05.05.2013 Views

bp20543 - AlphaPharm - Afr Module.pmd - insightcpd.co.za

bp20543 - AlphaPharm - Afr Module.pmd - insightcpd.co.za

bp20543 - AlphaPharm - Afr Module.pmd - insightcpd.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Estroon is ’n swakker estrogeen as estradiol. Dus, al het

postmenopousale vroue ’n estrogeen tekort relatief tot

premenopousale vroue, is hulle estrogeen nie uitgeput nie.

Indien ’n vrou ’n “chirurgiese menopouse” gehad het, d.i.

haar ovaria is chirurgies verwyder of vernietig deur bv.

bestralingsterapie in die area van haar pelvis, is haar

vlakke van sirkulerende estrogeen betekenisvol laer as by

’n vrou wat spontane menopouse gehad het.

Estriol word slegs in betekenisvolle hoeveelhede gedurende

swangerskap geproduseer, aangesien dit deur die plasenta

vervaardig word.

* Estrogene word almal uit ’n steroïed-voorloper genaamd

androstenedioon (en ook uit testosteroon) deur ensiem werking gevorm.

Testosteroon is die hoof androgeniese (manlike) hormoon en word

ook deur die steroïed-voorloper androstenedioon gevorm.

Gedurende puberteit by dogters styg die estrogeen vlakke en

dit bevorder oögenese (groei van die eierselle of oösiete) en

follikel groei in die ovarium. Estrogeen ondersteun ook die

groei versnelling wat tydens puberteit voorkom. Dit veroorsaak

dat dogters baie vinniger as seuns gedurende die ouderdomme

van 11 en 12 groei. Hierdie versnelde groei is egter van korte

duur want stygende estrogeen vlakke veroorsaak ook dat die

epifises van langbene vinniger sluit en vroue bereik hulle volle

lengte tussen die ouderdomme van 13 en 15 jaar.

Estrogeen-geïnduseerde geslagseienskappe by vroue sluit

ontwikkeling van die borste en verhoogde neerslag van

onderhuidse vet, veral in die heupe en borste, in. Dit veroorsaak

ook dat die pelvis breër en ligter word.

Estrogene het verskeie metaboliese effekte. Dit sluit in

opponering van die effek van verhoogde bloed cholesterolvlakke

deur die stabilisering van cholesterol plake (neerslae)

wat op die interne oppervlakte van bloedvatwande vorm,

onderhoud van hoër vlakke van “goeie” hoë-digtheid

lipoproteïen (HDL) cholesterol-vlakke en bemiddeling van

kalsium-opname wat help om die digtheid van die skelet te

handhaaf, in.

Progesteroon werk saam met estrogeen om die menstruele

siklus daar te stel en te onderhou en bemiddel veranderings in

die servikale mukus. Die ander effekte daarvan word hoofsaaklik

tydens swangerskap uitgeoefen.

2.4 Die fisiologie van menopouse

Menopouse is ’n fisiologiese gebeurtenis en verwys na ’n vrou

se laaste menstruasie. Menopouse kom voor as gevolg van

die ovaria wat minder sensitief teenoor FSH en LH word. Dit

hou direk verband met die afname en disfunksie van die

ovariale follikels. Namate die ovaria verouder, verkort die

follikulêre fase van die ovariale siklus, wat aanleiding tot korter

en meer ongereelde menstruasie, verminderde ovulasie en

verlaagde hormoonproduksie gee.

Uiteindelik reageer die ovariale follikels nie meer op FSH en

LH nie en produseer baie min estradiol. Sommige estrogene

(hoofsaaklik estroon) sirkuleer nog steeds, maar hulle word

deur perifere weefsel (bv. vet) geproduseer en die totale

estrogeenvlak is baie laer. Met die verlies van funksionerende

follikels is die betekenisvolste verandering in die hormoon

profiel tydens menopouse die dramatiese verlaging van die

sirkulerende estrogeenvlakke.

Let wel: Oösiet-uitputting kan vinniger voorkom as gevolg

van eksterne faktore soos die rookgewoonte,

chemoterapie, bestraling, pelviese chirurgie en

genetiese- of metaboliese abnormaliteite.

Laer estrogeenvlakke gedurende die menopouse gee

aanleiding tot aansienlike verhoging van sirkulerende LH en

FSH vlakke. Aanhoudende hoë FSH-vlakke voorspel

menopouse, soms baie maande tot ’n jaar vooruit. Die bepaling

van FSH-vlakke is egter selde aangedui aangesien die diagnose

van menopouse gewoonlik klinies is (d.i. menopouse word

retrospektief gediagnoseer – een jaar na die laaste

menstruasie plaasgevind het).

Let wel: Daar word oor die algemeen aanvaar dat ’n vrou

menopouse bereik het as haar FSH-vlakke konstant

bokant 30 IE/l bly. Die probleem met die gebruik van

FSH-vlakke op sigself as ’n merker van menopouse

by perimenopousale vroue is dat hierdie lesings

wisselvallig kan wees. In perimenopousale vroue

kan ’n spesifieke gemete lesing hoë FSH-vlakke

toon wat in die postmenopousale interval val, maar ’n

paar dae, weke of maande later kan die lesing weer

na premenopousale vlakke terugkeer. Hierdie

skommelings van FSH-vlakke sal aanhou totdat die

ovaria geen follikels meer het nie. Dit is ook nie

ongewoon om een of meer swaar menstruele

bloedings na wisselende tydperke van amenoree te

kry nie, totdat die ware menopousale stadium bereik

word.

Figuur 3. Veranderings in geslagshormoon

konsentrasie vanaf seksuele volwassenheid tot

postmenopousaal

3. WAT GEBEUR TYDENS

MENOPOUSE?

3.1 Definisies

Menopouse is die staking van menstruasie as gevolg van

dalende ovariale funksie. Fisiologiese menopouse word

vasgestel wanneer maandstonde vir een jaar lank afwesig

was. Menopouse, per definisie, word dus 12 maande na

die laaste menstruasie gediagnoseer. Teen hierdie tyd

word die vrou as postmenopousaal beskou.

Die perimenopouse word deur kliniese veranderings

gekenmerk wat die einde van die reproduktiewe jare

aandui. In wese is dit die oorgang wat onmiddellik voor

menopouse voorkom as die endokriene, biologiese en

kliniese kenmerke van naderende menopouse begin

manifesteer. Perimenopouse kan 5-10 jaar voor menopouse

begin. Die duur van die perimenopouse verwys na die jare

voor en die een jaar na die laaste menstruasie.

Klimakterium is ’n ouer, meer algemene en minder presiese

term. Dit is die tydperk wanneer ’n vrou vorder van die

reproduktiewe lewensstadium deur die menopousale

oorgang en die menopouse na die postmenopousale jare.

Dit verwys tans oor die algemeen na ’n vrou met vasomotor

simptome van die perimenopouse.

4 April 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!