale

laag van die endometrium genereer ’n nuwe funksionele

laag as gevolg van die invloed van die stygende bloedvlakke

van estrogeen. Ovulasie, die vrystelling van die volwasse

ovum uit die follikel, neem minder as 5 minute. Dit kom in

die ovarium teen die einde van die proliferatiewe stadium

(dag 14) voor in reaksie op die skielike vrystelling van LH

uit die anterior pituïtêre klier. Die LH verander die geskeurde

follikel in ’n corpus luteum.

Dag 15-28: Sekretoriese of post-ovulasie fase – Gedurende

die sekretoriese fase berei die endometrium voor vir

inplanting van ’n embrio. Stygende vlakke van progesteroon

werk op die estrogeen voorbereide endometrium in wat

veroorsaak dat die funksionele laag na ’n sekretoriese

mukosa verander. Indien bevrugting nie plaasgevind het

nie degenereer die corpus luteum teen die einde van die

sekretoriese fase namate die LH bloedvlakke daal.

Progesteroon vlakke daal en sodoende verminder

hormonale instandhouding van die endometrium. Die

funksionele laag word afgewerp en die menstruele siklus

begin van voor af met die eerste dag van menstruele

bloeding.

Figuur 2. Korrelasie van pituïtêre- en ovariale

hormone met die ovariale- en menstruele siklus

Menstruasie

Endometriële

kliere

Bloedvate

1 5 10 15 20 25 28

2.3 Effek van estrogene en progesterone

Estrogene* is vroulike hormone. Die drie hoof natuurlike

estrogene wat by vroue voorkom, is estroon, estradiol en

estriol.

Die ovaria is die hoof bronne van sirkulerende estrogeen

by premenopousale vroue. Hulle hoof sekretoriese produk

is estradiol, wat ’n relatief potente estrogeen is.

By postmenopousale vroue staak estradiol sekresie deur

die ovarium, maar estrogeen in die vorm van estroon word

steeds in die vetweefsel en ovariale weefsel gevorm.

3 April 2011

Plasma hormoonvlak

Funksionele

laag

Basale

laag

Plasma hormoonvlak

Primêre

follikel

Menstruele

fase

Sekondêre

follikel

Follikulêre

fase

Estrogeen

Vaskulêre

follikel

Progesteroon

Proliferatiewe

fase

LH

Ovulasie

Ovulasie

(Dag 14)

FSH

Corpus

luteum

Luteale

fase

Sekretoriese

fase

Degenererende

corpus luteum
Estroon is ’n swakker estrogeen as estradiol. Dus, al het

postmenopousale vroue ’n estrogeen tekort relatief tot

premenopousale vroue, is hulle estrogeen nie uitgeput nie.

Indien ’n vrou ’n “chirurgiese menopouse” gehad het, d.i.

haar ovaria is chirurgies verwyder of vernietig deur bv.

bestralingsterapie in die area van haar pelvis, is haar

vlakke van sirkulerende estrogeen betekenisvol laer as by

’n vrou wat spontane menopouse gehad het.

Estriol word slegs in betekenisvolle hoeveelhede gedurende

swangerskap geproduseer, aangesien dit deur die plasenta

vervaardig word.

* Estrogene word almal uit ’n steroïed-voorloper genaamd

androstenedioon (en ook uit testosteroon) deur ensiem werking gevorm.

Testosteroon is die hoof androgeniese (manlike) hormoon en word

ook deur die steroïed-voorloper androstenedioon gevorm.

Gedurende puberteit by dogters styg die estrogeen vlakke en

dit bevorder oögenese (groei van die eierselle of oösiete) en

follikel groei in die ovarium. Estrogeen ondersteun ook die

groei versnelling wat tydens puberteit voorkom. Dit veroorsaak

dat dogters baie vinniger as seuns gedurende die ouderdomme

van 11 en 12 groei. Hierdie versnelde groei is egter van korte

duur want stygende estrogeen vlakke veroorsaak ook dat die

epifises van langbene vinniger sluit en vroue bereik hulle volle

lengte tussen die ouderdomme van 13 en 15 jaar.

Estrogeen-geïnduseerde geslagseienskappe by vroue sluit

ontwikkeling van die borste en verhoogde neerslag van

onderhuidse vet, veral in die heupe en borste, in. Dit veroorsaak

ook dat die pelvis breër en ligter word.

Estrogene het verskeie metaboliese effekte. Dit sluit in

opponering van die effek van verhoogde bloed cholesterolvlakke

deur die stabilisering van cholesterol plake (neerslae)

wat op die interne oppervlakte van bloedvatwande vorm,

onderhoud van hoër vlakke van “goeie” hoë-digtheid

lipoproteïen (HDL) cholesterol-vlakke en bemiddeling van

kalsium-opname wat help om die digtheid van die skelet te

handhaaf, in.

Progesteroon werk saam met estrogeen om die menstruele

siklus daar te stel en te onderhou en bemiddel veranderings in

die servikale mukus. Die ander effekte daarvan word hoofsaaklik

tydens swangerskap uitgeoefen.

2.4 Die fisiologie van menopouse

Menopouse is ’n fisiologiese gebeurtenis en verwys na ’n vrou

se laaste menstruasie. Menopouse kom voor as gevolg van

die ovaria wat minder sensitief teenoor FSH en LH word. Dit

hou direk verband met die afname en disfunksie van die

ovariale follikels. Namate die ovaria verouder, verkort die

follikulêre fase van die ovariale siklus, wat aanleiding tot korter

en meer ongereelde menstruasie, verminderde ovulasie en

verlaagde hormoonproduksie gee.

Uiteindelik reageer die ovariale follikels nie meer op FSH en

LH nie en produseer baie min estradiol. Sommige estrogene

(hoofsaaklik estroon) sirkuleer nog steeds, maar hulle word

deur perifere weefsel (bv. vet) geproduseer en die totale

estrogeenvlak is baie laer. Met die verlies van funksionerende

follikels is die betekenisvolste verandering in die hormoon

profiel tydens menopouse die dramatiese verlaging van die

sirkulerende estrogeenvlakke.

Let wel: Oösiet-uitputting kan vinniger voorkom as gevolg

van eksterne faktore soos die rookgewoonte,

chemoterapie, bestraling, pelviese chirurgie en

genetiese- of metaboliese abnormaliteite.

Laer estrogeenvlakke gedurende die menopouse gee

aanleiding tot aansienlike verhoging van sirkulerende LH en

FSH vlakke. Aanhoudende hoë FSH-vlakke voorspel

menopouse, soms baie maande tot ’n jaar vooruit. Die bepaling

van FSH-vlakke is egter selde aangedui aangesien die diagnose

van menopouse gewoonlik klinies is (d.i. menopouse word

retrospektief gediagnoseer – een jaar na die laaste

menstruasie plaasgevind het).

Let wel: Daar word oor die algemeen aanvaar dat ’n vrou

menopouse bereik het as haar FSH-vlakke konstant

bokant 30 IE/l bly. Die probleem met die gebruik van

FSH-vlakke op sigself as ’n merker van menopouse

by perimenopousale vroue is dat hierdie lesings

wisselvallig kan wees. In perimenopousale vroue

kan ’n spesifieke gemete lesing hoë FSH-vlakke

toon wat in die postmenopousale interval val, maar ’n

paar dae, weke of maande later kan die lesing weer

na premenopousale vlakke terugkeer. Hierdie

skommelings van FSH-vlakke sal aanhou totdat die

ovaria geen follikels meer het nie. Dit is ook nie

ongewoon om een of meer swaar menstruele

bloedings na wisselende tydperke van amenoree te

kry nie, totdat die ware menopousale stadium bereik

word.

Figuur 3. Veranderings in geslagshormoon

konsentrasie vanaf seksuele volwassenheid tot

postmenopousaal

3. WAT GEBEUR TYDENS

MENOPOUSE?

3.1 Definisies

Menopouse is die staking van menstruasie as gevolg van

dalende ovariale funksie. Fisiologiese menopouse word

vasgestel wanneer maandstonde vir een jaar lank afwesig

was. Menopouse, per definisie, word dus 12 maande na

die laaste menstruasie gediagnoseer. Teen hierdie tyd

word die vrou as postmenopousaal beskou.

Die perimenopouse word deur kliniese veranderings

gekenmerk wat die einde van die reproduktiewe jare

aandui. In wese is dit die oorgang wat onmiddellik voor

menopouse voorkom as die endokriene, biologiese en

kliniese kenmerke van naderende menopouse begin

manifesteer. Perimenopouse kan 5-10 jaar voor menopouse

begin. Die duur van die perimenopouse verwys na die jare

voor en die een jaar na die laaste menstruasie.

Klimakterium is ’n ouer, meer algemene en minder presiese

term. Dit is die tydperk wanneer ’n vrou vorder van die

reproduktiewe lewensstadium deur die menopousale

oorgang en die menopouse na die postmenopousale jare.

Dit verwys tans oor die algemeen na ’n vrou met vasomotor

simptome van die perimenopouse.

4 April 2011
3.2 Fases van die menopouse

Tydens 2001 het “The Stages of Reproductive Aging Workshop”

’n sisteem gepubliseer wat menopouse in verskillende stadiums

indeel. Dit is op die onderstaande fases van reproduktiewe

veroudering gebaseer:

Reproduktiewe fase

Menopousale oorgang – begin met die perimenopouse en

eindig met menopouse en

Postmenopousale fase

Elke stadium word hoofsaaklik deur die gereeldheid of

wisselvalligheid van die menstruele siklus gedefinieer.

Toenemende FSH vlakke kan ’n merker vir die oorgang vanaf

die reproduktiewe na die menopousale oorgangsfase wees.

As gevolg van onreëlmatigheid van die maandstonde, word dit

aanbeveel dat vroue ’n vorm van voorbehoeding gebruik totdat

die postmenopousale stadium definitief bereik is. Die

terminologie, duur van elke stadium en onreëlmatigheid van

menstruele siklusse word in Figuur 4 aangetoon.

Die menopousale oorgang, wat die begin van die

perimenopouse aandui, word in die vroeë en laat fases ingedeel:

Die vroeë fase word deur patroonveranderings in die

menstruele siklus gekenmerk, met meer as sewe dae

variasie in die sikluslengte. Dit kom gewoonlik tussen die

ouderdomme van 45 en 47 jaar voor.

Die laat fase word deur menstruasie wat oorgeslaan word

of amenoree van 60 dae of meer gekenmerk. Vroue in

hierdie stadium ly dikwels aan warm gloede (vasomotor

simptome).

Die postmenopouse word ook in die vroeë en laat fases

ingedeel en begin oor die algemeen teen die ouderdom van 51

jaar, alhoewel die normale interval vanaf die ouderdomme van

45 tot 55 jaar kan strek.

Die vroeë fase van die postmenopouse sluit die eerste vyf

jaar na die laaste menstruasie in. Dit word deur verdere en

algehele onderdrukking van ovariale funksie en versnelde

beenverlies gekenmerk. Baie vroue hou in hierdie stadium

aan om warm gloede te kry.

Die laat fase begin vyf jaar na die finale menstruasie en

duur vir die res van die vrou se lewe.

Figuur 4. Stadia / nomenklatuur van normale

reproduktiewe veroudering by vroue.

Aangepas uit Stages of Reproductive Workshop. Menopouse 2001.

3.3 Ouderdom van menopouse

Anders as die verlaging van die ouderdom van menarg

(aanvang van menstruasie by jong dogters) wat voorgekom

het met die verbetering van gesondheid- en lewensomstandighede,

het die gemiddelde ouderdom van menopouse

nie sedert vervloë dae verander nie.

Menopouse kom teen ’n gemiddelde ouderdom van 51.4 jaar

by normale vroue voor. Nieteenstaande kom menopouse vir

5% van vroue na die ouderdom van 55 (laat menopouse) voor

en vir ’n verdere 5% kom menopouse tussen die ouderdomme

van 40 en 45 (vroeë menopouse) voor. Premature menopouse

(premature ovariale versaking) kom voor as menstruasie voor

die ouderdom van 40 jaar ophou.

’n Aantal faktore speel waarskynlik ’n rol tydens die bepaling

van ’n individuele vrou se ouderdom van menopouse. Dit sluit

genetika, die rookgewoonte en reproduktiewe geskiedenis in.

Genetika – Vroue met ’n familiegeskiedenis van vroeë

menopouse is meer geneig om ’n vroeër as gemiddelde

menopouse te ondervind.

Die rookgewoonte – die ouderdom van menopouse word

met ongeveer 2 jaar vervroeg by vroue wat rook.

Reproduktiewe geskiedenis – Daar is ’n geneigdheid vir

vroue wat nooit kinders gehad het nie of wie ’n korter sikluslengte

gedurende adolessensie gehad het, om ’n vroeër

menopouse te ondervind.

Ander faktore wat tot ’n vroeër menopouse bydra, sluit hoë

hoogte bo seespieël, ondervoeding en vegetariese diëte in. As

gevolg van die bydrae van liggaamsvet tot estrogeen produksie,

ondervind maerder vroue ’n effens vroeër menopouse.

Gereelde alkohol inname word met ’n later menopouse verbind.

Iatrogene (kunsmatige) menopouse kom voor as gevolg van

ingrype soos oöferektomie (verwydering van die ovaria),

chemoterapie, bestraling van die pelvis en enige ingrype wat

ovariale bloedvoorsiening inperk.

3.4 Gevolge van menopouse op

sirkulerende estrogeen

Na menopouse, as die ovariale follikels uitgeput is, skei die

ovaria nie meer estradiol af nie, maar estroon (wat uit niefollikulêre

bronne verkry word) word steeds geproduseer en is

die hoofbron van sirkulerende estrogeen by die

postmenopousale vrou.

Met die staking van ovulasie gaan die produksie van

estroon voort, sonder opposisie van progesteroon

produksie deur ’n corpus luteum.

Perimenopousale en menopousale vroue word dus dikwels

vir lang periodes aan onbestrede estrogeen blootgestel,

wat kan aanleiding gee tot endometriële hiperplasie - ’n

voorloper van endometriële kanker.

Ongereelde siklusse vir ses of meer maande of ’n episode van

hewige disfunksionele bloeding is ’n aanduiding vir die nodigheid

van endometriële ondersoek. Endometriële biopsie is die

standaard metode om te bepaal of endometriële hiperplasie

besig is om plaas te vind.

3.5 Simptome en effekte van menopouse

Gedurende die tydperk waartydens fisiologiese veranderings

as gevolg van gonadotropiene (FSH & LH) en hulle sekresies

voorkom en daar ’n groot wisseling van estrogeen en

progesteroon vlakke is, ondervind vroue dikwels verskeie

simptome, die sogenaamde menopousale simptome. Hierdie

simptome kan vir 6 maande tot meer as 10 jaar duur en wissel

van afwesig tot ernstig. Alhoewel die hormonale veranderinge

tydens menopouse permanent is, klaar menopousale simptome

(soos warm gloede) gewoonlik met die verloop van tyd op. Die

meeste vroue wat vasomotor simptome ondervind, se simptome

5 April 2011
sal binne 5 jaar opklaar. (Ongeveer 20% van vroue is

simptomaties vir meer as 5 jaar en 5% is simptomaties vir meer

as 20 jaar.)

Die simptome wat gereeld waargeneem word en met

verminderde follikulêre funksie en estrogeen uitputting verband

hou, sluit die volgende in:

Stoornisse van die menstruele patroon – dit behels

anovulasie en verlaagde fertiliteit, verminderde menstruele

vloeiing of swaar menstruele vloeiing, ongereelde

maandstonde en dan uiteindelik amenoree.

Let wel: Ovariale funksie en menstruasie word gewoonlik nie

weer hervat as ’n vrou een jaar se amenoree ondervind

het nie. Enige uteriene bloeding na een jaar se

amenoree word as ’n postmenopousale bloeding

beskou en moet ondersoek word.

Vasomotor onstabiliteit (warm gloede en nagsweet)

affekteer 75 tot 85% van vroue en begin gewoonlik voordat

menstruasie stop.

Warm gloede duur vir meer as een jaar by die meeste vroue en

vir meer as vyf jaar by 25 % van vroue.

Vroue voel warm of baie warm en kan sweet, wat soms

oorvloedig kan wees. Die vel, veral van die kop en nek, kan rooi

en warm word. Blos episodes, wat van 30 sekondes tot 5

minute kan duur, kan deur kouekoors gevolg word. Die

gereeldheid van die episodes wissel vanaf elke uur tot elke

paar dae.

Gloede en ook nagsweet kan gedurende die nag voorkom.

Die meganisme van warm gloede is onbekend, maar dit kan

veroorsaak word deur stres en angstigheid, sigaretrook, warm

drankies, voedsel wat nitriete of sulfiete bevat, voedsel met

baie speserye, alkohol en moontlik kafeïen. Warm gloede kom

minder in ’n koel omgewing voor, is minder intens en van korter

duur in vergelyking met ’n warm omgewing.

Genito-urinêre veranderings.

Genito-urinêre simptome wat gereeld aangemeld word sluit

vaginale droogheid, dispareunie (pynlike omgang) en pruritus

in.

Vaginale atrofie kan tot ’n verhoogde risiko van vaginitis en

urinêre probleme soos urinêre frekwensie, inkontinensie, disurie

(pynlike urinering) en sistitis aanleiding gee. ’n Verlaging van

die urinêre pH wat veranderings in die bakteriële flora teweeg

bring, kan ook pruritus en ’n onwelriekende afskeiding

veroorsaak.

Die uterus word kleiner binne-in die pelvis. Indien fibroïede

teenwoordig is, is die simptome daarvan minder. Endometriose

word ook deur die aanvang van menopouse verlig en baie

pasiënte wat aan pelviese pyn ly, bereik uiteindelik permanente

verligting na menopouse.

Gemoed of verstandelike veranderings

Neuropsigiatriese veranderings soos swak konsentrasie,

geheueverlies, depressie en angstigheid kan met menopouse

gepaard gaan, maar hou nie direk met verlaagde estrogeen

verband nie. Herhalende nagsweet, wat slaap kan ontwrig,

kan tot slapeloosheid, moegheid, prikkelbaarheid en swak

konsentrasie bydra.

Onthou: Nie elke warm gloed of gemoedsverandering word

deur menopouse veroorsaak nie.

Ander simptome

Palpitasies, duiseligheid, lighoofdigheid en vertigo kan

ook met of sonder blosing voorkom, wat dit moeiliker maak om

hierdie episodes bloot as ’n “warm gloed” te klassifiseer.

Menopousale vroue rapporteer dikwels droë vel en

verdunning van die vel as gevolg van die verlies van vel- en

bindweefsel elastisiteit, donkerder en dikker liggaamshare

en dat die hare op die kop uitdun.

’n Ouderdom verwante afname in seksuele begeerte is by

beide mans en vroue opgemerk. Dit is egter onduidelik of die

afname in libido by vroue voorkom as gevolg van toenemende

ouderdom of menopouse, aangesien studies van vroue nie ’n

betekenisvolle korrelasie tussen libido en serum estradiol of

testosteroon aangetoon het nie.

Digte borsweefsel word met vetweefsel vervang, wat

mammografiese ondersoek makliker en minder pynlik maak.

’n Opmerking oor gewigstoename en menopouse

’n Toename in liggaamsgewig en ’n herverdeling van

vet volgens ’n androgene patroon (d.i. gewigstoename

in die abdomen) word met menopouse verbind.

Gewigstoename met menopouse kom egter nie as

gevolg van hormonale veranderings voor nie, maar is

eerder ’n weerspieëling van die dieet, oefening en

veroudering.

Nie menopouse of hormoonvervangingsterapie word

met ’n betekenisvolle gewigstoename verbind nie.

3.6 Gesondheidsprobleme wat met

langtermyn verlies van estrogeen

gepaard gaan

Osteoporose

Die risiko van osteoporose neem toe, want die estrogeen

konsentrasie verlaag. Dit kan hoër been resorpsie deur die

osteoklaste veroorsaak. Die vinnigste beenverlies kom

gedurende die eerste twee jaar na die afname in die estrogeen

konsentrasie voor. Die algehele effek van menopousale

beenverlies is afname in beensterkte wat tot verhoogde risiko

van beenfrakture aanleiding gee. Hoe jonger die vrou tydens

die aanvang van menopouse is, hoe ernstiger die beenverlies.

Soortgelyk, hoe laer ’n vrou se beenmassa aan die begin van

menopouse is, hoe groter die risiko van die ontwikkeling van

osteoporose.

Kardiovaskulêre siekte

Koronêre arteriële siektes is die hoofoorsaak van morbiditeit

en mortaliteit by mans en postmenopousale vroue. Voor die

menopouse is die risiko van die voorkoms van koronêre

arteriële siekte by vroue met ongeveer 10 jaar vertraag in

vergelyking met dié van mans. Die redes hiervoor is ingewikkeld,

maar ’n betekenisvolle bydrae tot hierdie beskerming kan aan

die hoër vlakke van hoë-digtheid lipoproteïen (HDL) vlakke by

vroue toegeskryf word, ’n effek van estrogeen en laer

testosteroon vlakke.

Na menopouse toon vroue egter soortgelyke voorkomssyfers

van koronêre arteriële siektes as mans van dieselfde ouderdom.

Kardiovaskulêre siektes, veral koronêre arteriële siektes, is ’n

gevolg van veelvuldige metaboliese veranderings na

menopouse, bv. nadelige veranderings van die lipiedprofiel en

6 April 2011
hipertensie. Die grootste voorspeller van koronêre arteriële

siekte by vroue na menopouse is lae HDL-cholesterol vlakke.

Dit is betekenisvol dat daar ’n sterk ooreenkoms tussen die

graad van verslegting van kardiovaskulêre risiko faktore (d.i.

lipied veranderings, bloeddruk en insulien vlakke) en die

hoeveelheid gewigstoename gedurende die menopousale

oorgang is. Aandag aan gewigstoename gedurende die

middeljare is een van die belangrikste komponente van goeie,

voorkomende gesondheidsorg.

Figuur 5. Die effekte van menopouse

Met vergunning van Bayer Schering Pharma

GEMOED OF

VERSTANDELIK

Prikkelbaarheid

Angstigheid

Hoofpyn

Depressie

Slapeloosheid

Moegheid

VASOMOTOR

Warm gloede

Nagsweet

GENITO-URINÊR

Ongereelde

menstruasie

Vaginale

droogheid en

jeukerigheid

Verlies van libido

Pynlike omgang

Minder blaas beheer

Hoër risiko van urienweg

infeksies

VEL EN HARE

Vel droogheid

en verdunning

Donkerder en

dikker

liggaamshare

Uitdunning van

hare op die kop

HART

Palpitasies

Hoër risiko van

hartsiektes

BEEN

Been verlies

Hoër risiko van

osteoporose

Hoër risiko van

frakture

4. BEHANDELING VAN DIE MENOPOUSE

Die aanbeveling om estrogeen te gebruik al dan nie behoort

deel te wees van ’n oorhoofse strategie wat raad oor die

lewenstyl, dieet, oefening, sigaretrook en alkohol insluit, om

die handhawing van goeie gesondheid gedurende die

menopouse te verseker.

4.1 Lewenstylaanpassings

’n Toename in liggaamsgewig en ’n abnormale herverdeling

van vet hou verband met die menopouse en beide hierdie is

predisponerende faktore vir perifere insulienweerstandigheid

(’n voorloper van moontlike tipe 2 diabetes) en ’n toename in

bloeddruk.

Hierdie effekte veroorsaak dat vroue meer neig om aan die

diagnostiese kriteria van die metaboliese sindroom te voldoen.

Dieet en fisiese oefening is baie effektief om die metaboliese

sindroom en die risiko van diabetes te verlaag en behoort

aangemoedig te word.

Obesiteit is ook ’n risiko faktor vir warm gloede en gewigsverlies

kan help om warm gloede te verminder. Die vermyding van

snellers (verwys na Afdeling 3.5 – vasomotor onstabiliteit) en

die dra van verskillende lae klere wat uitgetrek kan word kan

ook help.

’n Gesonde dieet vir vroue in hulle menopousale jare behoort

baie vrugte, groente, vesel en proteïene (insluitend vis twee

keer per week) in te sluit. Die dieet behoort minder as een

teelepel sout per dag te bevat. Cholesterol inname behoort

minder as 300 mg daagliks te wees. ’n Daaglikse inname van

1000 tot 1500 mg kalsium en 800 IE vitamien D word ook

aanbeveel om osteoporose te verhoed. In baie gevalle is vroue

nie in staat om die daaglikse kalsium behoeftes deur hul dieet

op sigself te kry nie en ’n kalsium aanvulling kan nodig wees.

Daar is aangetoon dat gereelde oefening ’n 75 % afname in

kardiovaskulêre risiko kan induseer en dit kan ook slaap

verbeter en prikkelbaarheid verlaag. ’n Optimale oefenprogram

vir jonger, gesonde vroue na die menopouse behels ten

minste 30 minute se matige aërobiese oefening ten minste drie

dae ’n week (d.i. flink stap wat ’n ligte sweet veroorsaak)

gekombineer met twee sessies van weerstandsoefening (bv.

ligte oefeninge met gewigte). Navorsing toon dat gereelde

weerstandsoefening die spiere sal versterk en soepel maak en

die beenmassa sal verhoog.

4.2 Die besluit om hormoonvervangingsterapie

(HVT) te neem

Ongereelde ovariale funksie en estrogeenvlak skommelings –

nie ’n tekort aan estrogeen nie – veroorsaak menopousale

simptome. Dus kan die voorkoming van hormoon skommelings

met die gebruik van orale kontraseptiewe middels tydens die

peri-menopouse of hormoonvervangingsterapie tydens

menopouse dié kenmerkende simptome verlig.

Hormoonvervangingsterapie (HVT) word gebruik om estrogeen

verlies wat gedurende menopouse voorkom, aan te vul. Dit

word gebruik om matig tot ernstige menopousale simptome te

verlig. Indien die vrou ’n histerektomie ondergaan het, behoort

slegs estrogeen gebruik te word. Vroue met ’n ongeskonde

uterus wat enige tipe of vorm van estrogeenterapie neem,

moet ook ’n progesteroon-aanvulling neem. Dit verhoed dat

endometriële hiperplasie, wat deur onbestrede estrogeen

veroorsaak word, ontwikkel. Indien endometriële hiperplasie

vir lang tydperke voorkom, kan endometriële karsinoom

ontwikkel.

’n Evaluasie van die voordele teenoor die risiko’s van hormoon

terapie behoort vir elke individuele pasiënt gedoen te word

voordat HVT tydens menopouse voorgeskryf word. Geen HVT

vir menopousale simptome behoort geneem te word sonder ’n

behoorlike kliniese ondersoek nie. Dit sluit die neem van ’n

omvattende geskiedenis, veral m.b.t. familie- en persoonlike

geskiedenis van veneuse trombo-emboliese siektes,

borskanker en abnormale uteriene bloeding en ook bors- en

pelviese ondersoeke, in.

Vir vroue met matig tot ernstige menopousale simptome is

estrogeenterapie die goue standaard van behandeling en dit

behoort as die eerste opsie aanbeveel te word indien daar

geen kontra-indikasies is nie (bv. geskiedenis van borskanker,

koronêre hartsiektes, ’n vorige trombo-embolitiese voorval of

beroerte of aktiewe lewersiekte). Verwys na Tabel 5.

Let wel: Migraine hoofpyne word nie as ’n kontra-indikasie vir

HVT beskou nie. Die effek van HVT op migraine

wissel en sommige vroue verbeter, terwyl ander

versleg of geen verandering in die voorkoms van

hoofpyne ondervind nie.

Voordele van HVT sluit ’n afname in osteoporose en ook

verligting van menopousale simptome in. Indien daar met

HVT binne die eerste 10 jaar van die menopouse begin

word, verlaag dit die risiko van koronêre hartsiektes. Indien

dit na 10 jaar begin word, gaan die kardiovaskulêre

beskermende effek verlore. HVT verlaag ook die risiko van

kolon karsinoom.

Risiko’s van HVT sluit ’n verhoogde insidensie van

borskanker, iskemiese beroerte, veneuse tromboembolisme

en pulmonêre embolisme in.

7 April 2011
By andersins gesonde vroue is die absolute risiko van nadelige

voorvalle uiters laag. Dus behoort vroue wat HVT oorweeg

verseker te word dat die neem van HVT oor die korttermyn (55

Huidige OK of OK of Geen Geen

hormonale LNG-IUS of LNG-IUS of hormonale hormonale

kontrasepsie POP POP kontrasepsie kontrasepsie

nie nie

Kontrasepsie Ja - gaan Ja - oorweeg Ja - gaan Nie meer

benodig? voort soos oorskakeling voort met nodig nie –

hierbo na nie-hor- nie-hormonale staak alle

genoem monale metode van kontrasepsie

metode van

kontrasepsie

kontrasepsie

OK – Orale kontraseptiewe middel (gewoonlik lae dosis)

LNG-IUS – Levonorgestrel intra-uteriene sisteem (d.i. Mirena ® )

POP – Slegs progesteroon pil.

’n Algemene kliniese dilemma is wanneer om van ’n kombinasie

orale kontraseptiewe middel na postmenopousale HVT oor te

skakel. Kombinasie orale kontraseptiewe middels en

progesteroon kontraseptiewe inspuitings behoort teen die

ouderdom van 50-51 jaar gestaak te word aangesien hulle

onnodig sterk is en hulle bekende risiko’s wat met die ouderdom

toeneem, nie meer geregverdig is nie.

Kontrasepsie behoort by die volgende vroue gestaak te word:

Vroue ouer as 50 jaar met amenoree vir langer as 12

maande.

Vroue ouer as 40 jaar met amenoree vir langer as 2 jaar.

Vroue oor die oudste ouderdom van moontlike vrugbaarheid

(ongeveer 55 jaar).

4.4 Simptomatiese verligting van

menopousale simptome en behoud

van been

4.4.1 Sistemiese estrogeen

Tans is sistemiese estrogeen (oraal of transdermaal) die

enigste effektiewe terapie vir die behandeling van vasomotor

en genito-urinêre simptome wat terselfdertyd ook been in

stand hou. Aangesien menopousale simptome die direkte

gevolg van ’n afname in estrogeenvlakke is, is behandeling

met estrogeen logies en as gevolg van die effektiwiteit daarvan,

die eerste keuse terapie.

Warm gloede, slapeloosheid en palpitasies kan verlig

word. Ander simptome soos moegheid, prikkelbaarheid,

senuweeagtigheid, seksuele disfunksie en depressiewe

gemoedstemming kan verbeter word. Op hierdie manier

verbeter estrogene die lewenskwaliteit van vroue.

Atrofiese veranderings van die urogenitale kanaal en die

gevolge daarvan bv. vaginale droogheid, dispareunie

(pynlike seksuele omgang), gereelde urienlating en

dringendheid word deur estrogeenterapie verbeter.

Plaaslike vaginale estrogeen is dikwels meer effektief

hiervoor as sistemiese HVT en kan saam met sistemiese

HVT gebruik word. Oor-die-toonbank vaginale

smeermiddels en bevogtigers kan help om vaginale

droogheid te verlig.

Die voorkoming van postmenopousale osteoporose en die

verlaging van die fraktuur-risiko is ook tydens kliniese

studies aangetoon.

Internasionale en plaaslike riglyne beveel aan dat estrogeenterapie

in die volgende gevalle gebruik word:

Verligting van menopousale simptome soos warm gloede,

nagsweet en hulle moontlike gevolge (bv. slaapstoornisse,

prikkelbaarheid en verlaagde lewenskwaliteit).

Verligting van matig tot ernstige simptome van vulvêre en

vaginale atrofie (bv. vaginale droogheid, dispareunie en

atrofiese vaginitis). Sistemiese en vaginale estrogeen is

albei effektief vir simptome van genito-urinêre atrofie,

maar vaginale estrogeen is meer potent. Indien uitsluitlik

voorgeskryf vir die behandeling van genito-urinêre probleme

is lae-dosis vaginale produkte die behandeling van keuse.

Voorkoming van postmenopousale osteoporose tydens

die vroeë jare na menopouse indien ander middels vir

osteoporose nie toepaslik is nie of as newe-effekte voorkom

of as die voordele van terapie die nadele oorskry.

8 April 2011
Die konsensus oor estrogeen gebruik by postmenopousale

osteoporose

Die positiewe effek van estrogeen op beenmassa is ’n

groot bykomende voordeel vir vroue met menopousale

simptome.

Estrogeen verminder vertebrale- en heupfrakture. Dit is

bevestig in ewekansige plasebo beheerde kliniese

studies.

Die aanvang of die voortsetting van estrogeenterapie by

vroue ouer as 60 jaar word nie aanbeveel as ’n eerste

linie opsie vir die uitsluitlike doel van die voorkoming van

osteoporose verwante frakture nie.

Estrogeenterapie is ’n goeie aanvanklike opsie om te

oorweeg waar ingrype vir die voorkoming van

osteoporose en fraktuur-risiko verlaging by postmenopousale

simptomatiese en asimptomatiese vroue jonger

as 60 jaar aangedui is.

Bisfosfonate (bv. alendronaat; Fosamax ® ) of raloksifeen

(bv. Evista ® ) kan gebruik word om osteoporose by

postmenopousale vroue ouer as 60 jaar te behandel.

Die voortydige inisiëring van HVT by simptomatiese vroue is

uiters belangrik aangesien dit beide verligting van menopousale

simptome en beskerming teen die gevolge van estrogeentekort

verskaf.

By vroue wat ’n histerektomie ondergaan het, behoort

slegs estrogeen gebruik te word. Die doseringsvorms wat

gebruik kan word is oraal, transdermaal (plakker of jel) of

intra-vaginaal – laasgenoemde word hoofsaaklik gebruik

om plaaslike genito-urinêre simptome te behandel,

aangesien vaginale estrogeen nie betekenisvol sistemies

geabsorbeer word nie.

Vroue met ’n ongeskonde uterus benodig gepaardgaande

progesteroon terapie om die voorkoms van endometriële

hiperplasie te voorkom. Verwys na afdeling 4.4.2.

Estrogeen dosering

Onlangse inligting het aangetoon dat die voordelige effekte

van HVT met laer dosisse as wat voorheen vermoed is, verkry

kan word. As gevolg van hierdie nuwe inligting en die riglyne

van verskeie deskundige liggame is daar ’n neiging om die

laagste effektiewe dosis vir die kortste moontlike duur voor te

skryf. Dit verseker die handhawing van die voordele van die

gebruik van HVT en die minimalisering van newe-effekte (soos

teer borste, vloeistofretensie, bloedingsprobleme) en die risiko’s

(soos veneuse trombo-embolisme en beroerte). Daar is goeie

bewyse dat die beperking van die estrogeen dosis die risiko

van naarheid, teer borste en deurbraak / swaar onttrekkingsbloeding

kan minimaliseer.

Let wel: Korttermyn terapie word as 2 tot 3 jaar en oor die

algemeen nie meer as 5 jaar nie, beskou.

HVT behoort teen die laagste moontlike toepaslike dosis begin

te word en dan verhoog te word indien nodig. Lae en ultra-lae

dosisse is as effektief vir menopousale simptoom verligting

aangetoon. Hierdie lae en ultra-lae dosisse word in Tabel 2

aangedui.

Estrogeen vir hardnekkige warm gloede en

nie-hormonale opsies

Lae dosis estrogeenterapie is voldoende om warm gloede

heeltemal te laat ophou in ongeveer 80% van vroue en om die

gereeldheid en graad van erns in die oorblywende persentasie

Tabel 2. Geraamde bio-ekwivalente dosisse van die

verskillende estrogene

Gekonju- 17-beta Estradiolva- Transdermale

geerde perde estradiol leraat 17 betaestrogene

(mg) (mg) estradiol

(mg) bv. bv. (mg)

bv. Estrofem ® Estra-Pause ® bv.

Premarin ® Estraderm ® ,

Estradiol ®

Oraal Transdermaal

Ultra lae

dosis

0.5 0.014*

Lae dosis 0.3 tot 0.45 1 1 0.025

Standaard

dosis

0.625 2 2 0.050

Hoë dosis 1.26 0.100

*14 µg 17ß-estradiol word slegs vir die voorkoming van osteoporose

gebruik. (Dit is nie in SA beskikbaar nie.)

te verminder. Hardnekkige warm gloede (d.i. die aanhoudende

voorkoms van warm gloede ten spyte van die toediening van

wat ’n effektiewe estrogeen dosis behoort te wees) kan op die

volgende maniere behandel word:

Sluit ander potensiële oorsake van warm gloede uit, bv.

hipertiroïdisme.

Verander die toedieningsroete vanaf oraal na transdermaal

(transdermale terapie ondergaan nie die eerste-deurgang

effek in die lewer nie).

Begin terapie met ’n serotonien-heropname-inhibitor (SSRI)

soos fluoksetien (bv. Prozac ® ) of sertralien (bv. Zoloft ® ) of

’n serotonien-noradrenalien-heropname-inhibeerder

(SNRI) bv. venlafaksien (bv. Efexor ® ). Die SSRIs en SNRIs

dosis wat benodig word kan wissel en aanvangsdosisse

kan laer wees as dié wat gebruik word om depressie te

behandel. Die dosis kan verhoog word soos nodig.

Die toediening van hoë dosisse progestien soos

medroksieprogesteroon (bv. Provera ® ).

’n Nota oor komplimentêre medisyne vir warm gloede

Baie postmenopousale vroue gebruik soja produkte,

kruie produkte (bv. black cohosh, fito-estrogene,

isoflavone, genistein, lignans) en ander alternatiewe

behandelings, insluitend vitamien E en akupunktuur, vir

die behandeling van vasomotor simptome.

Vir die meeste van hierdie produkte is effektiwiteit en

veiligheid nie goed bewys nie.

Bewyse dui daarop dat alternatiewe middels soos soja

en black cohosh nie meer effektief as plasebo vir die

vermindering van warm gloede is nie. Inteendeel, geen

komplimentêre middel het ’n groter effek as dié wat

met plasebo in HVT studies waargeneem is nie.

’n Moontlike veiligheidsoorweging met black cohosh is

die moontlike estrogeniese effek daarvan op die borste.

Gevolglik behoort dit nie as ’n veilige middel vir

borskanker pasiënte of vroue wat die risiko van

borskanker loop, beskou te word nie.

Die sogenaamde “bio-identiese” of ”natuurlike”

ongeregistreerde hormone wat individueel in onbewese

dosisse en kombinasies opgemaak word en dikwels

met ongevalideerde speeksel hormoon gehaltebepalings

getitreer word, is meestal nie getoets vir effektiwiteit en

langtermyn veiligheid nie.

9 April 2011
Let wel: Klonidien (bv. Dixarit ® ), ’n sentraal-werkende alfa-2adrenergiese

agonis is in sommige kliniese studies

as effektiewe verligting van warm gloede aangetoon.

Klonidien word egter nie gereeld gebruik nie. Dit is as

gevolg van die newe-effek profiel daarvan en die

beskikbaarheid van ander effektiewe nie-hormonale

middels vir warm gloede, d.i. die SSRIs.

Estrogeenterapie vir premature menopouse

Premature menopouse en vroeë menopouse word met ’n

verhoogde risiko van osteoporose en koronêre hartsiektes

geassosieer. Vroue wat premature of vroeë menopouse

ondervind, behoort estrogeenterapie aangebied te word tot

ten minste die gemiddelde ouderdom van die menopouse (51

jaar). Estrogeen dosisse by vroue met premature menopouse

is gewoonlik aanvanklik hoër as dié wat menopouse teen die

normale ouderdom bereik. ’n Gekombineerde kontraseptiewe

preparaat is ’n moontlike aanvanklike alternatief vir vroue wat

premature menopouse ondervind.

Let wel: Alhoewel sommige studies daarop dui dat estrogeen

kognitiewe funksie kan behou en demensie kan

verhoed, ondersteun inligting van studies op vroue

ouer as 65 jaar nie hierdie waarnemings nie. Huidige

inligting dui ook daarop dat hormoonterapie van geen

waarde vir die behandeling van Alzheimer se siekte

is nie.

Figuur 6. Voordele van hormoonvervangingsterapie

Met vergunning van Bayer Schering Pharma

VASOMOTOR

Effektiewe verligting

van warm gloede,

nag sweet en slaap

stoornisse gedurende

vroeë menopouse

GENITO-URINÊR

Verlig vaginale

droogheid en jeuk

Voorkom en

behandel vulvêre

en vaginale atrofie

Herstel blaas

funksie

Verlig urinêre

dwingendheid

en frekwensie

4.4.2 Sistemiese progestien

LEWENS-

KWALITEIT

Verbeter

lewenskwaliteit

BEEN

Beskerm teen

postmenopousale

osteoporose

Verminder

insidensie van

vertebrale- en

heup

frakture.

Die primêre indikasie vir progestien tydens menopouse is om

die verhoogde risiko van endometriële kanker as gevolg van

sistemiese estrogeenterapie te verminder. Endometriële

hiperplasie en kanker kan so gou soos ses maande na

onbestrede estrogeenterapie voorkom. Alle vroue met ’n

ongeskonde uterus wat sistemiese estrogeen gebruik, behoort

dus ook voldoende sistemiese progestien te gebruik.

Die progestiene wat in menopousale HVT preparate gebruik

word, word hoofsaaklik vir hulle vermoë om die endometrium

te beskerm gekies. Die een effek wat hulle in gemeen het is om

’n estrogeen voorbereide endometrium vanaf ’n proliferatiewe

na ’n sekretoriese stadium te verander. Hulle ander effekte,

soos estrogenisiteit, androgenisiteit, glukokortikoïede- en

mineralokortikoïede effekte wissel baie.

Daar is baie behandelingsopsies wat gebruik kan word as

progestien by estrogeen vir endometriële beskerming gevoeg

word. Navorsing is onvoldoende om een opsie bo ’n ander aan

te beveel. Dit sal waarskynlik by die pasiënt met ’n lae risiko

van borskanker of kardiovaskulêre siektes nie ’n verskil maak

watter progestien gebruik word nie. Die keuse word dus

dikwels op die pasiënt se toleransie gebaseer. Daar is bewyse

dat verskillende progestiene verskil in hulle effekte op beide

die bors- en kardiovaskulêre stelsel en dat daar voordele kan

wees by die gebruik van minder androgeniese progestiene

(soos drospirenoon (bv. in Angeliq ® )) by pasiënte met ’n hoër

risiko van bors- of kardiovaskulêre siektes.

Huidige inligting ondersteun egter die aanbeveling om

progestien blootstelling te minimaliseer.

Die laagste effektiewe estrogeen dosis met ’n gepaardgaande

lae-dosis progesteroon word aanbeveel. Die progestien dosis

wissel na gelang van watter progestien gebruik word en ook

die estrogeen dosis. Laer estrogeen dosisse kan die gebruik

van laer progestien dosisse vir endometriële beskerming

bemiddel. Verwys na Tabel 3 hieronder.

Tabel 3. Laagste effektiewe dosisse van progestiene

wat aanbeveel word om die newe-effekte van

sistemiese estrogeenterapie op die uterus teen te

werk.

Medroksie- Noretiste- Drosperinoon Gemikroniprogeste-

roonasetaat bv. soos seerde

roonasetaat (noretin- bevat in progesteroon

(MPA) droon) Angeliq ®

bv. soos (NETA)

bevat in bv. soos

Premelle ® bevat in

Activelle ®

Laagste

effektiewe

dosisse

1.5 mg 0.1 mg 0.5mg 50 mg

Beskerming teen endometriële hiperplasie kan verkry word

deur opeenvolgende (d.i. sikliese) of deurlopende progestien

toediening.

Met opeenvolgende (sikliese) behandeling behoort die

progestien in ’n voldoende dosis vir 14 dae elke maand

toegedien te word.

Met deurlopende behandeling behoort die progestien

deurlopend saam met estrogeen toegedien te word. Die

doel van deurlopende gekombineerde HVT is om HVT

sonder onttrekkingsbloeding te verskaf, maar aanvanklike

onvoorspelbare bloeding kan by ongeveer 40 % van vroue

voorkom. Dit is die beste om hierdie behandelingsopsie

by vroue wat ten minste een jaar na hulle menopouse

is, te gebruik.

Let wel: By vroue wat estrogeen vir vasomotor simptome

neem behoort deurlopende behandelingsopsies (in

teenstelling met sikliese behandelingsopsies) gebruik

te word om hoofpyne as gevolg van estrogeenonttrekking

te voorkom.

4.3.3 Tiboloon

Tiboloon (bv. Livifem ® ) is ’n analoog van die progestien,

noretinodrel. Tiboloon is nie ’n tradisionele hormoonterapie

nie en word as ’n selektiewe weefsel estrogeniese aktiwiteitsregulator

(STEAR) geklassifiseer. Na die inname daarvan

word tiboloon in drie metaboliete omgeskakel, wat estrogeniese,

progestiniese en androgeniese eienskappe het. Tiboloon word

10 April 2011
Tabel 4. Hormoonvervangings-opsies

Vroue wat ’n Vroue met ’n ongeskonde uterus

histerektomie

ondergaan het

Slegs estrogeen Perimenopouse, Postmenopouse,

(oraal of ongereelde siklus / amenoree (geen

transdermaal*) bloeding bloeding of “bloedvry”)

d.i. na ten minste een

jaar postmenopousaal

Opeenvolgende* Deurlopende

gekombineerde HVT gekombineerde HVT*

*Nie-orale roete word *Progestien word by *Deurlopende

verkies by vroue met estrogeen gevoeg vir gekombineerde estrogeen

hipertrigliseriedemie,

lewersiektes of migraine

14 dae van elke maand + progestien terapie

as ’n deurlopende gekombineerde-tipe HVT beskou en is ’n

bloedings-vrye preparaat en word dus verkies vir die gebruik

by vroue wat ten minste een jaar verby hulle menopouse is.

Onlangse riglyne oor die gebruik van tiboloon het tot die

volgende gevolgtrekkings gekom:

Tiboloon is net so effektief soos estrogeen vir die verligting

van menopousale simptome soos warm gloede, nagsweet,

slapeloosheid, hoofpyn en moegheid.

Dit is besonder effektief by hoogs simptomatiese vroue en

behoort oorweeg te word as die menopousale simptome

ten spyte van estrogeenterapie voortduur.

Dit is net so effektief soos estrogeen om beenmassa van

die heup en ruggraat te vermeerder.

Let wel: Tiboloon word met ’n verhoogde risiko van beroerte

by ouer vroue verbind.

4.5 Vroeë newe-effekte van hormoonvervangingsterapie

(HVT)

Algemene newe-effekte wat aanvanklik voorkom sluit teerheid

van die borste, waterretensie, gewigstoename, premenstruele

sindroom, gemoedskommelings, hoofpyne, dismenoree en

ongereelde bloeding in. Die enigste twee betekenisvolle neweeffekte

van die bogenoemde is teerheid van die borste en

aanvangsbloeding by vroue met ’n ongeskonde uterus.

Hoofpyne klaar gewoonlik op. Sommige vroue kan naarheid

en braking ondervind. Indien die HVT in die aand voor slaaptyd

geneem word, kan naarheid gewoonlik verlig word. Baie vroue

is bang om gewig op te tel. ’n Gewigstoename van 1 kg met

HVT is normaal. Enige groter gewigstoename word slegs

indirek met HVT verbind, aangesien die energie behoeftes

tydens HVT afneem.

Teer borste

Teer borste kan van ’n verbygaande aard gedurende die

eerste maand of wat van HVT wees en kan gewoonlik omgekeer

word met ’n verlaging van die estrogeen dosis. Transdermale

terapie word geassosieeer met ’n betekenisvolle laer insidensie

van teer borste in vergelyking met orale terapie.

Bloeding met aanvang van terapie

Die kombinasie van estrogeen plus ’n progestien sal vaginale

bloeding tot gevolg hê. Dit kan as ’n beplande maandelikse

onttrekkingsbloeding by vroue op sikliese / opeenvolgende

opsies, of as onbeplande of ongereelde bloeding by vroue op

deurlopende gekombineerde opsies voorkom. Daar is geen

duidelike aanduidings dat een progestien beter as ’n ander is

ten opsigte van die beheer van vaginale bloeding nie. Lang

siklus HVT d.i. slegs een onttrekkingsbloeding elke 3 maande,

alhoewel verkies deur baie vroue, kan onaanvaarbare vlakke

van endometriële hiperplasie veroorsaak en behoort nie as

eerste linie terapie gebruik te word nie.

Minder bloeding is normaal met aanhoudende gekombineerde

opsies en ongeveer 40 % van vroue wat hierdie behandelings

volg, ondervind deurbraakbloeding gedurende die eerste 6 tot

9 maande se behandeling. Na 6-9 maande sal meer as 85 %

van vroue egter geen menstruasie ondervind nie. Om

ongereelde vaginale bloeding te minimaliseer behoort vroue

wat deurlopende gekombineerde opsies gebruik ten minste

een jaar postmenopousaal te wees.

Onlangse inligting dui daarop dat lae dosis HVT bloeding kan

minimaliseer. Die rede hiervoor is dat hoe laer die estrogeen

dosis, hoe laer die progestien dosis benodig om die

endometrium te beskerm. Selfs al kom ongereelde vaginale

bloeding aanvanklik met lae dosis preparate voor, is die

voorkoms daarvan betekenisvol minder as met konvensioneledosis

hormoonterapie.

5. HORMOONVERVANGINGSTERAPIE -

RISIKO'S EN KONTROVERSIES

Kardiovaskulêre siektes is oor die algemeen die grootste

oorsaak van sterftes van vroue en dit is proporsioneel aan die

toeneem in baie dele van die wêreld. In die Westerse wêreld

vrees vroue borskanker die meeste, veral aangesien dit meer

algemeen as hartsiektes tydens menopouse voorkom. Die

risiko van sterfte as gevolg van kardiovaskulêre siektes is

egter 1 uit 2 in vergelyking met 1 uit 26 vir borskanker as alle

ouderdomsgroepe ingesluit word.

Die risiko van kardiovaskulêre siektes verhoog na die

menopouse. Die impak van sigaretrook, verhoogde trigliseried

vlakke of lae vlakke van HDL-cholesterol op kardiovaskulêre

siektes is ook baie groter by vroue as by mans. Baie van die

risiko faktore van kardiovaskulêre siektes kan egter deur

leefstyl aanpassings verander word en veral deur die effektiewe

behandeling van hipertensie en diabetes, gekombineer met

lipied modifikasie.

Gegewe die risiko van kardiovaskulêre siektes by hierdie

bevolkingsgroep, behoort gesondheidsorgwerkers vroue met

menopousale simptome op so ’n wyse te behandel dat dit

effektief is, maar ook nie die risiko van kardiovaskulêre voorvalle

verhoog nie. Drie primêre kardiovaskulêre effekte sal bespreek

word – koronêre hartsiekte, veneuse trombo-embolisme en

beroerte.

11 April 2011
Tabel 5 Hormoon vervanging terapie tydens die menopouse – Opsomming

Indikasies:

· Verligting van menopousale simptome soos warm gloede, nagsweet en hulle potensiële gevolge (bv. slaap versteurings, prikkelbaarheid

en verlaagde lewenskwaliteit).

· Verligting van matige tot ernstige simptome van atrofie van die vulva en vagina (bv. vaginale droogheid, dispareunie en atrofiese vaginitis).

· Voorkoming van postmenopousale osteoporose tydens die vroeë jare na menopouse indien alternatiewe middels vir osteoporose nie

toepaslik is nie, newe-effekte veroorsaak of as die voordele van terapie die risiko’s oorskry.

Kontra-indikasies:

· Borskanker, estrogeen-afhanklike kwaadaardige tumore

· Ongediagnoseerde genitale bloeding, onbehandelde endometriële hiperplasie

· Aktiewe lewersiekte, porfirie

· Trombofiliese stoornisse of tromboflebitis, geskiedenis van / of huidige arteriële of veneuse tromboëmbolisme

Behandel volgens ouderdom:

· < 50 jaar: Behandel tot ten minste die tipiese ouderdom van natuurlike menopouse (51 jaar)

· 50-59 jaar: HVT aanbeveel

· > 60 jaar: Vroue behoort nie HVT sonder ’n dwingende rede te begin neem nie

Begin HVT met die laagste effektiewe dosis:

· Begin HVT met die laagste effektiewe dosis van estrogeen met ’n ooreenstemmende lae dosis van ’n progesteroon, indien aangedui (d.w.s.

vroue met ’n uterus).

· HVT word gewoonlik sistemies deur die orale of transdermale roete, of plaaslik deur die vaginale roete toegedien.

· Beoordeel simptome weer na 8-12 weke

· Pas dosis aan indien nodig - ’n hoër dosis kan deur 20 % van vroue benodig word.

· Ondersoek enige abnormale bloeding

· Newe-effekte kan buikswelling, pyn in borste, hoofpyn en vaginale bloeding insluit.

Voortsetting van HVT:

· Die indikasie vir HVT behoort jaarliks heroorweeg te word.

· Die voordeel – risiko verhouding van ’n individuele vrou verander met haar ouderdom en haar menopouse-verwante simptome (bv.

vasomotor simptome, vaginale atrofie, dispareunie of verlaagde libido). Enige hiervan kan ’n nadelige impak op die lewenskwaliteit hê.

· Teen die ouderdom van 60 jaar kan die besluit om met HVT voort te gaan gemaak word deur tydelik die behandeling te staak.

· Indien die simptome nie terugkeer nie hoef HVT nie weer geneem te word nie.

· Vasomotor simptome het egter ’n 50 % kans om terug te keer indien HVT gestaak word,. Dit is onafhanklik van ouderdom en die duur van

gebruik.

· Die besluit om met HVT voort te gaan behoort geïndividualiseer te word. Dit word gebaseer op die graad van erns van die simptome en

huidige voordeel – risiko verhouding oorwegings.

· Korttermyn terapie word as 2 tot 3 jaar beskou en oor die algemeen nie langer as 5 jaar nie.

Staking van HVT:

· Baie vroue ondervind geen probleme met die staking van HVT nie. Waarnemingstudies het aangetoon dat 40 tot 50 % van vroue wat

menopousale HVT terapie begin neem, dit binne een jaar staak en 65 -75 % binne twee jaar, dikwels met geen bystand van hulle

gesondheidsorgverskaffer nie.

· Skielike onttrekking van eksogene estrogeen op enige stadium kan egter aanleiding gee tot die terugkeer van warm gloede en ander

menopousale simptome.

· Alhoewel die afskaal van HVT nie as meer effektief as die skielike staking van terapie bewys is nie, word afskaling dikwels aanbeveel, veral

by vroue met ’n geskiedenis van ernstige vasomotor simptome.

· Indien die HVT afgeskaal word, word daar gewoonlik aanbeveel dat die estrogeen dosis met een tablet per week verminder word totdat die

terapie gestaak word. Transdermale terapie kan afgeskaal word deur geleidelik die sterkte van die plakker dosis met tyd te verlaag.

Tabel 6. Hormoon vervanging terapie produkte volgens doseringsvlakke wat in Suid-Afrika beskikbaar is

ORALE DOSERINGSVORM

PRODUK ESTROGEEN Estrogeen daaglikse dosis

LAE - DOSIS ORAAL

Premarin ® 0.3 mg Estrogene (gekonjugeer) 0.3 mg

Estro-Pause ® 1 mg Estradiolvaleraat 1 mg

Estrofem ® 1 mg Estradiol 1 mg

Progynova ® 1 mg Estradiolvaleraat 1 mg

STANDAARD DOSIS ORAAL

Premarin ® 0.625 mg Estrogene (gekonjugeer) 0.625 mg

Estro-Pause ® 2 mg Estradiolvaleraat 2 mg

Estrofem ® 2 mg Estradiol 2 mg

Progynova ® 2 mg Estradiolvaleraat 2 mg

HOË-DOSIS ORAAL

Premarin ® 1.25 mg Estrogene (gekonjugeer) 1.25 mg

12 April 2011
ULTRA LAE-DOSIS ORAAL DEURLOPEND– GEKOMBINEER

ESTROGEEN/PROGESTIEN Estrogeen daaglikse dosis

Activelle ® LD Estradiol 0.5 mg / noretisteroonasetaat 0.1 mg 0.5 mg

LAE DOSIS ORAAL OPVOLGEND

Estro-Pause N ® Estradiolvaleraat 1 mg / noretisteroon 1 mg 1 mg

Femoston ® Estradiol 1 mg / didrogesteroon 10 mg 1 mg

Novofem ® Estradiol 1 mg / noretisteroon 1 mg 1 mg

DEURLOPEND– GEKOMBINEER

Activelle ® Estradiol 1mg / noretisteroonasetaat 0.5 mg 1 mg

Angeliq ® Estradiol 1 mg / drospirenoon 2 mg 1 mg

Femoston Conti ® Estradiol 1 mg / didrogesteroon 5 mg 1 mg

Premelle LD ® Estrogene 0.3 mg (gekonjugeer) / medroksieprogesteroonasetaat

1.5 mg

0.3 mg

STANDAARD-DOSIS ORAAL OPEENVOLGEND

Climen ® Estradiolvaleraat 2 mg / siproteroon 1 mg 2 mg

Estro-Pause N Forte ® Estradiolvaleraat 2 mg / noretisteroon 1 mg 2 mg

Postoval ® Estradiolvaleraat 2 mg / norgestrel 0.5 mg 2 mg

Trisequens ® Estradiol 2 mg / noretisteroonasetaat 1 mg 2 mg

DEURLOPEND GEKOMBINEER

Kliogest ® Estradiol 2 mg / noretisteroonasetaat 1 mg 2 mg

Premelle ® STEAR

Estrogene 0.625 mg (gekonjugeer) /

medroksieprogesteroonasetaat 2.5 mg (5 mg)

0.625 mg

Livifem ® PLAKKERS EN JELLE

Tiboloon 2.5 mg

ESTROGEEN Estrogeen daaglikse dosis (per 24 uur)

Femigel ® 1.5 mg / 2.5g Estradiol 1.5 mg

LAE-DOSIS TRANSDERMAAL

Estraderm ® TTS 25 Estradiol 0.025 mg

Estradot ® 25 Estradiol 0.025 mg

Estradot ® 37.5 Estradiol 0.0375 mg

Evorel ® 25 Beta-estradiol 0.025 mg

STANDAARD-DOSIS TRANSDERMAAL

Climara ® 50 Estradiolhemihidraat 0.050 mg

Estraderm ® TTS 50 Estradiol 0.050 mg

Estradot ® 50 Beta-estradiol 0.050 mg

Estradot ® 75 Beta-estradiol 0.075 mg

Evorel ® 50 Beta-estradiol 0.050 mg

Evorel ® 75 Beta-estradiol 0.075 mg

HOË-DOSIS TRANSDERMAAL

Climara ® 100 Estradiolhemihidraat 0.100 mg

Estraderm ® TTS 100 Estradiol 0.100 mg

Estrodot ® 100 Beta-estradiol 0.100 mg

Evorel ® 100 Beta-estradiol 0.100 mg

ESTROGEEN/PROGESTOGEEN Estrogeen daaglikse dosis (per 24 uur)

STANDAARD-DOSIS TRANSDERMAAL

Estalis ® Estradiolhemihidraat 50 mcg / noretisteroonasetaat

140(250) mcg

0.050 mg

Evorel TDS Conti ® Estradiolhemihidraat 50 mcg / noretisteroonasetaat

170 mcg

0.050 mg

Estracombi ® TTS 50 Estradiol / noretisteroonasetaat

OPEENVOLGEND

0.050 mg

Evorel Sequi ® TDS Estradiolhemihidraat 50 mcg / noretisteroonasetaat

170 mcg

0.050mg

13 April 2011
5.1 Koronêre hartsiekte

In die verlede is langtermyn (meer as 5 jaar) HVT ook aanbeveel

vir die voorkoming van koronêre hartsiektes. Dit was gebaseer

op uitgebreide waarnemingsdata, wat ’n beskermende effek

van estrogeen op die hart impliseer het. Inligting van die

Women’s Health Initiative (WHI) - ’n welbekende groep HVT

kliniese studies - het egter geen kardiovaskulêre voordeel met

onbestrede estrogeen en ’n klein toename in die

kardiovaskulêre risiko met gekombineerde terapie van perdeestrogene

en medroksieprogesteroonasetaat aangetoon.

’n Omvattende opvolg analise van die WHI het nieteenstaande

daarop gedui dat die oormatige koronêre hartsiekte risiko by

ouer, maar nie by jonger postmenopousale vroue voorkom

nie. Die verhoogde risiko van kardiovaskulêre siekte in die

WHI studie kan heeltemal verduidelik word deur die verhoogde

risiko in die oudste groep d.i. vroue ouer as 70 jaar. Verwys na

Figuur 7 hieronder.

Figuur 7. Hormoonvervangingsterapie (HVT) en

koronêre hartsiekte (KHS): absolute risiko volgens

ouderdom. Aangepas uit Rossouw J, et al. JAMA 2007; 297:1465-77

Absolute

oormaat

risiko van

KHS per

10 000

persoon

jare

50-59 jaar 60-69 jaar 70-79 jaar

Dit blyk dat daar ’n terapeutiese venster is waartydens estrogeen

kardio-beskermend is as vroue dit rondom die tyd van die

menopouse begin neem. HVT wat rondom die tyd van

menopouse geneem word, blyk om die vordering van

aterosklerose te verminder, maar as dit vir baie jare na die

menopouse toegedien word, is dit nie voordelig nie en kan dit

gevestigde aterosklerotiese plake ontwrig. Dit kan die risiko

van ’n kardiovaskulêre voorval soos ’n hartaanval of beroerte

verhoog.

’n Konsensusverklaring van die Internasionale Menopouse

Vereniging beveel die volgende aan:

HVT kan vir vroue wat aan menopousale simptome ly

gegee word en HVT wat rondom die tyd van menopouse

begin word (50-59 jaar) verhoog nie die risiko van koronêre

hartsiekte nie en kan selfs die risiko in hierdie

ouderdomsgroep verlaag.

HVT is nie teenaangedui by vroue met hipertensie nie en

in sommige gevalle kan HVT selfs die bloeddruk verlaag

(bv. daar is aangetoon dat estradiol gekombineer met ten

minste 3 mg drospirenoon die bloeddruk by postmenopousale

vroue verlaag). HVT is ook nie teenaangedui by

vroue met diabetes of hipercholesterolemie nie.

Die aanvang van sistemiese HVT is nie by ouer

postmenopousale vroue (>60 jaar) aangedui nie en is

teenaangedui by vroue met ’n geskiedenis van miokardiale

infarksie, beroerte of pulmonêre embolisme.

5.2 Veneuse trombo-embolisme

Die voorkomssyfer van veneuse trombo-embolisme (d.i. diep

veneuse trombose of pulmonêre embolisme) by jong en

perimenopousale vroue is laag, maar dit neem toe met

toenemende ouderdom na menopouse. Dit is bekend dat orale

HVT die risiko van diep veneuse trombose en pulmonêre

embolisme verhoog. Dit bly die ernstigste korttermyn risiko

van HVT.

Die risiko van diep veneuse trombose word verdubbel met

standaard dosisse van orale HVT, maar kom selde voor,

aangesien die oorhoofse voorkoms daarvan by gesonde vroue

jonger as 60 jaar steeds min is. Die risiko van diep veneuse

trombose met orale HVT blyk om die grootste te wees

gedurende die eerste jaar van die gebruik daarvan en dit is

hoër by vroue met trombofilie (’n geneigdheid om bloedklonte

te vorm) of obesiteit.

Die risiko van veneuse trombo-embolisme is laer met die

transdermale roete in vergelyking met orale estrogeenterapie.

Dit is as gevolg van die feit dat daar geen hepatiese eerste

deurgangseffek met die nie-orale roete voorkom nie. Dus, by

vroue met ’n hoë risiko van diep veneuse trombose, soos dié

met trombofilie of verhoogde liggaamsmassas-indeks, hou

transdermale estrogene nie ’n addisionele trombotiese risiko

in nie. Die transdermale roete behoort eerder deur vroue met

’n hoë risiko van diep veneuse trombo-embolisme gebruik te

word.

5.3 Beroerte

Die risiko van beroerte verhoog met ouderdom, maar anders

as met koronêre hartsiekte is daar geen verskil tussen die twee

geslagte nie. In die 50-59 jaar ouderdomsgroep sal 6-8/10 000

vroue / jaar ’n beroerte kry. Die hoof risiko faktore is hipertensie

en obesiteit.

Dit is tans onduidelik of daar ’n toename van iskemiese

beroerte met standaard dosisse van hormoonterapie by

gesonde vroue tussen 50 en 59 jaar is. Die WHI-studie het nie

’n statisties betekenisvolle toename in die risiko aangetoon

nie. In die ‘Nurse’s Health Study’ was die toename statisties

verhoog, maar die lae voorkomssyfer van beroerte in hierdie

ouderdomsgroep veroorsaak dat die eintlike risiko uiters laag

is.

5.4 Borskanker

Baie vroue wat HVT gebruik, vrees borskanker, maar die WHI

het ’n afname in borskanker by vroue wat slegs estrogeen

gebruik na 7 jaar aangetoon en geen betekenisvolle toename

by vroue wat die eerste keer gekombineerde HVT geneem het

tot 7 jaar na die gebruik daarvan nie.

Die risiko van borskanker met HVT is soortgelyk aan die risiko

geassosieer met vroeë menarg, by vroue wat ouer is tydens

hulle eerste swangerskap of met matige alkohol inname (twee

of drie alkoholiese drankies per dag). Dit is belangrik om

daarop te let dat die risiko van borskanker toeneem met

toenemende ouderdom. Vroeë menopouse word met ’n

verlaagde risiko van borskanker verbind. Vir elke jaar toename

in die ouderdom van menopouse verhoog die relatiewe risiko

van borskanker met ongeveer 3%.

Tabel 7. Borskanker risiko by vroue wat HVT neem

Verhoogde risiko van borskanker met HVT

geassosieer

Tot en met 7 jaar

5 jaar

Slegs estrogeen Geen toename in Geen toename in risiko

HVT risiko nie nie

Gekombineerde 2 ekstra gevalle per 4 ekstra gevalle per

estrogeen / 1000 vroue 1000 vroue.

progestien HVT

14 April 2011
Die insidensie van borskanker word met die verlengde gebruik

van estrogeen verhoog en tot ’n groter mate met estrogeen /

progestien terapie. Dit is tans onduidelik of al die progestiene

met ’n verhoogde risiko verbind kan word. Daar is bewyse dat

daar verskille tussen die verskillende estrogene en progestiene

in terme van hulle effekte op die risiko van borskanker kan

wees, maar verdere studies word benodig om dit te bevestig.

Studies het ook nie uitsluitsel gegee of die risiko tussen die

deurlopende en opeenvolgende gebruik van progestien verskil

nie.

Dus, gebaseer op die huidige inligting behoort pasiënte

gerus gestel te word dat die moontlike risiko van

borskanker na langtermyn HVT gebruik (>7 jaar) klein is

en vergelykbaar is met die risiko van die vertraging van

die menopouse met een jaar. Enige verhoogde risiko van

borskanker keer gou na staking van die hormoon terapie terug

na dié van ’n vrou wat nooit hormoon terapie gebruik het nie.

HVT kan egter die digtheid van die borste verhoog en

verskillende tipes hormoon terapie (onbestrede, opeenvolgend

of deurlopend gekombineer) gee aanleiding tot verskillende

mates van verhoogde bors digtheid (ongeveer 5%, 15% en

30% van pasiënte onderskeidelik). Die toename in die digtheid

van die borste wat met hormoon terapie gepaard gaan, blyk

om van verbygaande aard en omkeerbaar te wees. Daar is

ook geen inligting wat ’n verhouding tussen verhoogde bors

digtheid as gevolg van HVT en die borskanker risiko aandui

nie. ’n Toename in die digtheid van die borste kan die

mammografiese opsporing van vroeë borskanker bemoeilik.

Ultra-lae dosis HVT (oraal en transdermaal) en tiboloon word

nie met verhoogde digtheid van die borste verbind nie.

Let wel: Alle vroue, of hulle HVT gebruik al dan nie, behoort

’n kliniese bors-ondersoek jaarliks en ’n mammogram

ten minste elke een tot twee jaar vanaf die ouderdom

van 50 jaar te kry. Na staking van HVT verminder die

digtheid van die borste baie vinnig. Dit kan dus

raadsaam wees om HVT vir 2-4 weke voor ’n

mammogram te staak.

6. KEUSE VAN ’N BEHANDELINGSOPSIE

6.1 Slegs estrogeen of estrogeen plus

progestien

Vroue wat ’n histerektomie gehad het, kan met slegs

estrogeenterapie, d.i. onbestrede terapie, behandel word.

Die estrogeen word op ’n deurlopende basis toegedien. ’n

Progestien is nie nodig nie en behoort nie toegedien te

word nie, aangesien dit die moontlikheid van newe-effekte

verhoog.

Vroue met ’n ongeskonde uterus wat met estrogene

behandel word, behoort ’n progestien by te voeg om die

endometrium te beskerm. Progestien beskerm die

endometrium teen die proliferatiewe effek van onbestrede

estrogeen.

6.2 Deurlopende of opeenvolgende

progestien

Gedurende die menopousale oorgang word estrogene

onreëlmatig geproduseer. Dit kan inmeng met die vaginale

bloedingsprofiel van ’n vrou met ’n ongeskonde uterus.

Opeenvolgende HVT preparate behoort dus tydens vroeë

menopouse gekies te word om verligting van vasomotor

simptome te verkry en in ’n poging om gereelde onttrekkingsbloeding

te bewerkstellig. Met opeenvolgende behandeling

behoort die progestien in ’n voldoende dosis vir 14 dae elke

maand toegedien te word.

’n Deurlopend-gekombineerde opsie of tiboloon kan gewoonlik

na ’n minimum van een jaar na die laaste menstruasie aanbeveel

word. Die rede hiervoor is dat endogene estrogeen nie meer

geproduseer word nie en inmenging met die bloeding profiel is

minder waarskynlik.

Raloksifeen (Evista ® ):

Speel ’n spesifieke rol in postmenopousale vroue.

Is nie ’n estrogeen nie, maar ’n Selektiewe Estrogeen

Reseptor Modulator (SERM) en alhoewel dit geen

voordelige effek op vasomotor simptome het nie (en

selfs warm gloede kan vererger) is daar aangetoon dat

dit die risiko van postmenopousale vertebrale

osteoporotiese frakture en ook die risiko van estrogeenreseptorpositiewe

borskanker verlaag.

Dit is ’n belangrike terapeutiese opsie vir vroue wat die

risiko loop om osteoporose te ontwikkel, wat ’n hoër

risiko van die ontwikkeling van borskanker kan loop, of

wat ’n spesifieke vrees vir borskanker het.

Na vyf jaar van opeenvolgende hormoonterapie en indien HVT

nog nodig is, is die aanbeveling om vroue van opeenvolgende

na deurlopende gekombineerde hormoon terapie oor te skakel.

Indien van opeenvolgende HVT (of lae dosis orale kontraseptiewe

middel) na deurlopende gekombineerde HVT

oorgeskakel word, behoort dit teen die einde van die

onttrekkingsbloeding gedoen te word. Vroue wat kandidate is

vir die oorskakeling van opeenvolgend tot deurlopende

gekombineerde HVT sluit in:

Postmenopousale vroue wat nie voorbehoeding benodig

nie (na die ouderdom van moontlike bevrugting).

Vroue wat gereelde onttrekkingsbloeding en geen

ongereelde bloeding met opeenvolgende HVT ondervind

het nie.

Vroue wat geen bloeding met opeenvolgende HVT (of

orale kontraseptiewe middels) gehad het nie.

6.3 Toedieningsroetes

Estrogene kan oraal of transdermaal as plakkers of jelle

toegedien word. Estrogene kan ook parenteraal gegee word,

gewoonlik deur ’n subkutane inplantaat of estradiol korrels

elke 5-6 maande. Inplantate word gewoonlik slegs gebruik as

orale en transdermale toediening daarin misluk het om

vasomotor simptome te verlig. ’n Vrou wat estrogeen-inplantate

ontvang se bloed-estrogeenvlakke behoort versigtig

gemoniteer te word aangesien ’n toleransie teen hierdie vorm

van estrogeen toediening kan ontwikkel. In so ’n situasie word

die intervalle tussen die inplantate progressief korter as gevolg

van die terugkeer van simptome, terwyl bloed-estrogeen vlakke

kumulatief hoër word.

Slegs ongeveer 10% van orale estradiol bereik die sistemiese

sirkulasie as gevolg van die uitgebreide eerste deurgang

metabolisme deur die lewer en omskakeling van estradiol na

onaktiewe metaboliete in die spysverteringskanaal. In

teenstelling hiermee word transdermale estrogeen direk in die

sistemiese sirkulasie geabsorbeer en vermy dit die eerste

deurgangseffek deur die lewer. Estrogeen kan in baie laer

15 April 2011
dosisse transdermaal as oraal gelewer word wat op sy beurt

minder impak op die lewer het.

Die nie-orale roete van toediening kan sekere voordele en

nadele bied. As gevolg van die gebrek aan die eerste deurgang

effek kan die nie-orale toedieningsroete verkies word by vroue

met hipertrigliseriedemie, lewersiekte en migraine hoofpyne

en ook dié met glukose intoleransie, met hoër risiko van

veneuse trombo-embolisme of sigaret rokers.

Lae dosis vaginale estrogeen word vir vroue wat slegs simptome

van urogenitale atrofie ondervind aanbeveel. Dit kan in ’n

tablet vorm (bv. Vagifem ® ), room (bv. Synapause ® vaginale

room) of stadig vrystellende ring setpil (bv. Estring ® ) toegedien

word om vaginale droogheid, vaginitis en plaaslike blaas

simptome te behandel. Indien ’n vrou wat sistemiese HVT

neem steeds urogenitale simptome ondervind wat onvoldoende

beheer word, kan sy ook veilig bykomende plaaslike vaginale

estrogeen gebruik.

7. DIE ROL VAN DIE APTEKER

Die gemeenskapsapteker speel ’n belangrike rol om vroue

deur hulle reproduktiewe jare – en dan ook as die tekens en

simptome van menopouse voorkom – te ondersteun. Die

apteker kan hierdie vroue help om die proses en simptome van

menopouse te verstaan, emosionele ondersteuning verskaf

en voorskrifte vir hormoonvervangingsterapie resepteer. Die

gemeenskapsapteker behoort ook die volgende te doen:

Gebruik die geleentheid om lewenstylkwessies aan te

spreek – soos dieet, oefening, sigaretrook en alkohol

inname – dit moet beheer word om gesondheid en welstand

in die jare na die menopouse te handhaaf.

Gee vroue raad oor die toepaslike gebruik van HVT en die

voordele van die gebruik daarvan.

Verskaf akkurate en betroubare inligting oor die risiko’s

van HVT, help vroue om hierdie risiko’s in konteks te plaas

sodat hulle bemagtig word om besluite te neem oor die

neem van HVT al dan nie en vir hoe lank hulle met HVT

behoort aan te hou.

Gee vroue raad oor die toepaslike gebruik van individuele

HVT produkte bv. hoe om plakkers aan te wend.

Gee pasiënte raad oor die moontlike newe-effekte van

HVT, veral die terugkeer van vaginale bloeding. Baie vroue

is ongelukkig met die terugkeer van ’n gereelde vaginale

bloeding en dit kan nodig wees om aan hulle die voordele

in terme van endometriële beskerming te verduidelik.

Vroue moet ingelig word dat lae-dosis HVT-opsies en

deurlopende gekombineerde-opsies beter bloedingsprofiele

kan bied.

Beveel aan dat vroue op ’n jaarlikse basis na hulle dokter

terugkeer om te bevestig of dit nodig is om met HVT voort

te gaan en om gereelde bors ondersoeke, insluitend

mammogramme te ondergaan.

Beveel aan dat vroue ouer as 60 dit oorweeg om HVT te

staak aangesien die risiko’s van HVT die voordele by baie

vroue na die ouderdom van 60 jaar kan oorskry.

8. GEVOLGTREKKING

Die menopousale oorgang behoort as ’n geleentheid beskou

te word om spesifieke en algemene gesondheidsverwante

kwessies te beoordeel en te behandel. Die versorging van

peri- en postmenopousale vroue moet individueel bepaal word

en vroue behoort raad gegee te word oor die voordele, risiko’s

van en tipes hormoonterapie. Lewenstylaanpassings soos om

op te hou rook, ’n gesonde dieet te volg en die handhawing van

’n toepaslike liggaamsmassa indeks, oefening en vermindering

van stres, behoort bespreek te word. Behandeling van

hipertensie, hipercholesterolemie en diabetes mellitus behoort

optimaal te wees.

Die hoof indikasie vir die gebruik van HVT is vir die verligting

van vasomotor simptome. Hierdie simptome begin, en is op

hulle ergste in die 2-3 jaar voor en onmiddellik na menopouse.

HVT is oor die algemeen die enigste behandeling wat algehele

verligting van simptome by die meerderheid vroue verskaf.

Vasomotor simptome kan ontstellend en hinderlik wees en vir

die meeste vroue is die verligting van simptome belangriker as

die moontlike risiko’s. Nie alle vroue benodig egter HVT tydens

die aanvang van menopouse nie en dit behoort nie sonder ’n

duidelike indikasie voorgeskryf te word nie.

Die risiko’s wat met die gebruik van HVT geassosieer word by

gesonde, jonger postmenopousale vroue is klein en

komplikasies kom selde voor. Alhoewel die risiko’s van HVT

deur die populêre pers oorbeklemtoon word, is daar potensiële

newe-effekte en die risiko’s van HVT moet vir elke individu

bepaal word volgens hulle kardiale- en borskanker risiko

faktore.

Menopouse is ’n normale lewensgebeurtenis by vroue en nie

’n siekte nie. HVT is ’n farmakologiese opsie vir voorkomende

sorg en die verbetering van die lewenskwaliteit.

Postmenopousale gesondheid en HVT is onderwerpe wat

baie aandag en navorsing geniet. Besluitneming oor HVT

behoort dus ten minste jaarliks deur vroue en hulle

gesondheidsorgwerkers hersien te word sodat nuwe beskikbare

kennis gebruik kan word. Op hierdie manier kan

gesondheidsorgwerkers saam met die pasiënt ’n ingeligte

besluit maak om te verseker dat die individuele pasiënt se

doelwitte voor en na menopouse bereik word.

Verwysings op aanvraag beskikbaar.

Saamgestel deur Insight Medicine Information namens die Alpha Pharm Voortgesette Onderrigprogram

Posbus 218, Cramerview, 2060, Suid-Afrika

Kopiereg© 2011

Direkteur van Voortgesette Onderrig: Geraldine Bartlett M. Pharm (cum laude) F.P.S.

VPO Bestuurder: Glynis van der Watt Dip. Pharm. M.P.S.

Tel: (011) 706-6939

Gepubliseer deur Bookpress (011) 493-8522

16 April 2011